Bedrieglik is die hart bo alle dinge

Gen 22:12 En Hy sê: Moenie jou hand na die seun uitsteek nie, en doen hom niks nie; want nou weet Ek dat jy God vrees en jou seun, jou enigste, van My nie teruggehou het nie.

Deu 8:2 En jy moet dink aan die hele pad waarlangs die HERE jou God jou nou veertig jaar lank in die woestyn gelei het tot jou verootmoediging en beproewing, om te weet wat in jou hart is, of jy sy gebooie sal hou of nie.

Enigeen wat dink dat hierdie twee verse bewys dat God nie bewus was van wat in Abraham, Israel of ons almal se harte aangaan voor ons iets fisies doen nie, glo ook dat die Skrifte weerspreek hulself. Nee, die Skrifte weerspreek nie hulself nie en God weet inderdaad alles wat ons dink en gaan doen, lank voordat ons self daarvan bewus word.

Psa 139:1-6 Vir die musiekleier. ‘n Psalm van Dawid. HERE, U deurgrond en ken my. 2 U ken my sit en my opstaan; U verstaan van ver my gedagte. 3 U deurvors my gaan en my lê, en U is met al my weë goed bekend. 4 Want daar is nog geen woord op my tong nie—of U, HERE, U ken dit geheel en al. 5 U sluit my in van agter en van voor, en U lê u hand op my. 6 Om dit te begryp, is te wonderbaar vir my, te hoog: ek kan daar nie by nie.

Diegene wat dink dat God onbewus is van wat op die aarde en in Sy skepping aangaan, en dat Hy alles so sit en aankyk, glo ook nie dat God die bose geskep het en alle boosheid onder Sy totale beheer het nie. Hulle kan nie die volgende vers verstaan nie, en probeer allerhande argumente om die waarheid daarin te omseil:

Jes 45:7 wat die lig formeer en die duisternis skep, die heil bewerk en die onheil skep: Ek, die HERE, is dit wat al hierdie dinge doen. [Isa 45:7 (KJV) I form the light, and create darkness: I make peace, and create evil: I the LORD do all these things.]

God skep die onheil en Hy beheer die goddelose en gebruik ALLES vir Sy doel!

Spreuke 16:4 Alles het die HERE gemaak vir sy doel, ja, ook die goddelose vir die dag van onheil.

Iemand wat dink dat God ons lei deur ‘verootmoediging en beproewing, om te weet’ of uit te vind wat in ons harte en gedagtes aangaan, dink klaarblyklik dat God nie eens geweet het waar Adam en Eva was toe Hy geroep het na hulle in die tuin nie:

Gen 3:8-9 En hulle het die stem van die HERE God gehoor terwyl Hy wandel in die tuin in die aandwindjie; en die mens en sy vrou het hulle verberg vir die aangesig van die HERE God tussen die bome van die tuin. Toe roep die HERE God na die mens en sê vir hom: Waar is jy?

Toe God vra “Waar is jy” was dit nie omdat God nie geweet het onder watter boom Adam en Eva weggekruip het nie. Dit was om vir Adam te vertel dat hy nie op die regte plek was nie. Ons kan ook daarin sien dat Adam geensins geweet het dat God van alles geweet het nie. Dit openbaar ook aan ons van Adam se geestelike insigte – Adam was geestelik blind soos ons almal is in ons vleeslikheid is. Vlees en bloed was nog nooit en sal nooit in God se geestelike koninkryk ingaan nie:

1Kor 15:50 Maar dit verklaar ek, broeders, dat vlees en bloed die koninkryk van God nie kan beërwe nie; ook beërwe die verganklikheid nie die onverganklikheid nie.

Net so het Jesus ook geweet vir wie die soldate en die dienaars van die owerpriesters en die Fariseërs gesoek het al het Hy gevra…“wie soek julle?”

Joh 18:3-5 En Judas het die afdeling soldate en die dienaars van die owerpriesters en die Fariseërs geneem en daar gekom met fakkels en lampe en wapens. En omdat Jesus alles geweet het wat oor Hom sou kom, het Hy uit die tuin gegaan en vir hulle gesê: Wie soek julle? Hulle antwoord Hom: Jesus, die Nasaréner. Jesus sê vir hulle: Dit is Ek. En ook Judas, sy verraaier, het by hulle gestaan.

