God se Woord is VOORSPOEDIG IN ALLES!

Jes 55:10-11 Want soos die reën en die sneeu van die hemel neerdaal en daarheen nie terugkeer nie, maar die aarde deurvogtig en maak dat dit voortbring en uitspruit en saad gee aan die saaier en brood aan die eter; 11 so sal my woord wees wat uit my mond uitgaan: dit sal nie leeg na My terugkeer nie, maar doen wat My behaag en voorspoedig wees in alles waartoe Ek dit stuur.

God se Woord is VOORSPOEDIG IN ALLES! Dit is NUTTIG!

2Ti 3:16  Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid,

“Die hele Skrif deur God ingegee” of geblaas, soos Adam en alle mense se asem in hul geblaas word deur God.

Gen 2:7 En die HERE God het die mens geformeer uit die stof van die aarde en in sy neus die asem van die lewe geblaas. So het dan die mens ‘n lewende siel geword.

God is gees en het nie asem soos ‘n mens nie.

Joh 4:24 God is Gees; en die wat Hom aanbid, moet in gees en waarheid aanbid.

Die Woord van God is dus die geestelike weergawe van hierdie “asem van die lewe”.

2Ti 3:16  Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid.

Psa 119:160 Die hele inhoud van u woord is waarheid, en al u regverdige verordeninge is tot in ewigheid.

Ons almal makeer die ware asem van die lewe. Natuurlike dinge is slegs ‘n afbeelding, ‘n tipe, van God se geestelike dinge – Sy “onsigbare dinge”:

Rom 1:20 Want sy onsigbare dinge kan van die skepping van die wêreld af in sy werke verstaan en duidelik gesien word, naamlik sy ewige krag en goddelikheid, sodat hulle geen verontskuldiging het nie;

God se geestelike “asem” van ware lewe word dus in Sy Woord gevind, vir hulle wat dit kan ontvang. ‘n Verstandige man (en vrou) luister en doen God se Woord en daardeur kom ware lewe in die gees.

Mat 7:24 Elkeen dan wat na hierdie woorde van My luister en dit doen, hom sal Ek vergelyk met ‘n verstandige man wat sy huis op die rots gebou het.

Dit is die beginsel hoe ons Hom IN GEES en WAARHEID aanbid:

Joh 6:63  Dit is die Gees wat lewend maak, die vlees is van geen nut nie; die woorde wat Ek tot julle spreek, is gees en is lewe.

Joh 17:17 Heilig hulle in u waarheid; u woord is die waarheid.

Elke woord wat God spreek is gees en waarheid. Die Woord wederbaar ons om God in gees en waarheid te aanbid.

2Ti 3:16  Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid.

1Pe 1:23 want julle is wedergebore nie uit verganklike saad nie, maar uit onverganklike, deur die lewende woord van God wat tot in ewigheid bly.

Die geskrewe woorde op die papier is wel letters vir die natuurlike oog, en tog spreek dit tot ons denke – die abstrakte wêreld binne-in ons. Woorde skep en omskryf dus geestelike konsepte. Ons denke bepaal verder wie ons is. Ons denke, dit is ons “hart” in Bybelse en geestelike taal, is die oorspronge van wat ons as “lewe” ervaar:

Spr 23:7 Want soos hy in sy siel bereken, so is hy; eet en drink, sê hy vir jou, maar sy hart is nie met jou nie.

Spr 4:23 Bewaak jou hart meer as alles wat bewaar moet word, want daaruit is die oorspronge van die lewe.

Dit is alleenlik die Woord wat ALLES van ons wêreld, die uiterlike en innerlike wêreld, van die begin af beskryf. Die Skrifte gee ons die HELE prent. Vanaf die eerste woord word ons eie lewe aan ons verduidelik met tydelike simbole:

Gen 1:1 In die begin het God die hemel en die aarde geskape.

Die res van die Skrifte gee altyddeur meer detail:

Joh 1:1-3  In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God. Hy was in die begin by God. Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie.

Open 1:8  Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde, sê die Here, wat is en wat was en wat kom, die Almagtige.

Jesus Christus is dus hierdie Woord wat die Vader uitgestuur het. Jesus sê dat Hy die begin en die einde is. Hy beheer die hele proses. Hy is deur God die Vader aangestel as die Skepper God van hierdie skepping. Deur Jesus het alles wat aan ons bekend is, ontstaan en deur Hom hou alles stand – die goed en die kwaad; die lig en die donker; dit wat heilig is en dit wat onheilig is!

