Ons reis na geestelike volwassenheid (Deel 16)

Ons almal word soms moeg en mat vir wat ons sien gebeur in die wêreld en in ons eie lewe. Baie keer bid ons vir die Here om tog ‘n einde te bring aan die ellende, en alles wat boos is. Ons glo dat daar ‘n plek van rus en vrede is, waar die bose geen invloed het nie. Die nuwe huis, die nuwe motor, die nuwe werk, en alles wat ons dink ons moet vrede en geluk bring, werk nooit eindelik uit soos ons gedink het nie. Ons almal is eers die dwaas wat ons lewe op sand bou en dink dit is blywend. Ons leer hierdie les op die harde manier:

Mat 7:26-27  En elkeen wat na hierdie woorde van My luister en dit nie doen nie, sal vergelyk word met ‘n dwase man wat sy huis op die sand gebou het.  27  En die reën het geval en die waterstrome het gekom en die winde het gewaai en teen daardie huis aangestorm en dit het geval, en sy val was groot.

Die Here het aan die ou Israeliete ‘n land beloof wat oorloop van melk en heuning:

Eks 3:7-8  En die HERE sê: Ek het duidelik gesien die ellende van my volk wat in Egipte is; en Ek het hulle jammerklagte oor hulle drywers gehoor, ja, Ek ken hulle smarte.  8  Daarom het Ek neergedaal om hulle uit die hand van die Egiptenaars te verlos en hulle te laat optrek uit daardie land na ‘n goeie en wye land, na ‘n land wat oorloop van melk en heuning, na die woonplek van die Kanaäniete en Hetiete en Amoriete en Feresiete en Hewiete en Jebusiete.

As die Israeliete gedink het dat die beloofde land sonder probleme sou wees, dan het hulle dit ver mis gehad. Die land was die woonplek van talle ander volke….die Kanaäniete, Hetiete, Amoriete, Feresiete, Hewiete en Jebusiete. Hulle was almal “meer en magtiger” as Israel:

Deu 7:1  As die HERE jou God jou inbring in die land waarheen jy gaan om dit in besit te neem, en Hy baie nasies voor jou uit verjaag: die Hetiete, Girgasiete, Amoriete, Kanaäniete, Feresiete, Hewiete en Jebusiete, sewe nasies, meer en magtiger as jy;

God se ou verbondsvolk, Israel, se  tyd in Kanaän kan in die volgende hooffases ingedeel word:

  • die tyd van oorlogvoering teen die Kanaänitiese stamme;
  • die verdeling van die land tussen die twaalf stamme van Israel;
  • die tyd van die Rigters waar almal gedoen het wat reg was in hul eie oë;
  • die tyd van die konings, en die uiteindelike skeiding tussen die tien noordelike stamme wat as Israel bekend sou nstaan, en die twee suidelike stamme onder die stam van Juda;
  • die tyd van ballingskap in Assirië, Babilon en Persië;
  • die terugkeer van die klein getal “oorblyfsel” wat toe die stadsmure en die tempel in Jerusalem herbou het.

Ons gaan kortliks na elkeen van hierdie tye kyk en dit direk verbind met ons eie geestelike ontwikkeling, want alles wat met Israel gebeur het, het direk betrekking op ons, as ons oë gegee word om dit te kan sien:

1Kor 10:11  Maar al hierdie dinge het hulle [Israel] oorgekom as voorbeelde [tipes van ons] en is opgeskrywe as ‘n waarskuwing aan ons op wie die eindes van die eeue gekom het.

Die tyd van oorlogvoering teen die Kanaänitiese stamme

Soos reeeds bespreek in vorige studies in hierdie reeks, is Israel se ingang en tyd in die beloofde land ons eie tyd waar God ons bring om introspeksie te doen. Ons word geforseer om na ons eie lewe te kyk en dit in die lig van God se woord te beoordeel. Die tyd waar ons na die uiterlike dinge gekyk het, is verby, en ons besef dat die vingerwysing na ander mense se sondes, ons niks bereik het nie. Dit is wat Israel se tyd in die wildernis vir ons belig. By ons eie Jordaanrivier en ons oorgang in die beloofde land, besef ons dat ons uiterlike probleme slegs ‘n refleksie is van ‘n innerlike probleem. Daarom het Jesus die volgende woorde gespreek:

