Hallo W________
Dankie vir die gesels. Ek waardeer jou insette baie.
Jy is heeltemal reg as jy sê dat God se Woord bo alles staan en ons as vlees en bloed mense net ‘n wurm is wat soos gras sal verdwyn.
Job 25:6 Hoeveel minder die mens, ‘n maaier; en die mensekind, ‘n wurm.
Psa 103:14-16 Want Hy, Hy weet watter maaksel ons is, gedagtig dat ons stof is. 15 Die mens—soos die gras is sy dae; soos ‘n blom van die veld, so bloei hy. 16 As die wind daaroor gaan, is dit nie meer nie en sy plek ken hom nie meer nie.
Ja, die ware getuies van God herkou eers behoorlik aan God se Woord voordat hy/sy uitsprake maak – dit is hoe ons rein bly:
Lev 11:3 Alles wat onder die diere gesplitste kloue het, en wel heeltemal gesplitste kloue [die getal ‘twee‘, verwys na getuies] en herkou [oordink die Woord dag en nag en doen dit – Ps 1] dit mag julle eet.
Pred 5:1-2 (4:17-5:1 in OAV) Gee ag op jou voet as jy na die huis van God gaan, want om nader te kom en te hoor, is beter as dat dwase ‘n slagoffer bring; want hulle het geen verstand nie, sodat hulle kwaad doen. Wees nie haastig met jou mond nie, en laat jou hart nie gou ‘n woord uitbring voor die aangesig van God nie; want God is in die hemel, en jy op die aarde. Daarom moet jou woorde min wees.
Ek stem ook 100% met jou saam dat God elkeen gaan oordeel deur Sy vuur. In my skrywes op hierdie webtuiste beklemtoon ek juis hierdie “vurige” oordeel van God waarmee elkeen “gesout” sal word, soos Jesus ook duidelik stel:
Mar 9:49 Want elkeen sal met vuur gesout word en elke offerande sal met sout gesout word.
Ek het ook vir jare nie geweet dat alles wat God doen, Hy met ‘n doel doen. God is doelgerig en niks wat Hy spreek keer ledig terug nie. Veral nie as Hy Jesus gestuur het om die “behouder” (Redder) te wees van “alle mense” nie:
1Ti 4:9-11 Dit is ‘n betroubare woord en werd om ten volle aangeneem te word; 10 want hiervoor arbei ons ook en word ons gesmaad, omdat ons gehoop het op die lewende God wat ‘n behouder is van alle mense, insonderheid van die gelowiges. 11 Beveel en leer hierdie dinge.
Die doel van God se “vurige” oordeel is altyd om Sy geregtigheid aan almal “op die aarde” te leer en hierdie geregtigheid van God bring mense tot ander insigte en uiteindelik tot redding. Daar is geen uitsondering nie. Hier is twee getuies in die verband om ook hierdie waarheid te laat vasstaan (2Kor 13:1):
Jes 26:9 Met my siel begeer ek u in die nag; ook met my gees in my binneste soek ek U; want as u oordele op die aarde is, leer die inwoners van die wêreld geregtigheid.
1Kor 3:13-15 elkeen se werk sal aan die lig kom, want die dag sal dit aanwys, omdat dit deur vuur openbaar gemaak word; en die vuur sal elkeen se werk op die proef stel, hoedanig dit is. 14 As iemand se werk bly staan wat hy daarop gebou het, sal hy loon ontvang; 15 as iemand se werk verbrand word, sal hy skade ly; alhoewel hy self gered sal word, maar soos deur vuur heen.
Ek kan niks anders in die tekste sien as dat God wel almal deur vuur sal oordeel en deur daardie vuur kom redding. Die oordeel kom egter deur twee oordele: een vir die kerk nou, en dan is daar ook ‘n oordeel later vir hulle wat nie in hierdie tyd geloof gegee was om Sy reddende vuur te beleef nie.
