In hierdie reeks studies kyk ons na ons pad na geestelike volwassenheid, soos dit uitgebeeld word in die geskiedenis van fisiese Israel (soos opgeteken in die Ou Testament) as “voorbeeld” van ons eie lewe en groei in die geloof van Christus.
1Kor 10:11 Maar al hierdie dinge het hulle [fisiese Israel] oorgekom as voorbeelde [oorspronklike Griekse woord: “tupos” = tipe], en is opgeskrywe as ‘n waarskuwing aan ons op wie die eindes van die eeue gekom het.
Hier is sewe fases in Israel se geskiedenis wat vir ons as riglyn dien vir hierdie bespreking:
- Die tyd in Egipte;
- Die bevryding van die Egiptiese slawerny;
- Die tyd in die wildernis;
- Die ingang in die Beloofde Land;
- Die tyd in die Beloofde Land;
- Die tyd in ballingskap in Babilon;
- Die terugkeer uit Babilon en die heropbou-proses.
Soos ons persoonlik op hierdie reis is na geestelike volwassenheid in Christus, so sal die hele mensdom ook hierdie proses deurgaan om volmaaktheid in Christus te bereik, soos in die orde wat God bepaal het.
1Kor 15:20-24 Maar nou, Christus is opgewek uit die dode; Hy het die eersteling geword van die wat ontslaap het. (21) Want aangesien die dood deur ‘n mens is, is die opstanding van die dode ook deur ‘n mens. (22) Want soos hulle almal in Adam sterwe, so sal hulle ook almal in Christus lewend gemaak word; (23) maar elkeen in sy eie orde: as eersteling Christus, daarna die wat aan Christus behoort by sy koms. (24) Daarna kom die einde [die res van die mensdom in Adam], wanneer Hy die koninkryk aan God die Vader oorgee, as Hy alle heerskappy en alle gesag en mag vernietig het.
Hierdie prosesse en orde het ‘n noue verband met sewe feeste van die Jode:
- Die pasga
- Die fees van ongesuurde brode.
- Die ‘vyftigste’ dag fees (Pinksterfees).
- Die fees van “basuingeklank”.
- Die fees van die “Versoendag”.
- Die huttefees.
- Die groot fees op “die agste dag” van die huttefees.
Let wel: Hierdie fisiese feeste en al die dinge onder Moses se Wet, was slegs skaduwees van ‘n groter geestelike proses waardeur ons almal groei tot geestelike volwassenheid in Christus:
Heb 10:1 Want die wet, wat ‘n skaduwee het van die toekomstige weldade, nie die beeld self van die dinge nie, kan nooit deur dieselfde offers wat jaar na jaar gedurig gebring word, die wat toetree, tot volmaaktheid lei nie.
Om die fisiese behoud en fisiese toepassing van hierdie wette van die Ou Verbond as belangrik in die lewe van ‘n gelowige in Christus te sien, getuig van geestelike onvolwassenheid. Hulle wat onder hierdie wette wil leef distansieer hulself openlik van die wet van die gees in Christus – tot hul eie frustrasie en ondergang. Die wet van die gees maak die ware gelowige in Christus vry van “die wet van die sonde en die dood”!
Rom 8:1-8 Daar is dan nou geen veroordeling vir die wat in Christus Jesus is nie, vir die wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees. (2) Want die wet van die Gees van die lewe in Christus Jesus het my vrygemaak van die wet van die sonde en die dood. (3) Want God het wat vir die wet onmoontlik was, omdat dit kragteloos was deur die vlees deur sy eie Seun in die gelykheid van die sondige vlees te stuur, en dit ter wille van die sonde, die sonde veroordeel in die vlees, (4) sodat die reg van die wet vervul kon word in ons wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees. (5) Want die wat vleeslik is, bedink vleeslike dinge, maar die wat geestelik is, geestelike dinge. (6) Want wat die vlees bedink, is die dood, maar wat die Gees bedink, is lewe en vrede, (7) omdat wat die vlees bedink, vyandskap teen God is; want dit onderwerp hom nie aan die wet van God nie, want dit kan ook nie. (8) En die wat in die vlees is, kan God nie behaag nie.
