Die geestelike betekenis van syfergetalle: Die doel van veelvoude / veelvuldigheid van getalle in die Skrifte – Die getal ’50’ (die Jubeljaar)

Veelvoude vervul ‘n hele reeks funksies in die Skrifte. Dit kan of positief of negatief toegepas word. Kom ons praat kortliks eers oor die negatiewe toepassing. Hier is ‘n voorbeeld in die Skrifte hoe die konsep van veelvoud negatief werk in ons lewe. Lameg, wat in die geslagslyn van die moordenaar Kain gebore was, was die eerste man wat in die Skrifte genoem word wat twee vrouens gehad het.

Gen 4:19 En Lameg het vir hom twee vroue geneem. Die naam van die eerste was Ada, en die naam van die tweede Silla.

God het bepaal dat ‘n man een vrou sal hê, maar die vlees is nooit tevrede met God se werkswyse nie:

Gen 2:24 Daarom sal die man sy vader en moeder verlaat en sy vrou aankleef. En hulle sal een vlees wees.

Hier is nog ‘n voorbeeld hoe die getal ‘ses’ in sy negatiewe toepassing groei tot ‘n veelvoudige sondige wese. Die mens was saam met die diere op dag ses geskape wat aan hom die negatiewe geestelike betekenis van die getal ‘ses’ besorg:

Gen 1:24-26 En God het gesê: Laat die aarde lewende wesens voortbring volgens hulle soorte: vee [Hebreeus: “behêmâh”] , kruipende diere en wilde diere van die aarde volgens hulle soorte. En dit was so. 25 En God het die wilde diere van die aarde gemaak volgens hulle soorte en die vee [Hebreeus: “behêmâh”] volgens hulle soorte en al die diere wat op die grond kruip, volgens hulle soorte. Toe sien God dat dit goed was. 26 En God het gesê: Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis, en laat hulle heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en die vee en oor die hele aarde en oor al die diere wat op die aarde kruip.

Salomo het die openbaring ontvang dat “die mens van sonde” (2Thes 2:3-4) teen God staan en geestelik as ‘n “dier” uitgeken word:

Pred 3:18 Ek het in my hart gesê: Ter wille van die mensekinders gebeur dit, dat God hulle kan beproef, en dat hulle kan insien dat hulle in hulleself vee [Hebreeus: “behêmâh” = dier] is.

Hierdie “mens van sonde”, (“die dier” van Salomo) ontwikkel deur sy lewe om uiteindelik as ‘n die antiChris (“ses honderd ses en sestig” = veelvoudige ‘ses’) deur Johannes bevestig word:

Open 13:18 Hier kom die wysheid te pas. Wie die verstand het, laat hom die getal van die dier bereken, want dit is die getal van ‘mens; en sy getal is ses honderd ses en sestig.

2Th 2:3-4 Laat niemand julle op enige manier mislei nie, want eers moet die afval kom en die mens van sonde geopenbaar word, die seun van die verderf 4 die teëstander wat hom verhef bo al wat God genoem word of voorwerp van aanbidding is, sodat hy in die tempel van God as God sal sit en voorgee dat hy God is.

Dit wys aan ons hoe veelvuldige getalle die mens se sondoige toestand en onvergenoegdheid uitbeeld. Vlees en bloed is sondig en kan nie in God se geestelik perfekte koninkryk bestaan nie:

1Kor 15:50 Maar dit verklaar ek, broeders, dat vlees en bloed die koninkryk van God nie kan beërwe nie; ook beërwe die verganklikheid nie die onverganklikheid nie.

Die veelvoudigheid van getalle het ook ‘n positiewe toepassing en een daarvan is die getal ’50’. Kom ons kyk kortliks na hoe die Skrifte die getal gebruik.

Die getal ’50’:

Soos die mens in sy vleeslikheid onperfek en onvervuld is, so staan God en Sy hele wese lynreg daar teenoor.

Gal 5:17 want die vlees begeer teen die Gees, en die Gees teen die vlees; en hulle staan teenoor mekaar, sodat julle nie kan doen wat julle wil nie.

