Die Skrifte gebruik simboliese taal (beeldspraak) om dieper geestelike dinge duidelik te maak vir hulle wie dit kan ontvang, terwyl dieselfde simboliese taal die dieper geestelike betekenis vir ander verberg.
Spr 1:5-7 laat die wyse luister, dan sal hy insig vermeerder, en die verstandige sal verstandige gedagtes verkry, 6 om ‘n spreuk en beeldspraak te verstaan, die woorde van die wyse manne en hulle raaisels. 7 Die vrees van die HERE is die beginsel van die kennis; sotte verag wysheid en tug.
Psa 25:12-14 Wie tog is die man wat die HERE vrees? Hy sal hom leer aangaande die weg wat hy moet kies. 13 Hy self sal vernag in die goeie, en sy nageslag sal die land besit. 14 Die verborgenheid van die HERE is vir die wat Hom vrees, en sy verbond om hulle dit bekend te maak.
1Kor 2:9-10 maar soos geskrywe is: Wat die oog nie gesien en die oor nie gehoor en in die hart van ‘n mens nie opgekom het nie, wat God berei het vir die wat Hom liefhet. 10 Maar God het dit aan ons deur sy Gees geopenbaar, want die Gees ondersoek alle dinge, ook die dieptes van God.
Kyk wat sê Jesus aan Sy dissipels hoekom Hy beeldspraak (gelykenisse) gebruik:
Mat 13:10-17 En die dissipels het gekom en vir Hom gesê: Waarom spreek U tot hulle [die menigtes] deur gelykenisse? 11 Toe antwoord Hy en sê vir hulle: Omdat dit aan julle gegee is om die verborgenhede van die koninkryk van die hemele te ken, maar aan hulle is dit nie gegee nie. 12 Want hy wat het, aan hom sal gegee word, en hy sal oorvloed hê; maar hy wat nie het nie, van hom sal weggeneem word ook wat hy het. 13 Daarom spreek Ek tot hulle deur gelykenisse, omdat hulle, terwyl hulle sien, nie sien nie, en terwyl hulle hoor, nie hoor of verstaan nie. 14 En aan hulle word die profesie van Jesaja vervul wat sê: Met die gehoor sal julle hoor en glad nie verstaan nie, en julle sal kyk en kyk, en glad nie sien nie. 15 Want die hart van hierdie volk het stomp geword, en met die ore het hulle beswaarlik gehoor; en hul oë het hulle toegesluit, sodat hulle nie miskien met die oë sou sien en met die ore hoor en met die hart verstaan en hulle bekeer en Ek hulle genees nie. 16 Maar julle oë is gelukkig, omdat hulle sien; en julle ore, omdat hulle hoor. 17 Want, voorwaar Ek sê vir julle, baie profete en regverdiges het begeer om te sien wat julle sien, en het dit nie gesien nie, en om te hoor wat julle hoor, en het dit nie gehoor nie.
Die “groot menigtes” luister graag na Jesus se woorde, maar dit is sover hulle kan gaan. Die persoonlike innerlike geestelike toepassing van Sy woorde bly ‘n verborgenheid vir die “menigtes”. Daarom gebruik Jesus tot vandag “gelykenisse” (beeldspraak) omdat die dieper geestelike boodskap nie aan die “menigtes” gegee word nie (hulle kan nie verby die uiterlike vleeslike toepassing van Sy woorde gaan nie):
Mat 13:1-3 En op daardie dag het Jesus uit die huis uitgegaan en by die see gaan sit. 2 En groot menigtes het by Hom vergader, sodat Hy in ‘n skuit geklim en gaan sit het. En die hele skare het op die strand gestaan. 3 En Hy het baie dinge deur gelykenisse tot hulle gespreek…
Dit is net hulle wie Jesus eenkant neem (weg van die groot menigtes) aan wie Hy Sy woorde oopmaak…
Mar 4:10-12 En toe Hy alleen was, het die wat saam met die twaalf rondom Hom was, Hom na die gelykenis gevra. 11 En Hy sê vir hulle: Aan julle is dit gegee om die verborgenheid van die koninkryk van God te ken, maar vir hulle wat buite is, kom alles deur gelykenisse, 12 sodat hulle kan kyk en kyk, en nie sien nie; en hoor en hoor, en nie verstaan nie, dat hulle hul nie miskien bekeer en die sondes hulle vergewe word nie.
