Die “verlore skape van die huis van Israel” was eerste gebruik as verwysend na hulle uit die fisiese volk van Israel wie die Vader na Jesus getrek het in Sy tyd in die vlees op aarde.
Mat 15:21-24 En Jesus het daarvandaan weggegaan en na die streke van Tirus en Sidon vertrek. 22 En ‘n Kananése vrou het van daardie gebied gekom en na Hom geroep en gesê: Wees my barmhartig, Here, Seun van Dawid! My dogter is erg van die duiwel besete. 23 Maar Hy het haar nie ‘n woord geantwoord nie. Toe kom sy dissipels nader en vra Hom en sê: Stuur haar weg, want sy roep agter ons aan. 24 Maar Hy antwoord en sê: Ek is net gestuur na die verlore skape van die huis van Israel.
Jesus het aanvanklik twaalf persone aangestel wie Hom sou help in die taak.
Mat 10:1-4 En Hy het sy twaalf dissipels na Hom geroep en aan hulle mag gegee oor onreine geeste, om hulle uit te dryf en om elke siekte en elke kwaal te genees. 2 En dit is die name van die twaalf apostels: die eerste Simon wat Petrus genoem word, en Andréas, sy broer; Jakobus, die seun van Sebedéüs, en Johannes, sy broer; 3 Filippus en Bartholoméüs; Thomas en Matthéüs, die tollenaar; Jakobus, die seun van Alféüs, en Lebbéüs wat genoem word Thaddéüs; 4 Simon Kananítes en Judas Iskáriot, die een wat Hom verraai het.
Soos Hy geroep was vir die “verlore skape van die huis van Israel” het Jesus ook aan die twaalf dieselfde duidelike opdrag gegee aan wie hulle die evangelie moet gaan verkondig, en hoe hulle moes optree in die uitvoering van hierdie opdrag:
Mat 10:5-15 Jesus het hierdie twaalf uitgestuur en hulle bevel gegee en gesê: Moenie gaan op pad na die heidene nie, en moenie ingaan in ‘n stad van die Samaritane nie; 6 maar gaan liewer na die verlore skape van die huis van Israel. 7 En gaan preek en sê: Die koninkryk van die hemele het naby gekom. 8 Maak siekes gesond, reinig melaatses, wek dooies op, dryf duiwels uit. Julle het dit verniet ontvang, verniet moet julle dit gee. 9 Moenie vir julle goud of silwer of koper in julle beurse aanskaf nie; 10 geen reissak vir die pad of twee kledingstukke of skoene of ‘n stok nie; want die arbeider is sy voedsel werd. 11 En in watter stad of dorp julle ook al mag ingaan, ondersoek wie daarin waardig is, en bly dáár totdat julle vertrek. 12 En as julle die huis ingaan, groet dit; 13 en as die huis dit waardig is, laat julle vrede daarop kom, maar as dit nie waardig is nie, laat julle vrede na julle terugkeer. 14 En as iemand julle nie ontvang nie en na julle woorde nie luister nie, gaan uit daardie huis of daardie stad uit en skud die stof van julle voete af. 15 Voorwaar Ek sê vir julle, dit sal vir die land van Sodom en Gomorra verdraagliker wees in die oordeelsdag as vir daardie stad.
Hulle het aanvanklik net gekonsentreer op die fisiese Jode, en geglo dat Jesus die ware Messias van die Jode was – hulle denke was op daardie stadium net gefokus op die tydelik en aardse, al het hulle ook die waarheid van Jesus geken soos deur die Vader aan hulle geopenbaar was:
Mat 16:13-17 En toe Jesus in die streke van Cesaréa-Filippi kom, vra Hy sy dissipels en sê: Wie sê die mense dat Ek, die Seun van die mens, is? 14 En hulle antwoord: Sommige Johannes die Doper, en sommige Elía, en ander Jeremia of een van die profete. 15 Hy sê vir hulle: Maar julle, wie sê julle is Ek? 16 En Simon Petrus antwoord en sê: U is die Christus [die Gesalfde / die Messias], die Seun van die lewende God. 17 Toe antwoord Jesus en sê vir hom: Salig is jy, Simon Bar-Jona, want vlees en bloed het dit nie aan jou geopenbaar nie, maar my Vader wat in die hemele is.
