Die geestelike betekenis van naamgewing

Gen 2:19-20 En die HERE God het uit die aarde geformeer al die diere van die veld en al die voëls van die hemel en hulle na die mens gebring om te sien hoe hy hulle sou noem. En net soos die mens al die lewende wesens genoem het, so moes hulle naam wees. 20 So het die mens dan name gegee aan al die vee en aan die voëls van die hemel en aan al die wilde diere van die veld, maar vir die mens het hy geen hulp gevind wat by hom pas nie.

Vir baie is hierdie spesifieke interaksie van Adam met die diere op dag ses van die sesdae skepping baie moeilik om te glo, en dit is regtig onmoontlik om te verstaan as mens na die Skrifte kyk met ons natuurlike denke:

Gen 1:24-25 En God het gesê: Laat die aarde lewende wesens voortbring volgens hulle soorte: vee, kruipende diere en wilde diere van die aarde volgens hulle soorte. En dit was so. 25 En God het die wilde diere van die aarde gemaak volgens hulle soorte en die vee volgens hulle soorte en al die diere wat op die grond kruip, volgens hulle soorte. Toe sien God dat dit goed was.

Die diere op die droë aarde was eerste geskep op dag ses (die voëls en seediere was op dag vyf geskep) voordat God daarna eers vir Adam, en later op dag ses vir Eva, geskep het:

Gen 1:27 En God het die mens geskape na sy beeld; na die beeld van God het Hy hom geskape; man en vrou het Hy hulle geskape.

Tussen Adam se skepping en Eva se skepping het hierdie naamgewing van die diere plaasgevind:

Gen 2:20-22 So het die mens [Adam] dan name gegee aan al die vee en aan die voëls van die hemel en aan al die wilde diere van die veld, maar vir die mens [Adam] het hy geen hulp gevind wat by hom pas nie. 21 Toe het die HERE God ‘n diepe slaap op die mens laat val; en terwyl hy slaap, het Hy een van sy ribbebene geneem en die plek daarvan met vlees toegemaak. 22 En die HERE God bou die rib wat Hy van die mens geneem het, tot ‘n vrou en bring haar na die mens.

Baie mense kan nie al hierdie gebeure op een dag inpas nie, dag ses van die sesdae skepping, en dan skep hulle valse argumente, soos om eeu en miljoene jare binne die ses dae in te pas. Die ses dae van die skepping in Genesis 1 word dus as simbolies geinterpreteer deur sommige. Vir diegene se denke is dit onmoontlik om te glo dat God alles in hierdie skepping binne ses dae kon inpas, en die naamgewing van die diere deur Adam is die grootste bewys daarvan. Maar as die duiwel vir Jesus “al die koninkryke van die wêreld in ‘n oomblik se tyd” wys het hierdie mense geen probleem om dit te glo nie.

Luk 4:5 Toe bring die duiwel Hom op ‘n hoë berg en wys Hom al die koninkryke van die wêreld in ‘n oomblik se tyd.

Het Satan meer mag as God? Sekerlik nie. Baie mense kan nie sien dat God alles in hierdie skepping “skielik” volbring het nie:

Jes 48:3 Die vorige dinge het Ek lankal verkondig, en uit my mond het dit uitgegaan, en Ek het dit laat hoor; skielik het Ek dit volbring, en dit het gekom.

Ons natuurlike mens en sy denke kan nie God se mag en Sy werke verstaan nie en sal dus altyd dit as dwaasheid afmaak:

1Kor 2:14 Maar die natuurlike mens neem die dinge van die Gees van God nie aan nie; want dit is vir hom dwaasheid, en hy kan dit nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel word.

Een van die fisiese brein se funksies is om abstrakte denke te akkomodeer. Hoe denke saamgestel word is vir die mens ‘n misterie. Vanuit ons natuurlike observasie is dit die brein wat denke stimuleer en opbring – so op sy eie. Nee, God is die Skepper van alles – ook ons denke en dit wat ons elke dag dink en doen:

Psa 139:1-6 Vir die musiekleier. ‘n Psalm van Dawid. HERE, U deurgrond en ken my. 2 U ken my sit en my opstaan; U verstaan van ver my gedagte. 3 U deurvors my gaan en my lê, en U is met al my weë goed bekend. 4 Want daar is nog geen woord op my tong nie—of U, HERE, U ken dit geheel en al. 5 U sluit my in van agter en van voor, en U lê u hand op my. 6 Om dit te begryp, is te wonderbaar vir my, te hoog: ek kan daar nie by nie.

