Ons aardse koningskap is TYDELIK (Deel 9)

God gee aan elkeen van ons Sy “son” en Sy “reën”, dit is Sy gawes, sodat elkeen kan leef, ook in hierdie wêreld.

Mat 5:45 …want Hy laat sy son opgaan oor slegtes en goeies, en Hy laat reën op regverdiges en onregverdiges.

Paulus het die volgende belangrike woorde gespreek tydens ‘n besoek aan heidenvesting van Athene in Griekeland, wat vir ons aandui dat God inderdaad vir elkeen persoonlik ken en oor elke skepsel heers en vir hulle sorg in alles – vir die goeies en die slegtes, vir die gelowige en ongelowige. Ja, God voorsien vir hulle wat Hom ken, en ook vir hulle wat Hom nie ken nie:

Hand 17:22-28 Paulus gaan toe in die middel van die Areópagus staan en sê: Atheners, ek sien dat julle in elke opsig baie godsdienstig is. 23 Want terwyl ek rondgegaan en julle heiligdomme aanskou het, het ek ook ‘n altaar gevind waarop geskrywe is: Aan ‘n onbekende God. Hom dan wat julle vereer sonder om Hom te ken, verkondig ek aan julle. 24 Die God wat die wêreld gemaak het en alles wat daarin is, Hy wat Here van hemel en aarde is, woon nie in tempels met hande gemaak nie. 25 Ook word Hy nie deur mensehande gedien asof Hy aan iets behoefte het nie, omdat Hy self aan almal lewe en asem en alles gee. 26 En Hy het uit een bloed al die nasies van die mensdom gemaak om oor die hele aarde te woon, terwyl Hy vooraf bepaalde tye en die grense van hulle woonplek vasgestel het, 27 sodat hulle die Here kon soek, of hulle Hom miskien kon aanraak en vind, al is Hy nie ver van elkeen van ons nie; 28 want in Hom lewe ons, beweeg ons en is ons, soos sommige van julle digters ook gesê het: Want ons is ook sy geslag.

Alhoewel die natuurlike skepsel “onderworpe is aan die nietigheid”, het God wel ‘n mate van HOOP in almal geplaas…

Rom 8:20-21 Want die skepping is aan die nietigheid onderworpe nie gewillig nie, maar ter wille van hom wat dit onderwerp het 21 in die hoop dat ook die skepping self vrygemaak sal word van die slawerny van die verganklikheid tot die vryheid van die heerlikheid van die kinders van God.

Ons aardse skepsel, ons eerste Adam, is as eerste koning aan ons gegee deur God. Daar is in hierdie Adam ‘n hoop wat hy nie aanvanklik reg verstaan nie. In plaas van om te hoop op ‘n verlossing en bevryding uit hierdie aardse verganklikheid, hoop ons eerste Adam egter dat hy vir ewig gaan bestaan – in vlees nogal. Dit is ‘n valse hoop. Vlees is ‘n tydelike skepping en sal nie in die ewige geestelike koninkryk van God ingaan of daar heers nie:

1Kor 15:50 Maar dit verklaar ek, broeders, dat vlees en bloed die koninkryk van God nie kan beërwe nie; ook beërwe die verganklikheid nie die onverganklikheid nie.

Ons vleeslike heerskappy is beperkend tot aardse dinge. Maar die vlees kan dit eenvoudig nie verstaan of aanvaar nie. As dinge nie verloop soos ons vlees dit wil hê nie en dinge teen hom gaan, dan rebelleer hy en gaan te kere. Ons leer baie van hierdie gedrag van ons aardse koning uit die lewe van fisiese Israel se eerste koning, Saul. Saul het nie die aard van sy posisie geken nie. In hierdie onkunde en gepaardgaande ongehoorsaamheid aan God se gebod en God se orde, het Saul op ‘n tyd so ver gegaan en self ‘n offer aan God gebring wat hom nie geoorloof was nie…

1Sa 13:13-14 Toe sê Samuel vir Saul: Jy het dwaas gehandel, jy het die gebod van die HERE jou God wat Hy jou beveel het, nie gehou nie; want anders sou die HERE jou koningskap oor Israel vir goed bevestig het. 14 Maar nou sal jou koningskap nie bestaan nie. Die HERE het vir Hom ‘n man na sy hart gesoek; en die HERE het hom as vors oor sy volk aangestel, omdat jy nie gehou het wat die HERE jou beveel het nie.

Nadat God vir Saul  ingelig het oor die einde van sy koningskap deur die mond van Samuel, het Saul net voortgegaan asof niks gebeur het nie…

1Sa 13:15-18 Toe het Samuel klaargemaak en opgegaan van Gilgal na Gíbea in Benjamin, en Saul het die manskappe gemonster wat by hom aanwesig was, omtrent ses honderd man.

