Die verskil tussen God se genade en God se barmhartigheid

God se genade en God se barmhartigheid / goedertierenheid word baie keer verwar. Kom ons kyk hoe maak die Skrifte ‘n duidelike verskil tussen die konsepte.

DIE GENADE VAN GOD

Hoe werk God Sy genade in ons lewe? Hier is een vers wat dit aan ons verduidelik:

Tit 2:11-12 Want die reddende genade van God het aan alle mense verskyn 12 en leer  [Grieks: paideuō] ons om die goddeloosheid en wêreldse begeerlikhede te verloën, ingetoë en regverdig en vroom in die teenwoordige wêreld te lewe.

Alle mense val onder God se reddende genade, en tog weet almal nog nie hoe God se genade almal gaan red nie. Dit lê weggesteek agter die woord “leer” in die vers in Titus 2 vers 12. Die woord “leer” is vertaal vanaf dieselfde oorspronklike Griekse woord , naamlik “paideuō”, in die volgende vers:

Heb 12:6 want die Here tugtig [Grieks: paideuō] hom wat Hy liefhet, en Hy kasty elke seun wat Hy aanneem.

God se genade is Sy TUGTINGSPROSES! Dit is ‘n pynlike kastyding van ons vlees – dit is wat ons aardse liggame en ons aardse denke sal moet verduur. Dit is hoe ons verlossing kry van die aardse vlees en al sy dinge. Genade leer ons om op te hou om die sonde te doen. Dit is hoe ons leer om “die goddeloosheid en wêreldse begeerlikhede te verloën, ingetoë en regverdig en vroom in die teenwoordige wêreld te lewe”. Hoe meer sonde, hoe meer genade is nodig!

Rom 5:20  Maar die wet het daar bygekom, sodat die misdaad meer sou word; en waar die sonde meer geword het, het die genade nog meer oorvloedig geword; 
Rom 5:21  sodat, soos die sonde geheers het in die dood, so ook die genade kan heers deur die geregtigheid tot die ewige lewe deur Jesus Christus, onse Here. 

Genade is dus nie om net ‘n nuwe bladsy om te blaai nie, maar om al die ou blaaie uit te wis deur God se vurige oordeel, en dan reg te lewe! Dit is hoe God altyd met ons vlees en sy sonde deel. Hy vergewe ons al ons sonde deur dit uit te wis met Sy VUUR tydens sy oordeel:

1Kor 3:13-18 elkeen se werk sal aan die lig kom, want die dag sal dit aanwys, omdat dit deur vuur openbaar gemaak word; en die vuur sal elkeen se werk op die proef stel, hoedanig dit is. 14 As iemand se werk bly staan wat hy daarop gebou het, sal hy loon ontvang; 15 as iemand se werk verbrand word, sal hy skade ly; alhoewel hy self gered sal word, maar soos deur vuur heen. 16 Weet julle nie dat julle ‘n tempel van God is en die Gees van God in julle woon nie? 17 As iemand die tempel van God skend, sal God hom skend; want die tempel van God is heilig, en dit is julle. 18 Laat niemand homself mislei nie: as iemand meen dat hy wys is onder julle in hierdie wêreld, laat hom dwaas word, sodat hy wys kan word;

ALLE vlees sal uiteindelik totaal uitgewis word in al sy vorme, en vervang word met die nuwe geestelike skepping in Christus:

1Kor 15:22-28  Want soos hulle almal in Adam sterwe, so sal hulle ook almal in Christus lewend gemaak word;  (23)  maar elkeen in sy eie orde: as eersteling Christus, daarna die wat aan Christus behoort by sy koms.  (24)  Daarna kom die einde, wanneer Hy die koninkryk aan God die Vader oorgee, as Hy alle heerskappy en alle gesag en mag vernietig het.  (25)  Want Hy moet as koning heers totdat Hy al sy vyande onder sy voete gestel het.  (26)  Die laaste vyand wat vernietig word, is die dood.  (27)  Want Hy het alles aan sy voete onderwerp, maar wanneer Hy sê dat alles onderwerp is, is dit duidelik dat Hy uitgesonder is wat alles aan Hom onderwerp het.  (28)  En wanneer alles aan Hom onderwerp is, dan sal ook die Seun self Hom onderwerp aan die Een wat alles aan Hom onderwerp het, sodat God alles in almal kan wees.

