Die profeet Esegiël het ‘n gesig (‘n visioen) van God gekry van vier wesens wat die gestalte van ‘n mens gehad het, maar elkeen het vier gesigte gehad:
Eseg 1:1-6 In die dertigste jaar, in die vierde maand, op die vyfde van die maand, toe ek onder die ballinge by die Kebarrivier was, is die hemele geopen en het ek gesigte van God gesien. 2 Op die vyfde van die maand—dit was die vyfde jaar van die ballingskap van koning Jójagin— 3 het die woord van die HERE uitdruklik gekom tot Eségiël, die seun van Busi, die priester, in die land van die Chaldeërs, by die Kebarrivier; en die hand van die HERE was daar op hom. 4 Toe het ek gekyk—en daar het ‘n stormwind uit die noorde gekom, ‘n groot wolk met onophoudelike vuur; en ‘n glans was rondom die wolk, en daaruit, uit die vuur, het iets soos blinkende metaal geskitter. 5 En daaruit het die gestalte van vier wesens gekom, en dit was hulle voorkoms: hulle het die gestalte van ‘n mens gehad; 6 en elkeen het vier aangesigte gehad…
Eseg 1:10 En hulle aangesigte het gelyk soos die gesig van ‘n mens; en al vier het die gesig van ‘n leeu gehad aan die regterkant en al vier het die gesig van ‘n bees aan die linkerkant; ook het al vier die gesig van ‘n arend gehad.
Die apostel Johannes het ‘n soortgelyke visioen ontvang, met ‘n paar bykomende besonderhede…
Open 4:1-7 Ná hierdie dinge het ek gesien kyk, ‘n geopende deur in die hemel, en die eerste stem wat ek soos ‘n basuin met my hoor spreek het, het gesê: Kom op hierheen, en Ek sal jou toon wat ná hierdie dinge moet gebeur. 2 En dadelik was ek in die Gees, en kyk, daar staan ‘n troon in die hemel en Een sit op die troon. 3 En Hy wat daarop sit, het in sy voorkoms gelyk soos die steen jaspis en sardius; en rondom die troon was ‘n reënboog wat in sy voorkoms gelyk het soos ‘n smarag. 4 En rondom die troon was daar vier en twintig trone, en op die trone het ek die vier en twintig ouderlinge sien sit, bekleed met wit klere; en hulle het goue krone op hulle hoofde gehad. 5 En daar het weerligte en donderslae en stemme uit die troon uitgegaan, en sewe vuurfakkels wat die sewe Geeste van God is, het voor die troon gebrand; 6 en voor die troon was daar ‘n see van glas soos kristal, en in die middel van die troon en rondom die troon vier lewende wesens vol oë van voor en van agter. 7 En die eerste lewende wese was soos ‘n leeu, en die tweede lewende wese was soos ‘n kalf, en die derde lewende wese het ‘n gesig gehad soos ‘n mens, en die vierde lewende wese was soos ‘n arend wat vlieg.
In die Inleiding van hierdie studiereeks was die gebruik van beeldspraak in die Skrifte aangeraak omdat hierdie visioene wat Esegiël en Johannes gekry het, gevul is met ryk beeldspraak wat net deur die Skrifte self aan ons uitgeklaar word.
In Deel 1 van hierdie studiereeks was die positiewe toepassings ten opsigte van die geestelike betekenis van hierdie vier aangesigte was eerstens kortliks bespreek.
In Deel 2 was die negatiewe geestelike aspekte van hierdie vier aangesigte aangeraak.
In Deel 3 was die konsep van ‘n gérub van nader beskou, soos Esegiël die simboliek van die vier wesens met die simboliek van die gérub saambring:
Eseg 10:14-15 En elkeen het vier aangesigte gehad: die eerste aangesig was die aangesig van ‘n gérub en die tweede aangesig die aangesig van ‘n mens en die derde die aangesig van ‘n leeu en die vierde die aangesig van ‘n arend. 15 En die gérubs het opgestyg. Dit was die wese wat ek by die Kebarrivier gesien het.
In Deel 4 het ons die simboliek van die gérub verder ondersoek deur te kyk na wat die “wiele” simboliseer wat met die vier wesens intiem verbind is.
In Deel 5 van ons studiereeks was die gérubs wat op die versoendeksel van die verbondsark aangebring was, van nader beskou, en wat dit vir ons geestelik beteken.
