‘Gaan uit haar uit, my volk…’

Volgens die Skrifte is die letters (uiterlike woorde) wat ons lees in die Bybel ‘n tipe van die uiterlike vlees. Die uiterlike liggaam van ‘n mens is ‘n skans waaragter ons dieper onsigbare dinge, ons interne sondige hartstogte, skuil. Ons sondige hartstogte word egter ontbloot deur die wette wat toespassing het op aardse dinge. God het hierdie tipe wette gegee, nie om ons te heilig daarmee nie, maar om ons sondige toestand en sondige drifte te ontbloot:

Rom 3:19-20  Nou weet ons dat alles wat die wet sê, hy dit sê vir die wat onder die wet is, sodat elke mond gestop en die hele wêreld voor God doemwaardig kan wees;  20  aangesien uit die werke van die wet geen vlees voor Hom geregverdig sal word nie, want deur die wet is die kennis van sonde.

As ons verby die aardse vlees en sy wet kan sien, dan word ons bevry en vernuwe deur die wet van die gees van Christus om die ware geestelike dinge van God te kan ervaar!

Rom 8:2  Want die wet van die Gees van die lewe in Christus Jesus het my vrygemaak van die wet van die sonde en die dood.

Die letter van die wet weerspieël dus die dood en sy vrugte, maar die gees van God se Woord maak lewend!

Rom 7:5-6  Want toe ons in die vlees was, het die sondige hartstogte wat deur die wet kom, in ons lede gewerk om vir die dood vrugte te dra.  6  Maar nou is ons ontslae van die wet waardeur ons gebonde was, aangesien ons dit afgesterf het, sodat ons dien in die nuwigheid van die Gees en nie in die oudheid van die letter nie.

2Kor 3:6  ….die letter maak dood, maar die gees maak lewend.

Joh 6:63  Dit is die Gees wat lewend maak, die vlees is van geen nut nie; die woorde wat Ek tot julle spreek, is gees en is lewe.

 God het aan die vleeslike Adam ‘n vleeslike vrou gegee en deur die koms van die vrou in Adam se lewe word ook baie geestelike dinge aan ons geopenbaar.

Gén 2:21-25  Toe het die HERE God ‘n diepe slaap op die mens laat val; en terwyl hy slaap, het Hy een van sy ribbebene geneem en die plek daarvan met vlees toegemaak.  22  En die HERE God bou die rib wat Hy van die mens geneem het, tot ‘n vrou en bring haar na die mens.  23  Toe sê die mens: Dit is nou eindelik been van my gebeente en vlees van my vlees. Sy sal mannin genoem word, want sy is uit die man geneem.  24  Daarom sal die man sy vader en moeder verlaat en sy vrou aankleef. En hulle sal een vlees wees.  25  En hulle was altwee naak, die mens en sy vrou, maar hulle het hul nie geskaam nie.

Die vrou is deel van die sigbare skepping en dus ‘n belangrike deel van God se plan om aan ons Sy geestelike onsigbare dinge verstaanbaar te maak.

Rom 1:20  Want sy onsigbare dinge kan van die skepping van die wêreld af in sy werke verstaan en duidelik gesien word, naamlik sy ewige krag en goddelikheid, sodat hulle geen verontskuldiging het nie;

Een van die geestelike dinge wat God aan ons deur die skepping van die vrou wou verstaanbaar maak, is die orde (gesagslyn) in die Godheid. Die Vader is die hoof van Christus:

1Kor 11:3  Maar ek wil hê dat julle moet weet dat Christus die hoof is van elke man, en die man die hoof van die vrou, en God die hoof van Christus.

Die vrou was na Adam geskep om te wys dat Christus uit die Vader kom en aan die Vader onderdanig is:

Joh 14:28  Julle het gehoor dat Ek aan julle gesê het: Ek gaan weg en Ek kom weer na julle toe. As julle My liefgehad het, sou julle bly wees dat Ek gesê het: Ek gaan na my Vader, omdat my Vader groter is as Ek.

Christus is die Woord van God, en Hy is die God van hierdie skepping soos deur die Vader bepaal:

Joh 17:8  Want die woorde wat U My gegee het, het Ek aan hulle gegee; en hulle het dit ontvang en waarlik erken dat Ek van U uitgegaan het, en hulle het geglo dat U My gestuur het.

 Joh 1:1-3  In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God.  2  Hy was in die begin by God.  3  Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie.

Eva is die aardse simbool van hierdie baringsproses want sy word genoem die moeder van almal deur Adam se saad:

Gén 3:20  En die mens het sy vrou Eva genoem, omdat sy moeder geword het van alles wat lewe.

Christus is dus in hierdie sin die baarmoeder van die hele skepping deur die saad (woord) van die Vader. Die vrou help ons dus om die verborgenheid van die Godheid en die rol van Christus en Sy kerk te verstaan. Hier is die geestelike rol van die vrou:

Efs 5:31-33  Daarom moet die man sy vader en sy moeder verlaat en sy vrou aankleef en hulle twee sal een vlees word.  32  Hierdie verborgenheid is groot, maar ek sê dit met die oog op Christus en die gemeente.  33  In alle geval moet elkeen van julle ook afsonderlik sy eie vrou liefhê net soos homself, en die vrou moet die man eerbiedig.

