Wie van ons kan woon by ‘n verterende vuur, wie van ons kan woon by ‘n ewige gloed?

Daar is belangrike vraag waarmee die ware kinders van God gedurig gekonfronteer word:

Jes 33:14 Die sondaars in Sion bewe, siddering het die roekelose aangegryp. Hulle sê: Wie van ons kan woon by ‘n verterende vuur, wie van ons kan woon by ‘n ewige gloed?

Die “sondaars” kan net nie verstaan dat daar van “ons” is wat by ‘n “verterende vuur” kan woon nie. Om te “woon” by hierdie “verterende vuur” is om daarin gevestig te wees. Jesaja antwoord die “sondaars” wat altyd God se kinders wil konfronteer en hul ‘kwalifikasies’ bevraagteken:

Jes 33:15 Hy wat in geregtigheid wandel en spreek wat reg is, wat gewin deur afpersinge versmaad, wat sy hande uitskud om geen omkoopgeskenk aan te gryp nie, wat sy oor toestop om van geen bloedskuld te hoor nie, en sy oë sluit om wat sleg is, nie te sien nie—

Kom ons lys hierdie ‘kwalifikasies’ van hulle wat kan woon by die “verterende vuur”:

Dit is hy…

  • wat in geregtigheid wandel,
  • [wat] spreek wat reg is,
  • wat gewin deur afpersinge versmaad,
  • wat sy hande uitskud om geen omkoopgeskenk aan te gryp nie,
  • wat sy oor toestop om van geen bloedskuld te hoor nie,
  • [wat] sy oë sluit [vir dit] wat sleg is.

Wel, dit is duidelik dat hierdie lys net goeie kwaliteite het. Maar hoekom is die kwaliteite nodig om in die “verterende vuur te “woon”? Wel as ons meer uitvind oor die “verterende vuur” sal die prent duidelik wees. Daar is net EEN “Verterende vuur” by wie al die kwaliteite is wat Jesaja vir ons uitlig:

Heb 12:29 Want onse God is ‘n verterende vuur.

God is die Verterende vuur! Dit is by Hom waar Sy kinders woon en waar die “sondaars” van wegvlug….en vra….“Wie van ons kan woon by ‘n verterende vuur, wie van ons kan woon by ‘n ewige gloed?”

“Sondaars” wil NIE by die vuur van God woon nie. Hoekom haat die “sondaars” God en Sy vuur? Want dit ontbloot hul “werke”:

1Kor 3:13 elkeen se werk sal aan die lig kom, want die dag sal dit aanwys, omdat dit deur vuur openbaar gemaak word; en die vuur sal elkeen se werk op die proef stel, hoedanig dit is.

Ons ou mens, dit is die “sondaar” in ons almal (ook genoem “die mens van sonde” in die Skrifte), wil nie ontbloot word nie. Die vuur van God openbaar “die mens van sonde” en sy werke van vlees:

2Th 2:3-4 Laat niemand julle op enige manier mislei nie, want eers moet die afval kom en die mens van sonde geopenbaar word, die seun van die verderf 4 die teëstander wat hom verhef bo al wat God genoem word of voorwerp van aanbidding is, sodat hy in die tempel van God as God sal sit en voorgee dat hy God is.

Dit is hierdie aardse werke van vlees wat die ou mens aan vaskleef en nie wil prysgee nie – die werke van “hout, hooi, stoppels”:

1Kor 3:11-12 Want niemand kan ‘n ander fondament lê as wat daar gelê is nie, dit is Jesus Christus. 12 En as iemand op dié fondament bou goud, silwer, kosbare stene, hout, hooi, stoppels—

Kyk net waarop bou ons die werke van “hout, hooi, stoppels” – op Christus! Ons dink ons kan met ons goeie werke van vlees God se guns wen! Ons GOEIE werke, ons geregtighede, wat ons vir Jesus doen, is ons grootste probleem:

Jes 64:6 En ons het almal geword soos ‘n onreine, en al ons geregtighede soos ‘n besoedelde kleed; en ons het almal verdor soos blare, en ons ongeregtighede het ons weggevoer soos die wind.