Net soos ons eie aardse koning, ons vlees, sy tydelike aard en beperkte omvang moet besef op die tyd soos deur God bepaal, so moes Saul stelselmatig leer dat hy nie so populêr was soos hy gedink het nie, en dat sy koningskap ten einde sal kom. Net ses honderd man het by hom aangesluit in die oorlog teen die magtige Filistyne. Die getal ‘ses’ is die getal wat geestelik verwys na die aardse mens, die “eerste Adam” in sy aardse heerskappy, wat geen permanente heerskappy in geestelike terme het nie:

Gen 1:27-28 En God het die mens [die aardse Adam] geskape na sy beeld; na die beeld van God het Hy hom geskape; man en vrou het Hy hulle geskape. 28 En God het hulle geseën, en God het vir hulle gesê: Wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde, onderwerp dit en heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en oor al die diere wat op die aarde kruip.

Heb 2:6-8 maar iemand het êrens getuig en gesê: Wat is die mens, dat U aan hom dink, of die mensekind, dat U hom besoek? 7 U het hom ‘n weinig minder as die engele gemaak; met heerlikheid en eer het U hom gekroon en hom oor die werke van u hande aangestel. 8 Alle [aardse] dinge het U onder sy voete gestel. Want in die onderwerping van alle [aardse] dinge aan hom het Hy niks [op aardse] uitgesonder wat aan hom nie onderworpe is nie. Maar nou sien ons nog nie dat alle dinge aan hom onderwerp is nie.

Geestelike heerskappy is slegs beskikbaar deur die “laaste Adam”, Jesus Christus, aan wie God “ALLE” heerskappy gegee het!

Heb 2:9-10 maar ons sien Hom, naamlik Jesus, wat vir ‘n kort tydjie minder as die engele gemaak is, vanweë die lyde van die dood met heerlikheid en eer gekroon, sodat Hy deur die genade van God vir elkeen die dood sou smaak. 10 Want dit het Hom betaam, ter wille van wie alle dinge en deur wie alle dinge is, as Hy baie kinders na die heerlikheid wou bring, om die bewerker van hulle saligheid deur lyde te volmaak.

Mat 28:18 En Jesus het nader gekom en met hulle gespreek en gesê: Aan My is gegee alle mag in die hemel en op aarde.

1Kor 15:45 So is daar ook geskrywe: Die eerste mens, Adam, het ‘n lewende siel geword; die laaste Adam ‘n lewendmakende Gees.

Efes 1:3 Geseënd is die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat ons geseën het met alle geestelike seëninge in die hemele in Christus.

Daar was net ses honderd man saam met Saul! Die getal ‘honderd’ wat hier saam met die ‘ses’ kombineer, is die getal ‘tien’ (die getal van die valse perfeksie waarin vlees glo) tot die mag ‘twee’ (wat geestelik verwys na ‘n getuie – in hierdie sin ‘n valse getuie wat die vlees verheerlik). Lees gerus ons studies oor die getalle ‘ses’, ‘tien’, en ‘twee’ by die volgende skakels om ook hierdie getalle se rol in Saul se lewe beter te verstaan:

https://4windkoinonia.wordpress.com/2016/09/12/die-geestelike-betekenis-van-syfergetalle-6/

https://4windkoinonia.wordpress.com/2016/08/26/die-geestelike-betekenis-van-syfergetalle-2/

https://4windkoinonia.wordpress.com/2016/09/29/die-geestelike-betekenis-van-syfergetalle-10/

Saul se valse getuienis oor sy koningskap was gebaseer op sy idee van sy vleeslike belangrikheid. Die Filistyne het dan ook in drie afdelings uitgetrek en hierdie getal ‘drie’ dui geestelik aan dat Saul deur ‘n geleidelike afbrekingsproses sal uitvind dat hy nie meer koning is nie [Lees ook gerus ons studie oor die geestelike beteknis van die getal ‘drie’ by hierdie skakel: https://4windkoinonia.wordpress.com/2016/08/30/die-geestelike-betekenis-van-syfergetalle-3/]

1Sam 13:16-18 Terwyl Saul en sy seun Jónatan en die manskappe wat by hulle aanwesig was, in Geba in Benjamin bly en die Filistyne by Migmas laer opslaan, 17 het die roofkommando uitgetrek uit die laer van die Filistyne in drie afdelings: een deel het weggedraai op pad na Ofra, na die land Sual toe; 18 en een deel het weggedraai op pad na Bet-Horon, en een deel het weggedraai op pad na die grens wat oor die dal Sebóim na die woestyn uitkyk.

