Die Trooster kom in die gees van die Vader!

Jesus het die volgende belangrike boodskap oor “die gees van waarheid ” aan Sy dissipels deurgegee voor Sy dood op die kruis:

Joh 16:13  Maar wanneer Hy gekom het, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei; want Hy sal nie uit Homself spreek nie, maar alles wat Hy hoor, sal Hy spreek en die toekomstige dinge aan julle verkondig.

Die gees van die waarheid kom deur niemand anders as “die Trooster” nie:

Joh 16:7  Maar Ek sê julle die waarheid: Dit is vir julle voordelig dat Ek weggaan; want as Ek nie weggaan nie, sal die Trooster nie na julle kom nie; maar as Ek weggaan, sal Ek Hom na julle stuur.

Uit hierdie woorde wat Jesus hier sê beweer sommige dat Jesus van ‘n ander ‘persoon’ praat as van Homself wat na ons kom in die gees “van die Vader”. Die Vader is God en God is gees, en God is heilig. Hy is “die gees van waarheid”!!!!

Joh 4:24  God is Gees; en die wat Hom aanbid, moet in gees en waarheid aanbid. 

Psa 99:9  Verhef die HERE onse God, en buig julle neer voor sy heilige berg. Want heilig is die HERE onse God.

Joh 15:26 Maar as die Trooster gekom het wat Ek vir julle van die Vader sal stuur, die Gees van die waarheid wat van die Vader uitgaan, sal Hy van My getuig.

Joh 14:6 Jesus antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.

God is gees en God is heilig = heilige gees. Dit is wat die gees van die waarheid is – dit is wat God is. Daar is net een heilige gees en dit is God, die Vader en Hy het aan die een Here, Jesus Christus, dieselfde gees gegee – nie nog ‘n ander gees of persoon nie. Jesus se “Hy is…die Waarheid”:

1Kor 8:6  tog is daar vir ons maar een God, die Vader uit wie alles is, en ons tot Hom, en een Here Jesus Christus deur wie alles is, en ons deur Hom.

Joh 16:15  Alles wat die Vader het, is myne; daarom het Ek gesê dat Hy dit sal neem uit wat aan My behoort, en aan julle verkondig.

Die eerste keer dat die Vader Jesus aan die wêreld toon, kom Jesus in ‘n vleeslike vorm. Hy is verwek deur die Vader in Maria. Kyk mooi hoe word die Vader genoem….

Mat 1:18 Die geboorte van Jesus Christus was dan só: Toe sy moeder Maria verloof was aan Josef, voordat hulle saamgekom het, is sy swanger bevind uit die Heilige Gees.

“…sy [is] swanger bevind uit die Heilige Gees“. Wie se seun was Jesus? Word Jesus in die Skrifte die seun van die heilige gees genoem, of word Hy die Seun van die Vader genoem?

2Jn 1:3 genade, barmhartigheid, vrede sal met julle wees van God die Vader en van die Here Jesus Christus, die Seun van die Vader, in waarheid en liefde.

Nie een keer word Jesus die seun van die heilige gees genoem nie want die heilige gees is die Vader!!! Dit is die gees van die Vader wat Jesus in Maria verwek het. Ons ontmoet Hom as ‘n baba in ‘n krip in Bethlehem as die aardse seun van Maria:

Luk 2:4-7 En Josef het ook opgegaan van Galiléa, uit die stad Násaret, na Judéa, na die stad van Dawid, wat Betlehem genoem word, omdat hy uit die huis en geslag van Dawid was, 5 om hom te laat inskrywe saam met Maria, die vrou aan wie hy hom verloof het, wat swanger was. 6 En terwyl hulle daar was, is die dae vervul dat sy moes baar; 7 en sy het haar eersgebore Seun gebaar en Hom toegedraai in doeke en Hom in die krip neergelê, omdat daar vir hulle geen plek in die herberg was nie.

In Jesus se vleeslike vorm was Hy ook seun van Maria genoem want Hy het AL Sy vleeslikheid deur Maria ontvang. Hy was inderdaad ook die seun van die mens, die seun van die eerste Adam, en dit is die doel waarom die lange geslagsregisters voorkom in die boeke van Mattheüs en Lukas (Matt 1:1-17; Luk 3:23-38).