Die vleeslike mens kan nie geestelike dinge verstaan nie:
1Kor 2:14 Maar die natuurlike mens neem die dinge van die Gees van God nie aan nie; want dit is vir hom dwaasheid, en hy kan dit nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel word.
Selfs die eerste apostels was vasgevang in hul aardse denke en het selfs gedink aan hulle deel aan Jesus se aardse regering. Hulle het selfs onder mekaar gekompiteer om die belangrikste poste te kry!
Mar 10:35-41 En Jakobus en Johannes, die seuns van Sebedéüs, het na Hom gekom en gesê: Meester, ons wil hê dat U vir ons moet doen wat ons U ook al mag vra. 36 En Hy sê vir hulle: Wat wil julle hê moet Ek vir julle doen? 37 En hulle antwoord Hom: Gee aan ons dat ons mag sit in u heerlikheid, een aan u regter— en een aan u linkerhand. 38 Maar Jesus sê vir hulle: Julle weet nie wat julle vra nie. Kan julle die beker drink wat Ek drink, en gedoop word met die doop waarmee Ek gedoop word? 39 En hulle antwoord Hom: Ons kan. Maar Jesus sê vir hulle: Dis waar, die beker wat Ek drink, sal julle drink, en met die doop waarmee Ek gedoop word, sal julle gedoop word; 40 maar om te sit aan my regter— en aan my linkerhand, berus nie by My om te gee nie, maar dit is vir hulle vir wie dit berei is. 41 En toe die tien dit hoor, begin hulle verontwaardig te word oor Jakobus en Johannes.
Maar mettertyd het hulle uitgevind van Jesus se geestelike koninkryk en dat dit ‘n baie groter dimensie bedien.
Mat 28:18-20 En Jesus het nader gekom en met hulle gespreek en gesê: Aan My is gegee alle mag in die hemel en op aarde.
Alle “gestuurdes” (afkomstig van die woord “apostellō” = apostel) weet na wie hulle moet gaan en wie hulle moet doop met die dood van Jesus (Rom 6) en wie geleer moet word om die Woorde van Jesus te onderhou:
Matt 28:19 Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.
Dit is eers wanneer die vleeslike Jesus van ons weggeneem word, dat ons die geestelike Jesus kan sien en Sy opdrag reg kan verstaan:
Hand 1:6-11 Die wat bymekaargekom het, vra Hom toe en sê: Here, gaan U in hierdie tyd die koninkryk vir Israel weer oprig? 7 En Hy antwoord hulle: Dit kom julle nie toe om die tye of geleenthede te weet wat die Vader deur sy eie mag bepaal het nie; 8 maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en Samaría en tot aan die uiterste van die aarde. 9 En nadat Hy dit gesê het, is Hy opgeneem terwyl hulle dit sien; en ‘n wolk het Hom voor hulle oë weggeneem. 10 En toe hulle nog stip na die hemel kyk terwyl Hy weggaan, staan daar twee manne in wit klere by hulle, 11 wat sê: Galilése manne, waarom staan julle en kyk na die hemel? Hierdie Jesus wat van julle opgeneem is in die hemel, sal net so kom soos julle Hom na die hemel sien wegvaar het.
Jesus word weggeneem van ons vleeslike persepsies op die tyd soos deur die Vader bepaal, en Hy word opgeneem in gees en kom na ons in gees.
Hand 2:1-4 En toe die dag van die pinksterfees aangebreek het, was hulle almal eendragtig bymekaar. 2 En daar kom skielik uit die hemel ‘n geluid soos van ‘n geweldige rukwind, en dit het die hele huis gevul waar hulle gesit het. 3 Toe is deur hulle tonge gesien soos van vuur, wat hulleself verdeel en op elkeen van hulle gaan sit. 4 En hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het begin spreek in ander tale, soos die Gees aan hulle gegee het om uit te spreek.
Dit is wanneer ons Jesus in gees ken, dat ons weet wat dit is om in die ware taal van gees te praat en ook met hulle te assosieer wie die ware geestelike taal verstaan.
