God het ‘n “boek” oor elkeen se persoonlike lewe geskryf nog voor ons geboorte. Daarin het God reeds “alles bepaal” om te gebeur presies soos Hy dit wil hê:
Psa 139:16 U oë het my ongevormde klomp gesien; en in u boek is hulle almal opgeskrywe: dae dat alles bepaal was, toe nog geeneen van hulle daar was nie.
ALLES was BEPAAL deur God! Ons kan dus niks anders doen as wat in hierdie belangrike boek geskryf was nie. Maar hier lê die probleem – mense dink hulle leef heel apart van die boek wat geskryf was. Self dit is geskryf in ons “boek”. Ons almal word in ‘n strik gevang om “soos redelose diere” ons natuurlike denke te volg en te glo dat God nie eintlik oor alles almag het nie.
2Pe 2:12 Maar hulle sal, omdat hulle belaster wat hulle nie ken nie, soos redelose diere wat die natuur volg, gebore om gevang en vernietig te word, in hulle verdorwenheid te gronde gaan.
Ons natuurlike verdorwenheid is ‘n diep verleiding wat ons allerhande idees gee om te verduidelik dat God nie eintlik kan bepaal wat elke mens tydens elke sekonde van sy of haar lewe gaan doen nie.
Jer 17:9 Bedrieglik is die hart bo alle dinge, ja, verdorwe is dit; wie kan dit ken?
Ons klassifiseer al hierdie verdorwe denke en dade onder ‘n ding wat ons ‘vrye’ wil noem. Ons natuurlike denke het geen probleem om openlik te bely dat ons glo dat God soewerein is, maar in dieselfde asem sê ons ook dat ons persoonlike wil so vry is dat God se soewereinteit geen beheer daaroor het nie. Ons kan nie eens besef hoe absurd ons argument is nie. God self gee aan ons natuurlike mens hierdie dwaling en ons kan nie daarvan ontslae raak alvorens God so besluit nie. God is die Een wat die natuurlike mens van sonde in ons almal “teëhou” om die waarheid van Sy totale soewereiniteit te ontdek:
2Ts 2:6-12 En nou, julle weet wat hom teëhou, sodat hy op sy tyd geopenbaar kan word. (7) Want die verborgenheid van die ongeregtigheid is al aan die werk, net totdat hy wat nou teëhou, uit die weg geruim is; (8) en dan sal die ongeregtige geopenbaar word, hy wat die Here met die asem van sy mond sal verdelg en deur die verskyning van sy wederkoms tot niet sal maak, (9) hy wie se koms is volgens die werking van die Satan met allerhande kragtige dade en tekens en wonders van die leuen (10) en met allerhande verleiding van ongeregtigheid in die wat verlore gaan, omdat hulle die liefde tot die waarheid nie aangeneem het om gered te word nie. (11) En daarom sal God hulle die krag van die dwaling stuur, om die leuen te glo, (12) sodat almal geoordeel kan word wat die waarheid nie geglo het nie, maar behae gehad het in die ongeregtigheid.
Ons ontdek die waarheid van God se dinge en werke, nadat ons eers ons eie afvallige toestand kan sien, by die wederkoms van Jesus in ons harte volgens God se besluit. Dit is baie hard en vernederend om te ontdek dat ons vir baie jare mislei was, toe ons oortuig was dat ons reg was! Dit is die krag van die dwaling wat God oor ons eie mens van sonde gebring het vanaf sy skepping!
2Ts 2:1-4 Maar ons vra julle, broeders, met die oog op die wederkoms van onse Here Jesus Christus en ons vereniging met Hom, (2) om nie gou julle verstand te verloor of verskrik te word nie—deur gees of deur woord of deur brief wat van ons afkomstig sou wees—asof die dag van Christus al daar is. (3) Laat niemand julle op enige manier mislei nie, want eers moet die afval kom en die mens van sonde geopenbaar word, die seun van die verderf (4) die teëstander wat hom verhef bo al wat God genoem word of voorwerp van aanbidding is, sodat hy in die tempel van God as God sal sit en voorgee dat hy God is.
Ons kan net die ware toestand van ons eie “ongeregtige” (die “mens van sonde”) leer ken by Jesus se wederkoms in ons!
2Ts 2:8 en dan sal die ongeregtige geopenbaar word, hy wat die Here met die asem van sy mond sal verdelg en deur die verskyning van sy wederkoms tot niet sal maak,
Dit is net by hierdie wederkoms van Jesus dat God Sy geregtigheid in ons vestig deur Sy oordele:
Jes 26:9 Met my siel begeer ek u in die nag; ook met my gees in my binneste soek ek U; want as u oordele [Hebreeus: ‘mishpâṭ’] op die aarde is, leer die inwoners van die wêreld geregtigheid.
Vanaf ons skepping is ons dus eers “van die wêreld” en ons ken nie God se waarhede nie. Ons word gelei deur ons aardse drange en nie deur die gees van God nie. Ons doen dus presies wat die volgende woorde sê ons nie moet doen nie!