Mat 13:55-57 Is Hy nie die seun van die timmerman nie? Is die naam van sy moeder nie Maria en dié van sy broers Jakobus en Joses en Simon en Judas nie? 56 En sy susters, is hulle nie almal by ons nie? Waar kry Hy dan al hierdie dinge vandaan? 57 En hulle het aanstoot aan Hom geneem. Maar Jesus sê vir hulle: ‘n Profeet is nie ongeëerd nie, behalwe in sy vaderland en in sy huis.

Na die geboorte en die inskrywing van Josef en Maria voltooi was in Bethlehem, het hulle teruggegaan na hul tuisdorp waar hulle gewoon het, Nasaret in Galiléa, en hier het Jesus grootgeword.  Jesus het Sy lewe lank onberispelik gelewe en nooit gesondig terwyl Hy in die aardse liggaam was nie:

Luk 2:51-52 En Hy het saam met hulle gegaan en in Násaret gekom, en Hy was hulle onderdanig. En sy moeder het al hierdie dinge in haar hart bewaar. 52 En Jesus het toegeneem in wysheid en grootte en in genade by God en die mense.

Maar dit is net die aardse Jesus. Hierdie Jesus in vlees kan nie IN ons harte kom woon nie en ons denke verander nie. Dit is SLEGS die geestelike Jesus wat ons kan verlos van aardse dinge. Daarom moet ons Hom ken in die gees:

2Kor 5:16-17 Ons ken dus van nou af niemand meer na die vlees nie; en al het ons ook Christus na die vlees geken, nou ken ons Hom tóg nie meer so nie. 17 Daarom, as iemand in Christus is, is hy ‘n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword.

Hy was, voor Sy koms na die aarde, alreeds in gees en is deur die Vader aangestel as die God en Skepper van die fisiese skepping en die “Behouder”, dit is “Redder” van alle mense:

Joh 1:1-3  In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God.  2  Hy was in die begin by God.  3  Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie.

Fil 2:6-8  Hy, wat in die gestalte van God was, het dit geen roof geag om aan God gelyk te wees nie,  7  maar het Homself ontledig deur die gestalte van ‘n dienskneg aan te neem en aan die mense gelyk geword;  8  en in gedaante gevind as ‘n mens, het Hy Homself verneder deur gehoorsaam te word tot die dood toe, ja, die dood van die kruis.

1Jn 2:1-2 My kinders, ek skryf hierdie dinge aan julle, dat julle nie moet sondig nie; en as iemand gesondig het, ons het ‘n Voorspraak by die Vader, Jesus Christus, die Regverdige. 2 En Hy is ‘n versoening vir ons sondes, en nie alleen vir ons s’n nie, maar ook vir dié van die hele wêreld.

1Ti 4:9-10 Dit is ‘n betroubare woord en werd om ten volle aangeneem te word; 10 want hiervoor arbei ons ook en word ons gesmaad, omdat ons gehoop het op die lewende God wat ‘n behouder is van alle mense, insonderheid van die gelowiges.

1Ti 2:5-6 Want daar is een God en een Middelaar tussen God en die mense, die mens Christus Jesus, 6 wat Homself gegee het as ‘n losprys vir almal, as die getuienis op die regte tyd,

Dit is waarom Hy in vlees gekom het en aan ons gewys het hoe om te leef deur die gees van die Vader en om OORWINNAAR te wees oor ons vleeslikheid!

Heb 2:14-18 Aangesien die kinders dan vlees en bloed deelagtig is, het Hy dit ook op dieselfde manier deelagtig geword, sodat Hy deur die dood hom tot niet kon maak wat mag oor die dood het—dit is die duiwel— 15 en almal kon bevry wat hulle hele lewe lank uit vrees vir die dood aan slawerny onderworpe was. 16 Want waarlik, Hy bekommer Hom nie oor die engele nie, maar oor die geslag van Abraham bekommer Hy Hom. 17 Daarom moes Hy in alle opsigte aan sy broeders gelyk word, sodat Hy ‘n barmhartige en getroue hoëpriester kon wees in die dinge wat in betrekking tot God staan, om die sondes van die volk te versoen. 18 Want deurdat Hy self onder versoeking gely het, kan Hy dié help wat versoek word.

