God se wil geskied ‘in die hemel, net so ook op die aarde’

God is in beheer van alles. Hy is aan die begin van die dag, en op die einde van die dag, nog steeds die Een wat alles in almal “werk volgens die raad van Sy wil”:

Efes 1:11  in Hom in wie ons ook ‘n erfdeel ontvang het nadat ons vantevore daartoe verordineer is ooreenkomstig die voorneme van Hom wat alles werk volgens die raad van sy wil.

Rom 11:36  Want uit Hom en deur Hom en tot Hom is alle dinge. Syne is die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.

Gebed se belangrike doel is om te leer dat God se wil geskied altyd “soos in die hemel net so ook op die aarde”…

Mat 6:10  laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde;

God se wil geskied ALTYD en ons as mens leer elke dag daardie les op die harde manier. En tog wil ons weer môre probeer om ons wil te laat geskied. Nee, die wil van die “aarde” (mens) kan nie God se wil beinvloed of verander nie. Wat in die hemel besluit word, gebeur presies net so op die aarde – vanaf dag een. Dit is regte manier om alles te sien wat in ons eie lewe en in die lewe van almal op die aarde gebeur.

Pred 3:1  Alles het sy bepaalde uur, en vir elke saak onder die hemel is daar ‘n tyd:

Die hemel word altyd eerste genoem om die lynfunksie en protokol, ook in terme van opdragte, duidelik te maak:

Gen 1:1  In die begin het God die hemel en die aarde geskape.

Jer 32:17  Ag, Here HERE, kyk, U het die hemel en die aarde gemaak deur u grote krag en deur u uitgestrekte arm; geen ding is vir U te wonderbaar nie.

Hand 4:24  En toe hulle dit hoor, het hulle eendragtig die stem tot God verhef en gesê: Here, U is die God wat die hemel en die aarde en die see en alles wat daarin is, gemaak het,

Die vertalers van ons Afrikaanse Bybel, soos ook in baie Engelse vertalings, kon net nie hierdie orde in die volgende verse regkry nie want hulle dink andersom – hulle plaas die aarde voor die hemel:

Mat 18:18-20  Voorwaar Ek sê vir julle, alles wat julle op die aarde bind, sal in die hemel gebonde wees; en alles wat julle op die aarde ontbind, sal in die hemel ontbonde wees.  19  Weer sê Ek vir julle: As twee van julle saamstem op die aarde oor enige saak wat hulle mag vra, dit sal hulle ten deel val van my Vader wat in die hemele is.  20  Want waar twee of drie in my Naam vergader, daar is Ek in hul midde.

Uit hierdie vertaling klink dit asof God na ons luister en op ons wag om iets te sê, en dan spring Hy aan die werk. Dit klink asof ons God kan voorskryf en Hy dan soos ons dienskneg Sy werk doen. Sommige kinderagtiges is selfs baie ontsteld as God dan anders optree soos hulle wou hê Hy moet doen. Hulle gooi dan behoorlik hul speelgoed rond. God is dan in groot moeilikheid! Verkeerd! God word nie rondgestuur deur mens nie en Hy doen nie die wil van mense nie.

Joh 9:31  En ons weet dat God nie sondaars verhoor nie; maar as iemand godvresend is en Sy wil doen, dié verhoor Hy.

Die aarde skryf nie voor aan die hemel nie. Nee, dit is in die hemel waar alle besluite geneem word voor ons as mens dit uitvoer. Hierdie vertaling sê dit baie beter:

Matt 18:18

(CLV) “Verily, I am saying to you, Whatsoever you should be binding on the earth shall be those things having been bound in the heavens…

(EMTV)  Assuredly I say to you, whatever you bind on earth shall have been bound in heaven, and whatever you loose on earth shall have been loosed in heaven.

(LITV)  Truly I say to you, Whatever you bind on the earth will be, having been bound in Heaven. And whatever you loose on the earth will be, having been loosed in Heaven. 

(MKJV)  Truly I say to you, Whatever you shall bind on earth shall occur, having been boundin Heaven; and whatever you shall loose on earth shall occur, having been loosed in Heaven. 

Die onsigbare dinge van God, die dinge in die hemel, BEPAAL en BEWERKSTELLIG alle dinge in die sigbare wêreld, en veral as ons bid moet ons dit in gedagte hou:

Heb 11:3  Deur die geloof verstaan ons dat die wêreld deur die woord van God toeberei is, sodat die dinge wat gesien word, nie ontstaan het uit sienlike dinge nie.

Hier is nog ‘n vers wat deur sommige gebruik word om te sê dat God aan ons die toestemming gee om aan Hom voor te skryf wat Hy moet doen:

Isa 45:11 (KJV) Thus saith the LORD, the Holy One of Israel, and his Maker, Ask me of things to come concerning my sons, and concerning the work of my hands command ye me.