1Jo 2:15-16 Moenie die wêreld liefhê of die dinge wat in die wêreld is nie. As iemand die wêreld liefhet, dan is die liefde van die Vader nie in hom nie. (16) Want alles wat in die wêreld is—die begeerlikheid van die vlees en die begeerlikheid van die oë en die grootsheid van die lewe—is nie uit die Vader nie, maar is uit die wêreld.
Dit is God se woorde wat hier staan in 1Johannes 2, en ons moet eerlik wees dat ons wel van hierdie woorde leef.
Mat 4:4 Maar Hy antwoord en sê: Daar is geskrywe: Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat deur die mond van God uitgaan.
Ons doen eers al die dinge wat God sê ons NIE moet doen nie. Ons het eers die wêreld lief in ons tyd van afval (weg van God se waarheid). Ons luister nie sorgvuldig na God se woorde wat ons doen in ons tyd van die natuurlike mens se heerskappy in ons lewens (die tyd van afval):
Deu 12:28 Luister sorgvuldig na al hierdie woorde wat ek jou beveel, dat dit met jou en jou kinders ná jou goed kan gaan tot in ewigheid, as jy doen wat goed en reg is in die oë van die HERE jou God.
Ons word eers blootgestel aan die valse leringe van ons eie oortuigende leraars wat ons in ons tyd van blindheid mislei. Hulle oortuig ons om so ver as moontlik weg te bly van God se oordeel. Kan jy dit glo? Dit is juis die oordeel van God wat ons help om die waarheid te ontdek oor onsself, oor ander mense en oor God.
Dit is egter God wat ons altyd aanmoedig om te SOEK na Sy oordele!
“…met my gees in my binneste soek ek U; want as u oordele op die aarde is, leer die inwoners van die wêreld geregtigheid.”
Ons kan net goed doen en ons kan net reg doen in die oë van die HERE, as ons die reg (die oordele) van God soek!
Jes 1:17 leer om goed te doen, soek die reg, beteuel die verdrukker, doen reg aan die wees, verdedig die saak van die weduwee.
Ons almal word deur God se strafgerig (oordele) verlos van ons ou mens van sonde. Die valse leraars wat ons waarsku om God se oordele te vermy, preek leuens!
Jes 1:27 Sion sal deur strafgerig [Hebreeus: ‘mishpâṭ’] verlos word en die van hom wat terugkeer, deur geregtigheid.
Maar ons aardse mens en sy denke kan nie hierdie harde woorde aanvaar nie want ons hou nie daarvan om verkeerd te wees nie. Nee, ons is reg in ons eie oë. Ons hou ook nie van vernedering en pyn nie. Ons wil ook nie van die aardse mens en sy verknogdhede skei nie. Selfs hulle wat bely dat hulle in Jesus Christus glo, wil hierdie aardse mens, sy aardse betrekkinge en sy aardse genot behou…ons ken Jesus, maar ons ken Hom net in die vlees. Al die ou dinge van die vlees het nog nie verbygegaan nie. Jesus het nog nie na ons gekom met Sy geestelike wederkoms en geestelike oordeel nie:
2Kor 5:16-17 Ons ken dus van nou af niemand meer na die vlees nie; en al het ons ook Christus na die vlees geken, nou ken ons Hom tóg nie meer so nie. (17) Daarom, as iemand in Christus is, is hy ‘n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword.
God se oordele oor ons aardse mens is baie nodig sodat ons verby die aardse dinge kan kyk. Maar dit kan net gebeur as ons die geestelike denke van Christus kry. Dit beteken ons moet God vra om ons aardse boek toe te maak en Christus se boek, die Boek van die Lewe, oop te maak. Dit is wat gebeur tydens die oordeel van God:
Opn 20:12 En ek het die dode, klein en groot, voor God sien staan, en die boeke is geopen; en ‘n ander boek, die boek van die lewe, is geopen. En die dode is geoordeel na wat in die boeke geskryf is, volgens hulle werke.
Tydens God se oordele word ons werke deur God se vuur beoordeel:
1Kor 3:13 elkeen se werk sal aan die lig kom, want die dag sal dit aanwys, omdat dit deur vuur openbaar gemaak word; en die vuur sal elkeen se werk op die proef stel, hoedanig dit is.
Tydens God se oordele word ons aardse werke van vlees vernietig en ons sal groot skade ly.
1Kor 3:15a as iemand se werk verbrand word, sal hy skade ly….
Maar die verbranding is eintlik ons redding! Die nuwe mens verrys uit die as en stof van die ou mens!!!!
Gen 3:19 In die sweet van jou aangesig sal jy brood eet totdat jy terugkeer na die aarde, want daaruit is jy geneem. Want stof is jy, en tot stof sal jy terugkeer.
Psa 113:5-7 Wie is soos die HERE onse God, wat hoog woon, (6) wat laag neersien, in die hemel en op die aarde? (7) Wat die geringe uit die stof oprig, die behoeftige van die ashoop af verhef;
Ons weet nou waarom die eerste Adam so noodsaaklike deel is van die proses. Ons aardse boek is presies korrek geskryf en ons leef elke woord daarin tot op die laaste letter. As “die Boek van die Lewe” geopen word sien ons alles beter en baie duidelik, en ons doen wat goed en reg is in die oë van die HERE, deur die laaste Adam, Jesus Christus (God se Boek van die Lewe vir elke mens!).
