‘Hy wat ‘n goeie werk in julle begin het, dit sal voleindig tot op die dag van Jesus Christus.’

God sal Homself en Sy waarheid wel ook aan almal openbaar op die tyd soos Hy bepaal, maar in hierdie aardse eeu openbaar God Hom nou aan baie min vir ‘n baie spesiale rede en doel:

Mat 22:14  Want baie is geroep, maar min uitverkies.

God gaan hierdie “min” uitverkorenes gebruik op ‘n later stadium (om as verlossers op te tree) om die res van die mensdom ook na die waarheid en God se geregtigheid te lei deur God se reddende oordeelsproses:

Oba 1:21  Dan sal daar verlossers [sien die meervoud] die berg Sion opgaan om die gebergte van Esau te oordeel, en die koninkryk sal aan die HERE toebehoort.

Jes 26:9  Met my siel begeer ek u in die nag; ook met my gees in my binneste soek ek U; want as u oordele op die aarde isleer die inwoners van die wêreld geregtigheid.

1Ti 4:9-10  Dit is ‘n betroubare woord en werd om ten volle aangeneem te word;  10  want hiervoor arbei ons ook en word ons gesmaad, omdat ons gehoop het op die lewende God wat ‘n behouder [Redder] is van alle mense, insonderheid van die gelowiges.

Die woorde”insonderheid van die gelowiges” in 1Timotheus 4 vers 10 wys net uitdat hulle wat God nou uitverkies word, spesiale geloof geskenk word, sonder verdienste (hulle is nie spesiaal in hulself nie, maar is spesiaal a.g.v. God se keuse) om eerste deur die proses te gaan. Die res van die skepping moet wag op die openbaarmaking van hierdie eerstelinge voordat hulle ook sal kom tot die waarheid:

Rom 8:19-23  Want die skepping wag met reikhalsende verlange op die openbaarmaking van die kinders van God.  20  Want die skepping is aan die nietigheid onderworpe nie gewillig nie, maar ter wille van hom wat dit onderwerp het  21  in die hoop dat ook die skepping self vrygemaak sal word van die slawerny van die verganklikheid tot die vryheid van die heerlikheid van die kinders van God.  22  Want ons weet dat die hele skepping tesame sug en tesame in barensnood is tot nou toe.  23  En nie alleen dit nie, maar ons self ook wat die eerstelinge van die Gees het, ons sug ook in onsself in afwagting van die aanneming tot kinders, naamlik die verlossing van ons liggaam.

Hierdie “min” uitverkorenes word in hierdie lewe voorberei deur God se goeie werke wat eerste in hulle gedoen word, sodat hulle later hierdie goeie werke van God sal voortsit tot voordeelvan almal:

Efs 2:8-10  Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God;  9 nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie.  10  Want ons is Sy maaksel, geskape in Christus Jesus tot goeie werke wat God voorberei het, sodat ons daarin kan wandel.

Daar is dus ‘n baie spesiale funksie vir die “min” wat uitverkies word, volgens God se keuse. Die uitverkiesingsleer is een van die mees gehate leerstellings (lees gerus Romeine 9) vir die afvallige Christendom, want ons as mens wil graag die erkenning kry vir ons eie “goeie” werke en ons eie “goeie” keuses. Maar Jesus se woorde aan Sy eerste dissipels bly nog steeds die manier hoe die konsep van God se uitverkiesing werk:

Joh 15:16  Julle het My nie uitverkies nie, maar Ek het julle uitverkies en julle aangestel om vrug te gaan dra en dat julle vrug kan bly, sodat wat julle die Vader ook al in my Naam vra, Hy julle dit kan gee.