Mat 13:10-12 En die dissipels het gekom en vir Hom gesê: Waarom spreek U tot hulle deur gelykenisse? 11 Toe antwoord Hy en sê vir hulle: Omdat dit aan julle gegee is om die verborgenhede van die koninkryk van die hemele te ken, maar aan hulle is dit nie gegee nie. 12 Want hy wat het, aan hom sal gegee word, en hy sal oorvloed hê; maar hy wat nie het nie, van hom sal weggeneem word ook wat hy het.
Jesus praat met die groot menigtes wat Hom volg “volgens wat hulle [kan] verstaan”. Met Sy uitverkore dissipels werk Jesus anders – net aan hulle verduidelik Hy die dieperliggende betekenisse van Sy Woord:
Mar 4:33-34 En met baie sulke gelykenisse het Hy die woord tot hulle gespreek volgens wat hulle kon verstaan; 34 en sonder gelykenis het Hy tot hulle nie gespreek nie; maar afsonderlik het Hy vir sy dissipels alles uitgelê.
As dit aan ons gegee word deur God om Sy woorde se dieper betekenis in one eie lewe te kan sien, dan luister ons ook na die stem van die engel (boodskapper) van die Here. Ons sal uit die groot Babilon uitgaan (die valse kerkorganisasies), met haar groot geboue en haar bekende en beroemde leiers!
Open 18:1-5 En ná hierdie dinge het ek ‘n engel sien neerdaal uit die hemel, met groot mag, en die aarde is verlig deur sy heerlikheid. 2 En hy het met ‘n groot stem kragtig uitgeroep en gesê: Geval, geval het die groot Babilon, en dit het geword ‘n woonplek van duiwels en ‘n versamelplek van allerhande onreine geeste en ‘n versamelplek van allerhande onreine en haatlike voëls, 3 omdat al die nasies gedrink het van die wyn van die grimmigheid van haar hoerery, en die konings van die aarde met haar gehoereer het, en die handelaars van die aarde ryk geword het deur die mag van haar weelderigheid. 4 En ek het ‘n ander stem uit die hemel hoor sê: Gaan uit haar uit, my volk, sodat julle nie gemeenskap met haar sondes mag hê en van haar plae ontvang nie. 5 Want haar sondes reik tot aan die hemel, en God het haar ongeregtighede onthou.
As ons deur Jesus eenkant geroep word, begin ons sien hoe ons vir jare saam met die groot menigtes gevang was in die groot afvalige Babiloniese stelsel met haar valse Christusse.
Mat 24:3-5 En toe Hy op die Olyfberg gaan sit het, kom die dissipels alleen na Hom en sê: Vertel ons, wanneer sal hierdie dinge wees, en wat is die teken van u koms en van die voleinding van die wêreld? 4 En Jesus antwoord en sê vir hulle: Pas op dat niemand julle mislei nie. 5 Want baie sal onder my Naam kom en sê: Ek is die Christus! en hulle sal baie mense mislei.
Die “groot menigte” afvalliges word mislei deur hul eie begeerlikhede na aardse dinge. Onthou die groot menigtes het Jesus gevolg vir aardse vervullings – voedsel en vleeslike wonderwerke:
Joh 6:22-27 Die volgende dag sien die skare wat oorkant die see gestaan het, dat daar geen ander skuit was nie, behalwe daardie een waarin sy dissipels gegaan het; en dat Jesus nie saam met sy dissipels in die skuit gegaan het nie, maar dat sy dissipels alleen weggevaar het. 23 Maar ander skuite het van Tibérias aangekom naby die plek waar hulle die brood geëet het, nadat die Here gedank het. 24 Toe die skare dan sien dat Jesus nie daar was nie en sy dissipels ook nie, het hulle self ook in die skuite geklim en na Kapérnaüm gegaan om Jesus te soek. 25 En toe hulle Hom oorkant die see gevind het, sê hulle vir Hom: Rabbi, wanneer het U hier gekom? 26 Jesus antwoord hulle en sê: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, julle soek My nie omdat julle tekens gesien het nie, maar omdat julle van die brode geëet en versadig geword het. 27 Moenie werk om die spys wat vergaan nie, maar om die spys wat bly tot in die ewige lewe, wat die Seun van die mens julle sal gee; want Hom het God, die Vader, verseël.
Ons vlees is gefokus op tydelike aardse dinge en so kom ons in versoekings:
Jak 1:14 Maar elkeen word versoek as hy deur sy eie begeerlikheid weggesleep en verlok word.