Dit is “onmoontlik” om voor God regverdig te wees deur uiterlike aardse wette voorop te stel. Vleeslike wette maak ons net “doemwaardig” voor God want ons sonde-probleem is nie net uiterlik nie, maar eintlik primêr in ons hart. Dit is die doel van “die wet van die sonde en die dood” om aan ons die kennis te gee waar die oorsprong van ons eie sonde-probleem lê – ons hart (denke)!
Rom 3:19-22 Nou weet ons dat alles wat die wet sê, hy dit sê vir die wat onder die wet is, sodat elke mond gestop en die hele wêreld voor God doemwaardig kan wees; (20) aangesien uit die werke van die wet geen vlees voor Hom geregverdig sal word nie, want deur die wet is die kennis van sonde. (21) Maar nou is die geregtigheid van God geopenbaar sonder die wet, terwyl die wet en die profete daarvan getuig, (22) die geregtigheid naamlik van God deur die geloof in Jesus Christus vir almal en oor almal wat glo, want daar is geen onderskeid nie.
Net die gees van God in ons kan ons innerlik heilig maak om van binne af regverdig te wees voor God, en gevolglik reg te lewe voor mense! Hier is die geheim hoe ons God se gees kry en hoe ons daarvan lewe:
Joh 6:63 Dit is die Gees wat lewend maak, die vlees is van geen nut nie; die woorde wat Ek tot julle spreek, is gees en is lewe.
Ons leer nie God ken deur vleeslike wette te hou nie. Om selfs God se “letters” uiterlik te ken en toe te pas op die uiterlike, gee nie geestelike innerlike lewe nie. Dit is ‘n gawe van God as ons bekwaam is om God so te ken!
Rom 7:6 Maar nou is ons ontslae van die wet waardeur ons gebonde was, aangesien ons dit afgesterf het, sodat ons dien in die nuwigheid van die Gees en nie in die oudheid van die letter nie.
2Kor 3:6 wat ons ook bekwaam gemaak het as dienaars van ‘n nuwe testament, nie van die letter nie, maar van die gees; want die letter maak dood, maar die gees maak lewend.
Dit is wat ‘n ware Jood is – nuutgemaak in die hart en die denke deur die gees van God!
Rom 2:29 maar hy is ‘n Jood wat dit in die verborgene is, en besnydenis is dié van die hart, in die gees, nie na die letter nie. Sy lof is nie uit mense nie, maar uit God.
Die proses van geestelike en groei tot volwassenheid in gees, kom slegs deur Christus in gees te ken – dit is om Sy Woord innerlik te ken, en dit dan uit te leef:
2Kor 5:17-18 Daarom, as iemand in Christus is, is hy ‘n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword. (18) En dit alles is uit God wat ons met Homself versoen het deur Jesus Christus en ons die bediening van die versoening gegee het,
Fil 2:12-13 Daarom, my geliefdes, soos julle altyd gehoorsaam gewees het, nie in my teenwoordigheid alleen nie, maar baie meer nou in my afwesigheid, werk julle eie heil uit met vrees en bewing; (13) want dit is God wat in julle werk om te wil sowel as om te werk na sy welbehae.
Die Joodse feeste is een en almal toepaslik op ons eie innerlike lewe, vir hulle wat oë gegee is om dit kan sien. Hierdie feeste het almal geestelike (of innerlike) toepassings in ons hart en denke. God maak immers eers die binnekant van die beker skoon (die hart en denke) sodat die buitekant ook skoon kan wees tydens ons aardse lewenswandel:
Mat 23:24-26 Blinde leiers, julle wat die muggie uitsif, maar die kameel insluk! (25) Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle maak die buitekant van die beker en die skottel skoon, maar binnekant is dit vol roof en onmatigheid. (26) Blinde Fariseër, maak eers die binnekant van die beker en die skottel skoon, sodat ook die buitekant daarvan skoon kan word.
