Vertrou op die Heer! 

Vertrou op die Heer! 
GL Groenewald (2017)

KOOR 1:
Vertrou op die Heer met jou hele hart,
Want Hy beheer inderdaad ons hele pad.
Erken God in al jou weë,
Want Hy bepaal en Hy bestier elke tree.

1:
Eers aanbid ons die torings van ons talle hoë kerke;
(ons hoogmoed en godsdienswaan).
Eers vertrou ons die veiligheid van ons talle ysterwerke;
(ons nietige aardse beskuttings).
Eers spog ons met ons eie geregtigheid;
(ons talle goeie werke).

Eers is ons opgepof deur woorde van verleidelikheid;
(bose leuengeeste).

KOOR 2:
Maar deur God se oordeel leer ons Sy geregtigheid,
En deur Sy tug groei ons om goed van kwaad te kan skei,
Deur Sy kastyding word ons Sy ware kinders,
En deur Sy vuur red Hy almal van ons.

KOOR 3:
Vertrou op die Heer en doen goed,
Hy onderwerp elke vyand onder ons voet.
Erken God in al jou soekes,
Hy alleen voorsien in al ons behoeftes.

2:

Eers vereer ons menslike filosofieë wat die waarheid verdoem;
(elke mens is reg in sy eie oë).

Eers bewonder ons valse wetenskap, sogenaamde kennis genoem;
(aardse kennis gee ons ‘n skyn hoop).

Eers is ons versot op ons eie raad waarop ons valshede bou;
(onbestendig in al ons weë).

Eers dien ons ook ons drekgode wat ons denke aan vasklou;
(ons wandel in die duisternis).

KOOR 2:
Maar deur God se oordeel leer ons Sy geregtigheid,
En deur Sy tug groei ons om goed van kwaad te kan skei,
Deur Sy kastyding word ons Sy ware kinders,
En deur Sy vuur red Hy almal van ons.

BRUG:
God sal ons nooit begewe en nooit verlaat,
(Hy bly getrou).
Hy lei ons in gees en Sy Waarheid,
(deur Sy onfeilbare Woord).
Hy laat ons groei soos Sy boom van Lewe,
(Sy nuwe lewe).
Bring voort in ons die vrug van geregtigheid!
(Sy geregtigheid!).

KOOR 1:
Vertrou op die Heer met jou hele hart,
Want Hy beheer inderdaad ons hele pad.
Erken God in al jou weë,
Want Hy bepaal en Hy bestier elke tree.

EINDE:
Die eerste man Adam was geskep as ‘n lewende siel,
Die laaste Adam is die lewendmakende gees.
(Jesus is die Alpha en Omega);

Die geestelike is egter nie eerste vir die eerste Adam nie,
Maar die natuurlike is eerste, daarna die geestelike.
(Jesus is die eerste en die laaste);

Die eerste Adam is van die aarde, hy is aards,

Die laaste Adam is van die hemel, Hy is hemels.

(Jesus heers oor hemel en aarde);

Soos ons almal die beeld van die aardse Adam dra,

So sal ons ook almal die beeld van die hemelse Adam dra.

(Jesus is Redder van almal);

Ons ervaar eers die dood,

Daarna die oordeel.

(Jesus Christus is die Heer);

Deur die oordeel

Leer ons God se geregtigheid!

(Jesus Christus is die Heer);

Sy geregtigheid is die kleed

wat ons almal sal dek,

(Jesus Christus is die Heer);

Want elke knie sal buig
En elke tong bely.
(Jesus Christus is die Heer);
Jesus Christus is die Heer van almal.

MUSIEK: https://soundcloud.com/user-884028869/vertrou-op-die-heer

About 4windkoinonia

Want let op julle roeping, broeders: julle is nie baie wyse na die vlees nie, nie baie magtiges, nie baie edeles nie; maar wat dwaas is by die wêreld, het God uitverkies om die wyse te beskaam; en wat swak is by die wêreld, het God uitverkies om wat sterk is, te beskaam; en wat onedel is by die wêreld en wat verag is, het God uitverkies, en wat niks is nie, om wat iets is, tot niet te maak, sodat geen vlees voor Hom sou roem nie. (1Kor 1:26-29)
This entry was posted in Lees eers hier. Bookmark the permalink.

Laat 'n boodskap

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s