Jesus se “Naam” is nie die uitspraak van letters (J-e-s-u-s) nie, maar dit is om Sy Woord en leerstellings te eerbiedig, deur dit te doen. In ander tale kry mens heel ander woorde en uitsprake van die naam “Jesus”, byvoorbeeld: Grieks = Lisoús; Iers = Íosa; Italiaans = Gesù; Russies = Иисус. So, om die naam “Jesus” in sy generiese vorm uit te spreek, is glad nie wat God wil oordra oor Sy Seun nie. Hier, in kort, is wat die Vader wil hê ons van Jesus se “Naam” moet weet:
Luk 1:31-32 En kyk, jy sal swanger word en ‘n Seun baar, en jy moet Hom Jesus noem. 32 Hy sal groot wees en die Seun van die Allerhoogste genoem word….
1Ti 2:3-6 Want dit is goed en aangenaam voor God, ons Verlosser, 4 wat wil hê dat alle mense gered word en tot kennis van die waarheid kom. 5 Want daar is een God en een Middelaar tussen God en die mense, die mens Christus Jesus, 6 wat Homself gegee het as ‘n losprys vir almal, as die getuienis op die regte tyd.
Die woord “Christus” is ook nie Jesus se tweede naam of Sy Van nie, maar ‘n titel wat neerkom op Sy taak. “Christus” beteken dat Jesus die Gesalfde Uitverkore persoon, deur die Vader aangestel, om ‘n geestelike geslag na vore te bring in God se geestelike ewebeeld.
Jes 32:1 Kyk, ‘n koning sal regeer in geregtigheid, en die vorste sal heers volgens reg.
1Kor 15:22-28 Want soos hulle almal in Adam sterwe, so sal hulle ook almal in Christus lewend gemaak word; 23 maar elkeen in sy eie orde: as eersteling Christus, daarna die wat aan Christus behoort by sy koms. 24 Daarna kom die einde, wanneer Hy die koninkryk aan God die Vader oorgee, as Hy alle heerskappy en alle gesag en mag vernietig het. 25 Want Hy moet as koning heers totdat Hy al sy vyande onder sy voete gestel het. 26 Die laaste vyand wat vernietig word, is die dood. 27 Want Hy het alles aan sy voete onderwerp, maar wanneer Hy sê dat alles onderwerp is, is dit duidelik dat Hy uitgesonder is wat alles aan Hom onderwerp het. 28 En wanneer alles aan Hom onderwerp is, dan sal ook die Seun self Hom onderwerp aan die Een wat alles aan Hom onderwerp het, sodat God alles in almal kan wees.
Die geestelike geslag wat Jesus Christus (wat ook as die “laaste Adam” bekend staan in die Skrifte) sal voortgebring kom deur ‘n persoon wat as die “eerste Adam” bekend staan in die Skrifte. Almal wat dus aan Jesus Christus se geestelike geslag sal behoort kom deur hierdie aardse Adam:
1Kor 15:45-49 So is daar ook geskrywe: Die eerste mens, Adam, het ‘n lewende siel geword; die laaste Adam ‘n lewendmakende Gees. 46 Die geestelike ewenwel is nie eerste nie, maar die natuurlike; daarna die geestelike. 47 Die eerste mens was uit die aarde aards, die tweede mens is die Here uit die hemel. 48 Soos die aardse mens was, so is ook die aardse mense; en soos die hemelse mens is, so is ook die hemelse mense. 49 En soos ons die beeld van die aardse gedra het, so sal ons ook die beeld van die hemelse dra.
