Die konsep “die tweede dood” kom voor in die volgende Skriftekste in die Bybel:
Open 2:11 Wie ‘n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê. Die wat oorwin, sal deur die tweede dood geen skade ly nie.
Open 20:6 Salig en heilig is hy wat deel het aan die eerste opstanding; oor hulle het die tweede dood geen mag nie, maar hulle sal priesters van God en van Christus wees en sal saam met Hom as konings regeer duisend jaar lank.
Open 20:14 En die dood en die doderyk is in die poel van vuur gewerp. Dit is die tweede dood.
Open 21:8 Maar wat die vreesagtiges aangaan en die ongelowiges en gruwelikes en moordenaars en hoereerders en towenaars en afgodedienaars en al die leuenaars hulle deel is in die poel wat brand met vuur en swawel: dit is die tweede dood.
Dit is al die gedeeltes waar die konsep van “die tweede dood” gemeld word in die hele Bybel – almal kom voor in die boek van Openbaring. So, ons moet met hierdie verse uitklaar wat God wil hê ons moet weet van die “tweede dood”. Slegs uit die Skrifte kan ons die hele waarheid kry:
Psa 119:160 Die hele inhoud van u woord is waarheid, en al u regverdige verordeninge is tot in ewigheid.
Joh 17:17 Heilig hulle in u waarheid; u woord is die waarheid.
Ons gaan dus ook nie buite dit “wat geskrywe is” om die waarheid te kry nie:
1Kor 4:6 Hierdie dinge, broeders, het ek op myself en Apollos toegepas om julle ontwil, dat julle aan ons kan leer om nie te dink bo wat geskrywe is nie, sodat julle nie die een ter wille van die ander opgeblase sou wees teen ‘n derde nie.
Die gees van die Vader leer ons om “geestelike met geestelike” te vergelyk om die kennis van die waarheid deelagtig te word:
1Kor 2:13 Daarvan spreek ons ook, nie met woorde wat die menslike wysheid leer nie, maar met dié wat die Heilige Gees leer, sodat ons geestelike dinge met geestelike vergelyk.
Jes 28:9-10 Vir wie wil hy dan kennis leer, en vir wie wil hy die openbaring verstaanbaar maak? Vir die wat van die melk gespeen, wat van die moederborste weggeneem is? 10 Want dit is gebod op gebod, gebod op gebod, reël op reël, reël op reël, hier ‘n bietjie, daar ‘n bietjie.
Uit die genoemde Skrifgedeeltes wat die konsep “die tweede dood” bevat, is dit duidelik dat daar van twee groepe gepraat word:
Open 2:11 Wie ‘n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê. Die wat oorwin, sal deur die tweede dood geen skade ly nie.
Open 20:6 Salig en heilig is hy wat deel het aan die eerste opstanding; oor hulle het die tweede dood geen mag nie, maar hulle sal priesters van God en van Christus wees en sal saam met Hom as konings regeer duisend jaar lank.
Open 20:14 En die dood en die doderyk is in die poel van vuur gewerp. Dit is die tweede dood.
Open 21:8 Maar wat die vreesagtiges aangaan en die ongelowiges en gruwelikes en moordenaars en hoereerders en towenaars en afgodedienaars en al die leuenaars hulle deel is in die poel wat brand met vuur en swawel: dit is die tweede dood.
Die een groep is diegene wat in hierdie eeu geloof ontvang…
- om deel te wees van die gemeente van Christus;
- om oorwinnaars te wees;
- om salig en heilig te wees;
- om deel te wees van die eerste opstanding;
- om priesters van God en Christus te wees;
- om saam met Christus as konings te regeer in die duisend jaar ryk op aarde.
Hierdie groep sal nie deur die “tweede dood” skade ly omdat die “tweede dood” nie mag het oor hulle nie.
