Die ‘vier lewende wesens’ – die ‘gérubs’ van God (Deel 9)

In ons studiereeks oor die wesens wat die profeet Esegiël gesien het tydens die ballingskap in Babilon, het ons reeds ‘n paar belangrike geestelike insigte bespreek wat ons help om te sien wie hierdie wesens is (lees gerus die artikels by die volgende skakels: InleidingDeel 1Deel 2Deel 3Deel 4Deel 5Deel 6Deel 7, Deel 8). Hier is die tekste in die boek van Esegiël wat ons op fokus om ons te help om ‘n paar aspekte van die vier wesens te belig:

Eseg 1:1-10  In die dertigste jaar, in die vierde maand, op die vyfde van die maand, toe ek onder die ballinge by die Kebarrivier was, is die hemele geopen en het ek gesigte van God gesien.  2  Op die vyfde van die maand—dit was die vyfde jaar van die ballingskap van koning Jójagin—  3  het die woord van die HERE uitdruklik gekom tot Eségiël, die seun van Busi, die priester, in die land van die Chaldeërs, by die Kebarrivier; en die hand van die HERE was daar op hom.  4  Toe het ek gekyk—en daar het ‘n stormwind uit die noorde gekom, ‘n groot wolk met onophoudelike vuur; en ‘n glans was rondom die wolk, en daaruit, uit die vuur, het iets soos blinkende metaal geskitter.  5  En daaruit het die gestalte van vier wesens gekom, en dit was hulle voorkoms: hulle het die gestalte van ‘n mens gehad;  6  en elkeen het vier aangesigte gehad en elkeen van hulle vier vlerke;  7  en hulle bene was reguit bene en hulle voetsole soos die sole van ‘n kalfspoot; en hulle het geglinster soos blink geskuurde koper;  8  en mensehande was onder hulle vlerke aan hulle vier kante. Maar aangaande die aangesigte en die vlerke van al vier,  9  hulle vlerke was aanmekaar verbind. Hulle het nie weggedraai as hulle gaan nie; hulle het elkeen maar reguit vorentoe gegaan.  10  En hulle aangesigte het gelyk soos die gesig van ‘n mens; en al vier het die gesig van ‘n leeu gehad aan die regterkant en al vier het die gesig van ‘n bees aan die linkerkant; ook het al vier die gesig van ‘n arend gehad.

Eseg 10:1-7  Daarna het ek gekyk—en daar was op die uitspansel, oor die hoof van die gérubs, iets soos ‘n saffiersteen; iets wat soos die gestalte van ‘n troon gelyk het, het oor hulle sigbaar geword.  2  En Hy het die man aangespreek wat met linne bekleed was, en gesê: Gaan in tussen die ratwerk onder die gérub in, en vul jou twee hande met gloeiende kole tussen die gérubs vandaan, en strooi dit oor die stad. Toe gaan hy voor my oë daar in.  3  En die gérubs het aan die regterkant van die huis gestaan toe die man daar ingaan, en die wolk het die binneste voorhof gevul.  4  Toe het die heerlikheid van die HERE van die gérub af opgestyg oor die drumpel van die huis; en die huis is gevul met die wolk, en die voorhof was vol van die glans van die HERE se heerlikheid.  5  En die geruis van die gérubs se vlerke is gehoor tot in die buitenste voorhof, soos die stem van die almagtige God as Hy spreek.  6  En toe Hy aan die man wat met linne bekleed was, bevel gegee het deur te sê: Neem vuur tussen die ratwerk, tussen die gérubs uit, het hy ingegaan en langs die wiel gaan staan.  7  Toe steek die gérub sy hand uit, tussen die gérubs uit, na die vuur wat tussen die gérubs was; en hy neem daarvan en gee dit in die twee hande van hom wat met linne bekleed was; dié het dit geneem en uitgegaan.

