INLEIDING EN KORT OPSOMMING
Die Skrifte leer dat God die fisiese wêreld en alles daarin geskep het met talle doelwitte in gedagte. Onder andere, is die fisiese skepping nie daar om ons vir ewig instand te hou nie, maar dien inderdaad as ‘n eerste fase in die proses om soos God “te word”:
Gen 1:26 En God het gesê: Laat Ons mense maak [hierdie werkwoord is vanaf die oorspronklike Hebreeuse woord “âśâh” vertaal en dit is in die Hebreeus in die onvoltooide vorm geskryf – dit druk dus ‘n handeling uit wat onvoltooid is!!!] na ons beeld, na ons gelykenis, en laat hulle heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en die vee en oor die hele aarde en oor al die diere wat op die aarde kruip.
God het dus die fisiese skepping voltooi in ses dae, maar Hy en Sy Seun is nog steeds besig om die mens te “maak” om in gees te word:
Eks 20:11 Want in ses dae het die HERE die hemel en die aarde gemaak, die see en alles wat daarin is, en op die sewende dag het Hy gerus. Daarom het die HERE die sabbatdag geseën en dit geheilig.
Joh 5:17 En Jesus het hulle geantwoord: My Vader werk tot nou toe, en Ek werk ook.
Hierdie proses om alles in Christus in gees te skep is ‘n verborgenheid wat nie aan almal openbaar is nie en daarom verwerp hulle dit:
Efes 1:9-10 deurdat Hy aan ons die verborgenheid van sy wil bekend gemaak het na sy welbehae wat Hy in Homself voorgeneem het, 10 om die volheid van die tye te reël, met die doel om alle dinge wat in die hemele sowel as wat op die aarde is, onder een hoof in Christus te verenig—
Die fisiese skepping is daar gestel om ons te help om die “geestelike dinge van God” te kan leer en dit uiteindelik te verstaan – alles kom nou na ons “deur die geloof”:
Heb 11:3 Deur die geloof verstaan ons dat die wêreld deur die woord van God toeberei is, sodat die dinge wat gesien word, nie ontstaan het uit sienlike dinge nie.
Rom 1:20 Want sy onsigbare dinge kan van die skepping van die wêreld af in sy werke verstaan en duidelik gesien word, naamlik sy ewige krag en goddelikheid, sodat hulle geen verontskuldiging het nie.
Een van die natuurlike dinge wat God gebruik om hierdie proses aan ons te verduidelik en verstaanbaar te maak, is syfergetalle. Getalle fassineer die mens, want daar is ‘n nuuskierigheid in die mens om dieper of hoër betekenisse te vind vir dinge in en rondom hom. God het wel groot geestelike betekenis vir ons opgesluit in getalle. Baie mense het hul eie betekenis gekoppel aan getalle deur die wysheid van die wêreld te gebruik. Maar elke kind van God weet dat slegs die Skrifte, soos vervat in die Bybel, die ware betekenis van alles, ook van getalle, vir ons weergee. Die Skrifte alleenlik bevat die hele waarheid oor enige onderwerp “onder die son”, en ons word gewaarsku om nie buite hierdie goddelike raamwerk te gaan as ons na die waarheid soek nie.
Psa 119:160 Die hele inhoud van u woord is waarheid, en al u regverdige verordeninge is tot in ewigheid.
Joh 17:17 Heilig hulle in u waarheid; u woord is die waarheid.
1Kor 4:6 Hierdie dinge, broeders, het ek [Paulus] op myself en Apollos toegepas om julle ontwil, dat julle aan ons kan leer om nie te dink bo wat geskrywe is nie, sodat julle nie die een ter wille van die ander opgeblase sou wees teen ‘n derde nie.
Soos in vorige artikels in hierdie reeks oor getalle genoem (deel 1, deel 2, deel 3 , deel 4,deel 5, deel 6, deel 7, deel 8, deel 9, en deel 10), is syfers onskeibaar geheg aan mekaar, veral in die Skrifte en in hul geestelike betekenis.
Die getal ‘een’ is die begin van alles en deur die ‘Een’ God word eenheid vooropgestel.
1Kor 8:6 tog is daar vir ons maar een God, die Vader uit wie alles is, en ons tot Hom, en een Here Jesus Christus deur wie alles is, en ons deur Hom.
