INLEIDING EN KORT OPSOMMING
Die Skrifte leer dat God die fisiese wêreld en alles daarin geskep het met talle doelwitte in gedagte. Onder andere, is die fisiese skepping nie daar om ons vir ewig instand te hou nie, maar dien inderdaad as ‘n eerste fase in die proses om soos God “te word”:
Gen 1:26 En God het gesê: Laat Ons mense maak [hierdie werkwoord is vanaf die oorspronklike Hebreeuse woord “âśâh” vertaal en dit is in die Hebreeus in die onvoltooide vorm geskryf – dit druk dus ‘n handeling uit wat onvoltooid is!!!] na ons beeld, na ons gelykenis, en laat hulle heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en die vee en oor die hele aarde en oor al die diere wat op die aarde kruip.
God het dus die fisiese skepping voltooi in ses dae, maar Hy en Sy Seun is nog steeds besig om die mens te “maak” om in gees te word:
Eks 20:11 Want in ses dae het die HERE die hemel en die aarde gemaak, die see en alles wat daarin is, en op die sewende dag het Hy gerus. Daarom het die HERE die sabbatdag geseën en dit geheilig.
Joh 5:17 En Jesus het hulle geantwoord: My Vader werk tot nou toe, en Ek werk ook.
Hierdie proses om alles in Christus in gees te skep is ‘n verborgenheid wat nie aan almal openbaar is nie en daarom verwerp hulle dit:
Efes 1:9-10 deurdat Hy aan ons die verborgenheid van sy wil bekend gemaak het na sy welbehae wat Hy in Homself voorgeneem het, 10 om die volheid van die tye te reël, met die doel om alle dinge wat in die hemele sowel as wat op die aarde is, onder een hoof in Christus te verenig—
Die fisiese skepping is daar gestel om ons te help om die “geestelike dinge van God” te kan leer en dit uiteindelik te verstaan – alles kom nou na ons “deur die geloof”:
Heb 11:3 Deur die geloof verstaan ons dat die wêreld deur die woord van God toeberei is, sodat die dinge wat gesien word, nie ontstaan het uit sienlike dinge nie.
Rom 1:20 Want sy onsigbare dinge kan van die skepping van die wêreld af in sy werke verstaan en duidelik gesien word, naamlik sy ewige krag en goddelikheid, sodat hulle geen verontskuldiging het nie.
Een van die natuurlike dinge wat God gebruik om hierdie proses aan ons te verduidelik en verstaanbaar te maak, is syfergetalle. Getalle fassineer die mens, want daar is ‘n nuuskierigheid in die mens om dieper of hoër betekenisse te vind vir dinge in en rondom hom. God het wel groot geestelike betekenis vir ons opgesluit in getalle. Baie mense het hul eie betekenis gekoppel aan getalle deur die wysheid van die wêreld te gebruik. Maar elke kind van God weet dat slegs die Skrifte, soos vervat in die Bybel, die ware betekenis van alles, ook van getalle, vir ons weergee. Die Skrifte alleenlik bevat die hele waarheid oor enige onderwerp “onder die son”, en ons word gewaarsku om nie buite hierdie goddelike raamwerk te gaan as ons na die waarheid soek nie.
Psa 119:160 Die hele inhoud van u woord is waarheid, en al u regverdige verordeninge is tot in ewigheid.
Joh 17:17 Heilig hulle in u waarheid; u woord is die waarheid.
1Kor 4:6 Hierdie dinge, broeders, het ek [Paulus] op myself en Apollos toegepas om julle ontwil, dat julle aan ons kan leer om nie te dink bo wat geskrywe is nie, sodat julle nie die een ter wille van die ander opgeblase sou wees teen ‘n derde nie.
Soos in vorige artikels in hierdie reeks oor getalle genoem (deel 1, deel 2, deel 3 , deel 4,deel 5, deel 6, deel 7, deel 8, deel 9, deel 10, deel 11, deel 12, en deel 13), is syfers onskeibaar geheg aan mekaar, veral in die Skrifte en in hul geestelike betekenis.
Die getal ‘een’ is die begin van alles en deur die ‘Een’ God word eenheid vooropgestel.
1Kor 8:6 tog is daar vir ons maar een God, die Vader uit wie alles is, en ons tot Hom, en een Here Jesus Christus deur wie alles is, en ons deur Hom.
Die getal ‘twee’ getuig saam binne hierdie eenheid, en omdat die twee saamstem kom ons as mens in kontak met die “een gees” – die “gees van waarheid”. Jesus stem saam met die Vader en so is hulle “een gees” en hulle kom woon by ons deur die Woord:
Joh 10:30 Ek en die Vader is een [in gees / in Woord].