Mat 23:25-28  Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle maak die buitekant van die beker en die skottel skoon, maar binnekant is dit vol roof en onmatigheid.  26  Blinde Fariseër, maak eers die binnekant van die beker en die skottel skoon, sodat ook die buitekant daarvan skoon kan word.  27  Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle is net soos gewitte grafte wat van buite wel fraai lyk, maar van binne vol doodsbene en allerhande onreinheid is.  28  So lyk julle ook van buite vir die mense wel regverdig, maar van binne is julle vol geveinsdheid en ongeregtigheid.

Lees gerus die vorige studies by die skakels: Deel 1Deel 2Deel 3Deel 4Deel 5Deel 6, Deel 7Deel 8Deel 9Deel 10Deel 11, Deel 12. Deel 13, Deel 14, Deel 15.

God wys ons hoe ons eie geestelike hart (dit is ons denke) bedrieglik is bo alles en wat alles daarin skuil:

Jer 17:9  Bedrieglik is die hart bo alle dinge, ja, verdorwe is dit; wie kan dit ken?

Ons is hierdie skrifgeleerdes en Fariseërs, die geveinsdes wat onsself oortuig dat ons nie so sleg is soos ander mense nie. Maar God help ons deur Sy oordeel om ons eie lewe eerlike en opreg te beskou en uit te roep vir Sy barmhartigheid. Dan stop ons om te kyk na ander mense want ons besef dat ons die grootste sondaar bo almal is:

1Ti 1:15  Dit is ‘n betroubare woord en werd om ten volle aangeneem te word, dat Christus Jesus in die wêreld gekom het om sondaars te red, van wie ek die vernaamste is.

Ons sien hoe ons eie lewe beheer word deur die gees van die wêreld met al sy trotsheid en welluste:

1Jo 2:16  Want alles wat in die wêreld is—die begeerlikheid van die vlees en die begeerlikheid van die oë en die grootsheid van die lewe—is nie uit die Vader nie, maar is uit die wêreld.

Omdat die stryd geestelik en innerlike is, stel God d.m.v. Sy barmharigheid Sy geestelike wapens tot ons beskikking:

2Kor 10:3-6  Want hoewel ons in die vlees wandel, voer ons die stryd nie volgens die vlees nie;  4  want die wapens van ons stryd is nie vleeslik nie, maar kragtig deur God om vestings neer te werp,  5  terwyl ons planne verbreek en elke skans wat opgewerp word teen die kennis van God, en elke gedagte gevange neem tot die gehoorsaamheid aan Christus,  6  en ons gereed hou om elke ongehoorsaamheid te straf wanneer julle gehoorsaamheid volkome is.

Hy alleen behaal die oorwinning in ons, oor al ons innerlike vyande:

Opn 17:14  Hulle [die innerlike vyande] sal teen die Lam oorlog voer, en die Lam sal hulle oorwin want Hy is die Here van die here en die Koning van die konings en die wat saam met Hom is, geroepe en uitverkore en getrou.

Die verdeling van die land tussen die twaalf stamme van Israel

Ons begin sien dat ons deel vorm van God se koninkryk hier op aarde, en dat God se gemeente almal saamwerk as ‘n eenheid:

1Kor 6:17  Maar wie die Here aanhang, is een gees met Hom.

1Kor 10:17  Omdat dit een brood is, is ons almal een liggaam, want ons het almal deel aan die een brood.

1Kor 12:12-13  Want net soos die liggaam een is en baie lede het, en al die lede van die een liggaam, al is hulle baie, een liggaam is, so ook Christus.  13  Want ons is almal ook deur een Gees gedoop tot een liggaam, of ons Jode of Grieke is, slawe of vrymanne; en ons is almal van een Gees deurdronge.