Die “groot menigtes” soek eintlik die tydelike dinge wat hulle benodig, en dan word hulle weggelei deur valse herders wat self opsoek is na volgelinge wat hierdie leiers se selfsugtige drange moet bevredig. Dit is waar die “ander Jesus” op die toneel verskyn wie ook onder die naam van Christus opereer en baie verlei met hul “ander gees” en “ander evangelie”:
2Kor 11:4 Want as iemand kom en ‘n ander Jesus verkondig as wat ons verkondig het, of as julle ‘n ander gees ontvang as wat julle ontvang het, of ‘n ander evangelie as wat julle aangeneem het, laat julle jul dit goed geval.
Die ware Jesus soek nie hierdie tipe volgelinge nie, en daarom bring Hy ‘n skeiding deur Sy Woord!
Mat 10:34 Moenie dink dat Ek gekom het om vrede op die aarde te bring nie. Ek het nie gekom om vrede te bring nie, maar die swaard.
Dieselfde Woord van God bring ‘n skeiding net soos die Wolkkolom (die Engel van God = Jesus Christus) skeiding gebring het tussen die Egiptenare (verteenwoordigend van die menigtes in die wêreldstelsel en sy valse kerke) en die Israeliete (verteenwoordigend van die kinders van God wat uitgekom het uit die slawerny van vlees en die wêreld):
Eks 14:19-20 En die Engel van God wat voor die leër van Israel uit getrek het, het daar weggegaan en agter hulle aan getrek. En die wolkkolom het ook voor hulle weggetrek en agter hulle gaan staan; 20 so het dit dan tussen die leër van die Egiptenaars en die leër van Israel in gekom. En die wolk was daar met die duisternis, en dit het die nag verlig, sodat die een nie naby die ander gekom het die hele nag deur nie.
Ons word almal eers verblind en ons leef in geestelike duisternis voordat die lig van God ons oë geestelike oopmaak. Dit is skokkend as mens uitvind dat jy vir baie jare verlei was deur menslike valse idees en verdraaiings van die Skrifte. Kyk wat sê die Skrifte hoe God met afvallige Israel gewerk het deur hul valse profete na wie hulle graag geluister het, eerder as om na die ware profete van God te luister…
Eseg 14:1-5 Daarop het manne uit die oudstes van Israel na my gekom en voor my gaan sit. 2 Toe het die woord van die HERE tot my gekom en gesê: 3 Mensekind, hierdie manne het hulle drekgode in hulle hart opgeneem en die struikelblok tot hulle ongeregtigheid voor hulle aangesig neergesit—sou Ek My dan werklik deur hulle laat raadpleeg? 4 Daarom, spreek met hulle en sê vir hulle: So spreek die Here HERE: Elke man uit die huis van Israel wat sy drekgode in sy hart opneem en die struikelblok tot sy ongeregtigheid voor sy aangesig neersit en na die profeet toe kom—Ek, die HERE, sal hom daarvolgens, volgens die menigte van sy drekgode, antwoord gee; 5 sodat Ek die huis van Israel in hulle hart kan gryp, omdat hulle almal deur hul drekgode hul van My afgewend het.
Eseg 14:9 En as die profeet hom laat verlei om ‘n woord te spreek—Ek, die HERE, het dié profeet verlei, en Ek sal my hand teen hom uitstrek en hom verdelg uit die midde van my volk Israel.
God verlei die valse leraars, en God verblind mense om agter hierdie valse leraars aan te loop. Ons eie hart se drekgode (denke en oortuigings) verlei ons, soos God dit dan ook bewerkstellig. Daarom moet ons weet hoe om God te nader, en groot vrees het vir die Woord van God. God se gees praat met ons deur Sy Woord (Joh 6:63), en ons moet nie ons eie gees volg nie – ons moet “arm en verslae van gees” wees!
Jes 66:2 Want my hand het al hierdie dinge gemaak, en so het dit alles ontstaan, spreek die HERE. Maar op hierdie een sal Ek let: op hom wat arm is en verslae van gees, en wat bewe vir my woord.