Joh 3:31-34 Hy wat van bo kom, is bo almal; hy wat uit die aarde is, is uit die aarde en praat uit die aarde. Hy wat uit die hemel kom, is bo almal. 32 En wat Hy gesien en gehoor het, dit getuig Hy; en niemand neem sy getuienis aan nie. 33 Wie sy getuienis aangeneem het, het sy seël daarop gesit dat God waaragtig is. 34 Want Hy wat God gestuur het, spreek die woorde van God; want God gee Hom die Gees nie met mate nie.
Joh 6:63 Dit is die Gees wat lewend maak, die vlees is van geen nut nie; die woorde wat Ek tot julle spreek, is gees en is lewe.
Hierdie woning word gebou deur ‘n proses (die getal ‘drie’) want om in God se geestelike beeld gevorm te word, gebeur nie oombliklik nie. Ons is eers op “die derde dag…klaar” wanneer ons finaal ontslae is van alles wat tydelik is en wanneer ons verlos is van die vlees:
Mat 16:21 Van toe af het Jesus begin om sy dissipels te toon dat Hy na Jerusalem moes gaan en veel van die ouderlinge en owerpriesters en skrifgeleerdes moes ly, en gedood en op die derde dag opgewek word.
Luk 13:31-32 En op dieselfde dag het sommige van die Fariseërs na Hom gekom en vir Hom gesê: Gaan weg en vertrek hiervandaan, want Herodes wil U om die lewe bring. 32 En Hy het vir hulle gesê: Gaan vertel daardie jakkals: Kyk, Ek dryf duiwels uit en maak gesond, vandag en môre, en op die derde dag is Ek klaar [Grieks: “teleioō” = voltooi / volbring / perfek].
Hierdie aardse skepping leer ons om te besef dat daar ‘n tydgebonde proses vasgestel is en dat ons net deur “baie verdrukkinge” en God se tugtiging geestelike seuns van God gemaak word om in God se geestelike tempel kan ingaan:
Hand 14:22 en die siele van die dissipels versterk en hulle vermaan om in die geloof te bly deur te sê: Ons moet deur baie verdrukkinge in die koninkryk van God ingaan.
Open 15:8 En die tempel het vol rook geword uit die heerlikheid van God en uit sy krag, en niemand kon ingaan in die tempel voordat die sewe plae van die sewe engele voleindig was nie.
Heb 12:6 want die Here tugtig hom wat Hy liefhet, en Hy kasty elke seun wat Hy aanneem.
Die getal ‘vier’ bring ons by die omvattende geheel en dit help ons om te verstaan hoe God “almal in Adam” sal neem deur Sy saligheidsproses. God se saligheidsplan sluit inderdaad almal in. Hier is een pragtige beskrywing van hoe die getal ‘vier’ die geheel van God se plan met alle mense uitbeeld:
Hand 10:9-16 En die volgende dag, terwyl hulle op pad was en naby die stad kom, het Petrus omtrent die sesde uur op die dak geklim om te bid; 10 en hy het baie honger geword en wou eet; en terwyl hulle besig was om klaar te maak, het daar ‘n verrukking van sinne oor hom gekom: 11 hy sien die hemel geopend en ‘n voorwerp soos ‘n groot laken na hom afdaal, wat aan die vier hoeke vasgebind is en op die aarde neergelaat word. 12 Daarin was al die viervoetige diere van die aarde en die wilde en kruipende diere en die voëls van die hemel. 13 Toe kom daar ‘n stem na hom: Staan op, Petrus, slag en eet! 14 En Petrus sê: Nooit nie, Here, want ek het nooit iets onheiligs of onreins geëet nie. 15 En weer het die stem vir die tweede keer na hom gekom: Wat God rein gemaak het, mag jy nie onheilig ag nie. 16 En dit het drie maal gebeur, en die voorwerp is weer in die hemel opgeneem.
1Kor 15:22-24 Want soos hulle almal in Adam sterwe, so sal hulle ook almal in Christus lewend gemaak word; maar elkeen in sy eie orde: (1) as eersteling Christus, (2) daarna die wat aan Christus behoort by sy koms. (3) Daarna kom die einde…[die res van die mensdom…”sodat God alles in almal kan wees” – Kor 15 vers 28]
Die getal ‘vyf’ sluit weereens baie intiem aan by die vorige getalle. Die getal ‘vyf’ gee vir ons ‘n geestelike aanduiding dat saligheid slegs deur Christus kom en ons word hierdie saligheid deelagtig deur ons eie aardse lewe op te offer. Dit is slegs moontlik om dit te doen as Christus IN ons lewe:
Rom 12:1-3 Ek vermaan julle dan, broeders, by die ontferminge van God, dat julle jul liggame stel as ‘n lewende, heilige en aan God welgevallige offer dit is julle redelike godsdiens. 2 En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed [denke], sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is. 3 Want deur die genade wat aan my gegee is, sê ek vir elkeen wat onder julle is, dat hy nie van homself meer moet dink as wat ‘n mens behoort te dink nie; maar dat hy daaraan moet dink om besadig te wees na die maat van geloof soos God dit aan elkeen toebedeel het.
