Die ‘vier lewende wesens’ – die ‘gérubs’ van God (Deel 4)

Die profeet Esegiël en die apostel Johannes is twee van die getuies wat gesigte (visioene) van vier lewende wesens gesien het, wat God aan hulle gewys het. Eerstens was die gesigte gewys aan Esegiël by die Kebarrivier tydens ballingskap in Babilon:

Eseg 1:1-5  In die dertigste jaar, in die vierde maand, op die vyfde van die maand, toe ek onder die ballinge by die Kebarrivier was, is die hemele geopen en het ek gesigte van God gesien.  2  Op die vyfde van die maand—dit was die vyfde jaar van die ballingskap van koning Jójagin—  3  het die woord van die HERE uitdruklik gekom tot Eségiël, die seun van Busi, die priester, in die land van die Chaldeërs, by die Kebarrivier; en die hand van die HERE was daar op hom.  4  Toe het ek gekyk—en daar het ‘n stormwind uit die noorde gekom, ‘n groot wolk met onophoudelike vuur; en ‘n glans was rondom die wolk, en daaruit, uit die vuur, het iets soos blinkende metaal geskitter.  5  En daaruit het die gestalte van vier wesens gekom, en dit was hulle voorkoms: hulle het die gestalte van ‘n mens gehad;

Eseg 1:10  En hulle aangesigte het gelyk soos die gesig van ‘n mens; en al vier het die gesig van ‘n leeu gehad aan die regterkant en al vier het die gesig van ‘n bees aan die linkerkant; ook het al vier die gesig van ‘n arend gehad.

Die apostel Johannes het ook ‘n soortgelyke visioen gesien toe hy verban was na die eiland Patmos…

Open 1:9  Ek, Johannes, julle broeder en deelgenoot in die verdrukking en in die koninkryk en lydsaamheid van Jesus Christus, was op die eiland wat Patmos genoem word, ter wille van die woord van God en om die getuienis van Jesus Christus.

Open 4:6-7  en voor die troon was daar ‘n see van glas soos kristal, en in die middel van die troon en rondom die troon vier lewende wesens vol oë van voor en van agter.  7  En die eerste lewende wese was soos ‘n leeu, en die tweede lewende wese was soos ‘n kalf, en die derde lewende wese het ‘n gesig gehad soos ‘n mens, en die vierde lewende wese was soos ‘n arend wat vlieg.

In die Inleiding van hierdie studiereeks was die gebruik van beeldspraak in die Skrifte aangeraak omdat hierdie visioene wat Esegiël en Johannes gekry het, gevul is met ryk beeldspraak wat net deur die Skrifte self aan ons uitgeklaar word. God gebruik beeldspraak in die Skrifte om Sy geestelike dinge vir die “menigtes” te verberg, maar aan Sy uitverkorenes te openbaar:

Jes 28:9-13  Vir wie wil hy dan kennis leer, en vir wie wil hy die openbaring verstaanbaar maak? Vir die wat van die melk gespeen, wat van die moederborste weggeneem is?  10  Want dit is gebod op gebod, gebod op gebod, reël op reël, reël op reël, hier ‘n bietjie, daar ‘n bietjie.  11  Ja, Hy sal deur lippe wat hakkel, en deur ‘n vreemde tong met hierdie volk spreek,  12  Hy wat aan hulle gesê het: Dit is die rus, gee rus aan die vermoeides, en dit is die verkwikking. Maar hulle wou nie luister nie.  13  Daarom sal die woord van die HERE vir hulle wees gebod op gebod, gebod op gebod, reël op reël, reël op reël, hier ‘n bietjie, daar ‘n bietjie, sodat hulle kan heengaan en agteruit struikel en verbreek en verstrik en gevang word.

Spr 1:5-7  laat die wyse luister, dan sal hy insig vermeerder, en die verstandige sal verstandige gedagtes verkry,  6  om ‘n spreuk en beeldspraak te verstaan, die woorde van die wyse manne en hulle raaisels.  7  Die vrees van die HERE is die beginsel van die kennis; sotte verag wysheid en tug.

