Adam en Eva was gesê dat hulle sou “sekerlik sterwe” as hulle van die verbode boom se vrugte sou eet:
Gen 2:16-17 En die HERE God het aan die mens bevel gegee en gesê: Van al die bome van die tuin mag jy vry eet, maar van die boom van die kennis van goed en kwaad, daarvan mag jy nie eet nie; want die dag as jy daarvan eet, sal jy sekerlik sterwe.
Hierdie waarheid word deur baie in die afvallige Christendom nie geglo nie want die ou slang, Satan, verkondig nog steeeds dieselfde ou leuen en hulle glo hom. Hulle glo dat dooie mense nie regtig dood is nie.
Gen 3:4 Toe sê die slang vir die vrou: Julle sal gewis nie sterwe nie….
Al kan mense sien dat mense dood is en begrawe word, glo hulle dat die persoon egter lewe…op ‘n ander plek. Maar die sekerheid van die dood en wat dit beteken is net gegee vir hulle wie God se Woord glo:
Gen 3:19 In die sweet van jou aangesig sal jy brood eet totdat jy terugkeer na die aarde, want daaruit is jy geneem. Want stof is jy, en tot stof sal jy terugkeer.
Die mens word ‘n STOF liggaam gegee tesame met die asem van lewe wat in hom geplaas word en met die TWEE leef hy “In die sweet van [sy] aangesig” en eet hy sy daaglikse brood:
Gen 2:7 En die HERE God het die mens geformeer uit die stof van die aarde en in sy neus die asem van die lewe geblaas. So het dan die mens ‘n lewende siel geword.
By die dood word die TWEE, stof en asem, geskei:
Job 34:15 dan sou alle vlees tesame die asem uitblaas en die mens sou tot stof terugkeer.
Luk 23:46 En Jesus het met ‘n groot stem uitgeroep en gesê: Vader, in u hande gee Ek my gees oor! En toe Hy dit gesê het, blaas Hy die laaste asem uit.
Pred 3:18-20 Ek het in my hart gesê: Ter wille van die mensekinders gebeur dit, dat God hulle kan beproef, en dat hulle kan insien dat hulle in hulleself vee is. 19 Want die lot van die mensekinders is ook die lot van die veediere: hulle het een en dieselfde lot; soos die een sterwe, so sterwe die ander, en hulle almal het dieselfde asem, en ‘n voorkeur van die mens bo die veediere is daar nie; want alles is tevergeefs. 20 Alles gaan na een plek toe; alles is uit die stof, en alles keer na die stof terug.
Om natuurlik die mens as anders as “die vee” voor te stel en hul dood as anders as die dood van “die vee” te sien, is ONSKRIFTUURLIK. Maar wat gee die afvalliges om oor die Skrifte. Hulle gaan voort en sê dat die asem van die mens “boontoe” gaan – hulle praat direk TEEN die Skrif:
Pred 3:21 Wie bespeur dat die asem van die mensekinders opgaan boontoe, en dat die asem van die veediere neerdaal ondertoe in die aarde?
Die antwoord op die vraag is die valse leraars en hul volgelinge! Hulle sweer hoog dat dooie mense se asem “boontoe” gaan. Hulle skep hiervoor ‘n DERDE komponent in die mens wat hulle as die ONSKRIFTUURLIKE ‘onsterflike siel’ beskryf. ONSIN! Omdat die drie woorde “gees en siel en liggaam” in die volgende teks saam genoem word, word hierdie EEN vers as ‘n bewysstuk ingelewer deur die valse leraars dat die mens uit DRIE dele bestaan….
1Th 5:23 En mag Hy, die God van die vrede, julle volkome heilig maak, en mag julle gees en siel en liggaam geheel en al onberispelik bewaar word by die wederkoms van onse Here Jesus Christus!
Die Skrifte waarsku ons om nie EEN getuie te roep om Waarheid te bewys nie:
2Pe 1:20 terwyl julle veral dít moet weet, dat geen profesie van die Skrif ‘n saak van EIE uitlegging is nie.
2Pe 1:20 (CLV) knowing this first, that no prophecy of scripture at all is becoming its own explanation.
2Kor 13:1 Dit is die derde keer dat ek na julle toe kom. In die mond van twee of drie getuies sal elke woord vasstaan.
“Siel” is WAT mens is – nie ‘n deel van hom nie:
Gen 2:7 En die HERE God het die mens geformeer uit die stof van die aarde en in sy neus die asem van die lewe geblaas. So [Met TWEE dele -stof en asem] het dan die mens ‘n lewende siel geword.
Wat maak hierdie valse leraars met die volgende verse?
Eseg 18:4 Kyk, al die siele is myne; soos die siel van die vader, so die siel van die seun—hulle is myne; die siel wat sondig, dié moet sterwe.
