Ons het in hierdie reeks ‘n hele paar dinge uit koning Saul, die eerste koning van Israel, se lewe gehaal wat ons baie help met ons eie lewe. Koning Saul verteenwoordig in ‘n geestelike sin, ons eie mens van vlees wat deur God aangestel was om te heers oor die aarde en skepsels daarop:
Gen 1:28 En God het hulle geseën, en God het vir hulle gesê: Wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde, onderwerp dit en heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en oor al die diere wat op die aarde kruip.
Soos Saul se koningskap ‘n beperkte tyd moes duur, so was die aardse mens nooit veronderstel om vir ewig in hierdie vleeslike toestand te leef nie. Die vlees en bloed skepping is aan nietigheid onderworpe, en kan nie in God se geestelike koninkryk ingaan nie:
Rom 8:20 Want die skepping is aan die nietigheid onderworpe nie gewillig nie, maar ter wille van hom wat dit onderwerp het.
1Kor 15:50 Maar dit verklaar ek, broeders, dat vlees en bloed die koninkryk van God nie kan beërwe nie; ook beërwe die verganklikheid nie die onverganklikheid nie.
Die vlees staan teen God en dit is hoe God dit geskep het vir ‘n baie goeie rede wat ons deur hierdie artikel ook wil uitwys:
Rom 8:6-8 Want wat die vlees bedink, is die dood, maar wat die Gees bedink, is lewe en vrede, 7 omdat wat die vlees bedink, vyandskap teen God is; want dit onderwerp hom nie aan die wet van God nie, want dit kan ook nie. 8 En die wat in die vlees is, kan God nie behaag nie;
Gal 5:17 want die vlees begeer teen die Gees, en die Gees teen die vlees; en hulle staan teenoor mekaar, sodat julle nie kan doen wat julle wil nie.
1Kor 2:14 Maar die natuurlike mens neem die dinge van die Gees van God nie aan nie; want dit is vir hom dwaasheid, en hy kan dit nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel word.
Jesus het dit duidelik gemaak dat vlees nie gees is nie.
Joh 3:1-7 En daar was ‘n man uit die Fariseërs met die naam van Nikodémus, ‘n owerste van die Jode. 2 Hy het in die nag na Jesus gekom en vir Hom gesê: Rabbi, ons weet dat U ‘n leraar is wat van God gekom het, want niemand kan hierdie tekens doen wat U doen as God nie met hom is nie. 3 Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie. 4 Nikodémus sê vir Hom: Hoe kan ‘n mens as hy oud is, gebore word? Hy kan tog nie ‘n tweede keer in die skoot van sy moeder ingaan en gebore word nie? 5 Jesus antwoord: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie. 6 Wat uit die vlees gebore is, is vlees; en wat uit die Gees gebore is, is gees. 7 Moenie jou verwonder dat Ek vir jou gesê het, julle moet weer gebore word nie.
Jesus sê aan Nikodémus, en aan ons, dat ons nie verwonder moet wees dat God reg van die begin bepaal het dat die mens eerste in tydelike vlees sal bestaan en dan deur ‘n proses van wedergeboorte geneem sal word om ten einde laas perfek in God se geestelike beeld te wees:
1Kor 15:45-49 So is daar ook geskrywe: Die eerste mens, Adam, het ‘n lewende siel geword; die laaste Adam ‘n lewendmakende Gees. 46 Die geestelike ewenwel is nie eerste nie, maar die natuurlike; daarna die geestelike. 47 Die eerste mens was uit die aarde aards, die tweede mens is die Here uit die hemel. 48 Soos die aardse mens was, so is ook die aardse mense; en soos die hemelse mens is, so is ook die hemelse mense. 49 En soos ons die beeld van die aardse gedra het, so sal ons ook die beeld van die hemelse dra.
