Miga 5:1 (OAV) En jy, Betlehem Éfrata, klein om te wees onder die geslagte van Juda, uit jou sal daar vir My uitgaan een wat ‘n Heerser in Israel sal wees; en sy uitgange is uit die voortyd, uit die dae van die ewigheid [Hebreeus: “ôlâm”].
Mic 5:2 (ABP) And you, Beth-lehem, of the house of Ephratah, are very few being among thousands of Judah; from out of you to me shall come forth the one being for ruler of Israel; and his goings forth were from the beginning, from of days eon. (Strong’s #G165: Grieks: “aiōn”)
Mic 5:2 (CLV) Yet you, Bethlehem Ephrathah, Inferior to be among the mentors of Judah, From you shall One come forth for Me to become the Ruler in Israel; Yet His goings forth are from aforetime, from days eonian.
Die Hebreeuse woord “ôlâm” en sy eweknie in Grieks “aiōn” is vir baie ‘n groot struikelblok. In die Ou Afrikaansse Vertaling (OAV), word “ôlâm” vertaal as “die ewigheid”. Elke Christen sal weet dat die teks is ‘n profesie, en dit verwys na die koms van Christus in vlees soos gebore in ‘n stal in Betlehem:
Mat 2:1-6 En toe Jesus te Betlehem in Judéa gebore is, in die dae van koning Herodes, het daar wyse manne uit die Ooste in Jerusalem aangekom 2 en gesê: Waar is die Koning van die Jode, wat gebore is? Want ons het sy ster in die Ooste gesien en gekom om Hom hulde te bewys. 3 En toe koning Herodes dit hoor, was hy ontsteld en die hele Jerusalem saam met hom; 4 en hy het al die owerpriesters en die skrifgeleerdes van die volk bymekaar laat kom en by hulle navraag gedoen waar die Christus gebore sou word. 5 En hulle het vir hom gesê: Te Betlehem in Judéa, want so is daar deur die profeet [Miga] geskrywe: 6 En jy, Betlehem, land van Juda, is volstrek nie die geringste onder die vorste van Juda nie, want uit jou sal ‘n leidsman voortkom wat vir my volk Israel ‘n herder sal wees.
Die teks in Miga 5 verwys ook na die “uitgange” van Christus wat “uit die voortyd” was, in die sin dat alle dinge deur Hom geskep was en Hy self dus “voor alle dinge” was, soos Paulus ook na verwys:
1Kor 8:6 tog is daar vir ons maar een God, die Vader uit wie alles is, en ons tot Hom, en een Here Jesus Christus deur wie alles is, en ons deur Hom.
Kol 1:16-17 want in Hom is alle dinge geskape wat in die hemele en op die aarde is, wat sienlik en onsienlik is, trone sowel as heerskappye en owerhede en magte—alle dinge is deur Hom en tot Hom geskape. 17 En Hy is voor alle dinge, en in Hom hou alle dinge stand.
Tog is die Skrifte ook baie duidelik dat Christus ook ‘n “begin” gehad het want ALLES is “uit” die Vader, en dit sluit sekerlik Christus in:
1Kor 8:6 tog is daar vir ons maar een God, die Vader uit wie alles is, en ons tot Hom, en een Here Jesus Christus deur wie alles is, en ons deur Hom.
Kol 1:15 Hy is die Beeld van die onsienlike God, die Eersgeborene van die hele skepping;
Jesus se eie woorde oor Sy herkoms kan nie betwyfel word nie:
Open 3:14 En skryf aan die engel van die gemeente van die Laodicense: Dít sê die Amen, die getroue en waaragtige Getuie, die begin van die skepping van God:
Christus is nie die oorspronklike nie, maar “die Beeld van die [oorspronklike] onsigbare God.”
Kol 1:15 Hy is die Beeld van die onsienlike God [die Vader], die Eersgeborene van die hele skepping;
Die Vader het alles na vore gebring, ook Christus, “die Eersgeborene van die hele skepping”. Dit is heel maklik om te weet dat God, die Vader, alleen God was op ‘n tyd VOOR “alles” uit Hom gekom het. God het ook vir Christus eerste na vore gebring “sodat Hy in alles die eerste kan wees”. Die Vader het Hom aangestel as God oor hierdie skepping!