Isa 45:5-7 Ek is die HERE, en daar is geen ander nie; buiten My is daar geen God nie; Ek omgord jou, hoewel jy My nie geken het nie, 6 sodat hulle kan weet van die opgang van die son en van sy ondergang af dat daar buiten My geeneen is nie; Ek is die HERE, en daar is geen ander nie; 7 wat die lig formeer en die duisternis skep, die heil bewerk en die onheil skep: Ek, die HERE, is dit wat al hierdie dinge doen.

Alles is nog steeds onder Sy volle en totale beheer en Hy bewerkstellig alles in die skepping volgens Sy raad:

Efes 1:11  in Hom in wie ons ook ‘n erfdeel ontvang het nadat ons vantevore daartoe verordineer is ooreenkomstig die voorneme van Hom wat alles werk volgens die raad van sy wil,

Niks is buite beheer nie. Elke ding in die skepping gebeur DOELGERIG en presies OP TYD.

Pred 3:1  Alles het sy bepaalde uur, en vir elke saak onder die hemel is daar ‘n tyd:

God die Vader, het alles in Jesus se hand gegee en Jesus het nog nooit beheer oor enigiets in Sy skepping verloor nie:

Joh 6:38-40  Want Ek het uit die hemel neergedaal, nie om my wil te doen nie, maar die wil van Hom wat My gestuur het. En dit is die wil van die Vader wat My gestuur het, dat al wat Hy My gegee het, Ek daarvan nie sal verloor nie, maar dit opwek in die laaste dag. En dit is die wil van Hom wat My gestuur het, dat elkeen wat die Seun aanskou en in Hom glo, die ewige lewe mag hê; en Ek sal hom opwek in die laaste dag.

Joh 3:34-35  Want Hy wat God gestuur het, spreek die woorde van God; want God gee Hom die Gees nie met mate nie. Die Vader het die Seun lief en het alles in sy hand gegee.

Mat 28:18  En Jesus het nader gekom en met hulle gespreek en gesê: Aan My is gegee alle mag in die hemel en op aarde.

Om te sê, soos baie doen wat in Sy naam kom, dat Jesus beheer oor die skepping of oor sy skepsels verloor het, is godslasterlik en ontbloot deur die Skrifte self as ‘n valse leerstelling. God het Jesus aangestel as die Skepper God en aan Hom is alle mag van die begin af gegee in die sigbare en onsigbare wêrelde. Hy is ook INDERDAAD die Redder van alle mense, “as die getuienis op die regte tyd”:

1Jn 4:14  En ons het aanskou en ons getuig dat die Vader die Seun as Verlosser van die wêreld gestuur het.

1Ti 2:4-6  wat wil hê dat alle mense gered word en tot kennis van die waarheid kom.  Want daar is een God en een Middelaar tussen God en die mense, die mens Christus Jesus, wat Homself gegee het as ‘n losprys vir almal, as die getuienis op die regte tyd..

1Ti 4:9-11 Dit is ‘n betroubare woord en werd om ten volle aangeneem te word; 10 want hiervoor arbei ons ook en word ons gesmaad, omdat ons gehoop het op die lewende God wat ‘n behouder is van alle mense, insonderheid van die gelowiges. 11 Beveel en leer hierdie dinge.

God, die Vader, “wil hê” dat Jesus “almal in Adam” moet red en geestelike lewe gee IN Hom. Jesus SAL alles wat die Vader “wil hê” aan Hom besorg! Kyk na hierdie oortuigende getuienis van Paulus:

1Kor 15:22 Want soos hulle almal in Adam sterwe, so sal hulle ook almal in Christus lewend gemaak word;

Wel daar is dit. Paulus glo en almal stem wat God se Woord glo stem 100% saam met Paulus dat Jesus wel “almal in Adam” in Hom, “in Christus”, lewend sal maak:

1Kor 15:23-28 maar elkeen in sy eie orde: as eersteling Christus, daarna die wat aan Christus behoort by sy koms. 24 Daarna kom die einde, wanneer Hy die koninkryk aan God die Vader oorgee, as Hy alle heerskappy en alle gesag en mag vernietig het. 25 Want Hy moet as koning heers totdat Hy al sy vyande onder sy voete gestel het. 26 Die laaste vyand wat vernietig word, is die dood. 27 Want Hy het alles aan sy voete onderwerp, maar wanneer Hy sê dat alles onderwerp is, is dit duidelik dat Hy uitgesonder is wat alles aan Hom onderwerp het. 28 En wanneer alles aan Hom onderwerp is, dan sal ook die Seun self Hom onderwerp aan die Een wat alles aan Hom onderwerp het, sodat God alles in almal kan wees.