Onthou hierdie “hout, hooi, stoppels” het vir ons baie waarde want ons kan nie sien dat dit “hout, hooi, stoppels” is nie.

Mat 7:22-23 Baie sal in daardie dag vir My sê: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie? 23 En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk!

As God ons nie wys hoe die “hout, hooi , stoppels” lyk nie, sal ons dit nooit sien nie. Maar ons sal GROOT verlies ly as God wel wys, maar die einde van die saak is ons verlossing van hierdie bedrieglike aardshede:

1Kor 3:15 as iemand se werk verbrand word, sal hy skade ly; alhoewel hy self gered sal word, maar soos deur vuur heen.

So snaaks soos dit klink, mense hou daarvan om mislei te word. Kyk hoe lyk die mens se hart:

 Jer 17:9 Bedrieglik is die hart bo alle dinge, ja, verdorwe is dit; wie kan dit ken?

Die “mens van sonde” in ons almal het ‘n baie bedrieglike hart. God ken dit en Hy wil dit aan ons wys. maar dit gebeur net op die tyd soos deur Hom bepaal. Daarom is baie mense nog in ‘n gevangenis van hul eie hart se bedrieglike oortuiginge. Maar as God ons harte aan ons openbaar, is dit die “dag” van ons redding. Dit is egter ‘n “dag” van groot pyn en intense wroeginge – ons kies nie die “dag” nie – God bring dit na ons!!!

Jes 13:6-9 Huil julle, want die dag van die HERE is naby; hy kom as ‘n verwoesting van die Almagtige. 7 Daarom word al die hande slap, en elke mensehart versmelt; 8 en hulle is verskrik, kry krampe en weë; hulle krimp inmekaar soos een wat baar; die een kyk die ander verbaas aan; hulle gesigte is vlammende gesigte. 9 Kyk, die dag van die HERE kom, verskriklik, met grimmigheid en toorngloed, om die aarde ‘n woesteny te maak en sy sondaars daaruit te verdelg.

Jesus sê dat ALMAL sal deur hierdie vuur gesout word – op die tyd soos God bepaal:

Mar 9:49 Want elkeen sal met vuur gesout word en elke offerande sal met sout gesout word.

Kyk hoe beskryf die profeet Joël hierdie “dag” van vuur:

Joe 2:1-3 Blaas die basuin op Sion, en blaas alarm op my heilige berg! Laat al die inwoners van die land bewe, want die dag van die HERE kom, want hy is naby— 2 ‘n dag van duisternis en donkerheid, ‘n dag van wolke en wolkenag; soos die môreskemering, uitgesprei oor die berge, kom ‘n talryke en magtige volk, wat van oudsher sy gelyke nie gehad het nie en dit hierna ook nie sal hê tot in die jare van die verste geslagte nie. 3 Voor hom uit verteer ‘n vuur, en agter hom brand ‘n vlam; voor hom lyk die land soos die tuin van Eden, en agter hom is dit ‘n woeste wildernis; ook kan niks daaraan ontkom nie.

Dit is hoe die ou mens hierdie “dag” van vuur beleef. Maar kyk hoe beleef die nuwe mens in Christus, die ware “Jood” en “Israel van God” (Rom 2:28-29; Gal 6:16) die gevolge van die “dag” van vuur!

