Ons aardse koningskap is TYDELIK (Deel 35)

Die eerste koning van Israel, Saul, is ‘n geestelike tipe van ons eie eerste koning, ons “aardse” mens wat voortkom volgens “die beeld” van “die eerste mens, Adam”:

1Kor 15:45 So is daar ook geskrywe: Die eerste mens, Adam, het ‘n lewende siel geword; die laaste Adam ‘n lewendmakende Gees.

1Kor 15:49 En soos ons die beeld van die aardse gedra het, so sal ons ook die beeld van die hemelse dra.

Die aardse Adam was geskep om vir ‘n vasgestelde tydperk te leef en dan vervang te word deur die “beeld van die hemelse”, die “laaste Adam”, naamlik Jesus Christus (2Pet 2:12; Rom 8:20; Jer 18:4). ALMAL van ons sal deur albei tydperke of fases geneem word – eerste die fase van die eerste Adam en daarna die fase van die laaste Adam!!!

1Kor 15:46-49 Die geestelike ewenwel is nie eerste nie, maar die natuurlike; daarna die geestelike. 47 Die eerste mens was uit die aarde aards, die tweede mens is die Here uit die hemel. 48 Soos die aardse mens was, so is ook die aardse mense; en soos die hemelse mens is, so is ook die hemelse mense. 49 En soos ons die beeld van die aardse gedra het, so sal ons ook die beeld van die hemelse dra.

Die twee Adams, die aardse en die hemelse, is egter totaal verskillend van mekaar – hulle opponeer mekaar – verwysend na die stryd tussen vlees en gees waarin ons almal betrokke is, of ons daarvan bewus is of nie:

Gal 5:17 want die vlees begeer teen die Gees, en die Gees teen die vlees; en hulle staan teenoor mekaar, sodat julle nie kan doen wat julle wil nie.

Rom 8:5-7 Want die wat vleeslik is, bedink vleeslike dinge, maar die wat geestelik is, geestelike dinge. 6 Want wat die vlees bedink, is die dood, maar wat die Gees bedink, is lewe en vrede, 7 omdat wat die vlees bedink, vyandskap teen God is; want dit onderwerp hom nie aan die wet van God nie, want dit kan ook nie.

Hierdie vyandskap tussen vlees en gees was reg in die begin deur God gevestig en dit woed nie net innerlik binne elke mens nie, maar dit kom voor deur die anale van die geskiedenis, ook soos vervat in die Skrifte:

Gen 2:16-17 En die HERE God het aan die mens bevel gegee en gesê: Van al die bome van die tuin mag jy vry eet, 17 maar van die boom van die kennis van goed en kwaad, daarvan mag jy nie eet nie; want die dag as jy daarvan eet, sal jy sekerlik sterwe.

Gen 3:15-19 En Ek sal vyandskap stel tussen jou en die vrou, en tussen jou saad en haar saad. Hy sal jou die kop vermorsel, en jy sal hom in die hakskeen byt. 16 Aan die vrou het Hy gesê: Ek sal grootliks vermeerder jou moeite en jou swangerskap; met smart sal jy kinders baar; en na jou man sal jou begeerte wees, en hy sal oor jou heers. 17 En aan die mens het Hy gesê: Omdat jy geluister het na die stem van jou vrou en van die boom geëet het waarvan Ek jou beveel het om nie te eet nie—vervloek is die aarde om jou ontwil; met moeite sal jy daarvan eet al die dae van jou lewe. 18 Ook sal dit vir jou dorings en distels voortbring; en jy sal die plante van die veld eet. 19 In die sweet van jou aangesig sal jy brood eet totdat jy terugkeer na die aarde, want daaruit is jy geneem. Want stof is jy, en tot stof sal jy terugkeer.

Die eerste Adam was van stof, aards, en tot stof sou hy terugkeer! Maar dit is wat die mens nie wil hoor nie. Die aardse mens wil glo dat hy ewig is!

Gen 3:4 Toe sê die slang vir die vrou: Julle sal gewis nie sterwe nie;

Hierdie leuen, “julle sal gewis nie sterwe nie”, word tot vandag verkondig en daar is nie ‘n mens wat hierdie leuen vryspring nie. Ons aardse vleeslike koning dink regtig hy kan heers en bly leef tot in ewigheid. Ons vlees doen alles wat hy kan om aan die ‘lewe’ te bly en die ou leuenaar, Satan, weet dit en ons speel reg in sy hand.

Job 2:4 Toe het die Satan die HERE geantwoord en gesê: Huid vir huid, en alles wat iemand het, sal hy gee vir sy lewe;

Dit is wat ons veral leer uit koning Saul se lewe. Hy het baklei met alles wat hy het om sy opvolger, Dawid, uit die weg te ruim. Om die waarheid te sê, Saul het die grootste deel van tyd as koning gewy aan sy haat vir Dawid, en het Dawid altyd dopgehou en navraag gedoen oor Dawid se doen en late. Ons vyande hou ons fyn dop en wag op ons val.

Psa 71:10-11 Want my vyande praat van my, en die wat op my lewe loer, hou saam raad 11 en sê: God het hom verlaat; agtervolg en gryp hom, want daar is geen redder nie!

Terwyl Saul se haat vir Dawid hom verblind het, was Saul totaal onbewus wat aan die gang was in God se planne met beide van hulle en hul huise:

2Sa 3:1 En daar was ‘n lang oorlog tussen die huis van Saul en die huis van Dawid, en Dawid het altyd sterker geword, maar die huis van Saul altyd swakker.