Die vier (lewende) wesens:
Een van die groot verborgenhede in die Skrifte is die eienaardige vier wesens wat aan die profeet Esegiël gewys was in ‘n visioen, toe Esegiël in ballingskap was as gevange van koning Nebukadnesar in Babilon:
Eseg 1:1-3 In die dertigste jaar, in die vierde maand, op die vyfde van die maand, toe ek onder die ballinge by die Kebarrivier was, is die hemele geopen en het ek gesigte van God gesien. 2 Op die vyfde van die maand—dit was die vyfde jaar van die ballingskap van koning Jójagin— 3 het die woord van die HERE uitdruklik gekom tot Eségiël, die seun van Busi, die priester, in die land van die Chaldeërs, by die Kebarrivier; en die hand van die HERE was daar op hom.
As mens van die kommentare van hoogaanskrewe teoloë lees, dan word mens gevul met groot vrees vir God se werke en hoe Hy die wyses van die wêreld met geestelike blindheid slaan. Dan is dit met groot nederigheid dat mens God dank as Hy Sy insigte bekendmaak aan diegene wat as onedel en dwaas deur die wêreld se wyse mense gesien word…
1Kor 1:26-29 Want let op julle roeping, broeders: julle is nie baie wyse na die vlees nie, nie baie magtiges, nie baie edeles nie; 27 maar wat dwaas is by die wêreld, het God uitverkies om die wyse te beskaam; en wat swak is by die wêreld, het God uitverkies om wat sterk is, te beskaam; 28 en wat onedel is by die wêreld en wat verag is, het God uitverkies, en wat niks is nie, om wat iets is, tot niet te maak, 29 sodat geen vlees voor Hom sou roem nie.
Die wyse teoloë van die wêreld is verblind deur God, en ‘n mens vind gou uit dat die dieper geestelike betekenisse van hierdie tipe beelde in die Skrifte nie aan almal gegee word nie. Kom ons lees verder in Esegiël 1…
Eseg 1:4-28 Toe het ek [Esegiël] gekyk—en daar het ‘n stormwind uit die noorde gekom, ‘n groot wolk met onophoudelike vuur; en ‘n glans was rondom die wolk, en daaruit, uit die vuur, het iets soos blinkende metaal geskitter. 5 En daaruit het die gestalte van vier wesens gekom, en dit was hulle voorkoms: hulle het die gestalte van ‘n mens gehad; 6 en elkeen het vier aangesigte gehad en elkeen van hulle vier vlerke; 7 en hulle bene was reguit bene en hulle voetsole soos die sole van ‘n kalfspoot; en hulle het geglinster soos blink geskuurde koper; 8 en mensehande was onder hulle vlerke aan hulle vier kante. Maar aangaande die aangesigte en die vlerke van al vier, 9 hulle vlerke was aanmekaar verbind. Hulle het nie weggedraai as hulle gaan nie; hulle het elkeen maar reguit vorentoe gegaan. 10 En hulle aangesigte het gelyk soos die gesig van ‘n mens; en al vier het die gesig van ‘n leeu gehad aan die regterkant en al vier het die gesig van ‘n bees aan die linkerkant; ook het al vier die gesig van ‘n arend gehad. 11 En hulle vlerke het uitgesprei na boontoe; elkeen het twee gehad wat met mekaar verbind was, en twee wat hulle liggame bedek het. 12 En hulle het elkeen reguit vorentoe gegaan; waar die gees ook heen wou gaan, het hulle gegaan; hulle het nie weggedraai as hulle gaan nie. 13 Aangaande die gestalte van die wesens: hulle voorkoms was soos gloeiende vuurkole, soos die voorkoms van fakkels; die vuur het heen en weer beweeg tussen die wesens, en die vuur het ‘n helder glans gehad, en uit die vuur het blitse uitgeslaan. 14 En die wesens het heen en weer gesnel, in aansien soos ‘n bliksemstraal. 15 Ek het toe die wesens nader bekyk: daar was een wiel op die grond langs die wesens aan elkeen van die vier voorkante. 16 Die voorkoms van die wiele en hulle maaksel was soos dié van ‘n chrisoliet; en al vier het dieselfde vorm gehad; daarby was hulle voorkoms en hulle maaksel asof daar ‘n wiel binne-in ‘n wiel was. 17 Na al vier kante het hulle gegaan as hulle gaan: hulle het nie gedraai as hulle gaan nie. 18 En hulle vellings—dié was hoog en dié was wonderbaar; en hulle vellings was by al vier rondom vol oë. 19 En as die wesens gaan, gaan die wiele naasaan hulle; en as die wesens hulle van die grond af ophef, word die wiele opgehef. 