Spr 21:1 Die koning se hart [sy denke] is in die hand van die HERE soos waterstrome: Hy lei dit waarheen Hy wil.

Spr 20:24 Die voetstappe van ‘n man hang van die HERE af: hoe sou ‘n mens dan sy weg verstaan?

Jer 10:23 Ek weet, o HERE, dat aan die mens sy weg nie toebehoort nie; nie aan ‘n man om te loop en sy voetstappe te rig nie.

Efes 1:11 in Hom in wie ons ook ‘n erfdeel ontvang het nadat ons vantevore daartoe verordineer is ooreenkomstig die voorneme van Hom wat alles werk volgens die raad van sy wil.

Rom 11:36 Want uit Hom en deur Hom en tot Hom is alle dinge. Syne is die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.

As hierdie Skrifte jou nie oortuig nie, dan het God jou hart en denke verblind:

Rom 11:8 Soos geskrywe is: God het hulle gegee ‘n gees van diepe slaap, oë om nie te sien nie en ore om nie te hoor nie, tot vandag toe.

Wat sal ons sê as denke vanuit ‘n ander oorsprong gestimuleer word en deur die brein verwerk word tot verstaanbare dinge? Die brein dien dus as ‘n soort van dekodeerder om die legio ‘strominge’ wat bestaan net vir ons konteks te ontsyfer en verstaanbaar te maak. Elkeen se dekodeerder is dus spesifiek aangepas om net op te tel wat vir die persoon verstaanbaar sal wees. Om God se werke te verstaan moet God self ons die vermoë gee, die sleutel om Sy denke vir ons te onsluit. Daardie sleutel is geloof.

Heb 11:1-3 Die geloof dan is ‘n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, ‘n bewys van die dinge wat ons nie sien nie. 2 Want daardeur het die mense van die ou tyd getuienis ontvang. 3 Deur die geloof verstaan ons dat die wêreld deur die woord van God toeberei is, sodat die dinge wat gesien word, nie ontstaan het uit sienlike dinge nie.

Slegs deur die sleutel of gawe van geloof word ons denke ontsluit om God se werke te verstaan….

Deur die geloof verstaan ons dat die wêreld deur die woord van God toeberei is, sodat die dinge wat gesien word, nie ontstaan het uit sienlike dinge nie.

Elkeen ontvang dus ‘n “maat van geloof” volgens God se besluit!

Rom 12:3 Want deur die genade wat aan my gegee is, sê ek vir elkeen wat onder julle is, dat hy nie van homself meer moet dink as wat ‘n mens behoort te dink nie; maar dat hy daaraan moet dink om besadig te wees na die maat van geloof soos God dit aan elkeen toebedeel het.

Adam het aanvanklik ‘n vermoë gekry om diere name te gee. Maar die konsep van naamgewing gehels ook ‘n geestelike aspek wat meer belangrik is as om uit te werk hoe Adam dit reggekry het op een dag. Naamgewing is ‘n  geestelike taak en die Skrifte wil vir ons hierdeur iets baie belangrik leer. Kyk wat die Vader van naamgewing dink:

Fil 2:9 Daarom het God Hom [Jesus] ook uitermate verhoog en Hom ‘n naam gegee wat bo elke naam is…

Die Vader het nie net Jesus ‘n Naam gegee bo elke ander naam nie, maar ook in Sy Naam Sy rol en funksie in God se skepping ingebou:

Mat 1:20-23 Maar terwyl hy dit in die gedagte gehad het, verskyn daar ‘n engel van die Here in ‘n droom aan hom en sê: Josef, seun van Dawid, wees nie bevrees om Maria, jou vrou, by jou te neem nie, want wat in haar verwek is, is uit die Heilige Gees; 21 en sy sal ‘n seun baar, en jy moet Hom Jesus noem, want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos. 22 En dit het alles gebeur, sodat die woord vervul sou word wat die Here deur die profeet gespreek het: 23 Kyk, die maagd sal swanger word en ‘n seun baar, en hulle sal Hom Emmánuel noem, dit is, as dit vertaal word: God met ons.