Hier is die bewys van die eerste oordeel:
1Pe 4:17 Want die tyd is daar dat die oordeel moet begin by die huis van God…
En hier is die bewys van die tweede oordeel:
Open 20:11-15 En ek het ‘n groot wit troon gesien en Hom wat daarop sit, voor wie se aangesig die aarde en die hemel weggevlug het; en daar is geen plek vir hulle gevind nie. 12 En ek het die dode, klein en groot, voor God sien staan, en die boeke is geopen; en ‘n ander boek, die boek van die lewe, is geopen. En die dode is geoordeel na wat in die boeke geskryf is, volgens hulle werke. 13 En die see het die dode gegee wat daarin was, en die dood en die doderyk het die dode gegee wat daarin was; en hulle is geoordeel, elkeen volgens sy werke. 14 En die dood en die doderyk is in die poel van vuur gewerp. Dit is die tweede dood. 15 En as dit bevind is dat iemand nie opgeskryf was in die boek van die lewe nie, is hy in die poel van vuur gewerp.
Albei hierdie oordele het immers dieselfde doel – soos ek reeds aangedui het uit die Skrifte (Jes 26:9; 1Kor 3:13-15). Maar hier gee Jakobus ook vir ons ‘n kykie in God se barmhartige hart want Sy barmhartigheid heers bo Sy oordele:
Jak 2:13 Want die oordeel sal onbarmhartig wees oor die wat geen barmhartigheid bewys het nie; en die barmhartigheid roem teen die oordeel.
Jas 2:13 (CEV) Do this, because on the day of judgment there will be no pity for those who have not had pity on others. But even in judgment, God is merciful!
Jas 2:13 (Darby) for judgment will be without mercy to him that has shewn no mercy. Mercy glories over judgment.
As ons sê dat hierdie twee oordele verskil van mekaar in terme van die doel, dan maak ons die volgende woorde van God ‘n leuen – dit is egter die waarheid en min kan dit nou ontvang:
Pred 9:2-3 Alles is gelyk vir almal: een en dieselfde lot is daar vir die regverdige en die goddelose, vir die goeie en die reine en die onreine, en vir hom wat offer en vir hom wat nie offer nie, die goeie ewe goed as die sondaar, vir hom wat sweer ewe goed as vir hom wat bang is vir ‘n eed. 3 Dit is ‘n verkeerde ding by alles wat plaasvind onder die son, dat een en dieselfde lot almal tref, en ook die hart van die mensekinders vol boosheid is, en dat dwaasheid in hulle hart is gedurende hulle lewe; en daarna gaan dit na die dooies toe!
As ons weet dat die uitverkorenes self ook net so boos is as ander, dan sal ons ook weet dat niemand iets beter is om redding of saligheid te ‘verdien’ nie. So ‘n arrogansie is nie by God se ware uitverkorenes te vind nie want hulle weet dat hulle ook slegs “deur genade” gered word:
Efes 2:8-9 Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God; 9 nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie.
Kyk hoe beskryf Paulus homself en ander wat hy ook in die uitverkiesing sien:
1Ti 1:12-15 En ek dank Hom wat my krag gegee het, Christus Jesus, onse Here, dat Hy my getrou geag en in die bediening gestel het, 13 my wat vroeër ‘n lasteraar en ‘n vervolger en ‘n geweldenaar was. Maar aan my is barmhartigheid bewys, omdat ek dit onwetend gedoen het in ongeloof. 14 En die genade van onse Here was baie oorvloedig met geloof en liefde wat in Christus Jesus is. 15 Dit is ‘n betroubare woord en werd om ten volle aangeneem te word, dat Christus Jesus in die wêreld gekom het om sondaars te red, van wie ek die vernaamste is.
Kyk hoe het die uitverkorenes geleef voor hulle deur die Vader “getrek” was na Christus:
Efes 2:1-5 En julle het Hy lewend gemaak, wat dood was deur die misdade en die sondes 2 waarin julle tevore gewandel het volgens die loop van hierdie wêreld, volgens die owerste van die mag van die lug, van die gees wat nou in die kinders van die ongehoorsaamheid werk, 3 onder wie ons almal ook vroeër gewandel het in die begeerlikhede van ons vlees toe ons die wil van die vlees en van die sinne gedoen het; en ons was van nature kinders van die toorn net soos ook die ander. 4 Maar God, wat ryk is in barmhartigheid, het ons deur sy grote liefde waarmee Hy ons liefgehad het, 5 ook toe ons doodwas deur die misdade, lewend gemaak saam met Christus—uit genade is julle gered—
God is inderdaad geen aannemer van persoon nie, en kies wie Hy eerste oordeel en tot redding bring in die “eerste opstanding”, en Hy weet ook wie Hy later deur Sy oordeel in die poel van vuur gaan red.