Heb 10:19-25 Terwyl ons dan, broeders, vrymoedigheid het om in die heiligdom in te gaan deur die bloed van Jesus 20 op die nuwe en lewende weg wat Hy vir ons ingewy het deur die voorhangsel heen, dit is sy vlees, 21 en ons ‘n groot Priester oor die huis van God het, 22 laat ons toetree met ‘n waaragtige hart in volle geloofsversekerdheid, die harte deur besprenkeling gereinig van ‘n slegte gewete en die liggaam gewas met rein water. 23 Laat ons die belydenis van die hoop onwankelbaar vashou, want Hy wat dit beloof het, is getrou; 24 en laat ons op mekaar ag gee om tot liefde en goeie werke aan te spoor; 25 en laat ons ons onderlinge byeenkoms nie versuim soos sommige die gewoonte het nie, maar laat ons mekaar vermaan, en dit des te meer namate julle die dag sien nader kom.
Om in die geestelike taal van God te praat het niks te doen met die brabbeltaal wat in die sogenaamde pinkster/charismatiese beweging gesien en gehoor word nie. Nee, dit het te doen met die taal van Jesus se ware LEER:
Jes 28:9-11 Vir wie wil hy dan kennis leer, en vir wie wil hy die openbaring verstaanbaar maak? Vir die wat van die melk gespeen, wat van die moederborste weggeneem is? 10 Want dit is gebod op gebod, gebod op gebod, reël op reël, reël op reël, hier ‘n bietjie, daar ‘n bietjie. 11 Ja, Hy sal deur lippe wat hakkel, en deur ‘n vreemde tong met hierdie volk spreek.
Hand 2:1-4 En toe die dag van die pinksterfees aangebreek het, was hulle almal eendragtig bymekaar. 2 En daar kom skielik uit die hemel ‘n geluid soos van ‘n geweldige rukwind, en dit het die hele huis gevul waar hulle gesit het. 3 Toe is deur hulle tonge gesien soos van vuur, wat hulleself verdeel en op elkeen van hulle gaan sit. 4 En hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het begin spreek in ander tale, soos die Gees aan hulle gegee het om uit te spreek.
Soos ons lees in Handelinge 2 was die tale (“tonge” van vuur) wat gepraat was BEKENDE TALE, maar dit was “vreemd” in die sin dat die mense wat die BEKENDE TALE gepraat het, nie die tale as natuurlike tale geleer het nie. Jesus het aan Sy volgelinge die vermoeë gegee om Sy GROOT DADE te verkondig in ‘n taal wat hulle nie voorheen kon praat nie, maar wat VERSTAANBAAR was vir die aanhoorders:
Hand 2:5-12 En daar het in Jerusalem Jode gewoon, godsdienstige manne, uit elke nasie wat onder die hemel is. 6 En toe hierdie geluid kom, het die menigte saamgestroom en was in die war, want elkeen het gehoor hoe hulle in sy eie taal spreek; 7 en hulle was almal verbaas en verwonderd en sê vir mekaar: Is almal wat daar spreek, dan nie Galileërs nie? 8 En hoe hoor ons hulle, elkeen in ons eie taal waarin ons gebore is? 9 Parthers en Meders en Elamiete en die inwoners van Mesopotámië, Judéa en Kappadócië, Pontus en Asië, 10 Frigië en Pamfílië, Egipte en die streke van Líbië by Ciréne, en Romeine wat hier vertoef, Jode en Jodegenote, 11 Kretense en Arabiere—ons hoor hulle in ons eie taal oor die groot dade van God spreek. 12 En hulle was almal verbaas en radeloos en sê die een vir die ander: Wat kan dit tog wees?
Dit gaan oor die GROOT DADE van God. God se gestuurdes preek ‘n totale nuwe leer wat hulle nooit voorheen gepreek het nie – dit is die ware LEER VAN CHRISTUS wat alle valse leerstellings uitdryf (leerstellings van duiwels) en siekes (in gees) gesond maak:
2Jn 1:9-11 Elkeen wat ‘n oortreder is en nie bly in die leer van Christus nie, hy het God nie. Wie in die leer van Christus bly, hy het die Vader sowel as die Seun. 10 As iemand na julle kom en hierdie leer nie bring nie, ontvang hom nie in die huis nie en groet hom nie. 11 Want die een wat hom groet, het gemeenskap aan sy bose werke.
Mar 16:17-18 En vir die wat geglo het, sal hierdie tekens volg: in my Naam sal hulle duiwels uitdryf, met nuwe tale sal hulle spreek, 18 slange sal hulle opneem; en as hulle iets dodeliks drink, sal dit hulle geen kwaad doen nie; op siekes sal hulle die hande lê, en hulle sal gesond word.
Die gestuurdes van Jesus gaan na diegene wat dors na die geregtigheid wat alleenlik in Christus is:
Mat 5:6 Salig is die wat honger en dors na die geregtigheid, want hulle sal versadig word.