Joh 1:1-3 In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God. 2 Hy was in die begin by God. 3 Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie.
Christus was ook die eerste “uit die dode” – Hy sterf nie meer nie!
Kol 1:18 En Hy is die Hoof van die liggaam, naamlik die gemeente; Hy wat die begin is, die Eersgeborene uit die dode, sodat Hy in alles die eerste kan wees.
Almal wat uit die dode opgewek was, soos opgeteken in die Skrifte, het weer gesterf. Christus egter het alleenlik ONSTERFLIKHEID ontavng van die Vader nadat die Vader Hom uit die dood opgewek het:
1Ti 6:15-16 wat op sy eie tyd vertoon sal word deur die salige en enigste Heerser, die Koning van die konings en Here van die here, 16 wat alleen onsterflikheid besit en ‘n ontoeganklike lig bewoon, wat geen mens gesien het of kan sien nie, aan wie toekom eer en ewige krag. Amen.
Almal wat gesterf het is NOU NOG dood! Hulle almal wag vir die OPSTANDING UIT DIE DOOD. Enigeen wat anders sê is oneerlik en ‘n dwaalleraar. Christus alleen dra die beeld, dit is gees, van die Vader.
Joh 4:24 God is Gees; en die wat Hom aanbid, moet in gees en waarheid aanbid.
Die “beeld” is egter nooit die oorspronklike nie. Christus is “die afskynsel is van [die Vader] se heerlikheid en die afdruksel” van die wese van die een God, die Vader:
Heb 1:1-3 Nadat God baiekeer en op baie maniere in die ou tyd gespreek het tot die vaders deur die profete, het Hy in hierdie laaste dae tot ons gespreek deur die Seun 2 wat Hy as erfgenaam van alles aangestel het, deur wie Hy ook die wêreld gemaak het. 3 Hy, wat die afskynsel is van sy heerlikheid en die afdruksel van sy wese en alle dinge dra deur die woord van sy krag, nadat Hy deur Homself die reiniging van ons sondes bewerk het, het gaan sit aan die regterhand van die Majesteit in die hoogte,
Die Vader is egter nooit geskep nie en ALLES is “uit” Hom, self Jesus het van die Vader “uitgegaan”:
1Kor 8:6 tog is daar vir ons maar een God, die Vader uit wie alles is, en ons tot Hom, en een Here Jesus Christus deur wie alles is, en ons deur Hom.
Joh 16:27 want die Vader self het julle lief, omdat julle My liefgehad en geglo het dat Ek van God uitgegaan het.
Eva se skepping NA Adam is vir ons die skadubeeld van die Seun wat UIT die Vader geneem was:
Gen 2:21-23 Toe het die HERE God ‘n diepe slaap op die mens laat val; en terwyl hy slaap, het Hy een van sy ribbebene geneem en die plek daarvan met vlees toegemaak. 22 En die HERE God bou die rib wat Hy van die mens geneem het, tot ‘n vrou en bring haar na die mens. 23 Toe sê die mens: Dit is nou eindelik been van my gebeente en vlees van my vlees. Sy sal mannin genoem word, want sy is uit die man geneem.
Die vrou is UIT die man soos die kerk is UIT Christus, die Hoof – alles om ons te wys die verhouding tussen die Vader en Sy Seun:
1Kor 11:1-3 Wees my navolgers, soos ek dit ook van Christus is. 2 En ek prys julle, broeders, dat julle in alles aan my dink en aan die leringe vashou soos ek dit aan julle oorgelewer het. 3 Maar ek wil hê dat julle moet weet dat Christus die hoof is van elke man, en die man die hoof van die vrou, en God die hoof van Christus.
“Een vlees” is verwysend na die “een gees” wat die Vader met die Seun deel – hulle is twee afsonderlike wesens met EEN denke:
Gen 2:24 Daarom sal die man sy vader en moeder verlaat en sy vrou aankleef. En hulle sal een vlees wees.
Joh 14:6-7 Jesus antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie. 7 As julle My geken het, sou julle my Vader ook geken het, en van nou af ken julle Hom en het julle Hom gesien.
Daar is net een heilige gees – die gees van die Vader en ons kry almal op ons tyd toegang tot daardie een heilige gees van die Vader deur Jesus!