Jesus se “Naam” gee vir ons dus die volgende geestelike riglyne waarom naamgewing so belangrik is:

  • Naamgewing bepaal ons posisie in God se plan;
  • Naamgewing verduidelik ons Goddelike taak en funskie;
  • Naamgewing weerspieël ‘n diepe intimiteit tussen die naamgewer en die ontvanger.

Jesus se “Naam” het nog ander betekenisse wat net kortliks aangeraak word juis om die aspek van naamgewing nog verder te verduidelik.

Jesus se “Naam” gee ‘n bewustheid van Sy teenwoordigheid in ons midde. ‘n Naam snoer mense en dinge saam om eenstemmig en doelgerig op te tree.

Mat 18:20 Want waar twee of drie in my Naam vergader, daar is Ek in hul midde.

Die eenheid kom deur Sy Woord – Sy Woord snoer ons saam in Sy een denke (Sy leer) en dit is hierdie “SIN van Christus wat IN ons harte (ons denke) is:

1Kor 2:15-16 Maar die geestelike mens beoordeel wel alle dinge; self egter word hy deur niemand beoordeel nie. 16 Want wie het die sin van die Here geken, dat hy Hom sou kan onderrig? Maar ons het die sin van Christus.

1Kor 6:17 Maar wie die Here aanhang, is een gees met Hom.

Efes 4:4 Dit is een liggaam en een Gees, soos julle ook geroep is in een hoop van julle roeping;

Fil 1:27 Alleenlik, gedra julle waardig die evangelie [die leer] van Christus, sodat, of ek kom en julle sien dan wel of ek afwesig is, ek van julle omstandighede kan hoor dat julle in een gees vasstaan en, een van siel, saam stry vir die geloof van die evangelie.

2Jn 1:9-11 Elkeen wat ‘n oortreder is en nie bly in die leer van Christus nie, hy het God nie. Wie in die leer van Christus bly, hy het die Vader sowel as die Seun. 10 As iemand na julle kom en hierdie leer nie bring nie, ontvang hom nie in die huis nie en groet hom nie. 11 Want die een wat hom groet, het gemeenskap aan sy bose werke.

Jesus se “Naam” bring geweldige voordele vir Sy volgelinge. Hier is so ‘n paar voordele:

Mat 19:29 En elkeen wat huise of broers of susters of vader of moeder of vrou of kinders of grond ter wille van my Naam verlaat het, sal honderd maal soveel ontvang en die ewige lewe beërwe.

Joh 14:13-14 En wat julle ook al in my Naam mag vra, dit sal Ek doen, sodat die Vader in die Seun verheerlik kan word. 14 As julle iets in my Naam vra, sal Ek dit doen.

Joh 16:23-27 En in daardie dag sal julle My niks vra nie. Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, alles wat julle die Vader sal vra in my Naam, sal Hy julle gee. 24 Tot nou toe het julle niks in my Naam gevra nie. Bid en julle sal ontvang, sodat julle blydskap volkome kan wees. 25 Hierdie dinge het Ek deur gelykenisse tot julle gespreek, maar daar kom ‘n uur wanneer Ek nie meer deur gelykenisse tot julle sal spreek nie, maar julle openlik van die Vader sal vertel. 26 In daardie dag sal julle in my Naam bid; en Ek sê nie vir julle dat Ek die Vader aangaande julle sal vra nie; 27 want die Vader self het julle lief, omdat julle My liefgehad en geglo het dat Ek van God uitgegaan het.

In Jesus se “Naam” word duiwels uitgedryf (valse leerstellings word ontbloot en verlaat) en mense ontvang nuwe vorme van kommunikasie met God en met mede-gelowiges:

Mar 16:17 En vir die wat geglo het, sal hierdie tekens volg: in my Naam sal hulle duiwels uitdryf, met nuwe tale sal hulle spreek.

Joh 14:26 maar die Trooster, die Heilige Gees, wat die Vader in my Naam sal stuur, Hy sal julle alles leer en sal julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het.

‘n Goeie naam is inderdaad beter as goeie olie….

