Elkeen sal sy eie pak [kruis] dra!

Almal sal aan God rekenskap gee “vir homself” (of haarself)!

Rom 14:12  So sal elkeen van ons dan vir homself aan God rekenskap gee.

Elkeen sal inderdaad sy eie pak (kruis) dra:

Gal 6:5  Want elkeen sal sy eie pak dra.

Jesus het dit baie duidelik gestel dat elkeen sy EIE kruis moet opneem as iemand Hom volg:

Mat 10:38-39  En wie sy kruis nie neem en agter My volg nie, is My nie waardig nie.  39  Wie sy lewe vind, sal dit verloor; en wie sy lewe verloor om My ontwil, sal dit vind.

Die leerstelling van ‘n sogenaamde plaasvervangende dood van Jesus word deur die Skrif ontbloot as ‘n leuen. Om die woorde in die volgende Skrifteks te verdraai deur dit te laat sê dat Jesus Sy volgelinge se kruis en dood van hulle wegneem, deur hul plek in te neem, is ‘n totale dwaallering.

Heb 2:9  maar ons sien Hom, naamlik Jesus, wat vir ‘n kort tydjie minder as die engele gemaak is, vanweë die lyde van die dood met heerlikheid en eer gekroon, sodat Hy deur die genade van God vir elkeen die dood sou smaak.

Jesus se dood het inderdaad die deur oopgemaak waardeur ons almal verlossing van die aardse lewe kon kry! Jesus het die doodstraf van Sy eie vlees gedra om aan ons die voorbeeld te stel sodat ons in Hom kan glo wat ons die krag sal gee, om MET HOM IN ONS vir ons eie ongeregtigheid en sonde te sterf (bedoelend om ongeregtigheid en sonde te verlaat). Dit is wat Paulus met die volgende woorde wil sê:

Gal 2:20  Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van God wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het.

Jesus se kruisdood is wel ‘n historiese gebeurtenis, maar vir elke gelowige is hul eie aflê van sonde ‘n daaglikse kruisiging van welluste en trots. Jesus se kruisdood is dus baie meer as ‘n historiese gebeurtenis:

1Kor 15:31  Ek sterf dag vir dag, broeders, so waar as ek op julle roem in Christus Jesus, onse Here.

Elkeen wat geloof ontvang van Christus word deur Hom bekragtig om in hulself die lyding van hul eie kruisdood te verduur:

Kol 1:24  Nou verbly ek my in my lyding vir julle en vul in my vlees aan die oorblyfsels van die verdrukking van Christus vir sy liggaam, wat die gemeente is;

Hier is die rede hoekom dit moontlik is:

Fil 4:13 Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee.

Rekenskap gee aan God vir ‘n gelowige, is net so belangrik as die rekenskap gee aan God vir die ongelowige. Elke seun van God moet sy eie kruis dra en persoonlik sterf vir self. Paulus se woorde in die volgende teks moet ons eie woorde en dade wees elke dag:

1Kor 15:31  Ek sterf dag vir dag, broeders, so waar as ek op julle roem in Christus Jesus, onse Here.

Jeus word genoem ons Vader en dit hou direk verband met hierdie aspek van om ons eie kruis op te neem omdat Hy ons daarin help – Jesus is inderdaad die helpende Vader:

Jes 9:6  (9:5 in die OAV) Want ‘n Kind is vir ons gebore, ‘n Seun is aan ons gegee; en die heerskappy is op sy skouer, en Hy word genoem: Wonderbaar, Raadsman, Sterke God, Ewige Vader, Vredevors—

Soos Jesus ons voorgegaan het om te sterf vir ons vleeslike aanhangsels van hierdie wêreld (welluste en trots – 1Joh 2:16), so gaan elke kind van Hom deur dieselfde proses. Alhoewel Jesus geen sonde gedoen het nie, was Hy wel in ‘n “liggaam van sonde” (Rom 6:6) tydens Sy aardse leeftyd, wat dan juis vir ons uitbeeld hoe Hy “sonde gemaak” was:

2Kor 5:21  Want Hy [God] het Hom [Jesus] wat geen sonde geken het nie, sonde vir ons gemaak, sodat ons kan word geregtigheid van God in Hom.

Heb 2:14  Aangesien die kinders dan vlees en bloed deelagtig is, het Hy [Jesus, ons Vader] dit ook op dieselfde manier deelagtig geword, sodat Hy deur die dood hom tot niet kon maak wat mag oor die dood het—dit is die duiwel—

Die aardse mens, die vlees en bloed skepping, is ‘n sondige siel en is tot vernietiging bestem vanaf sy skepping:

Rom 8:20  Want die skepping is aan die nietigheid onderworpe nie gewillig nie, maar ter wille van hom wat dit onderwerp het

Hier is wat Dawid van homself en van ons almal wat in vlees en bloed geskep was gesê het:

Psa 51:5  (51:7 in die OAV) Kyk, in ongeregtigheid is ek gebore, en in sonde het my moeder my ontvang.

