Die tweesnydende funksie van die Woord

Die Woord van God is die enigste maatstaf vir waarheid:

Psa 119:160 Die hele inhoud van u woord is waarheid, en al u regverdige verordeninge is tot in ewigheid.

Joh 1:1-3 In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God. 2 Hy was in die begin by God. 3 Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie.

Joh 14:6 Jesus antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.

Die Woord help ons om die leuens van die duisternis te kan sien, en ook die Lig van God:

Joh 1:4-5 In Hom was lewe, en die lewe was die lig van die mense. 5 En die lig skyn in die duisternis, en die duisternis het dit nie oorweldig nie.

Heb 4:12 Want die woord van God is lewend en kragtig en skerper as enige tweesnydende swaard, en dring deur tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg, en is ‘n beoordelaar van die oorlegginge en gedagtes van die hart.

Hierdie tweesnydende kwaliteit van die Woord skei die lig van die donker – die siel van die gees (aardse dinge teenoor geestelike dinge) en dit skei die gewrigte van die murg (om die verskil tussen uiterlike dinge en die innerlike dinge te kan sien). Die Woord is dus van toepassing op albei hierdie dimensies want dit heers oor albei domeine.

Psa 139:12 dan is selfs die duisternis vir U nie donker nie, en die nag gee lig soos die dag, die duisternis is soos die lig.

God het self hierdie twee domeine of dimensies geskep:

jes 45:5-7 Ek is die HERE, en daar is geen ander nie; buiten My is daar geen God nie; Ek omgord jou, hoewel jy My nie geken het nie, 6 sodat hulle kan weet van die opgang van die son en van sy ondergang af dat daar buiten My geeneen is nie; Ek is die HERE, en daar is geen ander nie; 7 wat die lig formeer en die duisternis skep, die heil [dit wat heilig is] bewerk en die onheil [dit wat onheilig is!] skep: Ek, die HERE, is dit wat al hierdie dinge doen.

Ons lewe binne albei hierdie domeine want ons leef van elke woord uit God se mond:

Luk 4:4 Maar Jesus antwoord en sê vir hom: Daar is geskrywe: Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord van God.

Die Woord is dus eerste vir ons donkerte (onduidelik) en ons pas dit toe op die aardse en uiterlike dinge:

Gen 1:1-2 In die begin het God die hemel en die aarde geskape. 2 En die aarde was woes en leeg, en duisternis was op die wêreldvloed, en die Gees van God het gesweef op die waters.

Maar as God Sy Lig in ons bring dan sien ons die Woord baie duideliker en alles word geestelik en innerlik (persoonlik) toegepas:

Gen 1:3 En God het gesê: Laat daar lig wees! En daar was lig.

Met hierdie lig in ons help die Woord ons om goed en kwaad te kan skei:

Gen 1:4-5 Toe sien God dat die lig goed was. En God het skeiding gemaak tussen die lig en die duisternis; 5 en God het die lig dag genoem, en die duisternis het Hy nag genoem. En dit was aand en dit was môre, die eerste dag.

Hierdie tweesnydende kwaliteit van die Woord kom regdeur die Skrifte voor. Hier is ‘n paar voorbeelde:

Gen 2:9 En die HERE God het allerhande bome uit die grond laat uitspruit, begeerlik om te sien en goed om van te eet; ook die boom van die lewe in die middel van die tuin, en die boom van die kennis van goed en kwaad.

Gen 3:15 En Ek sal vyandskap stel tussen jou en die vrou, en tussen jou saad en haar saad. Hy sal jou die kop vermorsel, en jy sal hom in die hakskeen byt.

Eks 14:19-20 En die Engel van God wat voor die leër van Israel uit getrek het, het daar weggegaan en agter hulle aan getrek. En die wolkkolom het ook voor hulle weggetrek en agter hulle gaan staan; 20 so het dit dan tussen die leër van die Egiptenaars en die leër van Israel in gekom. En die wolk was daar met die duisternis, en dit het die nag verlig, sodat die een nie naby die ander gekom het die hele nag deur nie.

Job 2:10 Maar hy antwoord haar: Soos ‘n dwaas praat, praat jy! Die goeie sou ons van God aanneem, en nie ook die slegte aanneem nie? By dit alles het Job nie gesondig met sy lippe nie.

Dwardeur die Skrifte word hierdie tweesnydende kwaliteit van die Woord aan ons gebring deur talle gelykenisse en ons so geneig om ons aan die goeie kant te stel en ander mense in die slegte kamp te plaas. Nee, ons leef van “elke woord” uit God se mond.

Mat 4:4 Maar Hy antwoord en sê: Daar is geskrywe: Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat deur die mond van God uitgaan.

Ons is dus eers….