Mense lees die woorde “command ye me” as toestemming om aan God opdragte te gee! Absurd weereens. Die vertalers van die King James weergawe, en baie ander vertalings, het die vraagteken weggelaat op die einde van daardie sin in vers 11 van Jesaja 45. Hier is ‘n paar vertalings wat die oorspronklike Hebreeus en God se denke hier reg vertaal het:

(CEV) I am the LORD, the Creator, the holy God of Israel. Do you dare question me about my own nation or about what I have done?

(ESV) Thus says the LORD, the Holy One of Israel, and the one who formed him: “Ask me of things to come; will you command me concerning my children and the work of my hands?

(GW) The LORD is the Holy One and the maker of Israel. This is what the LORD says: Ask me about what is going to happen to my children! Are you going to give me orders concerning my handiwork?

(LITV) So says Jehovah, the Holy One of Israel, and the One who formed him, Do you ask Me of the things to come? Do you give command to Me about My sons, and about the work of My hands?

God vra ‘n belangrike vraag aan die arrogante mense wat dink dat Hy hulle dienskneg is wat rondgestuur kan word. Verbeel jou…net die uitlaat van ‘n vraagteken en die mense maak sommer ‘n valse leerstelling daaruit!!!

Mat 5:18  Want voorwaar Ek sê vir julle, voordat die hemel en die aarde verbygaan, sal nie een jota of een titteltjie van die wet ooit verbygaan totdat alles gebeur het nie.

Luister gerus na jou eie gebed volgende keer. Hoeveel keer klink ons gebede of ons net opdragte aan God gee?

“…Vader seën my….my geliefdes…my hond…my kat…”

“….Vader gee….”

“…Vader genees…”

“…Vader dink aan…”

“…Vader wees saam met…”

Dit is alles reg om God te erken as die Gewer van alles, maar daar is ‘n groot probleem as ons op ons gemak sit en net opdragte gee en nie weet hoe God alles bewerkstellig VIR SY DOEL nie!

Open 4:11 U is waardig, o Here, om te ontvang die heerlikheid en die eer en die krag, want U het alles geskape en deur u wil bestaan hulle en is hulle geskape.

Onthou die mense aan Sy linkerhand wie net gepraat en niks gedoen het nie:

Mat 25:41-45  Dan sal Hy ook vir dié aan sy linkerhand sê: Gaan weg van My, julle vervloektes, in die ewige vuur wat berei is vir die duiwel en sy engele.  42  Want Ek het honger gehad, en julle het My nie te ete gegee nie; Ek het dors gehad, en julle het My nie te drinke gegee nie.  43  Ek was ‘n vreemdeling, en julle het vir My nie herberg gegee nie; naak, en julle het My nie geklee nie; siek en in die gevangenis, en julle het My nie besoek nie.  44  Dan sal hulle Hom ook antwoord en sê: Here, wanneer het ons U honger gesien of dors of ‘n vreemdeling of naak of siek of in die gevangenis, en U nie gedien nie?  45  Dan sal Hy hulle antwoord en sê: Voorwaar Ek sê vir julle, vir sover julle dit nie gedoen het aan een van hierdie geringstes nie, het julle dit aan My ook nie gedoen nie.

Onthou ook die mense wat selfs gedoen het, maar alles vir hul eie eer:

Mat 7:22-23 Baie sal in daardie dag vir My sê: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie? 23 En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk!

Hierdie mense het God as die Dienskneg gesien op die verkeerde manier. Ja, God wil hê ons moet Hom in alles eer, maar meer as dit is dat Hy wil hê dat ons moet sien dat niks buite Sy wil kan gebeur nie en dat Hy persoonlik VOLLE verantwoordelikheid neem.

Efes 1:11  in Hom in wie ons ook ‘n erfdeel ontvang het nadat ons vantevore daartoe verordineer is ooreenkomstig die voorneme van Hom wat alles werk volgens die raad van sy wil.

Rom 11:36  Want uit Hom en deur Hom en tot Hom is alle dinge. Syne is die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.

Jes 45:5-7 Ek is die HERE, en daar is geen ander nie; buiten My is daar geen God nie; Ek omgord jou, hoewel jy My nie geken het nie, 6 sodat hulle kan weet van die opgang van die son en van sy ondergang af dat daar buiten My geeneen is nie; Ek is die HERE, en daar is geen ander nie; 7 wat die lig formeer en die duisternis skep, die heil bewerk en die onheil skep: Ek, die HERE, is dit wat al hierdie dinge doen.

Spr 16:4 Alles het die HERE gemaak vir sy doel, ja, ook die goddelose vir die dag van onheil.

Jes 63:17 HERE, waarom laat U ons wegdwaal van u weë? Waarom verhard U ons hart, sodat ons U nie vrees nie? Keer terug ter wille van u knegte, die stamme van u erfdeel!