God laat ons “skade ly” deur ons sonde en ons sondige lewenswyse (werke van vlees) van ons te verwyder deur Sy tugtiging! Dit is die werk van God se genade. Daar is geen ander metode wat God aan ons in die Skrifte van Genesis tot Openbaring gee nie.

Psa 103:12 So ver as die ooste verwyderd is van die weste, so ver verwyder Hy ons oortredinge van ons.

Jes 43:25 Ek, Ek is dit wat jou oortredinge uitdelg om My ontwil, en aan jou sondes dink Ek nie.

God se genade kom alleenlik deur Sy oordeel van die vlees. Dit is die EEN belangrike metode wat God gebruik om aan elkeen Sy geregtigheid te leer – tugtiging. Daar is geen ander manier nie:

Jes 26:9 Met my siel begeer ek u in die nag; ook met my gees in my binneste soek ek U; want as u oordele op die aarde is, leer die inwoners van die wêreld geregtigheid.

Ons leer geregtigheid deur oordeel oor ons sonde – dit is die werk van God se genade.

Rom 5:20  Maar die wet het daar bygekom, sodat die misdaad meer sou word; en waar die sonde meer geword het, het die genade nog meer oorvloedig geword; 
Rom 5:21  sodat, soos die sonde geheers het in die dood, so ook die genade kan heers deur die geregtigheid tot die ewige lewe deur Jesus Christus, onse Here. 

Lees weer: “…die genade…heers deur die geregtigheid tot die ewige lewe deur Jesus Christus, onse Here”. Die genade heers deur die geregtigheid wat alleenlik kom deur die oordeel!

1Kor 11:32 Maar as ons geoordeel word, word ons deur die Here getugtig  [Grieks: paideuō], sodat ons nie saam met die wêreld veroordeel mag word nie.

Let op dat die gees van God dieselfde Griekse woord in 1Korinthiërs 11 vers 32 daar laat skryf het, naamlikpaideuō”, wat God se genade aan ons leer.

Tit 2:11-12 Want die reddende genade van God het aan alle mense verskyn 12 en leer  [Grieks: paideuō] ons om die goddeloosheid en wêreldse begeerlikhede te verloën, ingetoë en regverdig en vroom in die teenwoordige wêreld te lewe.

Heb 12:6 want die Here tugtig [Grieks: paideuō] hom wat Hy liefhet, en Hy kasty elke seun wat Hy aanneem.

Ons almal word “uit genade” gered!

Efs 2:4-10  Maar God, wat ryk is in barmhartigheid, het ons deur sy grote liefde waarmee Hy ons liefgehad het,  (5)  ook toe ons dood was deur die misdade, lewend gemaak saam met Christus—uit genade is julle gered—  (6)  en saam opgewek en saam laat sit in die hemele in Christus Jesus,  (7)  sodat Hy in die eeue wat kom, kan betoon die uitnemende rykdom van sy genade in goedertierenheid oor ons in Christus Jesus.  (8)  Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God;  (9)  nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie.  (10)  Want ons is sy maaksel, geskape in Christus Jesus tot goeie werke wat God voorberei het, sodat ons daarin kan wandel.

Joh 6:44  Niemand kan na My toe kom as die Vader wat My gestuur het, hom nie trek nie; en Ek sal hom opwek in die laaste dag.

ELKE seun (en dogter) van God gaan deur God se oordeel:

Heb 12:6 want die Here tugtig [Grieks: paideuō] hom wat Hy liefhet, en Hy kasty elke seun wat Hy aanneem.

Mar 9:49  Want elkeen sal met vuur gesout word en elke offerande sal met sout gesout word.

1Kor 3:13  elkeen se werk sal aan die lig kom, want die dag sal dit aanwys, omdat dit deur vuur openbaar gemaak word; en die vuur sal elkeen se werk op die proef stel, hoedanig dit is.

Die “huis van God”, Sy uitverkore gelowiges in Christus, gaan eerste deur hierdie belangrike oordeelproses (die woorde “die tyd is daar” in die volgende vers in 1Petrus 4 beteken NOU), en daarna word die res geoordeel by die groot wit troon-oordeel, vir hulle wat nou in hierdie lewe ongehoorsaam is aan die evangelie van God:

1Pe 4:17  Want die tyd is daar dat die oordeel moet begin by die huis van God. En as dit eers by ons begin, wat sal die einde wees van die wat aan die evangelie van God ongehoorsaam is?