Efes 2:18 want deur Hom het ons albei die toegang deur een Gees tot die Vader.
1Kor 6:17 Maar wie die Here aanhang, is een gees met Hom.
Die Vader is “groter” as Jesus, volgens Jesus se eie woorde:
Joh 14:28 Julle het gehoor dat Ek aan julle gesê het: Ek gaan weg en Ek kom weer na julle toe. As julle My liefgehad het, sou julle bly wees dat Ek gesê het: Ek gaan na my Vader, omdat my Vader groter is as Ek.
Die Vader alleen is die Opperwese. Die Vader is die gewer van alles en alles wat Christus het, het Hy van die Vader ontvang:
Joh 13:3 …Jesus, omdat Hy wis dat die Vader alles in sy hande gegee het en dat Hy van God uitgegaan het en na God heengaan,
Joh 16:15 Alles wat die Vader het, is myne; daarom het Ek gesê dat Hy dit sal neem uit wat aan My behoort, en aan julle verkondig.
God, die Vader het nie ‘n begin of einde nie. Jesus sê egter die volgende van Homself:
Open 1:8 Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde, sê die Here, wat is en wat was en wat kom, die Almagtige.
God het tye dus binne Christus geskep om deur ‘n ‘tydsame’ proses ‘n nuwe skepping na vore te bring. Die Vader het dus nie tye nie want die Vader is gees en is nie beperk tot hierdie dinge nie. Tye is deel van die “eerste beginsels” waarvolgens die wêreld opereer, volgens dit wat Christus aan elkeen aanvanklik gee:
Joh 4:24 God is Gees; en die wat Hom aanbid, moet in gees en waarheid aanbid.
Gal 4:9-10 maar nou dat julle God ken, of liewer deur God geken is, hoe keer julle weer terug tot die swakke en armoedige eerste beginsels wat julle weer van voor af aan wil dien? 10 Julle neem dae en en maande en tye en jare waar.
Christus beheer en reël alle tye van almal en alles:
Pred 3:1 Alles het sy bepaalde uur, en vir elke saak onder die hemel is daar ‘n tyd:
Die natuurlike mens weet egter nie die omvang hierdie dinge nie:
Pred 3:10-11 Ek het die taak gesien wat God aan die mensekinders gegee het om hulle daarmee te kwel. 11 Alles het Hy mooi gemaak op sy tyd; ook het Hy die eeu [Hebreeus: “ôlâm”] in hulle hart gelê sonder dat die mens die werk wat God doen, van begin tot end, kan uitvind.
Die natuurlike mens ken nie wat “ôlâm” beteken nie en die doel waarom God tye ingestel het nie; en daarom kry ons al die vergissings. Christus aangestel as die Heer van die tye. Hy is die “ôlâm” God van die Ou Testament…
Eks 3:14-15 En God sê vir Moses: EK IS WAT EK IS. Ook sê Hy: So moet jy die kinders van Israel antwoord: EK IS het my na julle gestuur. 15 Toe sê God verder vir Moses: Dit moet jy aan die kinders van Israel meedeel: Die HERE, die God van julle vaders, die God van Abraham, die God van Isak en die God van Jakob, het my na julle gestuur. Dit is my Naam vir ewig [Hebreeus: “ôlâm”], en dit is my gedenknaam van geslag tot geslag.
Jesus verklaar dit openlik in die Nuwe Testament en dit is een van die redes waarom die fisiese Jode Hom so haat en Hom doodmaak, tot vandag:
Joh 8:52-59 Toe sê die Jode vir Hom: Nou weet ons dat U van die duiwel besete is. Abraham het gesterwe en die profete, en U sê: As iemand my woord bewaar, sal hy die dood in der ewigheid nie smaak nie. 53 Is U dan groter as ons vader Abraham wat gesterf het? En die profete het gesterwe. Vir wie gee U Uself uit? 54 Jesus antwoord: As Ek Myself verheerlik, is my heerlikheid niks nie. Dit is my Vader wat My verheerlik, van wie julle sê dat Hy julle God is. 55 En julle ken Hom nie, maar Ek ken Hom; en as Ek sê dat Ek Hom nie ken nie, sal Ek soos julle ‘n leuenaar wees. Maar Ek ken Hom en bewaar sy woord. 56 Abraham, julle vader, het hom verheug dat hy my dag sou sien; en hy het dit gesien en het hom verbly. 57 Toe sê die Jode vir Hom: U is nog nie vyftig jaar oud nie, en het U Abraham gesien? 58 Jesus sê vir hulle: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, voordat Abraham was, is Ek. 59 Hulle het toe klippe opgetel om Hom te stenig; maar Jesus het stilletjies uit die tempel gegaan en tussen hulle deurgeloop; en so het Hy vertrek.
