God het inderdaad ‘n plan met almal van ons wie in die “eerste mens, Adam” geskep was as ‘n vlees en bloed skepping. Paulus maak die geheim aan ons bekend, en tog het God bepaal dat nie baie dit kan sien en verstaan op hierdie stadium nie:
1Kor 15:45-50 So is daar ook geskrywe: Die eerste mens, Adam, het ‘n lewende siel geword; die laaste Adam ‘n lewendmakende Gees. 46 Die geestelike ewenwel is nie eerste nie, maar die natuurlike; daarna die geestelike. 47 Die eerste mens was uit die aarde aards, die tweede mens is die Here uit die hemel. 48 Soos die aardse mens was, so is ook die aardse mense; en soos die hemelse mens is, so is ook die hemelse mense. 49 En soos ons die beeld van die aardse gedra het, so sal ons ook die beeld van die hemelse dra. 50 Maar dit verklaar ek, broeders, dat vlees en bloed die koninkryk van God nie kan beërwe nie; ook beërwe die verganklikheid nie die onverganklikheid nie.
Die vlees en bloed mens is nie God se finale produk vir ons nie, maar net die begin van ‘n proses om ons almal soos Hy te maak in Christus:
1Ti 2:3-6 Want dit is goed en aangenaam voor God, ons Verlosser, 4 wat wil hê dat alle mense gered word en tot kennis van die waarheid kom. 5 Want daar is een God en een Middelaar tussen God en die mense, die mens Christus Jesus, 6 wat Homself gegee het as ‘n losprys vir almal, as die getuienis op die regte tyd,
1Ko 15:22-28 Want soos hulle almal in Adam sterwe, so sal hulle ook almal in Christus lewend gemaak word; 23 maar elkeen in sy eie orde: as eersteling Christus, daarna die wat aan Christus behoort by sy koms. 24 Daarna kom die einde, wanneer Hy die koninkryk aan God die Vader oorgee, as Hy alle heerskappy en alle gesag en mag vernietig het. 25 Want Hy moet as koning heers totdat Hy al sy vyande onder sy voete gestel het. 26 Die laaste vyand wat vernietig word, is die dood. 27 Want Hy het alles aan sy voete onderwerp, maar wanneer Hy sê dat alles onderwerp is, is dit duidelik dat Hy uitgesonder is wat alles aan Hom onderwerp het. 28 En wanneer alles aan Hom onderwerp is, dan sal ook die Seun self Hom onderwerp aan die Een wat alles aan Hom onderwerp het, sodat God alles in almal kan wees.
Almal sal egter “op die regte tyd” hierdie getuienis ontvang dat hulle ook deel is van hierdie plan. Daar is nou ‘n klein groep aan wie God Sy plan bekendmaak, nie omdat hulle iets besonders in hulself is nie, maar bloot op grond van Sy keuse:
Rom 8:28-34 En ons weet dat vir hulle wat God liefhet, alles ten goede meewerk, vir hulle wat na Sy voorneme geroep is. 29 Want die wat Hy vantevore geken het, dié het Hy ook vantevore verordineer om gelykvormig te wees aan die beeld van sy Seun, sodat Hy die eersgeborene kan wees onder baie broeders; 30 en die wat Hy vantevore verordineer het, dié het Hy ook geroep; en die wat Hy geroep het, dié het Hy ook geregverdig; en die wat Hy geregverdig het, dié het Hy ook verheerlik. 31 Wat sal ons dan van hierdie dinge sê? As God vír ons is, wie kan teen ons wees? 32 Hy wat selfs sy eie Seun nie gespaar het nie, maar Hom vir ons almal oorgegee het, hoe sal Hy nie saam met Hom ons ook alles genadiglik skenk nie? 33 Wie sal beskuldiging inbring teen die uitverkorenes van God? God is dit wat regverdig maak. 34 Wie is dit wat veroordeel? Christus is dit wat gesterf het, ja, meer nog, wat ook opgewek is, wat ook aan die regterhand van God is, wat ook vir ons intree.