In Deel 6 van hierdie studiereeks was gekyk na die afbeeldings van die gérubs wat voorgekom het in die borduurwerk van die tien tentdoeke van die tabernakel. Daar was ook afbeeldings van gérubs in die borduurwerk van die voorhangsel wat die tabernakel in twee dele verdeel het. Soos ons weet was die tabernakel ‘n beweegbare plek waar God met Israel ontmoet het deur die bemiddeling van Moses en die priesters onder leiding van Aaron. Die tabernakel was dus ‘n voorganger vir die tempel wat in Jerusalem gebou was.
In hierdie deel (Deel 7) van ons studiereeks kyk ons na die afbeeldings van gérubs wat in die tempel in Jerusalem voorgekom het, en waarom koning Salomo hierdie gérubs so intiem met die tempel gesien het. Die tempel is dus baie belangrik om ons kennis van die posisie en werk van die gérubs en die vier wesens, uit te brei.
1Kon 6:19-35 So het hy dan ‘n binneste vertrek binnekant in die middel van die huis ingerig om die verbondsark van die HERE daar neer te sit. 20 En die binneste vertrek was twintig el in lengte en twintig el in breedte en twintig el in sy hoogte, en hy het dit oorgetrek met fyn goud; en die altaar het hy met sederhout bedek. 21 Verder het Salomo die huis van binne met fyn goud oorgetrek, en hy het ‘n afsluiting met goue kettings gemaak voor die binneste vertrek, wat hy met goud oorgetrek het. 22 En die hele huis het hy met goud oorgetrek, totdat die hele huis daarmee bedek was; en die hele altaar wat by die binneste vertrek behoort, het hy met goud oorgetrek. 23 Verder het hy in die binneste vertrek twee gérubs gemaak van oliewenhout, tien el hoog. 24 En vyf el was die een vlerk van die gérub, en vyf el was die ander vlerk van die gérub: tien el van die een punt van sy vlerke tot by die ander punt daarvan. 25 En tien el die tweede gérub: altwee die gérubs het een maat en een gestalte gehad. 26 Die hoogte van die een gérub was tien el, en net so die ander gérub. 27 Toe het hy die gérubs in die middel van die binneste vertrek gesit, en die vlerke van die gérubs was uitgesprei, sodat die vlerk van die een aan die een muur en die vlerk van die ander gérub aan die ander muur raak, terwyl hulle vlerke, na die middel van die vertrek toe, vlerk teen vlerk raak. 28 Verder het hy die gérubs met goud oorgetrek. 29 En aan al die mure van die huis rondom, van die binneste en die buitenste vertrek, het hy figure van gérubs en palmbome en oop blomknoppe laat uitsny. 30 En die vloer van die huis, van die binneste en die buitenste vertrek, het hy met goud oorgetrek. 31 En as ingang van die binneste vertrek het hy deure van oliewenhout gemaak; die uitspringende raamwerk van die deurposte het die vorm van ‘n vyfhoek gehad. 32 En die twee deurvleuels was van oliewenhout, en daarop het hy figure van gérubs en palmbome en oop blomknoppe laat uitsny en dit met goud oorgetrek, en die goud op die gérubs en op die palmbome ingeslaan. 33 En net so het hy vir die ingang van die hoofvertrek gemaak: deurposte van oliewenhout, vierkantig; 34 en twee deurvleuels van sipreshout: die een vleuel van twee draaibare helftes en die ander vleuel van twee draaibare helftes. 35 En hy het daarop gérubs en palmbome en oop blomknoppe uitgesny, en met goud, dun oor die snywerk uitgeslaan, oorgetrek.
Kom ons noem van die aspekte wat in die verse met die gérubs verbind word:
- Die beelde van die gérubs was geplaas in die allerheilige deel van die tempel;
- Die twee beelde van die gérubs was van olyfhout gemaak en oorgetrek met goud;
- Die getal twee is weereens in die tempel verbind met die gérubs;
- Die getal vyf is ook deel van die afmetings van die gérub;
- Die getal tien kom ook weereens hier ter sprake;
- Afbeeldings / figure van die gérubs was ook op al die mure, deure/deurposte aangebring.
Die beelde van die gérubs was geplaas in die allerheilige deel van die tempel:
1Kon 6:19 So het hy [Koning Salomo] dan ‘n binneste vertrek binnekant in die middel van die huis ingerig om die verbondsark van die HERE daar neer te sit.