Ek stem saam met jou W_______ dat God inderdaad verskriklik vir elke sondaar is, waarvan ek, Larry Groenewald, kan getuig want ek is wel die “vernaamste” sondaar wat ek persoonlik baie goed ken. Ek ervaar God se oordeel oor my ou mens elke dag as iets verskrikliks vir my vlees, maar wonderbaarlik vir my nuwe mens!
Eks 34:10 Toe antwoord Hy: Kyk, Ek sluit ‘n verbond; voor jou hele volk sal Ek wonders doen soos daar op die hele aarde en onder al die nasies nie geskape is nie, sodat die hele volk onder wie jy is, die werk van die HERE kan sien. Want verskriklik is dit wat Ek aan jou gaan doen.
Jes 13:9 Kyk, die dag van die HERE kom, verskriklik, met grimmigheid en toorngloed, om die aarde ‘n woesteny te maak en sy sondaars daaruit te verdelg.
1Kor 15:31 Ek sterf dag vir dag, broeders, so waar as ek op julle roem in Christus Jesus, onse Here.
Jy sê:
Daar is ‘n liggaamsdood: (Rom_6:12 …julle sterflike liggaam …) wat dan die eerste dood is….DIE TWEEDE DOOD draai om die siel – net die goddelose sterf hierdie dood.
Ek dink jy weet dat die woorde ‘eerste dood’ nie in die Skrifte voorkom nie, en dit sal ook nie wys wees om ons eie woorde en betekenis te gee in plaas daarvan om God se Woord te gebruik nie (Open 22:18-19). Maar dat daar wel diegene is wat eerste is om geoordeel te word en dus die dood wat daardie oordeel vooraf gaan eerste beleef, is gewis:
Heb 9:27 En net soos die mense bestem is om een maal te sterwe en daarna die oordeel,
1Kor 15:31 Ek sterf dag vir dag, broeders, so waar as ek op julle roem in Christus Jesus, onse Here.
Ek sal dus net uit die Skrifte aanhaal wat wel met die konsep “dood” bedoel word in ‘n geestelike sin en dan ook aansluit by wat met die begrip van om “een maal te sterwe en daarna die oordeel” bedoel word. Hier is die Skriftuurlike getuies oor wat met “dood” bedoel word in die geestelike verstaan van die woord (2Kor 13:1):
Rom 6:6 aangesien ons dit weet dat ons oue mens saam gekruisig is, sodat die liggaam van die sonde tot niet gemaak sou word en ons nie meer die sonde sou dien nie.
Rom 7:24 Ek, ellendige mens! Wie sal my verlos van die liggaam van hierdie dood?
Rom 8:5-10 Want die wat vleeslik is, bedink vleeslike dinge, maar die wat geestelik is, geestelike dinge. 6 Want wat die vlees bedink, is die dood, maar wat die Gees bedink, is lewe en vrede, 7 omdat wat die vlees bedink, vyandskap teen God is; want dit onderwerp hom nie aan die wet van God nie, want dit kan ook nie. 8 En die wat in die vlees is, kan God nie behaag nie; 9 julle is egter nie in die vlees nie, maar in die Gees, as naamlik die Gees van God in julle woon. Maar as iemand die Gees van Christus nie het nie, dié behoort nie aan Hom nie. 10 Maar as Christus in julle is, dan is die liggaam dood vanweë die sonde, maar die gees is lewe vanweë die geregtigheid.
Ek dink jy stem saam dat die liggaam en die denke wat ons het in daardie liggaam huisves, is wat die Skrifte albei as “dood” definieer binne ‘n geestelike begrip van die woord. Deur in ‘n vleeslike liggaam te kom, selfs as ‘n baba, is ons reeds as “dood” geklassifiseer deur die Skrifte (die “liggaam van die sonde” / “liggaam van hierdie dood”). Ons is reeds “dood” lank voordat ons fisies sterf. Maar die liggaam staan dus nie op sy eie t.o.v. wat jy as die ‘eerste dood’ bestempel nie. Kyk net wat was in Adam en Eva se denke voordat hulle geëet het van die verbode boom se vrugte – onthou Eva kom uit Adam – hulle is dieselfde:
Gen 3:6 Toe sien die vrou dat die boom goed was om van te eet en dat hy ‘n lus was vir die oë, ja, ‘n boom wat ‘n mens kan begeer om verstand te verkry; en sy neem van sy vrugte en eet en gee ook aan haar man by haar, en hy het geëet.