20 Waar die gees ook heen wou gaan, het hulle gegaan in die rigting wat die gees wou gaan; en die wiele is gelyktydig saam met hulle opgehef, want die gees van die wese was in die wiele. 21 As dié gaan, gaan hulle; en as dié bly staan, staan hulle; en as dié hulle van die grond af ophef, word die wiele gelyktydig saam met hulle opgehef, want die gees van die wesens was in die wiele. 22 En oor die hoofde van die wesens was iets in die vorm van ‘n uitspansel wat blink soos die wonderbare kristal, bo-oor hulle hoofde uitgesprei. 23 En onder die uitspansel heen was hulle vlerke reguit na mekaar uitgestrek; en elkeen het twee gehad wat duskant en anderkant hul liggame bedek het. 24 En as hulle gaan, het ek die geruis van hulle vlerke gehoor soos die geruis van baie waters, soos die stem van die Almagtige—’n gedruis soos die gedreun van ‘n leër. As hulle staan, het hulle hul vlerke laat sak. 25 En daar het ‘n stem gekom bo van die uitspansel af wat oor hulle hoof was; as hulle staan, het hulle hul vlerke laat sak. 26 En bokant die uitspansel wat oor hulle hoof was, was iets wat soos saffiersteen gelyk het, in die gestalte van ‘n troon; en op die troongestalte ‘n gestalte wat soos ‘n mens gelyk het. 27 Ek sien toe iets soos blinkende metaal; van wat soos sy lendene gelyk het boontoe soos vuur, rondom in ‘n omhulsel gevat; en van wat soos sy lendene gelyk het ondertoe, het ek iets gesien soos vuur met ‘n glans daaromheen. 28 Soos die gedaante van die boog wat in die wolk is op ‘n reëndag, so het die glans rondom gelyk. So het die verskyning van die heerlikheid van die HERE gelyk. En toe ek dit sien, het ek op my aangesig geval en die stem gehoor van Een wat spreek.
In hoofstuk 10 van Esegiël kry ons weer ‘n beskrywing van so ‘n visioen met aanvullende besonderhede oor hierdie vier wesens. Let op dat hierdie wesens word nou as “gérubs” beskryf – ‘n gérub is ‘n engel / ‘n boodskapper / ‘n dienaar van God):
Eseg 10:1-22 Daarna het ek gekyk—en daar was op die uitspansel, oor die hoof van die gérubs [Hebreeus: “kerûb”], iets soos ‘n saffiersteen; iets wat soos die gestalte van ‘n troon gelyk het, het oor hulle sigbaar geword. 2 En Hy het die man aangespreek wat met linne bekleed was, en gesê: Gaan in tussen die ratwerk onder die gérub in, en vul jou twee hande met gloeiende kole tussen die gérubs vandaan, en strooi dit oor die stad. Toe gaan hy voor my oë daar in. 3 En die gérubs het aan die regterkant van die huis gestaan toe die man daar ingaan, en die wolk het die binneste voorhof gevul. 4 Toe het die heerlikheid van die HERE van die gérub af opgestyg oor die drumpel van die huis; en die huis is gevul met die wolk, en die voorhof was vol van die glans van die HERE se heerlikheid. 5 En die geruis van die gérubs se vlerke is gehoor tot in die buitenste voorhof, soos die stem van die almagtige God as Hy spreek. 6 En toe Hy aan die man wat met linne bekleed was, bevel gegee het deur te sê: Neem vuur tussen die ratwerk, tussen die gérubs uit, het hy ingegaan en langs die wiel gaan staan. 7 Toe steek die gérub sy hand uit, tussen die gérubs uit, na die vuur wat tussen die gérubs was; en hy neem daarvan en gee dit in die twee hande van hom wat met linne bekleed was; dié het dit geneem en uitgegaan. 8 En daar is aan die gérubs gesien die vorm van ‘n mens se hand onder hulle vlerke. 9 Toe het ek gekyk—en daar was vier wiele langs die gérubs, telkens een wiel langs elke gérub; en die voorkoms van die wiele was soos dié van chrisoliet. 