1Kon 6:23 Verder het hy in die binneste vertrek twee gérubs gemaak van oliewenhout, tien el hoog. 24 En vyf el was die een vlerk van die gérub, en vyf el was die ander vlerk van die gérub: tien el van die een punt van sy vlerke tot by die ander punt daarvan. 25 En tien el die tweede gérub: altwee die gérubs het een maat en een gestalte gehad. 26 Die hoogte van die een gérub was tien el, en net so die ander gérub. 27 Toe het hy die gérubs in die middel van die binneste vertrek gesit, en die vlerke van die gérubs was uitgesprei, sodat die vlerk van die een aan die een muur en die vlerk van die ander gérub aan die ander muur raak, terwyl hulle vlerke, na die middel van die vertrek toe, vlerk teen vlerk raak. 28 Verder het hy die gérubs met goud oorgetrek. 29 En aan al die mure van die huis rondom, van die binneste en die buitenste vertrek, het hy figure van gérubs
Weereens sien ons dat hierdie gérubs toegang geniet tot God se dieper geestelike dinge, net soos God aan Sy uitverkorenes in Christus Sy geestelike verborgenhede openbaar:
1Kor 2:6-10 Tog spreek ons wysheid onder die volwassenes, maar ‘n wysheid nie van hierdie wêreld, of van hierdie wêreld se heersers, wat vergaan nie. 7 Maar ons spreek die wysheid van God, wat bestaan in verborgenheid wat bedek was en wat God van ewigheid af voorbeskik het tot ons heerlikheid, 8 wat niemand van die heersers van hierdie wêreld geken het nie—want as hulle dit geken het, sou hulle die Here van die heerlikheid nie gekruisig het nie— 9 maar soos geskrywe is: Wat die oog nie gesien en die oor nie gehoor en in die hart van ‘n mens nie opgekom het nie, wat God berei het vir die wat Hom liefhet. 10 Maar God het dit aan ons deur sy Gees geopenbaar, want die Gees ondersoek alle dinge, ook die dieptes van God.
Hierdie verborgenhede word geopenbaar aan hulle, die gemeente van Christus, aan wie die Vader hierdie nuwe en lewende Weg oopgemaak het deur die voorhangsel heen, deur die dood van Christus:
Heb 10:19-25 Terwyl ons dan, broeders, vrymoedigheid het om in die heiligdom in te gaan deur die bloed van Jesus 20 op die nuwe en lewende weg wat Hy vir ons ingewy het deur die voorhangsel heen, dit is sy vlees, 21 en ons ‘n groot Priester oor die huis van God het, 22 laat ons toetree met ‘n waaragtige hart in volle geloofsversekerdheid, die harte deur besprenkeling gereinig van ‘n slegte gewete en die liggaam gewas met rein water. 23 Laat ons die belydenis van die hoop onwankelbaar vashou, want Hy wat dit beloof het, is getrou; 24 en laat ons op mekaar ag gee om tot liefde en goeie werke aan te spoor; 25 en laat ons ons onderlinge byeenkoms nie versuim soos sommige die gewoonte het nie, maar laat ons mekaar vermaan, en dit des te meer namate julle die dag sien nader kom.
Hierdie eenheid in Christus en Sy gemeente is omdat hulle dieselfde gees en denke deel, die gees en denke van die Vader, en dit is vir hulle ‘n beskutting. Dit is wat die simboliek van die vlerke vir ons geestelik wil oordra.
1Kon 6:27 Toe het hy die gérubs in die middel van die binneste vertrek gesit, en die vlerke van die gérubs was uitgesprei, sodat die vlerk van die een aan die een muur en die vlerk van die ander gérub aan die ander muur raak, terwyl hulle vlerke, na die middel van die vertrek toe, vlerk teen vlerk raak.
Eseg 1:9-12 hulle vlerke was aanmekaar verbind. Hulle het nie weggedraai as hulle gaan nie; hulle het elkeen maar reguit vorentoe gegaan. 10 En hulle aangesigte het gelyk soos die gesig van ‘n mens; en al vier het die gesig van ‘n leeu gehad aan die regterkant en al vier het die gesig van ‘n bees aan die linkerkant; ook het al vier die gesig van ‘n arend gehad. 11 En hulle vlerke het uitgesprei na boontoe; elkeen het twee gehad wat met mekaar verbind was, en twee wat hulle liggame bedek het. 12 En hulle het elkeen reguit vorentoe gegaan; waar die gees ook heen wou gaan, het hulle gegaan; hulle het nie weggedraai as hulle gaan nie.
