Dit is belangrik om die betekenis van ‘n “gelykenis” te begryp omdat dit so baie in die Nuwe Testament gebruik word. Om die waarheid te sê die hele Bybel kan nie verstaan word alvorens hierdie belangrike aspek in God se plan verstaan word nie. Waarom is “gelykenisse” so belangrik? Waarom het Jesus NET deur gelykenisse met “die skare” gepraat?
Mat 13:34 Al hierdie dinge het Jesus deur gelykenisse vir die skare gesê, en sonder gelykenis het Hy vir hulle niks gesê nie…
Gelykenisse het alles te doen met die aardse afbeelding van geestelike dinge. Dit word vir ‘n spesifieke rede ingespan deur God. Die valse leraars leer dat God gelykenisse gebruik om geestelike dinge makliker verstaanbaar te maak, sodat self ‘n kind geestelike dinge kan verstaan. Niks kan verder van die waarheid wees as mens net Jesus se eie woorde lees oor waarom Hy gelykenisse gebruik het:
Mat 13:1-3 En op daardie dag het Jesus uit die huis uitgegaan en by die see gaan sit. 2 En groot menigtes het by Hom vergader, sodat Hy in ‘n skuit geklim en gaan sit het. En die hele skare het op die strand gestaan. 3 En Hy het baie dinge deur gelykenisse tot hulle gespreek .…
Mat 13:10-11 En die dissipels het gekom en vir Hom gesê: Waarom spreek U tot hulle [die menigte / die skare] deur gelykenisse? Toe antwoord Hy en sê vir hulle: Omdat dit aan julle gegee is om die verborgenhede van die koninkryk van die hemele te ken, maar aan hulle is dit nie gegee nie.
Mat 13:13 Daarom spreek Ek tot hulle deur gelykenisse, omdat hulle, terwyl hulle sien, nie sien nie, en terwyl hulle hoor, nie hoor of verstaan nie.
Mat 13:15 Want die hart van hierdie volk het stomp geword, en met die ore het hulle beswaarlik gehoor; en hul oë het hulle toegesluit, sodat hulle nie miskien met die oë sou sien en met die ore hoor en met die hart verstaan en hulle bekeer en Ek hulle genees nie.
Wel daar is dit so duidelik soos daglig indien mens nie verblind word deur die waarheid nie. Gelykenisse verblind “die menigte” / “die skare” wat Jesus volg vir fisiese dinge. Ons almal is op ons eie tyd deel van “die skare” en God gebruik dan juis die welluste en trots in ons aardse mens, die korrupte Adam, om oor ons harte (dit beteken ons ons denke) ‘n bedekking te plaaas, en ons oë (ons geestelike insig) te verblind, en ook word ons ore (ons geestelike begrip) afgesny SODAT ons nie die geestelike boodskap kan “sien” of “hoor” nie:
1Jn 2:15-16 Moenie die wêreld liefhê of die dinge wat in die wêreld is nie. As iemand die wêreld liefhet, dan is die liefde van die Vader nie in hom nie. 16 Want alles wat in die wêreld is—die begeerlikheid van die vlees en die begeerlikheid van die oë en die grootsheid van die lewe—is nie uit die Vader nie, maar is uit die wêreld.
Die “liefde van die Vader” is heel anders as die liefde wat in ons vlees, ons wêreld, voorkom. Ons liefde vir ons eie wêreld en al sy aanhangsels skei ons van die liefde van die Vader. God gebruik dus juis ons aardse voorhangsel om die ware heiligdom in Christus in te gaan. Niemand in fisiese Israel, selfs nie eens die priesters, kon met ‘n “liggaamsgebrek” die tempel van God eens nader nie -alles vir ons eie lering as ons kan sien dat vlees en al sy aanhangsels korrup is en nie deel is van God se “geestelike dinge” nie.
Lev 21:21-23 Geen man uit die nageslag van Aäron, die priester, aan wie ‘n liggaamsgebrek is, mag nader kom om die vuuroffers van die HERE te offer nie. ‘n Liggaamsgebrek is aan hom; hy mag nie nader kom om die spys van sy God te offer nie. 22 Wat die spys van sy God aangaan, hy mag van die hoogheilige en heilige gawes eet; 23 maar hy mag nie na die voorhangsel gaan en na die altaar nie nader kom nie, omdat ‘n liggaamsgebrek aan hom is, dat hy my heiligdomme nie ontheilig nie; want Ek is die HERE wat hulle heilig.
Vlees en al sy aanhangsels is in mislukking geskep en was aan nietigheid en verganklikheid onderworpe “in die hand van die Pottebakker”!!!