Wedergeboorte was nooit God se plan B vir die mens nie – God het nog nooit van Sy plan A vir die mens afgewyk nie. Daar is net een plan vir die mens wat bestaan uit twee fases (tydperke / eons) waardeur elke mens sal leef – ‘n fisiese tydperk en ‘n geestelike tydperk. Kyk hoe beskryf Jeremia hierdie twee skeppings:
Jer 18:1-10 Die woord wat van die HERE tot Jeremia gekom het: 2 Maak jou klaar en gaan af na die huis van die pottebakker, en daar sal Ek jou my woorde laat hoor. 3 Toe het ek afgegaan na die huis van die pottebakker, en hy was juis besig om ‘n stuk werk op die skywe te maak. 4 En die voorwerp wat hy besig was om te maak, het misluk—soos dit gaan met klei in die hand van die pottebakker—maar hy het daaruit weer ‘n ander voorwerp gemaak soos dit in die oë van die pottebakker reg was om dit te maak. 5 Toe het die woord van die HERE tot my gekom en gesê: 6 Sal Ek nie soos hierdie pottebakker met julle kan maak nie, o huis van Israel? spreek die HERE. Kyk, soos klei in die hand van die pottebakker, so is julle in my hand, o huis van Israel! 7 In een oomblik sal Ek spreek oor ‘n nasie en oor ‘n koninkryk om dit uit te ruk en om te gooi en te vernietig; 8 maar as dié nasie waaroor Ek gespreek het, hulle bekeer van hul boosheid, sal Ek berou hê oor die onheil wat Ek van plan was om hulle aan te doen. 9 En in ‘n ander oomblik sal Ek spreek oor ‘n nasie en oor ‘n koninkryk om dit te bou en te plant; 10 maar as hulle doen wat verkeerd is in my oë deur na my stem nie te luister nie, dan sal Ek berou hê oor die goeie waarmee Ek gesê het dat Ek aan hulle goed sal doen.
Soos God met Israel gewerk het, so werk God met elke persoon in Adam:
1Kor 10:11 Maar al hierdie dinge het hulle oorgekom as voorbeelde en is opgeskrywe as ‘n waarskuwing aan ons op wie die eindes van die eeue [Grieks: “aion” = tydperk] gekom het.
As die “einde van die eeu” t.o.v. die aardse vleeslike tydperk in ons lewe aanbreek, dan word ons deur God bewus gemaak van alles wat ons in vlees was en wat Hy met ons doen. Dit is wat “die wederkoms van onse Here Jesus Christus” openbaar in ons – die aardse “mens van sonde”, dit is “die seun van die verderf” (vernietiging) wat aan ons uitgewys word. Hy is die “teëstander van God” in ons eie lewe – ons aardse mens!
2Th 2:1-4 Maar ons vra julle, broeders, met die oog op die wederkoms van onse Here Jesus Christus en ons vereniging met Hom, 2 om nie gou julle verstand te verloor of verskrik te word nie—deur gees of deur woord of deur brief wat van ons afkomstig sou wees—asof die dag van Christus al daar is. 3 Laat niemand julle op enige manier mislei nie, want eers moet die afval kom en die mens van sonde geopenbaar word, die seun van die verderf 4 die teëstander wat hom verhef bo al wat God genoem word of voorwerp van aanbidding is, sodat hy in die tempel van God as God sal sit en voorgee dat hy God is.
Luister weer na wat God deur Jeremia aan ons wil sê wat Hy doen in die eerste “oomblik” van ons lewe – dit is die tydperk van die heerskappy van die eerste Adam soos deur God self aangestel en bepaal was:
….die voorwerp wat hy besig was om te maak, het misluk—soos dit gaan met klei in die hand van die pottebakker….
In een oomblik sal Ek spreek oor ‘n nasie en oor ‘n koninkryk om dit uit te ruk en om te gooi en te vernietig.
Hier word die eerste “oomblik” deur Jakobus verduidelik:
Jak 4:13-15 Kom nou, julle wat sê: Vandag of môre sal ons na dié en dié stad gaan en daar een jaar deurbring en handel drywe en wins maak— 14 julle wat nie eens weet wat môre sal gebeur nie. Want hoedanig is julle lewe? Dit is tog maar ‘n damp wat vir ‘n kort tydjie verskyn en daarna verdwyn. 15 In plaas dat julle sê: As die Here wil en ons lewe, dan sal ons dit of dat doen.
Die aardse lewe in vlees is soos ‘n “damp” – ‘n “kort tydjie” in God se oë. In daardie “kort tydjie” word ons deur sonde (dit is wat vlees is) oorheers om daarna net weer ‘uitgeruk’ te word. Ons aardse koninkryk word dan weer ‘omgegooi’ en vernietig!
In een oomblik sal Ek spreek oor ‘n nasie en oor ‘n koninkryk om dit uit te ruk en om te gooi en te vernietig.