Soos die vlerke van die gérubs uitgesprei is in die binneste vertrek van die tempel, so beskut God Sy uitverkorenes.
Psa 61:5 Ek wil in u tent vertoef vir ewig, in die skuilplek van u vleuels my verberg. Sela.
Psa 91:4 Hy sal jou dek met sy vlerke, en onder sy vleuels sal jy skuil; sy trou is ‘n skild en pantser.
Deu 32:11 Soos ‘n arend sy nes opwek, oor sy kleintjies sweef, sy vlerke uitsprei, hulle opneem, hulle dra op sy vleuels—
Hier is wat ons daaruit moet leer…
Efes 2:19-22 So is julle dan nie meer vreemdelinge en bywoners nie, maar medeburgers van die heiliges en huisgenote van God, 20 gebou op die fondament van die apostels en profete, terwyl Jesus Christus self die hoeksteen is, 21 in wie die hele gebou, goed saamgevoeg, verrys tot ‘n heilige tempel in die Here, 22 in wie julle ook saam opgebou word tot ‘n woning van God in die Gees.
1Kor 12:12 Want net soos die liggaam een is en baie lede het, en al die lede van die een liggaam, al is hulle baie, een liggaam is, so ook Christus.
1Kor 1:10 Maar ek vermaan julle, broeders, in die Naam van onse Here Jesus Christus, om almal eenstemmig te wees, en dat daar geen skeuringe onder julle moet wees nie, maar dat julle verenig moet wees in dieselfde gesindheid en in dieselfde mening.
Die twee beelde van die gérubs was van olyfhout gemaak en oorgetrek met goud:
Die konsep van hout in sy negatiewe toepassing wys ons op ‘n geestelike vlak na die vleesmens wat nie God se Woord kan hoor nie en op sy eie selfregverdige werke staatmaak, en dus deur God se vuur (Sy Woord) vernietig word:
Jer 5:14 Daarom, so sê die HERE, die God van die leërskare: Omdat julle hierdie woord spreek, kyk, Ek maak my woorde in jou mond ‘n vuur en hierdie volk hout, en dit sal hulle verteer.
1Kor 3:11-15 Want niemand kan ‘n ander fondament lê as wat daar gelê is nie, dit is Jesus Christus. 12 En as iemand op dié fondament bou goud, silwer, kosbare stene, hout, hooi, stoppels— 13 elkeen se werk sal aan die lig kom, want die dag sal dit aanwys, omdat dit deur vuur openbaar gemaak word; en die vuur sal elkeen se werk op die proef stel, hoedanig dit is. 14 As iemand se werk bly staan wat hy daarop gebou het, sal hy loon ontvang; 15 as iemand se werk verbrand word, sal hy skade ly; alhoewel hy self gered sal word, maar soos deur vuur heen.
Die positiewe toepassing van hout is egter op hierdie gérubs van toepassing. Hulle erken hul vleeslikheid en hulle lê hul eie vleeslike lewe af en stel God se Woord bo alles.
Mat 10:38-39 En wie sy kruis nie neem en agter My volg nie, is My nie waardig nie. 39 Wie sy lewe vind, sal dit verloor; en wie sy lewe verloor om My ontwil, sal dit vind.
Gal 2:20 Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van God wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het.
God se goud, dit is Sy Woord en leer, bedek alles en daarom is God se geregtigheid in Christus hul enigste bekleding:
Gal 3:27 want julle almal wat in Christus gedoop is, het julle met Christus beklee.
Efes 4:22-24 dat julle, wat die vorige lewenswandel betref die oue mens moet aflê wat deur die begeerlikhede van die verleiding te gronde gaan, 23 en dat julle vernuwe moet word in die gees van julle gemoed 24 en julle met die nuwe mens moet beklee wat na God geskape is in ware geregtigheid en heiligheid.
Open 3:5 Wie oorwin, sal beklee word met wit klere, en Ek sal sy naam nooit uitwis uit die boek van die lewe nie, en Ek sal sy naam bely voor my Vader en voor sy engele.