Die geregtigheid in Christus is voorwaar “oorvloediger” as die geregtigheid van hulle wie hul fokusse op die uiterlike vleeslike wette hou – die geregtigheid van Christus laat ons reg lewe, selfs al is ons alleen:
Mat 5:17-20 Moenie dink dat Ek gekom het om die wet of die profete te ontbind nie. Ek het nie gekom om te ontbind nie, maar om te vervul. (18) Want voorwaar Ek sê vir julle, voordat die hemel en die aarde verbygaan, sal nie een jota of een titteltjie van die wet ooit verbygaan totdat alles gebeur het nie. (19) Elkeen dus wat een van die minste van hierdie gebooie breek en die mense só leer, sal die minste genoem word in die koninkryk van die hemele; maar elkeen wat dit doen en leer, hy sal groot genoem word in die koninkryk van die hemele. (20) Want Ek sê vir julle dat, as julle geregtigheid nie oorvloediger is as dié van die skrifgeleerdes en Fariseërs nie, julle nooit in die koninkryk van die hemele sal ingaan nie.
Saulus, was ‘n Jood wat onberispelik was in die wet van Moses (voor mense). En tog het hy tot ander insigte gekom na Sy ontmoeting met die verese Christus – selfs sy naam was verander na Paulus:
Fil 3:5-7 Ek is besny op die agtste dag, uit die geslag van Israel, uit die stam van Benjamin, ‘n Hebreër uit die Hebreërs; wat die wet betref, ‘n Fariseër; (6) wat ywer betref, ‘n vervolger van die gemeente; wat die geregtigheid in die wet betref, onberispelik. (7) Maar wat vir my wins was, dit het ek om Christus wil skade geag.
Toe Paulus se aardse denke en uiterlike geregtigheid aan hom uitgewys word deur die gees van God, toe sien hy ‘n groot probleem. Hy kon die uiterlike wette maklik hou (voor mense), maar die wet van die gees het hom ontbloot as ‘n skynheilige.
Rom 7:15-21 Want wat ek doen, weet ek nie; want wat ek wil, dit doen ek nie, maar wat ek haat, dit doen ek. (16) En as ek doen wat ek nie wil nie, dan stem ek die wet toe dat dit goed is. (17) Maar nou is dit nie meer ek wat dit doen nie, maar die sonde wat in my woon. (18) Want ek weet dat in my, dit wil sê in my vlees, niks goeds woon nie; want om te wil, is by my aanwesig, maar om goed te doen, dit vind ek nie. (19) Want die goeie wat ek wil, doen ek nie, maar die kwaad wat ek nie wil nie, dit doen ek. (20) Maar as ek doen wat ek nie wil nie, dan doen ek dit nie meer nie, maar die sonde wat in my woon. (21) Ek vind dus hierdie wet: as ek die goeie wil doen, is die kwaad by my aanwesig.
Ons sal almal kom tot die plek waar ons sal sien dat daar NIKS goed is in die vlees nie, soos geskep deur die Skepper, as ‘n voorwerp “tot oneer”:
Jer 18:4 En die voorwerp wat hy besig was om te maak, het misluk—soos dit gaan met klei in die hand van die pottebakker….
Rom 9:21 Of het die pottebakker nie mag oor die klei, om uit dieselfde klomp die een voorwerp tot eer en die ander tot oneer te maak nie?
Ons beste werke in vlees (voor mense), is net ‘n vuil kleed voor God:
Jes 64:6 En ons het almal geword soos ‘n onreine, en al ons geregtighede soos ‘n besoedelde kleed; en ons het almal verdor soos blare, en ons ongeregtighede het ons weggevoer soos die wind.