Jer 18:4 En die voorwerp wat hy besig was om te maak, het misluk—soos dit gaan met klei in die hand van die pottebakker…
Rom 8:20 Want die [fisiese / vleeslike / tydelike] skepping is aan die nietigheid onderworpe nie gewillig nie, maar ter wille van hom wat dit onderwerp het
1Kor 15:50 Maar dit verklaar ek, broeders, dat vlees en bloed die koninkryk van God nie kan beërwe nie; ook beërwe die verganklikheid nie die onverganklikheid nie.
As ons dit kan sien dan weet ons ook dat die vlees dus ‘n tydelike hangsel of ‘n skans is tussen ons en God wat God self daar plaas het vir Sy doel, totdat dit deur Hom weggeneem word. Dit is wat die dood van Jesus vir ons beteken. Vir hulle vir wie dit gegee word om te sien, word die krag en gewilligheid gegee om saam met Christus te sterf. Dit is wat Sy opstandingskrag in ons bewerkstellig:
Gal 2:20 Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van God wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het.
Mat 10:37-40 Wie vader of moeder bo My liefhet, is My nie waardig nie; en wie seun of dogter bo My liefhet, is My nie waardig nie. 38 En wie sy kruis nie neem en agter My volg nie, is My nie waardig nie. 39 Wie sy lewe vind, sal dit verloor; en wie sy lewe verloor om My ontwil, sal dit vind. 40 Wie julle ontvang, ontvang My; en wie My ontvang, ontvang Hom wat My gestuur het.
Fil 3:10 sodat ek Hom kan ken en die krag van sy opstanding en die gemeenskap aan sy lyde terwyl ek aan sy dood gelykvormig word,
Deur die aflê van ons aardse vlees en al sy aanhangsels om in die Christus opgeneem te word gee aan ons die vermoë om deur hierdie “voorhangsel” te breek om die ware lewe van God te ervaar:
Heb 10:19-22 Terwyl ons dan, broeders, vrymoedigheid het om in die heiligdom in te gaan deur die bloed van Jesus 20 op die nuwe en lewende weg wat Hy vir ons ingewy het deur die voorhangsel heen, dit is sy vlees, 21 en ons ‘n groot Priester oor die huis van God het, 22 laat ons toetree met ‘n waaragtige hart in volle geloofsversekerdheid, die harte deur besprenkeling gereinig van ‘n slegte gewete en die liggaam gewas met rein water.
Dit is hier, binne-in die heiligdom, waar ons vir die eerste keer waarheid kan sien en ware liefde ervaar.
1Jn 5:1-4 Elkeen wat glo dat Jesus die Christus is, is uit God gebore; en elkeen wat die Vader liefhet, het ook die een lief wat uit Hom gebore is. 2 Hieraan weet ons dat ons die kinders van God liefhet: wanneer ons God liefhet en sy gebooie bewaar. 3 Want dit is die liefde tot God, dat ons sy gebooie bewaar; en sy gebooie is nie swaar nie. 4 Want alles wat uit God gebore is, oorwin die wêreld; en dit is die oorwinning wat die wêreld oorwin het, naamlik ons geloof.
Die verblinding wat die “skare” ervaar kom SODAT hulle nie nou geestelike dinge kan sien of hoor nie. Dit is wat God doen en waarom Hy met hulle deur gelykenisse kommunikeer:
Eks 4:11 En die HERE antwoord hom: Wie het vir die mens die mond gemaak, of wie maak stom of doof, of siende of blind? Is dit nie Ek, die HERE, nie?
Die doel van gelykenisse is NIE OM DIE GEESTELIKE NA VORE TE BRING NIE, MAAR OM DIT TE VERBERG (weg te steek) vir hulle vir wie God dit nie wil wys nie!!! Hoekom wil Jesus dan die waarheid wegsteek vir “die skares”?
Mat 22:14 Want baie is geroep, maar min uitverkies.
Maar wil God dan nie almal red nie? O ja!
1Ti 4:10 Met hierdie vooruitsig span ons ons kragte in en stry ons, want ons het ons hoop op die lewende God gevestig, wat die Verlosser is van alle mense, van almal wat glo.
Ja, God wil almal red en Hy gaan almal red, ook van die blindheid, “maar ELKEEN in sy eie orde”…
1Kor 15:22-24 Want soos hulle almal in Adam sterwe, so sal hulle ook almal in Christus lewend gemaak word; maar elkeen in sy eie orde: as eersteling Christus, daarna die wat aan Christus behoort by sy koms. Daarna kom die einde, wanneer Hy die koninkryk aan God die Vader oorgee, as Hy alle heerskappy en alle gesag en mag vernietig het.