Psa 25:12-14  Wie tog is die man wat die HERE vrees? Hy sal hom leer aangaande die weg wat hy moet kies.  13  Hy self sal vernag in die goeie, en sy nageslag sal die land besit.  14  Die verborgenheid van die HERE is vir die wat Hom vrees, en sy verbond om hulle dit bekend te maak.

1Kor 2:9-10  maar soos geskrywe is: Wat die oog nie gesien en die oor nie gehoor en in die hart van ‘n mens nie opgekom het nie, wat God berei het vir die wat Hom liefhet.  10  Maar God het dit aan ons deur sy Gees geopenbaar, want die Gees ondersoek alle dinge, ook die dieptes van God.

In Deel 1 van hierdie studiereeks was die beeldspraak wat gebruik word om hierdie vier aangesigte van die vier wesens te beskryf, van nader beskou, naamlik die aangesigte van…

  • die leeu,
  • die bees /kalf/bul/os,
  • die mens, en
  • die arend).

Die positiewe toepassings ten opsigte van die geestelike betekenis van hierdie vier aangesigte was eerstens kortliks bespreek. In Deel 2 was die negatiewe geestelike aspekte van hierdie vier aangesigte aangeraak. Ons beleef albei hierdie toepassings –  ons beleef die negatiewe woorde in die Skrifte (dit het betrekking op wat as duisternis, die bose, of as onheilig beskryf word), en ons beleef ook die positiewe woorde in die Skrifte (dit het betrekking op wat as die lig, die goed, die heilige dinge beskryf word). God het alles geskep en Hy is tot hede in totale beheer van alles in albei domeine – dit wat goed is (lig) en dit wat onheil (duisternis) bring na ons.

Jes 45:5-7  Ek is die HERE, en daar is geen ander nie; buiten My is daar geen God nie; Ek omgord jou, hoewel jy My nie geken het nie,  6  sodat hulle kan weet van die opgang van die son en van sy ondergang af dat daar buiten My geeneen is nie; Ek is die HERE, en daar is geen ander nie;  7  wat die lig formeer en die duisternis skep, die heil bewerk en die onheil skep: Ek, die HERE, is dit wat al hierdie dinge doen.

Ons almal word individueel deur ‘n proses geneem om albei hierdie domeine te beleef om God en Sy werke te verstaan in ons eie lewe, en tot geestelike volwassenheid te kom:

Mat 4:4  Maar Hy antwoord en sê: Daar is geskrywe: Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat deur die mond van God uitgaan.

Heb 5:14  Maar vaste spys is vir volwassenes, vir die wat geestesvermoëns besit deur die gewoonte geoefen, om goed van kwaad te onderskei.

In Deel 3 was die konsep van ‘n gérub van nader beskou, soos Esegiël die simboliek van die vier wesens met die simboliek van die gérub bymekaar bring:

Eseg 10:14-15  En elkeen het vier aangesigte gehad: die eerste aangesig was die aangesig van ‘n gérub en die tweede aangesig die aangesig van ‘n mens en die derde die aangesig van ‘n leeu en die vierde die aangesig van ‘n arend.  15  En die gérubs het opgestyg. Dit was die wese wat ek by die Kebarrivier gesien het.

In hierdie studie gaan ons voort om die simboliek van die gérub verder te ondersoek, soos God ons help. In Esegiël 10 word meer besonderhede gegee as wat in Esegiël 1 gegee word, en dit help ons om ons kennis oor die wese van ‘n gérub ook beter te verstaan en uit te brei.