Pred 7:1 ‘n Goeie naam is beter as goeie olie….

‘n Goeie Naam, die “Naam” van Jesus (Sy leer en evangelie) bring dus voordele vir almal wat daardie naam deel. Maar daar is ook nadele as mens met ‘n sekere naam vereenselwig. Nie almal wil onder ‘n sekere naam staan nie en hulle word dan soms opponente. Die “Naam” van Jesus bring altyd vervolging vir hulle wat in Hom glo:

Mat 10:22 En julle sal deur almal gehaat word ter wille van my Naam. Maar wie volhard tot die einde toe, hy sal gered word.

Mat 24:9 Dan sal hulle jul aan verdrukking oorgee en julle doodmaak; en julle sal deur al die nasies gehaat word ter wille van my Naam.

Luk 21:12 Maar voor al hierdie dinge sal hulle die hande aan julle slaan en julle vervolg en oorlewer in sinagoges en gevangenisse en julle voor konings en goewerneurs bring ter wille van my Naam.

Ons leer dus so baie van onsself en ander deur name. Wat gewis is, en wat in die storie van Adam na vore kom, is dat die persoon wat die naam gee (dit is die naamgewer), die outoriteit het oor die wat die naam ontvang. Dit is presies wat ons in die storie van Adam ook lees by die naamgewing van die diere deur Adam…

Gen 2:19-20 En die HERE God het uit die aarde geformeer al die diere van die veld en al die voëls van die hemel en hulle na die mens gebring om te sien hoe hy hulle sou noem. En net soos die mens al die lewende wesens genoem het, so moes hulle naam wees. 20 So het die mens dan name gegee aan al die vee en aan die voëls van die hemel en aan al die wilde diere van die veld, maar vir die mens het hy geen hulp gevind wat by hom pas nie.

Heb 2:6-8 maar iemand het êrens getuig en gesê: Wat is die mens, dat U aan hom dink, of die mensekind, dat U hom besoek? 7 U het hom ‘n weinig minder as die engele gemaak; met heerlikheid en eer het U hom gekroon en hom oor die werke van u hande aangestel. 8 Alle dinge het U onder sy voete gestel. Want in die onderwerping van alle dinge aan hom het Hy niks uitgesonder wat aan hom nie onderworpe is nie…

Die woorde “hulle naam” gee vir ons meer duidelikheid dat hier ook verwys word na groepsidentiteit – die mens (as groep) word opgestel teenoor die groep diere waaroor die mens heers. Dat Adam die diere in groepe verdeel het en so name aan elke dieregroep toegeken het (“volgens hul soorte”), is ook moontlik.

Gen 1:25 En God het die wilde diere van die aarde gemaak volgens hulle soorte [Hebreeus: “mıyn”] en die vee volgens hulle soorte [Hebreeus: “mıyn”] en al die diere wat op die grond kruip, volgens hulle soorte [Hebreeus: “mıyn”] . Toe sien God dat dit goed was.

Hier is Dr James Strong se Hebreeuse Woordeboek betekenis vir  “mıyn”:

 H4327
מין
mı̂yn
meen
From an unused root meaning to portion out; a sort, that is, species: – kind. Compare H4480.

Die belangrike punt wat ons egter uit dit alles kan leer is dat Adam se outoriteit oor die diereryk bevestig word deur sy naamgewing aan hulle. Die mens is die kroon van God se aardse skepping en sal soos God wees en optree (onder God se heerskappy).

Psa 82:6 Ek self het gesê: Julle is gode, en julle is almal seuns van die Allerhoogste—

About 4windkoinonia

Want let op julle roeping, broeders: julle is nie baie wyse na die vlees nie, nie baie magtiges, nie baie edeles nie; maar wat dwaas is by die wêreld, het God uitverkies om die wyse te beskaam; en wat swak is by die wêreld, het God uitverkies om wat sterk is, te beskaam; en wat onedel is by die wêreld en wat verag is, het God uitverkies, en wat niks is nie, om wat iets is, tot niet te maak, sodat geen vlees voor Hom sou roem nie. (1Kor 1:26-29)
This entry was posted in Lees eers hier. Bookmark the permalink.

Laat 'n boodskap

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s