Ons kom dus op die plek waar ons Jesus as Saligmaker erken en die pad saam met Hom wil loop deur ons eie kruis op te neem en ons eie vlees en sy begeerlikhede opoffer:
Mat 10:38-39 En wie sy kruis nie neem en agter My volg nie, is My nie waardig nie. (39) Wie sy lewe vind, sal dit verloor; en wie sy lewe verloor om My ontwil, sal dit vind.
Dit is wat Israel se deelname aan die fees van ongesuurde brode ook wil uitbeeld in ons eie lewe. Ons wil vry kom van aardse dinge.
Die bevryding van die Egiptiese slawerny (vleeslik slawerny)
Israel se tyd in slawerny in Egipte is ‘n tipe van ons eie tyd in sonde en welluste van die vlees deur die gees van die wêreld in ons:
1Jo 2:16 Want alles wat in die wêreld is—die begeerlikheid van die vlees en die begeerlikheid van die oë en die grootsheid van die lewe—is nie uit die Vader nie, maar is uit die wêreld.
God bring ons almal, op die regte tyd, tot ‘n gemoedstoestand waar ons siek en sat word vir ons eie sondige toestand. Ons wys dan nie meer vingers na ander nie, maar alle vingers wys na onsself. Ook word ons moeg vir al die leuens van die afvalliges wat hulle voordoen as Christus se volgelinge. God bring ons na so ‘n plek en tyd…net soos Jesus se dissipels een vir een tot ‘n dieper besef gekom het van hul eie sondige toestand, soos hierdie geleentheid….
Mat 24:3-8 En toe Hy op die Olyfberg gaan sit het, kom die dissipels alleen na Hom en sê: Vertel ons, wanneer sal hierdie dinge wees, en wat is die teken van u koms en van die voleinding van die wêreld? (4) En Jesus antwoord en sê vir hulle: Pas op dat niemand julle mislei nie. (5) Want baie sal onder my Naam kom en sê: Ek is die Christus! en hulle sal baie mense mislei. (6) En julle sal hoor van oorloë en gerugte van oorloë. Pas op, moenie verskrik word nie, want alles moet plaasvind, maar dit is nog nie die einde nie. (7) Want die een nasie sal teen die ander opstaan en die een koninkryk teen die ander; en daar sal hongersnode wees en pessiektes en aardbewings op verskillende plekke. (8) Maar al hierdie dinge is ‘n begin van die smarte.
Ons word eers gebore as ‘n slaaf van sonde, waar sonde heers en ons opkommandeer –
Rom 6:12 Laat die sonde dan in julle sterflike liggaam nie heers dat julle aan sy begeerlikhede gehoorsaam sou wees nie.
Ons word na Jesus getrek deur die Vader om hulp te kry teen ons eie aardse heerser en sy begeerlikhede:
Joh 6:44 Niemand kan na My toe kom as die Vader wat My gestuur het, hom nie trek nie; en Ek sal hom opwek in die laaste dag.
Hierdie uittog uit die vlees en sy beheer word vir ons uitgebeeld deur Israel se uittog uit Egipte. Hulle moes die aand voor hulle vertrek, die pasga eet:
Lev 23:5 In die eerste maand, op die veertiende van die maand, teen die aand, is die pasga van die HERE;
Eks 12:21-28 Moses het toe al die oudstes van Israel laat roep en aan hulle gesê: Gaan haal vir julle kleinvee vir julle families en slag die pasga. (22) En neem ‘n bossie hisop en steek dit in die bloed wat in die skottel is, en stryk aan die bo-drumpel en aan die twee deurposte van die bloed wat in die skottel is. Maar niemand van julle mag uit die deur van sy huis uitgaan tot die môre toe nie.
In ons vorige skrywe in hierdie reeks studies, het ons reeds uitgewys wat hierdie pasga behels. God se werke in ons is gebaseer op en begin by Jesus Christus – die ware Pasga-Lam!