Die vrou stel dus die gemeente voor – die kerk van Christus. Die kerk word inderdaad die bruid van Christus genoem:

Opn 21:2  En ek, Johannes, het die heilige stad, die nuwe Jerusalem, sien neerdaal van God uit die hemel, toeberei soos ‘n bruid wat vir haar man versier is.

‘n Bruid word die vrou van die man. God se gemeente is die vrou van Christus. Eva was eerste oop vir die bedrog van die slang in die tuin van Eden, en het dus in die sin ontrou opgetree teenoor haar eie man aan wie sy die leierskap moes toevertrou het om met die slang te praat.

2Kor 11:1-3  Ag, as julle my net ‘n bietjie in my dwaasheid wou verdra! Verdra my tog maar!  2  Want ek is jaloers oor julle met ‘n goddelike jaloersheid, want ek het julle aan een man verbind, om julle as ‘n reine maagd aan Christus voor te stel.  3  Maar ek vrees dat, net soos die slang Eva deur sy listigheid bedrieg het, julle sinne so miskien bedorwe kan raak, vervreemd van die opregtheid teenoor Christus. 

Net so is hierdie vrou van Jesus eers ontrou aan Hom en hoereer met ‘n ander man, en sy naam is ook Jesus – die “ander Jesus”.

2Kor 11:4  Want as iemand kom en ‘n ander Jesus verkondig as wat ons verkondig het, of as julle ‘n ander gees ontvang as wat julle ontvang het, of ‘n ander evangelie as wat julle aangeneem het, laat julle jul dit goed geval.

Ons almal laat ons “dit goed geval” om eers te hoereer met die valse Jesus en sy valse kerk. Maar dit is alles deel van God se plan. Ons almal volg eers Jesus “na die vlees” en uit daardie verhouding word ons eers in sonde voortgebring, net soos die aardse skepping eers “in sonde” is – ‘n aardse liggaam is dit wat sonde voorstel:

Psa 51:7  Kyk, in ongeregtigheid is ek gebore, en in sonde het my moeder my ontvang.

Rom 6:6  aangesien ons dit weet dat ons oue mens saam gekruisig is, sodat die liggaam van die sonde tot niet gemaak sou word en ons nie meer die sonde sou dien nie.

Ons ontvang ons aardse liggame van ons moeders, wat baie goeie vrouens was. Volgens ons kennis was Dawid se moeder nie ‘n slegte vrou nie, en dit is nie wat daardie teks in Psalm 51 wil sê nie. Dit sê vir ons dat God die aardse liggaam as “sonde” geskep het. Alles wat aards is stel die sondige dinge voor. Sonde het die wêreld ingekom deur ‘n aardse liggaam en daarom het ons almal gesondig nog voor ons enigiets gedoen het!

Rom 5:12  Daarom, soos deur een mens die sonde in die wêreld ingekom het en deur die sonde die dood, en so die dood tot alle mense deurgedring het, omdat almal gesondig het.

Rom 3:23  want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God,

Dit is waarom daar ‘n sondoffer was onder die ou verbond wat in Levitikus beskryf word van die tipe liggaam (“in swakheid”) wat God aan ons gee:

Lev 4:1-3  Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:  2  Spreek met die kinders van Israel en sê: As iemand in swakheid sondig teen een van alle gebooie van die HERE en een van die dinge wat nie gedoen mag word nie, tog doen  3  as die gesalfde priester sondig, sodat die volk daardeur skuldig word, moet hy vir die sonde wat hy gedoen het, ‘n jong bul sonder gebrek aan die HERE as sondoffer bring.

Dit is die eerste pot wat God maak wat misluk IN SY HANDE – HY maak ons so, om eers te misluk, voordat Hy ons weer gaan herskep in gees (in Christus) om nooit weer te misluk nie!

Jer 18:1-4  Die woord wat van die HERE tot Jeremia gekom het:  2  Maak jou klaar en gaan af na die huis van die pottebakker, en daar sal Ek jou my woorde laat hoor.  3  Toe het ek afgegaan na die huis van die pottebakker, en hy was juis besig om ‘n stuk werk op die skywe te maak.  4  En die voorwerp wat hy besig was om te maak, het misluk—soos dit gaan met klei in die hand van die pottebakker—maar hy het daaruit weer ‘n ander voorwerp gemaak soos dit in die oë van die pottebakker reg was om dit te maak.

Hier in die volgende woorde preek Paulus dieselfde boodskap. Ons moet eers die natuurlike liggaam kry (“in sonde”) voordat ons die geestelike sal ontvang om nooit weer “in sonde” (in ‘n aardse liggaam) te leef nie!

