Die waarheid oor die bestaan, doel en werk van engele in God se plan (Deel 3)

In deel 1 van hierdie studiereeks oor engele het ons gekyk na die skepping van engele en hulle doel. In Deel 2 het ons gekyk na waar die engele opereer. In Deel 3 kyk ons na die groeperinge van engele.

Groeperinge van engele

God het ‘n baie groot getal engele tot Sy beskikking:

Mat 26:53  Of dink jy dat Ek nie nou my Vader kan bid en Hy vir My meer as twaalf legioene van engele beskikbaar sal stel nie?

Deu 33:1-2  En dit is die seën waarmee Moses, die man van God, die kinders van Israel geseën het voor sy dood.  2  En hy het gesê: Die HERE het gekom van Sinai en vir hulle opgegaan van Seïr af; Hy het in ligglans verskyn van die gebergte Paran en gekom van heilige tien duisende af; aan sy regterhand was vlammende vuur vir hulle.

God is die Skepper van alles – die goed en die kwaad, en Hy het ALLES “baie goed” gemaak vir die doel waarvoor Hy hulle geskep het!!!!

Gén 1:31  Toe sien God alles wat Hy gemaak het, en—dit was baie goed. En dit was aand en dit was môre, die sesde dag.

Jes 45:5-7  Ek is die HERE, en daar is geen ander nie; buiten My is daar geen God nie; Ek omgord jou, hoewel jy My nie geken het nie,  6  sodat hulle kan weet van die opgang van die son en van sy ondergang af dat daar buiten My geeneen is nie; Ek is die HERE, en daar is geen ander nie;  7  wat die lig formeer en die duisternis skep, die heil bewerk en die onheil [die kwaad / die bose] skep: Ek, die HERE, is dit wat al hierdie dinge doen.

Spr 16:4  Alles het die HERE gemaak vir sy doel, ja, ook die goddelose vir die dag van onheil.

Jes 54:16  Kyk, Ék het die smid geskape wat die koolvuur aanblaas en ‘n wapen voortbring volgens sy ambag; ook het Ék die verderwer geskape om te verniel.

Soos alles in hierdie skepping, is hierdie afbakening tussen goed en kwaad, dit wat heilig is en dit wat en onheilig is, ook van toepassing op die engele:

1Kn 22:19  Verder sê hy: Daarom, hoor die woord van die HERE: Ek het die HERE sien sit op sy troon terwyl al die hemelse leërskare by Hom staan, aan sy regter— en aan sy linkerhand.

Hierdie twee hoofafbakeninge in hierdie skepping, aan God se regter- en linkerhand, wys inderdaad vir ons hoe die afbakening tussen goed (God se seën / voorkeur / voorspoed) en kwaad (God se vloek / afkeur / teenspoed) en alle dinge in hierdie skepping funksioneer binne hierdie raamwerk, ook die engele.

Prd 10:2  Die hart van die wyse is na regs, maar die hart van ‘n dwaas is na links.

Mat 25:33  en Hy sal die skape aan sy regterhand en die bokke aan sy linkerhand sit.

Die regterhand van God beeld uit die seën van God en Sy soewereiniteit oor die goeie dade van Sy skepsels:

Psa 110:1  Van Dawid. ‘n Psalm. Die HERE het tot my Here gespreek: Sit aan my regterhand, totdat Ek u vyande maak ‘n voetbank vir u voete.

Mar 16:19  Nadat die Here dan met hulle gespreek het, is Hy opgeneem in die hemel en het gaan sit aan die regterhand van God.

Hnd 7:55  Maar hy was vol van die Heilige Gees en het die oë na die hemel gehou en die heerlikheid van God gesien en Jesus wat staan aan die regterhand van God.

Psa 110:5  Die Here aan u regterhand verbrysel konings op die dag van sy toorn.

Gén 48:14  Toe steek Israel sy regterhand uit en lê dit op die hoof van Efraim, hoewel hy die jongste was, en sy linkerhand op die hoof van Manasse: hy het sy hande oorkruis gehou, want Manasse was die eersgeborene.

Die linkerhand van God beeld uit die vloek van God en Sy werkinge in Sy skepsels om die kwaad te laat gebeur:

Job 2:4-6  Toe het die Satan die HERE geantwoord en gesê: Huid vir huid, en alles wat iemand het, sal hy gee vir sy lewe;  5  maar strek net u hand uit en tas sy gebeente en sy vlees aan—waarlik, hy sal U in u aangesig seën!  6  En die HERE sê aan die Satan: Kyk, hy is in jou hand; spaar net sy lewe.

Dwarsdeur die Skrif verskyn hierdie engele, selfs soms in fisiese vorm, en hulle word gebruik om God se doelwitte te bereik – die goeie en die bose. Daar is engele wat die goeie dinge doen wat God bewerkstellig om te gebeur …

1Kn 19:5  Daarop gaan hy lê en raak onder ‘n besembos aan die slaap; en kyk, daar raak ‘n engel hom aan en sê vir hom: Staan op, eet!