Die getal ‘twee’ getuig saam binne hierdie eenheid, en omdat die twee saamstem kom ons as mens in kontak met die “een gees” – die “gees van waarheid”. Jesus stem saam met die Vader en so is hulle “een gees” en hulle kom woon by ons deur die Woord:
Joh 10:30 Ek en die Vader is een [in gees / in Woord].
Joh 3:31-34 Hy wat van bo kom, is bo almal; hy wat uit die aarde is, is uit die aarde en praat uit die aarde. Hy wat uit die hemel kom, is bo almal. 32 En wat Hy gesien en gehoor het, dit getuig Hy; en niemand neem sy getuienis aan nie. 33 Wie sy getuienis aangeneem het, het sy seël daarop gesit dat God waaragtig is. 34 Want Hy wat God gestuur het, spreek die woorde van God; want God gee Hom die Gees nie met mate nie.
Joh 6:63 Dit is die Gees wat lewend maak, die vlees is van geen nut nie; die woorde wat Ek tot julle spreek, is gees en is lewe.
Hierdie woning word gebou deur ‘n proses (die getal ‘drie’) want om in God se geestelike beeld gevorm te word, gebeur nie oombliklik nie. Ons is eers op “die derde dag…klaar” wanneer ons finaal ontslae is van alles wat tydelik is en wanneer ons verlos is van die vlees:
Mat 16:21 Van toe af het Jesus begin om sy dissipels te toon dat Hy na Jerusalem moes gaan en veel van die ouderlinge en owerpriesters en skrifgeleerdes moes ly, en gedood en op die derde dag opgewek word.
Luk 13:31-32 En op dieselfde dag het sommige van die Fariseërs na Hom gekom en vir Hom gesê: Gaan weg en vertrek hiervandaan, want Herodes wil U om die lewe bring. 32 En Hy het vir hulle gesê: Gaan vertel daardie jakkals: Kyk, Ek dryf duiwels uit en maak gesond, vandag en môre, en op die derde dag is Ek klaar [Grieks: “teleioō” = voltooi / volbring / perfek].
Hierdie aardse skepping leer ons om te besef dat daar ‘n tydgebonde proses vasgestel is en dat ons net deur “baie verdrukkinge” en God se tugtiging geestelike seuns van God gemaak word om in God se geestelike tempel kan ingaan:
Hand 14:22 en die siele van die dissipels versterk en hulle vermaan om in die geloof te bly deur te sê: Ons moet deur baie verdrukkinge in die koninkryk van God ingaan.
Open 15:8 En die tempel het vol rook geword uit die heerlikheid van God en uit sy krag, en niemand kon ingaan in die tempel voordat die sewe plae van die sewe engele voleindig was nie.
Heb 12:6 want die Here tugtig hom wat Hy liefhet, en Hy kasty elke seun wat Hy aanneem.
Die getal ‘vier’ bring ons by die omvattende geheel en dit help ons om te verstaan hoe God “almal in Adam” sal neem deur Sy saligheidsproses. God se saligheidsplan sluit inderdaad almal in. Hier is een pragtige beskrywing van hoe die getal ‘vier’ die geheel van God se plan met alle mense uitbeeld:
Hand 10:9-16 En die volgende dag, terwyl hulle op pad was en naby die stad kom, het Petrus omtrent die sesde uur op die dak geklim om te bid; 10 en hy het baie honger geword en wou eet; en terwyl hulle besig was om klaar te maak, het daar ‘n verrukking van sinne oor hom gekom: 11 hy sien die hemel geopend en ‘n voorwerp soos ‘n groot laken na hom afdaal, wat aan die vier hoeke vasgebind is en op die aarde neergelaat word. 12 Daarin was al die viervoetige diere van die aarde en die wilde en kruipende diere en die voëls van die hemel. 13 Toe kom daar ‘n stem na hom: Staan op, Petrus, slag en eet! 14 En Petrus sê: Nooit nie, Here, want ek het nooit iets onheiligs of onreins geëet nie. 15 En weer het die stem vir die tweede keer na hom gekom: Wat God rein gemaak het, mag jy nie onheilig ag nie. 16 En dit het drie maal gebeur, en die voorwerp is weer in die hemel opgeneem.