Jesus is heilig, selfs in sy tyd van inkarnasie, maar tog was Hy “in ongeregtigheid…gebore en in sonde het [Sy] moeder [Hom] ontvang” – Hy was “sonde gemaak” (2Kor 5:17) deur vlees en bloed deelagtig te word. Jesus het inderdaad nie gesondig nie, maar moes tydens Sy aardse lewe in hierdie ongeregtigheid (vlees en bloed) leef en alles wat ons in vlees ervaar, het Hy ook persoonlik ervaar.

Eseg 18:20  Die siel wat sondig, dié moet sterwe; die seun sal nie die ongeregtigheid van die vader help dra nie, en die vader sal nie die ongeregtigheid van die seun help dra nie; die geregtigheid van die regverdige sal op hom wees, en die goddeloosheid van die goddelose sal op hom wees.

Hy kan met alles wat ons ervaar assosieer!

Heb 2:17-18 Daarom moes Hy in alle opsigte aan sy broeders gelyk word, sodat Hy ‘n barmhartige en getroue hoëpriester kon wees in die dinge wat in betrekking tot God staan, om die sondes van die volk te versoen. 18 Want deurdat Hy self onder versoeking gely het, kan Hy dié help wat versoek word.

Daar is inderdaad “een en dieselfde lot” vir almal wat vlees en bloed deelagtig word, ook vir Jesus, die regverdige:

Heb 9:27-28 En net soos die mense bestem is om een maal te sterwe en daarna die oordeel, 28 so sal Christus ook, nadat Hy een maal geoffer is om die sondes van baie weg te neem, vir die tweede maal sonder sonde verskyn aan die wat Hom verwag tot saligheid.

Pred 9:2  Alles is gelyk vir almal: een en dieselfde lot is daar vir die regverdige en die goddelose, vir die goeie en die reine en die onreine, en vir hom wat offer en vir hom wat nie offer nie, die goeie ewe goed as die sondaar, vir hom wat sweer ewe goed as vir hom wat bang is vir ‘n eed.

Die woorde “…nadat Hy een maal geoffer is om die sondes van baie weg te neem” is 100% korrek as ons kan sien dat Jesus Christus alleen sondes wat ons teen God pleeg kan vergewe. Hy is die enigste perfekte offer wat God aanvaar het en Sy barmhartigheid aan ons oopgemaak het:

Jes 53:1-6 Wie het geglo wat aan ons verkondig is? En aan wie is die arm van die HERE geopenbaar? 2 Hy tog het soos ‘n loot voor sy aangesig opgespruit en soos ‘n wortel uit droë grond. Hy het geen gestalte of heerlikheid gehad, dat ons Hom sou aansien nie, en geen voorkoms, dat ons Hom sou begeer nie. 3 Hy was verag en deur die mense verlaat, ‘n man van smarte en bekend met krankheid; ja, soos een vir wie ‘n mens sy gelaat verberg; Hy was verag en ons het Hom nie geag nie. 4 Nogtans het Hy óns krankhede op Hom geneem, en óns smarte—dié het Hy gedra; maar óns het Hom gehou vir een wat geplaag, deur God geslaan en verdruk was. 5 Maar Hy is ter wille van ons oortredinge deurboor, ter wille van ons ongeregtighede is Hy verbrysel; die straf wat vir ons die vrede aanbring, was op Hom, en deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom. 6 Ons almal het gedwaal soos skape, ons het elkeen sy eie pad geloop; maar die HERE het die ongeregtigheid van ons almal op Hom laat neerkom.

Ons kry dus verlossing van die aardse kondisie deur die dood van Jesus, maar die volle evangelie boodskap word voltooi deur Sy opstanding in gees:

1Kor 15:1-4 Broeders, ek maak julle die evangelie bekend wat ek aan julle verkondig het, wat julle ook aangeneem het, waarin julle ook staan, 2 waardeur julle ook gered word as julle daaraan vashou op die wyse waarop ek dit aan julle verkondig het, of julle moet tevergeefs geglo het. 3 Want in die eerste plek het ek aan julle oorgelewer wat ek ook ontvang het, dat Christus vir ons sondes gesterf het volgens die Skrifte; 4 en dat Hy begrawe is, en dat Hy op die derde dag opgewek is volgens die Skrifte;

Dit is hierdie opwekkingskrag wat aan ons die vermoë skenk om deur Sy gees IN ONS ook te sterf vir ons eie sonde deur op ons eie kruis ons lewe nee te lë:

1Kor  6:14 En God het ook die Here opgewek en sal ons opwek deur sy krag.

2Kor 13:4 Want al is Hy gekruisig uit swakheid, lewe Hy tog uit die krag van God. Want ons is ook swak in Hom, maar ons sal saam met Hom vir julle lewe deur die krag van God.

