Christus in jou!

Christus In Jou!
GL Groenewald (2019)

1:
Christus in jou
Die hoop op Sy heerlikheid;
Hom verkondig ons
en onderrig in wysheid;
Ons arbei en stry
vir Sy lewenskroon;
Kom hierheen ek wys vir jou die bruid
Die vrou van die Lam.

KOOR:
Ons is ‘n geslag uitverkies deur God,
Ons is ‘n koninklike priesterdom,
Ons is ‘n kosbare heilige volk.

2:
Christus in jou
Jou hoop op Godsaligheid;
Sy spesiale kudde
Verkondig Sy deugde en trou;
Geroep uit duisternis
Tot Sy wonderbaarlike Lig;
Kom hierheen ek wys vir jou die bruid,
Die vrou van die Lam.

KOOR:
Ons is ‘n geslag uitverkies deur God,
Ons is ‘n koninklike priesterdom,
Ons is ‘n kosbare heilige volk.

3:
Christus in jou
Jou hoop op verlossing;
Met reikhalsende verlange
Wag ons op die volheid van Sy gees;
Min is uitverkies
Uit die groot getal wat geroep is;
Kom hierheen ek wys vir jou die bruid,
Die vrou van die Lam.

KOOR:
Ons is die geslag uitverkies deur God,
Ons is Sy koninklike priesterdom,
Ons is Sy kosbare heilige volk.

BRUG:
Christus se bruid
Gekleed in fyn linne;
Rein en blink
witgewas deur Sy bloed;
Oordek met Sy geregtigheid
Sonder vlek of rimpel;
Hierdie is hulle wat deel is
Van die bruilofsfees van die Lam.

KOOR:
Ons is die geslag uitverkies deur God,
Ons is Sy koninklike priesterdom,
Ons is Sy kosbare heilige volk.

About 4windkoinonia

Want let op julle roeping, broeders: julle is nie baie wyse na die vlees nie, nie baie magtiges, nie baie edeles nie; maar wat dwaas is by die wêreld, het God uitverkies om die wyse te beskaam; en wat swak is by die wêreld, het God uitverkies om wat sterk is, te beskaam; en wat onedel is by die wêreld en wat verag is, het God uitverkies, en wat niks is nie, om wat iets is, tot niet te maak, sodat geen vlees voor Hom sou roem nie. (1Kor 1:26-29)
This entry was posted in Lees eers hier. Bookmark the permalink.