Die getal ‘vyftig’ sluit aan by die konsep van die onbeperke mag en geestelike heerlikheid, veral van ‘n God wat alles perfek beheer en alles kry wat Hy wil hê:

Jes 46:10 wat van die begin af verkondig die einde, en van die voortyd af wat nog nie gebeur het nie; wat sê: My raad sal bestaan, en al wat my behaag, sal Ek doen.

Almal sal terugkeer na God, omdat almal aan God behoort en Hy die Behouder (Redder) is van almal deur Jesus Christus:

1Ti 2:3-6 Want dit is goed en aangenaam voor God, ons Verlosser, 4 wat wil hê dat alle mense gered word en tot kennis van die waarheid kom. 5 Want daar is een God en een Middelaar tussen God en die mense, die mens Christus Jesus, 6 wat Homself gegee het as ‘n losprys vir almal, as die getuienis op die regte tyd.

1Ti 4:9-10 Dit is ‘n betroubare woord en werd om ten volle aangeneem te word; 10 want hiervoor arbei ons ook en word ons gesmaad, omdat ons gehoop het op die lewende God wat ‘n behouder is van alle mense, insonderheid van die gelowiges.

Hier is hierdie werk van God opgeteken in ‘n Ou Testamentiese gebeurtenis – soos voorgestel deur die getal ’50’:

Lev 25:10-13 En julle moet die vyftigste jaar heilig en ‘n vrylating in die land uitroep aan al sy bewoners. Dit moet vir julle ‘n jubeljaar wees; dan moet julle elkeen na sy besitting en elkeen na sy geslag teruggaan. 11 ‘n Jubeljaar moet dit, die vyftigste jaar, vir julle wees. Julle mag nie saai nie, ook nie afoes wat dan opslaan of die druiwe van die onbesnoeide wingerdstok dan afsny nie. 12 Want dit is ‘n jubeljaar, dit moet vir julle heilig wees: van die land af moet julle die opbrings daarvan eet. 13 In hierdie jubeljaar moet julle elkeen na sy besitting teruggaan.

Hier is die Nuwe Testamentiese werklikheid:

1Kor 15:22-28 Want soos hulle almal in Adam sterwe, so sal hulle ook almal in Christus lewend gemaak word; 23 maar elkeen in sy eie orde: as eersteling Christus, daarna die wat aan Christus behoort by sy koms. 24 Daarna kom die einde, wanneer Hy die koninkryk aan God die Vader oorgee, as Hy alle heerskappy en alle gesag en mag vernietig het. 25 Want Hy moet as koning heers totdat Hy al sy vyande onder sy voete gestel het. 26 Die laaste vyand wat vernietig word, is die dood. 27 Want Hy het alles aan sy voete onderwerp, maar wanneer Hy sê dat alles onderwerp is, is dit duidelik dat Hy uitgesonder is wat alles aan Hom onderwerp het. 28 En wanneer alles aan Hom onderwerp is, dan sal ook die Seun self Hom onderwerp aan die Een wat alles aan Hom onderwerp het, sodat God alles in almal kan wees.

Hier is die onmiskenbare formule wat deur die heilige gees gegee word van die getal ’50’ – soos hulle almal in Adam sterwe, so sal hulle ook almal in Christus lewend gemaak word. Soos “almal” in Adam sterf, net so sal dieselfde “almal” in Christus geestelike lewe ontvang!!!Dit is ook die boodskap van die jubiljaar.

 Dit moet vir julle ‘n jubeljaar wees; dan moet julle elkeen na sy besitting en elkeen na sy geslag teruggaan.