God sal inderdaad elkeen, van heidin tot Jood, red. Dit alles kom deur Christus, wie deur Sy eie vleeslike nasie verwerp word met die doel om almal wat heidin is te red en daarna ook al Sy fisiese volksgenote:
Rom 11:25-32 Want ek wil nie hê, broeders, dat julle hierdie verborgenheid nie moet weet nie, sodat julle nie eiewys mag wees nie: dat die verharding ten dele oor Israel gekom het totdat die volheid van die heidene ingegaan het; 26 en so sal die hele Israel gered word, soos geskrywe is: Die Verlosser sal uit Sion kom en sal die goddelooshede van Jakob afwend; 27 en dit is van my kant die verbond met hulle as Ek hulle sondes wegneem. 28 Wat die evangelie betref, is hulle wel vyande ter wille van julle; maar wat die uitverkiesing betref, bemindes ter wille van die vaders. 29 Want die genadegawes en die roeping van God is onberoulik. 30 Want soos julle ook vroeër aan God ongehoorsaam was, maar nou barmhartigheid ontvang het deur hulle ongehoorsaamheid, 31 so het hulle ook nou ongehoorsaam geword deur die barmhartigheid aan julle, sodat hulle ook barmhartigheid kan ontvang. 32 Want God het hulle almal in die ongehoorsaamheid ingesluit om vir almal barmhartig te kan wees.
God se plan met almal is absoluut ondeurgrondelik vir die vleeslike verstand!
Rom 11:33-36 o Diepte van die rykdom en wysheid en kennis van God! Hoe ondeurgrondelik is sy oordele en onnaspeurlik sy weë! 34 Want wie het die gedagte van die Here geken, of wie was sy raadsman gewees? 35 Of wie het eers iets aan Hom gegee, dat dit hom vergeld moet word? 36 Want uit Hom en deur Hom en tot Hom is alle dinge. Syne is die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.
Die ware uitverkore geestelike volk van God is inderdaad nie hulle wat op uiterlike dinge en herkoms staatmaak nie:
Rom 2:28-29 Want nie hy is ‘n Jood wat dit in die openbaar is nie, en nie dít is besnydenis wat dit in die openbaar in die vlees is nie; 29 maar hy is ‘n Jood wat dit in die verborgene is, en besnydenis is dié van die hart, in die gees, nie na die letter nie. Sy lof is nie uit mense nie, maar uit God.
Die ware volk van God is hulle wat God in gees en waarheid ken en aanbid:
Joh 4:19-26 Die [Samaritaanse] vrou [by die put van Jakob] sê vir Hom [Jesus]: Here, ek sien dat U ‘n profeet is. 20 Ons vaders het op hierdie berg aanbid, en julle sê dat die plek waar ons behoort te aanbid, in Jerusalem is. 21 Jesus sê vir haar: Vrou, glo My, daar kom ‘n uur wanneer julle nie op hierdie berg en ook nie in Jerusalem die Vader sal aanbid nie. 22 Julle aanbid wat julle nie weet nie; ons aanbid wat ons weet, want die saligheid is uit die Jode. 23 Maar daar kom ‘n uur, en dit is nou, wanneer die ware aanbidders die Vader in gees en waarheid sal aanbid; want die Vader soek ook mense wat Hom só aanbid. 24 God is Gees; en die wat Hom aanbid, moet in gees en waarheid aanbid. 25 Die vrou sê vir Hom: Ek weet dat die Messías kom, Hy wat Christus genoem word. Wanneer Hy kom, sal Hy ons alles verkondig. 26 Jesus sê vir haar: Dit is Ek wat met jou spreek!
Jesus is die ware Messías (die Verlosser) van die hele wêreld en Hy gaan 100% suksesvol wees om almal wat nou in vlees is, se aardse bande los te maak en hulle te vervul met Sy gees in Sy geestelike koninkryk, tot eer en verheerliking van die Vader! Dit is die boodskap waaroor Sy uitverkorenes (hulle aan wie Hy nou die geloof skenk om die waarheid te kan glo) tot nou toe gesmaad en gehaat word:
1Ti 4:9-11 Dit is ‘n betroubare woord en werd om ten volle aangeneem te word; 10 want hiervoor arbei ons ook en word ons gesmaad, omdat ons gehoop het op die lewende God wat ‘n behouder is van alle mense, insonderheid van die gelowiges. 11 Beveel en leer hierdie dinge.
Hulle, wat nou nog gesmaad en bespot word vir die waarheid, is die offers wat saam met Jesus sterf (Gal 2:20) vir die aardse dinge:
Rom 12:1-2 Ek vermaan julle dan, broeders, by die ontferminge van God, dat julle jul liggame stel as ‘n lewende, heilige en aan God welgevallige offer dit is julle redelike godsdiens. 2 En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is.
