God se plan met hierdie skepping en ons persoonlike reis na geestelike volwassenheid (om soos God te wees in gees), word regdeur die Skrifte vir ons aangebied deur verskeie skadubeelde. Hierdie plan van God en almal se groei is egter nie vir almal sigbaar op hierdie stadium nie, want God verberg sy geestelike ‘sake’ vir die meerderheid van die mensdom wat nog vasgevang is deur aardse en fisiese dinge:
Spr 25:2 Dit is die eer van God om ‘n saak te verberg, maar die eer van konings om ‘n saak na te speur.
1Kor 2:6-10 Tog spreek ons wysheid onder die volwassenes, maar ‘n wysheid nie van hierdie wêreld, of van hierdie wêreld se heersers, wat vergaan nie. (7) Maar ons spreek die wysheid van God, wat bestaan in verborgenheid wat bedek was en wat God van ewigheid af voorbeskik het tot ons heerlikheid, (8) wat niemand van die heersers van hierdie wêreld geken het nie—want as hulle dit geken het, sou hulle die Here van die heerlikheid nie gekruisig het nie— (9) maar soos geskrywe is: Wat die oog nie gesien en die oor nie gehoor en in die hart van ‘n mens nie opgekom het nie, wat God berei het vir die wat Hom liefhet. (10) Maar God het dit aan ons deur sy Gees geopenbaar, want die Gees ondersoek alle dinge, ook die dieptes van God.
Vir hulle wat wel kan sien wat God openbaar aan Sy “volwassenes”, is dit voorwaar ‘n ontdekkingsreis vol intriges, en daar is soveel te leer oor God en Sy werk in hierdie skepping en in onsself. In hierdie reeks studies kyk ons na ons eie geestelike reis met behulp van die geskiedenis van fisiese Israel, soos opgeteken in die Ou Testament.
1Kor 10:11 Maar al hierdie dinge het hulle [fisiese Israel] oorgekom as voorbeelde [oorspronklike Griekse woord: “tupos” = tipe], en is opgeskrywe as ‘n waarskuwing aan ons op wie die eindes van die eeue gekom het.
Hier is sewe fases in Israel se geskiedenis wat vir ons as riglyn dien vir hierdie reis:
- Die tyd in Egipte;
- Die bevryding van die Egiptiese slawerny;
- Die tyd in die wildernis;
- Die ingang in die Beloofde Land;
- Die tyd in die Beloofde Land;
- Die tyd in ballingskap in Babilon;
- Die terugkeer uit Babilon en die heropbou-proses.
Hierdie sewe fases word verder uitgebou deur die feestye wat God aan Israel voorgeskryf het:
Lev 23:1 Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:
Lev 23:2 Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle: Die feestye van die HERE wat julle moet uitroep as heilige samekomste dit is my feestye.
Lev 23:3 Ses dae lank kan werk gedoen word, maar op die sewende dag is dit ‘n dag van volkome rus, ‘n heilige vierdag; géén werk mag julle doen nie dit is ‘n sabbat van die HERE in al julle woonplekke.
Lev 23:4 Dit is die feestye van die HERE, die heilige vierdae wat julle moet uitroep op hulle bepaalde tyd.
Hier volg die sewe hooffeeste:
- Die pasga
- Die fees van ongesuurde brode.
- Die ‘vyftigste’ dag fees (Pinksterfees).
- Die fees van “basuingeklank”.
- Die fees van die “Versoendag”.
- Die huttefees.
- Die groot fees op “die agste dag” van die huttefees.
In ons vorige skrywes in hierdie betrokke reeks studies het ons reeds die rol en geestelike betekenis van…
- ons tyd in “Egipte” (ons tyd in slawerny van sonde),
- God se Pasga-Lam (Jesus Christus se dood vir ons sondes),
- en die eet van ongesuurde brode ((die erkenning van die sondelose lewe van Christus en Sy dood vir ons sondes);).
Rom 5:6-10 Want toe ons nog swak was [vasgevang in ons vleeslike begeertes en die slawerny van sonde], het Christus op die regte tyd vir die goddelose gesterwe. (7) Want nouliks sal iemand vir ‘n regverdige sterwe vir ‘n goeie mens sal iemand miskien nog die moed hê om te sterwe (8) maar God bewys sy liefde tot ons daarin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was. (9) Veel meer dan sal ons, nou dat ons geregverdig is in sy bloed, deur Hom gered word van die toorn. (10) Want as ons, terwyl ons nog vyande was, met God versoen is deur die dood van sy Seun, veel meer sal ons deur sy lewe gered word nou dat ons versoen is.