Ons aardse koning se posisie en sy aard word deur ‘n geleidelike afbrekingsproses aan ons uitwys deur God se oordeel. Dit is hoe ons ware geestelike koningskap gevestig word en hoe ons die ware lewe in Christus verkry.

Open 14:9-12 En ‘n derde engel het hulle gevolg en met ‘n groot stem gesê: As iemand die dier [ons eerste aardse koning – “die mens van sonde” (2Thes 2:3-4)  = die “eerste Adam” – 1Kor 15:22; 1Kor 15:45-50 ; Open 13:18] en sy beeld aanbid en ‘n merk op sy voorhoof of op sy hand ontvang, sal hy self ook drink van die wyn van die grimmigheid van God wat ongemeng ingeskink is in die beker van sy toorn, en hy sal gepynig word met vuur en swawel voor die heilige engele en voor die Lam.  En die rook van hulle pyniging gaan op tot in alle ewigheid [Grieks = “aion” = tydperk], en hulle het dag en nag geen rus nie hulle wat die dier en sy beeld aanbid, en elkeen wat die merk van sy naam ontvang. Hier kom die lydsaamheid van die heiliges te pas; hier is hulle wat die gebooie van God en die geloof in Jesus bewaar.

Hand 14:22 en die siele van die dissipels versterk en hulle vermaan om in die geloof te bly deur te sê: Ons moet deur baie verdrukkinge in die koninkryk van God ingaan.

Luk 21:19 Deur julle volharding moet julle jul lewe in besit kry.

Tydens die tydperk van die oordeel van God, leer ons wie ons is in vlees en waarom ons aardse koning nie God se uitverkorene is nie.

1Kor 15:47-50 Die eerste mens was uit die aarde aards, die tweede mens is die Here uit die hemel. 48 Soos die aardse mens was, so is ook die aardse mense; en soos die hemelse mens is, so is ook die hemelse mense. 49 En soos ons die beeld van die aardse gedra het, so sal ons ook die beeld van die hemelse dra. 50 Maar dit verklaar ek, broeders, dat vlees en bloed die koninkryk van God nie kan beërwe nie; ook beërwe die verganklikheid nie die onverganklikheid nie.

In die tydperk van oordeel besef ons dat ons nie die vermoëns besit om geestelik oorlog te voer nie en dus nie die bose IN ONS kan oorwin nie. God het ons vyande meer mag oor ons gegee. Dit is wat Saul en die volk onder hom nou moes leer op die harde manier. Dit is dus ook ‘n tyd van vernedering! Dit is koning Dawid, Saul se opvolger, wat geleer het dat God wel ons vyande opstel en hulle dan gebruik om ons tot besef te bring dat God alleen heerskappy en oorwinning aan ons bring.

Psa 17:13 Staan op, HERE, gaan hom tegemoet, werp hom neer; red my van die goddelose met u swaard;

Vir diegene met hul oog op die nuwe skepping in Christus is ons vyande dus bondgenote in die stryd teen ons eie ou Adam in ons.

Heb 12:2-4 die oog gevestig op Jesus, die Leidsman en Voleinder van die geloof, wat vir die vreugde wat Hom voorgehou is, die kruis verdra het, die skande verag het en aan die regterkant van die troon van God gaan sit het. 3 Want julle moet ag gee op Hom wat so ‘n teëspraak van die sondaars teen Hom verdra het, sodat julle in jul siele nie vermoeid word en verslap nie. 4 Julle het nog nie ten bloede toe weerstand gebied in julle stryd teen die sonde nie.

Daarom kon Jesus die volgende woorde spreek vir hulle wat dit kan ontvang:

Mat 5:38-45 Julle het gehoor dat daar gesê is: Oog vir oog en tand vir tand. 39 Maar Ek sê vir julle dat julle ‘n slegte mens nie moet weerstaan nie; maar as iemand jou op jou regterwang slaan, draai ook die ander een na hom toe. 40 En hy wat met jou na die gereg wil gaan en jou onderkleed wil neem, laat hom ook die bo-kleed kry. 41 En elkeen wat van jou een myl afdwing, loop met hom twee myl saam. 42 Gee aan hom wat jou iets vra, en wys hom nie af wat van jou wil leen nie. 43 Julle het gehoor dat daar gesê is: Jy moet jou naaste liefhê en jou vyand moet jy haat. 44 Maar Ek sê vir julle: Julle moet jul vyande liefhê; seën die wat vir julle vervloek, doen goed aan die wat vir julle haat, en bid vir die wat julle beledig en julle vervolg; 45 sodat julle kinders kan word van julle Vader wat in die hemele is; want Hy laat sy son opgaan oor slegtes en goeies, en Hy laat reën op regverdiges en onregverdiges.