Joe 2:23-27 En julle, kinders van Sion, juig en wees bly in die HERE julle God, want Hy gee julle die leraar tot geregtigheid en laat op julle neerdaal die reën, die vroeë reëns en die laat reëns, soos voorheen. 24 Dan sal die dorsvloere vol koring wees en die parskuipe van mos en olie oorloop. 25 En Ek sal julle vergoed die jare wat die treksprinkaan, die voetganger, die kaalvreter en die afknyper verslind het—my groot leërmag wat Ek teen julle gestuur het. 26 Dan sal julle oorvloedig eet en versadig wees en die Naam van die HERE julle God prys wat wonderbaar met julle gehandel het, en my volk sal in ewigheid nie beskaamd staan nie. 27 En julle sal weet dat Ek in die midde van Israel is, en dat Ek die HERE julle God is, en niemand anders nie; en my volk sal in ewigheid nie beskaamd staan nie.

Kyk net wat is die vuur van God en waarom ware kinders van God IN hierdie vuur woon!

Joe 2:28-32 En daarna sal Ek my Gees uitgiet op alle vlees, en julle seuns en julle dogters sal profeteer, julle ou mense drome droom, julle jongelinge gesigte sien. 29 En ook op die diensknegte en op die diensmaagde sal Ek in dié dae my Gees uitgiet. 30 En Ek sal wondertekens gee aan die hemel en op die aarde: bloed en vuur en rookpilare. 31 Die son sal verander word in duisternis en die maan in bloed, voordat die groot en deurlugtige dag van die HERE kom. 32 En elkeen wat die Naam van die HERE aanroep, sal gered word; want op die berg Sion en in Jerusalem sal daar ontkoming wees soos die HERE gesê het, en onder die vrygeraaktes die wat die HERE sal roep.

Joh 6:63 Dit is die Gees wat lewend maak, die vlees is van geen nut nie; die woorde wat Ek tot julle spreek, is gees en is lewe.

Jer 23:29 Is my woord nie só, soos ‘n vuur, spreek die HERE, en soos ‘n hamer wat ‘n rots vermorsel nie?

God se kinders “woon” in die vuur want die vuur van God is Sy Woord wat aan ons Sy geregtigheid bring deur Sy oordeel oor ons ou mens van sonde:

Joh 16:7-11 Maar Ek sê julle die waarheid: Dit is vir julle voordelig dat Ek weggaan; want as Ek nie weggaan nie, sal die Trooster nie na julle kom nie; maar as Ek weggaan, sal Ek Hom na julle stuur; 8 en as Hy kom, sal Hy die wêreld oortuig van sonde en van geregtigheid en van oordeel: 9 van sonde, omdat hulle in My nie glo nie; 10 en van geregtigheid, omdat Ek na my Vader gaan en julle My nie meer sal sien nie; 11 en van oordeel, omdat die owerste van hierdie wêreld geoordeel is.

1Pe 4:17 Want die tyd is daar dat die oordeel moet begin by die huis van God. En as dit eers by ons begin, wat sal die einde wees van die wat aan die evangelie van God ongehoorsaam is?

1Jn 4:17 Hierin het die liefde by ons volmaak geword, dat ons vrymoedigheid kan hê in die oordeelsdag; want soos Hy is, is ons ook in hierdie wêreld.

Isa 26:9 Met my siel begeer ek u in die nag; ook met my gees in my binneste soek ek U; want as u oordele op die aarde is, leer die inwoners van die wêreld geregtigheid.

God se kinders word nou geoordeel deur Sy Vurige oordeel, en dit is deur Sy Woord alleen dat ons weet wat waarheid is. Kom ons lys weer die ‘kwalifikasies’ van hulle wat kan woon by die “verterende vuur”. Dit is hy…

  • wat in geregtigheid wandel,
  • [wat] spreek wat reg is,
  • wat gewin deur afpersinge versmaad,
  • wat sy hande uitskud om geen omkoopgeskenk aan te gryp nie,
  • wat sy oor toestop om van geen bloedskuld te hoor nie,
  • [wat] sy oë sluit [vir dit] wat sleg is.

Die vuur van God verander ALLES in ons lewens:

2Kor 5:17 Daarom, as iemand in Christus is, is hy ‘n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword.