Eseg 10:10-15  En aangaande hulle voorkoms, al vier het dieselfde voorkoms gehad, asof daar ‘n wiel binne-in ‘n wiel was:  11  as hulle gaan, het hulle na al vier kante gegaan; hulle het nie gedraai as hulle gaan nie; maar daar waar die voorste heen draai, het hulle agter hom aan gegaan; hulle het nie gedraai as hulle gaan nie.  12  En hulle hele liggaam en hulle rugge en hulle hande en hulle vlerke en die wiele was vol oë rondom, aan al die vier wiele van hulle.  13  Aangaande die wiele, hulle is voor my ore die ratwerk genoem.  14  En elkeen het vier aangesigte gehad: die eerste aangesig was die aangesig van ‘n gérub en die tweede aangesig die aangesig van ‘n mens en die derde die aangesig van ‘n leeu en die vierde die aangesig van ‘n arend.  15  En die gérubs het opgestyg. Dit was die wese wat ek by die Kebarrivier gesien het.

Die eerste keer dat die simboliek van ‘n gérub aan ons voorgehou word in die Skrifte, is reg aan die begin in Genesis 3, waar ons meer begrip gegee word oor hoe God die gérubs toerus en in Sy diens gebruik:

Gen 3:24  So het Hy [God] dan die mens weggedrywe en gérubs aan die oostekant van die tuin van Eden laat woon, met die swaard wat vlam en flikker, om die toegang tot die boom van die lewe te bewaak.

Gérubs word hier verbind aan die vurige swaard van God, en die boom van die lewe. Dit is baie insiggewend. Kom ons kyk wat die Skrifte oor die simboliek van die volgende aan ons uitklaar:

(1) die swaard van God,

(2) die geestelike vlam of vuur waarmee God werk, en

(3) die boom van lewe met hierdie gerubs te doen het.

Die swaard van God:

Die gérubs wat ons in Genesis 3 sien, hanteer God se swaard:

Gen 3:24  So het Hy [God] dan die mens weggedrywe en gérubs aan die oostekant van die tuin van Eden laat woon, met die swaard wat vlam en flikker, om die toegang tot die boom van die lewe te bewaak.

Ons roep ‘n paar getuies uit die Skrifte wat ons sal help met die betekenis van hierdie swaard van God:

Efes 6:17  En neem aan die helm van verlossing en die swaard van die Gees—dit is die woord van God—

Heb 4:12  Want die woord van God is lewend en kragtig en skerper as enige tweesnydende swaard, en dring deur tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg, en is ‘n beoordelaar van die oorlegginge en gedagtes van die hart.

Open 1:13-16  en tussen die sewe kandelaars Een soos die Seun van die mens met ‘n kleed aan wat tot op die voete hang, en gegord om die bors met ‘n goue gordel.  14  Sy hoof en hare was wit soos wit wol, soos sneeu, en sy oë soos ‘n vuurvlam,  15  en sy voete soos blink koper wat gloei soos in ‘n oond, en sy stem soos die stem van baie waters.  16  En in sy regterhand het Hy sewe sterre gehou, en ‘n skerp tweesnydende swaard het uit sy mond uitgegaan, en sy aangesig was soos die son wat skyn in sy krag.

Die Swaard van God is Sy Woord en hierdie gerubs hanteer hierdie swaard met groot vaardigheid. Dit is wat God aan elkeen van Sy werkers verwag:

2Ti 2:15  Lê jou daarop toe om jou beproef voor God te stel as ‘n werker wat hom nie hoef te skaam nie, wat die woord van die waarheid reg sny.

Die vuur van God:

Die swaard van God wat hierdie gérubs hanteer vlam en dit flikker, verwysend na God se vuur:

Gen 3:24  So het Hy [God] dan die mens weggedrywe en gérubs aan die oostekant van die tuin van Eden laat woon, met die swaard wat vlam en flikker, om die toegang tot die boom van die lewe te bewaak.

Hier is weereens voldoende getuies om ons te help om te sien wat is die vuur van God wat met hierdie swaard saamgaan:

Jer 5:14  Daarom, so sê die HERE, die God van die leërskare: Omdat julle hierdie woord spreek, kyk, Ek maak my woorde in jou mond ‘n vuur en hierdie volk hout, en dit sal hulle verteer.