Die woorde, “veel meer sal ons deur sy lewe gered word” bring ons by die bewustheid van ons persoonlike begeerte vir verlossing en redding. As mens nog sonde geniet en najaag, dan het die sonde nog nie sy volwasse / volgroeide stadium in ons bereik nie – dit beteken dat ons moet siek en sat word van sonde en die leuens van die valse Christendom. Dit is net wanneer ons “vermoeid en belas” is deur die sonde, dat Vader ons na Christus bring om Sy rus te ervaar – die oorwinningslewe in Christus:
Mat 11:28-30 Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee. (29) Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus vind vir julle siele; (30) want my juk is sag en my las is lig.
God het aan Abraham belowe dat sy nageslag tydens die “vierde geslag” sal moeg wees van die slawerny en verlos word uit Egipte.
Gén 15:16 En die vierde geslag sal hierheen terugkom, want die ongeregtigheid van die Amoriete is tot nog toe nie vol nie.
Die getal ‘vier’ dui die geheel van ‘n saak aan. Lees gerus meer oor die geestelike betekenis van hierdie getal by die volgende skakel:
https://4windkoinonia.wordpress.com/2016/09/02/die-geestelike-betekenis-van-syfergetalle-4/
Dit is hoe God aan ons toon dat Hy alles onder beheer het, selfs ons tyd onder die juk van sonde:
Prd 3:1 Alles het sy bepaalde uur, en vir elke saak onder die hemel is daar ‘n tyd:
Hnd 17:26 ….terwyl Hy vooraf bepaalde tye [vasgestel het].
Niemand kan die tye verander nie. God bepaal alle tye en seisoene en alles gebeur presies op tyd:
Spr 19:21 Baie planne is in ‘n man se hart, maar die raad van die HERE, dié sal bestaan.
Klg 3:37 Mem. Wie spreek daar, en dit gebeur? Het die Here dit nie beveel nie?
Efs 1:11 in Hom in wie ons ook ‘n erfdeel ontvang het nadat ons vantevore daartoe verordineer is ooreenkomstig die voorneme van Hom wat alles werk volgens die raad van sy wil,
Daar is ‘n tyd waar ons onder sonde se heerskappy is (onder die heerskappy van die “ongeregtigheid van die Amoriete” en Egitenare in ons eie lewe), en daar is ‘n tyd vir verlossing, soos bepaal deur die Vader alleenlik:
Joh 6:44 Niemand kan na My toe kom as die Vader wat My gestuur het, hom nie trek nie; en Ek sal hom opwek in die laaste dag.
Ons bevryding uit Egipte neem ons deur ons eie Rooi See (of Skelfsee) wat ons eerste doop uitbeeld:
Hnd 7:36 Hy het hulle uitgelei en wonders en tekens in Egipteland en in die Rooi See en die woestyn gedoen, veertig jaar lank.
Heb 11:29 Deur die geloof het hulle die Rooi See deurgegaan soos oor droë grond, terwyl die Egiptenaars, toe hulle dit probeer, verdrink het.
1Kor 10:1-4 Want ek wil nie hê, broeders, dat julle nie sou weet nie dat ons vaders almal onder die wolk was en almal deur die see deurgegaan het, (2) en almal in Moses gedoop is in die wolk en in die see, (3) en almal dieselfde geestelike spys geëet het, (4) en almal dieselfde geestelike drank gedrink het, want hulle het gedrink uit ‘n geestelike rots wat gevolg het, en die rots was Christus.
Die kleur ‘rooi’ (in Rooi See) koppel geestelik met die vlees en sy sonde, in die negatiewe toepassing van hierdie woord in die Skrifte. Dit beeld uit die eerste Adam en sy skepping in vlees, selfs soos Esau eerste gebore was, maar nie God se uitverkorene is nie.
Jes 1:18 Kom nou en laat ons die saak uitmaak, sê die HERE: al was julle sondes soos skarlaken, dit sal wit word soos sneeu; al was dit rooi soos purper, dit sal word soos wol.
Rom 9:10-13 En nie alleen dit nie, maar ook Rebekka was swanger uit een, naamlik Isak, ons vader. 11 Want toe die kinders nog nie gebore was en nog geen goed of kwaad gedoen het nie dat die voorneme van God volgens die verkiesing kon bly staan, nie uit die werke nie, maar uit Hom wat roep 12 is vir haar gesê: Die oudste sal die jongste dien. 13 Soos geskrywe is: Jakob het Ek liefgehad en Esau het Ek gehaat.
Gén 25:25 En die eerste is gebore—rooi, geheel en al soos ‘n mantel van hare. Daarom het hulle hom Esau genoem.
Die vlees en alle fisiese dinge, insluitend die “eerste Adam”, is nie God se uitverkore skepping nie. Die geestelike skepping deur Christus is God se uitverkorene, maar die vleeslike Adam moet eers sy belangrike rol speel:
1Kor 15:45-46 So is daar ook geskrywe: Die eerste mens, Adam, het ‘n lewende siel geword; die laaste Adam ‘n lewendmakende Gees. 46 Die geestelike ewenwel is nie eerste nie, maar die natuurlike; daarna die geestelike.
Die doop in die Rooi See is dus ons eerste doop – dit is die dood of opgee van die wêreld van sonde en slawerny. Vir baie is fisiese water nodig vir hierdie doop. Maar as ons oë gegee is om te sien wat die doop beteken, sal ons nie vasklou aan ‘n dooie fisiese simbool nie. Ons almal leer, soos Paulus, dat fisiese dinge nie innerlike verandering teweegbring nie. Dit is die kruising saam met Christus, dit is die opgee en afsterwe van sonde in ons lewe, wat die krag van God weerspieël!
1Kor 1:14-18 Ek dank God dat ek niemand van julle gedoop het nie, behalwe Crispus en Gajus, 15 sodat niemand kan sê dat ek in my naam gedoop het nie. 16 Ek het ook nog die huisgesin van Stéfanas gedoop. Verder weet ek nie of ek iemand anders gedoop het nie. 17 Want Christus het my nie gestuur om te doop nie, maar om die evangelie te verkondig, nie met wysheid van woorde nie, sodat die kruis van Christus nie verydel mag word nie. 18 Want die woord van die kruis is wel dwaasheid vir die wat verlore gaan, maar vir ons wat gered word, is dit die krag van God;
Ons sal uitvind dat om fisiese babas te doop baie groot geestelike onkunde uitbeeld. Geestelike babas word wel gedoop deur hulle te leer om van sonde af te sien. Hierdie doop is een van die beginsels van die prediking aangaande Christus:
Heb 6:1-2 Daarom moet ons nie bly by die begin van die prediking aangaande Christus nie, maar na die volmaaktheid voortgaan sonder om weer die fondament te lê van die bekering uit dooie werke en van die geloof in God, 2 van die leer van die doop en van die handoplegging en van die opstanding van die dode en van die ewige oordeel.
Die een ware doop van Christus is die afsterwe van sonde!
Efs 4:5 een Here, een geloof een doop,
Rom 6:1-4 Wat sal ons dan sê? Sal ons in die sonde bly, dat die genade meer kan word? 2 Nee, stellig nie! Ons wat die sonde afgesterf het, hoe kan ons nog daarin lewe? 3 Of weet julle nie dat ons almal wat in Christus Jesus gedoop is, in sy dood gedoop is nie? 4 Ons is dus saam met Hom begrawe deur die doop in die dood, sodat net soos Christus uit die dode opgewek is deur die heerlikheid van die Vader, ons ook so in ‘n nuwe lewe kan wandel.
Die apostel Johannes het hierdie eerste doop as volg uitgebeeld:
Opn 13:1-2 En ek het ‘n dier uit die see sien opkom met sewe koppe en tien horings, en op sy horings tien krone en op sy koppe ‘n naam van godslastering. 2 En die dier wat ek gesien het, was soos ‘n luiperd, en sy pote soos dié van ‘n beer, en sy bek soos die bek van ‘n leeu; en die draak het hom sy krag gegee en sy troon en groot mag.
Maar Israel se reis het nie geëindig by die Rooi See nie. Dit was maar net die begin van die reis! Daar het nog baie jare voorgelê van baie pyn en lyding. Dit gee vir ons die boodskap dat ons reis het net begin by die eerste doop. Kyk hoe lyk hierdie “dier” wat uit die see opkom, wat God aan Johannes gewys het vir ons lering.
Opn 13:1-2 En ek het ‘n dier uit die see sien opkom met sewe koppe en tien horings, en op sy horings tien krone en op sy koppe ‘n naam van godslastering. 2 En die dier wat ek gesien het, was soos ‘n luiperd, en sy pote soos dié van ‘n beer, en sy bek soos die bek van ‘n leeu; en die draak het hom sy krag gegee en sy troon en groot mag.
Na wie verwys hierdie “dier”?
Opn 13:18 Hier kom die wysheid te pas. Wie die verstand het, laat hom die getal van die dier bereken, want dit is die getal van ‘n mens; en sy getal is ses honderd ses en sestig.
Wel daar is die antwoord vir hulle aan wie geestelike wysheid gegee is. Hierdie “dier” is niemand anders as “die mens” self nie. Lees gerus meer oor hierdie “mens van sonde” by die volgende skakels:
https://4windkoinonia.wordpress.com/2010/05/17/die-vyand-van-god-is-binne-in-ons/
https://4windkoinonia.wordpress.com/2012/11/23/die-antichris-is-nader-as-wat-jy-dink/
Die woorde “uit die see” wys vir ons ons aanvanklike opheffing (“opkom”) tot beter insigte, maar kyk net na die beskrywing van hierdie “dier” wat nou op die land leef. Die getalle ‘sewe‘ en ‘tien‘ gee vir ons ‘n geestelike boodskap van hierdie skepsel se groei tot ‘n volwasse (voltooide = getal ‘7’) vleesgedrewe persoon wat Christus slegs in vlees ken. Ons almal ontmoet Christus eers in die vlees, maar die ware Christus leef in gees:
2Kor 5:16 Ons ken dus van nou af niemand meer na die vlees nie; en al het ons ook Christus na die vlees geken, nou ken ons Hom tóg nie meer so nie.
Sekere Christene in die kerk in Korinthe was meer geskoei op die Christus “na die vlees” en hulle het Paulus, onder andere, baie probleme gegee. Dit is wat ons almal ervaar en ons sal deur hierdie tyd in ons eie geestelike reis gaan:
1Kor 3:1-4 En ek, broeders, kon met julle nie spreek soos met geestelike mense nie, maar soos met vleeslike, soos met klein kinders in Christus. 2 Ek het julle met melk gevoed, nie met vaste spys nie, want julle was nog nie daartoe in staat nie, en julle is nou nog nie daartoe in staat nie, 3 omdat julle nog vleeslik is; want aangesien daar onder julle jaloersheid en twis en tweedrag is, is julle nie vleeslik nie en wandel julle nie na die mens nie? 4 Want as die een sê: Ek is van Paulus; en die ander: Ek van Apollos—is julle nie vleeslik nie?
Tydens hierdie fase in ons reis hou ons inderdaad ‘n “Jesus Christus” voor, maar dit is ‘n “ander Jesus” met ‘n “ander gees” en ‘n “ander evangelie”.
2Kor 11:4 Want as iemand kom en ‘n ander Jesus verkondig as wat ons verkondig het, of as julle ‘n ander gees ontvang as wat julle ontvang het, of ‘n ander evangelie as wat julle aangeneem het, laat julle jul dit goed geval.
Kyk onder wie se mag word ons eintlik geplaas as ons die “ander Jesus” aanhang:
Opn 13:2 En die dier wat ek gesien het, was soos ‘n luiperd, en sy pote soos dié van ‘n beer, en sy bek soos die bek van ‘n leeu; en die draak het hom sy krag gegee en sy troon en groot mag.
Ons volg eintlik die draak, dit is Satan. Jesus het nog nooit ‘n tekort gehad aan sulke volgelinge nie:
Joh 8:30-32 Terwyl Hy hierdie dinge spreek, het baie in Hom geglo. 31 En Jesus sê vir die Jode wat in Hom geglo het: As julle in my woord bly, is julle waarlik my dissipels. 32 En julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak.
Jesus verklaar openlik dat hierdie tipe Christen wat nog vleeslike dinge volg, kinders van die draak is:
Joh 8:44 Julle het die duiwel as vader, en die begeertes van julle vader wil julle doen. Hy was ‘n mensemoordenaar van die begin af en staan nie in die waarheid nie, omdat daar in hom geen waarheid is nie. Wanneer hy leuentaal praat, praat hy uit sy eie, omdat hy ‘n leuenaar is en die vader daarvan.
Kyk net die haat in ons harte op die stadium, wat na vore kom as die waarheid op die toneel verskyn:
Joh 8:59 Hulle het toe klippe opgetel om Hom te stenig; maar Jesus het stilletjies uit die tempel gegaan en tussen hulle deurgeloop; en so het Hy vertrek.
Die woord, die swaard van God, het ons ou mens se lewe met ‘n dodelik wond getref, maar die wond genees – en dit is nie goed nie.