Gal 2:20 Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van God wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het.
Gal 4:13 Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee.
Efes 2:8-10 Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God; 9 nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie. 10 Want ons is sy maaksel, geskape in Christus Jesus tot goeie werke wat God voorberei het, sodat ons daarin kan wandel.
Die getal ‘ses’ se geestelike betekenis sluit weereens aan by die vorige deurdat ons net onsself en God se werke in ons reg kan sien en waardeer deur die openbaring van Christus IN ons.
Heb 2:6-8 maar iemand het êrens getuig en gesê: Wat is die mens, dat U aan hom dink, of die mensekind, dat U hom besoek? 7 U het hom ‘n weinig minder as die engele gemaak; met heerlikheid en eer het U hom gekroon en hom oor die werke van u hande aangestel. 8 Alle dinge het U onder sy voete gestel. Want in die onderwerping van alle dinge aan hom het Hy niks uitgesonder wat aan hom nie onderworpe is nie. Maar nou sien ons nog nie dat alle dinge aan hom onderwerp is nie.
Open 1:1-3 Die openbaring van Jesus Christus wat God Hom gegee het om aan sy diensknegte te toon wat gou moet gebeur, en wat Hy deur die sending van sy engel aan sy dienskneg Johannes te kenne gegee het, 2 wat getuig het van die woord van God en die getuienis van Jesus Christus alles wat hy gesien het. 3 Salig is hy wat die woorde van die profesie lees, en die wat dit hoor en bewaar wat daarin geskrywe is, want die tyd is naby.
Die eerste Adam was op dag ses gemaak, saam met die ander aardse diere want ons is aanvanklik aards – die getal ‘ses’ is dus die “getal” van die mens in sy aardse en sondige toestand, voordat ons in die beeld van Christus gemaak word:
Open 13:18 Hier kom die wysheid te pas. Wie die verstand het, laat hom die getal van die dier bereken, want dit is die getal van ‘n mens; en sy getal is ses honderd ses en sestig.
1Kor 15:46-49 Die geestelike ewenwel is nie eerste nie, maar die natuurlike; daarna die geestelike. 47 Die eerste mens was uit die aarde aards, die tweede mens is die Here uit die hemel. 48 Soos die aardse mens was, so is ook die aardse mense; en soos die hemelse mens is, so is ook die hemelse mense. 49 En soos ons die beeld van die aardse gedra het, so sal ons ook die beeld van die hemelse dra.
Die getal ‘sewe’ se geestelike betekenis word gevind in die dag nadat die fisiese skepping in ses dae voortgebring was:
Gen 2:1-3 So is dan voltooi die hemel en die aarde met hulle ganse leërmag. 2 En God het op die sewende dag sy werk voltooi wat Hy gemaak het, en op die sewende dag gerus van al sy werk wat Hy gemaak het. 3 En God het die sewende dag geseën en dit geheilig, omdat Hy daarop gerus het van al sy werk wat God geskape het deur dit te maak.
Die getal ‘sewe’ het dus te make met die konsep ‘voltooiing’. God neem ons dus deur ‘n proses om die ‘voltooiing” eers op die sewende dag, die dag van rus, te beleef. Was God moeg en moes Hy rus? Allermins. Die idee van “rus” is geskryf vir ons onthalwe, want ons vind eers op die tiperende “sewende dag” uit waaroor alles gaan en waarmee God besig is. Die sewende dag help ons dus om ook God se werke IN ONS eerstens te verstaan, en dan ook in ander mense.
As die hele proses voltooi word op die sewende dag, dan is dit duidelik dat die getal ‘agt’ ‘n nuwe ‘week’ inlei. Die agtste dag word dus geestelike gesien as die begin van ‘n “nuwe skepping”. Die vleeslike skepping is dan agter ons, ons vlees hiet en gebied ons nie soos in die verlede nie (Rom 6:11-14). Omdat ons nou begin om deur Jesus se geeslike lewe in ons te leer hoe om ons vlees te domineer, sterf ons op die manier ook vir die houvas van die vlees in ons (1Kor 15:31; Gal 2:20). Die nuwe lewe van Christus word dus stelselmatig in ons gevestig. Hierdie aflegging van vlees word getipeer in die ou verbond deur die fisiese besnydenis:
Lev 12:2-3 Spreek met die kinders van Israel en sê: As ‘n vrou swanger word en ‘n seun baar, sal sy sewe dae lank onrein wees; soos in die dae van die onreinheid as sy onwel is, sal sy onrein wees. 3 En op die agtste dag moet hy aan die vlees van sy voorhuid besny word.
Daar is dit baie duidelik vir die wat oë gegee is om te sien. Die vleeslike skepping is dit wat onrein is in vergelyking met dit wat gees (van God) is. Daarom was die vlees nog nooit en sal ook nooit deel wees van die geestelike koninkryk van God nie (Joh 3:1-6; Rom 8:5-8; 1Kor 15:50). Maar om in die vlees besny te word deur ‘n uiterlike besnydenis op die agtste dag, is bloot ‘n tipe of ‘n skaduwee van die werklike geestelike besnyding!