1Kor 15:22-24 Want soos hulle almal in Adam sterwe, so sal hulle ook almal in Christus lewend gemaak word; maar elkeen in sy eie orde: (1) as eersteling Christus, (2) daarna die wat aan Christus behoort by sy koms. (3) Daarna kom die einde…[die res van die mensdom…”sodat God alles in almal kan wees” – Kor 15 vers 28]
Die getal ‘vyf’ sluit weereens baie intiem aan by die vorige getalle. Die getal ‘vyf’ gee vir ons ‘n geestelike aanduiding dat saligheid slegs deur Christus kom en ons word hierdie saligheid deelagtig deur ons eie aardse lewe op te offer. Dit is slegs moontlik om dit te doen as Christus IN ons lewe:
Rom 12:1-3 Ek vermaan julle dan, broeders, by die ontferminge van God, dat julle jul liggame stel as ‘n lewende, heilige en aan God welgevallige offer dit is julle redelike godsdiens. 2 En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed [denke], sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is. 3 Want deur die genade wat aan my gegee is, sê ek vir elkeen wat onder julle is, dat hy nie van homself meer moet dink as wat ‘n mens behoort te dink nie; maar dat hy daaraan moet dink om besadig te wees na die maat van geloof soos God dit aan elkeen toebedeel het.
Gal 2:20 Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van God wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het.
Gal 4:13 Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee.
Efes 2:8-10 Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God; 9 nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie. 10 Want ons is sy maaksel, geskape in Christus Jesus tot goeie werke wat God voorberei het, sodat ons daarin kan wandel.
Die getal ‘ses’ se geestelike betekenis sluit weereens aan by die vorige deurdat ons net onsself en God se werke in ons reg kan sien en waardeer deur die openbaring van Christus IN ons.
Heb 2:6-8 maar iemand het êrens getuig en gesê: Wat is die mens, dat U aan hom dink, of die mensekind, dat U hom besoek? 7 U het hom ‘n weinig minder as die engele gemaak; met heerlikheid en eer het U hom gekroon en hom oor die werke van u hande aangestel. 8 Alle dinge het U onder sy voete gestel. Want in die onderwerping van alle dinge aan hom het Hy niks uitgesonder wat aan hom nie onderworpe is nie. Maar nou sien ons nog nie dat alle dinge aan hom onderwerp is nie.
Open 1:1-3 Die openbaring van Jesus Christus wat God Hom gegee het om aan sy diensknegte te toon wat gou moet gebeur, en wat Hy deur die sending van sy engel aan sy dienskneg Johannes te kenne gegee het, 2 wat getuig het van die woord van God en die getuienis van Jesus Christus alles wat hy gesien het. 3 Salig is hy wat die woorde van die profesie lees, en die wat dit hoor en bewaar wat daarin geskrywe is, want die tyd is naby.
Die eerste Adam was op dag ses gemaak, saam met die ander aardse diere want ons is aanvanklik aards – die getal ‘ses’ is dus die “getal” van die mens in sy aardse en sondige toestand, voordat ons in die beeld van Christus gemaak word:
Open 13:18 Hier kom die wysheid te pas. Wie die verstand het, laat hom die getal van die dier bereken, want dit is die getal van ‘n mens; en sy getal is ses honderd ses en sestig.
1Kor 15:46-49 Die geestelike ewenwel is nie eerste nie, maar die natuurlike; daarna die geestelike. 47 Die eerste mens was uit die aarde aards, die tweede mens is die Here uit die hemel. 48 Soos die aardse mens was, so is ook die aardse mense; en soos die hemelse mens is, so is ook die hemelse mense. 49 En soos ons die beeld van die aardse gedra het, so sal ons ook die beeld van die hemelse dra.
Die getal ‘sewe’ se geestelike betekenis word gevind in die dag nadat die fisiese skepping in ses dae voortgebring was:
Gen 2:1-3 So is dan voltooi die hemel en die aarde met hulle ganse leërmag. 2 En God het op die sewende dag sy werk voltooi wat Hy gemaak het, en op die sewende dag gerus van al sy werk wat Hy gemaak het. 3 En God het die sewende dag geseën en dit geheilig, omdat Hy daarop gerus het van al sy werk wat God geskape het deur dit te maak.