Jer 23:29  Is my woord nie só, soos ‘n vuur, spreek die HERE, en soos ‘n hamer wat ‘n rots vermorsel nie?

Luk 24:32  En hulle sê vir mekaar: Was ons hart nie brandende in ons toe Hy met ons op die pad gepraat en vir ons die Skrifte uitgelê het nie?

Hand 2:3-4  Toe is deur hulle tonge gesien soos van vuur, wat hulleself verdeel en op elkeen van hulle gaan sit.  4  En hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het begin spreek in ander tale, soos die Gees aan hulle gegee het om uit te spreek.

Open 11:3-5  En Ek sal aan my twee getuies gee dat hulle, met sakke bekleed, duisend twee honderd en sestig dae lank sal profeteer.  4  Hulle is die twee olyfbome en die twee kandelaars wat voor die God van die aarde staan.  5  En as iemand hulle wil beskadig, gaan daar vuur uit hulle mond en verslind hulle vyande; en as iemand hulle wil beskadig, moet hy op dieselfde manier gedood word.

Die Woord van God is voorwaar ‘n vuur in die hande en monde van Sy getuies, sy gérubs (die vier lewende wesens).

Die boom van die lewe:

As die Woord ware lewe (geestelike lewe) gee, dan is die boom van die lewe ook hierdie Woord, Jesus Christus – “in Hom” is inderdaad LEWE!

Joh 1:1-4  In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God.  2  Hy was in die begin by God.  3  Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie.  4  In Hom was lewe, en die lewe was die lig van die mense.

Weer is die getuies van die Skrifte oorweldigend om ons geestelike duidelikheid te gee oor hierdie “Boom van die Lewe” waarmee die gérubs intiem verbind is…. 

Jes 53:1-7  Wie het geglo wat aan ons verkondig is? En aan wie is die arm van die HERE geopenbaar?  2  Hy tog het soos ‘n loot voor sy aangesig opgespruit en soos ‘n wortel uit droë grond. Hy het geen gestalte of heerlikheid gehad, dat ons Hom sou aansien nie, en geen voorkoms, dat ons Hom sou begeer nie.  3  Hy was verag en deur die mense verlaat, ‘n man van smarte en bekend met krankheid; ja, soos een vir wie ‘n mens sy gelaat verberg; Hy was verag en ons het Hom nie geag nie.  4  Nogtans het Hy óns krankhede op Hom geneem, en óns smarte—dié het Hy gedra; maar óns het Hom gehou vir een wat geplaag, deur God geslaan en verdruk was.  5  Maar Hy is ter wille van ons oortredinge deurboor, ter wille van ons ongeregtighede is Hy verbrysel; die straf wat vir ons die vrede aanbring, was op Hom, en deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom.  6  Ons almal het gedwaal soos skape, ons het elkeen sy eie pad geloop; maar die HERE het die ongeregtigheid van ons almal op Hom laat neerkom.  7  Hy is mishandel, hoewel Hy onderworpe was, en Hy het sy mond nie oopgemaak nie; soos ‘n lam wat na die slagplek gelei word en soos ‘n skaap wat stom is voor sy skeerders—ja, Hy het sy mond nie oopgemaak nie.

Open 2:7  Wie ‘n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê. Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om te eet van die boom van die lewe wat binne in die paradys van God is.

Open 22:14  Salig is die wat sy gebooie doen, sodat hulle reg kan hê op die boom van die lewe en ingaan deur die poorte in die stad.