God se vurige boodskappers en dienaars se ‘voorkoms’ verander. Hulle word deel van ‘n “groot wolk met onophoudelike vuur” alhoewel hulle steeds “die gestalte van ‘n mens” het nou hier op aarde:

Eseg 1:4-5 Toe het ek gekyk—en daar het ‘n stormwind uit die noorde gekom, ‘n groot wolk met onophoudelike vuur; en ‘n glans was rondom die wolk, en daaruit, uit die vuur, het iets soos blinkende metaal geskitter. 5 En daaruit het die gestalte van vier wesens gekom, en dit was hulle voorkoms: hulle het die gestalte van ‘n mens gehad.

Heb 12:1 Daarom dan, terwyl ons so ‘n groot wolk van getuies rondom ons het, laat ons ook elke las aflê en die sonde wat ons so maklik omring, en met volharding die wedloop loop wat voor ons lê,

Eks 40:38 Want die wolk van die HERE was bedags op die tabernakel, en vuur was snags daarin, voor die oë van die hele huis van Israel, op al hulle togte.

Hulle is inderdaad “gloeiende vuurkole” en “vuurvlamme” – selfs ‘n “poel van vuur”:

Eseg 1:13 Aangaande die gestalte van die wesens: hulle voorkoms was soos gloeiende vuurkole, soos die voorkoms van fakkels; die vuur het heen en weer beweeg tussen die wesens, en die vuur het ‘n helder glans gehad, en uit die vuur het blitse uitgeslaan.

Psa 104:4 wat van die winde sy boodskappers maak, van vuurvlamme sy dienaars.

Kyk net hul uiteindelike doel waarvoor God hulle gaan gebruik:

1Kor 6:2 Weet julle nie dat die heiliges die wêreld sal oordeel nie? En as die wêreld deur julle geoordeel word, is julle dan onbevoeg vir die geringste regsake?

Open 20:4 En ek het trone gesien, en hulle het daarop gaan sit, en aan hulle is die oordeel gegee; en ek het die siele gesien van die wat onthoof is oor die getuienis van Jesus en oor die woord van God, en die wat die dier en sy beeld nie aanbid het nie, en die merk op hulle voorhoof en op hulle hand nie ontvang het nie; en hulle het geleef en as konings geregeer saam met Christus die duisend jaar lank.

1Kor 6:3 Weet julle nie dat ons engele sal oordeel nie, hoeveel te meer die alledaagse dinge?

Open 20:11-15 En ek het ‘n groot wit troon gesien en Hom wat daarop sit, voor wie se aangesig die aarde en die hemel weggevlug het; en daar is geen plek vir hulle gevind nie. 12 En ek het die dode, klein en groot, voor God sien staan, en die boeke is geopen; en ‘n ander boek, die boek van die lewe, is geopen. En die dode is geoordeel na wat in die boeke geskryf is, volgens hulle werke. 13 En die see het die dode gegee wat daarin was, en die dood en die doderyk het die dode gegee wat daarin was; en hulle is geoordeel, elkeen volgens sy werke. 14 En die dood en die doderyk is in die poel van vuur gewerp. Dit is die tweede dood. 15 En as dit bevind is dat iemand nie opgeskryf was in die boek van die lewe nie, is hy in die poel van vuur gewerp.

 

 

 

About 4windkoinonia

Want let op julle roeping, broeders: julle is nie baie wyse na die vlees nie, nie baie magtiges, nie baie edeles nie; maar wat dwaas is by die wêreld, het God uitverkies om die wyse te beskaam; en wat swak is by die wêreld, het God uitverkies om wat sterk is, te beskaam; en wat onedel is by die wêreld en wat verag is, het God uitverkies, en wat niks is nie, om wat iets is, tot niet te maak, sodat geen vlees voor Hom sou roem nie. (1Kor 1:26-29)
This entry was posted in Lees eers hier. Bookmark the permalink.

Laat 'n boodskap

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s