Ons word almal eers in ongeloof en ongehoorsaamheid opgesluit, voordat God aan almal barmhartigheid bewys en geloof skenk om vrygelaat te word en Sy erfdeel in gees te ontvang:

Rom 11:32-35 Want God het hulle almal in die ongehoorsaamheid ingesluit om vir almal barmhartig te kan wees. 33 o Diepte van die rykdom en wysheid en kennis van God! Hoe ondeurgrondelik is sy oordele en onnaspeurlik sy weë! 34 Want wie het die gedagte van die Here geken, of wie was sy raadsman gewees? 35 Of wie het eers iets aan Hom gegee, dat dit hom vergeld moet word?

Die hele skepping “in Adam” wag met reikhalsende verlange op die openbaarmaking van die kinders van God wat almal sal bevry van die slawerny van die vlees:

Rom 8:18-22 Want ek reken dat die lyding van die teenwoordige tyd nie opweeg teen die heerlikheid wat aan ons geopenbaar sal word nie. 19 Want die skepping wag met reikhalsende verlange op die openbaarmaking van die kinders van God. 20 Want die skepping is aan die nietigheid onderworpe nie gewillig nie, maar ter wille van hom wat dit onderwerp het 21 in die hoop dat ook die skepping self vrygemaak sal word van die slawerny van die verganklikheid tot die vryheid van die heerlikheid van die kinders van God. 22 Want ons weet dat die hele skepping tesame sug en tesame in barensnood is tot nou toe.

God sal niemand vir ewig verban nie:

2Sa 14:14 Want ons moet eenmaal sterwe en soos water wees wat uitgegooi word op die grond, wat ‘n mens nie weer kan versamel nie; en God neem die lewe nie weg nie, maar Hy koester gedagtes om ‘n verstotene nie van Hom af te stoot nie.

Ons gaan almal deur dieselfde proses van dood, en daarna die oordeel om ons voor te berei vir Sy geestelike erfenis:

Heb 9:27 En net soos die mense bestem is om een maal te sterwe en daarna die oordeel.

Pred 9:2 Alles is gelyk vir almal: een en dieselfde lot is daar vir die regverdige en die goddelose, vir die goeie en die reine en die onreine, en vir hom wat offer en vir hom wat nie offer nie, die goeie ewe goed as die sondaar, vir hom wat sweer ewe goed as vir hom wat bang is vir ‘n eed.

Die Here is getrou in Sy beloftes aan almal, ten spyte van die onwaarhede wat die valse leraars en valse profete verkondig:

2Pe 3:9 Die Here vertraag nie die belofte soos sommige dit vertraging ag nie, maar Hy is lankmoedig oor ons en wil nie hê dat sommige moet vergaan nie, maar dat almal tot bekering moet kom.

1Jn 2:2 En Hy is ‘n versoening vir ons sondes, en nie alleen vir ons s’n nie, maar ook vir dié van die hele wêreld.

Die redding van almal, is die betekenis van die Jubeljaar! Die verlossing en redding van alle mense kom slegs deur Jesus Christus en hulle wie Hy as eerstelinge uitverkies het om as Redders op te tree. Wees duidelik hieroor: God gebruik VERLOSSERS (meervoud) om alle mense uiteindelik te red:

Oba 1:21 Dan sal daar verlossers die berg Sion opgaan om die gebergte van Esau te oordeel, en die koninkryk sal aan die HERE toebehoort.

Onthou: Oordeel bring God se REDDING en God se GEREGTIGHEID:

Jes 26:9 Met my siel begeer ek u in die nag; ook met my gees in my binneste soek ek U; want as u oordele op die aarde is, leer die inwoners van die wêreld geregtigheid.

About 4windkoinonia

Want let op julle roeping, broeders: julle is nie baie wyse na die vlees nie, nie baie magtiges, nie baie edeles nie; maar wat dwaas is by die wêreld, het God uitverkies om die wyse te beskaam; en wat swak is by die wêreld, het God uitverkies om wat sterk is, te beskaam; en wat onedel is by die wêreld en wat verag is, het God uitverkies, en wat niks is nie, om wat iets is, tot niet te maak, sodat geen vlees voor Hom sou roem nie. (1Kor 1:26-29)
This entry was posted in Lees eers hier. Bookmark the permalink.

Laat 'n boodskap

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s