Die Boom van die lewe is inderdaad die persoon van Jesus Christus self. Jesus Christus en Sy Woorde is intiem verbind met die gérubs wat aan Esegiël en Johannes in ‘n visioen verskyn het. Kyk net na hoe Jesus in Esegiel se visioen ook uitgewys word in terme van hierdie vier wesens:

Eseg 10:1-8  Daarna het ek gekyk—en daar was op die uitspansel, oor die hoof van die gérubs [Hebreeus: “kerûb”], iets soos ‘n saffiersteen; iets wat soos die gestalte van ‘n troon gelyk het, het oor hulle sigbaar geword.  2  En Hy het die man aangespreek wat met linne bekleed was, en gesê: Gaan in tussen die ratwerk onder die gérub in, en vul jou twee hande met gloeiende kole tussen die gérubs vandaan, en strooi dit oor die stad. Toe gaan hy voor my oë daar in.  3  En die gérubs het aan die regterkant van die huis gestaan toe die man daar ingaan, en die wolk het die binneste voorhof [van die tempel] gevul.  4  Toe het die heerlikheid van die HERE van die gérub af opgestyg oor die drumpel van die huis [die tempel]; en die huis is gevul met die wolk, en die voorhof was vol van die glans van die HERE se heerlikheid.  5  En die geruis van die gérubs se vlerke is gehoor tot in die buitenste voorhof, soos die stem van die almagtige God as Hy spreek.  6  En toe Hy aan die man wat met linne bekleed was, bevel gegee het deur te sê: Neem vuur tussen die ratwerk, tussen die gérubs uit, het hy ingegaan en langs die wiel gaan staan.  7  Toe steek die gérub sy hand uit, tussen die gérubs uit, na die vuur wat tussen die gérubs was; en hy neem daarvan en gee dit in die twee hande van hom wat met linne bekleed was; dié het dit geneem en uitgegaan.  8  En daar is aan die gérubs gesien die vorm van ‘n mens se hand onder hulle vlerke. 

Die man wat met linne bekleed was, is ook aan die apostel Johannes bekend:

Open 1:10-13  Ek was in die Gees op die dag van die Here, en ek het agter my ‘n groot stem gehoor, soos van ‘n basuin, wat sê:  11  Ek is die Alfa en die Oméga, die eerste en die laaste, en skryf wat jy sien in ‘n boek en stuur dit na die sewe gemeentes wat in Asië is: na Éfese en Smirna en Pérgamus en Thiatíre en Sardis en Filadelfía en Laodicéa.  12  Toe draai ek my om, om te sien watter stem met my gespreek het; en toe ek my omgedraai het, sien ek sewe goue kandelaars,  13  en tussen die sewe kandelaars Een soos die Seun van die mens met ‘n kleed aan wat tot op die voete hang, en gegord om die bors met ‘n goue gordel.

Daar is dit weer – Jesus Christus is direk en intiem betrokke met die gérubs, veral ten opsigte van die vuur wat tussen die gérubs was! 

Eseg 10:6-8  En toe Hy aan die man wat met linne bekleed was, bevel gegee het deur te sê: Neem vuur tussen die ratwerk, tussen die gérubs uit, het hy ingegaan en langs die wiel gaan staan.  7  Toe steek die gérub sy hand uit, tussen die gérubs uit, na die vuur wat tussen die gérubs was; en hy neem daarvan en gee dit in die twee hande van hom wat met linne bekleed was; dié het dit geneem en uitgegaan.  8  En daar is aan die gérubs gesien die vorm van ‘n mens se hand onder hulle vlerke. 

Opsomming:

Kom ons plaas alles bymekaar wat ons in hierdie studie geleer het van die gérubs, veral hoe die vier wesens met die simboliek van ‘n “wiel” of “vier wiele” verbind word:

Eseg 10:10-15  En aangaande hulle voorkoms, al vier het dieselfde voorkoms gehad, asof daar ‘n wiel binne-in ‘n wiel was:  11  as hulle gaan, het hulle na al vier kante gegaan; hulle het nie gedraai as hulle gaan nie; maar daar waar die voorste heen draai, het hulle agter hom aan gegaan; hulle het nie gedraai as hulle gaan nie.  12  En hulle hele liggaam en hulle rugge en hulle hande en hulle vlerke en die wiele was vol oë rondom, aan al die vier wiele van hulle.  13  Aangaande die wiele, hulle is voor my ore die ratwerk genoem.

In Genesis 3 vers 24 leer ons hoe die gérubs intiem verbind word met die Woord van God.