1Kor 15:1-4 Broeders, ek maak julle die evangelie bekend wat ek aan julle verkondig het, wat julle ook aangeneem het, waarin julle ook staan, (2) waardeur julle ook gered word as julle daaraan vashou op die wyse waarop ek dit aan julle verkondig het, of julle moet tevergeefs geglo het. (3) Want in die eerste plek het ek aan julle oorgelewer wat ek ook ontvang het, dat Christus vir ons sondes gesterf het volgens die Skrifte; (4) en dat Hy begrawe is, en dat Hy op die derde dag opgewek is volgens die Skrifte;
Net Christus is ons Hoof en Leidsman:
Heb 12:2 die oog gevestig op Jesus, die Leidsman en Voleinder van die geloof, wat vir die vreugde wat Hom voorgehou is, die kruis verdra het, die skande verag het en aan die regterkant van die troon van God gaan sit het.
Ons volg Hom deur ons eie kruis op te neem:
Mat 10:38-39 En wie sy kruis nie neem en agter My volg nie, is My nie waardig nie. (39) Wie sy lewe vind, sal dit verloor; en wie sy lewe verloor om My ontwil, sal dit vind.
Sy onberispelike lewe is ons voorbeeld. Dit is wat die fees van ongesuurde brode uitbeeld. Die pasga was onmiddellik gevolg deur die fees van ongesuurde brode. Ongesuurde brode is ‘n verwysing na Jesus se lewe, wat ons net kan leef as ons deelneen aan die “fees”, op ‘n geestelike vlak:
1Kor 5:7-8 Suiwer dan die ou suurdeeg uit, sodat julle ‘n nuwe deeg kan wees—soos julle inderdaad ongesuurd is—want ook ons paaslam is vir ons geslag, naamlik Christus. (8) Laat ons dan feesvier, nie met die ou suurdeeg of met die suurdeeg van ondeug en boosheid nie, maar met die ongesuurde brode van reinheid en waarheid.
“Ou suurdeeg” en die “die suurdeeg van ondeug en boosheid” is verwysend na dieselfde dinge – die sonde en al die leuens en valse leerstellings in ons. Die ou suurdeeg kom net uit deur die “Paaslam”, naamlik Christus IN ons – “reinheid en waarheid”. Ons neem deel aan die “fees”, nie op ‘n fisiese vlak nie, maar op die geestelike. Wat beteken dit? Die “fees” is slegs moontlik as Sy gees IN ons is:
Joh 14:20-21 In dié dag sal julle weet dat Ek in my Vader is, en julle in My, en Ek in julle. (21) Wie my gebooie het en dié bewaar, dit is hy wat My liefhet; en wie My liefhet, hóm sal my Vader liefhê, en Ek sal hom liefhê en My aan hom openbaar.
Heb 12:22-24 Maar julle het gekom by die berg Sion en die stad van die lewende God, die hemelse Jerusalem en tien duisende engele, (23) by die feestelike vergadering en die gemeente van eersgeborenes wat in die hemele opgeskrywe is, en by God, die Regter van almal, en by die geeste van die volmaakte regverdiges, (24) en by Jesus, die Middelaar van die nuwe testament, en die bloed van die besprenkeling wat van beter dinge spreek as Abel.
Hier is ‘n paar dinge wat ons van kennis moet neem soos hierdie fees beskryf word in die boek van Levitikus:
Lev 23:6 en op die vyftiende dag van hierdie maand is die fees van die ongesuurde brode van die HERE; sewe dae lank moet julle ongesuurde brode eet.
Lev 23:7 Op die eerste dag moet daar vir julle ‘n heilige vierdag wees; géén beroepswerk mag julle doen nie.
Lev 23:8 Maar julle moet sewe dae lank aan die HERE ‘n vuuroffer bring. Op die sewende dag moet daar ‘n heilige vierdag wees; géén beroepswerk mag julle doen nie.
