‘n Goeie naam is beter as goeie olie, en die sterfdag beter as die geboortedag. Pred 7:1
Wow! “…die sterfdag [is] beter as die geboortedag”! Daar staan dit en wie kan dit sien en aanvaar? BAIE MIN.
Die geboortedag in vlees is nie iets om te vier nie. En daar is ‘n baie goeie rede daarvoor.
Vieringe van ‘n geboortedag word net drie keer in die Skrifte gemeld en elke keer het daar iets spesifiek gebeur – kan jy dit sien in die volgende tekste?
Hier is die eerste keer en kyk wat gebeur het…
En op die derde dag, die verjaarsdag van Farao, het hy ‘n maaltyd vir al sy dienaars berei en die hoof van die voorman van die skinkers en die hoof van die voorman van die bakkers te midde van sy dienaars verhef— hy het die voorman van die skinkers herstel in sy skinkersamp, sodat hy die beker in die hand van Farao kon gee, maar die voorman van die bakkers het hy opgehang soos Josef dit aan hulle uitgelê het. Gen 40:20-22
Die tweede keer dat ‘n verjaardag gevier was is in die boek van Job:
En vir hom [Job] is daar sewe seuns en drie dogters gebore. Daarby was sy besitting sewe duisend stuks kleinvee en drie duisend kamele en vyf honderd paar beeste en vyf honderd eselinne en ‘n groot menigte slawe, sodat dié man ryker was as al die kinders van die Ooste. En sy seuns was gewoond om ‘n maaltyd aan te rig in die huis van elkeen op sy dag. Dan stuur hulle en nooi hul drie susters om saam met hulle te eet en te drink. Job 1:2-4
En op ‘n dag, terwyl sy seuns en sy dogters besig was om te eet en wyn te drink in die huis van hul oudste broer…..(Job 1:13)…..U seuns en u dogters was besig om te eet en wyn te drink in die huis van hulle oudste broer, toe daar meteens ‘n groot wind oor die woestyn kom wat die huis aan die vier hoeke gryp; en dit het op die jongmense geval, sodat hulle gesterf het; en net ek alleen het ontvlug om u dit te vertel. Job 1:18-19
Die derde keer dat ‘n geboortedag herdenk was kom voor in die Nuwe Testament…
Maar by die viering van die verjaarsdag van Herodes het die dogter van Heródias voor hulle gedans en Herodes behaag. Daarom het hy met ‘n eed beloof om haar enigiets te gee wat sy sou vra. Toe sê sy, nadat sy deur haar moeder aangehits was: Gee my hier op ‘n skottel die hoof van Johannes die Doper. En die koning het treurig geword, maar ter wille van die eed en die feesgenote het hy beveel dat dit gegee moes word. En hy het gestuur en Johannes in die gevangenis onthoof. Sy hoof is toe op ‘n skottel gebring en aan die meisie gegee, en sy het dit na haar moeder gebring. Mat 14:6-11
Daar is die drie keer in die Skrifte en al drie kere is daar dood mee verbind. Sê dit vir ons iets? Kan ons hoor wat die gees van God aan ons wil bring?
Geboorte in die vlees en vleeslike herdenking daaraan dui aan op geestelike dood.
Ek, ellendige mens! Wie sal my verlos van die liggaam van hierdie dood? Rom 7:24
Want die wat vleeslik is, bedink vleeslike dinge, maar die wat geestelik is, geestelike dinge. Want wat die vlees bedink, is die dood, maar wat die Gees bedink, is lewe en vrede, omdat wat die vlees bedink, vyandskap teen God is; want dit onderwerp hom nie aan die wet van God nie, want dit kan ook nie. En die wat in die vlees is, kan God nie behaag nie; Rom 8:5-8
Die ware Jesus het nog nooit ‘n opdrag gegee dat Sy ware volgelinge Sy verjaarsdag moet vier nie, en hulle doen dit nie.
Jesus se ware volgelinge het ware vrede en nie die vrede wat die wêreld belowe nie.
Want die wat vleeslik is, bedink vleeslike dinge, maar die wat geestelik is, geestelike dinge. Want wat die vlees bedink, is die dood, maar wat die Gees bedink, is lewe en vrede, omdat wat die vlees bedink, vyandskap teen God is; want dit onderwerp hom nie aan die wet van God nie, want dit kan ook nie. En die wat in die vlees is, kan God nie behaag nie; Rom 8:5-8
Want so sê die HERE: Kom nie in die klaaghuis en gaan nie om te rouklaag nie, en betuig geen deelneming met hulle nie; want Ek het my vrede van hierdie volk weggeneem, spreek die HERE, die goedertierenheid en die barmhartigheid. Jer 16:5
Die geboortedag in gees is baie beter want dit bring die ware lewe en die ware vrede!
Vrede laat Ek vir julle na, my vrede gee Ek aan julle; nie soos die wêreld gee, gee Ek aan julle nie. Laat julle hart nie ontsteld word en bang wees nie. Joh 14:27
Dit het Ek vir julle gesê, dat julle in My vrede kan hê. In die wêreld sal julle verdrukking hê; maar hou goeie moed, Ek het die wêreld oorwin. Joh 16:33
Die geboorte in gees OORTREF alles wat die vlees kan voorsit! Alle moderne Nikodémusse, die godsdiensleiers van die wêreld, en al hul getroue volgelinge sukkel behoorlik om die ware Jesus en Sy Woorde te verstaan. Daarom klou hulle vas aan vlees en vleeslike dinge. Hulle kan nie sien wat die volgende woorde beteken nie al maak hulle aansprake daarop dat hulle “wedergebore” is….
En daar was ‘n man uit die Fariseërs met die naam van Nikodémus, ‘n owerste van die Jode. Hy het in die nag na Jesus gekom en vir Hom gesê: Rabbi, ons weet dat U ‘n leraar is wat van God gekom het, want niemand kan hierdie tekens doen wat U doen as God nie met hom is nie. Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie. Nikodémus sê vir Hom: Hoe kan ‘n mens as hy oud is, gebore word? Hy kan tog nie ‘n tweede keer in die skoot van sy moeder ingaan en gebore word nie? Jesus antwoord: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie. Wat uit die vlees gebore is, is vlees; en wat uit die Gees gebore is, is gees. Joh 3:1-6
“Wat uit die vlees gebore is, is vlees; en wat uit die Gees gebore is, is gees”. Vlees en gees “begeer” teen mekaar:
Maar ek sê: Wandel deur die Gees, dan sal julle nooit die begeerlikheid van die vlees volbring nie; want die vlees begeer teen die Gees, en die Gees teen die vlees; en hulle staan teenoor mekaar, sodat julle nie kan doen wat julle wil nie. Gal 5:16-17