Gen 3:24  So het Hy dan die mens weggedrywe en gérubs aan die oostekant van die tuin van Eden laat woon, met die swaard wat vlam [Hebreeus: “lahat” = brand skoon] en flikker [Hebreeus: “hâphak” = omkeer / bekeer / verander], om die toegang [Hebreeus: “derek” = die pad / reis / lewenspad] tot die boom van die lewe te bewaak [Hebreeus: “shâmar” = te doen / voor oë te hou / aandag skenk].

Die Son van God kom op in die ooste. Die ingang tot God se tempel in Jerusalem was aan die oostekant. Die Woord van God is ons toegang tot alle geestelike dinge, omdat God se woorde gees is, en die gees van God maak die letters lewendig.

Joh 6:63  Dit is die Gees wat lewend maak, die vlees is van geen nut nie; die woorde wat Ek tot julle spreek, is gees en is lewe.

Psa 119:93  Ek sal u bevele tot in ewigheid nie vergeet nie, want deur hulle het U my lewend gemaak.

Die gees van God leer ons om “geestelike dinge met geestelike” te vergelyk, dit wil sê Skrifwoorde met Skrifwoorde (Joh 6:63):

1Kor 2:13  Daarvan spreek ons ook, nie met woorde wat die menslike wysheid leer nie, maar met dié wat die Heilige Gees leer, sodat ons geestelike dinge met geestelike vergelyk.

Jesaja verduidelik vir ons hoe ons die geestelike woorde met geestelike woorde vergelyk:

Jes 28:9-10  Vir wie wil hy dan kennis leer, en vir wie wil hy die openbaring verstaanbaar maak? Vir die wat van die melk gespeen, wat van die moederborste weggeneem is?  10  Want dit is gebod op gebod, gebod op gebod, reël op reël, reël op reël, hier ‘n bietjie, daar ‘n bietjie.

Die kennis van God en Sy werke kom tot stand en word duideliker vir ons deur na ‘n “veelheid van raadgewers” te luister:

Spr 11:14  As daar nie goeie oorleg is nie, val ‘n volk; maar in die veelheid van raadgewers is redding.

Spr 15:22  Planne misluk sonder beraadslaging, maar deur die veelheid van raadgewers kom dit tot stand.

Ons weet derhalwe dat ons nie buite hierdie veilige raamwerk van die Skrifte moet gaan om geestelike betekenis van simbole in die Skrifte te kry:

1Kor 4:6  Hierdie dinge, broeders, het ek op myself en Apollos toegepas om julle ontwil, dat julle aan ons kan leer om nie te dink bo wat geskrywe is nie, sodat julle nie die een ter wille van die ander opgeblase sou wees teen ‘n derde nie.

Die gérubs ken Jesus Christus en is intiem gewei aan Sy Woord wat dien as die geestelike tweesnydende swaard wat ons help om die goed en kwaad te skei van mekaar, en sodoende groei ons tot geestelike volwassenheid:

Heb 5:14  Maar vaste spys is vir volwassenes, vir die wat geestesvermoëns besit deur die gewoonte geoefen, om goed van kwaad te onderskei.

In die proses word ons natuurlike mens en sy denkwêreld vernietig en nuwe geestelike lewe word na vore gebring deur die denke van Christus.

Rom 12:2  En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is.

1Kor 2:14-16  Maar die natuurlike mens neem die dinge van die Gees van God nie aan nie; want dit is vir hom dwaasheid, en hy kan dit nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel word.  15  Maar die geestelike mens beoordeel wel alle dinge; self egter word hy deur niemand beoordeel nie.  16  Want wie het die sin van die Here geken, dat hy Hom sou kan onderrig? Maar ons het die sin van Christus.

Die gérubs hou vas aan die betroubare Woord van God, en hulle gebruik net die vurige Woord van God om die natuurlike menslike oortuigings te vernietig:

1Ti 4:9  Dit is ‘n betroubare woord en werd om ten volle aangeneem te word.