Lev 23:9 En die HERE het met Moses gespreek en gesê:
Lev 23:10 Spreek met die kinders van Israel en sê aan hulle: As julle in die land kom wat Ek julle gee en sy opbrings oes, moet julle die eerstelingsgerf van julle oes na die priester bring.
Lev 23:11 En hy moet die gerf voor die aangesig van die HERE beweeg, sodat julle welgevallig kan wees; die dag ná die sabbat moet die priester dit beweeg.
Lev 23:12 Julle moet ook op die dag as julle die gerf beweeg, ‘n jaaroud lam sonder gebrek as brandoffer aan die HERE berei,
Lev 23:13 en die spysoffer wat daarby behoort, twee tiendes van ‘n efa fynmeel met olie gemeng as vuuroffer aan die HERE, ‘n lieflike geur, en daarby die drankoffer van wyn, ‘n kwart hin.
Lev 23:14 En julle mag geen brood of gebraaide koring of vars graan eet tot daardie selfde dag toe nie, totdat julle die offer van julle God bring. Dit is ‘n ewige insetting vir julle geslagte in al julle woonplekke.
Kom ons kyk na ‘n paar sleutelwoorde wat ons dan op onsself sal toepas omdat die woorde iets van onself sê.
- geen “beroepswerk” mag gedoen word nie – dit verwys na ons eie werke in vlees waarop ons so graag wil vertrou en waarmee ons wil spog.
Jes 64:6 En ons het almal geword soos ‘n onreine, en al ons geregtighede soos ‘n besoedelde kleed; en ons het almal verdor soos blare, en ons ongeregtighede het ons weggevoer soos die wind.
Ons vertroue in ons eie werke om geregtigheid te bekom word totaal gestaak as ons uitvind dat God alles IN ons doen wat ons UITterlik doen. Ons kan niks anders doen as wat God bepaal het nie. Nou doen ons die “goeie werke” van Christus deur reg te dink oor dinge, en reg te leef:
Efs 2:8-10 Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God; (9) nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie. (10) Want ons is sy maaksel, geskape in Christus Jesus tot goeie werke wat God voorberei het, sodat ons daarin kan wandel.
- Die eerstelingsgerf:
Christus is die een wat eerste geoffer was vir die sonde van die wêreld, en Hy neem ‘n spesiale plek in binne God se plan met die mens en hierdie skepping. Hy is die eerstelingsgerf wat voor God verhoog word. Ons word op hierdie offer geregverdig omdat ons nou kan sien hoe Sy werke in ons oppereer, en ons instaat stel om ons eie aardse lewe prys te gee!
1Kor 15:1-4 Broeders, ek maak julle die evangelie bekend wat ek aan julle verkondig het, wat julle ook aangeneem het, waarin julle ook staan, (2) waardeur julle ook gered word as julle daaraan vashou op die wyse waarop ek dit aan julle verkondig het, of julle moet tevergeefs geglo het. (3) Want in die eerste plek het ek aan julle oorgelewer wat ek ook ontvang het, dat Christus vir ons sondes gesterf het volgens die Skrifte; (4) en dat Hy begrawe is, en dat Hy op die derde dag opgewek is volgens die Skrifte;
Kol 1:15-20 Hy is die Beeld van die onsienlike God, die Eersgeborene van die hele skepping; (16) want in Hom is alle dinge geskape wat in die hemele en op die aarde is, wat sienlik en onsienlik is, trone sowel as heerskappye en owerhede en magte—alle dinge is deur Hom en tot Hom geskape. (17) En Hy is voor alle dinge, en in Hom hou alle dinge stand. (18) En Hy is die Hoof van die liggaam, naamlik die gemeente; Hy wat die begin is, die Eersgeborene uit die dode, sodat Hy in alles die eerste kan wees. (19) Want dit het die Vader behaag dat in Hom die ganse volheid sou woon (20) en dat Hy deur Hom alles met Homself sou versoen nadat Hy vrede gemaak het deur die bloed van sy kruis—ek sê deur Hom—die dinge op die aarde sowel as die dinge in die hemele.