Ons sien dat die apostel Johannes ook vier wesens in ‘n visioen (wat hy ‘n “geopende deur in die hemel” noem) gesien het toe hy op die eiland Patmos verban was:

Open 4:1-8  Ná hierdie dinge het ek gesien kyk, ‘n geopende deur in die hemel, en die eerste stem wat ek soos ‘n basuin met my hoor spreek het, het gesê: Kom op hierheen, en Ek sal jou toon wat ná hierdie dinge moet gebeur.  2  En dadelik was ek in die Gees, en kyk, daar staan ‘n troon in die hemel en Een sit op die troon.  3  En Hy wat daarop sit, het in sy voorkoms gelyk soos die steen jaspis en sardius; en rondom die troon was ‘n reënboog wat in sy voorkoms gelyk het soos ‘n smarag.  4  En rondom die troon was daar vier en twintig trone, en op die trone het ek die vier en twintig ouderlinge sien sit, bekleed met wit klere; en hulle het goue krone op hulle hoofde gehad.  5  En daar het weerligte en donderslae en stemme uit die troon uitgegaan, en sewe vuurfakkels wat die sewe Geeste van God is, het voor die troon gebrand;  6  en voor die troon was daar ‘n see van glas soos kristal, en in die middel van die troon en rondom die troon vier lewende wesens vol oë van voor en van agter.  7  En die eerste lewende wese was soos ‘n leeu, en die tweede lewende wese was soos ‘n kalf, en die derde lewende wese het ‘n gesig gehad soos ‘n mens, en die vierde lewende wese was soos ‘n arend wat vlieg.  8  En die vier lewende wesens het elkeen vir homself ses vlerke gehad, en hulle was rondom en van binne vol oë; en hulle het sonder ophou dag en nag gesê: Heilig, heilig, heilig is die Here God, die Almagtige, wat was en wat is en wat kom!

Open 5:9-10  Toe sing hulle ‘n nuwe lied en sê: U is waardig om die boek te neem en sy seëls oop te maak, want U is geslag en het ons vir God met u bloed gekoop uit elke stam en taal en volk en nasie, 10  en het ons konings en priesters vir onse God gemaak, en ons sal as konings op die aarde heers. 

Ons het ook gesien dat die profeet Jesaja ook wesens rondom die troon van God in ‘n soortgelyke visioen gesien het, wat baie ooreenstem met die vier wesens van Esegiel en Johannes. Jesaja noem hulle egter ‘n ander naam, naamlik serafs:

Jes 6:1-7  In die sterfjaar van koning Ussía het ek die Here sien sit op ‘n hoë en verhewe troon, terwyl sy some die tempel gevul het.  2  Serafs het bo Hom gestaan; elkeen het ses vlerke gehad: met twee het hy sy aangesig bedek, en met twee het hy sy voete bedek, en met twee het hy gevlieg.  3  En die een het die ander toegeroep en gesê: Heilig, heilig, heilig is die HERE van die leërskare. Die hele aarde is van sy heerlikheid vol!  4  En die drumpelposte het gebewe van die geluid van die roepers, en die huis het vol rook geword.  5  Toe het ek gesê: Wee my, ek is verlore! Want ek is ‘n man onrein van lippe en woon onder ‘n volk wat onrein van lippe is; want my oë het die Koning, die HERE van die leërskare, gesien!  6  Maar een van die serafs het na my toe gevlieg met ‘n gloeiende kool in sy hand, wat hy met ‘n tang van die altaar af geneem het,  7  en my mond daarmee aangeraak en gesê: Kyk, dit het jou lippe aangeraak, en jou skuld is weg en jou sonde versoen.

Jesaja en Johannes maak melding dat die wesens met mekaar kommunikeer. Jesaja hoor die serafs roep mekaar toe met die woorde…”Heilig, heilig, heilig is die HERE van die leërskare. Die hele aarde is van sy heerlikheid vol!” Johannes hoor ook hoe die wesens sonder ophou dag en nag sê…”Heilig, heilig, heilig is die Here God, die Almagtige, wat was en wat is en wat kom!” Johannes teken ook vir ons ‘n lied aan wat die vier wesens en die vier-en-twintig ouderlinge saam sing…

Open 5:8-10  en toe Hy die boek neem, val die vier lewende wesens en die vier en twintig ouderlinge voor die Lam neer, elkeen met siters en goue skale vol reukwerk, wat die gebede van die heiliges is.  9  Toe sing hulle ‘n nuwe lied en sê: U is waardig om die boek te neem en sy seëls oop te maak, want U is geslag en het ons vir God met u bloed gekoop uit elke stam en taal en volk en nasie,  10  en het ons konings en priesters vir onse God gemaak, en ons sal as konings op die aarde heers.