Die getal twee is weereens in die tempel verbind met die gérubs:
Ons weet dat die getal “twee” die geestelike konsep van getuienis uitdruk. God se werke is duidelik vir hulle wie daardie getuienis van Christus ontvang het, en hulle weet dat God alles bewerkstellig volgens die raad van Sy wil (Efes 1:11). Hierdie getuienis is nou openbaar aan hulle wat as God se diensknegte bekendstaan. God se kinders is getuies van Sy werke in hul eie lewe, soos die Vader dit ook dan aan hulle openbaar:
Open 1:1-3 Die openbaring van Jesus Christus wat God Hom gegee het om aan sy diensknegte te toon wat gou moet gebeur, en wat Hy deur die sending van sy engel aan sy dienskneg Johannes te kenne gegee het, 2 wat getuig het van die woord van God en die getuienis van Jesus Christus alles wat hy gesien het. 3 Salig is hy wat die woorde van die profesie lees, en die wat dit hoor en bewaar wat daarin geskrywe is, want die tyd is naby.
Die getuies van Christus (die gérubs / die vier lewende wesens) is inderdaad ‘n geestelike wolk van getuies in wie God kragtig woon en werk. Dit is ook deur hierdie “wolk” wat God Homself aan die wêreld sal vertoon:
Heb 12:1 Daarom dan, terwyl ons so ‘n groot wolk van getuies rondom ons het, laat ons ook elke las aflê en die sonde wat ons so maklik omring, en met volharding die wedloop loop wat voor ons lê.
Open 10:1 En ek het ‘n ander sterk engel uit die hemel sien neerdaal, bekleed met ‘n wolk, en ‘n reënboog was oor sy hoof, en sy aangesig was soos die son, en sy voete soos pilare van vuur;
Open 14:14 En ek het gesien, en kyk, daar was ‘n wit wolk en een soos ‘n Menseseun wat op die wolk sit, met ‘n goue kroon op sy hoof en in sy hand ‘n skerp sekel.
Mat 24:30 En dan sal die teken van die Seun van die mens in die hemel verskyn, en dan sal al die stamme van die aarde rou bedryf en die Seun van die mens sien kom op die wolke van die hemel met groot krag en heerlikheid.
Open 1:7 Kyk, Hy kom met die wolke, en elke oog sal Hom sien, ook hulle wat Hom deursteek het; en al die geslagte van die aarde sal oor Hom rou bedryf; ja, amen!
Die getal vyf is ook deel van die afmetings van die gérub:
In ons studie oor die geestelike betekenis van getalle, het ons ook die getal 5 van nader beskou (by hierdie skakel). Die getal “vyf” het te doen met die gawe van die geloof in Christus wat ons ontvang. Ons word “uit genade gered, deur die geloof…dit is ‘n gawe van God”. Geloof en genade werk saam om ons te help verstaan hoe God te werk gaan om ons eerste deur ‘n aarde lewe te neem en dan te herskep in Sy geestelike seuns en dogters.
Efes 2:8-10 Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God; 9 nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie. 10 Want ons is sy maaksel, geskape in Christus Jesus tot goeie werke wat God voorberei het, sodat ons daarin kan wandel.
Die geloof wat God aan ons skenk vloei uit die genade van God, en hier is hoe die genade van God in ons lewe werksaam is:
Tit 2:11-12 Want die reddende genade van God het aan alle mense verskyn 12 en leer ons om die goddeloosheid en wêreldse begeerlikhede te verloën, ingetoë en regverdig en vroom in die teenwoordige wêreld te lewe,
Die genade van God “leer” ons om van die vlees en sy begeerlikhede af te sien. Die woord “leer” hier kom uit die Griekse woord “paideuō” wat “tug” beteken. God se genade is ‘n pynlike teregwysing en dit maak ons Sy kinders. Kyk hoe behandel God Sy ware kinders…
Heb 12:5-8 En julle het die vermaning heeltemal vergeet wat tot julle as seuns spreek: My seun, ag die tugtiging [Grieks: “paideia” van “paideuō”] van die Here nie gering nie en beswyk nie as jy deur Hom bestraf word nie; 6 want die Here tugtig [Griekse woord “paideuō”] hom wat Hy liefhet, en Hy kasty elke seun wat Hy aanneem. 7 As julle die tugtiging verdra, behandel God julle as seuns; want watter seun is daar wat die vader nie tugtig nie? 8 Maar as julle sonder tugtiging is, wat almal deelagtig geword het, dan is julle onegte kinders en nie seuns nie.