Opn 20:11-12  En ek het ‘n groot wit troon gesien en Hom wat daarop sit, voor wie se aangesig die aarde en die hemel weggevlug het; en daar is geen plek vir hulle gevind nie.  (12)  En ek het die dode, klein en groot, voor God sien staan, en die boeke is geopen; en ‘n ander boek, die boek van die lewe, is geopen. En die dode is geoordeel na wat in die boeke geskryf is, volgens hulle werke.

Die Kerk van Christus gaan nou deur die oordeelsproses om hulle voor te berei vir hul tweeledige dienswerk –

  • die regeringstyd tydens die simboliese duisend jaar tydperk (LET WEL: dit is ‘n BEPERKTE TYDPERK), en
  • die oordeel van hulle wat in die poel van vuur gewerp sal word:

1Kor 6:2-3  Weet julle nie dat die heiliges die wêreld sal oordeel nie? En as die wêreld deur julle geoordeel word, is julle dan onbevoeg vir die geringste regsake?  (3)  Weet julle nie dat ons engele sal oordeel nie, hoeveel te meer die alledaagse dinge?

Die simboliese duisend jaar tydperk is die totale regering van God se koninkryk op aarde (deur middel van Sy opgewekte gelowiges – die oorwinnaars het dan “mag oor die nasies”). Daar sal wel ‘n tipe oordeel teenwoordig wees wat net op die uiterlike mens (die “erdegoed”) van toepassing sal wees:

Opn 2:26-27  En aan hom wat oorwin en my werke tot die einde toe bewaar, sal Ek mag oor die nasies gee,  (27)  en hy sal hulle regeer met ‘n ysterstaf; soos erdegoed word hulle verbrysel, net soos Ek ook van my Vader ontvang het.

Opn 20:4-6  En ek het trone gesien, en hulle het daarop gaan sit, en aan hulle is die oordeel gegee; en ek het die siele gesien van die wat onthoof is oor die getuienis van Jesus en oor die woord van God, en die wat die dier en sy beeld nie aanbid het nie, en die merk op hulle voorhoof en op hulle hand nie ontvang het nie; en hulle het geleef en as konings geregeer saam met Christus die duisend jaar lank.  (5)  En die ander dode het nie herlewe totdat die duisend jaar voleindig was nie. Dit is die eerste opstanding.  (6)  Salig en heilig is hy wat deel het aan die eerste opstanding; oor hulle het die tweede dood geen mag nie, maar hulle sal priesters van God en van Christus wees en sal saam met Hom as konings regeer duisend jaar lank.

Ons moet weet dat uiterlike bekering nie ‘n ware bekering is nie. Niemand word dus wedergebore deur ‘n uiterlike bekering nie. Die duisend jaar periode sal niemand oorwinnaars maak oor innerlike sonde nie. Daarom is die groot wit troon oordeel die groot genade-werk van God vir almal wat nog aan die vlees en sy denke vasgekleef is. Die groot wit troon-oordeel volg op die simboliese duisend jaar regeringstyd. Dit is wanneer die GEESTELIKE oordeel van God sal plaasvind vir die res van God se skepping. Die innerlike bekering van die uitwissing van die ou hart (ou denke), en die inplanting van die nuwe hart (nuwe denke), is God Sy blywende werk:

Mat 23:25-26  Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle maak die buitekant van die beker en die skottel skoon, maar binnekant is dit vol roof en onmatigheid.  (26)  Blinde Fariseër, maak eers die binnekant van die beker en die skottel skoon, sodat ook die buitekant daarvan skoon kan word.

Dit is slegs tydens hierdie GEESTELIKE oordeel waar almal “die dooies” God se geregtigheid sal leer en ontvang:

Opn 20:11-15  En ek het ‘n groot wit troon gesien en Hom wat daarop sit, voor wie se aangesig die aarde en die hemel weggevlug het; en daar is geen plek vir hulle gevind nie.  (12)  En ek het die dode, klein en groot, voor God sien staan, en die boeke is geopen; en ‘n ander boek, die boek van die lewe, is geopen. En die dode is geoordeel na wat in die boeke geskryf is, volgens hulle werke.  (13)  En die see het die dode gegee wat daarin was, en die dood en die doderyk het die dode gegee wat daarin was; en hulle is geoordeel, elkeen volgens sy werke.  (14)  En die dood en die doderyk is in die poel van vuur gewerp. Dit is die tweede dood.  (15)  En as dit bevind is dat iemand nie opgeskryf was in die boek van die lewe nie, is hy in die poel van vuur gewerp.