Die tweede groep bestaan uit “die vreesagtiges…die ongelowige….gruwelikes…moordenaars…hoereerders….towenaars…afgodedienaars…al die leuenaars”. (LW! Die eerste groep was ook presies soos hierdie sondes beskryf, maar het oorwinning oor hierdie sondes gekry in hul tyd in hul vleeslike liggaam op aarde deur die inwonende Jesus – 1Ti 1:15; Efes 2:2-3; Kol 1:27). Soos reeds genoem kom al die verwysings i.v.m. die konsep van “die tweede dood” voor in die boek van Openbaring. Die boek van Openbaring is vir baie ‘n geslote boek omdat hulle, onder andere, nie ag slaan op die riglyne wat reg an die begin hoe hierdie boek gegee word hoe die boek van Openbaring verstaan moet word nie. Kom ons lees die eerste drie verse in hoofstuk een:
Open 1:1-3 Die openbaring van Jesus Christus wat God Hom gegee het om aan sy diensknegte te toon wat gou moet gebeur, en wat Hy deur die sending van sy engel aan sy dienskneg Johannes te kenne gegee het, 2 wat getuig het van die woord van God en die getuienis van Jesus Christus alles wat hy gesien het. 3 Salig is hy wat die woorde van die profesie lees, en die wat dit hoor en bewaar wat daarin geskrywe is, want die tyd is naby.
Die woorde “te kenne gegee het” het baie dieper betekenis as wat ons op die oog af lees. Kom ons lees dieselfde verse in die King James Vertaling, en let op na die vetgedrukte woord:
Rev 1:1-3 The Revelation of Jesus Christ, which God gave unto him, to shew unto his servants things which must shortly come to pass; and he sent and signified [Grieks: “sēmainō”] it by his angel unto his servant John: 2 Who bare record of the word of God, and of the testimony of Jesus Christ, and of all things that he saw. 3 Blessed is he that readeth, and they that hear the words of this prophecy, and keep those things which are written therein: for the time is at hand.
Die Engelse woord “signified” verwys na simboliek (“a sign”). Johannes het dinge “gelees”, “gesien” en “gehoor” wat nie vir almal verstaanbaar is nie. Johannes is dus ook dus verteenwoordigend van die eerste groep hierbo genoem wat die geestelike dinge van God “te kenne gegee” word. Die res word verblind deur die simbole wat gebruik word. Hier noem Jesus hierdie “te kenne gee” en verblinding as volg:
Mat 13:9-13 Wie ore het om te hoor, laat hom hoor! 10 En die dissipels het gekom en vir Hom gesê: Waarom spreek U tot hulle [“die menigte” / die skares / die twwede groep wat die “tweede dood” later sal ervaar] deur gelykenisse? 11 Toe antwoord Hy en sê vir hulle: Omdat dit aan julle gegee is om die verborgenhede van die koninkryk van die hemele te ken, maar aan hulle is dit nie gegee nie. 12 Want hy wat het, aan hom sal gegee word, en hy sal oorvloed hê; maar hy wat nie het nie, van hom sal weggeneem word ook wat hy het. 13 Daarom spreek Ek tot hulle deur gelykenisse, omdat hulle, terwyl hulle sien, nie sien nie, en terwyl hulle hoor, nie hoor of verstaan nie.
Geykenisse is dus die simbole wat die waarheid vir die eerste groep oopmaak, en vir die tweede groep verblind!
Joh 12:34-40 Die skare antwoord Hom: Ons het uit die wet gehoor dat die Christus tot in ewigheid bly; en hoe sê U dat die Seun van die mens verhoog moet word? Wie is hierdie Seun van die mens? 35 En Jesus sê vir hulle: Nog ‘n klein tydjie is die lig by julle. Wandel so lank as julle die lig het, sodat die duisternis julle nie oorval nie. En wie in die duisternis wandel, weet nie waar hy gaan nie. 36 So lank as julle die lig het, glo in die lig, sodat julle kinders van die lig kan word. Dit het Jesus gespreek, en Hy het weggegaan en Hom vir hulle verberg. 37 En alhoewel Hy so baie tekens voor hulle gedoen het, het hulle nie in Hom geglo nie; 38 sodat die woord van die profeet Jesaja vervul sou word wat hy gesê het: Here, wie het ons prediking geglo, en aan wie is die arm van die Here geopenbaar? 39 Daarom kon hulle nie glo nie, omdat Jesaja óók gesê het: 40 Hy het hulle oë verblind en hulle hart verhard, sodat hulle nie met die oë sou sien en met die hart verstaan en hulle bekeer en Ek hulle genees nie.