God se reddende genade gaan gepaard met Sy tugtigingsproses. Ons moet onsself as ‘n offer bring – ‘n lewende, heilige en aan God welgevallige offer!
Rom 12:1-3 Ek vermaan julle dan, broeders, by die ontferminge van God, dat julle jul liggame stel as ‘n lewende, heilige en aan God welgevallige offer dit is julle redelike godsdiens. 2 En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed [denke], sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is. 3 Want deur die genade wat aan my gegee is, sê ek vir elkeen wat onder julle is, dat hy nie van homself meer moet dink as wat ‘n mens behoort te dink nie; maar dat hy daaraan moet dink om besadig te wees na die maat van geloof soos God dit aan elkeen toebedeel het.
Die tempel van God het te doen met offers. Om in God se tempel te wees kos offers. God het vyf offers in die ou verbond daargestel as tipes van hoe ons sal kan verstaan hoe ons self deur die proses geneem word om ‘n lewende, heilige en aan God welgevallige offer te wees. Kom ons noem weer die vyf offers:
- die brandoffer (lees veral Levitikus 1)
- die spysoffer (lees veral Levitikus 2)
- die dankoffer (lees veral Levitikus 3)
- die sondeoffer (lees veral Levitikus 4 en 5)
- die skuldoffer (lees veral Levitikus 5 to 7)
Christus het al hierdie offers kom vervul in Sy eie liggaam toe Hy op aarde was. Maar kyk wat sê die volgende vers waarin Paulus weereens, soos in Romeine 12 vers 1, ons duidelik inlig dat ons self ook ‘n rol te speel het in die offers:
Kol 1:24 Nou verbly ek my in my lyding vir julle en vul in my vlees aan die oorblyfsels van die verdrukking van Christus vir sy liggaam, wat die gemeente is.
Die Vader het aan ons ‘n “oorblyfsel” van die lyding van Christus gelaat wat ons in ons eie vlees moet aanvul!!! Dit is slegs wanneer ons onsself deel van hierdie offers sien, IN CHRISTUS, dat ons in God se geestelike tempel in Christus kan wees:
Gal 2:20 Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van God wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het.
Mat 10:38-39 En wie sy kruis nie neem en agter My volg nie, is My nie waardig nie. 39 Wie sy lewe vind, sal dit verloor; en wie sy lewe verloor om My ontwil, sal dit vind.
Gal 4:13 Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee.
Die getal ‘vyf’ bring hierdie waarheid sterk na vore as ons kyk na die plek en afmetings van die gérubs se vlerke in die tempel:
1Kon 6:23 Verder het hy in die binneste vertrek twee gérubs gemaak van oliewenhout, tien el hoog. 24 En vyf el was die een vlerk van die gérub, en vyf el was die ander vlerk van die gérub…
Die getal tien kom ook weereens hier ter sprake:
Ons sien hoe die vlerke van die gérubs aan een kant VYF el is en aan die ander kant VYF el is – altesaam TIEN el. Elkeen van die twee gérubs het dieselfde afmetings ten opsigte van hul vlerke. Albei was ook TIEN el hoog:
1Kon 6:23-27 Verder het hy in die binneste vertrek twee gérubs gemaak van oliewenhout, tien el hoog. 24 En vyf el was die een vlerk van die gérub, en vyf el was die ander vlerk van die gérub: tien el van die een punt van sy vlerke tot by die ander punt daarvan. 25 En tien el die tweede gérub: altwee die gérubs het een maat en een gestalte gehad. 26 Die hoogte van die een gérub was tien el, en net so die ander gérub. 27 Toe het hy die gérubs in die middel van die binneste vertrek gesit, en die vlerke van die gérubs was uitgesprei, sodat die vlerk van die een aan die een muur en die vlerk van die ander gérub aan die ander muur raak, terwyl hulle vlerke, na die middel van die vertrek toe, vlerk teen vlerk raak.
Die gérubs en hule uitgestrekte vlerke het letterlik die hele tempel gevul. Dit is ‘n voorstelling van hoe God se uitverkorenes Sy tempel is – God woon in hulle!
1Kor 3:16 Weet julle nie dat julle ‘n tempel van God is en die Gees van God in julle woon nie?