Ons sien dat God aan elke lid van Sy een gemeente sy regmatige plek gee om die liggaam te bedien met wat nodig is, hoe klein ook al:

1Kor 12:4-7  Daar is wel verskeidenheid van genadegawes, maar dit is dieselfde Gees;  5  en daar is verskeidenheid van bedieninge, en tog is dit dieselfde Here;  6  en daar is verskeidenheid van werkinge, en tog is dit dieselfde God wat alles in almal werk.  7  Maar aan elkeen word die openbaring van die Gees gegee met die oog op wat nuttig is.

1Kor 12:27-28  Maar julle is die liggaam van Christus en lede afsonderlik.  28  En God het sommige in die gemeente gestel: in die eerste plek apostels, ten tweede profete, ten derde leraars, daarna kragte, daarna genadegawes van gesondmaking, helpers, regeringe, allerhande tale.

Efs 4:11-13  En Hy het gegee sommige as apostels, ander as profete, ander as evangeliste, ander as herders en leraars,  12  om die heiliges toe te rus vir hulle dienswerk, tot opbouing van die liggaam van Christus,  13  totdat ons almal kom tot die eenheid van die geloof en van die kennis van die Seun van God, tot ‘n volwasse man, tot die mate van die volle grootte van Christus;

Die tyd van die Rigters waar almal gedoen het wat reg was in hul eie oë

Dit wat in die wildernis met Israel gebeur het, het betrekking op ons uiterlike dinge, ook ons onderlinge twis met ander. Maar wanneer ons innerlik kyk na ons eie lewe (soos Israel IN die beloofde land dan ook uitbeeld) kom daar weer die versoeking om ons eie oortuigings hoër en belangriker te ag as die van ander, en ons gee ons eie persoonlike interpretasie van die Woord van God:

2Pe 1:20-21  terwyl julle veral dít moet weet, dat geen profesie van die Skrif ‘n saak van eie uitlegging is nie;  21  want geen profesie is ooit deur die wil van ‘n mens voortgebring nie, maar, deur die Heilige Gees gedrywe, het die heilige mense van God gespreek.

Deur jou eie opinie en interpretasie as meer belangrik te beskou as dit wat die gees van God as die waarheid deur Sy heilige mense deurgee, word ons geestelike afgodedienaars omdat ons ons eie beeld ophou en aanbid! Ons word ontbloot as geestelike hoereerders omdat ons aardse man (die eerste Adam) se denke en belange weer bo Christus (ons nuwe man) se denke en belange aangekleef word! Ons versoek God deur Hom in aardse beelde te sien en te vra vir aardse dinge om ons welluste en trots te bevredig! Ons murmureer teen God as ons aanhoudend kla oor die beproewinge en tugtiging wat Hy aan ons bring vir ons beswil!

1Kor 10:5-12  Maar God het in die meeste van hulle geen welgevalle gehad nie, want hulle is neergeslaan in die woestyn.  6  En hierdie dinge was voorbeelde vir ons, dat ons nie begerig moet wees na slegte dinge soos hulle begerig was nie.  7  En wees ook nie afgodedienaars soos sommige van hulle was nie, soos geskrywe is: Die volk het gaan sit om te eet en te drink en het opgestaan om te speel.  8  En laat ons nie hoereer soos sommige van hulle gehoereerhet nie, en daar het op een dag drie en twintig duisend geval.  9  En laat ons Christus nie versoek soos ook sommige van hulle gedoen het nie, en hulle het deur die slange omgekom.  10  En moenie murmureer soos ook sommige van hulle gemurmureer het nie, en hulle het deur die verderwer omgekom.  11  Maar al hierdie dinge het hulle oorgekom as voorbeelde en is opgeskrywe as ‘n waarskuwing aan ons op wie die eindes van die eeue gekom het.  12  Daarom, wie meen dat hy staan, moet oppas dat hy nie val nie.

Die tyd van die konings, en die uiteindelike skeiding tussen die tien noordelike stamme wat as Israel bekend sou staan, en die twee suidelike stamme onder die stam van Juda

In ons tyd van innerlike verval stel ons leiers aan na ons eie smaak, om oor ons te heers.