Hierdie is harde woorde vir “hulle” wat nie God se “tekens” of simbole kan “lees”, “sien” en “hoor” nie. Een van die “tekens” wat God gebruik om die “skare” se oë mee te verblind is hierdie konsepte wat een en dieselfde ding voorstel: “die tweede dood” en “die poel wat brand met vuur en swawel”.
Open 21:8 Maar wat die vreesagtiges aangaan en die ongelowiges en gruwelikes en moordenaars en hoereerders en towenaars en afgodedienaars en al die leuenaars hulle deel is in die poel wat brand met vuur en swawel: dit is die tweede dood.
Kom ons kyk kortliks na die vier simbole wat hier genoem word (die poel, die vuur, die swawel, die dood) soos die Skrifte dit verduidelik, en God alleen sal aan elkeen die insig gee om te verstaan wat hier gesê word.
Die poel:
Die oorspronklike Griekse woord wat die gees van God gebruik om die konsep van “poel” mee te verduidelik, is die woord “limnē”. Die woord “limnē” kom ook voor in die volgende teks en dit help ons baie om die konsep van “poel” te verstaan:
Luk 5:1 En toe die skare by Hom aandring om die woord van God te hoor, gaan Hy by die meer Gennésaret staan.
‘n Meer en ‘n poel is verskillend van ‘n groot see of ‘n oseaan omdat dit na ‘n klein hoeveelheid water verwys wat op een plek saamgebring word. Jesus het dikwels by hierdie betrokke meer Sy evangelie verkondig (die meer Gennésaret was ook die meer Kinnéret in die Ou Testament genoem, en in die Nuwe Testament word dit ook die see van Galiléa en die see van Tibérias genoem). Kyk waarmee hierdie meer Gennésaret geassossieeer word in die tekste want dit is baie insiggewend vir ons begrip van die poel van vuur:
Mat 4:18-19 En terwyl Jesus langs die see van Galiléa loop, sien Hy twee broers, Simon wat genoem word Petrus, en Andréas, sy broer, besig om ‘n net in die see uit te gooi; want hulle was vissers. 19 En Hy sê vir hulle: Kom agter My aan, en Ek sal julle vissers van mense maak.
Joh 6:1-2 Daarna het Jesus na die oorkant van die see van Galiléa, dit is, van Tibérias, gegaan; 2 en ‘n groot menigte het Hom gevolg, omdat hulle sy tekens gesien het wat Hy aan die siekes doen.
Joh 6:22-23 Die volgende dag sien die skare wat oorkant die see gestaan het, dat daar geen ander skuit was nie, behalwe daardie een waarin sy dissipels gegaan het; en dat Jesus nie saam met sy dissipels in die skuit gegaan het nie, maar dat sy dissipels alleen weggevaar het. 23 Maar ander skuite het van Tibérias aangekom naby die plek waar hulle die brood geëet het, nadat die Here gedank het.
In hierdie tekste kry ons so baie verduidelings wat die “poel van vuur” is en wat die funksie van hierdie poel is. Die dissipels was maar min in getal en dit gee ons dan die idee waarom dit nie ‘n oseaan genoem word nie. Dit is die eerste groep wat hierdie “poel” vorm. Ja, Jesus se dissipels IS hierdie “poel”. Hulle word nou voorberei om God se Woord te ken in gees en waarheid om ‘n baie belangrike taak later te doen. God gaan nie nou in hierdie tyd baie mense se oë oopmaak om Sy waarheid te kan ontvang nie:
Mat 22:14 Want baie is geroep, maar min uitverkies.
Soos ook dwardeur die Skrifte beklemtoon word, gaan God baie min mense gebruik om Sy taak van oordeel in die poel van vuur te volbring. As ons weet dat God se oordeel Sy geregtigheid ten doel het, dan weet ons ook wat hierdie “min” gaan doen in die poel van vuur:
Jes 26:9 Met my siel begeer ek u in die nag; ook met my gees in my binneste soek ek U; want as u oordele op die aarde is, leer die inwoners van die wêreld geregtigheid.