10 En aangaande hulle voorkoms, al vier het dieselfde voorkoms gehad, asof daar ‘n wiel binne-in ‘n wiel was: 11 as hulle gaan, het hulle na al vier kante gegaan; hulle het nie gedraai as hulle gaan nie; maar daar waar die voorste heen draai, het hulle agter hom aan gegaan; hulle het nie gedraai as hulle gaan nie. 12 En hulle hele liggaam en hulle rugge en hulle hande en hulle vlerke en die wiele was vol oë rondom, aan al die vier wiele van hulle. 13 Aangaande die wiele, hulle is voor my ore die ratwerk genoem. 14 En elkeen het vier aangesigte gehad: die eerste aangesig was die aangesig van ‘n gérub en die tweede aangesig die aangesig van ‘n mens en die derde die aangesig van ‘n leeu en die vierde die aangesig van ‘n arend. 15 En die gérubs het opgestyg. Dit was die wese wat ek by die Kebarrivier gesien het. 16 En as die gérubs gaan, gaan die wiele naasaan hulle; en as die gérubs hulle vlerke ophef om van die grond af op te styg, het die wiele ook nie weggedraai naasaan hulle nie. 17 As dié bly staan, staan hulle; en as dié opstyg, het hulle saam opgestyg; want die gees van die wese was in hulle. 18 En die heerlikheid van die HERE het van die drumpel van die huis af weggetrek en bo die gérubs gaan staan. 19 En die gérubs het hulle vlerke opgehef en voor my oë van die grond af opgestyg toe hulle weggetrek het, en die wiele gelyktydig met hulle saam; en hulle het gaan staan by die ingang van die Oostelike Poort van die huis van die HERE, terwyl die heerlikheid van die God van Israel bo-oor hulle was. 20 Dit is die wese wat ek onder die God van Israel by die Kebarrivier gesien het; ek merk toe dat dit gérubs was. 21 Elkeen het vier aangesigte en elkeen vier vlerke gehad; en iets in die vorm van mensehande was onder hulle vlerke. 22 En wat die vorm van hulle aangesigte betref, dit was die aangesigte wat ek by die Kebarrivier gesien het, hulle voorkoms en hulle self; hulle het elkeen reguit vorentoe gegaan.
Die betekenis van hierdie visioen is nie oop vir spekulasies nie, want ons word gemaan om nie buite die veilige raamwerk van die Skrifte te soek vir alle uitlegte van die Skrifte.
1Kor 4:6 Hierdie dinge, broeders, het ek op myself en Apollos toegepas om julle ontwil, dat julle aan ons kan leer om nie te dink bo wat geskrywe is nie, sodat julle nie die een ter wille van die ander opgeblase sou wees teen ‘n derde nie.
Enigeen wat buite hierdie raamwerk gaan, is opgeblase – dit is om vol van jou eie insigte te wees. Ons moet nie ons eie denke en oortuigings oor die Skrifte volg nie, maar ons in nederigheid tot God wend om ons te leer. Kyk hoe leer God Sy kinders en kyk hoe praat hulle…
1Kor 2:13 Daarvan spreek ons ook, nie met woorde wat die menslike wysheid leer nie, maar met dié wat die Heilige Gees leer, sodat ons geestelike dinge met geestelike vergelyk.
Die gees van God leer ons om een teks met ander tekste in die Skrifte te vergelyk! Onthou Johannes 6 vers 63…
Dit is die Gees wat lewend maak, die vlees is van geen nut nie; die woorde wat Ek tot julle spreek, is gees en is lewe.
Waarheid is die eksklusiewe terrein van die Skrifte!
Psa 119:160 Die hele inhoud van u woord is waarheid, en al u regverdige verordeninge is tot in ewigheid.
Ons eerste getuie in die Skrifte wat ons na vore roep om ons meer te vertel van hierdie tipe visioen, is Johannes die apostel van Jesus. Ons sien dat die apostel Johannes dieselfde tipe visioen gekry het toe hy op die eiland Patmos verban was, soos aangeteken in die boek van Openbaring. Let op die baie ooreenkomste in die tipe simbole wat beskryf word deur Johannes en Esegiël:
Open 1:9 Ek, Johannes, julle broeder en deelgenoot in die verdrukking en in die koninkryk en lydsaamheid van Jesus Christus, was op die eiland wat Patmos genoem word, ter wille van die woord van God en om die getuienis van Jesus Christus.
