Die ou volk van God, die fisiese Israel, se tyd in Kanaän beskryf van die mees problematiese tye in die geskiedenis van hierdie volk, soos ook noukeurig gedokumenteer in die Skrifte. Hierdie gebied, Kanaän, was aan Abraham en sy nakomelinge belowe deur God.
Psa 105:8-11 Hy dink vir ewig aan sy verbond, aan die woord wat Hy ingestel het vir duisend geslagte— 9 die verbond wat Hy met Abraham gesluit het, en sy eed aan Isak; 10 wat Hy ook vir Jakob as insetting bekragtig het, vir Israel as ‘n ewige verbond, 11 met die woorde: Ek sal aan jou die land Kanaän gee, julle aangewese erfdeel.
Núm 34:1-2 Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê: 2 Gee bevel aan die kinders van Israel en sê vir hulle: As julle in die land Kanaän kom, sal dit die land wees wat aan julle as erfdeel sal val; die land Kanaän volgens sy grense.
Deu 32:49 [aan Moses sê God] Klim op hierdie gebergte Abárim, die berg Nebo, wat in die land Moab is, wat teenoor Jérigo lê, en aanskou die land Kanaän wat Ek aan die kinders van Israel as besitting sal gee;
God wou hê dat die perverse godsdienspraktyke van die Kanaänitiese stamme uitgeroei moes word:
Lev 25:38 Ek is die HERE julle God wat julle uit Egipteland uitgelei het om julle die land Kanaän te gee, om julle God te wees.
Lev 18:3-5 Volgens die werke van die land van Egipte waar julle in gewoon het, mag julle nie doen nie; en volgens die werke van die land Kanaän waarheen Ek julle bring, mag julle nie doen nie, en julle mag in hulle insettinge nie wandel nie. 4 My verordeninge moet julle doen en my insettinge hou om daarin te wandel. Ek is die HERE julle God. 5 Hou dan my insettinge en my verordeninge wat die mens moet doen, dat hy daardeur kan lewe. Ek is die HERE.
‘n Nuwe fase in Israel se geskiedenis het nuwe leierskap vereis:
Jos 1:1-5 En ná die dood van Moses, die kneg van die HERE, het die HERE met Josua, die seun van Nun, die dienaar van Moses, gespreek en gesê: 2 My kneg Moses is dood; maak jou dan nou klaar, trek deur hierdie Jordaan, jy en hierdie hele volk, na die land wat Ek aan hulle, die kinders van Israel, sal gee. 3 Elke plek waar julle voetsool op sal trap, dit gee Ek aan julle, soos Ek met Moses gespreek het. 4 Van die woestyn en hierdie Líbanon af tot by die groot rivier, die Eufraatrivier, die hele land van die Hetiete, en tot by die Groot See in die weste sal julle grondgebied wees. 5 Niemand sal voor jou standhou al die dae van jou lewe nie; soos Ek met Moses gewees het, sal Ek met jou wees; Ek sal jou nie begewe en jou nie verlaat nie.
Dit is baie duidelik dat daar talle oorloë in die land sou plaasvind, en tot vandag is die gebied ‘n plek van konflik en geopolitieke teenstrydighede. Die twaalf stamme het as eenheid onder die leierskap van Joshua uit die ooste deur die Jordaanrivier getrek. Hulle het die stede en konings in Kanaan in die krag van God aangedurf en langsamerhand die oorhand begin kry – as ‘n geheel en ook in groepe. Sommige skrifte rapporteer oor dele waar totale oorwinnings behaal was oor stamme…
Jos 10:28 Daardie dag het Josua ook Makkéda ingeneem en dit met die skerpte van die swaard verslaan; en sy koning, die stad self en al die siele wat daarin was, het hy met die banvloek getref sonder iemand te laat oorbly wat vrygeraak het; en met die koning van Makkéda het hy gedoen net soos met die koning van Jérigo.
Rig 1:8 En die kinders van Juda het teen Jerusalem geveg en dit ingeneem en dit met die skerpte van die swaard verslaan en die stad aan die brand gesteek.
Jos 19:47 Maar die kinders van Dan het hulle grondgebied kwytgeraak; daarom het die kinders van Dan opgetrek en teen Lesem geveg en dit ingeneem en verslaan met die skerpte van die swaard en dit in besit geneem en daarin gewoon; en hulle het Lesem Dan genoem na die naam van hulle vader Dan.