Mat 20:25-28  Maar Jesus het hulle na Hom geroep en gesê: Julle weet dat die owerstes van die nasies oor hulle heers en die groot manne oor hulle gesag uitoefen;  26  maar só moet dit onder julle nie wees nie; maar elkeen wat onder julle groot wil word, moet julle dienaar wees.  27  En elkeen wat onder julle die eerste wil word, moet julle dienskneg wees;  28  net soos die Seun van die mens nie gekom het om gedien te word nie, maar om te dien en sy lewe te gee as ‘n losprys vir baie.

In ons tyd van geestelike verval meet ons onsself “buite maat” deur te kompiteer met ander. Ons dink ons private maatstaaf  is korrek! God alleen bepaal ons maat en Hy alleen maak aanbevelings!!!

2Kor 10:12-18  Want ons waag dit nie om ons te reken of te vergelyk met sommige van die wat hulleself aanbeveel nie. Maar omdat hulle hul met hulself meet en met hulself vergelyk, is hulle onverstandig.  13  Maar ons sal nie buite die maat roem nie, maar volgens die maat van die werkkring wat God ons as ‘n maat toebedeel het om ook julle te bereik.  14  Want ons strek onsself nie te ver uit asof ons julle nie kan bereik nie, want ons het reeds by julle gekom met die evangelie van Christus.  15  Ons roem nie buite die maat in die arbeid van ander nie, maar ons het hoop om, wanneer julle geloof toeneem, in hoër mate onder julle toe te neem volgens ons werkkring,  16  om die evangelie te verkondig in plekke anderkant julle, nie om in die werkkring van ‘n ander oor wat tot stand gekom het, te roem nie.  17  Maar wie roem, moet in die Here roem.  18  Want nie hy wat homself aanbeveel, dié is beproef nie, maar hy wat deur die Here aanbeveel word.

Die tyd van ballingskap onder Assirië, Babilon en Persië

Omdat ons blind geword in ons eie reg en ons self weer aanbeveel, word ons oorgegee aan ons eie godsdienswaan en godsdienshoogmoed. Hierdie wêreldheersers neem ons in ballingskap en ons dien hulle met die valse idee dat dit die waarheid is.

Rom 1:18-26  Want die toorn van God word van die hemel af geopenbaar oor al die goddeloosheid en ongeregtigheid van die mense wat in ongeregtigheid die waarheid onderdruk,  19  omdat wat van God geken kan word, in hulle openbaar is, want God het dit aan hulle geopenbaar.  20  Want sy onsigbare dinge kan van die skepping van die wêreld af in sy werke verstaan en duidelik gesien word, naamlik sy ewige krag en goddelikheid, sodat hulle geen verontskuldiging het nie;  21  omdat hulle, alhoewel hulle God geken het, Hom nie as God verheerlik of gedank het nie; maar hulle het dwaas geword in hul oorlegginge, en hul onverstandige hart is verduister.  22  Terwyl hulle voorgee dat hulle wys is, het hulle dwaas geword  23  en die heerlikheid van die onverganklike God verander in die gelykvormigheid van die beeld van ‘n verganklike mens en van voëls en viervoetige en kruipende diere.  24  Daarom het God hulle ook in die begeerlikhede van hulle harte oorgegee aan onreinheid, om hulle liggame onder mekaar te onteer  25  hulle wat die waarheid van God verruil het vir die leuen en die skepsel vereer en gedien het bo die Skepper wat geprys moet word tot in ewigheid. Amen.  26  Daarom het God hulle oorgegee aan skandelike hartstogte, want hulle vroue het die natuurlike verkeer verander in dié wat teen die natuur is;

Hierdie tyd word ook in die boek van Openbaring uitgebeeld as die “duisend jaar” regeringstyd van Christus op aarde waar almal Christus in die vlees ken, maar niemand tot ware geestelike bekering kom om Hom in die gees te ken nie (2Kor 5:16).  Die tyd van ons aardse “hut” is nog baie belangrik in die stadium, en in ‘n sin speel die “huttefees” van die ou Israel hier ook ‘n rol vir hierdie mense wat op die stadium op die aarde sal lewe. Dit sal later egter meer duideliker word vir almal wat die rol van ons tyd in hierdie aardse “hut” eintlik is.

