‘….wie meen dat hy staan…’

is1Kor 10:12-13 …..wie meen dat hy staan, moet oppas dat hy nie val nie. 13 Geen versoeking het julle aangegryp behalwe ‘n menslike nie; maar God is getrou, wat nie sal toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; maar Hy sal saam met die versoeking ook die uitkoms gee, sodat julle dit sal kan verdra.

Ons begrip van “staan” en “val” in die geloof is van die bes bewaarde geheime in God se werke in en deur ons lewens. Ons almal sukkel om te verstaan waarom ons so baie foute maak (“val”). En dan dink ons soms op ander tye dat ons “staan” weer sterk in die geloof. Die aand voor Jesus se dood aan die kruis moes Hy iets aan Sy dissipels en aan ons wys:

Mat 26:36-40 Toe kom Jesus met hulle in ‘n plek met die naam van Getsémané, en Hy sê vir die dissipels: Sit hier onderwyl Ek daar gaan bid. 37 En Hy neem Petrus en die twee seuns van Sebedéüs saam en begin bedroef en benoud word. 38 Toe sê Hy vir hulle: My siel is diep bedroef tot die dood toe; bly hier en waak saam met My. 39 En Hy het ‘n bietjie verder gegaan en op sy aangesig geval en gebid en gesê: My Vader, as dit moontlik is, laat hierdie beker by My verbygaan; nogtans nie soos Ek wil nie, maar soos U wil. 40 En Hy kom by die dissipels en vind hulle aan die slaap, en Hy sê vir Petrus: So was julle dan nie in staat om een uur saam met My te waak nie?

Om te lê en slaap tipeer wat die mensdom is – hy is in ‘n diepe geestelike slaap selfs terwyl hy elke dag op en af beweeg:

Jes 29:10 Want die HERE het oor julle uitgegiet ‘n gees van diepe slaap, en Hy het julle oë—die profete—toegesluit en julle hoofde—die sieners—toegebind.

Rom 11:8 Soos geskrywe is: God het hulle [fisiese Israel en alle mense in die sin] gegee ‘n gees van diepe slaap, oë om nie te sien nie en ore om nie te hoor nie, tot vandag toe.

Ons is van vlees en kyk weer wat Jesus sê hoe vlees is:

Mat 26:41 Waak en bid, dat julle nie in versoeking kom nie. Die gees is wel gewillig, maar die vlees is swak.

Jesus verstaan. Hy het ons so gemaak – van stof:

Gen 2:7 En die HERE God het die mens geformeer uit die stof van die aarde en in sy neus die asem van die lewe geblaas. So het dan die mens ‘n lewende siel geword.

Die leer dat die mens perfek was en toe geval het, is van alle waarheid ontbloot. Ons kom uit stof en ons misluk “in die hand van die Pottebakker” -God het ons so gemaak:

Jer 18:1-4 Die woord wat van die HERE tot Jeremia gekom het: 2 Maak jou klaar en gaan af na die huis van die pottebakker, en daar sal Ek jou my woorde laat hoor. 3 Toe het ek afgegaan na die huis van die pottebakker, en hy was juis besig om ‘n stuk werk op die skywe te maak. 4 En die voorwerp wat hy besig was om te maak, het misluk—soos dit gaan met klei in die hand van die pottebakker—maar hy het daaruit weer ‘n ander voorwerp gemaak soos dit in die oë van die pottebakker reg was om dit te maak.

Die “eerste Adam” was gemaak om vernietig te word – hy was ontwerp en gemaak as ‘n “voorwerp” van mislukking en oneer wat staan teenoor God se “Voorwerp” van eer – die ander “Voorwerp” wat gemaak is “soos dit in die oë van die pottebakker reg was om dit te maak”, dit is Jesus Christus!

Rom 9:20-23 Maar tog, o mens, wie is jy wat teen God antwoord? Die maaksel kan tog nie vir die maker sê: Waarom het u my so gemaak nie? 21 Of het die pottebakker nie mag oor die klei, om uit dieselfde klomp die een voorwerp tot eer en die ander tot oneer te maak nie? 22 En as God, al wil Hy sy toorn bewys en sy mag bekend maak, tog met groot lankmoedigheid die voorwerpe van toorn wat vir die verderf toeberei is, verdra het, 23 juis om bekend te maak die rykdom van sy heerlikheid oor die voorwerpe van barmhartigheid wat Hy voorberei het tot heerlikheid.