Ander skrifte sê weer dat stamme nie totaal uitgeroei was nie…
Jos 13:13 Maar die kinders van Israel het die Gesuriete en Maägatiete nie verdrywe nie, sodat Gesur en Maägat onder Israel gewoon het tot vandag toe.
Jos 15:63 Maar die kinders van Juda kon die Jebusiete, die inwoners van Jerusalem, nie verdryf nie; daarom het die Jebusiete saam met die kinders van Juda in Jerusalem bly woon tot vandag toe.
Jos 17:12 Maar die kinders van Manasse kon hierdie stede nie in besit neem nie, en die Kanaäniete het verkies om in dié land te bly woon.
God het immers aan Israel belowe…
Eks 34:11 Onderhou wat Ek jou vandag beveel. Kyk, Ek verdrywe voor jou uit die Amoriete, Kanaäniete, Hetiete, Feresiete, Hewiete en Jebusiete.
Maar dan lees ons ook…
Eks 23:29-30 Ek sal hulle nie in een jaar voor jou uit verdrywe nie, dat die land nie woes word en die ongediertes nie teen jou te veel word nie. 30 Ek sal hulle so langsamerhand voor jou uit verdrywe, totdat jy vrugbaar word en die land beërwe.
Die Kanaänitiese volke was dus nie ten volle verdrywe nie, maar hulle was “langsamerhand” oorwin. Dit is die belangrike les van die Skrifte wat op ons eie reis na geestelike volwassenheid van toepassing is. As ons oë op die Midde-ooste gefokus is en wat alles daar aangaan, of as ons ons betrokke raak by aardse politieke gebeure en al die ongeregtigheid wat plaasvind, dan mis ons wat God aan ons persoonlik wil sê. Die probleme van die wêreld het nie op hul eie ontstaan nie, maar is alles deel van God se werk.
Jes 45:5-7 Ek is die HERE, en daar is geen ander nie; buiten My is daar geen God nie; Ek omgord jou, hoewel jy My nie geken het nie, 6 sodat hulle kan weet van die opgang van die son en van sy ondergang af dat daar buiten My geeneen is nie; Ek is die HERE, en daar is geen ander nie; 7 wat die lig formeer en die duisternis skep, die heil bewerk en die onheil skep: Ek, die HERE, is dit wat al hierdie dinge doen.
Spr 16:4 Alles het die HERE gemaak vir sy doel, ja, ook die goddelose vir die dag van onheil.
God is besig om Sy perfekte plan met hierdie skepping en hierdie wêreld “langsamerhand” te voltooi, deur Jesus Christus:
Joh 5:16-18 En hieroor het die Jode Jesus vervolg en probeer om Hom dood te maak, omdat Hy dit op die sabbat gedoen het. 17 En Jesus het hulle geantwoord: My Vader werk tot nou toe, en Ek werk ook. 18 Hieroor het die Jode toe nog meer probeer om Hom dood te maak, omdat Hy nie alleen die sabbat gebreek het nie, maar ook God sy eie Vader genoem het en Hom met God gelykgestel het.
Die oplossing sal nooit kom deur ‘n politieke leier of ekonomiese stelsel nie. As ons weet waar God Sy koninkryk eerste vestig, dan sal ons ook sien wat die wêreld NIE kan sien nie:
Luk 17:20-21 En toe Hy deur die Fariseërs gevra is wanneer die koninkryk van God sal kom, het Hy hulle geantwoord en gesê: Die koninkryk van God kom nie met sigbare tekens nie. 21 En hulle sal nie sê: Kyk hier! of: Kyk daar! nie; want die koninkryk van God is binne-in julle.
Die vlees en al sy wysheid het nie ‘n idee wat aangaan nie. Hierdie is ‘n waarheid vanaf die skepping van die eerste Adam, dat die vlees NIE God kan behaag NIE, en ons bereik OOK NIE geestelike perfeksie in die vlees nie:
Rom 8:8 En die wat in die vlees is, kan God nie behaag nie;
1Kor 1:26-29 Want let op julle roeping, broeders: julle is nie baie wyse na die vlees nie, nie baie magtiges, nie baie edeles nie; 27 maar wat dwaas is by die wêreld, het God uitverkies om die wyse te beskaam; en wat swak is by die wêreld, het God uitverkies om wat sterk is, te beskaam; 28 en wat onedel is by die wêreld en wat verag is, het God uitverkies, en wat niks is nie, om wat iets is, tot niet te maak, 29 sodat geen vlees voor Hom sou roem nie.