Open 4:1-11 Ná hierdie dinge het ek gesien kyk, ‘n geopende deur in die hemel, en die eerste stem wat ek soos ‘n basuin met my hoor spreek het, het gesê: Kom op hierheen, en Ek sal jou toon wat ná hierdie dinge moet gebeur. 2 En dadelik was ek in die Gees, en kyk, daar staan ‘n troon in die hemel en Een sit op die troon. 3 En Hy wat daarop sit, het in sy voorkoms gelyk soos die steen jaspis en sardius; en rondom die troon was ‘n reënboog wat in sy voorkoms gelyk het soos ‘n smarag. 4 En rondom die troon was daar vier en twintig trone, en op die trone het ek die vier en twintig ouderlinge sien sit, bekleed met wit klere; en hulle het goue krone op hulle hoofde gehad. 5 En daar het weerligte en donderslae en stemme uit die troon uitgegaan, en sewe vuurfakkels wat die sewe Geeste van God is, het voor die troon gebrand; 6 en voor die troon was daar ‘n see van glas soos kristal, en in die middel van die troon en rondom die troon vier lewende wesens vol oë van voor en van agter. 7 En die eerste lewende wese was soos ‘n leeu, en die tweede lewende wese was soos ‘n kalf, en die derde lewende wese het ‘n gesig gehad soos ‘n mens, en die vierde lewende wese was soos ‘n arend wat vlieg. 8 En die vier lewende wesens het elkeen vir homself ses vlerke gehad, en hulle was rondom en van binne vol oë; en hulle het sonder ophou dag en nag gesê: Heilig, heilig, heilig is die Here God, die Almagtige, wat was en wat is en wat kom! 9 En elke keer as die lewende wesens heerlikheid en eer en danksegging gee aan Hom wat op die troon sit, wat tot in alle ewigheid lewe, 10 val die vier en twintig ouderlinge neer voor Hom wat op die troon sit, en aanbid Hom wat tot in alle ewigheid lewe, en werp hulle krone voor die troon en sê: 11 U is waardig, o Here, om te ontvang die heerlikheid en die eer en die krag, want U het alles geskape en deur u wil bestaan hulle en is hulle geskape.
In die visioene van Esegiël en Johannes is daar ‘n paar simbole wat die vier lewende wesens (die “gérubs” = engele = boodskappers) beskryf:
- ‘n leeu
- ‘n bees / kalf
- ‘n mens / mense hande, voete
- ‘n arend
Ook dinge wat direk in die konteks van hierdie vier wesens gesien moet word, is deur ander simbole vir ons uitgedruk en dit is ook baie insiggewend:
- ‘n stormwind
- ‘n groot wolk met vuur
- die noorde
- ‘n troon / ander trone
- krone
- vuur /vuurfakkels
- ‘n uitspansel / hemel
- ‘n reënboog
- weerligte en donderslae
- wiele vol oë
- vlerke (eers 4 en toe 6)
- stemme / baie waters
- kosbare gesteentes en blinkende metaal
Hierdie “gérubs” het ook interessante bewegingspatrone geopenbaar, wat ook interesante geestelike betekenisse vir ons inhou:
Eseg 1:17-21 Na al vier kante het hulle gegaan as hulle gaan: hulle het nie gedraai as hulle gaan nie. 18 En hulle vellings—dié was hoog en dié was wonderbaar; en hulle vellings was by al vier rondom vol oë. 19 En as die wesens gaan, gaan die wiele naasaan hulle; en as die wesens hulle van die grond af ophef, word die wiele opgehef. 20 Waar die gees ook heen wou gaan, het hulle gegaan in die rigting wat die gees wou gaan; en die wiele is gelyktydig saam met hulle opgehef, want die gees van die wese was in die wiele. 21 As dié gaan, gaan hulle; en as dié bly staan, staan hulle; en as dié hulle van die grond af ophef, word die wiele gelyktydig saam met hulle opgehef, want die gees van die wesens was in die wiele.