Die tweede tydperk (‘n “ander oomblik”) is die tydperk waar ons opgewek word in gees.
in ‘n ander oomblik sal Ek spreek oor ‘n nasie en oor ‘n koninkryk om dit te bou en te plant.
Tydens ons geestelike opwekking word ons tot bekering gelei deur God se geestelike oordeel om Sy waarheid en geregtigheid te leer – “om dit te bou en te plant”.
Rom 2:1-6 Daarom is jy, o mens wat oordeel, wie jy ook mag wees, sonder verontskuldiging; want waarin jy ‘n ander oordeel, veroordeel jy jouself; want jy wat oordeel, doen dieselfde dinge. 2 En ons weet dat die oordeel van God na waarheid is oor die wat sulke dinge doen. 3 En meen jy, o mens wat hulle oordeel wat sulke dinge doen, en dit self doen, dat jy die oordeel van God sal ontvlug? 4 Of verag jy die rykdom van sy goedertierenheid en verdraagsaamheid en lankmoedigheid, omdat jy nie besef dat die goedertierenheid van God jou tot bekering wil lei nie? 5 Maar ooreenkomstig jou verhardheid en onbekeerlike hart vergader jy vir jou toorn as ‘n skat in die dag van die toorn en die openbaring van die regverdige oordeel van God 6 wat elkeen sal vergeld na sy werke.
Jes 26:9 Met my siel begeer ek u in die nag; ook met my gees in my binneste soek ek U; want as u oordele op die aarde is, leer die inwoners van die wêreld geregtigheid.
Tydens God se oordeel word die eerste mens van sonde en sy aardse koninkryk ontbloot en uitgeruk om vervang te word met die nuwe skepping van die geestelike koninkryk van Christus Jesus. Hier is daardie belofte aan almal in die eerste Adam:
1Kor 15:22 Want soos hulle almal in Adam sterwe, so sal hulle ook almal in Christus lewend gemaak word;
Saul se koninkryk (‘n tipe van die koninkryk van die eerste Adam) moet vervang word met Dawid se koninkryk – Dawid is ‘n tipe van Christus.
Heb 2:6-13 maar iemand het êrens getuig en gesê: Wat is die mens [eerste tydperk / “damp” / “kort tydjie”], dat U aan hom dink, of die mensekind, dat U hom besoek? 7 U het hom ‘n weinig minder as die engele gemaak; met heerlikheid en eer het U hom gekroon en hom oor die werke van u hande aangestel. 8 Alle dinge het U onder sy voete gestel. Want in die onderwerping van alle dinge aan hom het Hy niks uitgesonder wat aan hom nie onderworpe is nie. Maar nou sien ons nog nie dat alle dinge aan hom onderwerp is nie; 9 maar ons sien Hom, naamlik Jesus [“wedergeboorte”], wat vir ‘n kort tydjie [Hy moes ook in vlees lewe] minder as die engele gemaak is, vanweë die lyde van die dood met heerlikheid en eer gekroon, sodat Hy deur die genade van God vir elkeen die dood sou smaak. 10 Want dit het Hom betaam, ter wille van wie alle dinge en deur wie alle dinge is, as Hy baie kinders na die heerlikheid wou bring, om die bewerker van hulle saligheid deur lyde te volmaak. 11 Want Hy wat heilig maak, sowel as hulle wat geheilig word, is almal uit Een; om hierdie rede skaam Hy Hom nie om hulle broeders te noem nie, 12 wanneer Hy sê: Ek sal u Naam aan my broeders verkondig, in die midde van die gemeente sal Ek U prys; en verder: Ek sal my vertroue op Hom stel; en verder: Hier is Ek en die kinders wat God My gegee het.
Jesus het die vlees kom ervaar, om aan elkeen in Adam die verlossing te bring. Hy gaan 100% susksesvol wees…IN ALMAL!
1Ti 2:3-6 Want dit is goed en aangenaam voor God, ons Verlosser, 4 wat wil hê dat alle mense gered word en tot kennis van die waarheid kom. 5 Want daar is een God en een Middelaar tussen God en die mense, die mens Christus Jesus, 6 wat Homself gegee het as ‘n losprys vir almal, as die getuienis op die regte tyd.
1Ti 4:9-11 Dit is ‘n betroubare woord en werd om ten volle aangeneem te word; 10 want hiervoor arbei ons ook en word ons gesmaad, omdat ons gehoop het op die lewende God wat ‘n behouder [Redder] is van alle mense, insonderheid van die gelowiges. 11 Beveel en leer hierdie dinge.