Die woorde “inwoners van die wêreld” verwys na hulle wat God se geregtigheid nie ken nie, maar dit dan LEER deur Sy oordeel. Die oordeel van God bring God se geregtigheid na almal wat geleer word deur Sy ware dissipels. Kyk hoe beskryf die profeet Obadja hierdie oordeelstyd in die poel van vuur wat deur hierdie verlossers (let op die meervoud) gebring word:
Oba 1:21 Dan sal daar verlossers die berg Sion opgaan om die gebergte van Esau te oordeel, en die koninkryk sal aan die HERE toebehoort.
Die berg Sion is simboliese taal vir die verlossers (verlosdes):
Open 14:1-5 En ek het gesien, en kyk, die Lam staan op die berg Sion, en saam met Hom honderd vier en veertig duisend met sy Naam en die Naam van sy Vader op hulle voorhoofde geskrywe. 2 En ek het ‘n geluid uit die hemel gehoor soos die geluid van baie waters en soos die geluid van ‘n harde donderslag, en ek het die geluid gehoor van siterspelers wat speel op hulle siters. 3 En hulle het ‘n nuwe lied gesing voor die troon en voor die vier lewende wesens en die ouderlinge; en niemand kon die lied leer nie, behalwe die honderd vier en veertig duisend wat van die aarde vrygekoop is. 4 Dit is hulle wat hulself met vroue nie besoedel het nie, want hulle is maagdelik rein; dit is hulle wat die Lam volg waar Hy ook heengaan; dit is hulle wat gekoop is uit die mense as eerstelinge vir God en die Lam. 5 En in hulle mond is daar geen bedrog gevind nie; want hulle is sonder gebrek voor die troon van God.
Hierdie verlossers is die “eerstelinge vir God”. Die konsep “eerstelinge” waarborg dat daar nog gaan kom om God te aanbid in gees en waarheid (daar is ‘n rangorde, volgens God se keuse). Dit is die doel van die poel van vuur!!!
Die vuur:
Nou dat ons weet dat die “poel” hierdie verlossers uitbeeld, kan ons kyk waarom die “poel” brand met vuur en met swawel. Hierdie verlossers gebruik net een middel om mense tot die waarheid te bring – die waarheid self – die Woord van God:
Psa 104:4 wat van die winde sy boodskappers maak, van vuurvlamme sy dienaars.
Wat is die vuur wat hierdie boodskappers (verlossers / dienaars) dra en uitspreek?
Jer 5:14 Daarom, so sê die HERE, die God van die leërskare: Omdat julle hierdie woord spreek, kyk, Ek maak my woorde in jou mond ‘n vuur en hierdie volk hout, en dit sal hulle verteer.
God en Sy Woord is inderdaad ‘n verterende vuur wat alles wat onrein is in ons lewe uitbrand:
Heb 12:29 Want onse God is ‘n verterende vuur.
Hierdie vuur het niks te doen met die valse leer van ‘n vagevuur (of vaevuur) nie.
1Kor 3:11-15 Want niemand kan ‘n ander fondament lê as wat daar gelê is nie, dit is Jesus Christus. 12 En as iemand op dié fondament bou goud, silwer, kosbare stene, hout, hooi, stoppels— 13 elkeen se werk sal aan die lig kom, want die dag sal dit aanwys, omdat dit deur vuur openbaar gemaak word; en die vuur sal elkeen se werk op die proef stel, hoedanig dit is. 14 As iemand se werk bly staan wat hy daarop gebou het, sal hy loon ontvang; 15 as iemand se werk verbrand word, sal hy skade ly; alhoewel hy self gered sal word, maar soos deur vuur heen.
Die swawel:
Open 14:9-10 En ‘n derde engel het hulle gevolg en met ‘n groot stem gesê: As iemand die dier en sy beeld aanbid en ‘n merk op sy voorhoof of op sy hand ontvang, 10 sal hy self ook drink van die wyn van die grimmigheid van God wat ongemeng ingeskink is in die beker van sy toorn, en hy sal gepynig word met vuur en swawel [Grieks: “theion”] voor die heilige engele en voor die Lam.