Ons leef regtig van ELKE Woord van God en ons DOEN elke woord van God – die probleem is ons kan dit nie sien in ons tyd van geestelike hoogmoed en blindheid – ons dink dat ons dade, en ook die dinge wat ons nie doen nie, afhanklik is van ons “vrye” wil:

Mat 4:4 Maar Hy antwoord en sê: Daar is geskrywe: Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat deur die mond van God uitgaan.

As ons die dag iets goed doen, dan wil ons vir ander preek en aan almal wys hoe goed ons is!!!

“Julle moet DOEN soos ek doen…”

“Kyk my geloof…”

“Kyk my vrugte…”

“Kyk my werke…”

Ons moet die gedagte prysgee wat ons laat dink dat God en die wêreld om ons draai en hulle daar is om ons te bevredig. God vra aan hierdie arrogante mense of hulle regtig glo dat hulle aan Hom kan voorskryf!!! Dit is hoe ons verkeerd bid!

Jak 4:3 Julle bid en julle ontvang nie, omdat julle verkeerd bid, om dit in julle welluste deur te bring.

As ons God dien met hierdie gedagtes, dan is ons oorgegee aan ons eie drekgode en die Here sal ons ook dan “seën” volgens ons eie drekgedagtes:

Eseg 14:1-4 Daarop het manne uit die oudstes van Israel na my gekom en voor my gaan sit. 2 Toe het die woord van die HERE tot my gekom en gesê: 3 Mensekind, hierdie manne het hulle drekgode in hulle hart opgeneem en die struikelblok tot hulle ongeregtigheid voor hulle aangesig neergesit—sou Ek My dan werklik deur hulle laat raadpleeg? 4 Daarom, spreek met hulle en sê vir hulle: So spreek die Here HERE: Elke man uit die huis van Israel wat sy drekgode in sy hart opneem en die struikelblok tot sy ongeregtigheid voor sy aangesig neersit en na die profeet toe kom—Ek, die HERE, sal hom daarvolgens, volgens die menigte van sy drekgode, antwoord gee;

As God ons oorgee aan ons drekgode van vlees, en ons dan “seën”, dan is ons in die diepste donkerte en ons kan dit nie eens sien nie. Hierdie “seën” kom neer op die geestelike konsep van om die offer vet te maak vir die slagpale:

Luk 15:23 En bring die vetgemaakte kalf en slag dit, en laat ons eet en vrolik wees.

Die mens is God se skepsel en God is in TOTALE beheer – Hy laat alles gebeur presies op tyd en 100% volgens Sy WIL. Hier is Jesaja 45 vers 11 en 12 in ‘n Afrikaanse weergawe wat die konteks baie beter uitdruk….

Jes 45:11-12  So sê die HERE, die Heilige van Israel en sy Formeerder: Vra My aangaande die toekomstige dinge; vertrou my seuns en die werk van my hande aan My toe!  12  Ek het die aarde gemaak en die mens daarop geskape; Ek—my hande het die hemel uitgespan, en Ek het aan sy ganse leërskare bevel gegee.

Dit is dus veral deur gebed waar ons leer om daardie wil van God te eerbiedig en in ootmoedigheid na God te kom.

Jak 4:13-17  Kom nou, julle wat sê: Vandag of môre sal ons na dié en dié stad gaan en daar een jaar deurbring en handel drywe en wins maak—  14  julle wat nie eens weet wat môre sal gebeur nie. Want hoedanig is julle lewe? Dit is tog maar ‘n damp wat vir ‘n kort tydjie verskyn en daarna verdwyn.  15  In plaas dat julle sê: As die Here wil en ons lewe, dan sal ons dit of dat doen.  16  Maar nou roem julle in jul grootpratery. Al sulke roem is verkeerd.  17  Wie dan weet om goed te doen en dit nie doen nie, vir hom is dit sonde.

 

 

About 4windkoinonia

Want let op julle roeping, broeders: julle is nie baie wyse na die vlees nie, nie baie magtiges, nie baie edeles nie; maar wat dwaas is by die wêreld, het God uitverkies om die wyse te beskaam; en wat swak is by die wêreld, het God uitverkies om wat sterk is, te beskaam; en wat onedel is by die wêreld en wat verag is, het God uitverkies, en wat niks is nie, om wat iets is, tot niet te maak, sodat geen vlees voor Hom sou roem nie. (1Kor 1:26-29)
This entry was posted in Lees eers hier. Bookmark the permalink.

1 Response to God se wil geskied ‘in die hemel, net so ook op die aarde’

  1. Terug pieng: Temas | "Is en Wat Was en Wat Kom" – die onbekende karakter van Jesus Christus en Sy Woord

Laat 'n boodskap

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s