Wat God “wil hê”, dit kry Hy!
Jes 46:8-10 Dink hieraan en wees beslis; neem dit ter harte, o afvalliges! 9 Dink aan die dinge wat tevore was, van ouds af, dat Ek God is, en daar is geen ander nie; Ek is God, en daar is niemand soos Ek nie; 10 wat van die begin af verkondig die einde, en van die voortyd af wat nog nie gebeur het nie; wat sê: My raad sal bestaan, en al wat my behaag, sal Ek doen;
Jesus gaan inderdaad 100% suksesvol wees tot groot ontevredenheid van die afvallige valse profete en valse leraars. Jesus gaan almal bevry van die dood (die vlees en bloed tydperk) en van die vrees vir die dood:
Heb 2:14-18 Aangesien die kinders dan vlees en bloed deelagtig is, het Hy dit ook op dieselfde manier deelagtig geword, sodat Hy deur die dood hom tot niet kon maak wat mag oor die dood het—dit is die duiwel [die “teenstander” – 1Kor 15:26]— 15 en almal kon bevry wat hulle hele lewe lank uit vrees vir die dood aan slawerny onderworpe was. 16 Want waarlik, Hy bekommer Hom nie oor die engele nie, maar oor die geslag van Abraham bekommer Hy Hom. 17 Daarom moes Hy in alle opsigte aan sy broeders gelyk word, sodat Hy ‘n barmhartige en getroue hoëpriester kon wees in die dinge wat in betrekking tot God staan, om die sondes van die volk te versoen. 18 Want deurdat Hy self onder versoeking gely het, kan Hy dié help wat versoek word.
Die dood en die vrees vir die dood is van ons grootste vyande, maar Christus kom dit vernietig in ons “op die regte tyd” soos deur die Vader bepaal:
Joh 6:44 Niemand kan na My toe kom as die Vader wat My gestuur het, hom nie trek nie; en Ek sal hom opwek in die laaste dag.
Mat 24:35-36 Die hemel en die aarde sal verbygaan, maar my woorde sal nooit verbygaan nie. 36 Maar van dié dag en dié uur weet niemand nie, ook die engele van die hemele nie, maar net my Vader alleen.
1Kor 15:25-28 Want Hy moet as koning heers totdat Hy al sy vyande onder sy voete gestel het. 26 Die laaste vyand wat vernietig word, is die dood. 27 Want Hy het alles aan sy voete onderwerp, maar wanneer Hy sê dat alles onderwerp is, is dit duidelik dat Hy uitgesonder is wat alles aan Hom onderwerp het. 28 En wanneer alles aan Hom onderwerp is, dan sal ook die Seun self Hom onderwerp aan die Een wat alles aan Hom onderwerp het, sodat God alles in almal kan wees.
Koning Saul se lewe was gekenmerk deur vrees, en dit is wat ons eerste Adam ook ondervind – van begin tot einde. Kyk hoe Saul gesterf het, en hoe vrees tot by sy dood oor hom, en hulle wat aan hom verbind was, geheers het:
1Sa 31:1-6 Terwyl die Filistyne teen Israel veg, het die manne van Israel vir die Filistyne weggevlug, en gesneuweldes het op die gebergte Gilbóa gelê. 2 En die Filistyne het Saul en sy seuns agternagesit, en die Filistyne het Jónatan en Abinádab en Malkisúa, die seuns van Saul, gedood. 3 Toe die geveg dan swaar word teen Saul, en die manne, die boogskutters, hom aantref, het hy gebewe van angs vir die skutters. 4 En Saul het aan sy wapendraer gesê: Trek jou swaard uit en deurboor my daarmee, anders kom hierdie onbesnedenes en deurboor my en dryf die spot met my. Maar sy wapendraer wou nie, omdat hy baie bevrees was. Daarop neem Saul die swaard en val daarin. 5 Toe sy wapendraer sien dat Saul dood was, het hy self ook in sy swaard geval en saam met hom gesterf. 6 So het dan Saul en sy drie seuns en sy wapendraer, ook al sy manne op dieselfde dag almal saam gesterwe.
Ons sal in die volgende artikel verder praat oor hierdie aspek van vrees in die tydperk van ons eerste Adam.