Ons moet altyd onthou dat alles wat God doen, doelgerig is. Die doel van God se oordeel word duidelik in die volgende woorde van Jesaja aan ons voorgehou:

Jes 26:9 Met my siel begeer ek u in die nag; ook met my gees in my binneste soek ek U; want as u oordele op die aarde is, leer die inwoners van die wêreld geregtigheid.

God se oordeel bring almal tot SY GEREGTIGHEID!!! God se huisgenote (Sy Kerk in Christus) groei in hierdie perfekte geregtigheid van God elke dag DEUR SY OORDEEL, totdat ons daardie geregtigheid volmaak deelagtig sal wees by die eerste opstanding.  God se genade laat ons dus reg lewe – dit is nie ‘n toemaak van ons sonde nie, maar ‘n totale uitwissing daarvan op die einde van hierdie aardse seisoen. God se oordeel en tugtiging duur net ‘n seisoen totdat die doel bereik is – die doel is God se geregtigheid:

 Jes 54:7-8  Vir ‘n klein oomblik het Ek jou verlaat, maar met groot ontferminge sal Ek jou vergader.  (8)  In ‘n uitstorting van toorn het Ek vir ‘n oomblik my aangesig vir jou verberg, maar met ewige goedertierenheid ontferm Ek My oor jou, sê die HERE, jou Verlosser.

Spr 26:20  Deur gebrek aan hout [aardse dinge] gaan die vuur dood, en as daar geen kwaadstoker [sonde / satan] is nie, bedaar die twis.

DIE BARMHARTIGHEID / GOEDERTIERENHEID VAN GOD

Terwl God se oordeel en tugtiging net vir ‘n seisoen duur, is God se barmhartigheid en goedertierenheid vir altyd!

Prd 3:1  Alles het sy bepaalde uur, en vir elke saak onder die hemel is daar ‘n tyd:

Jes 54:7-8  Vir ‘n klein oomblik het Ek jou verlaat, maar met groot ontferminge sal Ek jou vergader.  (8)  In ‘n uitstorting van toorn het Ek vir ‘n oomblik my aangesig vir jou verberg, maar met ewige goedertierenheid ontferm Ek My oor jou, sê die HERE, jou Verlosser.

Psa 25:6  Sajin. Dink, HERE, aan u barmhartigheid en u goedertierenhede, want dié is van ewigheid af.

God se barmhartigheid en goedertierenheid heers bo alles -ook na sy oordeel skenk Hy vergifnis.

Dan 9:9  By die Here onse God is barmhartigheid en vergewing, want ons het teen Hom opgestaan.

Die vlees het geen ware barmhartigheid nie:

2Sa 24:14  Daarop sê Dawid vir Gad: Ek is baie benoud; laat ons tog val in die hand van die HERE, want sy barmhartighede is groot, maar laat my in die hand van mense nie val nie.

God is inderdaad groot in barmhartigheid, self deur Sy vurige oordeel op ons vlees en sy sonde. Die oordeel van God het nie barmhartigheid vir die ou vleesmens met sy sonde nie, en Hy gaan dit totaal verwoes. Dit sal alles uitgewis word! Maar die nuwe mens wat deur die oordeel van die ou mens na vore kom, kry God se barmhartigheid:

Jak 2:13  Want die oordeel sal onbarmhartig wees oor die wat geen barmhartigheid bewys het nie; en die barmhartigheid roem teen die oordeel.

God verneder inderdaad “die een” in vlees en bloed, maar verhef “die ander” – die nuwe mens in Christus!

Psa 75:8  maar God is regter: Hy verneder die een en verhef die ander.

About 4windkoinonia

Want let op julle roeping, broeders: julle is nie baie wyse na die vlees nie, nie baie magtiges, nie baie edeles nie; maar wat dwaas is by die wêreld, het God uitverkies om die wyse te beskaam; en wat swak is by die wêreld, het God uitverkies om wat sterk is, te beskaam; en wat onedel is by die wêreld en wat verag is, het God uitverkies, en wat niks is nie, om wat iets is, tot niet te maak, sodat geen vlees voor Hom sou roem nie. (1Kor 1:26-29)
This entry was posted in Lees eers hier. Bookmark the permalink.

Laat 'n boodskap

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s