1Kor 15:50 Maar dit verklaar ek, broeders, dat vlees en bloed die koninkryk van God nie kan beërwe nie; ook beërwe die verganklikheid nie die onverganklikheid nie.
Die vlees was in nietigheid geskep en misluk IN DIE HAND van die Skepper:
Rom 8:20 Want die skepping is aan die nietigheid onderworpe nie gewillig nie, maar ter wille van hom wat dit onderwerp het.
Jer 18:1-4 Die woord wat van die HERE tot Jeremia gekom het: 2 Maak jou klaar en gaan af na die huis van die pottebakker, en daar sal Ek jou my woorde laat hoor. 3 Toe het ek afgegaan na die huis van die pottebakker, en hy was juis besig om ‘n stuk werk op die skywe te maak. 4 En die voorwerp wat hy besig was om te maak, het misluk—soos dit gaan met klei in die hand van die pottebakker—maar hy het daaruit weer ‘n ander voorwerp gemaak soos dit in die oë van die pottebakker reg was om dit te maak.
Die reis tot geestelike perfeksie is op almal van toepassing en elkeen van ons gaan deur ons tyd in vlees, in die “eerste mens, Adam”, VOORDAT ons tot geestelike perfeksie geneem word in die “laaste Adam”, Jesus Christus:
1Kor 15:45-49 So is daar ook geskrywe: Die eerste mens, Adam, het ‘n lewende siel geword; die laaste Adam ‘n lewendmakende Gees. 46 Die geestelike ewenwel is nie eerste nie, maar die natuurlike; daarna die geestelike. 47 Die eerste mens was uit die aarde aards, die tweede mens is die Here uit die hemel. 48 Soos die aardse mens was, so is ook die aardse mense; en soos die hemelse mens is, so is ook die hemelse mense. 49 En soos ons die beeld van die aardse gedra het, so sal ons ook die beeld van die hemelse dra.
Dit is wat die Skrifte aan ons wil uitwys van Genesis tot Openbaring. Die hele geskiedenis van Israel is opgeteken in die Ou Testament vir ons lering, en dit beeld uit ons eie reis. Hier is sewe hooffases wat ons in hierdie studiereeks gebruik as riglyne:
- Die tyd in Egipte;
- Die bevryding van die Egiptiese slawerny;
- Die tyd in die wildernis;
- Die ingang in die Beloofde Land;
- Die tyd in die Beloofde Land;
- Die tyd in ballingskap in Babilon;
- Die terugkeer uit Babilon en die heropbou-proses.
Lees gerus die vorige studies by die skakels:
Deel 1, Deel 2, Deel 3, Deel 4, Deel 5, Deel 6, Deel 7, Deel 8, Deel 9, Deel 10, Deel 11, Deel 12. Deel 13, Deel 14.
Ja, ALLES wat met Israel gebeur het, is geskryf vir ons lering want dit is ‘n skadubeeld van ons eie reis na geestelike volwassenheid in die “laaste Adam”. Ons sien die koninkryk van die Jesus Christus kom IN ons wanneer ons die “eindes van die [aardse] eeue” van die eerste Adam kan sien en ervaar IN ons persoonlik:
1Kor 10:11 Maar al hierdie dinge het hulle [fisiese Israel] oorgekom as voorbeelde [tipes van ons] en is opgeskrywe as ‘n waarskuwing aan ons op wie die eindes van die eeue gekom het.
Alle Skrifte is deur God geinspireer en alles maak sin vir hulle wat verby die natuurlike denke en sy beperkinge kan sien. Die natuurlike denke van die mens sien altyd verdeeldheid en teenstrydighede, terwyl God se gees anders leer:
1Kor 2:13-14 Daarvan spreek ons ook, nie met woorde wat die menslike wysheid leer nie, maar met dié wat die Heilige Gees leer, sodat ons geestelike dinge met geestelike vergelyk. 14 Maar die natuurlike mens neem die dinge van die Gees van God nie aan nie; want dit is vir hom dwaasheid, en hy kan dit nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel word.