Die oordeel van God is ‘n geweldige pynigingsproses vir die vlees wat die vlees uiteindelik totaal vernietig. Die pyniging vind plaas “voor die heilige engele (die “boodskappers” / die verlosdes / die verlossers) en voor die Lam! As iemand dink dat hierdie boodskappers en die Lam lekker kry om die pyniging toe te dien in die poel van vuur, dan weet so ‘n persoon glad nie wat in die poel van vuur aangaan nie. Kyk wat die betekenis is van hierdie swawel in die oorspronklike Griekse teks, soos vervat in die Griekse woordeboek van Dr James Strong:
Open 21:8 Maar wat die vreesagtiges aangaan en die ongelowiges en gruwelikes en moordenaars en hoereerders en towenaars en afgodedienaars en al die leuenaars hulle deel is in die poel wat brand met vuur en swawel [Grieks: “theion”; Strong’s #G2303] : dit is die tweede dood.
G2303
θεῖον
theion
thi’-on
Probably neuter of G2304 (in its original sense of flashing); sulphur: – brimstone.
G2304
θεῖος
theios
thi’-os
From G2316; godlike (neuter as noun, divinity): – divine, godhead.
G2316
θεός
theos
theh’-os
Of uncertain affinity; a deity
Kyk verder wat sê Thayer se Griekse definisie van die woord “theion”:
G2303
θεῖον
theion
Thayer Definition:
1) brimstone
1a) divine incense, because burning brimstone was regarded as having power to purify, and to ward off disease.
Kan jy sien wat doen die swawel in die poel van vuur? Swawel is ‘n simbool (‘n teken, ‘n gelykenis) wat ons wil inlig oor die reinigings- en helingsaspekte van die poel van vuur – om almal FINAAL van die sondeplaag (die vlees) te verlos!
Die dood:
Die dood en wat dit behels is ‘n openlike geheim vir baie, omdat God mense se oë verblind om nie die waarheid te aanvaar nie:
Pred 9:5-6 Want die lewendes weet dat hulle moet sterwe, maar die dooies weet glad niks nie, en hulle het geen loon meer nie, want hulle nagedagtenis word vergeet. 6 Hulle liefde sowel as hulle haat, ook hulle naywer, het lankal verdwyn, en hulle het vir ewig geen deel meer aan alles wat gebeur onder die son nie.
Die vlees is geskep deur God om vleeslike dinge te dink en doen. Van nature “bedink” en beleef die vlees dus “die dood” en die dinge van die dood:
Rom 8:5-8 Want die wat vleeslik is, bedink vleeslike dinge, maar die wat geestelik is, geestelike dinge. 6 Want wat die vlees bedink, is die dood, maar wat die Gees bedink, is lewe en vrede, 7 omdat wat die vlees bedink, vyandskap teen God is; want dit onderwerp hom nie aan die wet van God nie, want dit kan ook nie. 8 En die wat in die vlees is, kan God nie behaag nie;
Vlees en die dood kan nie God behaag of verheerlik nie:
Psa 115:17 Die dode en almal wat na die stilte neerdaal, sal die HERE nie loof nie;
Jes 38:18 Want die doderyk sal U nie loof nie, die dood U nie prys nie; die wat in die kuil neerdaal, sal op u trou nie hoop nie.
Dit is hierdie dood wat in ons vernietig moet word deur die uitwissing van die vlees en al sy verbintenisse. Die gelowiges gaan nou EERSTE deur hierdie proses:
1Kor 15:31 Ek sterf dag vir dag, broeders, so waar as ek op julle roem in Christus Jesus, onse Here.
Rom 6:1-4 Wat sal ons dan sê? Sal ons in die sonde bly, dat die genade meer kan word? 2 Nee, stellig nie! Ons wat die sonde afgesterf het, hoe kan ons nog daarin lewe? 3 Of weet julle nie dat ons almal wat in Christus Jesus gedoop is, in sy dood gedoop is nie? 4 Ons is dus saam met Hom begrawe deur die doop in die dood, sodat net soos Christus uit die dode opgewek is deur die heerlikheid van die Vader, ons ook so in ‘n nuwe lewe kan wandel.