Opn 20:1-6  En ek het ‘n engel uit die hemel sien neerdaal, met die sleutel van die afgrond en ‘n groot ketting in sy hand.  2  En hy het die draak gegryp die ou slang wat die duiwel en die Satan is en hy het hom gebind duisend jaar lank,  3  en hom in die afgrond gewerp en hom toegesluit en dit bo hom verseël, sodat hy die nasies nie meer sou verlei totdat die duisend jaar voleindig is nie. Daarna moet hy dan ‘n kort tydjie ontbind word.  4  En ek het trone gesien, en hulle het daarop gaan sit, en aan hulle is die oordeel gegee; en ek het die siele gesien van die wat onthoof is oor die getuienis van Jesus en oor die woord van God, en die wat die dier en sy beeld nie aanbid het nie, en die merk op hulle voorhoof en op hulle hand nie ontvang het nie; en hulle het geleef en as konings geregeer saam met Christus die duisend jaar lank.  5  En die ander dode het nie herlewe totdat die duisend jaar voleindig was nie. Dit is die eerste opstanding.  6  Salig en heilig is hy wat deel het aan die eerste opstanding; oor hulle het die tweede dood geen mag nie, maar hulle sal priesters van God en van Christus wees en sal saam met Hom as konings regeer duisend jaar lank.

Die terugkeer van die klein getal “oorblyfsel” wat die stadsmure en die tempel in Jerusalem herbou het

Hierdie tyd is nie vir almal in hierdie lewe beskore nie. Net ‘n klein getal word in hierdie lewe die insigte gegee om hul eie afvallige sondige toestand in die tydelike “hut” te kan sien.

Mat 22:14  Want baie is geroep, maar min uitverkies.

Net ‘n klein groepie in hierdie aardse tyd breek met alle valse dinge wat hulle in hul valse kerke en aardse “hutte” geleer het, om die ware stad van God in die gees, die nuwe Jerusalem te bewoon.

Opn 21:1-7  En ek het ‘n nuwe hemel en ‘n nuwe aarde gesien, want die eerste hemel en die eerste aarde het verbygegaan; en die see was daar nie meer nie.  2  En ek, Johannes, het die heilige stad, die nuwe Jerusalem, sien neerdaal van God uit die hemel, toeberei soos ‘n bruid wat vir haar man versier is.  3  En ek het ‘n groot stem uit die hemel hoor sê: Kyk, die tabernakel van God is by die mense, en Hy sal by hulle woon, en hulle sal sy volk wees; en God self sal by hulle wees as hulle God.  4  En God sal al die trane van hulle oë afvee, en daar sal geen dood meer wees nie; ook droefheid en geween en moeite sal daar nie meer wees nie, want die eerste dinge het verbygegaan.  5  En Hy wat op die troon sit, het gesê: Kyk, Ek maak alles nuut. En Hy het aan my gesê: Skryf, want hierdie woorde is waaragtig en betroubaar.  6  En Hy het vir my gesê: Dit is verby! Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde. Aan die dorstige sal Ek gee uit die fontein van die water van die lewe, verniet.  7  Hy wat oorwin, sal alles beërwe; en Ek sal vir hom ‘n God wees, en hy sal vir My ‘n seun wees.

Soos in die geval van Israel van ouds, werk God ook in die harte van die wêreldheersers om diegene wat die stadsmure en tempel in Jerusalem op te bou, te laat gaan en selfs vir hulle die nodige dinge beskikbaar te stel om die taak uit te voer:

Esr 1:1-4  En in die eerste jaar van Kores, die koning van Persië, het die HERE—sodat die woord van die HERE uit die mond van Jeremía vervul sou word—die gees van Kores, die koning van Persië, opgewek, dat hy ‘n oproep deur sy hele koninkryk laat gaan het, selfs ook skriftelik, om te sê:  2  So sê Kores, die koning van Persië: Al die koninkryke van die aarde het die HERE, die God van die hemel, aan my gegee; en Hy het my opgedra om vir Hom ‘n huis te bou in Jerusalem wat in Juda is.  3  Enigeen onder julle wat aan sy volk behoort—mag sy God met hom wees, en laat hom optrek na Jerusalem wat in Juda is, en die huis van die HERE, die God van Israel, bou! Hy is die God wat in Jerusalem is.  4  En enigeen wat oorgebly het, in enige plek waar hy as vreemdeling vertoef—hom moet die manne van sy woonplek ondersteun met silwer en goud en met goed en vee, en met die vrywillige gawes vir die huis van die God wat in Jerusalem is.