Die getal ‘sewe’ het dus te make met die konsep ‘voltooiing’. God neem ons dus deur ‘n proses om die ‘voltooiing” eers op die sewende dag, die dag van rus, te beleef. Was God moeg en moes Hy rus? Allermins. Die idee van “rus” is geskryf vir ons onthalwe, want ons vind eers op die tiperende “sewende dag” uit waaroor alles gaan en waarmee God besig is. Die sewende dag help ons dus om ook God se werke IN ONS eerstens te verstaan, en dan ook in ander mense.
As die hele proses voltooi word op die sewende dag, dan is dit duidelik dat die getal ‘agt’ ‘n nuwe ‘week’ inlei. Die agtste dag word dus geestelike gesien as die begin van ‘n “nuwe skepping”. Die vleeslike skepping is dan agter ons, ons vlees hiet en gebied ons nie soos in die verlede nie (Rom 6:11-14). Omdat ons nou begin om deur Jesus se geeslike lewe in ons te leer hoe om ons vlees te domineer, sterf ons op die manier ook vir die houvas van die vlees in ons (1Kor 15:31; Gal 2:20). Die nuwe lewe van Christus word dus stelselmatig in ons gevestig. Hierdie aflegging van vlees word getipeer in die ou verbond deur die fisiese besnydenis:
Lev 12:2-3 Spreek met die kinders van Israel en sê: As ‘n vrou swanger word en ‘n seun baar, sal sy sewe dae lank onrein wees; soos in die dae van die onreinheid as sy onwel is, sal sy onrein wees. 3 En op die agtste dag moet hy aan die vlees van sy voorhuid besny word.
Daar is dit baie duidelik vir die wat oë gegee is om te sien. Die vleeslike skepping is dit wat onrein is in vergelyking met dit wat gees (van God) is. Daarom was die vlees nog nooit en sal ook nooit deel wees van die geestelike koninkryk van God nie (Joh 3:1-6; Rom 8:5-8; 1Kor 15:50). Maar om in die vlees besny te word deur ‘n uiterlike besnydenis op die agtste dag, is bloot ‘n tipe of ‘n skaduwee van die werklike geestelike besnyding!
Rom 2:28-29 Want nie hy is ‘n Jood wat dit in die openbaar is nie, en nie dít is besnydenis wat dit in die openbaar in die vlees is nie; 29 maar hy is ‘n Jood wat dit in die verborgene is, en besnydenis is dié van die hart, in die gees, nie na die letter nie. Sy lof is nie uit mense nie, maar uit God.
Fil 3:3 Want óns is die besnydenis, ons wat God in die Gees dien en in Christus Jesus roem en nie op die vlees vertrou nie;
Vleeslike dinge het geen werklike krag nie (Joh 6:63)! Dit is egter die ware innerlike besnydenis van die hart wat die ware nuwe mens in Christus na vore bring:
Gal 6:15 Want in Christus Jesus het nòg die besnydenis nòg die onbesnedenheid enige krag, maar ‘n nuwe skepsel.
2Kor 5:17 Daarom, as iemand in Christus is, is hy ‘n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword.
Die getal ‘nege’ koppel weereens baie intiem met die getal ‘agt’ in die sin dat dit saamgaan met die aflegging van die vlees soos dit onder die ou verbond getipeer was deur besnydenis.
Gen 17:24 En Abraham was nege en negentig jaar oud toe hy aan die vlees van sy voorhuid besny is.
Die aflê van die vlees is nie iets wat ons vrywilliglik doen nie. Ook dit kom van God en Hy gee die opdrag. Abraham is ons geestelike tipe van wat die geloof van Christus in ons bewerkstellig. Slegs deur Christus word ons instaat gestel om van die vlees ontslae te raak en dit kom deur God se oordeel. Die getal ‘nege’ beteken dus in ‘n geestelike sin dat ons deur oordeel moet gaan en dit is nie ‘n maklike proses nie. Die bekendste skrifteks wat die geestelike betekenis van die getal ‘nege’ uitbeeld is hierdie een:
Mat 27:46 en omtrent die negende uur het Jesus met ‘n groot stem geroep en gesê: Eli, Eli, lama sabagtáni? Dit is: My God, my God, waarom het U My verlaat?