Efes 1:17-23 dat die God van onse Here Jesus Christus, die Vader van die heerlikheid, aan julle die Gees van wysheid en openbaring in kennis van Hom mag gee, 18 verligte oë van julle verstand, sodat julle kan weet wat die hoop van sy roeping en wat die rykdom van die heerlikheid van sy erfdeel onder die heiliges is; 19 en wat die uitnemende grootheid van sy krag is vir ons wat glo, na die werking van die krag van sy sterkte 20 wat Hy gewerk het in Christus toe Hy Hom uit die dode opgewek het en Hom laat sit het aan sy regterhand in die hemele, 21 bo alle owerheid en mag en krag en heerskappy en elke naam wat genoem word, nie alleen in hierdie wêreld nie, maar ook in die toekomstige. 22 En Hy het alle dinge onder sy voete onderwerp en Hom as Hoof bo alle dinge aan die gemeente gegee, 23 wat sy liggaam is, die volheid van Hom wat alles in almal vervul.

Nou skenk Hy aan ons dieselfde opwekkingskrag om oorwinning oor die sonde en vlees te kan verkry. Jesus het voorsiening gemaak vir Sy “eie mense” –  dit is almal in Adam. Jesus stel die voorbeeld in alles:

1Ti 5:8  Maar iemand wat vir sy eie mense, en veral sy huisgenote, nie sorg nie, het die geloof verloën en is slegter as ‘n ongelowige.

Hulle wat nie nou hierdie boodskap van die kruis (oor hulle eie kruis en wat die kruis van Jesus eintlik beteken) en die krag van die opstanding kan aanvaar nie, ervaar dit as dwaasheid:

1Kor 1:18 Want die woord van die kruis is wel dwaasheid vir die wat verlore gaan, maar vir ons wat gered word, is dit die krag van God;

Hulle sal egter later wel hierdie boodskap kan aanvaar, soos God wil. Maar nou het God ‘n klein groepie, wat Hy self uitverkies het om in hierdie aardse tyd aanvanklik deel te wees van Sy “huisgenote”.

Mat 22:14 Want baie is geroep, maar min uitverkies.

Hierdie klein groep word dan ook genoem die “kinders van God”en hulle word nie deur die wil van ‘n mens voortgebring word – dit is alles van God!

Joh 1:12-13 Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo; 13 wat nie uit die bloed of uit die wil van die vlees of uit die wil van ‘n man nie, maar uit God gebore is.

1Jn 3:1-3 Kyk wat ‘n groot liefde die Vader aan ons bewys het, dat ons kinders van God genoem kan word! Om hierdie rede ken die wêreld ons nie, omdat dit Hom nie geken het nie. 2 Geliefdes, nou is ons kinders van God, en dit is nog nie geopenbaar wat ons sal wees nie; maar ons weet dat ons, as Hy verskyn, aan Hom gelyk sal wees, omdat ons Hom sal sien soos Hy is. 3 En elkeen wat hierdie hoop op Hom het, reinig homself soos Hy rein is.

Fil 2:14 Doen alles sonder murmurering en teëspraak, 15 sodat julle onberispelik en opreg kan wees, kinders van God sonder gebrek te midde van ‘n krom en verdraaide geslag onder wie julle skyn soos ligte in die wêreld,

Hierdie kinders van God is die “huis van God” en hulle gaan nou deur God se oordeel om Sy geregtigheid te leer waarvolgens hulle ook rekenskap gee oor hulself en God se werk in hulle:

1Pe 4:17a  Want die tyd is daar dat die oordeel moet begin by die huis van God. 

Jes 26:9 Met my siel begeer ek u in die nag; ook met my gees in my binneste soek ek U; want as u oordele op die aarde is, leer die inwoners van die wêreld geregtigheid.

Om rekenskap aan God te gee, is om te weet dat God deur Jesus alles in ons lewens vooruit bepaal het, en alles in ons lewens beheer en bewerkstellig.

Psa 139:16  U oë het my ongevormde klomp gesien; en in u boek is hulle almal opgeskrywe: dae dat alles bepaal was, toe nog geeneen van hulle daar was nie.

Jer 10:23  Ek weet, o HERE, dat aan die mens sy weg nie toebehoort nie; nie aan ‘n man om te loop en sy voetstappe te rig nie.

Efes 1:11  in Hom in wie ons ook ‘n erfdeel ontvang het nadat ons vantevore daartoe verordineer is ooreenkomstig die voorneme van Hom wat alles werk volgens die raad van sy wil.

 

 

About 4windkoinonia

Want let op julle roeping, broeders: julle is nie baie wyse na die vlees nie, nie baie magtiges, nie baie edeles nie; maar wat dwaas is by die wêreld, het God uitverkies om die wyse te beskaam; en wat swak is by die wêreld, het God uitverkies om wat sterk is, te beskaam; en wat onedel is by die wêreld en wat verag is, het God uitverkies, en wat niks is nie, om wat iets is, tot niet te maak, sodat geen vlees voor Hom sou roem nie. (1Kor 1:26-29)
This entry was posted in Lees eers hier. Bookmark the permalink.

2 Responses to Elkeen sal sy eie pak [kruis] dra!

  1. Terug pieng: Die eerste beginsels van die woorde en leer van Christus (Deel 2) | 4windkoinonia

  2. Terug pieng: Jesus se wederkoms (met spesiale verwysings na gedeeltes uit Mattheus 24 en 25, en Lukas 17 en 21): Deel 6 – Die onvoorspelbare dinge van God | 4windkoinonia

Laat 'n boodskap

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s