God gee aan ons vyande die vermoëns om ons te verneder. Kyk wat leer die gees van God ons deur die lewe van Saul en fisisese Israel in die verband (1Kor 10:11):

1Sam 13:19-21 En daar was geen smid te vinde in die hele land van Israel nie, want die Filistyne het gesê: Anders kan die Hebreërs swaarde of spiese maak. 20 Daarom moes al die Israeliete na die Filistyne afgaan om elkeen sy kluitbreker of sy pik of sy byl of sy ploegskaar skerp te maak— 21 so dikwels as die snykant stomp was aan ploegskare en pikke en drietandvurke en byle; en om die osprikkels reg te maak. 

“….daar was geen smid te vinde in die hele land van Israel nie…” ‘n Smit is ‘n behendige ambagsman wat onder andere werk met yster en vuur.

Jes 44:12 Die ystersmid het ‘n byl en werk in die gloed; en hy maak hom met hamers en bewerk hom met sy sterk arm; daarby word hy honger en het geen krag nie; drink hy geen water nie, dan word hy moeg.

Jes 54:16 Kyk, Ék het die smid geskape wat die koolvuur aanblaas en ‘n wapen voortbring volgens sy ambag; ook het Ék die verderwer geskape om te verniel.

God neem ons dus deur vuur om ons ou koning (die eerste Adam) te vernietig en die nuwe koning (die laaste Adam, Jesus Christus) te vestig. Die vuur van God is inderdaad ‘n geestelike vuur om Sy geestelike heerskappy in ons te bewerkstellig:

1Pe 4:12-14 Geliefdes, verbaas julle nie oor die vuurgloed van vervolging onder julle wat tot julle beproewing dien, asof iets vreemds oor julle kom nie; 13 maar namate julle gemeenskap het aan die lyde van Christus, moet julle bly wees, sodat julle ook by die openbaring van sy heerlikheid met blydskap kan jubel. 14 As julle beledig word oor die Naam van Christus, is julle gelukkig, omdat die Gees van die heerlikheid en van God op julle rus. Wat hulle betref, word Hy wel gelaster; maar wat julle betref, word Hy verheerlik.

1Kor 3:13-15 elkeen se werk sal aan die lig kom, want die dag sal dit aanwys, omdat dit deur vuur openbaar gemaak word; en die vuur sal elkeen se werk op die proef stel, hoedanig dit is. 14 As iemand se werk bly staan wat hy daarop gebou het, sal hy loon ontvang; 15 as iemand se werk verbrand word, sal hy skade ly; alhoewel hy self gered sal word, maar soos deur vuur heen.

Net Saul en sy seun Jónatan het nog swaarde en spiese gehad, maar die res van die manskappe was sonder hierdie belangrike wapens.

1Sam 13:22-23 So het dit gekom dat daar in oorlogstyd geen swaard of spies te vinde was in die hand van al die manskappe wat by Saul en Jónatan was nie; maar by Saul en sy seun Jónatan was dit wel te vinde. 23 En ‘n wagpos van die Filistyne het uitgetrek na die pas van Migmas.

Ons aardse koning, die “mens van sonde”, en sy aardse vrugte word stelselmatig uitgewys aan ons op die “dag van Christus” wanneer ons alleen voor God verskyn in Sy oordeel:

2Th 2:1-4 Maar ons vra julle, broeders, met die oog op die wederkoms van onse Here Jesus Christus en ons vereniging met Hom, 2 om nie gou julle verstand te verloor of verskrik te word nie—deur gees of deur woord of deur brief wat van ons afkomstig sou wees—asof die dag van Christus al daar is. 3 Laat niemand julle op enige manier mislei nie, want eers moet die afval kom en die mens van sonde geopenbaar word, die seun van die verderf 4 die teëstander wat hom verhef bo al wat God genoem word of voorwerp van aanbidding is, sodat hy in die tempel van God as God sal sit en voorgee dat hy God is.

 

About 4windkoinonia

Want let op julle roeping, broeders: julle is nie baie wyse na die vlees nie, nie baie magtiges, nie baie edeles nie; maar wat dwaas is by die wêreld, het God uitverkies om die wyse te beskaam; en wat swak is by die wêreld, het God uitverkies om wat sterk is, te beskaam; en wat onedel is by die wêreld en wat verag is, het God uitverkies, en wat niks is nie, om wat iets is, tot niet te maak, sodat geen vlees voor Hom sou roem nie. (1Kor 1:26-29)
This entry was posted in Lees eers hier. Bookmark the permalink.

Laat 'n boodskap

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s