Neh 2:1-9  En in die maand Nisan van die twintigste jaar van koning Artasásta toe daar wyn voor hom was, het ek die wyn opgehef en aan die koning gegee; en omdat ek nooit voor hom bedroef was nie,  2  het die koning my gevra: Waarom is jou aangesig so bedroef; jy is tog nie siek nie? Dit is niks anders as hartseer nie. En ek het baie bevrees geword  3  en aan die koning gesê: Mag die koning ewig lewe! Waarom sou my aangesig nie bedroef wees nie, terwyl tog die stad waar my vaders begrawe is, woes lê en sy poorte deur vuur verteer is?  4  Daarop vra die koning my: Wat is dan jou begeerte? En ek het tot die God van die hemel gebid  5  en aan die koning gesê: As die koning dit goedvind en as u dienaar welgevallig is in u oë, stuur my dan na Juda, na die stad waar my vaders begrawe lê, dat ek dit kan opbou.  6  Toe vra die koning my, terwyl die koningin langs hom sit: Hoe lank sal jou reis duur, en wanneer sal jy terugkom? En die koning het dit goedgevind om my te stuur. En ek het hom ‘n bepaalde tyd aangegee  7  en aan die koning gesê: As die koning dit goedvind, kan hulle vir my briewe saamgee aan die goewerneurs wes van die Eufraat, dat hulle my laat deurtrek totdat ek in Juda kom;  8  en ‘n brief aan Asaf, opsigter van die park van die koning, dat hy aan my hout lewer om die poorte van die vesting wat by die tempel behoort, met balke uit te lê, en vir die muur van die stad en vir die huis waar ek sal intrek. En die koning het my dit toegestaan volgens die goeie hand van my God oor my.  9  En ek het by die goewerneurs gekom wes van die Eufraat en die briewe van die koning aan hulle gegee. Ook leërowerstes en perderuiters het die koning met my saamgestuur.

Hierdie klein groepie sal egter instrumenteel wees om die res van die skepping van God deur hul eie tyd van oordeel te neem sodat hulle almal uiteindelik deel van die geestelike volwasse koninkryk van God te wees.

Opn 20:11-15  En ek het ‘n groot wit troon gesien en Hom wat daarop sit, voor wie se aangesig die aarde en die hemel weggevlug het; en daar is geen plek vir hulle gevind nie.  12  En ek het die dode, klein en groot, voor God sien staan, en die boeke is geopen; en ‘n ander boek, die boek van die lewe, is geopen. En die dode is geoordeel na wat in die boeke geskryf is, volgens hulle werke.  13  En die see het die dode gegee wat daarin was, en die dood en die doderyk het die dode gegee wat daarin was; en hulle is geoordeel, elkeen volgens sy werke.  14  En die dood en die doderyk is in die poel van vuur gewerp. Dit is die tweede dood.  15  En as dit bevind is dat iemand nie opgeskryf was in die boek van die lewe nie, is hy in die poel van vuur gewerp.

Dit is alleenlik deur die vuur van God dat elkeen sy of haar eie werke en God se werke kan skei van mekaar, en aan God al die eer bring:

1Kor 3:11-15  Want niemand kan ‘n ander fondament lê as wat daar gelê is nie, dit is Jesus Christus.  12  En as iemand op dié fondament bou goud, silwer, kosbare stene, hout, hooi, stoppels—  13  elkeen se werk sal aan die lig kom, want die dag sal dit aanwys, omdat dit deur vuur openbaar gemaak word; en die vuur sal elkeen se werk op die proef stel, hoedanig dit is.  14  As iemand se werk bly staan wat hy daarop gebou het, sal hy loon ontvang;  15  as iemand se werk verbrand word, sal hy skade ly; alhoewel hy self gered sal word, maar soos deur vuur heen.