Rom 2:28-29 Want nie hy is ‘n Jood wat dit in die openbaar is nie, en nie dít is besnydenis wat dit in die openbaar in die vlees is nie; 29 maar hy is ‘n Jood wat dit in die verborgene is, en besnydenis is dié van die hart, in die gees, nie na die letter nie. Sy lof is nie uit mense nie, maar uit God.
Fil 3:3 Want óns is die besnydenis, ons wat God in die Gees dien en in Christus Jesus roem en nie op die vlees vertrou nie;
Vleeslike dinge het geen werklike krag nie (Joh 6:63)! Dit is egter die ware innerlike besnydenis van die hart wat die ware nuwe mens in Christus na vore bring:
Gal 6:15 Want in Christus Jesus het nòg die besnydenis nòg die onbesnedenheid enige krag, maar ‘n nuwe skepsel.
2Kor 5:17 Daarom, as iemand in Christus is, is hy ‘n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword.
Die getal ‘nege’ koppel weereens baie intiem met die getal ‘agt’ in die sin dat dit saamgaan met die aflegging van die vlees soos dit onder die ou verbond getipeer was deur besnydenis.
Gen 17:24 En Abraham was nege en negentig jaar oud toe hy aan die vlees van sy voorhuid besny is.
Die aflê van die vlees is nie iets wat ons vrywilliglik doen nie. Ook dit kom van God en Hy gee die opdrag. Abraham is ons geestelike tipe van wat die geloof van Christus in ons bewerkstellig. Slegs deur Christus word ons instaat gestel om van die vlees ontslae te raak en dit kom deur God se oordeel. Die getal ‘nege’ beteken dus in ‘n geestelike sin dat ons deur oordeel moet gaan en dit is nie ‘n maklike proses nie. Die bekendste skrifteks wat die geestelike betekenis van die getal ‘nege’ uitbeeld is hierdie een:
Mat 27:46 en omtrent die negende uur het Jesus met ‘n groot stem geroep en gesê: Eli, Eli, lama sabagtáni? Dit is: My God, my God, waarom het U My verlaat?
Jesus se vlees was net soos ons s’n, maar Hy het nooit toegee aan Sy vlees nie (Heb 2:14-18; Heb 4:14-16). Die getal ‘nege’ dui geestelik aan die tyd wanneer God se oordeel op ons voltrek word. Ons as gewone mense is van nature aan vleeslike ongelowigheid onderworpe en ons voel soms dat God nie omgee nie. Dit is die tyd van groot benoudheid in ons aardse lewe waar God as baie ver ervaar word.
Die getal ‘tien’ koppel geestelik met alles wat die vlees as belangrik beskou. Die vlees poog altyd om God se geestelike standaarde te bereik, maar faal mislik en hopeloos in die proses. Deur “tien woorde” het God Sy opdragte aan die vlees gegee:
Eks 34:28 En hy was daar by die HERE veertig dae en veertig nagte; hy het geen brood geëet en geen water gedrink nie. En Hy het op die tafels die woorde van die verbond, die tien woorde, geskrywe.
Die tien gebooie is gegee om heerskappy (“horings”) oor die vlees te hê:
Open 12:18 (OAV) En ek het op die sand van die see gaan staan. Open 13:1 (OAV) En ek het ‘n dier uit die see sien opkom met sewe koppe en tien horings, en op sy horings tien krone en op sy koppe ‘n naam van godslastering.
Die tien gebooie is dus deur God gegee vir ‘n baie goeie doel, en die doel is NIE om ons regverdig te maak nie, maar om ons inherente vleeslike welluste en trots uit te wys (“die kennis van sonde”). Die tien gebooie en alle aardse wette word juis gegee om aan ons te wys dat ons “doemwaardig” is en NIE God se geestelike standaarde kan bevredig nie – maar MIN kan die waarheid ontvang:
Rom 3:19-24 Nou weet ons dat alles wat die wet sê, hy dit sê vir die wat onder die wet is, sodat elke mond gestop en die hele wêreld voor God doemwaardig kan wees; 20 aangesien uit die werke van die wet geen vlees voor Hom geregverdig sal word nie, want deur die wet is die kennis van sonde. 21 Maar nou is die geregtigheid van God geopenbaar sonder die wet, terwyl die wet en die profete daarvan getuig, 22 die geregtigheid naamlik van God deur die geloof in Jesus Christus vir almaverteenwoordigl en oor almal wat glo, want daar is geen onderskeid nie; 23 want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God, 24 en hulle word deur sy genade sonder verdienste geregverdig deur die verlossing wat in Christus Jesus is.