Net soos ons aardse geboorte pynlik is, soveel meer is ons geestelike wedergeboorte:
Joh 3:1-6 En daar was ‘n man uit die Fariseërs met die naam van Nikodémus, ‘n owerste van die Jode. 2 Hy het in die nag na Jesus gekom en vir Hom gesê: Rabbi, ons weet dat U ‘n leraar is wat van God gekom het, want niemand kan hierdie tekens doen wat U doen as God nie met hom is nie. 3 Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie. 4 Nikodémus sê vir Hom: Hoe kan ‘n mens as hy oud is, gebore word? Hy kan tog nie ‘n tweede keer in die skoot van sy moeder ingaan en gebore word nie? 5 Jesus antwoord: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie. 6 Wat uit die vlees gebore is, is vlees; en wat uit die Gees gebore is, is gees.
Maar die proses om almal in die eerste Adam deur te bring na die geestelike Adam gaan gepaard met pyn. Jesus is baie duidelik hieroor, dat as ons Sy Naam wil dra en dit bely, ons moet seker wees van die taak op hande:
Mat 10:34-39 Moenie dink dat Ek gekom het om vrede op die aarde te bring nie. Ek het nie gekom om vrede te bring nie, maar die swaard. 35 Want Ek het gekom om tweedrag te verwek tussen ‘n man en sy vader, en tussen ‘n dogter en haar moeder, en ‘n skoondogter en haar skoonmoeder. 36 En ‘n mens se huisgenote sal sy vyande wees. 37 Wie vader of moeder bo My liefhet, is My nie waardig nie; en wie seun of dogter bo My liefhet, is My nie waardig nie. 38 En wie sy kruis nie neem en agter My volg nie, is My nie waardig nie. 39 Wie sy lewe vind, sal dit verloor; en wie sy lewe verloor om My ontwil, sal dit vind.
Hand 14:22 en die siele van die dissipels versterk en hulle vermaan om in die geloof te bly deur te sê: Ons moet deur baie verdrukkinge in die koninkryk van God ingaan.
Om Jesus se Naam dus te hê en dit te kan dra is nie ‘n maklike proses nie. Ons moet Sy Woord en Sy leer (doktrine) ken en dit uitleef voor die hoogste tot die laagste:
Mat 10:32-33 Elkeen dan wat My sal bely voor die mense, hom sal Ek ook bely voor my Vader wat in die hemele is. 33 Maar elkeen wat My verloën voor die mense, hom sal Ek ook verloën voor my Vader wat in die hemele is.
Om Jesus se Naam te loën is om Sy Woord en leer te verontagsaam en vernalaat. Dus, deur die Seun en Sy Woord te loën is om God te loën:
1Jn 2:23-24 Elkeen wat die Seun loën, het ook nie die Vader nie. 24 Wat julle dan van die begin af gehoor het, laat dit in julle bly. As in julle bly wat julle van die begin af gehoor het, dan sal julle ook in die Seun en in die Vader bly.
Om die Seun te eer is om God te eer:
1Jn 4:15-18 Elkeen wat bely dat Jesus die Seun van God is—God bly in hom, en hy in God. 16 En ons het die liefde wat God tot ons het, leer ken en geglo. God is liefde; en hy wat in die liefde bly, bly in God, en God in hom. 17 Hierin het die liefde by ons volmaak geword, dat ons vrymoedigheid kan hê in die oordeelsdag; want soos Hy is, is ons ook in hierdie wêreld. 18 Daar is geen vrees in die liefde nie; maar die volmaakte liefde dryf die vrees buite, want die vrees sluit straf in, en hy wat vrees, het nie volmaak geword in die liefde nie.
Om Jesus se Naam te eer sluit die hemel oop in ons harte:
Joh 14:13 En wat julle ook al in my Naam mag vra, dit sal Ek doen, sodat die Vader in die Seun verheerlik kan word.
Open 3:8 Ek ken jou werke. Kyk, Ek het voor jou ‘n geopende deur gegee, en niemand kan dit sluit nie, want jy het min krag en jy het my woord bewaar en my Naam nie verloën nie.
As ons nie Sy ware leer ken en doen nie, sal dit ons absoluut NIKS baat om na sy Naam te roep in die vorm van ‘n natuurlike uitspreek van letters en klanke nie, want dit is geensins wat hierdie vers beteken nie:
Hand 2:21 En elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word.