Klink dit nie presies soos wat Johannes beskryf as “alles wat in die wêreld is” nie?
1Jn 2:16 Want alles wat in die wêreld is—die begeerlikheid van die vlees en die begeerlikheid van die oë en die grootsheid van die lewe—is nie uit die Vader nie, maar is uit die wêreld.
As ons daarmee wil stry, dan sê die Skrifte vir ons duidelik wat ‘n “lewende siel” is wat God op die sesde skeppingsdag gevorm het:
Gen 2:7 En die HERE God het die mens geformeer uit die stof van die aarde en in sy neus die asem van die lewe geblaas. So het dan die mens ‘n lewende siel geword.
‘n Lewende siel bestaan uit stof en asem. Die mens HET dus nie ‘n siel as ‘n deel van hom nie, maar hy IS ‘n siel – sy hele aardse wese. As ons daarmee saamstem dan sal hierdie vers vir ons beter insig bring…
Psa 33:19 om hulle siel te red van die dood en hulle in die lewe te hou in hongersnood.
As God ons oë oopmaak om hierdie waarheid te aanvaar, dan sal ons ook kan sien hoe die sonde en die dood in die wêreld gekom:
Jer 18:1-6 Die woord wat van die HERE tot Jeremia gekom het: 2 Maak jou klaar en gaan af na die huis van die pottebakker, en daar sal Ek jou my woorde laat hoor. 3 Toe het ek afgegaan na die huis van die pottebakker, en hy was juis besig om ‘n stuk werk op die skywe te maak. 4 En die voorwerp wat hy besig was om te maak, het misluk—soos dit gaan met klei in die hand van die pottebakker—maar hy het daaruit weer ‘n ander voorwerp gemaak soos dit in die oë van die pottebakker reg was om dit te maak. 5 Toe het die woord van die HERE tot my gekom en gesê: 6 Sal Ek nie soos hierdie pottebakker met julle kan maak nie, o huis van Israel? spreek die HERE. Kyk, soos klei in die hand van die pottebakker, so is julle in my hand, o huis van Israel!
Rom 8:20 Want die skepping is aan die nietigheid onderworpe nie gewillig nie, maar ter wille van hom wat dit onderwerp het
Sonde en dood het in ‘n liggaam en in die denke van Adam en Eva in die wêreld gekom nog voordat Adam en Eva aan die verbode boom se vrug geraak of daarvan geëet het!
Rom 5:12 Daarom, soos deur een mens die sonde in die wêreld ingekom het en deur die sonde die dood, en so die dood tot alle mense deurgedring het, omdat almal gesondig het.
Psa 51:7 Kyk, in ongeregtigheid is ek gebore, en in sonde het my moeder my ontvang.
Rom 3:23 want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God.
Die aardse mens volledig (liggaam saam met denke – nie geskei van mekaar nie) is die aardse siel en hierdie siel is geskep “in sonde” en was onderworpe aan nietigheid uit die hand van die Pottebakker. Niemand het ooit self gekies om “in sonde” in ‘n “liggaam van hierdie dood” met “alles wat in die wêreld is” in ons denke gebore te word nie. Net so min kan iemand op sy eie kies om die nuwe lewe in Christus te verkry:
Joh 15:16 Julle het My nie uitverkies nie, maar Ek het julle uitverkies en julle aangestel om vrug te gaan dra en dat julle vrug kan bly, sodat wat julle die Vader ook al in my Naam vra, Hy julle dit kan gee.