Die getal ‘elf’ volg op die getal ‘tien’ om dit wat die getal ‘tien’ verteenwoordig (dit is ons idee van ‘perfeksie’ van die vlees) af te breek. Ons vlees is eiegeregtig en poog ten alle tye om God se perfekte geestelike standaard to bereik – asof dit moontlik is. Die vlees is onder die valse illusie dat dit wel in God se geestelike koninkryk sal inpas ten spyte van die Skrifte wat dit duidelik stel dat vlees in geen vorm of fatsoen God kan behaag nie:
1Kor 15:50 Maar dit verklaar ek, broeders, dat vlees en bloed die koninkryk van God nie kan beërwe nie; ook beërwe die verganklikheid nie die onverganklikheid nie.
Rom 8:8 En die wat in die vlees is, kan God nie behaag nie;
1Kor 1:29 sodat geen vlees voor Hom sou roem nie.
Die getal ‘elf’ kom die eerste keer voor in die Skrifte m.b.t. Jakob en dit help ons ook baie om die geestelike betekenis van hierdie getal vas te stel:
Gen 32:22 En hy [Jakob] het dieselfde nag opgestaan en sy twee vroue en sy twee slavinne en sy elf kinders geneem en deur die drif van die Jabbok getrek:
Jakob moes vlug na Mesopotámië omdat hy sy broer en sy vader gekul het om die eerste geboortereg te kry. Na 20 jaar onder sy meer uitgeslape skoonpa, Laban, besef Jakob deur God se ingryping dat hy moes terugkeer die beloofde land, Kanaan, om ook sy geboortereg te vervul en ook reg te maak met Esau. Die Elf seuns van Jakob was in Mesopotámië gebore en wys dat ons nooit vrede kan hê terwyl ons vasklou aan ons vlees en sy trots en welluste nie (Mesopotámië is ‘n geestelike tipe van ons tyd in vleeslike ballingskap wanneer ons ons verlustig in die vlees en eindelik vasgevang is deur die trots en welluste van die vlees):
1Jn 2:15-16 Moenie die wêreld liefhê of die dinge wat in die wêreld is nie. As iemand die wêreld liefhet, dan is die liefde van die Vader nie in hom nie. 16 Want alles wat in die wêreld is—die begeerlikheid van die vlees en die begeerlikheid van die oë en die grootsheid van die lewe—is nie uit die Vader nie, maar is uit die wêreld.
Geestelik verwys die getal ‘elf’ dus na ons tyd van onvervuldheid en onvergenoegdheid in vlees waar ons in ‘n wêreldse illusie van voorspoed en geluk leef.
Benjamin, Jakob se twaalfde seun, was in die beloofde land gebore – Benjamin is ‘n tipe van die uitverkorenes van God. Die getal twaalf word dwarsdeur die Skrifte gebruik om vervulling en vergenoegdheid uit te beeld. Deur Jakob, wat herdoop was met die naam “Israel”, word twaalf seuns na vore gebring wat dan die basis of fondasie vorm van God se ou verbond. Fisiese Israel net sy twaalf stamme is die tipe of aardse skaduwee van God se ware uitverkorenes in gees:
Rom 2:28-29 Want nie hy is ‘n Jood wat dit in die openbaar is nie, en nie dít is besnydenis wat dit in die openbaar in die vlees is nie; 29 maar hy is ‘n Jood wat dit in die verborgene is, en besnydenis is dié van die hart, in die gees, nie na die letter nie. Sy lof is nie uit mense nie, maar uit God.
Jesus het vir Hom twaalf dissipels verkies wat as apostels bekendgestaan het:
Luk 6:13 En toe dit dag geword het, het Hy sy dissipels na Hom geroep en twaalf van hulle uitgekies, wat Hy apostels genoem het:
Die amp van apostel verbind met fondament in die Skrifte. Die ware uitverkorenes is die kerk van Christus – die geestelike “huisgenote van God”:
Efes 2:19-22 So is julle dan nie meer vreemdelinge en bywoners nie, maar medeburgers van die heiliges en huisgenote van God, 20 gebou op die fondament van die apostels en profete, terwyl Jesus Christus self die hoeksteen is, 21 in wie die hele gebou, goed saamgevoeg, verrys tot ‘n heilige tempel in die Here, 22 in wie julle ook saam opgebou word tot ‘n woning van God in die Gees.
1Kor 12:28 En God het sommige in die gemeente gestel: in die eerste plek apostels, ten tweede profete, ten derde leraars, daarna kragte, daarna genadegawes van gesondmaking, helpers, regeringe, allerhande tale.
Die getal ‘twaalf’ verbind dus geestelik met fondament – die vlees is ons eerste fondament (die grond of sand van die aarde) wat nie’n goeie en volhoubare fondament is nie:
Gen 2:7 En die HERE God het die mens geformeer uit die stof van die aarde en in sy neus die asem van die lewe geblaas. So het dan die mens ‘n lewende siel geword.