Tit 1:9  een wat vashou aan die betroubare woord wat volgens die leer is, sodat hy in staat kan wees om met die gesonde leer te vermaan sowel as om die teësprekers te weerlê.

Die gérubs bewaak die toegang tot die boom van die lewe deur die woord van God se almag te erken en te weet dat hulle leef van elke woord uit God se mond – hulle weet dat alles wat hulle beleef, word deur God beheer van begin tot einde:

Joh 1:1-4  In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God.  2  Hy was in die begin by God.  3  Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie.  4  In Hom was lewe, en die lewe was die lig van die mense.

Open 1:8  Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde, sê die Here, wat is en wat was en wat kom, die Almagtige.

Die gérubs sien baie duidelik dat die Woord van God die enigste ware maatstaf is om die lewenspad te verstaan:

Gen 3:24  So het Hy dan die mens weggedrywe en gérubs aan die oostekant van die tuin van Eden laat woon, met die swaard wat vlam [Hebreeus: “lahat” = brand skoon] en flikker [Hebreeus: “hâphak” = omkeer / bekeer / verander], om die toegang [Hebreeus: “derek” = die pad / reis / lewenspad] tot die boom van die lewe te bewaak [Hebreeus: “shâmar” = te doen / voor oë te hou / aandag skenk].

Hierdie gérubs van God is hulle wie die volle wapenrusting van God aantrek en staande bly in die Waarheid:

Efes 6:11-17  Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel.  12  Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug.  13  Daarom, neem die volle wapenrusting van God op, sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle alles volbring het, staande kan bly.  14  Staan dan vas, julle lendene met die waarheid omgord, met die borswapen van die geregtigheid aan,  15  en as skoene aan julle voete die bereidheid vir die evangelie van vrede.  16  Behalwe dit alles neem die skild van die geloof op waarmee julle al die vurige pyle van die Bose sal kan uitblus.  17  En neem aan die helm van verlossing en die swaard van die Gees—dit is die woord van God—

Die gees van God in Sy Woord werk baie intiem in die hele optrede van die gérubs. Dit is wat die simboliek van “die wiele” (wat intiem met die vier lewende wesens verbind word) vir ons wil sê:

Eseg 10:10-15  En aangaande hulle voorkoms, al vier het dieselfde voorkoms gehad, asof daar ‘n wiel binne-in ‘n wiel was:  11  as hulle gaan, het hulle na al vier kante gegaan; hulle het nie gedraai as hulle gaan nie; maar daar waar die voorste heen draai, het hulle agter hom aan gegaan; hulle het nie gedraai as hulle gaan nie.  12  En hulle hele liggaam en hulle rugge en hulle hande en hulle vlerke en die wiele was vol oë rondom, aan al die vier wiele van hulle.  13  Aangaande die wiele, hulle is voor my ore die ratwerk genoem.  14  En elkeen het vier aangesigte gehad: die eerste aangesig was die aangesig van ‘n gérub en die tweede aangesig die aangesig van ‘n mens en die derde die aangesig van ‘n leeu en die vierde die aangesig van ‘n arend.  15  En die gérubs het opgestyg. Dit was die wese wat ek by die Kebarrivier gesien het.

Die vier lewende wesens beeld dus hierdie positiewe geestelike aspekte van ‘n gérub vir ons uit. In Deel 5 van hierdie studiereeks sal ons verder kyk na die wese en werk van die gérubs, soos God wil.

About 4windkoinonia

Want let op julle roeping, broeders: julle is nie baie wyse na die vlees nie, nie baie magtiges, nie baie edeles nie; maar wat dwaas is by die wêreld, het God uitverkies om die wyse te beskaam; en wat swak is by die wêreld, het God uitverkies om wat sterk is, te beskaam; en wat onedel is by die wêreld en wat verag is, het God uitverkies, en wat niks is nie, om wat iets is, tot niet te maak, sodat geen vlees voor Hom sou roem nie. (1Kor 1:26-29)
This entry was posted in Lees eers hier. Bookmark the permalink.