Christus was die enigste vlekkelose Lam (“jaaroud lam sonder gebrek”) van God – Hy het geen sonde gedoen nie:
Heb 4:14-15 Terwyl ons dan ‘n groot Hoëpriester het wat deur die hemele deurgegaan het, naamlik Jesus, die Seun van God, laat ons die belydenis vashou. (15) Want ons het nie ‘n hoëpriester wat nie met ons swakhede medelye kan hê nie, maar een wat in alle opsigte versoek is net soos ons, maar sonder sonde.
Lev 23:12 Julle moet ook op die dag as julle die gerf beweeg, ‘n jaaroud lam sonder gebrek as brandoffer aan die HERE berei,
- Die spysoffer:
Lev 23:13 en die spysoffer wat daarby behoort, twee tiendes van ‘n efa fynmeel met olie gemeng as vuuroffer aan die HERE, ‘n lieflike geur, en daarby die drankoffer van wyn, ‘n kwart hin.
Lev 23:14 En julle mag geen brood of gebraaide koring of vars graan eet tot daardie selfde dag toe nie, totdat julle die offer van julle God bring. Dit is ‘n ewige insetting vir julle geslagte in al julle woonplekke.
– die bestanddele in die spysoffer en hul geestelike betekenis in ons eie lewe, is as volg:
fynmeel – die totale verbryseling van die vlees (Jes 28:28; Jes 41:15; Mig 4:13);
olie – tipe van die gees van God wat ons aardsheid afbreek, maar ook ons help om te staan te midde van die aardse verbryseling (Luk 4:18; Heb 1:9; Jak 5:14);
wyn (positiewe toepassing) – die produk van ‘n persingsproses; deur verdrukking kom nuwe lewe; die geestelike lewe (nuwe wyn) van God kom nadat ons deur die aardse verdrukking gegaan het en die vlees prysgegee het (Open 7:14; Matt 24:9; Joh 16:33; Rom 12:12; Hand 14:22);
Wyn (negatiewe toepassing) – die lewe van die aardse mens (ou wyn); tipe van aardse valse leerstellings wat die ou vlees op vertrou en wat uit hom kom (Jes 5:11-12; Jes 28:7; Open 14:8; Open 17:2).
– die getalle in die spysoffer in geestelike terme (sien ons studies oor die geestelike toepassing van getalle):
twee = getuie (teen die vlees, in die geval);
tiende = gekoppel aan die getal ’10’ = verwys na die vlees in sy volheid wat ons moet kruisig;
kwart hin = gekoppel aan die getal ‘4’ = die geheel van ons vlees word prysgegee.
Om alles saam te voeg:
Jesus is ons voorbeeld in terme van hoe Hy Sy hele aardse lewe (ou wyn) opgeoffer het (fynmeel) in gehoorsaamheid aan Sy Vader se opdragte.
1Pe 2:21-25 Want hiertoe is julle geroep, omdat Christus ook vir julle gely het en julle ‘n voorbeeld nagelaat het, sodat julle sy voetstappe kan navolg; (22) Hy wat geen sonde gedoen het nie, en in wie se mond geen bedrog gevind is nie; (23) wat, toe Hy uitgeskel is, nie terug uitgeskel het nie; toe Hy gely het, nie gedreig het nie, maar dit oorgegee het aan Hom wat regverdig oordeel; (24) wat self ons sondes in sy liggaam op die kruishout gedra het, sodat ons die sondes kan afsterwe en vir die geregtigheid lewe; deur wie se wonde julle genees is. (25) Want julle was soos dwalende skape, maar nou het julle teruggekeer na die Herder en Opsiener van julle siele.