Almal wie Jesus geskep het “in [die eerste] Adam” in vlees met aardse denke SAL “in sy eie orde” verlos en bevry word om die gees en waarheid te ervaar. Die vleeslike denke en die aardse bestaan is dus tydelik en is voorwaar deel van die een oorspronklike plan van God.

1Pe 1:24  Want alle vlees is soos gras, en al die heerlikheid van die mens soos ‘n blom van die gras. Die gras verdor en sy blom val af,

Ons word nie deur verganklike dinge verlos van ons aardsheid / vleeslikheid nie, maar deur die Woord van God – die gees en waarheid van God in Jesus.

1Pe 1:18-23  omdat julle weet dat julle nie deur verganklike dinge, silwer of goud, losgekoop is uit julle ydele lewenswandel wat deur die vaders oorgelewer is nie,  maar deur die kosbare bloed van Christus, soos van ‘n lam sonder gebrek en vlekkeloos, wat wel vooruit geken is voor die grondlegging van die wêreld, maar in hierdie laaste tye geopenbaar is om julle ontwil, julle wat deur Hom glo in God wat Hom uit die dode opgewek en Hom heerlikheid gegee het, sodat julle geloof en hoop op God kan wees. As julle in gehoorsaamheid aan die waarheid julle siele deur die Gees tot ongeveinsde broederliefde gereinig het, moet julle mekaar vurig liefhê uit ‘n rein hart; want julle is wedergebore nie uit verganklike saad nie, maar uit onverganklike, deur die lewende woord van God wat tot in ewigheid bly. Want alle vlees is soos gras, en al die heerlikheid van die mens soos ‘n blom van die gras. Die gras verdor en sy blom val af, maar die woord van die Here bly tot in ewigheid. En dit is die woord wat aan julle verkondig is.

God het alles geweet en beplan voor die grondlegging van die wêreld af. Eers kom die aardse Adam en DAARNA kom die hemelse Adam, Jesus Christus, in ons almal:

1Kor 15:45-50 So is daar ook geskrywe: Die eerste mens, Adam, het ‘n lewende siel geword; die laaste Adam ‘n lewendmakende Gees. 46 Die geestelike ewenwel is nie eerste nie, maar die natuurlike; daarna die geestelike. 47 Die eerste mens was uit die aarde aards, die tweede mens is die Here uit die hemel. 48 Soos die aardse mens was, so is ook die aardse mense; en soos die hemelse mens is, so is ook die hemelse mense. 49 En soos ons die beeld van die aardse gedra het, so sal ons ook die beeld van die hemelse dra. 50 Maar dit verklaar ek, broeders, dat vlees en bloed die koninkryk van God nie kan beërwe nie; ook beërwe die verganklikheid nie die onverganklikheid nie.

Jesus sal 100% suksesvol wees in die taak wat God aan Hom toevertrou het.

Jes 55:10-11 Want soos die reën en die sneeu van die hemel neerdaal en daarheen nie terugkeer nie, maar die aarde deurvogtig en maak dat dit voortbring en uitspruit en saad gee aan die saaier en brood aan die eter; 11 so sal my woord wees wat uit my mond uitgaan: dit sal nie leeg na My terugkeer nie, maar doen wat My behaag en voorspoedig wees in alles waartoe Ek dit stuur.

About 4windkoinonia

Want let op julle roeping, broeders: julle is nie baie wyse na die vlees nie, nie baie magtiges, nie baie edeles nie; maar wat dwaas is by die wêreld, het God uitverkies om die wyse te beskaam; en wat swak is by die wêreld, het God uitverkies om wat sterk is, te beskaam; en wat onedel is by die wêreld en wat verag is, het God uitverkies, en wat niks is nie, om wat iets is, tot niet te maak, sodat geen vlees voor Hom sou roem nie. (1Kor 1:26-29)
This entry was posted in Lees eers hier. Bookmark the permalink.

Laat 'n boodskap

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s