God bewys aan Abraham, Israel en ons almal dat dit is ons wat nie weet wat ons ware kondisie is nie, en eintlik weet ons maar bitter min wat in ons eie harte aangaan totdat God self ons harte aan ons openbaar – wat ‘n skok is dit nie, en hoe goed is dit nie al is dit pynlik.

Jer 17:9 Bedrieglik is die hart bo alle dinge, ja, verdorwe is dit; wie kan dit ken?

Ons is verblind deur ons eie vleeslikheid – ook ons eie opinies en eiegeregtigheid. Maar God weet alles van elke skepsel, ook alles van ons want Hy het ALLES van ons voor ons geboorte in Sy boek opgeteken. God bewerkstellig alles en dit gebeur nog steeds 100% presies op die bestemde tyd:

Psa 139:16 U oë het my ongevormde klomp gesien; en in u boek is hulle almal opgeskrywe: dae dat alles bepaal was, toe nog geeneen van hulle daar was nie.

Efes 1:11 in wie ons ook ‘n erfdeel ontvang het nadat ons vantevore daartoe verordineer is ooreenkomstig die voorneme van Hom wat alles werk volgens die raad van sy wil,

God verstaan elke gedagte in ons ‘van ver’ omdat Hy selfs ons gedagtes ‘werk’:

Psa 139:1-2 Vir die musiekleier. ‘n Psalm van Dawid. HERE, U deurgrond en ken my.  U ken my sit en my opstaan; U verstaan van ver my gedagte.

Hierdie waarhede word deur die natuurlike mens as totale snert afgemaak en hy haat hierdie waarhede van God se almagtigheid en Sy alwetenheid met ‘n intense passie. Die ‘mens van sonde’ heers op God se troon in ons hart (ons denke / ons hemel) en hierdie ‘seun van die verderf’ verblind ons om nie God se ereplek te kan sien nie. Maar hierdie afgod in ons harte se heerskappy is vals en tydelik.

2Th 2:3-4 Laat niemand julle op enige manier mislei nie, want eers moet die afval kom en die mens van sonde geopenbaar word, die seun van die verderf die teëstander wat hom verhef bo al wat God genoem word of voorwerp van aanbidding is, sodat hy in die tempel van God as God sal sit en voorgee dat hy God is.

Solank die natuurlike mens die boosheid en vyand daar buite sien, sit hierdie afgod rustig en glo hy het ‘n “vrye” wil en is nie so sleg soos ander mense nie. Hy praat groot van al sy “prestasies” en aanbid homself. Hy het groot bewondering vir ander mense wat op groot verhoë en op televisie beroemd en populêr is. Dit word alles “beheer” vanaf sy troon wat  in sy hemel (sy gedagtes) gesetel is (die ‘merk’ op die ‘voorhoof’), en in sy woorde en handelinge (die ‘merk’ op die ‘regterhand’) word sy dwaasheid uitgestal:

Open 13:16-18 En hy maak dat aan almal, klein en groot, en die rykes en die armes, en die vrymense en die slawe ‘n merk op hulle regterhand en op hulle voorhoofde gegee word; sodat niemand kan koop of verkoop nie, behalwe hy wat die merk of die naam van die dier of die getal van sy naam het. Hier kom die wysheid te pas. Wie die verstand het, laat hom die getal van die dier bereken, want dit is die getal van ‘n mens; en sy getal is ses honderd ses en sestig.

Hoe bedrieglik is die “mens” se natuurlike hart nie – ook genoem “die klein stemmetjie” wat met ons praat – al hierdie bedrog skuil agter ‘n aangeplakte nederigheid!!?

About 4windkoinonia

Want let op julle roeping, broeders: julle is nie baie wyse na die vlees nie, nie baie magtiges, nie baie edeles nie; maar wat dwaas is by die wêreld, het God uitverkies om die wyse te beskaam; en wat swak is by die wêreld, het God uitverkies om wat sterk is, te beskaam; en wat onedel is by die wêreld en wat verag is, het God uitverkies, en wat niks is nie, om wat iets is, tot niet te maak, sodat geen vlees voor Hom sou roem nie. (1Kor 1:26-29)
This entry was posted in Lees eers hier. Bookmark the permalink.

Laat 'n boodskap

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s