Jesus moes dus Homself ontledig van die geestelike gestalte en het die ‘vorm’ van mens in ‘n vleeslike liggaam aangeneem. Hy het vlees geword en “onder ons kom woon”:

Joh 1:14 En die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon—en ons het sy heerlikheid aanskou, ‘n heerlikheid soos van die Eniggeborene wat van die Vader kom—vol van genade en waarheid.

“Die Skrifte verklaar duidelik dat ‘n aardse liggaam ‘n “liggaam van hierdie dood” en ‘n “liggaam van die sonde” is:

Rom 6:6 aangesien ons dit weet dat ons oue mens saam gekruisig is, sodat die liggaam van die sonde tot niet gemaak sou word en ons nie meer die sonde sou dien nie.

Rom 7:24  Ek, ellendige mens! Wie sal my verlos van die liggaam van hierdie dood?

Aardse liggame was dus nooit gemaak om perfek te wees of om vir ewig te lewe nie:

Gen 2:7  En die HERE God het die mens geformeer uit die stof van die aarde en in sy neus die asem van die lewe geblaas. So het dan die mens ‘n lewende siel geword. 

Jer 18:4  En die voorwerp wat hy besig was om te maak, het misluk—soos dit gaan met klei in die hand van die pottebakker—maar hy het daaruit weer ‘n ander voorwerp gemaak soos dit in die oë van die pottebakker reg was om dit te maak. 

1Kor 15:50  Maar dit verklaar ek, broeders, dat vlees en bloed die koninkryk van God nie kan beërwe nie; ook beërwe die verganklikheid nie die onverganklikheid nie.

Jesus het in dieselfde liggaam kom woon wat aan ons gegee is:

Heb 2:14  Aangesien die kinders dan vlees en bloed deelagtig is, het Hy dit ook op dieselfde manier deelagtig geword, sodat Hy deur die dood hom tot niet kon maak wat mag oor die dood het—dit is die duiwel—

Heb 2:17  Daarom moes Hy in alle opsigte aan sy broeders gelyk word, sodat Hy ‘n barmhartige en getroue hoëpriester kon wees in die dinge wat in betrekking tot God staan, om die sondes van die volk te versoen.

Jesus het in ‘n liggaam van sonde en dood kom leef. Jesus het NIE GESONDIG NIE, maar Hy het in ‘n vlees en bloed liggaam gekom en was deur die Vader dus “sonde vir ons gemaak”, soos die Skrifte ook wel bevestig!

2Kor 5:21  Want Hy het Hom wat geen sonde geken het nie, sonde vir ons gemaak, sodat ons kan word geregtigheid van God in Hom.

Hy was nie op die kruis “sonde vir ons gemaak” nie, maar reeds in sy moeder se baarmoeder! Die kruisdood was een manier om te sterf – aardse liggame is aan ‘n doodsproses onderworpe van die begin af:

Rom 8:20 Want die skepping is aan die nietigheid onderworpe nie gewillig nie, maar ter wille van hom wat dit onderwerp het.

Maria was net soos ons – sondig – sy het ‘n aardse liggaam gehad en ook haar eierselle was aards!!! Sy het ook nie ‘n bo-menslike of sondelose eiersel gehad soos sommige afvalliges beweer nie. Haar eiersel was aards (sondig!) en was bevrug deur die gees van God. Die leer van ‘n sogenaamde “vleklose ontvangenis” of “vleklose bevrugting” (die sogenaamde “immaculate conception”) is VALS en van alle waarheid ontbloot! Jesus was net soos ons en was in ALLE OPSIGTE net soos ons beproef, sonder om te sondig – d.w.s. sonder om toe te gee aan al die versoekings wat Hy net soos ons moes verduur:

Heb 4:15 Want ons het nie ‘n hoëpriester wat nie met ons swakhede medelye kan hê nie, maar een wat in alle opsigte versoek is net soos ons, maar sonder sonde.

Toe Jesus dus hierdie woorde aan Sy dissiples sê, moet ons verstaan wat Hy bedoel het anders kan ons nie in oorwinning lewe oor sonde nie: 

Joh 16:7  Maar Ek sê julle die waarheid: Dit is vir julle voordelig dat Ek weggaan; want as Ek nie weggaan nie, sal die Trooster nie na julle kom nie; maar as Ek weggaan, sal Ek Hom na julle stuur.