“Ek is” heers oor die eeue (tye / “ôlâm”). Daar is ‘n fisiese eeu en daar is ‘n geestelike eeu. Alle mense gaan deur albei hierdie eeue. Eers gaan ons deur ons fisiese of aardse eeu in die “eerste mens Adam” en “daarna” gaan ons deur ons geestelike tyd van oordeel in die “laaste Adam”:
1Kor 15:45-49 So is daar ook geskrywe: Die eerste mens, Adam, het ‘n lewende siel geword; die laaste Adam ‘n lewendmakende Gees. 46 Die geestelike ewenwel is nie eerste nie, maar die natuurlike; daarna die geestelike. 47 Die eerste mens was uit die aarde aards, die tweede mens is die Here uit die hemel. 48 Soos die aardse mens was, so is ook die aardse mense; en soos die hemelse mens is, so is ook die hemelse mense. 49 En soos ons die beeld van die aardse gedra het, so sal ons ook die beeld van die hemelse dra.
Albei hierdie ‘eeue’ is nodig om die nuwe skepsel na vore te bring wat deur Christus geregverdig om met die Vader te verenig. So beskryf Paulus die hele proses in kort deur gebruik temaak van die twee Adams wat hierdie twee ‘eeue’ uitbeeld:
1Kor 15:22-28 Want soos hulle almal in Adam sterwe, so sal hulle ook almal in Christus lewend gemaak word; 23 maar elkeen in sy eie orde: as eersteling Christus, daarna die wat aan Christus behoort by sy koms. 24 Daarna kom die einde, wanneer Hy die koninkryk aan God die Vader oorgee, as Hy alle heerskappy en alle gesag en mag vernietig het. 25 Want Hy moet as koning heers totdat Hy al sy vyande onder sy voete gestel het. 26 Die laaste vyand wat vernietig word, is die dood. 27 Want Hy het alles aan sy voete onderwerp, maar wanneer Hy sê dat alles onderwerp is, is dit duidelik dat Hy uitgesonder is wat alles aan Hom onderwerp het. 28 En wanneer alles aan Hom onderwerp is, dan sal ook die Seun self Hom onderwerp aan die Een wat alles aan Hom onderwerp het, sodat God alles in almal kan wees.
Ons almal sondig teen God en daarom neem dit hierdie twee eons (hierdie fisiese eeu, en die “toekomende” geestelike eeu) om geregverig te word:
Rom 3:23-24 want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God, 24 en hulle word deur sy genade sonder verdienste geregverdig deur die verlossing wat in Christus Jesus is.
Mat 12:31-32 Daarom sê Ek vir julle: Elke sonde en lastering sal die mense vergewe word, maar die lastering teen die Gees sal die mense nie vergewe word nie. 32 En elkeen wat ‘n woord spreek teen die Seun van die mens, dit sal hom vergewe word; maar elkeen wat spreek teen die Heilige Gees, dit sal hom nie vergewe word nie, in hierdie eeu nie en ook in die toekomende nie.
God het egter ‘n klein groep uitverkies om nou in hierdie lewe albei hierdie ‘eeue’ te geleef. Hulle word nou reeds in gees geoordeel. Hierdie groep word Sy kerk genoem:
1Pe 4:17 Want die tyd is daar dat die oordeel moet begin by die huis van God. En as dit eers by ons begin, wat sal die einde wees van die wat aan die evangelie van God ongehoorsaam is?