In ons studie oor die geestelike betekenis van getalle, het ons gesien hoe die getal “tien” die vlees voorstel. Ons is NOU (in hierdie “dag”) die woning van God as ons Sy woorde kan glo en bewaar. God openbaar Hom net aan hulle wie Sy Woord bewaar en sodoende word ons die tempel van God as Die Vader en Sy Seun in gees in ons woon!
Joh 14:20-23 In dié dag sal julle weet dat Ek in my Vader is, en julle in My, en Ek in julle. 21 Wie my gebooie het en dié bewaar, dit is hy wat My liefhet; en wie My liefhet, hóm sal my Vader liefhê, en Ek sal hom liefhê en My aan hom openbaar. 22 Judas, nie die Iskáriot nie, sê vir Hom: Here, hoe is dit dat U aan ons U sal openbaar en nie aan die wêreld nie? 23 Jesus antwoord en sê vir hom: As iemand My liefhet, sal hy my woord bewaar, en my Vader sal hom liefhê, en Ons sal na hom toe kom en by hom woning maak.
Soos reeds in detail genoem in Deel 6 van ons studiereeks, is die gérubs werkers van God wie ook aan vleeslikheid verbind is. Hulle is net so vleeslik soos ander mense, maar God het hulle uitgeroep volgens Sy meriete en hulle in hierdie lewe uitgewys as Sy spesiale eiendom vir wie Hy nou reeds toerus met Sy geestelike insigte wat hulle benodig vir hul dienswerk nou, maar veral in die komende geestelike eon.
1Kor 1:26-29 Want let op julle roeping, broeders: julle is nie baie wyse na die vlees nie, nie baie magtiges, nie baie edeles nie; 27 maar wat dwaas is by die wêreld, het God uitverkies om die wyse te beskaam; en wat swak is by die wêreld, het God uitverkies om wat sterk is, te beskaam; 28 en wat onedel is by die wêreld en wat verag is, het God uitverkies, en wat niks is nie, om wat iets is, tot niet te maak, 29 sodat geen vlees voor Hom sou roem nie.
Afbeeldings / figure van die gerubs was ook op al die mure, deure/deurposte aangebring:
In die ou dae het mure stede omsluit. Net so omsluit mure ook elke vertrek in ‘n huis. Die mure stel dus beperkings in plek – daar is net een ingang en almal wat in ‘n vertrek wil kom moet deur die deur gaan. Net so was die binneste vertrek van die tempel net toeganklik deur die ingang.
Wie was toegelaat tot die binnste vertrekke (die heilige deel en die allerheilige deel) van hierdie tempel in Jerusalem? Soos met die tabernakel was net die hoëpriester (uit die geslagslyn van Aaron) toegelaat in die allerheiligste vertrek, en die priesters (ook uit die geslagslyn van Aaron) tot die heilige deel van die tempel.
Dit is duidelik dat die gérubs orals in hierdie tempel sigbaar was – by die deur en teen elke muur was afbeeldings. Ons het reeds gesien dat twee groot beelde van gérubs in die binnevertrek aangebring was. Dit bevestig net weereens hoe God vir ons wil beklemtoon wie Sy geestelike tempel is! Die gérubs se afbeeldings stel diegene voor wat part en deel is van God se geestelike heiligdom:
Mat 22:14 Want baie is geroep, maar min uitverkies.
1Pe 2:9-10 Maar julle is ‘n uitverkore geslag, ‘n koninklike priesterdom, ‘n heilige volk, ‘n volk as eiendom verkry, om te verkondig die deugde van Hom wat julle uit die duisternis geroep het tot sy wonderbare lig, 10 julle wat vroeër geen volk was nie, maar nou die volk van God is; aan wie toe geen barmhartigheid bewys is nie, maar nou bewys is.
1Kor 3:16 Weet julle nie dat julle ‘n tempel van God is en die Gees van God in julle woon nie?
Die gérubs is die toegang, soos ons ook in Genesis 3 vers 24 gesien het.
Gen 3:24 So het Hy dan die mens weggedrywe en gérubs aan die oostekant van die tuin van Eden laat woon, met die swaard wat vlam en flikker, om die toegang tot die boom van die lewe te bewaak.
Daar is ‘n heilige orde in God se werkswyse. Niemand kan hierdie ordes verander nie. Jesus was deur die Vader aangestel om in hierdie skepping op te tree as God…
Joh 1:1-4 In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God. 2 Hy was in die begin by God. 3 Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie. 4 In Hom was lewe, en die lewe was die lig van die mense.