Eseg 18:20 Die siel wat sondig, dié moet sterwe; die seun sal nie die ongeregtigheid van die vader help dra nie, en die vader sal nie die ongeregtigheid van die seun help dra nie; die geregtigheid van die regverdige sal op hom wees, en die goddeloosheid van die goddelose sal op hom wees.
Die siel is die wese van die mens, nie deel van hom nie, en hierdie wese, hierdie siel, STERF. Mense STERF. SIELE STERF. Hier sê Jesus dat God siele DOODMAAK:
Mat 10:28 En moenie vrees vir die wat die liggaam doodmaak, maar die siel nie kan doodmaak nie; maar vrees Hom liewer wat die siel sowel as die liggaam kan verderwe in die hel.
Hoe kan iets wat ‘onsterflik’ is sterf en doodgemaak word? Tog glo die valse leraars en hul volgelinge hul eie onsinnighede en hierdie leuen van Satan omdat hulle valse leerstellings daarvan afhang. Hulle glo en preek dat mense na die dood ‘n soort reis onderneem na ‘n ander ‘plek’, iets geestelik. Natuurlik is daar soveel verskillende teorieë oor hierdie plekke waarna die afgestorwenes gaan dat dit mens verstom as jy al die gelowe navors. Maar almal die stories oor die ‘hiernamaals’ kom uit dieselfde oorsprong:
Jer 17:9 Bedrieglik is die hart bo alle dinge, ja, verdorwe is dit; wie kan dit ken?
Die Skrifte is egter heel duidelik oor die toestand van die dood:
Pred 9:5-6 Want die lewendes weet dat hulle moet sterwe, maar die dooies weet glad niks nie, en hulle het geen loon meer nie, want hulle nagedagtenis word vergeet. Hulle liefde sowel as hulle haat, ook hulle naywer, het lankal verdwyn, en hulle het vir ewig geen deel meer aan alles wat gebeur onder die son nie.
Die dood word regdeur die Bybel as ‘n tipe slaap beskryf. Hier is ‘n paar tekse waar dit duidelik so gestel word:
Dan 12:2 En baie van die wat in die stof van die aarde slaap, sal ontwaak, sommige tot die ewige lewe en sommige tot groot smaadheid, vir ewig afgryslik.
Joh 11:11-14 Dit het Hy gespreek; en daarna sê Hy vir hulle: Lasarus, ons vriend, slaap; maar Ek gaan om hom wakker te maak. Sy dissipels sê toe: Here, as hy slaap, sal hy gesond word. Maar Jesus het gespreek van sy dood, terwyl hulle gedink het dat Hy van die rus van die slaap spreek. En toe sê Jesus vir hulle ronduit: Lasarus is dood.
1Th 4:15-16 Want dit sê ons vir julle deur die woord van die Here, dat ons wat in die lewe oorbly tot by die wederkoms van die Here, die ontslapenes hoegenaamd nie sal vóór wees nie. Want die Here self sal van die hemel neerdaal met ‘n geroep, met die stem van ‘n aartsengel en met geklank van die basuin van God; en die wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan.
Almal sterf SEKERLIK en almal sal op die bepaalde tyd deur God wakker gemaak word UIT DIE DOOD.
Sommige beweer Jesus weerspreek Sy eie Skrifte as Hy die volgende woorde aan Martha sê:
Joh 11:25-26 Jesus sê vir haar: Ek is die opstanding en die lewe; wie in My glo, sal lewe al het hy ook gesterwe; 26 en elkeen wat lewe en in My glo, sal nooit sterwe tot in ewigheid nie. Glo jy dit?
“….elkeen wat lewe en in My glo, sal nooit sterwe tot in ewigheid nie” word voorafgegaan deur “wie in My glo, sal lewe al het hy ook gesterwe“. Baie gelowiges in Jesus het gesterf en SAL opgewek word BY DIE OPSTANDING – DAN sal hulle nooit weer sterf nie. Jesus het NOOIT gesê dat diegene wat in Hom glo nie sal sterwe nie. Maar as jy leuens glo dan sal jy self Jesus se woorde verdraai om jou leuen te pas. Jesus self het gesterf!!! JA! Jesus was DOOD (hoeveel mense glo dit?) en was DEUR DIE VADER UIT DIE DOOD opgewek as voorbeeld vir ons hoe ons almal ook opgewek sal word:
1Kor 15:22-23a Want soos hulle almal in Adam sterwe, so sal hulle ook almal in Christus lewend gemaak word; 23 maar elkeen in sy eie orde:…
Jesus was die “eersgeborene uit die dood” – Ja HY was regtig TOTAAL DOOD – Hy het nie rondgestap in die graf of op enige ander ‘plek’ nie soos die valse leraars dinge uit hul duime suig nie….
Kol 1:18 En Hy is die Hoof van die liggaam, naamlik die gemeente; Hy wat die begin is, die Eersgeborene uit die dode, sodat Hy in alles die eerste kan wees.