Ons is dus in “dood” gebore deur ons aardse liggaam en aardse denke – dit is die eenheid binne elke aardse siel (aardse mens). Soos hulle saam geskep was, so word hulle saam vernietig:
Spr 23:7 Want soos hy in sy siel bereken, so is hy…
Dit is slegs deur Jesus dat die aardse dooie Adam (liggaam en denke / “gemoed”) vernietig word. Soos jy weet ervaar ons eerste die aardse Adam voordat ons God se lewendmakende gees ervaar:
1Kor 15:45-46 So is daar ook geskrywe: Die eerste mens, Adam, het ‘n lewende siel geword; die laaste Adam ‘n lewendmakende Gees. 46 Die geestelike ewenwel is nieeerste nie, maar die natuurlike; daarna die geestelike.
Kom ons kyk in Romeine waar Paulus ook die twee aspekte van die aardse siel wat as saamlopend binne die “eerste Adam” gesien moet word. Soos ons die aardse liggaam offer, net so offer ons ook ons ou aardse denke as een offer – nie twee aparte offers binne ‘n sogenaamde ‘eerste dood’ of die “tweede dood” wat jy hier aan my wil voorhou nie (Ons sal hierna kom by wat die Skrifte sê oor die “tweede dood” wat wel ‘n Skriftuurlike begrip is):
Rom 12:1-2 Ek vermaan julle dan, broeders, by die ontferminge van God, dat julle jul liggame stel as ‘n lewende, heilige en aan God welgevallige offer dit is julle redelike godsdiens. 2 En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed [die denke], sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is.
Hier is hoe die Skrifte ook wel die “tweede dood” definieer en ons kan dus nie ons eie definisie gee aan Skriftuurlike begrippe nie – Skrifte verklaar Skrifte:
Open 20:14 En die dood en die doderyk is in die poel van vuur gewerp. Dit is die tweede dood.
Almal wat in die “poel van vuur” oordeel sal opkom, is reeds liggaamlik dood, maar hulle word opgewek in ‘n geestelike liggaam.
1Kor 15:35-41 Maar iemand sal sê: Hoe word die dode opgewek, en met hoedanige liggaam kom hulle? 36 Dwase mens! Wat jy saai, word nie lewendig as dit nie gesterf het nie. 37 En wat jy saai—jy saai nie die liggaam wat sal word nie, maar ‘n blote korrel, byvoorbeeld van koring of van iets anders. 38 Maar God gee dit ‘n liggaam soos Hy gewil het, en aan elkeen van die saadkorrels sy eie liggaam. 39 Alle vlees is nie dieselfde vlees nie, maar die vlees van mense is anders as die vlees van vee, en dié van visse anders as dié van voëls. 40 En daar is hemelse liggame en aardse liggame; maar die heerlikheid van die hemelse is anders as dié van die aardse. 41 Anders is die heerlikheid van die son en anders die heerlikheid van die maan en anders die heerlikheid van die sterre; want die een ster verskil in heerlikheid van die ander ster.
Diegene wat dus opgewek word in die tweede opstanding is egter nog steeds onder die beheer van hul ou aardse denke (Rom 8:6). Daar is dus weereens twee aspekte in die “tweede dood” – ‘n liggaam en denke en die twee saam vorm weereens ‘n siel (tiperend van Gen 2:7). Dit is voorwaar hierdie siel wat finaal vernietig deur God se vuur, om nuwe lewe na vore te bring – so word ‘n siel gered “deur vuur heen”. Paulus stem 100% saam:
1Kor 3:13-15 elkeen se werk sal aan die lig kom, want die dag sal dit aanwys, omdat dit deur vuur openbaar gemaak word; en die vuur sal elkeen se werk op die proef stel, hoedanig dit is. 14 As iemand se werk bly staan wat hy daarop gebou het, sal hy loon ontvang; 15 as iemand se werk verbrand word, sal hy skade ly; alhoewel hy self gered sal word, maar soos deur vuur heen.
Hier sê Jesus dit baie duidelik dat daar wel ‘n liggaam betrokke is by die “vurige” oordeel van God – selfs by die “tweede dood”:
Mat 10:28 En moenie vrees vir die wat die liggaamdoodmaak, maar die siel nie kan doodmaak nie; maar vrees Hom liewer wat die siel sowel as die liggaam kan verderwe in die hel.