1Kor 15:47 Die eerste mens was uit die aarde aards…
Die aardse mens kan nie God behaag nie, want God is gees (Joh 4:24). Vlees kan nie God se Woord doen nie:
Mat 7:26-27 En elkeen wat na hierdie woorde van My luister en dit nie doen nie, sal vergelyk word met ‘n dwase man wat sy huis op die sand gebou het. 27 En die reën het geval en die waterstrome het gekom en die winde het gewaai en teen daardie huis aangestorm en dit het geval, en sy val was groot.
Maar as ons herskep word (weergebore word) in gees, sal ons kan doen wat God verwag van ons en ons kan Hom behaag deur Christus Jesus alleenlik:
1Kor 15:47 ….die tweede mens is die Here uit die hemel.
Mat 7:24-25 Elkeen dan wat na hierdie woorde van My luister en dit doen, hom sal Ek vergelyk met ‘n verstandige man wat sy huis op die rots gebou het. 25 En die reën het geval en die waterstrome het gekom en die winde het gewaai en teen daardie huis aangestorm, en dit het nie geval nie, want sy fondament was op die rots.
Abraham se eerste seun was Ismael, wat vir ons weereens ‘n tipe is van ons eerste fondament – die vlees. Hy het twaalf vorste gehad waarmee God hom geseën het:
Gen 17:20 Ook wat Ismael aangaan, het Ek jou verhoor. Kyk, Ek seën hom en maak hom vrugbaar en vermeerder hom buitengewoon. Twaalf vorste sal hy verwek, en Ek sal hom ‘n groot nasie maak.
Vleeslike seëninge is nie iets waarop ons ons geestelike huis kan bou nie omdat dit van verbygaande aard is. Ismael is dan ook ons tipe om die geestelike verbintenis met getal ‘dertien’ uit te beeld:
Gen 17:25-27 En sy seun Ismael was dertien jaar oud toe hy aan die vlees van sy voorhuid besny is. 26 Op daardie selfde dag is Abraham en sy seun Ismael besny 27 en al die manne van sy huis—die wat in sy huis gebore en die wat van vreemdelinge met geld gekoop is, is saam Rom 8:5-8met hom besny.
Abraham moes soos ons ook op ons eie tyd, verknog word aan die vlees wat ons in ‘n vyandskap met God self plaas (Rom 8:5-8). Die getal ‘dertien’ verwys dus na ons eie geestelike vyandigheid en opstandigheid in ons onbesnede vlees en al sy welluste en trots. Dit word ook in Ismael se lewe uitgebeeld. Ismael, ons eie vlees, sal NIE leef voor God nie. Ons sal ons vlees verloor! Die vlees KAN hom nie onderwerp aan God se wet nie. Dit is van nature in ‘n rebellie teen God.
Gen 16:11-12 Ook sê die Engel van die HERE vir haar: Kyk, jy is swanger en sal ‘n seun baar, en jy moet hom Ismael noem, want die HERE het jou in jou ellende verhoor. 12 En hy sal ‘n wilde-esel van ‘n mens wees: sy hand teen almal, en almal se hand teen hom! En hy sal teenoor al sy broers woon.
Gen 17:24-27 En Abraham was nege en negentig jaar oud toe hy aan die vlees van sy voorhuid besny is. 25 En sy seun Ismael was dertien jaar oud toe hy aan die vlees van sy voorhuid besny is. 26 Op daardie selfde dag is Abraham en sy seun Ismael besny 27 en al die manne van sy huis—die wat in sy huis gebore en die wat van vreemdelinge met geld gekoop is, is saam met hom besny.
Gen 17:18 En Abraham sê aan God: Ag, mag Ismael lewe voor u aangesig!
DIE GETAL VEERTIEN
Die eerste keer waar die getal in die Skrifte verksyn is ook baie insiggewend. Jakob is aan die woord waar hy gevlug het uit Haran na Kanaan en sy skoonpa Laban hom ingehaal het van van allerhande duinge beskuldig het:
Gen 31:36-41 Toe word Jakob kwaad, en hy het met Laban getwis; en Jakob het geantwoord en vir Laban gesê: Wat is my oortreding, wat is my sonde, dat u my so vurig agternagesit het? 37 Nou dat u al my goed deurgevoel het—wat het u van al u huisraad gevind? Sit dit hier neer voor my broers en u broers, en laat hulle oordeel tussen ons twee. 38 Twintig jaar was ek nou by u. U skaap— en bokooie het geen misdrag gehad nie, en die ramme van u kleinvee het ek nie geëet nie. 39 Wat die wilde diere verskeur het, het ek nie na u gebring nie: ek moes dit vergoed; van my hand het u dit geëis, of dit al bedags gesteel is of snags gesteel is. 40 Ek was ‘n man wat bedags deur die hitte verteer is en snags deur die koue, en my slaap het gevlug van my oë. 41 Twintig jaar was ek nou in u huis; veertien jaar het ek u gedien vir u twee dogters en ses jaar vir u kleinvee; en u het my loon tien maal verander.