Jesus het nie weer gesterf soos ander mense, byvoorbeeld Lasarus, wat na sy opwekking uit die dood weer gesterf het nie. Jesus het ALLEEN onsterflikheid en NIEMAND anders, geen aardse siel, het tans onsterflikheid nie:
1Ti 6:14-16 dat jy [Timotheus] die gebod onbevlek, onberispelik bewaar tot by die verskyning van onse Here Jesus Christus 15 wat op sy eie tyd vertoon sal word deur die salige en enigste Heerser, die Koning van die konings en Here van die here, 16 wat alleen onsterflikheid besit en ‘n ontoeganklike lig bewoon, wat geen mens gesien het of kan sien nie, aan wie toekom eer en ewige krag. Amen.
Jesus “wat alleen onsterflikheid besit” is tog DUIDELIK om te verstaan, en hierdie woorde is juis neergeskryf om die valse leraars se leuen uit te wys – hulle wat preek dat mense ‘n sogenaamde ‘onsterflike siel’ het en dat dooie mense nou iewers in ‘n tipe onsterflike toestand voortleef. Die Skrifte verklaar orals dat net Jesus as ONSTERFLIK uit die graf OPGESTAAN het.
1Kor 15:1-4 Broeders, ek maak julle die evangelie bekend wat ek aan julle verkondig het, wat julle ook aangeneem het, waarin julle ook staan, 2 waardeur julle ook gered word as julle daaraan vashou op die wyse waarop ek dit aan julle verkondig het, of julle moet tevergeefs geglo het. 3 Want in die eerste plek het ek aan julle oorgelewer wat ek ook ontvang het, dat Christus vir ons sondes gesterf het volgens die Skrifte; 4 en dat Hy begrawe is, en dat Hy op die derde dag opgewek is volgens die Skrifte.
Mens moet geestelik blind wees om die leuen van die ou slang te glo dat “julle sal gewis nie sterwe nie”:
Gen 3:4 Toe sê die slang vir die vrou: Julle sal gewis nie sterwe nie….
Ja Adam en Eva, en ALLE aardse siele IS SONDIG geskep, en ALMAL is geestelik BLIND en DOOF.
Rom 8:20 Want die skepping is aan die nietigheid onderworpe nie gewillig nie, maar ter wille van hom wat dit onderwerp het.
Jer 18:1-4 Die woord wat van die HERE tot Jeremia gekom het: 2 Maak jou klaar en gaan af na die huis van die pottebakker, en daar sal Ek jou my woorde laat hoor. 3 Toe het ek afgegaan na die huis van die pottebakker, en hy was juis besig om ‘n stuk werk op die skywe te maak. 4 En die voorwerp wat hy besig was om te maak, het misluk—soos dit gaan met klei in die hand van die pottebakker—maar hy het daaruit weer ‘n ander voorwerp gemaak soos dit in die oë van die pottebakker reg was om dit te maak.
Adam en Eva, en ons almal, kon niks anders doen nie. Ons het nie geweet wat goed en kwaad is VOORDAT ons van die verbode vrugte eet nie. Ons is geestelik blind en geestelik doof as ons nie goed en kwaad kan onderskei nie! Net geestelike VOLWASSENES kan goed van kwaad onderskei. Dit word tog immers bewys in die feit dat ons almal, soos Adam en Eva, op ons eie tyd na die slang LUISTER en hom GLO.
Heb 5:14 Maar vaste spys is vir volwassenes, vir die wat geestesvermoëns besit deur die gewoonte geoefen, om goed van kwaad te onderskei.
Soos Adam en Eva vind ons almal op die harde manier uit hoe NIETIG en geestelike ONVOLWASSE ons gemaak was, “in die hand van die Pottebakker”. God het INDERDAAD gesê dat alle siele (siele is mense) sondig is en dat hulle INDERDAAD sal sterwe:
Gen 2:16-17 En die HERE God het aan die mens bevel gegee en gesê: Van al die bome van die tuin mag jy vry eet, maar van die boom van die kennis van goed en kwaad, daarvan mag jy nie eet nie; want die dag as jy daarvan eet, sal jy sekerlik sterwe.
Rom 3:23 want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God…
Eseg 18:4 Kyk, al die siele is myne; soos die siel van die vader, so die siel van die seun—hulle is myne; die siel wat sondig, dié moet sterwe.
Eseg 18:20 Die siel wat sondig, dié moet sterwe; die seun sal nie die ongeregtigheid van die vader help dra nie, en die vader sal nie die ongeregtigheid van die seun help dra nie; die geregtigheid van die regverdige sal op hom wees, en die goddeloosheid van die goddelose sal op hom wees.
Mat 10:28 En moenie vrees vir die wat die liggaam doodmaak, maar die siel nie kan doodmaak nie; maar vrees Hom liewer wat die siel sowel as die liggaam kan verderwe in die hel.
[Advertensies word geplaas deur WordPress]