Jesus se vlees was net soos ons s’n, maar Hy het nooit toegee aan Sy vlees nie (Heb 2:14-18; Heb 4:14-16). Die getal ‘nege’ dui geestelik aan die tyd wanneer God se oordeel op ons voltrek word. Ons as gewone mense is van nature aan vleeslike ongelowigheid onderworpe en ons voel soms dat God nie omgee nie. Dit is die tyd van groot benoudheid in ons aardse lewe waar God as baie ver ervaar word.
Die getal ‘tien’ koppel geestelik met alles wat die vlees as belangrik beskou. Die vlees poog altyd om God se geestelike standaarde te bereik, maar faal mislik en hopeloos in die proses. Deur “tien woorde” het God Sy opdragte aan die vlees gegee:
Eks 34:28 En hy was daar by die HERE veertig dae en veertig nagte; hy het geen brood geëet en geen water gedrink nie. En Hy het op die tafels die woorde van die verbond, die tien woorde, geskrywe.
Die tien gebooie is gegee om heerskappy (“horings”) oor die vlees te hê:
Open 12:18 (OAV) En ek het op die sand van die see gaan staan. Open 13:1 (OAV) En ek het ‘n dier uit die see sien opkom met sewe koppe en tien horings, en op sy horings tien krone en op sy koppe ‘n naam van godslastering.
Die tien gebooie is dus deur God gegee vir ‘n baie goeie doel, en die doel is NIE om ons regverdig te maak nie, maar om ons inherente vleeslike welluste en trots uit te wys (“die kennis van sonde”). Die tien gebooie en alle aardse wette word juis gegee om aan ons te wys dat ons “doemwaardig” is en NIE God se geestelike standaarde kan bevredig nie – maar MIN kan die waarheid ontvang:
Rom 3:19-24 Nou weet ons dat alles wat die wet sê, hy dit sê vir die wat onder die wet is, sodat elke mond gestop en die hele wêreld voor God doemwaardig kan wees; 20 aangesien uit die werke van die wet geen vlees voor Hom geregverdig sal word nie, want deur die wet is die kennis van sonde. 21 Maar nou is die geregtigheid van God geopenbaar sonder die wet, terwyl die wet en die profete daarvan getuig, 22 die geregtigheid naamlik van God deur die geloof in Jesus Christus vir almal en oor almal wat glo, want daar is geen onderskeid nie; 23 want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God, 24 en hulle word deur sy genade sonder verdienste geregverdig deur die verlossing wat in Christus Jesus is.
DIE GETAL ‘ELF’
Die getal ‘elf’ volg op die getal ‘tien’ om dit wat die getal ‘tien’ verteenwoordig af te breek. Ons vlees is eiegeregtig en poog ten alle tye om God se perfekte geestelike standaard to bereik. Die vlees is onder die valse illusie dat dit wel in God se geestelike koninkryk sal inpas ten spyte van die Skrifte wat dit duidelik stel dat vlees in geen vorm of fatsoen God kan behaag nie:
1Kor 15:50 Maar dit verklaar ek, broeders, dat vlees en bloed die koninkryk van God nie kan beërwe nie; ook beërwe die verganklikheid nie die onverganklikheid nie.
Rom 8:8 En die wat in die vlees is, kan God nie behaag nie;
1Kor 1:29 sodat geen vlees voor Hom sou roem nie.