Net hulle wie in Jesus glo wat die geloof as gawe ontvang om Sy posisie en werke in hierdie skepping te aanvaar, word deur die Vader getrek om deel te word van hierdie Christus. Jesus is die deur (die “Weg”) na die Vader, en almal wat Hom ken en Sy stem gehoorsaam, word ook toegerus met die gees van die Vader:
Joh 14:1-7 Laat julle hart nie ontsteld word nie; glo in God, glo ook in My. 2 In die huis van my Vader is daar baie wonings; as dit nie so was nie, sou Ek dit vir julle gesê het. Ek gaan om vir julle plek te berei. 3 En as Ek gegaan en vir julle plek berei het, kom Ek weer en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is. 4 En waar Ek heengaan, weet julle en die weg ken julle. 5 Thomas sê vir Hom: Here, ons weet nie waar U gaan nie, en hoe kan ons die weg ken? 6 Jesus antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie. 7 As julle My geken het, sou julle my Vader ook geken het, en van nou af ken julle Hom en het julle Hom gesien.
Jesus is die toegang tot die geestelike lewe van die Vader. Die voorhangsel is geskeur en toegang is nou daar vir hulle wat hul eie lewe verloor vir Christus:
Mat 27:50-53 Daarop het Jesus weer met ‘n groot stem geroep en die gees gegee. 51 En kyk, die voorhangsel van die tempel het in twee geskeur, van bo tot onder, en die aarde het gebewe en die rotse het geskeur; 52 en die grafte het oopgegaan en baie liggame van die ontslape heiliges het opgestaan. 53 En ná sy opstanding het hulle uit die grafte uitgegaan en in die heilige stad ingekom en aan baie verskyn.
Heb 10:19-21 Terwyl ons dan, broeders, vrymoedigheid het om in die heiligdom in te gaan deur die bloed van Jesus 20 op die nuwe en lewende weg wat Hy vir ons ingewy het deur die voorhangsel heen, dit is sy vlees, 21 en ons ‘n groot Priester oor die huis van God het,
Net hulle wie Sy stem kan hoor is in hierdie lewe deel van Sy kudde, en word Sy herders. Hulle word dus die toegang tot die heilige dinge van God! Hulle is die gérubs van God!
Joh 10:1-16 Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie nie by die deur in die skaapstal ingaan nie, maar van ‘n ander kant af inklim, hy is ‘n dief en ‘n rower. 2 Maar hy wat by die deur ingaan, is ‘n herder van die skape. 3 Vir hom maak die deurwagter oop, en die skape luister na sy stem; en hy roep sy eie skape by hulle naam en lei hulle uit. 4 En wanneer hy sy eie skape uitgebring het, loop hy voor hulle uit; en die skape volg hom, omdat hulle sy stem ken. 5 Hulle sal ‘n vreemde nooit volg nie, maar van hom wegvlug, omdat hulle die stem van die vreemdes nie ken nie. 6 Hierdie gelykenis het Jesus aan hulle vertel; maar hulle het nie verstaan wat dit was wat Hy tot hulle gespreek het nie. 7 Jesus het toe weer vir hulle gesê: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, Ek is die deur van die skape. 8 Almal wat voor My gekom het, is diewe en rowers; maar die skape het nie na hulle geluister nie. 9 Ek is die deur; as iemand deur My ingaan, sal hy gered word, en hy sal ingaan en uitgaan en weiding vind. 10 Die dief kom net om te steel en te slag en te verwoes. Ek het gekom, dat hulle lewe en oorvloed kan hê. 11 Ek is die goeie herder. Die goeie herder lê sy lewe af vir die skape. 12 Maar die huurling en hy wat nie ‘n herder is nie, van wie die skape nie die eiendom is nie, sien die wolf kom en laat die skape staan en vlug, en die wolf vang hulle en jaag die skape uitmekaar. 13 En die huurling vlug, omdat hy ‘n huurling is en niks vir die skape omgee nie. 14 Ek is die goeie herder, en Ek ken my eie en word deur my eie geken. 15 Net soos die Vader My ken, ken Ek ook die Vader; en Ek lê my lewe af vir die skape. 16 Ek het nog ander skape wat nie aan hierdie stal behoort nie. Ek moet hulle ook lei, en hulle sal na my stem luister, en dit sal wees een kudde, een herder.