  • die saad van die slang (ons is kinders van die duiwel – Joh 8:44);
  • Kain (die moordenaar van sy eie broer);
  • Ismael (die verwerpte eersgeborene in vlees van Abraham);
  • Jakob die bedrieër;
  • Josef se tien broers wat Josef (die uitverkorene) gehaat het, wat hom wou doodmaak, wat hom verkoop aan handelaars;
  • koning Saul (die afvallige en ongehoorsame koning van Israel);
  • die ryk man wat Lasarus (die uitverkorene) verag;
  • die Fariseër  wat glo hy is nie soos die ander mense is nie—rowers, onregverdiges, egbrekers, tollenaars nie;
  • die oudste broer wat sy verlore broer verag het en sy pa se vergewensgesindheid verkwalik het;
  • in die kerk van Éfese wat ons eerste liefde verlaat het;
  • in die kerk in Pérgamus wat struikelblokke voor ander plaas en aan die leer van die Nikolaïete vashou (om oor ander se geloof te heers en te dink jy is beter en meer toegerus);
  • in die kerk in Thiatíre waar ons toelaat dat die vrou Isébel, wat haarself ‘n profetes noem, mense leer en God se diensknegte verlei (ons hou vas aan die valse bruid van Christus met al haar valse leerstellings en wanorde);
  • in die kerk van Sardis waar ons werke nie volkome voor God is nie;
  • in die kerk van Filadelfía waar ons deel is van hulle wat sê dat hulle Jode is en dit nie is nie, maar lieg (Ons bely Christenskap, maar dit nie is in daad nie);
  • in die die gemeente van die Laodicense waar ons nie koud is en ook nie warm nie, maar oortuig is dat ons ryk is en aan niks gebrek het nie (God halfhartig dien en op aardse dinge staatmaak);
  • die dier in Openbaring wat eers in die see woon (in sonde), daarna op land kom (tot bekering kom) en dan homself aanbid (ons glo ons is gered en op pad ‘hemel toe’).

Eers nadat God aan ons almal hierdie valshede in ons eie harte en lewe uitgewys het, dat ons in Sy ware Lig begin wandel en ons…

  • die saad van die vrou word (ons is kinders van God deur die ware bruid van Jesus);
  • Abel in onsself kan sien (as ons die haat van ons geliefdes kan verstaan en hanteer, en die dood van ons ou mens aanvaar);
  • Isak as simbool van die uitverkorenes in Christus kan sien (die ware erfgenaam van God deur die geloof van Christus);
  • Jakob se nuwe naam, Israel in gees, in ons eie lewe ervaar;
  • Josef se pad van vernedering kan stap omdat ons weet dat God aan ons beloftes gegee het wat Hy gaan vervul deur ons heerskappy oor Egipte (ons sonde en vlees) en ander kan help om dieselfde status te behaal as oorwinnaars in Christus;
  • koning Dawid sien as simbool van die koning na God se hart in ons eie lewe;
  • Lasarus, die veragtelike verstotene, verstaan en nie aanstoot neem as mense ander pad kyk as hulle ons sien nie;
  • die tollenaar is wat maar ver wegstaan en selfs nie ons oë na die hemel ophef nie, en op one eie bors slaan: o God, wees my, sondaar, genadig!
  • die verlore broer is wat weet waarom hy soms sulke dom dinge aanvang en so verneder moet word voor mense.

Ja alle dinge in die Woord “behoort” aan hulle wat nie hulself mislei nie…

1Kor 3:18-23 Laat niemand homself mislei nie: as iemand meen dat hy wys is onder julle in hierdie wêreld, laat hom dwaas word, sodat hy wys kan word; 19 want die wysheid van hierdie wêreld is dwaasheid by God; want daar is geskrywe: Hy wat die wyse mense in hulle listigheid vang; 20 en verder: Die Here ken die gedagtes van die wyse mense, dat dit nietig is. 21 Laat niemand dan op mense roem nie, want alles behoort aan julle; 22 of dit Paulus is of Apollos of Céfas of die wêreld of lewe of dood of teenswoordige of toekomstige dinge—alles behoort aan julle; 23 maar julle behoort aan Christus, en Christus aan God.

Die swaard van God sny alle kante toe en dit is ‘n belangrike deel van die wapenrusting van God wat ons staande hou, omdat ons weet wat hierdie swaaard moet doen in ons eie lewe:

Heb 4:12 Want die woord van God is lewend en kragtig en skerper as enige tweesnydende swaard, en dring deur tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg, en is ‘n beoordelaar van die oorlegginge en gedagtes van die hart.

Efes 6:13-17 Daarom, neem die volle wapenrusting van God op, sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle alles volbring het, staande kan bly. 14 Staan dan vas, julle lendene met die waarheid omgord, met die borswapen van die geregtigheid aan, 15 en as skoene aan julle voete die bereidheid vir die evangelie van vrede. 16 Behalwe dit alles neem die skild van die geloof op waarmee julle al die vurige pyle van die Bose sal kan uitblus. 17 En neem aan die helm van verlossing en die swaard van die Gees—dit is die woord van God—

About 4windkoinonia

Want let op julle roeping, broeders: julle is nie baie wyse na die vlees nie, nie baie magtiges, nie baie edeles nie; maar wat dwaas is by die wêreld, het God uitverkies om die wyse te beskaam; en wat swak is by die wêreld, het God uitverkies om wat sterk is, te beskaam; en wat onedel is by die wêreld en wat verag is, het God uitverkies, en wat niks is nie, om wat iets is, tot niet te maak, sodat geen vlees voor Hom sou roem nie. (1Kor 1:26-29)
This entry was posted in Lees eers hier. Bookmark the permalink.

Laat 'n boodskap

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s