As hierdie waarheid ons uiteindelik oortuig, soos God wil, dan sien ons die vlees vir wat dit is. Die vlees verteenwoordig ons tyd in geestelike ballingskap wat deur geestelike Babilon verteenwoordig word. Al die aardsvaders onder die ou verbond was op een of ander manier op ‘n tydelike basis verbind aan Mesopotámië voordat hulle in die beloofde land op ‘n dieper manier kon beleef. Mesopotámië is ‘n tipe van geestelike Babilon in ons. Abraham was van Ur in die land van die Chaldeërs (in Mesopotámië); Isak se vrou (Rebekka) moes by haar vader se huis in Mesopotámië gaan haal word in opdrag van Abraham (Rebekka se pa was Nahor, Abraham se broer); Jakob moes vlug na Mesopotámië en moes 20 jaar daar bly voordat hy moes terugtrek na die beloofde land. Die getal ‘elf’ kom die eerste keer voor in die Skrifte m.b.t. Jakob en dit help ons ook baie om die geestelike betekenis van die getal vas te stel:
Gen 32:22 En hy [Jakob] het dieselfde nag opgestaan en sy twee vroue en sy twee slavinne en sy elf kinders geneem en deur die drif van die Jabbok getrek:
Elf seuns van Jakob was in Mesopotámië gebore. Benjamin, Jakob se twaalfde seun, was in die beloofde land gebore – Benjamin is ‘n tipe van die uitverkorenes van God. Die getal ‘elf’ verteenwoordig dus (in ‘n geestelike sin) die tyd van verwydering en ‘n afwesigheid van vervulling en vergenoegdheid, wanneer ons besef dat perfeksie in die vlees totaal onmoontlik is en die vlees nie God se perfekte maatstaf kan tevrede stel nie. Die getal twaalf word dwarsdeur die Skrifte gebruik om vervulling uit te beeld (ons sal in die volgende artikel meer hieroor praat). Die getal ‘elf’ dui dus aan ons ontdekking dat vlees onperfek is van die skepping van die eerste Adam, en nie ‘n ware fondasie is waarop ons ooit soos God kan wees nie. God is gees en almal wat Hom wil ken en aanbid, moet Hom ken en aanbid in gees en waarheid – dit is die ware fondasie van ware lewe:
Joh 4:23-24 Maar daar kom ‘n uur, en dit is nou, wanneer die ware aanbidders die Vader in gees en waarheid sal aanbid; want die Vader soek ook mense wat Hom só aanbid. 24 God is Gees; en die wat Hom aanbid, moet in gees en waarheid aanbid.
Joh 6:63 Dit is die Gees wat lewend maak, die vlees is van geen nut nie; die woorde wat Ek tot julle spreek, is gees en is lewe.
Ons moet sien dat God die vlees gemaak en gemerk het as swak en onperfek.
Mat 26:41 Waak en bid, dat julle nie in versoeking kom nie. Die gees is wel gewillig, maar die vlees is swak.
Jakob moes met God ontmoet om uit te vind dat sy vlees swak was. Dit is wanneer ons met God ontmoet dat ons regtig uitvind wie en wat ons is, en wie Hy is. Dit is deur die openbaring van Jesus dat ons vir die eerste keer kan sien wat in ons boek geskryf was voor die grondlegging van die wêreld:
Open 1:1-3 Die openbaring van Jesus Christus wat God Hom gegee het om aan sy diensknegte te toon wat gou moet gebeur, en wat Hy deur die sending van sy engel aan sy dienskneg Johannes te kenne gegee het, 2 wat getuig het van die woord van God en die getuienis van Jesus Christus alles wat hy gesien het. 3 Salig is hy wat die woorde van die profesie lees, en die wat dit hoor en bewaar wat daarin geskrywe is, want die tyd is naby.
Psa 139:16 U oë het my ongevormde klomp gesien; en in u boek is hulle almal opgeskrywe: dae dat alles bepaal was, toe nog geeneen van hulle daar was nie.
Open 5:1-5 En ek het in die regterhand van Hom wat op die troon sit, ‘n boek gesien, van binne en van buite beskrywe en met sewe seëls goed verseël. 2 En ek het ‘n sterk engel gesien wat met ‘n groot stem uitroep: Wie is waardig om die boek oop te maak en sy seëls te breek? 3 En niemand in die hemel of op die aarde of onder die aarde kon die boek oopmaak of daarin kyk nie. 4 En ek het baie geween, omdat daar niemand waardig bevind is om die boek oop te maak en te lees of daarin te kyk nie. 5 Toe sê een van die ouderlinge vir my: Moenie ween nie; kyk, die Leeu wat uit die stam van Juda is, die wortel van Dawid, het oorwin om die boek oop te maak en sy sewe seëls te breek.