In hoofstuk 9 en 10 van Esegiël sien ons die beskrywing van ‘n man met linne wat ook met hierdie wesens verbind word. Ons sal uit die Skrifte wys wie hierdie man is aan wie die oordeel van God oorgelaat word soos die gedeeltes ook beskryf:
Eseg 9:1-11 Daarna het Hy hardop voor my ore geroep en gesê: Kom nader, geregsdienaars van die stad, en elkeen met sy verwoestende wapen in sy hand. 2 En kyk, ses manne kom met die pad van die Boonste Poort wat na die noorde toe lê, en elkeen met sy wapen in sy hand om mee te verbrysel; en onder hulle een man wat met linne bekleed was, met ‘n skrywer se inkpot aan sy heupe; en hulle het gekom en vlak by die koperaltaar gaan staan. 3 En die heerlikheid van die God van Israel het opgestyg van die gérub waar dit op was, na die drumpel van die huis toe; en Hy het na die man geroep wat met linne bekleed was, wat die skrywer se inkpot aan sy heupe gehad het. 4 En die HERE sê vir hom: Trek dwarsdeur die stad, dwarsdeur Jerusalem, en maak ‘n teken op die voorhoofde van die manne wat sug en steun oor al die gruwels wat daarin gedoen word. 5 Maar aan die ander sê Hy voor my ore: Trek agter hom aan deur die stad, en slaan; laat julle oog nie verskoon nie, en moet nie spaar nie; 6 slaan dood grysaards, jongmanne en jongedogters en kinders en vroue tot vernietiging toe; maar raak aan niemand op wie die teken is nie, en begin by my heiligdom. En hulle het begin by die manne, die oudstes, wat voor die huis was. 7 En Hy sê vir hulle: Verontreinig die huis en maak die voorhowe vol met mense wat verslaan word. Trek uit! En hulle het uitgetrek en geslaan in die stad. 8 En toe hulle besig was om neer te slaan en ek oorgebly het, het ek op my aangesig geval en uitgeroep en gesê: Ag, Here HERE, gaan U die hele oorblyfsel van Israel vernietig deurdat U u grimmigheid oor Jerusalem uitgiet? 9 Toe sê Hy vir my: Die ongeregtigheid van die huis van Israel en van Juda is buitengewoon groot, en die land is vol bloedskuld, en die stad is vol regsverbreking; want hulle sê: Die HERE het die land verlaat, en die HERE sien nie. 10 Daarom ook, wat My aangaan, my oog sal nie verskoon nie, en Ek sal nie spaar nie; Ek sal hulle wandel op hulle hoof laat neerkom. 11 En kyk, die man wat met linne bekleed was, aan wie se heupe die inkpot was, het berig gebring en gesê: Ek het gedoen soos U my beveel het.
Eseg 10:1-7 Daarna het ek gekyk—en daar was op die uitspansel, oor die hoof van die gérubs, iets soos ‘n saffiersteen; iets wat soos die gestalte van ‘n troon gelyk het, het oor hulle sigbaar geword. 2 En Hy het die man aangespreek wat met linne bekleed was, en gesê: Gaan in tussen die ratwerk onder die gérub in, en vul jou twee hande met gloeiende kole tussen die gérubs vandaan, en strooi dit oor die stad. Toe gaan hy voor my oë daar in. 3 En die gérubs het aan die regterkant van die huis gestaan toe die man daar ingaan, en die wolk het die binneste voorhof gevul. 4 Toe het die heerlikheid van die HERE van die gérub af opgestyg oor die drumpel van die huis; en die huis is gevul met die wolk, en die voorhof was vol van die glans van die HERE se heerlikheid. 5 En die geruis van die gérubs se vlerke is gehoor tot in die buitenste voorhof, soos die stem van die almagtige God as Hy spreek. 6 En toe Hy aan die man wat met linne bekleed was, bevel gegee het deur te sê: Neem vuur tussen die ratwerk, tussen die gérubs uit, het hy ingegaan en langs die wiel gaan staan. 7 Toe steek die gérub sy hand uit, tussen die gérubs uit, na die vuur wat tussen die gérubs was; en hy neem daarvan en gee dit in die twee hande van hom wat met linne bekleed was; dié het dit geneem en uitgegaan.
Daar is ook ‘n lied wat gesing word, wat ook verbind met hierdie vier wesens. Ons gaan ook kyk wat beteken die woorde van hierdie lied:
Open 4:9 En elke keer as die lewende wesens heerlikheid en eer en danksegging gee aan Hom wat op die troon sit, wat tot in alle ewigheid lewe, 10 val die vier en twintig ouderlinge neer voor Hom wat op die troon sit, en aanbid Hom wat tot in alle ewigheid lewe, en werp hulle krone voor die troon en sê: 11 U is waardig, o Here, om te ontvang die heerlikheid en die eer en die krag, want U het alles geskape en deur u wil bestaan hulle en is hulle geskape.
In hierdie reeks studies oor die vier lewende wesens (die “gérubs” = engele = boodskappers) sal ons verder kyk na die simbole uit hierdie Skrifgedeeltes en wat dit vir ons persoonlik beteken, soos God ons die insigte gee.