Veertien jaar het Jakob gewerk vir Laban se twee dogters, Lea en Ragel.
Gen 29:16-28 En Laban het twee dogters gehad—die naam van die oudste was Lea, en die naam van die jongste Ragel. 17 En Lea het dowwe oë gehad, maar Ragel was skoon van gestalte en mooi van aansien. 18 En Jakob het Ragel liefgehad, daarom het hy gesê: Ek sal u sewe jaar dien vir Ragel, u jongste dogter. 19 Toe antwoord Laban: Dit is beter dat ek haar aan jou gee as dat ek haar aan ‘n ander man gee. Bly by my. 20 So het Jakob dan sewe jaar gedien vir Ragel; en hulle was in sy oë soos ‘n paar dae, omdat hy haar liefgehad het. 21 Toe sê Jakob vir Laban: Gee tog my vrou, want my dienstyd is om, dat ek by haar kan ingaan. 22 Daarop het Laban al die manne van die plek versamel en ‘n maaltyd berei. 23 Maar in die aand het hy sy dogter Lea geneem en haar na hom gebring; en hy het by haar ingegaan. 24 En Laban het aan haar sy slavin Silpa gegee, naamlik aan sy dogter Lea, as slavin. 25 En die anderdagmôre—daar was dit Lea! Daarom het hy aan Laban gesê: Wat het u my nou aangedoen? Was ek nie vir Ragel by u in diens nie? Waarom het u my dan bedrieg? 26 En Laban antwoord: Dit is hier by ons nie die gewoonte om die jongste voor die oudste weg te gee nie. 27 Hou die volle bruilofsweek met haar; dan sal ons jou die ander een ook gee vir die diens wat jy nóg sewe jaar by my moet volbring. 28 En Jakob het so gedoen: hy het die volle bruilofsweek met haar gehou. Toe gee hy sy dogter Ragel aan hom as vrou.
Die twee dogters van Laban, soos alle vroue in die Skrifte, gee vir ons geestelike tipes van die twee kerke wat ons moet deurgaan in ons geestelike groeiproses. Die eerste kerk is soos die ‘valse’ vrou in Jakob se lewe, naamlik Lea. Ons slaap met haar en is soos Jakob totaal onbewus dat dit nie ware vrou van Christus is nie. Ons moet ons eie Lea sewe jaar lank dien – die getal ‘sewe’ is ‘n simboliese verwysing na ons eie bepaalde tyd in die valse kerk wat voltooi moet word alvorens ons die ware kerk kan ervaar. In hierdie tyd leer ons al die valse leerstellings en ‘n “ander Jesus” word aan ons voorgehou:
2Kor 11:4 Want as iemand kom en ‘n ander Jesus verkondig as wat ons verkondig het, of as julle ‘n ander gees ontvang as wat julle ontvang het, of ‘n ander evangelie as wat julle aangeneem het, laat julle jul dit goed geval.
Net soos Jakob gedink het dat Laban hom sy geliefde Ragel as vrou gegee het, het hy eers die volgende oggend na die huwelik uitgevind dat hy met die ouer suster, Lea, geslaap het. Ons almal werk eers ‘n simboliese sewe jaar vir die valse bruid van Christus, terwyl ons oortuig is dat ons in die ware kerk is. Ons almal deel eers die bed van Christus met die geestelike hoer Babilon:
1Kor 6:16 Of weet julle nie dat hy wat ‘n hoer aanhang, met haar een liggaam is nie? Want die twee, sê Hy, sal een vlees wees.
Open 19:2 Want sy oordele is waaragtig en regverdig; want Hy het die groot hoer geoordeel wat die aarde met haar hoerery verderf het, en Hy het die bloed van sy diensknegte op haar gewreek.
Daarna gaan ons oë oop en ons vind die ware bruid van Christus:
Open 21:1-2 En ek het ‘n nuwe hemel en ‘n nuwe aarde gesien, want die eerste hemel en die eerste aarde het verbygegaan; en die see was daar nie meer nie. 2 En ek, Johannes, het die heilige stad, die nuwe Jerusalem, sien neerdaal van God uit die hemel, toeberei soos ‘n bruid wat vir haar man versier is.
Die getal ‘veertien’ wys dus vir ons in die geestelike proses om die ware kerk van Christus te vind. Deur ons groei in die geloof en genade van Christus (simbolies uitgebeeld deur Abraham) leer ken ons die ware Christus:
Mat 1:17 Al die geslagte dan van Abraham tot Dawid is veertien geslagte, en van Dawid tot die Babiloniese ballingskap veertien geslagte, en van die Babiloniese ballingskap tot Christus veertien geslagte.