Dit is hulle wie se aardse tempels afgebreek word, klip vir klip, want hierdie ‘klippe’ van ons aardse tempel verteenwoordig al die leuens wat verkondig word onder Christus se naam:
Mat 24:1-5 En Jesus het uitgegaan en van die tempel vertrek, en sy dissipels het nader gekom om Hom die geboue van die tempel te wys. 2 En Jesus sê vir hulle: Sien julle al hierdie dinge? Voorwaar Ek sê vir julle, daar sal hier sekerlik nie een klip op die ander gelaat word, wat nie afgebreek sal word nie. 3 En toe Hy op die Olyfberg gaan sit het, kom die dissipels alleen na Hom en sê: Vertel ons, wanneer sal hierdie dinge wees, en wat is die teken van u koms en van die voleinding van die wêreld? 4 En Jesus antwoord en sê vir hulle: Pas op dat niemand julle mislei nie. 5 Want baie sal onder my Naam kom en sê: Ek is die Christus! en hulle sal baie mense mislei.
Ons gebruik inderdaad elke geleentheid om hulle wat saam met ons hierdie waarhede in Christus ontdek, op te bou om God se ware tempel te wees:
Heb 10:19-25 Terwyl ons dan, broeders, vrymoedigheid het om in die heiligdom in te gaan deur die bloed van Jesus 20 op die nuwe en lewende weg wat Hy vir ons ingewy het deur die voorhangsel heen, dit is sy vlees, 21 en ons ‘n groot Priester oor die huis van God het, 22 laat ons toetree met ‘n waaragtige hart in volle geloofsversekerdheid, die harte deur besprenkeling gereinig van ‘n slegte gewete en die liggaam gewas met rein water. 23 Laat ons die belydenis van die hoop onwankelbaar vashou, want Hy wat dit beloof het, is getrou; 24 en laat ons op mekaar ag gee om tot liefde en goeie werke aan te spoor; 25 en laat ons ons onderlinge byeenkoms nie versuim soos sommige die gewoonte het nie, maar laat ons mekaar vermaan, en dit des te meer namate julle die dag sien nader kom.
As ons die waarheid ken en dit liefhet, dan sal ons nie weer teruggaan om met die wêreld se tempels en hulle valse evangelie te hoereer nie:
1Kor 3:16-17 Weet julle nie dat julle ‘n tempel van God is en die Gees van God in julle woon nie? 17 As iemand die tempel van God skend, sal God hom skend; want die tempel van God is heilig, en dit is julle.
1Kor 6:15-20 Weet julle nie dat julle liggame lede van Christus is nie? Sal ek dan die lede van Christus neem en dit lede van ‘n hoer maak? Nee, stellig nie! 16 Of weet julle nie dat hy wat ‘n hoer aanhang, met haar een liggaam is nie? Want die twee, sê Hy, sal een vlees wees. 17 Maar wie die Here aanhang, is een gees met Hom. 18 Vlug vir die hoerery. Enige sonde wat ‘n mens doen, is buite die liggaam; maar wie hoerery bedryf sondig teen sy eie liggaam. 19 Of weet julle nie dat julle liggaam ‘n tempel is van die Heilige Gees wat in julle is, wat julle van God het, en dat julle nie aan julself behoort nie? 20 Want julle is duur gekoop. Verheerlik God dan in julle liggaam en in julle gees wat aan God behoort.
Ons lê ons daarop toe om welvoeglik te wandel teenoor hulle wat nog aan die vlees gekleef is, deur onsself toe te rus vir ons dienswerk in Christus:
1Ts 4:11-12 en julle eer daarin te stel om rustig te lewe en julle eie sake te behartig en met julle eie hande te werk, soos ons julle beveel het, 12 sodat julle welvoeglik kan wandel teenoor die wat buite is, en aan niks behoefte mag hê nie.
2Ti 2:15-16 Lê jou daarop toe om jou beproef voor God te stel as ‘n werker wat hom nie hoef te skaam nie, wat die woord van die waarheid reg sny. 16 Maar die onheilige, onsinnige praatjies moet jy vermy; want hulle sal al verder voortgaan in goddeloosheid,