Jesus het weggegaan uit Sy vleeslike liggaam en het in gees na ons gekom. Ons oorwinning oor sonde kom deur die gees van God in ons. Die Vader en Jesus IS GEES en in hierdie ‘vorm’ kom hulle by ons kom woon om ons te help om te oorwin. Daar is dus nie nog ‘n derde persoon nie, net twee: die Vader en die Seun in gees en waarheid!

Joh 14:23  Jesus antwoord en sê vir hom: As iemand My liefhet, sal hy my woord bewaar, en my Vader sal hom liefhê, en Ons sal na hom toe kom en by hom woning maak.

Daar is die woorde van Jesus self. Lees weer en kyk hoe dit saamstem met die volgende verse:

Joh 6:63 Dit is die Gees wat lewend maak, die vlees is van geen nut nie; die woorde wat Ek tot julle spreek, is gees en is lewe.

Joh 6:68 En Simon Petrus antwoord Hom: Here, na wie toe sal ons gaan? U het die woorde van die ewige lewe.

Joh 14:10 Glo jy nie dat Ek in die Vader is en die Vader in My nie? Die woorde wat Ek tot julle spreek, spreek Ek nie uit Myself nie; maar die Vader wat in My bly, Hy doen die werke.

Die woorde van God is Sy werke! God se werke in Ons is deur Sy WOORDE! Sy WOORDE is GEES en dit is wat ook bedoel word dat Jesus die tweede keer na ons kom “sonder sonde” – sonder ‘n vleeslike liggaam van sonde en dood. Hy kom in “gees en waarheid”:

Heb 9:28  so sal Christus ook, nadat Hy een maal geoffer is om die sondes van baie weg te neem, vir die tweede maal sonder sonde verskyn aan die wat Hom verwag tot saligheid.

Vir die min uitverkorenes wat hierdie waarheid kan glo het Jesus dus reeds in hul harte kom woon met Sy Vader en hulle sien Hom nie meer in vlees nie:

2Kor 5:16-17  Ons ken dus van nou af niemand meer na die vlees nie; en al het ons ook Christus na die vlees geken, nou ken ons Hom tóg nie meer so nie.  17  Daarom, as iemand in Christus is, is hy ‘n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword.

Die res van die skepping verwag Hom nog in vleeslike terme en Hy sal dus aan hulle verskyn in daardie vorm voordat hulle ook later sal sien wie die gees van die waarheid is. Vir die uitverkorenes is die “uur” NOU en vir die res van die skepping sal dit later wees wanneer hulle ook die Vader “in gees en waarheid” sal aanbid:

Joh 4:23  Maar daar kom ‘n uur, en dit is nou, wanneer die ware aanbidders die Vader in gees en waarheid sal aanbid; want die Vader soek ook mense wat Hom só aanbid.

Fil 2:9-11 Daarom het God Hom ook uitermate verhoog en Hom ‘n naam gegee wat bo elke naam is, 10 sodat in die Naam van Jesus sou buig elke knie van die wat in die hemel en die wat op die aarde en die wat onder die aarde is, 11 en elke tong sou bely dat Jesus Christus die Here is tot heerlikheid van God die Vader.

1Kor 15:28 En wanneer alles aan Hom onderwerp is, dan sal ook die Seun self Hom onderwerp aan die Een wat alles aan Hom onderwerp het, sodat God alles in almal kan wees.

About 4windkoinonia

Want let op julle roeping, broeders: julle is nie baie wyse na die vlees nie, nie baie magtiges, nie baie edeles nie; maar wat dwaas is by die wêreld, het God uitverkies om die wyse te beskaam; en wat swak is by die wêreld, het God uitverkies om wat sterk is, te beskaam; en wat onedel is by die wêreld en wat verag is, het God uitverkies, en wat niks is nie, om wat iets is, tot niet te maak, sodat geen vlees voor Hom sou roem nie. (1Kor 1:26-29)
This entry was posted in Lees eers hier. Bookmark the permalink.

Laat 'n boodskap

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s