Dit is wanneer ons die tydelikheid en doel van God met die vlees kan sien, dat ons die geestelike betekenis van die “huttefees” van ou Israel kan verstaan in ons eie lewe.

Lev 23:34  Spreek met die kinders van Israel en sê: Op die vyftiende dag van hierdie sewende maand is dit sewe dae lank die huttefees vir die HERE.

Dit is op die laaste dag van die fees, die agste dag, dat Jesus die volgende belangrike woorde uitgesprek het om die voleindiging van ons tyd in vlees aan te kondig:

Joh 7:37-39  En op die laaste dagdie groot dag van die fees, het Jesus gestaan en uitgeroep en gesê: As iemand dors het, laat hom na My toe kom en drink!  38  Hy wat in My glo, soos die Skrif sê: strome van lewende water sal uit sy binneste vloei.  39  En dit het Hy gesê van die Gees wat dié sou ontvang wat in Hom glo; want die Heilige Gees was daar nog nie, omdat Jesus nog nie verheerlik was nie.

Die “vuuroffer” is baie belangrik om van kennis te neem tydens die “agste dag”!!!!

Lev 23:36  Sewe dae lank moet julle aan die HERE ‘n vuurofferbring. Op die agtste dag moet daar vir julle ‘n heilige vierdag wees, en julle moet aan die HERE ‘n vuuroffer bring. Dit is ‘n feestyd; julle mag geen beroepswerk doen nie.

Geen vlees, vanaf Adam, het die gees van God ontvang soos Jesus dit van die Vader ontvang het nie. Dit is die hardste les om te leer vir hulle wat gedink het Adam was geestelik perfek, soos Satan die mense verlei het om te glo deur al die eeue! Die vlees kom in totale opstand teen hierdie waarheid. Maar die vuur van God bring die vlees en sy denke tot ‘n finale einde deur God se vurige oordeel!

Opn 20:7-9  En wanneer die duisend jaar voleindig is, sal die Satan uit sy gevangenis ontbind word;  8  en hy sal uitgaan om die nasies te verlei wat in die vier hoeke van die aarde is, die Gog en die Magog, om hulle te versamel vir die oorlog; en hulle getal is soos die sand van die see.  9  En hulle het opgekom oor die breedte van die aarde en die laer van die heiliges en die geliefde stad omsingel, en vuur het van God uit die hemel neergedaal en hulle verslind.

Hier eindig almal se reis tot geestelike volwassenheid, wanneer alle vyande (alles wat tot die eerste skepping behoort, insluitend die dood) totaal vernietig is en God se lewe IN ALMAL is!

1Kor 15:22-28  Want soos hulle almal in Adam sterwe, so sal hulle ook almal in Christus lewend gemaak word;  23  maar elkeen in sy eie orde: as eersteling Christus, daarna die wat aan Christus behoort by sy koms.  24  Daarna kom die einde, wanneer Hy die koninkryk aan God die Vader oorgee, as Hy alle heerskappy en alle gesag en mag vernietig het.  25  Want Hy moet as koning heers totdat Hy al sy vyande onder sy voete gestel het.  26  Die laaste vyand wat vernietig word, is die dood.  27  Want Hy het alles aan sy voete onderwerp, maar wanneer Hy sê dat alles onderwerp is, is dit duidelik dat Hy uitgesonder is wat alles aan Hom onderwerp het.  28  En wanneer alles aan Hom onderwerp is, dan sal ook die Seun self Hom onderwerp aan die Een wat alles aan Hom onderwerp het, sodat God alles in almal kan wees.

About 4windkoinonia

Want let op julle roeping, broeders: julle is nie baie wyse na die vlees nie, nie baie magtiges, nie baie edeles nie; maar wat dwaas is by die wêreld, het God uitverkies om die wyse te beskaam; en wat swak is by die wêreld, het God uitverkies om wat sterk is, te beskaam; en wat onedel is by die wêreld en wat verag is, het God uitverkies, en wat niks is nie, om wat iets is, tot niet te maak, sodat geen vlees voor Hom sou roem nie. (1Kor 1:26-29)
This entry was posted in Lees eers hier. Bookmark the permalink.

Laat 'n boodskap

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s