Ons eie reis na geestelike volwassenheid is ook vol oorloë en intriges, en soms dink ons die pad is voltooi en ons het die eindpunt bereik. Net soos die ou Israeliete, dink baie mense dat die land van Kanaän (die beloofde land) sonder probleme moes wees. Ons dink ook in ons tyd van geestelike blindheid dat Kanaän ‘n fisiese hemel uitbeeld en dan staan ons verbaas as die Skrifte sê dat “die dinge in die hemele” gereinig moet word:
Heb 9:22-23 En byna alles word met bloed gereinig volgens die wet, en sonder bloedvergieting vind daar geen vergifnis plaas nie. 23 Dit was dus nodig dat die afbeeldinge van die dinge in die hemele deur hierdie offers gereinig moes word, maar die hemelse dinge self deur beter offers as hierdie.
Die mens wat die hemele as ‘n geografiese plek sien het ook groot probleme met Skrifte wat sê dat daar oorlog in die hemel is:
Opn 12:7-8 En daar het oorlog in die hemel gekom: Mígael en sy engele het oorlog gevoer teen die draak, en die draak en sy engele het oorlog gevoer; 8 en hulle kon nie oorwin nie, en hulle plek was in die hemel nie meer te vinde nie.
As Satan dan uit die hemel gewerp word, dan weet die natuurlike mens nie waar Satan en sy engele eintlik bedrywig is nie:
Opn 12:9 En die groot draak is neergewerp, die ou slang wat genoem word duiwel en Satan, wat die hele wêreld verlei, hy is neergewerp op die aarde, en sy engele is saam met hom neergewerp.
Luk 10:17-18 En die sewentig het met blydskap teruggekom en gesê: Here, ook die duiwels onderwerp hulle aan ons in u Naam. 18 Toe sê Hy vir hulle: Ek het die Satan soos ‘n bliksem uit die hemel sien val.
Ons tyd in geestelike Kanaän is die tyd waar ons belangrike lesse leer, en ook kan sien waar die hemele regtig is. Ons moet soos ou Israel oorlog voer met die bose Kanaänitiese stamme in ons eie land. Kyk mooi en sien waar die stryd in die hemele is en wat Satan gebruik om ons gevange te hou in onkunde:
Efs 6:12 Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug.
2Kor 10:3-6 Want hoewel ons in die vlees wandel, voer ons die stryd nie volgens die vlees nie; 4 want die wapens van ons stryd is nie vleeslik nie, maar kragtig deur God om vestings neer te werp, 5 terwyl ons planne verbreek en elke skans wat opgewerp word teen die kennis van God, en elke gedagte gevange neem tot die gehoorsaamheid aan Christus, 6 en ons gereed hou om elke ongehoorsaamheid te straf wanneer julle gehoorsaamheid volkome is.
Die hemele (wat verkeerdelik met die woorde “in die lug” beskryf word in Efes 6 vers 12) is ons denke...
terwyl ons planne verbreek en elke skans wat opgewerp word teen die kennisvan God, en elke gedagte gevange neem tot die gehoorsaamheid aan Christus,
As ons nie eens weet waar die oorlogsterrein is nie, hoe kan ons die vyand sien en hoe sal ons weet watter wapens gebruik moet word in die geveg teen hierdie vyand? Maar God wys aan Sy ware vegters wat aangaan en hulle kry oorwinning!
Opn 12:7-8 En daar het oorlog in die hemel gekom: Mígael en sy engele het oorlog gevoer teen die draak, en die draak en sy engele het oorlog gevoer; 8 en hulle kon nie oorwin nie, en hulle plek was in die hemel nie meer te vinde nie.
Wanneer ons met die ware kennis van God toegerus word en ons vernuwe word in ons “gemoed” (dit is ons denke) om God se wil te ken, dan weet ons hoe om stryd te voer in die gees! Dit is hoe die planne van die bose aan ons uitgewys word en die vyand se vestings in besit geneem word!
Rom 12:2 En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is.
Ons vleeslike konings (die “wêreldheersers”) in ons land word ontmasker as ons eie trots en welluste van die oë en die vlees. Hulle tyd van heerskappy is verby as God se Woord ons denke begin oorneem!