Maar ook Jesus, voorgestel deur die “boom van lewe” was ook in die tuin geplaas en het ook uit dieselfde grond voorgekom soos die eerste Adam. Hy verstaan dus wat ons ervaar want Hy het in DIESELFDE vlees as ons s’n gekom:

Gen 2:9 En die HERE God het allerhande bome uit die grond laat uitspruit, begeerlik om te sien en goed om van te eet; ook die boom van die lewe in die middel van die tuin, en die boom van die kennis van goed en kwaad.

Joh 1:14 En die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon—en ons het sy heerlikheid aanskou, ‘n heerlikheid soos van die Eniggeborene wat van die Vader kom—vol van genade en waarheid.

Heb 2:17-18 Daarom moes Hy in alle opsigte aan sy broeders gelyk word, sodat Hy ‘n barmhartige en getroue hoëpriester kon wees in die dinge wat in betrekking tot God staan, om die sondes van die volk te versoen. 18 Want deurdat Hy self onder versoeking gely het, kan Hy dié help wat versoek word.

Deur Maria was Jesus se vlees net soos ons s’n – “uit die grond”.

Mar 6:3 Is Hy nie die timmerman, die seun van Maria, en die broer van Jakobus en Joses en Judas en Simon nie? En is sy susters nie hier by ons nie? En hulle het aanstoot aan Hom geneem.

Hoor wat sê Jesus in die tyd van Sy grootste vleeslike benoudheid:

Luk 22:42 en gesê: Vader, as U tog maar hierdie beker van My wil wegneem! Laat nogtans nie my wil nie, maar u wil geskied!

Onse vleeslike wil is dit wat “uit die grond” ook na verwys. Onse vleeslike wil wil nie God se wil erken as soewerein oor alles nie. Dit is die geveg binne-in ons en dit is waarom ons ook sleg voel wanneer ons “val”. Ons “val” wys ons net waar ons nog altyd was – aards – “uit die aarde”. Ons kom dit net elke keer meer agter as ons verkeerd doen, want ons dink ons staan:

1Kor 10:12 Daarom, wie meen dat hy staan, moet oppas dat hy nie val nie.

Ons glo selfs ons kan die dinge (soos staan en val) op ons eie doen. Wanneer ons “meen dat [ons] staan”, dink ons dat ons God daarmee kan imponeer! En wanneer ons “val”, dink ons ons het God, onsself, en almal rondom ons teleurgestel! Hoe skokkend is die waarheid tog nie. Ons trots is diep en subtiel. Ons trots dryf ons tot hierdie vlakke van absurdheid. Ons dink ons het dit alles uitgewerk en weet hoe dinge werk.

Maar daardie is die wysheid wat “uit die aarde” spruit:

Jak 3:15 Dít is nie die wysheid wat van bo kom nie, maar is aards,natuurlik, duiwels;

God is egter baie wyser as ons en Hy wil hê ons moet sien dat Sy wil in elke detail van hierdie skepping en in ons lewens seëvier.

Om te weet dat God regtig soewerein is oor alles (ook m.b.t. ons staan en val) bring vrede in ons harte. Dit bewerkstellig die goeie vrug van God in ons, die vrug van die gees wat na vore kom en waarmee die Vader so gelukkig is:

Jak 3:17 Maar die wysheid van bo is ten eerste rein, dan vredeliewend, vriendelik, geseglik, vol barmhartigheid en goeie vrugte, onpartydig en ongeveins.

Gal 5:22 Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing.

Dit is wat Jesus vir ons wil leer, ook deur al die foute wat ons maak. Ons maak die foute en ons val omdat ons swak is. God weet hoekom en ons moet weet Hy weet. Jesus se vlees was net so swak soos ons s’n want sy vlees wou ook nie “die beker” drink nie. Maar Hy het Hom nie oorgegee aan Sy vleeslike wil nie, maar ALTYD die Vader se Wil erken en gedoen:

Heb 4:15 Want ons het nie ‘n hoëpriester wat nie met ons swakhede medelye kan hê nie, maar een wat in alle opsigte versoek is net soos ons, maar sonder sonde.

Jesus moes ook die beker van die oordeel van God drink en Sy vlees prysgee:

Jes 54:7-8 Vir ‘n klein oomblik het Ek jou verlaat, maar met groot ontferminge sal Ek jou vergader. 8 In ‘n uitstorting van toorn het Ek vir ‘n oomblik my aangesig vir jou verberg, maar met ewige goedertierenheid ontferm Ek My oor jou, sê die HERE, jou Verlosser.

Jes 53:1-3 Wie het geglo wat aan ons verkondig is? En aan wie is die arm van die HERE geopenbaar? 2 Hy tog het soos ‘n loot voor sy aangesig opgespruit en soos ‘n wortel uit droë grond. Hy het geen gestalte of heerlikheid gehad, dat ons Hom sou aansien nie, en geen voorkoms, dat ons Hom sou begeer nie. 3 Hy was verag en deur die mense verlaat, ‘n man van smarte en bekend met krankheid; ja, soos een vir wie ‘n mens sy gelaat verberg; Hy was verag en ons het Hom nie geag nie.