Die res wat nou aan die evngelie ongehoorsaam is, word later geoordeel in die komende eeue – die poel van vuur:
Open 20:11-15 En ek het ‘n groot wit troon gesien en Hom wat daarop sit, voor wie se aangesig die aarde en die hemel weggevlug het; en daar is geen plek vir hulle gevind nie. 12 En ek het die dode, klein en groot, voor God sien staan, en die boeke is geopen; en ‘n ander boek, die boek van die lewe, is geopen. En die dode is geoordeel na wat in die boeke geskryf is, volgens hulle werke. 13 En die see het die dode gegee wat daarin was, en die dood en die doderyk het die dode gegee wat daarin was; en hulle is geoordeel, elkeen volgens sy werke. 14 En die dood en die doderyk is in die poel van vuur gewerp. Dit is die tweede dood. 15 En as dit bevind is dat iemand nie opgeskryf was in die boek van die lewe nie, is hy in die poel van vuur gewerp.
ALMAL gaan egter deur DIESELFDE proses en word “deur vuur” gered:
1Kor 3:13-15 elkeen se werk sal aan die lig kom, want die dag sal dit aanwys, omdat dit deur vuur openbaar gemaak word; en die vuur sal elkeen se werk op die proef stel, hoedanig dit is. 14 As iemand se werk bly staan wat hy daarop gebou het, sal hy loon ontvang; 15 as iemand se werk verbrand word, sal hy skade ly; alhoewel hy self gered sal word, maar soos deur vuur heen.
Jesus se dae en tyd van regeer is dus nie ewig nie, maar volgens die twee tydperke [“ôlâm”] en dit is wat die profesie van Miga vir ons duidelik sê – as ons dit kan ontvang!
Miga 5:1 En jy, Betlehem Éfrata, klein om te wees onder die geslagte van Juda, uit jou sal daar vir My uitgaan een wat ‘n Heerser in Israel sal wees; en sy uitgange is uit die voortyd, uit die dae van die ewigheid [Hebreeus: “ôlâm”].
Paulus stem saam dat Jeus die koninkryk aan God, die Vader, sal oorhandig en self sal Jesus, soos Hy nog altyd gedoen het, Homself ONDERWERP aan die Vader saam met die hele NUWE skepping!
1Kor 15:27-28 Want Hy het alles aan sy voete onderwerp, maar wanneer Hy sê dat alles onderwerp is, is dit duidelik dat Hy uitgesonder is wat alles aan Hom onderwerp het. 28 En wanneer alles aan Hom onderwerp is, dan sal ook die Seun self Hom onderwerp aan die Een [die Vader] wat alles aan Hom onderwerp het, sodat God alles in almal kan wees.
Die Griekse weergawe van “ôlâm” is die woord “aion”. Soos met “ôlâm” is daar soveel valse leerstellings wat voortspruit uit die onkunde oor Jesus se rol wat die Vader aan Hom gegee het. God het Christus met ‘n doel geskep voor die ‘eeue’ begin het. Kyk hoe word aion vertaal en sien die ooreenkoms met Miga 5:1:
2Ti 1:9 wat ons gered en geroep het met ‘n heilige roeping, nie volgens ons werke nie, maar volgens sy eie voorneme en genade wat ons van ewigheid af [Grieks: “aion”] in Christus Jesus geskenk is,
Almal sal op die tyd soos God bepaal het uitvind van hierdie God van die eeue’ – Jesus Christus. Nou is hierdie “verborgenheid” net beskikbaar vir hulle wie God uitverkies het “voor die grondlegging van die wêreld”:
Efes 1:3-10 Geseënd is die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat ons geseën het met alle geestelike seëninge in die hemele in Christus, 4 soos Hy ons in Hom uitverkies het voor die grondlegging van die wêreld om heilig en sonder gebrek voor Hom in liefde te wees, 5 deurdat Hy ons voorbeskik het om ons as sy kinders vir Homself aan te neem deur Jesus Christus, na die welbehae van sy wil, 6 tot lof van die heerlikheid van sy genade waarmee Hy ons begenadig het in die Geliefde. 7 In Hom het ons die verlossing deur sy bloed, die vergifnis van die misdade na die rykdom van sy genade, 8 wat Hy oorvloedig aan ons bewys het in alle wysheid en verstand, 9 deurdat Hy aan ons die verborgenheid van sy wil bekend gemaak het na sy welbehae wat Hy in Homself voorgeneem het, 10 om die volheid van die tye te reël, met die doel om alle dinge wat in die hemele sowel as wat op die aarde is, onder een hoof in Christus te verenig—