Kom ons lees deur die gedeelte waar Jakob deur die Jabbokrivier moes gaan en wat alles daar gebeur het – vir ons lering:
Gen 32:22-32 En hy het dieselfde nag opgestaan en sy twee vroue en sy twee slavinne en sy elf kinders geneem en deur die drif van die Jabbok getrek: 23 hy het hulle geneem en hulle deur die rivier laat trek, ook laat deurtrek wat aan hom behoort het. 24 Maar Jakob het alleen agtergebly, en ‘n Man het met hom geworstel tot dagbreek. 25 En toe Hy sien dat Hy hom nie kon oorwin nie, slaan Hy hom op sy heupbeen, sodat die heupbeen van Jakob uit lit geraak het in die worsteling met Hom. 26 Toe sê Hy: Laat My gaan, want die dag het gebreek. Maar hy antwoord: Ek sal U nie laat gaan nie tensy dat U my seën. 27 En Hy vra hom: Hoe is jou naam? En hy antwoord: Jakob. 28 Toe sê Hy: Jy sal nie meer Jakob genoem word nie, maar Israel; want jy het geworstel met God en met die mense en het oorwin. 29 Daarop vra Jakob en sê: Maak tog u Naam bekend! En Hy antwoord: Waarom vra jy tog na my Naam? En Hy het hom daar geseën. 30 Toe noem Jakob die plek Pniël; want, het hy gesê, ek het God gesien van aangesig tot aangesig, en tog is my lewe gered. 31 En die son het vir hom opgegaan net toe hy Pnuel verby was; en hy was mank aan sy heup. 32 Daarom eet die kinders van Israel die heupsening, wat aan die heupbeen is, tot vandag toe nie, omdat Hy Jakob op die heupbeen, aan die heupsening, geslaan het.
Die “heupbeen” verteenwoordig ons afhanklikheid van ons aardse wandel. Die ware kinders van God maak nie staat op vlees en bloed nie, en hulle weet ook dat net God ons kan verlos van ons vlees – op die tyd soos deur Hom alleen bepaal. As Hy ons boek oopmaak en die seëls breek deur sy sewe trompette en sewe plae, slegs dan gee Hy ons ‘n nuwe naam. Ons ken God dan op ‘n baie meer intieme en persoonlike vlak wat niemand van ons kan wegneem nie!!!
Open 2:17 Wie ‘n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê. Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om te eet van die verborge manna, en Ek sal hom gee ‘n wit keursteen, en op dié steen ‘n nuwe naam geskrywe wat niemand ken nie, behalwe hy wat dit ontvang.
Open 3:12 Wie oorwin, Ek sal hom ‘n pilaar in die tempel van my God maak, en hy sal daar nooit weer uitgaan nie; en Ek sal op hom die Naam van my God skrywe en die naam van die stad van my God, van die nuwe Jerusalem, wat uit die hemel van my God neerdaal, en my nuwe Naam.
Net soos Jakob in tipe, moet ons DEUR ons eie Jabbokrivier gaan en ons Pniël beleef om die geestelike land van God in te gaan waar ons deur God se dieper oordeel Sy geregtigheid sal leer:
Jes 26:9 Met my siel begeer ek u in die nag; ook met my gees in my binneste soek ek U; want as u oordele op die aarde is, leer die inwoners van die wêreld geregtigheid.
Open 15:8 En die tempel het vol rook geword uit die heerlikheid van God en uit sy krag, en niemand kon ingaan in die tempel voordat die sewe plae van die sewe engele voleindig was nie.
Net deur God se oordeel in ons eie lewe kan ons, soos Jakob in tipe, ons eie vlees eerlik en opreg konfronteer. Jakob moes Esau, sy tweelingbroer, weer ontmoet en nou was Jakob nie meer die bedrieër van 20 jaar gelede nie – hy was nederig en het sy foute en tekortkominge geken en daaruit geleer:
Gen 33:3 maar hy [Jakob] self het voor hulle [sy familie] uit gegaan en hom sewe maal na die aarde gebuig, totdat hy by sy broer [Esau] gekom het.
God gebruik ons eie vlees en sy booshede om ons te tugtig:
Jer 2:19 Jou eie boosheid sal jou tugtig, en jou afkerighede sal jou straf; weet dan en sien dat dit verkeerd en bitter is dat jy die HERE jou God verlaat het, en dat my vrees nie by jou is nie, spreek die Here, die HERE van die leërskare.
Ons leer slegs op die harde manier dat ons ou aardse tabernakel net ‘elf’ doeke het wat onvervulling uitbeeld.
Eks 26:7 Ook moet jy doeke van bokhaar maak as ‘n tentseil oor die tabernakel: elf tentdoeke moet jy dit maak.
NIKS op aarde sal ooit die vlees kan vervul nie. Dit is voorwaar ‘n bodemlose put – of soos die Skrifte dit in Afrikaans noem…”die afgrond” – hoe meer aards ons is, hoe groter is ons geestelike dors en honger! Dit is slegs deur God se geestelike Woord in Jesus Christus dat ons ware vervulling kry!