Hnd 12:5-11  So is Petrus dan in die gevangenis bewaak; maar daar het ‘n aanhoudende gebed tot God deur die gemeente vir hom opgegaan.  6  En toe Herodes hom wou voorbring, het Petrus in daardie nag tussen twee soldate geslaap, met twee kettings geboei, en wagte voor die deur het die gevangenis bewaak.  7  En meteens staan daar ‘n engel van die Here by hom, en ‘n lig skyn in die gevangenis. Toe slaan hy Petrus op die sy, maak hom wakker en sê: Staan gou op! En die boeie het van sy hande afgeval.  8  En die engel sê vir hom: Omgord jou en trek jou skoene aan! En hy het dit gedoen. Verder sê hy vir hom: Gooi jou bo-kleed om en volg my!  9  En hy het uitgegaan en hom gevolg; en hy het nie geweet dat wat deur die engel plaasgevind het, werklikheid was nie, maar hy het gemeen dat hy ‘n gesig sien.  10  En toe hulle by die eerste en die tweede wag verbygegaan het, kom hulle by die ysterpoort wat na die stad lei, en dit het vanself vir hulle oopgegaan. En hulle het buitekant gekom en een straat ver gegaan, en dadelik het die engel hom verlaat.  11  Toe kom Petrus tot homself en sê: Nou weet ek waarlik dat die Here sy engel gestuur en my gered het uit die hand van Herodes en uit al die verwagtinge van die Joodse volk.

Daar is engele wat bose dinge moet doen soos God ook bewerkstellig…

Rig 9:23  het God ‘n bose gees gestuur tussen Abiméleg en die burgers van Sigem, en die burgers van Sigem het troueloos gehandel teen Abiméleg,

1Sa 16:14-15  Maar die Gees van die HERE het van Saul gewyk, en ‘n bose gees, deur die HERE gestuur, het hom verskrik.  15  Toe sê die dienaars van Saul vir hom: Kyk tog, ‘n bose gees van God verskrik u:

Eks 4:11  En die HERE antwoord hom: Wie het vir die mens die mond gemaak, of wie maak stom of doof, of siende of blind? Is dit nie Ek, die HERE, nie?

Hierdie afbakening het geen refleksie op linkshandige mense nie.  Daar is niks verkeerd om linkshandig te wees nie en hierdie afbakening moet nie gebruik word om mense te wantrou en as boos uit te wys nie. Ons almal beleef albei hierdie kante – die links en die regs, die kwaad en die goed. Daarom het die Skrifte ook die linkshandiges as Sy werkers vir goed uitgebeeld om hierdie waninterpretasies te besweer:

Rig 3:15  Maar toe die kinders van Israel die HERE aanroep, het die HERE vir hulle as verlosser verwek: Ehud, die seun van Gera, die Benjaminiet, ‘n man wat links was. Deur hom stuur toe die kinders van Israel die belasting aan Eglon, die koning van Moab.

Rig 20:16  Uit al hierdie manskappe was daar sewe honderd uitgesoekte manne wat links was; hulle almal het met ‘n klip op ‘n haar geslinger sonder om te mis.

Rig 20:21  Toe trek die kinders van Benjamin uit Gíbea uit, en hulle het op dié dag in Israel twee en twintig duisend man teen die grond vernietig.

1Kr 12:1-2  En dit is hulle wat na Dawid na Siklag gekom het toe hy nog uit die teenwoordigheid van Saul, die seun van Kis, verban was; hulle was ook onder die helde wat gehelp het in die oorlog,  2  gewapend met die boog, wat regter— en linkerhand kon gebruik met slingerstene en met pyl en boog; hulle was uit die broers van Saul uit Benjamin:

Albei die kante is onderworpe aan God en in Sy diens, vir die doel waarvoor Hy hulle gebruik.

Jes 30:21  en jou ore sal ‘n woord agter jou hoor wat sê: Dit is die weg, wandel daarop! wanneer julle regs of wanneer julle links wil gaan.

2Kor 6:7  in die woord van waarheid, in die krag van God, deur die wapens van die geregtigheid in die regter— en linkerhand;

God bewerkstellig inderdaad alles vir Sy doel! Alles vind plaas volgens Sy plan: 

Efs 1:11  in Hom in wie ons ook ‘n erfdeel ontvang het nadat ons vantevore daartoe verordineer is ooreenkomstig die voorneme van Hom wat alles werk volgens die raad van sy wil. 

Rom 11:36  Want uit Hom en deur Hom en tot Hom is alle dinge. Syne is die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.

Uit die Skrif blyk dit dat daar verskillende vlakke van gesag bestaan binne elkeen van hierdie twee basiese groepe:

Kol 1:16  want in Hom is alle dinge geskape wat in die hemele en op die aarde is, wat sienlik en onsienlik is, trone sowel as heerskappye en owerhede en magte—alle dinge is deur Hom en tot Hom geskape.

Efs 6:12  Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug.

Mat 25:41  Dan sal Hy ook vir dié aan sy linkerhand sê: Gaan weg van My, julle vervloektes, in die ewige vuur wat berei is vir die duiwel en sy engele.

Opn 12:7  En daar het oorlog in die hemel gekom: Mígael en sy engele het oorlog gevoer teen die draak, en die draak en sy engele het oorlog gevoer.

 

About 4windkoinonia

Want let op julle roeping, broeders: julle is nie baie wyse na die vlees nie, nie baie magtiges, nie baie edeles nie; maar wat dwaas is by die wêreld, het God uitverkies om die wyse te beskaam; en wat swak is by die wêreld, het God uitverkies om wat sterk is, te beskaam; en wat onedel is by die wêreld en wat verag is, het God uitverkies, en wat niks is nie, om wat iets is, tot niet te maak, sodat geen vlees voor Hom sou roem nie. (1Kor 1:26-29)
This entry was posted in Lees eers hier. Bookmark the permalink.

1 Response to Die waarheid oor die bestaan, doel en werk van engele in God se plan (Deel 3)

  1. Terug pieng: Die waarheid oor die bestaan, doel en werk van engele in God se plan (Deel 2) | 4windkoinonia

Laat 'n boodskap

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s