God se Woorde bring die nuwe geestelike lewe (die goeie wyn) na vore. Hier is die aardse skaduwee van die nuwe wyn (die goeie wyn = die geestelike lewe) wat eers kom nadat ons die aardse lewe prysgegee het!
Joh 2:7-10 Jesus sê vir hulle: Maak die kanne vol water. En hulle het hul tot bo toe volgemaak. (8) En Hy sê aan hulle: Skep nou uit en bring dit vir die hoofdienaar. En hulle het dit gebring. (9) En toe die hoofdienaar die water proe wat wyn geword het—en hy het nie geweet waarvandaan dit was nie, maar die dienaars wat die water geskep het, het geweet—roep die hoofdienaar die bruidegom (10) en sê vir hom: Elke mens sit eers die goeie wyn op en, wanneer hulle goed gedrink het, dan die slegste; maar u het die goeie wyn tot nou toe bewaar.
Jesus kom nou na Sy uitverkorenes en deur die gees van die Vader lewe Hy nou in ons om ons voor te berei vir ons dienswerk, deur dieselfde verdrukking wat Christus moes ly:
Kol 1:24-27 Nou verbly ek my in my lyding vir julle en vul in my vlees aan die oorblyfsels van die verdrukking van Christus vir sy liggaam, wat die gemeente is; (25) waarvan ek ‘n dienaar geword het volgens die bediening van God wat aan my gegee is in julle belang, om die woord van God te vervul, (26) naamlik die verborgenheid wat van die eeue en geslagte af verborge was, maar nou geopenbaar is aan sy heiliges, (27) aan wie God wou bekend maak wat die rykdom van die heerlikheid van hierdie verborgenheid onder die heidene is, dit is Christus onder julle, die hoop van die heerlikheid.
Christus neem “almal in Adam” deur ‘n vleeslike proses, en deur Sy vurige oordeel word almal “in sy eie orde” geneem om soos God in gees te word, in geestelike perfektheid:
1Kor 15:22-28 Want soos hulle almal in Adam sterwe, so sal hulle ook almal in Christus lewend gemaak word; (23) maar elkeen in sy eie orde: as eersteling Christus, daarna die wat aan Christus behoort by sy koms. (24) Daarna kom die einde, wanneer Hy die koninkryk aan God die Vader oorgee, as Hy alle heerskappy en alle gesag en mag vernietig het. (25) Want Hy moet as koning heers totdat Hy al sy vyande onder sy voete gestel het. (26) Die laaste vyand wat vernietig word, is die dood. (27) Want Hy het alles aan sy voete onderwerp, maar wanneer Hy sê dat alles onderwerp is, is dit duidelik dat Hy uitgesonder is wat alles aan Hom onderwerp het. (28) En wanneer alles aan Hom onderwerp is, dan sal ook die Seun self Hom onderwerp aan die Een wat alles aan Hom onderwerp het, sodat God alles in almal kan wees.
Terug pieng: Ons reis na geestelike volwassenheid (Deel 12) | "Is en Wat Was en Wat Kom" – die onbekende karakter van Jesus Christus en Sy Woord
Terug pieng: Ons reis na geestelike volwassenheid (Deel 13) | "Is en Wat Was en Wat Kom" – die onbekende karakter van Jesus Christus en Sy Woord
Terug pieng: Ons reis na geestelike volwassenheid (Deel 14) | "Is en Wat Was en Wat Kom" – die onbekende karakter van Jesus Christus en Sy Woord
Terug pieng: Ons reis na geestelike volwassenheid (Deel 15) | "Is en Wat Was en Wat Kom" – die onbekende karakter van Jesus Christus en Sy Woord
Terug pieng: Ons reis na geestelike volwassenheid (Deel 16) | "Is en Wat Was en Wat Kom" – die onbekende karakter van Jesus Christus en Sy Woord