1Kor 15:44-49  ‘n Natuurlike liggaam word gesaai, ‘n geestelike liggaam word opgewek. Daar is ‘n natuurlike liggaam, en daar is ‘n geestelike liggaam.  45  So is daar ook geskrywe: Die eerste mens, Adam, het ‘n lewende siel geword; die laaste Adam ‘n lewendmakende Gees.  46  Die geestelike ewenwel is nie eerste nie, maar die natuurlike; daarna die geestelike.  47  Die eerste mens was uit die aarde aards, die tweede mens is die Here uit die hemel.  48  Soos die aardse mens was, so is ook die aardse mense; en soos die hemelse mens is, so is ook die hemelse mense.  49  En soos ons die beeld van die aardse gedra het, so sal ons ook die beeld van die hemelse dra.

Die natuurlike liggaam stel dus ook die valse kerk van Christus voor – die groot Babilon. Die valse kerk is God se afvallige vrou (die groot hoer Babilon) wat aan elke kind van God geboorte skenk. Ons respekteer haar, maar die uitverkorenes word uit haar geroep as hulle haar sondige praktyke nie meer kan staan nie:

Opn 18:1-4  En ná hierdie dinge het ek ‘n engel sien neerdaal uit die hemel, met groot mag, en die aarde is verlig deur sy heerlikheid.  2  En hy het met ‘n groot stem kragtig uitgeroep en gesê: Geval, geval het die groot Babilon, en dit het geword ‘n woonplek van duiwels en ‘n versamelplek van allerhande onreine geeste en ‘n versamelplek van allerhande onreine en haatlike voëls,  3  omdat al die nasies gedrink het van die wyn van die grimmigheid van haar hoerery, en die konings van die aarde met haar gehoereer het, en die handelaars van die aarde ryk geword het deur die mag van haar weelderigheid.  4  En ek het ‘n ander stem uit die hemel hoor sê: Gaan uit haar uit, my volk, sodat julle nie gemeenskap met haar sondes mag hê en van haar plae ontvang nie.

Ons het saam met haar hoereer en al haar valse leerstellings geniet. As ons dit daar geniet, dan bly ons by haar, hierdie hoervrou. Ons is een vlees met haar en ons het ons geestelike Vader en die ware Christus verlaat. Dan is ons geestelik naak en nie eens skaam daaroor nie!

Gén 2:23-25  Toe sê die mens: Dit is nou eindelik been van my gebeente en vlees van my vlees. Sy sal mannin genoem word, want sy is uit die man geneem.  24  Daarom sal die man sy vader en moeder verlaat en sy vrou aankleef. En hulle sal een vlees wees.  25  En hulle was altwee naak, die mens en sy vrou, maar hulle het hul nie geskaam nie.

Maar as ons haar valshede kan sien, dan vlug ons uit haar! Dan val haar mag oor ons lewe!

Geval, geval het die groot Babilon, en dit het geword ‘n woonplek van duiwels en ‘n versamelplek van allerhande onreine geeste en ‘n versamelplek van allerhande onreine en haatlike voëls,  omdat al die nasies gedrink het van die wyn van die grimmigheid van haar hoerery, en die konings van die aarde met haar gehoereer het, en die handelaars van die aarde ryk geword het deur die mag van haar weelderigheid.  

Dit is die opstanding uit die dode in geestelike vorm. Ons het die ware vrou van God gevind, ons man van gees – die ware Jesus Christus!

2Kor 5:17  Daarom, as iemand in Christus is, is hy ‘n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword.

Opn 21:1-7  En ek het ‘n nuwe hemel en ‘n nuwe aarde gesien, want die eerste hemel en die eerste aarde het verbygegaan; en die see was daar nie meer nie.  2  En ek, Johannes, het die heilige stad, die nuwe Jerusalem, sien neerdaal van God uit die hemel, toeberei soos ‘n bruid wat vir haar man versier is.  3  En ek het ‘n groot stem uit die hemel hoor sê: Kyk, die tabernakel van God is by die mense, en Hy sal by hulle woon, en hulle sal sy volk wees; en God self sal by hulle wees as hulle God.  4  En God sal al die trane van hulle oë afvee, en daar sal geen dood meer wees nie; ook droefheid en geween en moeite sal daar nie meer wees nie, want die eerste dinge het verbygegaan.  5  En Hy wat op die troon sit, het gesê: Kyk, Ek maak alles nuut. En Hy het aan my gesê: Skryf, want hierdie woorde is waaragtig en betroubaar.  6  En Hy het vir my gesê: Dit is verby! Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde. Aan die dorstige sal Ek gee uit die fontein van die water van die lewe, verniet.  7  Hy wat oorwin, sal alles beërwe; en Ek sal vir hom ‘n God wees, en hy sal vir My ‘n seun wees.

About 4windkoinonia

Want let op julle roeping, broeders: julle is nie baie wyse na die vlees nie, nie baie magtiges, nie baie edeles nie; maar wat dwaas is by die wêreld, het God uitverkies om die wyse te beskaam; en wat swak is by die wêreld, het God uitverkies om wat sterk is, te beskaam; en wat onedel is by die wêreld en wat verag is, het God uitverkies, en wat niks is nie, om wat iets is, tot niet te maak, sodat geen vlees voor Hom sou roem nie. (1Kor 1:26-29)
This entry was posted in Lees eers hier. Bookmark the permalink.

Laat 'n boodskap

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s