Pasga of paasfees

Mense wat in die huidige vorm van ‘n “paasfees” glo, gebruik selfs die Skrif om hul geloof te verdedig. Hier is die Nuwe Testamentiese teks waar hulle die woord “paasfees” kry om hul oortuiging mee te staaf:

Hnd 12:1-4  En omtrent daardie tyd het koning Herodes sy hande geslaan aan sommige uit die gemeente om hulle kwaad aan te doen.  (2)  En hy het Jakobus, die broer van Johannes, met die swaard omgebring.  (3)  En toe hy sien dat dit die Jode welgevallig was, het hy verder ook Petrus in hegtenis geneem. En dit was die dae van die ongesuurde brode.  (4)  Toe hy hom dan gegryp het, het hy hom in die gevangenis gesit en oorgegee aan vier wagte, elkeen van vier soldate, om hom te bewaak, met die bedoeling om hom ná die paasfees [Griekse woord in die oorspronklike teks is “pascha”; Ooreenstemmig met die Hebreeuse woord: “pesach”] voor die volk te bring.

Die woord “paasfees” in hierdie gedeelte was vertaal van die woord “pascha”. Hier is Dr James Strong se verduideliking van die oorsprong van die woord “pascha” (Strong se nommer vir die woord in sy Griekse woordeboek is G3957):

πάσχα

pascha

pas’-khah

Of Chaldee origin (compare [H6453]); the Passover (the meal, the day, the festival or the special sacrifices connected with it): – Easter, Passover.

H6453

 פֶּסַח

pesach

peh’-sakh

From H6452; a pretermission, that is, exemption; used only technically of the Jewish Passover (the festival or the victim): – passover (offering).

Die Hebreeuse woord “pesach” word meer as 40 keer keer vertaal as “pasga” in die Ou Testament van die Afrikaanse Bybels. Alles van die pasga in die Ou Testament was  geestelike tipes van Christus se dood en opstanding…

Joh 1:29  Die volgende dag sien Johannes Jesus na hom toe kom, en hy sê: Dáár is die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem!

1Pe 1:19-21  maar deur die kosbare bloed van Christus, soos van ‘n lam sonder gebrek en vlekkeloos,  (20)  wat wel vooruit geken is voor die grondlegging van die wêreld, maar in hierdie laaste tye geopenbaar is om julle ontwil,  (21)  julle wat deur Hom glo in God wat Hom uit die dode opgewek en Hom heerlikheid gegee het, sodat julle geloof en hoop op God kan wees.

…..wat verder toepassing kry in ons eie lewe t.o.v. ons eie kruis opneem en sterf vir ons vleeslikheid:

Mat 10:38-39  En wie sy kruis nie neem en agter My volg nie, is My nie waardig nie.  (39)  Wie sy lewe vind, sal dit verloor; en wie sy lewe verloor om My ontwil, sal dit vind.

Die Jode in die verse in Handelinge 12 het die PASGA gevier en nie ‘n paasfees soos ons dit vandag ken nie! Ons ken nie die motiewe van die vertalers van die Afrikaanse Bybels nie, en ons kan dus nie sê hulle het die woord “paasfees” doelbewus so vertaal om mense te mislei nie. Dit is egter die ware kind van God wat nie buite die Skrifte sal gaan om betekenis vir Bybelse woorde en begrippe te wil vind nie:

1Kor 4:6  Hierdie dinge, broeders, het ek op myself en Apollos toegepas om julle ontwil, dat julle aan ons kan leer om nie te dink bo wat geskrywe is nie, sodat julle nie die een ter wille van die ander opgeblase sou wees teen ‘n derde nie.

Die ware kind van God neem ook nie EEN verwysing in die Skrifte en bou daarop ‘n leerstellling nie – dit is nie hoe die waarheid geken word nie:

2Kor 13:1  ….In die mond van twee of drie getuies sal elke woord vasstaan.