Vir baie is hierdie keuse van die Vader, deur Jesus, te moeilik om teaanvaar omdat hule glo dat die mens ‘n sogenaamde “vrye” wil gegee was. Maar dit is nie die waarheid nie want net God se wil is vry en Sy wil heers oor alles:

Rom 11:33-36  o Diepte van die rykdom en wysheid en kennis van God! Hoe ondeurgrondelik is sy oordele en onnaspeurlik sy weë!  34  Want wie het die gedagte van die Here geken, of wie was sy raadsman gewees? 35  Of wie het eers iets aan Hom gegee, dat dit hom vergeld moet word?  36  Want uit Hom en deur Hom en tot Hom is alle dinge. Syne is die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.

Dit is die Vader se keuse wat almal na Jesus trek op die tyd soos Hy alleen bepaal:

Joh 6:44  Niemand kan na My toe kom as die Vader wat My gestuur het, hom nie trek nie; en Ek sal hom opwek in die laaste dag.

Op die aardse vlak lyk dit vir ons of ons besluite onafhanklik van God plaasvind. Nee, ons hele pad (insluitend ons goeie besluite en verkeerde besluite) is God se idee:

Jes 63:17  HERE, waarom laat U ons wegdwaal van u weë? Waarom verhard U ons hart, sodat ons U nie vrees nie? Keer terug ter wille van u knegte, die stamme van u erfdeel!

Jer 10:23  Ek weet, o HERE, dat aan die mens sy weg nie toebehoort nie; nie aan ‘n man om te loop en sy voetstappe te rig nie.

Spr 20:24  Die voetstappe van ‘n man hang van die HERE af: hoe sou ‘n mens dan sy weg verstaan?

As ons kan sien dat ons keuses, en alles in ons lewe, beheer word deur God wat IN ons werk, dan word ons nederig en hou ons hande op ons mond:

Fil 2:13  want dit is God wat in julle werk om te wil sowel as om te werk na sy welbehae.

Job 40:4-5  (KJV) Behold, I am vile; what shall I answer thee? I will lay mine hand upon my mouth.  5  Once have I spoken; but I will not answer: yea, twice; but I will proceed no further.

Job 42:1-6  Toe het Job die HERE geantwoord en gesê:  2  Ek weet dat U alles kan doen en geen plan vir U onuitvoerbaar is nie.  3  Wie verberg die raadsbesluit daar sonder kennis? So het ek dan gespreek sonder om te verstaan, dinge te wonderbaar vir my, wat ek nie begryp nie.  4  Hoor tog, en ék sal spreek; ek sal U ondervra en onderrig U my!  5  Volgens hoorsê het ek van U gehoor; maar nou het my oog U gesien.  6  Daarom herroep ek en het berou in stof en as.

God is dus nie ver van enigeen nie. Kyk na Paulus se woorde aan die heidin Grieke op die Areópagus in Athene:

Hnd 17:22-27  Paulus gaan toe in die middel van die Areópagus staan en sê: Atheners, ek sien dat julle in elke opsig baie godsdienstig is.  23 Want terwyl ek rondgegaan en julle heiligdomme aanskou het, het ek ook ‘n altaar gevind waarop geskrywe is: Aan ‘n onbekende God. Hom dan wat julle vereer sonder om Hom te ken, verkondig ek aan julle.  24  Die God wat die wêreld gemaak het en alles wat daarin is, Hy wat Here van hemel en aarde is, woon nie in tempels met hande gemaak nie.  25  Ook word Hy nie deur mensehande gedien asof Hy aan iets behoefte het nie, omdat Hy self aan almal lewe en asem en alles gee.  26  En Hy het uit een bloed al die nasies van die mensdom gemaak om oor die hele aarde te woon, terwyl Hy vooraf bepaalde tye en die grense van hulle woonplek vasgestel het, 27  sodat hulle die Here kon soek, of hulle Hom miskien kon aanraak en vind, al is Hy nie ver van elkeen van ons nie;

God is dus “die onbekende God” wat geen mens kan ken of verstaan en waarneem met hul aardse sintuie en wysheid nie, en tog is Hy “nie ver van elkeen van ons nie”. Dit is ‘n groot misterie dat mense altyd God daar ver wil hou – daar ver waar Hy niks kan sien of hoor nie, volgens ons aardse begrippe. Ons wil ook dan so graag God inlig oor alles wat hier op die aarde aangaan en oor alles wat ek gedoen het en nog wil doen. Nee, God is baie nader as wat ons dink:

Rom 10:6-8  Maar die geregtigheid wat uit die geloof is, sê dit: Moenie in jou hart sê nie: Wie sal in die hemel opvaar, naamlik om Christus af te bring;  7  of: Wie sal in die afgrond neerdaal, naamlik om Christus uit die dode op te bring?  8  Maar wat sê dit? Naby jou is die woord, in jou mond en in jou hart. Dit is die woord van die geloof wat ons verkondig:

God is inderdaad intiem betrokke in ons lewens en Hy is in totale beheer van ALLES, en Hy laat  ALLES   gebeur volgens die raad van Sy wil:

Efs 1:11  in Hom in wie ons ook ‘n erfdeel ontvang het nadat ons vantevore daartoe verordineer is ooreenkomstig die voorneme van Hom wat alles werk volgens die raad van sy wil,

As mens dus die begeerte het vir die waarheid, dan is dit God wat daardie begeerte in jou bewerkstellig en Hy sal dit ook uitvoer en tot voltooiing bring.

Fil 1:6  omdat ek juis hierop vertrou, dat Hy wat ‘n goeie werk in julle begin het, dit sal voleindig tot op die dag van Jesus Christus;

‘n Mens kan dus nie die begeerte kry en die waarheid ontvang sonder dat God dit bewerkstellig nie. Hy kan nie apart van Homself (Hy is dieWaarheid) opereer nie:

Joh 14:5-6  Thomas sê vir Hom: Here, ons weet nie waar U gaan nie, en hoe kan ons die weg ken?  6  Jesus antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.

Daar is NET een waarheid en Hy is ‘n persoon, Jesus Christus, en ons leer Hom ken deur Sy Woord, wat Sy gees aan ons deurgee! 

 Joh 8:32  En julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak.  

Joh 17:17  Heilig hulle in u waarheid; u woord is die waarheid.

Joh 6:63  Dit is die Gees wat lewend maak, die vlees is van geen nut nie; die woorde wat Ek tot julle spreek, is gees en is lewe.

Ons leer Hom ken deur ‘n groeiproses – deur Sy Woord en dit is die toets of enigeen regtig die Waarheid wil weet en Hom liefhet: Hoe hanteer die persoon die Woord van Waarheid?

Joh 14:21-24  Wie my gebooie het en dié bewaar, dit is hy wat My liefhet; en wie My liefhet, hóm sal my Vader liefhê, en Ek sal hom liefhê en My aan hom openbaar.  22  Judas, nie die Iskáriot nie, sê vir Hom: Here, hoe is dit dat U aan ons U sal openbaar en nie aan die wêreld nie? 23  Jesus antwoord en sê vir hom: As iemand My liefhet, sal hy my woord bewaar, en my Vader sal hom liefhê, en Ons sal na hom toe kom en by hom woning maak.  24  Hy wat My nie liefhet nie, bewaar my woorde nie; en die woord wat julle hoor, is nie myne nie, maar is van die Vader wat My gestuur het.

Uit onsself kan ons niks doen nie:

Joh 15:5  Ek is die wynstok, julle die lote. Wie in My bly, en Ek in hom, hy dra veel vrug; want sonder My kan julle niks doen nie.

About 4windkoinonia

Want let op julle roeping, broeders: julle is nie baie wyse na die vlees nie, nie baie magtiges, nie baie edeles nie; maar wat dwaas is by die wêreld, het God uitverkies om die wyse te beskaam; en wat swak is by die wêreld, het God uitverkies om wat sterk is, te beskaam; en wat onedel is by die wêreld en wat verag is, het God uitverkies, en wat niks is nie, om wat iets is, tot niet te maak, sodat geen vlees voor Hom sou roem nie. (1Kor 1:26-29)
This entry was posted in Lees eers hier. Bookmark the permalink.