Jesus se ware gestuurdes weet wie hulle is en dat Hy gekom het na diegene wat verlore is:
Luk 19:10 Want die Seun van die mens het gekom om te soek en te red wat verlore was.
Hulle is verlore omdat hulle besef het dat hulle gedwaal het agter valse herders aan met valse leerstellings:
Jer 50:4-6 In dié dae en in dié tyd, spreek die HERE, sal die kinders van Israel kom, hulle met die kinders van Juda saam; onder geween sal hulle voorttrek en die HERE hulle God soek. 5 Hulle sal na Sion vra; op die pad hierheen sal hulle aangesig gerig wees; hulle sal kom en by die HERE aansluit in ‘n ewige verbond wat nie vergeet sal word nie. 6 ‘n Kudde verlore skape was my volk; hulle herders het hulle laat dwaal, hulle weggevoer na die berge toe; hulle het gegaan van berg na heuwel, hulle het hul lêplek vergeet.
Die ware ‘skape van Israel’ is die uitverkorenes van God – hulle wie verwerp word omdat hulle die ware Christus en Sy LEER te volg:
Mat 10:34-39 Moenie dink dat Ek gekom het om vrede op die aarde te bring nie. Ek het nie gekom om vrede te bring nie, maar die swaard. 35 Want Ek het gekom om tweedrag te verwek tussen ‘n man en sy vader, en tussen ‘n dogter en haar moeder, en ‘n skoondogter en haar skoonmoeder. 36 En ‘n mens se huisgenote sal sy vyande wees. 37 Wie vader of moeder bo My liefhet, is My nie waardig nie; en wie seun of dogter bo My liefhet, is My nie waardig nie. 38 En wie sy kruis nie neem en agter My volg nie, is My nie waardig nie. 39 Wie sy lewe vind, sal dit verloor; en wie sy lewe verloor om My ontwil, sal dit vind.
Diegene wie hul lewe verloor vir Christus word fyn gemaal deur “baie verdrukkinge” (van familie, vriende, die wêreld) om deel te hê aan die bloed en liggaam van Jesus Christus – die ware fondasie vir die nuwe lewe (Hand 14:22; Open 15:8). Die dood van Jesus in ONS is die deelname aan SY BEKER en SY BROOD – dit is die ware nagmaal!
1Kor 10:16-17 die beker van danksegging wat ons met danksegging seën, is dit nie die gemeenskap met die bloed van Christus nie? Die brood wat ons breek, is dit nie die gemeenskap met die liggaam van Christus nie? 17 Omdat dit een brood is, is ons almal een liggaam, want ons het almal deel aan die een brood.
Die goeie Herder bepaal nie nou Sy aandag op hulle wat glo in hul eie geregtigheid in die droë woestyne van die aardse kerke en gelowe nie – hulle wie glo dat hulle die bekering nie nodig het nie. Nee, die goeie Herder se aandag is nou gefokus op Sy spesiale skape – hulle wie weet dat hulle verlore is sonder Hom.
Luk 15:4-7 Watter man onder julle wat honderd skape het en een van hulle verloor, laat nie die nege en negentig in die woestyn staan en gaan agter die een aan wat verlore is totdat hy dit kry nie? 5 En as hy dit kry, sit hy dit met blydskap op sy skouers. 6 En as hy by die huis kom, roep hy sy vriende en bure bymekaar en sê vir hulle: Wees saam met my bly, want ek het my skaap gekry wat verlore was. 7 Ek sê vir julle dat daar net so blydskap sal wees in die hemel oor een sondaar wat hom bekeer, meer as oor nege en negentig regverdiges wat die bekering nie nodig het nie.
Hulle sterf elke dag (elke oomblik) SAAM met Jesus want hulle glo dat hullebekering benodig en nie op hul eie geregtigheid staatmaak nie:
1Kor 15:31 Ek sterf dag vir dag, broeders, so waar as ek op julle roem in Christus Jesus, onse Here.
Hierdie uitverkorenes is inderdaad BAIE MIN:
Mat 22:14 Want baie is geroep, maar min uitverkies.
Hulle is die ware verlore skape van die geestelike huis van Israel!
Gal 6:16 En mag daar vrede en barmhartigheid wees oor almal wat sal wandel volgens hierdie reël, en oor die Israel van God!