2Pe 1:19-21  En ons het die profetiese woord wat baie vas is, waarop julle tog moet ag gee soos op ‘n lamp wat in ‘n donker plek skyn, totdat die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte;  (20)  terwyl julle veral dít moet weet, dat geen profesie van die Skrif ‘n saak van eie uitlegging is nie;  (21)  want geen profesie is ooit deur die wil van ‘n mens voortgebring nie, maar, deur die Heilige Gees gedrywe, het die heilige mense van God gespreek.

Die een verwysing na ‘n “paasfees” in die Nuwe Testament kom dus net hier voor in Handelinge 12 vers 4. Daardie “paasfees” het egter niks te doen gehad met moderne “paasfees” en die moderne verdraaiings van die dood en opstanding van Jesus Christus nie. Ingelegde vis, paasbolletjies, paaseiers en al die derglike dinge wat deesdae aan die dood en opstanding van Jesus geheg word, is alles deel van ‘n kragtige dwaling wat God stuur om mense wat in hulle eie versinsels wil glo, vas te vang!

2Ts 2:10-11  en met allerhande verleiding van ongeregtigheid in die wat verlore gaan, omdat hulle die liefde tot die waarheid nie aangeneem het om gered te word nie.  (11)  En daarom sal God hulle die krag van die dwaling stuur, om die leuen te glo,

Hier is hoe die ware kind van God die pasga vier – elke dag:

1Kor 5:7-10  Suiwer dan die ou suurdeeg uit, sodat julle ‘n nuwe deeg kan wees—soos julle inderdaad ongesuurd is—want ook ons paaslam is vir ons geslag, naamlik Christus.  (8)  Laat ons dan feesvier, nie met die ou suurdeeg of met die suurdeeg van ondeug en boosheid nie, maar met die ongesuurde brode van reinheid en waarheid.  (9)  Ek het julle in my brief geskrywe om nie met hoereerders om te gaan nie—  (10)  dit wil sê, nie die hoereerders van hierdie wêreld of die gierigaards of rowers of afgodedienaars in die algemeen nie, want dan sou julle uit die wêreld moet uitgaan—

Die hoereerders van die wêreld is nie daar buite nie – dit is onsself as ons saam met die wêreld fees vier en hul verdraaiinge en leuens aanvaar as waarheid.

Rom 6:1-8  Wat sal ons dan sê? Sal ons in die sonde bly, dat die genade meer kan word?  (2)  Nee, stellig nie! Ons wat die sonde afgesterf het, hoe kan ons nog daarin lewe?  (3)  Of weet julle nie dat ons almal wat in Christus Jesus gedoop is, in sy dood gedoop is nie?  (4)  Ons is dus saam met Hom begrawe deur die doop in die dood, sodat net soos Christus uit die dode opgewek is deur die heerlikheid van die Vader, ons ook so in ‘n nuwe lewe kan wandel.  (5)  Want as ons met Hom saamgegroei het deur die gelykvormigheid aan sy dood, sal ons dit tog ook wees deur dié aan sy opstanding;  (6)  aangesien ons dit weet dat ons oue mens saam gekruisig is, sodat die liggaam van die sonde tot niet gemaak sou word en ons nie meer die sonde sou dien nie.  (7)  Want hy wat gesterf het, is geregverdig van die sonde.  (8)  As ons dan saam met Christus gesterf het, glo ons dat ons ook saam met Hom sal lewe,

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

About 4windkoinonia

Want let op julle roeping, broeders: julle is nie baie wyse na die vlees nie, nie baie magtiges, nie baie edeles nie; maar wat dwaas is by die wêreld, het God uitverkies om die wyse te beskaam; en wat swak is by die wêreld, het God uitverkies om wat sterk is, te beskaam; en wat onedel is by die wêreld en wat verag is, het God uitverkies, en wat niks is nie, om wat iets is, tot niet te maak, sodat geen vlees voor Hom sou roem nie. (1Kor 1:26-29)
This entry was posted in Lees eers hier. Bookmark the permalink.

Laat 'n boodskap

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s