https://soundcloud.com/user-884028869/aan-god-al-die-glorie
Aan God al die glorie!
GL Groenewald (2018)
1:
Ons het hierdie skat,
In ‘n aardse kleipot;
‘dat die voortreflikheid van God’s krag,
Nie van ons kan kom;
In alles word ons verdruk,
Maar ons is nie terneergedruk.
Ons is verleë,
Maar nie radeloos;
Ons word bespot en word vervolg,
Maar nie deur God verlaat;
Ons word verneder,
Aan God al die glorie!
GESPROKE WOORDE:
Geliefdes, skaam jou nie oor die getuienis van onse Here Jesus nie, wat ons gered en geroep het met ‘n heilige roeping, nie volgens ons werke nie, maar volgens die Vader se voorneme en genade, wat Hy aan ons geskenk het in Christus Jesus voor die eeue begin het. Dit is nou geopenbaar deur die verskyning van ons Verlosser, Jesus Christus, wat die dood tot niet gemaak het en die lewe en die onverderflikheid aan die lig gebring het deur die evangelie. Sy lewe vernietig die dood… Die dood is verslind in die oorwinning!
2:
Ons het hierdie Skat,
In ‘n aardse kleipot;
‘dat die voortreflikheid van God’s krag,
Duidelik van Hom alleen kom;
Ja, ons is neergewerp,
Maar nie vir ewig verwerp.
Gedurig dra ons die doding
Van Christus in die liggaam;
Sodat God’s lewe kan verskyn,
Ons is uitgelewer in die dood;
Ons word verneder,
Aan God al die glorie!
BRUG:
Jesus gee ons nuwe lewe,
Die opwekkingskrag van God in ons;
Deur Sy krag kry ons oorwinning,
Oor elke boosheid en kwaad;
Ons werk uit ons eie saligheid,
Met vrees en bewing,
Soos Hy werk in ons;
Aan God al die glorie!
EINDE:
Jesus is Heer
In hemel en aarde
Aan Hom die eer!
Jesus is Heer
In hemel en aarde
Aan God al die glorie!