1Jo 2:16-17 Want alles wat in die wêreld is—die begeerlikheid van die vlees en die begeerlikheid van die oë en die grootsheid van die lewe—is nie uit die Vader nie, maar is uit die wêreld. 17 En die wêreld gaan verby en sy begeerlikheid, maar hy wat die wil van God doen, bly vir ewig.
Die bose geeste (al ons valse leerstellings in ons denke) word gevange geneem deur die WAARHEID!
Joh 17:17 Heilig hulle in u waarheid; u woord is die waarheid.
NET DEUR DIE WOORD kan ons hoor wie die waarheid praat en wie die stem (woorde) van die goeie Herder het! Ons ken die valse herders en hul valshede uit aan wat hulle sê!
1Jo 4:1-6 Geliefdes, glo nie elke gees nie, maar stel die geeste op die proefof hulle uit God is, want baie valse profete het in die wêreld uitgegaan. 2 Hieraan ken julle die Gees van God: elke gees wat bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het, is uit God; 3 en elke gees wat nie bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het nie, is nie uit God nie; en dit is die gees van die Antichris waarvan julle gehoor het dat hy kom, en hy is nou al in die wêreld. 4 Julle is uit God, my kinders, en het hulle oorwin, omdat Hy wat in julle is, groter is as hy wat in die wêreld is. 5 Hulle is uit die wêreld; daarom praathulle uit die wêreld, en die wêreld luister na hulle. 6 Ons is uit God; hy wat God ken, luister na ons; hy wat nie uit God is nie, luister nie na ons nie. Hieruit ken ons die Gees van die waarheid en die gees van die dwaling.
As ons nie die Woord ken nie, ken ons nie God nie.
As ons nie die Woord ken nie, ken ons nie God se kinders nie.
As ons nie die Woord liefhet nie, het ons nie God of Sy kinders lief nie.
1Jo 5:1-5 Elkeen wat glo dat Jesus die Christus is, is uit God gebore; en elkeen wat die Vader liefhet, het ook die een lief wat uit Hom gebore is. 2 Hieraan weet ons dat ons die kinders van God liefhet: wanneer ons God liefhet en sy gebooie [Sy woorde] bewaar. 3 Want dit is die liefde tot God, dat ons sy gebooie bewaar; en sy gebooie is nie swaar nie. 4 Want alles wat uit God gebore is, oorwin die wêreld; en dit is die oorwinning wat die wêreld oorwin het, naamlik ons geloof. 5 Wie anders is dit wat die wêreld oorwin as hy wat glo dat Jesus die Seun van God is?
Joh 14:8-10 Filippus sê vir Hom: Here, toon ons die Vader, en dit is vir ons genoeg. 9 Jesus sê vir hom: Ek is so lankal by julle, en het jy My nie geken nie, Filippus? Hy wat My gesien het, het die Vader gesien. En hoe sê jy: Toon ons die Vader? 10 Glo jy nie dat Ek in die Vader is en die Vader in My nie? Die woorde wat Ek tot julle spreek, spreek Ek nie uit Myself nie; maar die Vader wat in My bly, Hy doen die werke.
Joh 14:21-24 Wie my gebooie het en dié bewaar, dit is hy wat My liefhet; en wie My liefhet, hóm sal my Vader liefhê, en Ek sal hom liefhê en My aan hom openbaar. 22 Judas, nie die Iskáriot nie, sê vir Hom: Here, hoe is dit dat U aan ons U sal openbaar en nie aan die wêreld nie? 23 Jesus antwoord en sê vir hom: As iemand My liefhet, sal hy my woord bewaar, en my Vader sal hom liefhê, en Ons sal na hom toe kom en by hom woning maak. 24 Hy wat My nie liefhet nie, bewaar my woorde nie; en die woord wat julle hoor, is nie myne nie, maar is van die Vader wat My gestuur het.
Terug pieng: Ons reis na geestelike volwassenheid (Deel 16) | "Is en Wat Was en Wat Kom" – die onbekende karakter van Jesus Christus en Sy Woord
Terug pieng: Ons reis na geestelike volwassenheid (Deel 16) | "Is en Wat Was en Wat Kom" – die onbekende karakter van Jesus Christus en Sy Woord