1Kor 15:45-50 So is daar ook geskrywe: Die eerste mens, Adam, het ‘n lewende siel geword; die laaste Adam ‘n lewendmakende Gees. (46) Die geestelike ewenwel is nie eerste nie, maar die natuurlike; daarna die geestelike. (47) Die eerste mens was uit die aarde aards, die tweede mens is die Here uit die hemel. (48) Soos die aardse mens was, so is ook die aardse mense; en soos die hemelse mens is, so is ook die hemelse mense. (49) En soos ons die beeld van die aardse gedra het, so sal ons ook die beeld van die hemelse dra. (50) Maar dit verklaar ek, broeders, dat vlees en bloed die koninkryk van God nie kan beërwe nie; ook beërwe die verganklikheid nie die onverganklikheid nie.
Ons kan dan ons hele boek verstaan en weet waarom alles so gebeur het in ons lewe, ook die hartseer en verdriet pas perfek in:
Opn 21:4-6 En God sal al die trane van hulle oë afvee, en daar sal geen dood meer wees nie; ook droefheid en geween en moeite sal daar nie meer wees nie, want die eerste dinge het verbygegaan. (5) En Hy wat op die troon sit, het gesê: Kyk, Ek maak alles nuut. En Hy het aan my gesê: Skryf, want hierdie woorde is waaragtig en betroubaar. (6) En Hy het vir my gesê: Dit is verby! Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde. Aan die dorstige sal Ek gee uit die fontein van die water van die lewe, verniet.
God het die beste plan uitgewerk vir elkeen persoonlik om die beste van te leer.
1Kor 3:15b ….alhoewel hy self gered sal word, maar soos deur vuur heen.
God is almagtig!
Alle eer aan Hom!
Net Sy wil geskied in hemel en op aarde!
Ons leer om sorgvuldig te luister na al God se woorde, deur God se oordele. As ons nou geoordeel word, dan is ons baie, baie bevoorreg:
1Pe 4:17 Want die tyd is daar dat die oordeel moet begin by die huis van God. En as dit eers by ons begin, wat sal die einde wees van die wat aan die evangelie van God ongehoorsaam is?
“Die einde van die wat aan die evangelie van God ongehoorsaam is” is die tweede opstanding en die oordeel in die poel van vuur.
Opn 20:12-15 En ek het die dode, klein en groot, voor God sien staan, en die boeke is geopen; en ‘n ander boek, die boek van die lewe, is geopen. En die dode is geoordeel na wat in die boeke geskryf is, volgens hulle werke. (13) En die see het die dode gegee wat daarin was, en die dood en die doderyk het die dode gegee wat daarin was; en hulle is geoordeel, elkeen volgens sy werke. (14) En die dood en die doderyk is in die poel van vuur gewerp. Dit is die tweede dood. (15) En as dit bevind is dat iemand nie opgeskryf was in die boek van die lewe nie, is hy in die poel van vuur gewerp.
Hierdie is dieselfde oordeel wat die “huis van God”, Sy Kerk, deurgaan (1Pet 4:17).
Prd 9:2 Alles is gelyk vir almal: een en dieselfde lot is daar vir die regverdige en die goddelose, vir die goeie en die reine en die onreine, en vir hom wat offer en vir hom wat nie offer nie, die goeie ewe goed as die sondaar, vir hom wat sweer ewe goed as vir hom wat bang is vir ‘n eed.
God se kerk in Christus word egter nou geoordeel om hulle voorberei vir hul dienswerk (byvoorbeeld, hul werk tydens die “duisend jaar” regering van Christus op die aarde, en die oordele van die wêreld en die engele – Opn 20:10-20):
Opn 20:4-6 En ek het trone gesien, en hulle het daarop gaan sit, en aan hulle is die oordeel gegee; en ek het die siele gesien van die wat onthoof is oor die getuienis van Jesus en oor die woord van God, en die wat die dier en sy beeld nie aanbid het nie, en die merk op hulle voorhoof en op hulle hand nie ontvang het nie; en hulle het geleef en as konings geregeer saam met Christus die duisend jaar lank. (5) En die ander dode het nie herlewe totdat die duisend jaar voleindig was nie. Dit is die eerste opstanding. (6) Salig en heilig is hy wat deel het aan die eerste opstanding; oor hulle het die tweede dood geen mag nie, maar hulle sal priesters van God en van Christus wees en sal saam met Hom as konings regeer duisend jaar lank.
1Kor 6:2-3 Weet julle nie dat die heiliges die wêreld sal oordeel nie? En as die wêreld deur julle geoordeel word, is julle dan onbevoeg vir die geringste regsake? (3) Weet julle nie dat ons engele sal oordeel nie, hoeveel te meer die alledaagse dinge?