Elkeen sal drink al dink hulle dat hulle nie sal nie:

Jer 25:15-17 Want so het die HERE, die God van Israel, vir my gesê: Neem hierdie beker van die wyn van grimmigheid uit my hand en gee dit om te drink aan al die nasies na wie Ek jou stuur, 16 dat hulle kan drink en waggel en rasend word weens die swaard wat Ek onder hulle stuur. 17 En ek het die beker uit die hand van die HERE geneem en al die volke laat drink na wie die HERE my gestuur het;

Die beker leer ons wat reg is (“staan”), en wat verkeerd  is (“val”) , en waarom dit aan ons gegee word om te kan onderskei:

Jes 26:9 Met my siel begeer ek u in die nag; ook met my gees in my binneste soek ek U; want as u oordele op die aarde is, leer die inwoners van die wêreld geregtigheid.

Heb 5:14 Maar vaste spys is vir volwassenes, vir die wat geestesvermoëns besit deur die gewoonte geoefen, om goed van kwaad te onderskei.

Die beker leer ons dat of ons staan of val, ons dit doen “met betrekking tot [ons] eie Heer” want Hy alleen hou ons ook staande om te doen wat reg is – dit is die einde van die saak:

Pred 7:8 Die einde van ‘n saak is beter as sy begin; ‘n lankmoedige is beter as ‘n hoogmoedige.

So groei ons geestelik sterker en sterker – deur lankmoedigheid!

Luk 21:19 Deur julle volharding moet julle jul lewe in besit kry.

Maar ons leer ook dat die vlees swakker en swakker word deur dieselfde proses:

Rom 14:4 Wie is jy wat die huiskneg van ‘n ander oordeel? Hy staan of val met betrekking tot sy eie heer; maar hy sal staande bly, want God is magtig om hom staande te hou.

Joh 3:30 Hy moet meer word, maar ek minder.

Jesus, ons Heer, het dit alles deurgegaan om NOU vir ons te help, want dit is net die antichris wat sê dat Jesus nie NOU alles in ons vlees bewerkstellig. Net deur Hom IN ons is ons sterk en kom die oorwinning:

1Jn 4:2-4 Hieraan ken julle die Gees van God: elke gees wat bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het [toe Hy op aarde was en ook NOU IN ons is], is uit God; 3 en elke gees wat nie bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het nie, is nie uit God nie; en dit is die gees van die Antichris waarvan julle gehoor het dat hy kom, en hy is nou al in die wêreld. 4 Julle is uit God, my kinders, en het hulle oorwin, omdat Hy wat in julle is, groter is as hy wat in die wêreld is.

Jesus in ons is ons hoop en ons geloof (dit is ‘n verborgenheid omdat so min hierdie absolute waarheid kan aanvaar):

Kol 1:27 aan wie God wou bekend maak wat die rykdom van die heerlikheid van hierdie verborgenheid onder die heidene is, dit is Christus onder [IN] julle, die hoop van die heerlikheid.

Deur Sy woord leef Hy IN ons want Hy en die woorde wat Hy spreek is een:

Joh 1:1 In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God.

Joh 12:47-49 En as iemand na my woorde luister en nie glo nie, Ek oordeel hom nie; want Ek het nie gekom om die wêreld te oordeel nie, maar om die wêreld te red. 48 Wie My verwerp en my woorde nie aanneem nie, het een wat hom oordeel: die woord wat Ek gespreek het, dit sal hom oordeel in die laaste dag. 49 Want Ek het nie uit Myself gespreek nie; maar die Vader wat My gestuur het, Hy het My ‘n gebod gegee wat Ek moet sê en wat Ek moet spreek.

Psa 119:11 Ek het u woord in my hart gebêre, dat ek teen U nie sal sondig nie.

About 4windkoinonia

Want let op julle roeping, broeders: julle is nie baie wyse na die vlees nie, nie baie magtiges, nie baie edeles nie; maar wat dwaas is by die wêreld, het God uitverkies om die wyse te beskaam; en wat swak is by die wêreld, het God uitverkies om wat sterk is, te beskaam; en wat onedel is by die wêreld en wat verag is, het God uitverkies, en wat niks is nie, om wat iets is, tot niet te maak, sodat geen vlees voor Hom sou roem nie. (1Kor 1:26-29)
This entry was posted in Lees eers hier. Bookmark the permalink.

Laat 'n boodskap

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s