Soos Josef in sy veertiende jaar in Egipte begin heers het oor Egipte en die hele wêreld, so verhef God ook Sy uitverkorenes tot geestelike heerskappy soos ons self ook deur die proses van oordeel gaan (Jes 26:9):
Gen 37:2 Dit is die geskiedenis van Jakob. Josef het as seun van sewentien jaar die kleinvee opgepas saam met sy broers—hy was nog jonk—met die seuns van Bilha en die seuns van Silpa, die vroue van sy vader. En Josef het die slegte gerug oor hulle na hulle vader oorgebring.
Gen 37:26-28 Toe sê Juda aan sy broers: Watter voordeel is dit dat ons ons broer doodmaak en sy bloed verberg? 27 Kom, laat ons hom aan die Ismaeliete verkoop, maar laat ons hand nie teen hom wees nie, want hy is ons broer, ons vlees. En sy broers het na hom geluister. 28 En toe die Midianitiese koopmans verbykom, het hulle Josef uit die put uit opgetrek en uitgehaal en Josef aan die Ismaeliete verkoop vir twintig sikkels silwer. En húlle het Josef na Egipte gebring.
Gen 37:36 En die Midianiete het hom na Egipte verkoop aan Pótifar, ‘n hofdienaar van Farao, die owerste van die lyfwag.
Gen 41:46 En Josef was dertig jaar oud toe hy voor Farao, die koning van Egipte, gestaan het; en Josef het van Farao af weggegaan en die hele Egipteland deurgetrek.
Tydens die huttefees onder die ou verbond moes veertien lammers opgeoffer word:
Num 29:13 En julle moet as brandoffer, as vuuroffer van lieflike geur aan die HERE bring: dertien jong bulle, twee ramme, veertien jaaroud lammers; sonder gebrek moet hulle wees;
Die huttefees verteenwoordig ons tyd waar ons die skokkende waarheid oor ons vlees uitvind. Ons leer op die harde manier, deur God se oordeel, dat vlees niks voordele vir ons inhou nie. Ons fokus word nou geplaas op die voordele van die geestelike lewe in Christus en Sy Woord:
Joh 6:63 Dit is die Gees wat lewend maak, die vlees is van geen nut nie; die woorde wat Ek tot julle spreek, is gees en is lewe.
Die agtste dag van die huttefees, die “groot dag” verwys na ons tyd van blydskap wanneer ons die nuwe mens in sy glorie ervaar en ons weet dat die proses voltooiing nader, soos deur die getal ‘sewe’ uitgebeeld:
Num 29:35-36 Op die agtste dag moet daar vir julle ‘n feestyd wees; géén beroepswerk mag julle doen nie. 36 En julle moet as brandoffer, as vuuroffer van lieflike geur aan die HERE bring: een bul, een ram, sewe jaaroud lammers sonder gebrek;
Joh 7:37-39 En op die laaste dag, die groot dag van die fees, het Jesus gestaan en uitgeroep en gesê: As iemand dors het, laat hom na My toe kom en drink! 38 Hy wat in My glo, soos die Skrif sê: strome van lewende water sal uit sy binneste vloei. 39 En dit het Hy gesê van die Gees wat dié sou ontvang wat in Hom glo; want die Heilige Gees was daar nog nie, omdat Jesus nog nie verheerlik was nie.
Die getal ‘veertien’ hou dus verband met die nuwe geestelike lewe en denke van Christus in ons – dit word ook deur die simbole van die “derde hemel”, “paradys” en “nuwe Jerusalem” uitgebeeld:
2Kor 12:1-5 Dit is waarlik vir my nie nuttig om te roem nie, want ek sal kom tot gesigte en openbaringe van die Here. 2 Ek weet van ‘n man in Christus, veertien jaar gelede—of dit in die liggaam was, weet ek nie, of buite die liggaam, weet ek nie, God weet dit—dat so iemand weggeruk is tot in die derde hemel. 3 En ek weet van so ‘n man—of dit in die liggaam of buite die liggaam was, weet ek nie, God weet dit— 4 dat hy weggeruk is in die Paradys en onuitspreeklike woorde gehoor het wat ‘n mens nie mag uitspreek nie. 5 Oor so ‘n man sal ek roem, maar oor myself sal ek nie roem nie, behalwe in my swakhede.
Gal 2:1 Daarna, veertien jaar later, het ek weer na Jerusalem opgegaan…
Open 21:1-3 En ek het ‘n nuwe hemel en ‘n nuwe aarde gesien, want die eerste hemel en die eerste aarde het verbygegaan; en die see was daar nie meer nie. 2 En ek, Johannes, het die heilige stad, die nuwe Jerusalem, sien neerdaal van God uit die hemel, toeberei soos ‘n bruid wat vir haar man versier is. 3 En ek het ‘n groot stem uit die hemel hoor sê: Kyk, die tabernakel van God is by die mense, en Hy sal by hulle woon, en hulle sal sy volk wees; en God self sal by hulle wees as hulle God.
Die Engelse weergawe geskryf deur Mike Vinson van die geestelike betekenis van hierdie getal, word by die volgende skakel gevind: