Almal in die eerste aardse Adam sal deel word van die geestelike heerlikheid in God deur Jesus Christus, die “laaste Adam”:
1Kor 15:22 Want soos hulle almal in Adam sterwe, so sal hulle ook almal in Christus lewend gemaak word;
1Kor 15:45-49 So is daar ook geskrywe: Die eerste mens, Adam, het ‘n lewende siel geword; die laaste Adam ‘n lewendmakende Gees. 46 Die geestelike ewenwel is nie eerste nie, maar die natuurlike; daarna die geestelike. 47 Die eerste mens was uit die aarde aards, die tweede mens is die Here uit die hemel. 48 Soos die aardse mens was, so is ook die aardse mense; en soos die hemelse mens is, so is ook die hemelse mense. 49 En soos ons die beeld van die aardse gedra het, so sal ons ook die beeld van die hemelse dra.
Daar is dus ‘n periode waar ons almal eers ons tyd in “die eerste mens, Adam” moet deurgaan, en dinge van ‘n vleeslike oogpunt moet ervaar, voordat ons kan oorgaan deur ‘n nuwe skepping in “die laaste Adam”. Almal sal op hul bepaalde tyd en orde die hele reis beleef, om uiteindelik die gees van die Vader in sy volheid te beleef:
1Kor 15:22-28 Want soos hulle almal in Adam sterwe, so sal hulle ook almal in Christus lewend gemaak word; 23 maar elkeen in sy eie orde: as eersteling Christus, daarna die wat aan Christus behoort by sy koms. 24 Daarna kom die einde, wanneer Hy die koninkryk aan God die Vader oorgee, as Hy alle heerskappy en alle gesag en mag vernietig het. 25 Want Hy moet as koning heers totdat Hy al sy vyande onder sy voete gestel het. 26 Die laaste vyand wat vernietig word, is die dood. 27 Want Hy het alles aan sy voete onderwerp, maar wanneer Hy sê dat alles onderwerp is, is dit duidelik dat Hy uitgesonder is wat alles aan Hom onderwerp het. 28 En wanneer alles aan Hom onderwerp is, dan sal ook die Seun self Hom onderwerp aan die Een wat alles aan Hom onderwerp het, sodat God alles in almal kan wees.
Vir hulle wat in hierdie lewe die geloof geskenk word om hierdie reis te sien en te verstaan, is dit voorwaar ‘n ontdekkingsreis vol intriges wat doelgerig deur die Vader beheer word. In hierdie reeks studies kyk ons na hierdie reis met behulp van die geskiedenis van fisiese Israel, soos opgeteken in die Ou Testament.
1Kor 10:11 Maar al hierdie dinge het hulle [fisiese Israel] oorgekom as voorbeelde [oorspronklike Griekse woord: “tupos” = tipe], en is opgeskrywe as ‘n waarskuwing aan ons op wie die eindes van die eeue gekom het.
Hier is sewe fases in Israel se geskiedenis wat vir ons as riglyn dien vir hierdie reis:
- Die tyd in Egipte;
- Die bevryding van die Egiptiese slawerny;
- Die tyd in die wildernis;
- Die ingang in die Beloofde Land;
- Die tyd in die Beloofde Land;
- Die tyd in ballingskap in Babilon;
- Die terugkeer uit Babilon en die heropbou-proses.
Hierdie sewe fases word verder verduidelik deur die feestye wat God aan Israel voorgeskryf het – alles eindig in die rus in Christus wanneer ons die hele reis verstaan!
Lev 23:1 Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:
Lev 23:2 Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle: Die feestye van die HERE wat julle moet uitroep as heilige samekomste dit is my feestye.
Lev 23:3 Ses dae lank kan werk gedoen word, maar op die sewende dag is dit ‘n dag van volkome rus, ‘n heilige vierdag; géén werk mag julle doen nie dit is ‘n sabbat van die HERE in al julle woonplekke.
Lev 23:4 Dit is die feestye van die HERE, die heilige vierdae wat julle moet uitroep op hulle bepaalde tyd.
Hier is wat al hierdie woorde beteken:
Efs 2:1-10 En julle het Hy lewend gemaak, wat dood was deur die misdade en die sondes 2 waarin julle tevore gewandel het volgens die loop van hierdie wêreld, volgens die owerste van die mag van die lug, van die gees wat nou in die kinders van die ongehoorsaamheid werk, 3 onder wie ons almal ook vroeër gewandel het in die begeerlikhede van ons vlees toe ons die wil van die vlees en van die sinne gedoen het; en ons was van nature kinders van die toorn net soos ook die ander. 4 Maar God, wat ryk is in barmhartigheid, het ons deur sy grote liefde waarmee Hy ons liefgehad het, 5 ook toe ons dood was deur die misdade, lewend gemaak saam met Christus—uit genade is julle gered— 6 en saam opgewek en saam laat sit in die hemele in Christus Jesus, 7 sodat Hy in die eeue wat kom, kan betoon die uitnemende rykdom van sy genade in goedertierenheid oor ons in Christus Jesus. 8 Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God; 9 nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie. 10 Want ons is sy maaksel, geskape in Christus Jesus tot goeie werke wat God voorberei het, sodat ons daarin kan wandel.
Hier volg die sewe hooffeeste van die Jode:
- Die pasga
- Die fees van ongesuurde brode.
- Die ‘vyftigste’ dag fees (Pinksterfees).
- Die fees van “basuingeklank”.
- Die fees van die “Versoendag”.
- Die huttefees.
- Die groot fees op “die agste dag” van die huttefees.
In ons vorige skrywes in hierdie betrokke reeks studies (Deel 1, Deel 2, Deel 3, Deel 4, Deel 5, Deel 6) het ons reeds die volgende dele aangeraak soos dit toepassing het op ons eie lewe:
- ons tyd in “Egipte” (ons tyd in slawerny van sonde);
- God se Pasga-Lam (Jesus Christus se dood vir ons sondes);
- en die eet van ongesuurde brode (die toepassing van die sondelose lewe van Christus in ons lewe deur Sy geestelike inwoningslewe);
- Ons doop in die Rooi See (die fisiese aflegging van sondes – ons vleeslike bekering waar ons Jesus in vlees ontmoet en ken).
- Ons tyd in die wildernis (ons tyd wanneer ons God se wonderwerke in vlees geniet en dink dat alles net goed moet gaan).
Dit is in ons eie tyd in die wildernis waar ons Jesus in vlees leer ken, en Hom volg vir Sy fisiese brood en vissies. Ons doen alles om Hom op die aardse vlak in vlees te ken. Hier is geen oorwinningslewe in geloof nie, maar net ‘n gekla van oggend tot aand vir God se voorsiening in aardse dinge en tydelike genot – net soos die ou Israeliete gedoen het:
1Kor 10:7-10 En wees ook nie afgodedienaars soos sommige van hulle was nie, soos geskrywe is: Die volk het gaan sit om te eet en te drink en het opgestaan om te speel. 8 En laat ons nie hoereer soos sommige van hulle gehoereer het nie, en daar het op een dag drie en twintig duisend geval. 9 En laat ons Christus nie versoek soos ook sommige van hulle gedoen het nie, en hulle het deur die slange omgekom. 10 En moenie murmureer soos ook sommige van hulle gemurmureer het nie, en hulle het deur die verderwer omgekom.
Net soos die ou Israeliete deur ‘n tyd van God se regering “met ‘n ysterstaf” moes gaan, so word hierdie woorde ook in ons lewe vervul:
Open 2:27 en hy sal hulle regeer met ‘n ysterstaf; soos erdegoed word hulle verbrysel, net soos Ek ook van my Vader ontvang het.
God het die hele reis egter haarfyn beplan voor ons geboorte, en ons kan net wees waar Hy ons wil hê op enige tydstip.
Psa 139:16 U oë het my ongevormde klomp gesien; en in u boek is hulle almal opgeskrywe: dae dat alles bepaal was, toe nog geeneen van hulle daar was nie.
Ons reis sluit in baie harde lesse wat ons sal moet leer in die proses. Byvoorbeeld, Jesus verwar nie fisiese heerskappy met geestelike heerskappy, soos ons doen nie:
Joh 6:14-15 Toe die mense dan die teken sien wat Jesus gedoen het, sê hulle: Hy is waarlik die profeet wat in die wêreld sou kom. 15 En toe Jesus merk dat hulle wou kom en Hom met geweld neem om Hom koning te maak, het Hy weer weggegaan na die berg, Hy alleen.
Die oorlog is nie vleeslik nie en die oorwinning is nie vleeslik nie!
2Kor 10:3-6 Want hoewel ons in die vlees wandel, voer ons die stryd nie volgens die vlees nie; 4 want die wapens van ons stryd is nie vleeslik nie, maar kragtig deur God om vestings neer te werp, 5 terwyl ons planne verbreek en elke skans wat opgewerp word teen die kennis van God, en elke gedagte gevange neem tot die gehoorsaamheid aan Christus, 6 en ons gereed hou om elke ongehoorsaamheid te straf wanneer julle gehoorsaamheid volkome is.
Die “skares”, die “groot menigtes” sal altyd Jesus volg vir aardse dinge, en daarom is groot kerke en groot samekomste so populêr vir baie. Die skares is altyd by die “see”, wat geestelik spreek van ons behoefte en verbintenisse aan fisiese dinge en ons aardse denke (ons eerste hemel):
Mat 13:1-2 En op daardie dag het Jesus uit die huis uitgegaan en by die see gaan sit. 2 En groot menigtes het by Hom vergader, sodat Hy in ‘n skuit geklim en gaan sit het. En die hele skare het op die strand gestaan.
Joh 6:22-26 Die volgende dag sien die skare wat oorkant die see gestaan het, dat daar geen ander skuit was nie, behalwe daardie een waarin sy dissipels gegaan het; en dat Jesus nie saam met sy dissipels in die skuit gegaan het nie, maar dat sy dissipels alleen weggevaar het. 23 Maar ander skuite het van Tibérias aangekom naby die plek waar hulle die brood geëet het, nadat die Here gedank het. 24 Toe die skare dan sien dat Jesus nie daar was nie en sy dissipels ook nie, het hulle self ook in die skuite geklim en na Kapérnaüm gegaan om Jesus te soek. 25 En toe hulle Hom oorkant die see gevind het, sê hulle vir Hom: Rabbi, wanneer het U hier gekom? 26 Jesus antwoord hulle en sê: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, julle soek My nie omdat julle tekens gesien het nie, maar omdat julle van die brode geëet en versadig geword het.
Maar Jesus sal ons nie hou by ‘n vleeslike fase nie, en Hy sal dus nie voortgaan om ons aardse belange tevrede te stel nie. Hy wil ons verder neem op die reis na geestelike volwassenheid!
Joh 6:27 Moenie werk om die spys wat vergaan nie, maar om die spys wat bly tot in die ewige lewe, wat die Seun van die mens julle sal gee; want Hom het God, die Vader, verseël.
Ons kom dus aanvanklik op uit die see, deur die eerste doop – ons eie Rooi See ervaring waar ons God se krag in ons lewe die eerste keer ervaar. Maar, soos Israel van ouds, weet ons nie op daardie stadium wat nog vir ons voorlê nie. In ‘n geestelike sin bou ons ons geestelike huis op die sand van die see – op fisiese dinge en aardse seëning wat ons baie hoog ag. So beskryf Johannes hierdie tyd in ons lewe. Kyk mooi hoe ons lyk in ‘n geestelike sin:
Open 13:1-3 (12:18) En ek het op die sand van die see gaan staan. (13:1) En ek het ‘n dier uit die see sien opkom met sewe koppe en tien horings, en op sy horings tien krone en op sy koppe ‘n naam van godslastering. 2 En die dier wat ek gesien het, was soos ‘n luiperd, en sy pote soos dié van ‘n beer, en sy bek soos die bek van ‘n leeu; en die draak het hom sy krag gegee en sy troon en groot mag. 3 En ek het een van sy koppe gesien net of dit dodelik gewond was, en sy dodelike wond is genees. En die hele wêreld het verwonderd agter die dier aan gegaan.
Ons almal volg Jesus op die “droë grond” en ons weet nie dat ons net besig is om ons geestelike huis op sand te bou nie. As die beproewinge kom, dan val ons en ons verlang terug na die vleispotte van Egipte. Net soos die volk van Israel murmureer ons as God nie optree soos ons verlang nie!
Eks 16:1-3 Toe hulle van Elim af wegtrek, het die hele vergadering van die kinders van Israel in die woestyn Sin gekom, wat tussen Elim en Sinai lê, op die vyftiende dag van die tweede maand ná hulle uittog uit Egipteland. 2 En die hele vergadering van die kinders van Israel het teen Moses en teen Aäron in die woestyn gemurmureer. 3 En die kinders van Israel het aan hulle gesê: Het ons maar in Egipteland deur die hand van die HERE gesterwe toe ons by die vleispotte gesit en volop brood geëet het! Want julle het ons in hierdie woestyn uitgelei om hierdie hele vergadering van honger te laat sterwe.
Maar dit is juis waarvoor die woestyn-tydperk deel vorm van die reis. Dit ontbloot ons diepste aardse donkertes. God het dit so beplan. Ons belaster God deur voor te gee dat ons God dien, maar eintlik is ons net ‘in Sy diens’ vir persoonlike selfsugtige gewin!
Open 13:1-3 (12:18) En ek het op die sand van die see gaan staan. (13:1) En ek het ‘n dier uit die see sien opkom met sewe koppe en tien horings, en op sy horings tien krone en op sy koppe ‘n naam van godslastering. 2 En die dier wat ek gesien het, was soos ‘n luiperd, en sy pote soos dié van ‘n beer, en sy bek soos die bek van ‘n leeu; en die draak het hom sy krag gegee en sy troon en groot mag. 3 En ek het een van sy koppe gesien net of dit dodelik gewond was, en sy dodelike wond is genees. En die hele wêreld het verwonderd agter die dier aan gegaan.
Die getalle in die teks hier, naamlik sewe en tien, speel ‘n belangrike rol in ons geestelike begrip van hierdie dier. Kyk gerus hoe koppel die getalle geestelik met hierdie dier, deur die skrywes by die volgende skakels te lees:
https://4windkoinonia.wordpress.com/2016/09/14/die-geestelike-betekenis-van-syfergetalle-7/
https://4windkoinonia.wordpress.com/2016/09/29/die-geestelike-betekenis-van-syfergetalle-10/
Daar word vier diere genoem in die teks in Openbaring 13, en hulle help ons om van die karaktrekke van hierdie een dier te verstaan (die getal ‘4’ verwys geestelik na die geheel van iets):
En die dier wat ek gesien het, was soos ‘n luiperd, en sy pote soos dié van ‘n beer, en sy bek soos die bek van ‘n leeu; en die draak het hom sy krag gegee en sy troon en groot mag.
Al hierdie diere teer op die vlees en is baie wreed. Hulle verskeur hul prooi en betoon geen barmhartigheid nie. Geestelik verwys dit na een skepsel wat op “vlees en bloed” teer en op “die arm van vlees” staatmaak. Hierdie skepsel sal selfs sy eie kinders opoffer aan leuens en afgodery van die vlees. Ken jy hierdie dier?
Open 13:18 Hier kom die wysheid te pas. Wie die verstand het, laat hom die getal van die dier bereken, want dit is die getal van ‘n mens; en sy getal is ses honderd ses en sestig.
Hierdie dier kom op uit die see en leef nou op die land. Ons almal weet wat gebeur as die mens verheffing en aardse promosie kry – dan kom dinge na vore wat mens skok. Hierdie dier in die woestyn is bo alles nog ‘n godsdienstige dier daarby!
Open 13:13-14 Hy doen ook groot tekens, sodat hy selfs vuur uit die hemel laat neerdaal op die aarde voor die oë van die mense. 14 En hy verlei die bewoners van die aarde deur die tekens wat hom gegee is om voor die oë van die dier te doen, deur aan die bewoners van die aarde te sê dat hulle ‘n beeld moet maak vir die dier wat die swaardwond ontvang en lewendig geword het.
Hierdie skepsel is nou op “die aarde” en is verhef tot dieper insigte, selfs al is dit beperk tot Christus in die vlees. Ons wil vir almal van ons geloof vertel en wil almal red en hulle oortuig om soos ons te leef. Maar ons insigte is alles gebaseer op ‘n vleeslike aanbidding van God en Sy Christus – dit is ons tweede hemel waar ons dink ons het die lig gevind. Maar o wee, ons is nog stokblind in God se oë! Ons bely dat ons kan sien, terwyl ons eintlik blind is!
Mat 6:22-23 Die lamp van die liggaam is die oog. As jou oog dan reg is, sal jou hele liggaam verlig wees. 23 Maar as jou oog verkeerd is, sal jou hele liggaam donker wees. As dan die lig in jou donkerheid is, hoe groot is die donkerheid nie!
Joh 9:39-41 En Jesus sê: Tot ‘n oordeel het Ek in hierdie wêreld gekom, sodat die wat nie sien nie, mag sien, en die wat sien, blind mag word. 40 En dié van die Fariseërs wat by Hom was, het dit gehoor en vir Hom gesê: Is ons dan ook blind? 41 Jesus antwoord hulle: As julle blind was, sou julle geen sonde hê nie; maar nou sê julle: Ons sien! Daarom bly julle sonde.
Ons is ryk in kennis van wat reg en verkeerd is, veral as dit kom by ander se sondes, maar onbewus van ons eie geestelike armoede in terme van God se liefde vir ons medemens:
1Kor 8:1 En met betrekking tot die offervleis aan die afgode weet ons dat ons almal kennis het. Die kennis maak opgeblase, maar die liefde stig.
Opn 3:17 Want jy sê: Ek is ryk en het verryk geword en het aan niks gebrek nie; en jy weet nie dat dit jy is wat ellendig en beklaenswaardig en arm en blind en naak is nie.
In hierdie fase van ons geestelike reis lyk ons soos die Lam van God, maar is slegs ‘n vleeslike Christen in ‘n baba-stadium – ons kompeteer en maak vleeslike onderskeid tussen mense. Ons kom uiterlik voor as vroom en opreg:
1Kor 3:1-7 En ek, broeders, kon met julle nie spreek soos met geestelike mense nie, maar soos met vleeslike, soos met klein kinders in Christus. 2 Ek het julle met melk gevoed, nie met vaste spys nie, want julle was nog nie daartoe in staat nie, en julle is nou nog nie daartoe in staat nie, 3 omdat julle nog vleeslik is; want aangesien daar onder julle jaloersheid en twis en tweedrag is, is julle nie vleeslik nie en wandel julle nie na die mens nie? 4 Want as die een sê: Ek is van Paulus; en die ander: Ek van Apollos—is julle nie vleeslik nie? 5 Wie is Paulus dan, en wie Apollos anders as dienaars deur wie julle gelowig geword het? En dit soos die Here aan elkeen gegee het. 6 Ek het geplant, Apollos het natgemaak, maar God het laat groei. 7 So is dan hy wat plant of hy wat natmaak, niks nie, maar God wat laat groei.
Ons getuig (die getal ‘2’) uiterlik van Jesus, maar dit is alles beperk tot Sy vleeslike wonderwerke. Ons denke en woorde is egter alles volgens die denke en woorde van die draak, Satan (met sy leuens en valse leerstellings):
Open 13:11-12 En uit die aarde het ek ‘n ander dier sien opkom, en hy het twee horings gehad net soos ‘n lam en het gepraat soos ‘n draak. 12 En hy oefen al die mag van die eerste dier uit voor sy oë, en hy maak dat die aarde en die wat daarop woon, die eerste dier aanbid, waarvan die dodelike wond genees is.
Tydens hierdie fase van ons geestelike groei doen ons weer die dade van die “eerste dier” – dit is die dier in die “see” wat soos die wêreld dink en doen. Ons soek menslike eer en aardse voorspoed en alles word egter gedoen onder ‘n uiterlike godsdienstige Christelike dekmantel.
Open 13:13-17 Hy doen ook groot tekens, sodat hy selfs vuur uit die hemel laat neerdaal op die aarde voor die oë van die mense. 14 En hy verlei die bewoners van die aarde deur die tekens wat hom gegee is om voor die oë van die dier te doen, deur aan die bewoners van die aarde te sê dat hulle ‘n beeld moet maak vir die dier wat die swaardwond ontvang en lewendig geword het. 15 En dit is hom gegee om ‘n gees aan die dier se beeld te gee, sodat die dier se beeld ook sal praat en maak dat almal gedood word wat die dier se beeld nie aanbid nie. 16 En hy maak dat aan almal, klein en groot, en die rykes en die armes, en die vrymense en die slawe ‘n merk op hulle regterhand en op hulle voorhoofde gegee word; 17 sodat niemand kan koop of verkoop nie, behalwe hy wat die merk of die naam van die dier of die getal van sy naam het.
Die afvallige Christelike godsdiens in sy geheel beheer die grootste getal mense se godsdiensoortuiginge vir om en by twee duisend jaar reeds. Ons almal volg op ons eie tyd hierdie groot Babiloniese hoer met haar aardse prag en praal. Sy ry op die dier, en as ons die dier kan sien, dan kan ons hierdie hoer sien met haar talryke volgelinge in die verskillende uiterlike denominasies, maar hulle is almal saamgebind in hul gemeenskaplike valse leerstellings!
Open 17:1-6 En een van die sewe engele met die sewe skale het gekom en met my gespreek en vir my gesê: Kom hierheen, ek sal jou toon die oordeel van die groot hoer wat op die baie waters sit, 2 met wie die konings van die aarde gehoereer het, en die bewoners van die aarde het dronk geword van die wyn van haar hoerery. 3 En hy het my in die gees weggevoer na ‘n woestyn, en ek het ‘n vrou sien sit op ‘n skarlakenrooi dier, vol godslasterlike name, met sewe koppe en tien horings. 4 En die vrou was bekleed met purper en skarlaken en versierd met goud en kosbare stene en pêrels, en sy het in haar hand ‘n goue beker gehad, vol gruwels en die onreinheid van haar hoerery; 5 en op haar voorhoof was ‘n naam geskrywe: Verborgenheid, die groot Babilon, die moeder van die hoere en van die gruwels van die aarde. 6 En ek het die vrou gesien, dronk van die bloed van die heiliges en van die bloed van die getuies van Jesus, en ek het my uitermate verwonder toe ek haar sien.
Ons almal is “UITERMATE VERWONDER” oor hierdie hoer want ons almal loop letterlik agter haar aan en laat haar toe om ons bloots te ry. Op die fisiese vlak offer ons tyd, geld en lewens aan haar. Maar haar val kom verseker in almal se lewe, soos deur God bepaal:
Opn 18:1-3 En ná hierdie dinge het ek ‘n engel sien neerdaal uit die hemel, met groot mag, en die aarde is verlig deur sy heerlikheid. 2 En hy het met ‘n groot stem kragtig uitgeroep en gesê: Geval, geval het die groot Babilon, en dit het geword ‘n woonplek van duiwels en ‘n versamelplek van allerhande onreine geeste en ‘n versamelplek van allerhande onreine en haatlike voëls, 3 omdat al die nasies gedrink het van die wyn van die grimmigheid van haar hoerery, en die konings van die aarde met haar gehoereer het, en die handelaars van die aarde ryk geword het deur die mag van haar weelderigheid.
Dan hoor ons die stem van God om uit haar te gaan – ons doen dit egter alles op ‘n fisiese vlak. Ons weier op hierdie stadium in ons geestelike reis om selfs na ‘n kerkgebou te gaan!
Open 18:4 En ek het ‘n ander stem uit die hemel hoor sê: Gaan uit haar uit, my volk, sodat julle nie gemeenskap met haar sondes mag hê en van haar plae ontvang nie.
Ons hoor alles uit God se mond in ons eie harte, en daarna word hierdie openbaringe bevestig deur God se diensknegte (Sy engele / boodskappers). Ons insigte oor hierdie hoer sal egter nog groei tot dieper innerlike vlakke, soos ons ook groei om die dier te sien in ons eie lewe:
Open 13:18 Hier kom die wysheid te pas. Wie die verstand het, laat hom die getal van die dier bereken, want dit is die getal van ‘n mens; en sy getal is ses honderd ses en sestig.
Lees gerus meer oor hierdie dier by die volgende skakels:
https://4windkoinonia.wordpress.com/2012/11/23/die-antichris-is-nader-as-wat-jy-dink/
https://4windkoinonia.wordpress.com/2014/06/30/god-is-gees-die-mens-van-sonde-is-vlees/
Die geestelike wysheid van die getal ‘6’ koppel direk met hierdie “dier” – lees gerus meer by hierdie skakel:
https://4windkoinonia.wordpress.com/2016/09/12/die-geestelike-betekenis-van-syfergetalle-6/
Terug pieng: Ons reis na geestelike volwassenheid (Deel 14) | "Is en Wat Was en Wat Kom" – die onbekende karakter van Jesus Christus en Sy Woord
Terug pieng: Ons reis na geestelike volwassenheid (Deel 15) | "Is en Wat Was en Wat Kom" – die onbekende karakter van Jesus Christus en Sy Woord
Terug pieng: Ons reis na geestelike volwassenheid (Deel 16) | "Is en Wat Was en Wat Kom" – die onbekende karakter van Jesus Christus en Sy Woord