Om die Naam van die Here aan te roep is om Sy gebooie te doen. Hier is Jesus se eie woorde in die verband!
Mat 7:21 Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is.
Luk 6:46-47 En wat noem julle My: Here, Here! en doen nie wat Ek sê nie? 47 Elkeen wat na My toe kom en na my woorde luister en dit doen Ek sal julle wys soos wie hy is.
Dit gaan of ons Sy wil of Woord ken en doen! Sy “wil” is geskryf van Genesis 1 vers 1 tot Openbaring 22 vers 21:
Mat 4:4 Maar Hy antwoord en sê: Daar is geskrywe: Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat deur die mond van God uitgaan.
Ons moet lewe van elke Woord wat deur God se mond uitgaan. Hierdie woorde beteken min vir sommige en dit klink absoluut onmoontlik en dwaas vir ons natuurlike mens. Hoe kan ons van elke Woord leef en elke Woord van God doen? Wel, die natuurlike mens kan nie God se Woorde verstaan nie:
1Kor 2:14 Maar die natuurlike mens neem die dinge van die Gees van God nie aan nie; want dit is vir hom dwaasheid, en hy kan dit nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel word.
Die natuurlike mens is vasgemaak aan natuurlike dinge en begrippe, en wil eenvoudig nie daarvan ontslae raak nie. Alles wat die natuurlike mens in ons in die Skrifte lees, word teruggevoer na ons eie verstaan en begrip. Maar die natuurlike begrip is die mees onveiligste hawe vir sielsrus:
Mat 7:26-27 En elkeen wat na hierdie woorde van My luister en dit nie doen nie, sal vergelyk word met ‘n dwase man wat sy huis op die sand gebou het. En die reën het geval en die waterstrome het gekom en die winde het gewaai en teen daardie huis aangestorm en dit het geval, en sy val was groot.
Elke huis wat op sand (tydelike sienings en opinies) gebou word, sal val soos ook elkeen wat God se geestelike Woorde met natuurlike dinge verwar. Dit is net deur ‘n geestelike konteks wat ons ALMAL Sy Woorde kan ken en doen en sodoende die veilige hawe van rus in Sy Woord kan bereik. So word ons gered as ons “die Naam van die Here aanroep”:
Mat 7:24-25 Elkeen dan wat na hierdie woorde van My luister en dit doen, hom sal Ek vergelyk met ‘n verstandige man wat sy huis op die rots gebou het. En die reën het geval en die waterstrome het gekom en die winde het gewaai en teen daardie huis aangestorm, en dit het nie geval nie, want sy fondament was op die rots.
Die vleeslike wêreld en al ons wonderlike opinies is van geen nut nie en sal verwoes word:
Joh 6:63 Dit is die Gees wat lewend maak, die vlees is van geen nut nie; die woorde wat Ek tot julle spreek, is gees en is lewe.
Hierdie veilige hawe of geestelike rus kom deur Jesus se Naam – dit is Sy geestelike Woorde wat ons doen. Ons sien onsself op elke bladsy van die Skrifte as ons “geestelike met geestelike” vergelyk:
1Kor 2:13 Daarvan spreek ons ook, nie met woorde wat die menslike wysheid leer nie, maar met dié wat die Heilige Gees leer, sodat ons geestelike dinge met geestelike vergelyk.
Heb 4:9-12 Daar bly dus ‘n sabbatsrus oor vir die volk van God; want wie in sy rus ingegaan het, rus ook self van sy werke soos God van syne. Laat ons ons dan beywer om in te gaan in dié rus, sodat niemand in dieselfde voorbeeld van ongehoorsaamheid mag val nie. Want die woord van God is lewend en kragtig en skerper as enige tweesnydende swaard, en dring deur tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg, en is ‘n beoordelaar van die oorlegginge en gedagtes van die hart.