“Eerste” is Jesus as oorwinnaar oor die dood; “Daarna” hulle wat MIN is – die gelowiges in Christus (Matt 22:14); “Daarna” kom die “einde” volgens die Afrikaanse vertaling. Die woord “einde” is juis van die woorde wat die waarheid hier wegsteek. Die teks wil vir ons die “orde” van die DRIE opstandings uitbeeld. Jesus was die eerste persoon wat uit die dood opgewek was en wat onsterflikheid gegee was deur die Vader:
1Ti 6:13-16 Ek [Paulus] gebied jou [Timotheus] voor die aangesig van God wat aan alle dinge die lewe gee, en van Christus Jesus wat voor Pontius Pilatus die goeie belydenis betuig het, 14 dat jy die gebod onbevlek, onberispelik bewaar tot by die verskyning van onse Here Jesus Christus 15 wat op sy eie tyd vertoon sal word deur die salige en enigste Heerser, die Koning van die konings en Here van die here, 16 wat alleen onsterflikheid besit en ‘n ontoeganklike lig bewoon, wat geen mens gesien het of kan sien nie, aan wie toekom eer en ewige krag. Amen.
Die tweede groep in die “orde” is die gelowiges wat nou geloof geskenk word om Jesus se werk in hul lewens te ervaar. Dit is hulle wat in die “duisend jaar” regering sal dien OP DIE AARDE. Hulle is die eerste groep uit die mensdom – die “eerste opstanding” van mense:
Open 20:4-6 En ek het trone gesien, en hulle het daarop gaan sit, en aan hulle is die oordeel gegee; en ek het die siele gesien van die wat onthoof is oor die getuienis van Jesus en oor die woord van God, en die wat die dier en sy beeld nie aanbid het nie, en die merk op hulle voorhoof en op hulle hand nie ontvang het nie; en hulle het geleef en as konings geregeer saam met Christus die duisend jaar lank. 5 En die ander dode het nie herlewe totdat die duisend jaar voleindig was nie. Dit is die eerste opstanding. 6 Salig en heilig is hy wat deel het aan die eerste opstanding; oor hulle het die tweede dood geen mag nie, maar hulle sal priesters van God en van Christus wees en sal saam met Hom as konings regeer duisend jaar lank.
Die res van die mensdom kom later. Alle mense wat gesterf het, gelowig of ongelowig, is nou op die oomblik DOOD, behalwe Jesus, wie “alleen onsterflikheid besit en ‘n ontoeganklike lig bewoon”.
1Kor 15:17-20 en as Christus nie opgewek is nie, dan is julle geloof nutteloos, dan is julle nog in julle sondes; 18 dan is ook die wat in Christus ontslaap het, verlore. 19 As ons net vir hierdie lewe op Christus hoop, dan is ons die ellendigste van alle mense. 20 Maar nou, Christus is opgewek uit die dode; Hy het die eersteling geword van die wat ontslaap het.
1Kor 15:51-52 Kyk, ek deel julle ‘n verborgenheid mee: Ons sal wel nie almal ontslaap nie, maar ons sal almal verander word, 52 in ‘n oomblik, in ‘n oogwink, by die laaste basuin; want die basuin sal weerklink, en die dode sal onverganklik opgewek word; en ons sal verander word.
Lees gerus die volgende artikels oor hierdie onderwerp:
https://4windkoinonia.wordpress.com/2016/12/21/net-jesus-besit-tans-onsterflikheid/
https://4windkoinonia.wordpress.com/2010/06/03/is-henog-elia-en-moses-in-die-hemel/
4windkoinonia.wordpress.com/2010/05/03/wat-gebeur-by-die-dood-van-n-mens/
Die “einde” in 1Korinthiërs 15 vers 24 verwys dus na die res van die mensdom, die einde van die “orde” van opstandings, om die laaste groep op te bring in die oordeel om voor die groot wit troon van God te verskyn:
Open 20:11-15 En ek het ‘n groot wit troon gesien en Hom wat daarop sit, voor wie se aangesig die aarde en die hemel weggevlug het; en daar is geen plek vir hulle gevind nie. 12 En ek het die dode, klein en groot, voor God sien staan, en die boeke is geopen; en ‘n ander boek, die boek van die lewe, is geopen. En die dode is geoordeel na wat in die boeke geskryf is, volgens hulle werke. 13 En die see het die dode gegee wat daarin was, en die dood en die doderyk het die dode gegee wat daarin was; en hulle is geoordeel, elkeen volgens sy werke. 14 En die dood en die doderyk is in die poel van vuur gewerp. Dit is die tweede dood. 15 En as dit bevind is dat iemand nie opgeskryf was in die boek van die lewe nie, is hy in die poel van vuur gewerp.
Gelykenisse word dus vir die doel deur God ingespan om die meeste mense se oë nou te verblind sodat HULLE fikseer op die tydelike fisiese dimensie.
1Kor 2:6 Tog is wat ons verkondig wysheid, maar net vir dié wat daarvoor ryp is, en dan ‘n wysheid wat nie van hierdie wêreld is of van die heersers van hierdie wêreld nie. Hulle is buitendien aan die ondergaan. Wat ons verkondig, is die wysheid van God, die verborge waarheid wat bedek was en wat God van ewigheid af vir ons voorbestem het tot ons ewige heerlikheid.