Gal 2:20 Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van God wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het.
Die res van die mensdom gaan TWEEDE deur DIESELFDE proses – dit is die betekenis van die “tweede dood” – dit is die tweede groep wat deur dieselfde doop van Christus, sy oordeel, gaan om Sy lewe en geregtigheid te ontvang. Ons gaan almal net deur een dood en daarna die oordeel.
Heb 9:27 En net soos die mense bestem is om een maal te sterwe en daarna die oordeel,
God se ware kerk, die uitverkore verlosdes, gaan NOU deur die oordeel om God se geregtigheid te leer en te ontvang deur hul aflegging van die vlees – die dood:
1Pe 4:17 Want die tyd is daar dat die oordeel moet begin by die huis van God. En as dit eers by ons begin, wat sal die einde wees van die wat aan die evangelie van God ongehoorsaam is?
Petrus se vraag “wat sal die einde wees van die wat aan die evangelie van God ongehoorsaam is?” word dan beantwoord in die poel van vuur. Dit is waar die res van die mensdom op ‘n later stadium deur DIESELFDE OORDEEL sal gaan waartydens die dood dan finaal vernietig sal word en almal geestelike lewe sal ontvang deur Christus Jesus:
1Kor 15:26 Die laaste vyand wat vernietig word, is die dood.
Open 21:1-6 En ek het ‘n nuwe hemel en ‘n nuwe aarde gesien, want die eerste hemel en die eerste aarde het verbygegaan; en die see was daar nie meer nie. 2 En ek, Johannes, het die heilige stad, die nuwe Jerusalem, sien neerdaal van God uit die hemel, toeberei soos ‘n bruid wat vir haar man versier is. 3 En ek het ‘n groot stem uit die hemel hoor sê: Kyk, die tabernakel van God is by die mense, en Hy sal by hulle woon, en hulle sal sy volk wees; en God self sal by hulle wees as hulle God. 4 En God sal al die trane van hulle oë afvee, en daar sal geen dood meer wees nie; ook droefheid en geween en moeite sal daar nie meer wees nie, want die eerste dinge het verbygegaan. 5 En Hy wat op die troon sit, het gesê: Kyk, Ek maak alles nuut. En Hy het aan my gesê: Skryf, want hierdie woorde is waaragtig en betroubaar. 6 En Hy het vir my gesê: Dit is verby! Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde. Aan die dorstige sal Ek gee uit die fontein van die water van die lewe, verniet.
Alles word tot ‘n finaliteit gebring deur een van God se grootste barmhartige dade – “die tweede dood” of ook genoem “die poel van vuur”:
Open 20:11-15 En ek het ‘n groot wit troon gesien en Hom wat daarop sit, voor wie se aangesig die aarde en die hemel weggevlug het; en daar is geen plek vir hulle gevind nie. 12 En ek het die dode, klein en groot, voor God sien staan, en die boeke is geopen; en ‘n ander boek, die boek van die lewe, is geopen. En die dode is geoordeel na wat in die boeke geskryf is, volgens hulle werke. 13 En die see het die dode gegee wat daarin was, en die dood en die doderyk het die dode gegee wat daarin was; en hulle is geoordeel, elkeen volgens sy werke. 14 En die dood en die doderyk is in die poel van vuur gewerp. Dit is die tweede dood. 15 En as dit bevind is dat iemand nie opgeskryf was in die boek van die lewe nie, is hy in die poel van vuur gewerp.
Die “tweede dood” word duidelik in die Skrifte aangedui as die “poel van vuur” en ons weet nou duidelik wat hierdie poel is en wat hierdie vuur is:
Open 20:14 En die dood en die doderyk is in die poel van vuur gewerp. Dit is die tweede dood.
Open 21:8 Maar wat die vreesagtiges aangaan en die ongelowiges en gruwelikes en moordenaars en hoereerders en towenaars en afgodedienaars en al die leuenaars hulle deel is in die poel wat brand met vuur en swawel: dit is die tweede dood.