Rom 10:6-11 Maar die geregtigheid wat uit die geloof is, sê dit: Moenie in jou hart sê nie: Wie sal in die hemel opvaar, naamlik om Christus af te bring; 7 of: Wie sal in die afgrond neerdaal, naamlik om Christus uit die dode op te bring? 8 Maar wat sê dit? Naby jou is die woord, in jou mond en in jou hart. Dit is die woord van die geloof wat ons verkondig: 9 As jy met jou mond die Here Jesus bely en met jou hart glo dat God Hom uit die dode opgewek het, sal jy gered word; 10 want met die hart glo ons tot geregtigheid en met die mond bely ons tot redding. 11 Want die Skrif sê: Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaam word nie.
Twaalf dae sou fisiese Israel tot in die beloofde land geneem het vanaf die berg Horeb, maar hulle het veertig jaar in die wildernis rondgeswerf.
Deu 1:2-3 Elf dae is die pad van Horeb af na die gebergte Seïr tot by Kades-Barnéa. 3 En in die veertigste jaar, in die elfde maand, op die eerste van die maand, het Moses met die kinders van Israel gespreek net soos die HERE ten opsigte van hulle aan hom bevel gegee het;
Elf dae is een dag kort van twaalf dae wat dan ooreenstem met die onvervulling wat ons tyd van swerf in vlees uitbeeld. Wat dit ook weereens vir ons wil bevestig en leer is dat ons nie deur ‘n kort sondaarsgebed in die koninkryk van God kom nie. Nee dit is slegs deur “baie verdrukkinge” wat ons in die koninkryk van God ingaan.
Hand 14:22 en die siele van die dissipels versterk en hulle vermaan om in die geloof te bly deur te sê: Ons moet deur baie verdrukkinge in die koninkryk van God ingaan.
Die getal ‘elf’ beeld uit ons tyd waar ons eie vleeslike rebellie en ongeloof aan ons gewys word:
Luk 24:9-11 Hulle gaan toe terug van die graf en vertel dit alles aan die elf en aan al die ander. 10 En dit was Maria Magdaléna en Johanna en Maria, die moeder van Jakobus, en die ander vroue saam met hulle wat dit aan die apostels vertel het. 11 En hul woorde het vir hulle na onsinnige praatjies gelyk, en hulle het hul nie geglo nie.
Die afbreekproses en uiteindelike totale vernietiging van ons vlees met al sy welluste en trots is wat die getal ‘elf’ geestelik verteenwoordig.
1Kor 15:31 Ek sterf dag vir dag, broeders, so waar as ek op julle roem in Christus Jesus, onse Here.
Soos die vlees afgebreek word, so groei die geestelike nuwe mens in Christus in ons:
Joh 3:30-36 Hy moet meer word, maar ek minder. 31 Hy wat van bo kom, is bo almal; hy wat uit die aarde is, is uit die aarde en praat uit die aarde. Hy wat uit die hemel kom, is bo almal. 32 En wat Hy gesien en gehoor het, dit getuig Hy; en niemand neem sy getuienis aan nie. 33 Wie sy getuienis aangeneem het, het sy seël daarop gesit dat God waaragtig is. 34 Want Hy wat God gestuur het, spreek die woorde van God; want God gee Hom die Gees nie met mate nie. 35 Die Vader het die Seun lief en het alles in sy hand gegee. 36 Hy wat in die Seun glo, het die ewige lewe; maar hy wat die Seun ongehoorsaam is, sal die lewe nie sien nie, maar die toorn van God bly op hom.
Die Engelse weergawe geskryf deur Mike Vinson van die geestelike betekenis van hierdie getal, word by die volgende skakel gevind:
Terug pieng: Die geestelike betekenis van syfergetalle (12) | "Is en Wat Was en Wat Kom" – die onbekende karakter van Jesus Christus en Sy Woord
Terug pieng: Die geestelike betekenis van syfergetalle (13) | "Is en Wat Was en Wat Kom" – die onbekende karakter van Jesus Christus en Sy Woord
Terug pieng: Die geestelike betekenis van syfergetalle (14) | "Is en Wat Was en Wat Kom" – die onbekende karakter van Jesus Christus en Sy Woord