Opn 13:3 En ek het een van sy koppe gesien net of dit dodelik gewond was, en sy dodelike wond is genees…
Die swaard van God is daar om ons hele dier te verwoes – die dier en al sy wonde moet nie genees nie:
Mat 10:34-39 Moenie dink dat Ek gekom het om vrede op die aarde te bring nie. Ek het nie gekom om vrede te bring nie, maar die swaard. 35 Want Ek het gekom om tweedrag te verwek tussen ‘n man en sy vader, en tussen ‘n dogter en haar moeder, en ‘n skoondogter en haar skoonmoeder. 36 En ‘n mens se huisgenote sal sy vyande wees. 37 Wie vader of moeder bo My liefhet, is My nie waardig nie; en wie seun of dogter bo My liefhet, is My nie waardig nie. 38 En wie sy kruis nie neem en agter My volg nie, is My nie waardig nie. 39 Wie sy lewe vind, sal dit verloor; en wie sy lewe verloor om My ontwil, sal dit vind.
Maar ons almal gaan eers “veronderd” agter hierdie skepsel aan wat dink hy is beter as ander, en is vol hoogmoed. Hy glo hy is reeds gered en kan nou almal oordeel….
Opn 13:3 En ek het een van sy koppe gesien net of dit dodelik gewond was, en sy dodelike wond is genees. En die hele wêreld het verwonderd agter die dier aan gegaan.
Ons doop in die Rooi See, en ons “opkom” uit daardie see is dus net ‘n uiterlike bekering – dit het nie ‘n nuwe hart (denke) tot gevolg nie. Tydens ons tyd van vleeslike bekering en ons volging van die vleeslike Jesus, gefokus ons op fisiese wonderwerke en aardse seëninge. Hierdie aardse seëning bekragtig egter slegs ons geroepe status, en nie ons uitverkore status.
Mat 22:14 Want baie is geroep, maar min uitverkies.
As ons deel is van die “baie” dan voel ons veilig. Ons redeneer dan ook dat hulle tog nie almal verkeerd kan wees nie. VERKEERD!
Eks 23:2 Jy mag die meerderheid nie volg in verkeerde dinge nie. En jy mag in ‘n regsaak geen getuienis aflê agter die meerderheid aan om die reg te verdraai nie.
Mat 13:1-3 En op daardie dag het Jesus uit die huis uitgegaan en by die see gaan sit. 2 En groot menigtes het by Hom vergader, sodat Hy in ‘n skuit geklim en gaan sit het. En die hele skare het op die strand gestaan. 3 En Hy het baie dinge deur gelykenisse tot hulle gespreek…
Mat 13:10-11 En die dissipels het gekom en vir Hom gesê: Waarom spreek U tot hulle deur gelykenisse? 11 Toe antwoord Hy en sê vir hulle: Omdat dit aan julle gegee is om die verborgenhede van die koninkryk van die hemele te ken, maar aan hulle is dit nie gegee nie.
Die “meerderheid” volg altyd verkeerde leerstellings. Net TWEE van al die mense wat uit Egipte weg is (omtrent 2 miljoen mense), was uitverkies om in die beloofde land te gaan!!!
Núm 14:30-32 Waarlik, júlle sal nie in die land kom waaroor Ek my hand opgehef het om julle daarin te laat woon nie, behalwe Kaleb, die seun van Jefúnne, en Josua, die seun van Nun. 31 En julle kinders waarvan julle gesê het: Hulle sal ‘n buit word—dié sal Ek inbring en dié sal die land leer ken wat julle verwerp het. 32 Maar júlle lyke sal in hierdie woestyn lê.
Die ou mens met al sy vleeslike aanhangsels gaan nie in die geeslike koninkryk van God nie al kom hy ook deur die eerste doop (die geestelike Rooi See). Daar wag nog ‘n lang reis vorentoe:
1Kor 15:50 Maar dit verklaar ek, broeders, dat vlees en bloed die koninkryk van God nie kan beërwe nie; ook beërwe die verganklikheid nie die onverganklikheid nie.
Terug pieng: Ons reis na geestelike volwassenheid (Deel 12) | "Is en Wat Was en Wat Kom" – die onbekende karakter van Jesus Christus en Sy Woord
Terug pieng: Ons reis na geestelike volwassenheid (Deel 13) | "Is en Wat Was en Wat Kom" – die onbekende karakter van Jesus Christus en Sy Woord
Terug pieng: Ons reis na geestelike volwassenheid (Deel 14) | "Is en Wat Was en Wat Kom" – die onbekende karakter van Jesus Christus en Sy Woord
Terug pieng: Ons reis na geestelike volwassenheid (Deel 15) | "Is en Wat Was en Wat Kom" – die onbekende karakter van Jesus Christus en Sy Woord
Terug pieng: Ons reis na geestelike volwassenheid (Deel 16) | "Is en Wat Was en Wat Kom" – die onbekende karakter van Jesus Christus en Sy Woord