MUSIEK: Kinders van die Heer
Kinders van die Heer
(Aangepas van die lied “Kinders van die wind” deur Koos Du Plessis)
1.
Ek ken ‘n ou, ou liedjie
Van lewenswel en –weë;
Van lang vergane skepe
In die kelders van die see.
2.
Die woorde is vergete,
en tog die deuntjie draal;
soos vaag bekende grepies,
in ‘n baie ou verhaal.
Koor:
Van swerwers sonder rigting
Van soekers wat nooit vind;
Maar eindelik sal almal
Die ware Jesus vind.
3.
Gesigte, drome, name
Is deur die wind verwaai;
En waarheen daardie woorde is
sou net ‘n kind kon raai.
Koor:
Swerwers sonder rigting,
Soekers wat nooit vind;
Maar eindelik sal almal
Die ware Jesus vind.
Musiek
Brug:
Eindelik sal almal
Die ware Jesus vind.
Maar eindelik sal almal
Die ware Jesus vind.
Einde:
Want soos almal in Adam sterf,
So sal almal in Christus leef!
Soos almal in Adam sterf
So sal almal in Christus leef!
Ja, Soos almal in Adam sterf
So sal almal in Christus leef!
Soos almal in Adam sterf,
So sal almal in Christus leef!