Saul se haat het in Dawid se guns gewerk! Dawid het hoeveel keer geleenthede gehad om Saul dood te maak, maar hy het geweet hoe belangrike die rol was wat Saul in God se planne speel. Ons moet ons vyande die kans gee om hulself totaal uit te woed en ons leer daaruit groot lesse! Een van die belangrike lesse is dat ons leer God se almagtigheid in alles ken!

Psa 41:5 (vers 6 in die OAV) My vyande spreek kwaad van my en sê: Wanneer sal hy sterwe en sy naam vergaan?

Eks 23:22 Maar as jy terdeë na sy stem luister en alles doen wat Ek sal sê, sal Ek die vyand van jou vyande en die teëstander van jou teëstanders wees.

Psa 138:6-7 Want die HERE is verhewe; nogtans sien Hy die nederige aan, en die hoogmoedige ken Hy uit die verte. 7 As ek te midde van benoudheid wandel, behou U my in die lewe; U steek u hand uit teen die toorn van my vyande, en u regterhand verlos my.

Daarom maak Jesus se leer oor hoe ons ons vyande moet waardeer soveel sin…

Mat 5:44-45 Maar Ek sê vir julle: Julle moet jul vyande liefhê; seën die wat vir julle vervloek, doen goed aan die wat vir julle haat, en bid vir die wat julle beledig en julle vervolg; 45 sodat julle kinders kan word van julle Vader wat in die hemele is; want Hy laat sy son opgaan oor slegtes en goeies, en Hy laat reën op regverdiges en onregverdiges.

Ons leer met tyd waarom God vyande en die boosheid in ons lewe opstel vir ‘n beperkte tyd. God is in TOTALE beheer van ALLES, ja self oor elke bose gees, en Hy beplan en bewerkstellig alles in ons lewe vir Sy doel en vir ons geestelike groei. God sit nie en kyk wat aangaan nie. Sommige skynheiliges is so subtiel in hulle bedrog as hulle sê dat God dinge ‘TOELAAT’ om te gebeur. Onsin! Die Skrifte is baie duidelik dat God ALLES BEPLAN en BEWERKSTELLIG!!!

Efes 1:11 in Hom in wie ons ook ‘n erfdeel ontvang het nadat ons vantevore daartoe verordineer is ooreenkomstig die voorneme van Hom wat alles werk volgens die raad van sy wil,

Rom 11:36 Want uit Hom en deur Hom en tot Hom is alle dinge. Syne is die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.

Jes 45:5-7 Ek is die HERE, en daar is geen ander nie; buiten My is daar geen God nie; Ek omgord jou, hoewel jy My nie geken het nie, 6 sodat hulle kan weet van die opgang van die son en van sy ondergang af dat daar buiten My geeneen is nie; Ek is die HERE, en daar is geen ander nie; 7 wat die lig formeer en die duisternis skep, die heil bewerk en die onheil skep: Ek, die HERE, is dit wat al hierdie dinge doen.

Dit wat die vyande aan ons doen en wat hulle van ons sê, is deel van die beproewinge wat as geestelike spyse dien – alles deur God beplan en bewerkstellig!

1Sa 16:13-14 Samuel neem toe die horing met olie en salf hom te midde van sy broers, en die Gees van die HERE het van dié dag af en verder oor Dawid vaardig geword. En Samuel het klaargemaak en na Rama gegaan. 14 Maar die Gees van die HERE het van Saul gewyk, en ‘n bose gees, deur die HERE gestuur, het hom verskrik.

Spr 16:4 Alles het die HERE gemaak vir sy doel, ja, ook die goddelose vir die dag van onheil.

Heb 5:14 Maar vaste spys is vir volwassenes, vir die wat geestesvermoëns besit deur die gewoonte geoefen, om goed van kwaad te onderskei.

God se uitverkorenes weet dat hulle sal ten einde laas regeer ten spyte van al die tragiese pogings van die vyande. Saul kon ook nie verhoed dat Dawid sou regeer nie en Saul kon ook nie die dag van sy dood uitstel of afstel nie.

1Sa 31:1-6 Terwyl die Filistyne teen Israel veg, het die manne van Israel vir die Filistyne weggevlug, en gesneuweldes het op die gebergte Gilbóa gelê. 2 En die Filistyne het Saul en sy seuns agternagesit, en die Filistyne het Jónatan en Abinádab en Malkisúa, die seuns van Saul, gedood. 3 Toe die geveg dan swaar word teen Saul, en die manne, die boogskutters, hom aantref, het hy gebewe van angs vir die skutters. 4 En Saul het aan sy wapendraer gesê: Trek jou swaard uit en deurboor my daarmee, anders kom hierdie onbesnedenes en deurboor my en dryf die spot met my. Maar sy wapendraer wou nie, omdat hy baie bevrees was. Daarop neem Saul die swaard en val daarin. 5 Toe sy wapendraer sien dat Saul dood was, het hy self ook in sy swaard geval en saam met hom gesterf. 6 So het dan Saul en sy drie seuns en sy wapendraer, ook al sy manne op dieselfde dag almal saam gesterwe.

About 4windkoinonia

Want let op julle roeping, broeders: julle is nie baie wyse na die vlees nie, nie baie magtiges, nie baie edeles nie; maar wat dwaas is by die wêreld, het God uitverkies om die wyse te beskaam; en wat swak is by die wêreld, het God uitverkies om wat sterk is, te beskaam; en wat onedel is by die wêreld en wat verag is, het God uitverkies, en wat niks is nie, om wat iets is, tot niet te maak, sodat geen vlees voor Hom sou roem nie. (1Kor 1:26-29)
This entry was posted in Lees eers hier. Bookmark the permalink.

Laat 'n boodskap

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s