Open 20:11-15 En ek het ‘n groot wit troon gesien en Hom wat daarop sit, voor wie se aangesig die aarde en die hemel weggevlug het; en daar is geen plek vir hulle gevind nie. 12 En ek het die dode, klein en groot, voor God sien staan, en die boeke is geopen; en ‘n ander boek, die boek van die lewe, is geopen. En die dode is geoordeel na wat in die boeke geskryf is, volgens hulle werke. 13 En die see het die dode gegee wat daarin was, en die dood en die doderyk het die dode gegee wat daarin was; en hulle is geoordeel, elkeen volgens sy werke. 14 En die dood en die doderyk is in die poel van vuur gewerp. Dit is die tweede dood. 15 En as dit bevind is dat iemand nie opgeskryf was in die boek van die lewe nie, is hy in die poel van vuur gewerp.
Die uitverkorenes weet dus wat hierdie “dood” binne hulself is, en sterf dus saam met Jesus nou in hierdie lewe om ontslae te word van die ou lewe:
1Kor 15:31a Ek sterf dag vir dag, broeders….
Gal 2:20 Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van God wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het.
Rom 6:1-6 Wat sal ons dan sê? Sal ons in die sonde bly, dat die genade meer kan word? 2 Nee, stellig nie! Ons wat die sonde afgesterf het, hoe kan ons nog daarin lewe? 3 Of weet julle nie dat ons almal wat in Christus Jesus gedoop is, in sy dood gedoop is nie? 4 Ons is dus saam met Hom begrawe deur die doop in die dood, sodat net soos Christus uit die dode opgewek is deur die heerlikheid van die Vader, ons ook so in ‘n nuwe lewe kan wandel. 5 Want as ons met Hom saamgegroei het deur die gelykvormigheid aan sy dood, sal ons dit tog ook wees deur dié aan sy opstanding; 6 aangesien ons dit weet dat ons oue mens saam gekruisig is, sodat die liggaam van die sonde tot niet gemaak sou word en ons nie meer die sonde sou dien nie.
Die “tweede dood” het dus geen mag oor die uitverkorenes nie want hulle het reeds opgestaan uit die dode in die eerste opstanding. Hulle is inderdaad die priesters en die konings tydens die simbolies duisend jaar regering van Christus op aarde, en veral ook die vurige regters binne God se poel van vuur oordeel:
Open 2:11 Wie ‘n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê. Die wat oorwin, sal deur die tweede dood geen skade ly nie.
Open 20:6 Salig en heilig is hy wat deel het aan die eerste opstanding; oor hulle het die tweede dood geen mag nie, maar hulle sal priesters van God en van Christus wees en sal saam met Hom as konings regeer duisend jaar lank.
Die Skrifte en ek stem nie saam met jou volgende woorde nie W_____:
“Met Jesus se wederkoms sal al die dode almal opstaan…”
Hier is wat die Skrifte wel sê oor die “eerste opstanding” van die uitverkorenes (die koms van die koninkryk van Jesus). Let veral op waar die “ander dode” sal wees tydens die koms van Jesus na die aarde en die tyd wat hulle nog in die doodryk sal moet bly:
Open 20:4-6 En ek het trone gesien, en hulle het daarop gaan sit, en aan hulle is die oordeel gegee; en ek het die siele gesien van die wat onthoof is oor die getuienis van Jesus en oor die woord van God, en die wat die dier en sy beeld nie aanbid het nie, en die merk op hulle voorhoof en op hulle hand nie ontvang het nie; en hulle het geleef en as konings geregeer saam met Christus die duisend jaar lank. 5 En die ander dode het nie herlewe totdat die duisend jaar voleindig was nie. Dit is die eerste opstanding. 6 Salig en heilig is hy wat deel het aan die eerste opstanding; oor hulle het die tweede dood geen mag nie, maar hulle sal priesters van God en van Christus wees en sal saam met Hom as konings regeer duisend jaar lank.
Ek hoop ek was van hulp W____.
Jou broer in die ware Christus wat almal sal red deur Sy vurige oordeel “op die regte tyd”
Larry
1Ti 2:3-6 Want dit is goed en aangenaam voor God, ons Verlosser, 4 wat wil hê dat alle mense gered word en tot kennis van die waarheid kom. 5 Want daar is een God en een Middelaar tussen God en die mense, die mens Christus Jesus, 6 wat Homself gegee het as ‘n losprys vir almal, as die getuienis op die regte tyd.