In die woorde wat hulle mekaar toeroep en wat hulle sing kan ons weereens duidelik aflei wie hierdie wesens verteenwoordig. Hierdie wesens is simboliese figure wat diegene verteenwoordig wat verlossing ontvang van hul vleeslikheid en die sonde, deur Jesus Christus. Hulle is mense wat kom uit elke aardse stam, taal, volk en nasie! Hulle sê ook dat hulle priesters gemaak is deur God, en dat hulle op die aarde sal regeer! Almal wie hierdie getuienis van Jesus in hulself dra, assosieer persoonlik en intiem met hierdie simboliese wesens. Hierdie getuies van Jesus Christus neem ook die volgende woorde van Jesus baie ernstig op:

Mat 4:4  Maar Hy antwoord en sê: Daar is geskrywe: Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat deur die mond van God uitgaan.

God het elke mens se lewenspad vooruit bepaal toe Hy alles wat ons gaan beleef vooruit in Sy boek geskryf het. Hierdie getuies van Jesus het geloof ontvang om die volgende woorde te aanvaar, en daarom kan hulle ook sien hoe dit moontlik is dat elke mens persoonlik van elke woord van God leef.

Psa 139:16  U oë het my ongevormde klomp gesien; en in u boek is hulle almal opgeskrywe: dae dat alles bepaal was, toe nog geeneen van hulle daar was nie.

Die getuies van Jesus Christus assosieer derhalwe 100% met die woorde wat die vier wesens aan God sing:

“U is waardig om die boek te neem en sy seëls oop te maak, want U is geslag en het ons vir God met u bloed gekoop uit elke stam en taal en volk en nasie,  en het ons konings en priesters vir onse God gemaak, en ons sal as konings op die aarde heers”

Die boek van hul lewens is geopen en die getuies van Christus sing hartlik saam met almal vir wie die Vader na Jesus trek om nou deur God geleer word van Sy plan vir die mensdom en hierdie hele skepping!

Joh 6:44-45  Niemand kan na My toe kom as die Vader wat My gestuur het, hom nie trek nie; en Ek sal hom opwek in die laaste dag.  45  Dit is geskrywe in die profete: En hulle sal almal deur God geleer wees. Elkeen dan wat dit van die Vader gehoor en geleer het, kom na My toe.

Open 1:1-3  Die openbaring van Jesus Christus wat God Hom gegee het om aan sy diensknegte te toon wat gou moet gebeur, en wat Hy deur die sending van sy engel aan sy dienskneg Johannes te kenne gegee het,  2  wat getuig het van die woord van God en die getuienis van Jesus Christus alles wat hy gesien het.  3  Salig is hy wat die woorde van die profesie lees, en die wat dit hoor en bewaar wat daarin geskrywe is, want die tyd is naby.

Kom ons noem twee dinge wat uitstaan in die woorde wat hierdie wesens sing en aan mekaar toeroep:

  • “U (Christus) is geslag en het ons vir God met u bloed gekoop uit elke stam en taal en volk en nasie”;
  • “U het ons konings en priesters vir onse God gemaak, en ons sal as konings op die aarde heers”.

Ons bespreek nou elkeen van hierdie aannames afsonderlik soos die Skrifte dit aan ons verder uitbrei en bevestig in ons eie lewe.

U is geslag en het ons vir God met u bloed gekoop uit elke stam en taal en volk en nasie”:

Jesus Christus het inderdaad gesterf vir die sonde van die hele wêreld, maar hierdie boodskap en sy volle diepe betekenis en impak word aanvanklik net aan die klein getal verlostes geopenbaar deur die Vader:

1Kor 15:1-3  Broeders, ek maak julle die evangelie bekend wat ek aan julle verkondig het, wat julle ook aangeneem het, waarin julle ook staan,  2  waardeur julle ook gered word as julle daaraan vashou op die wyse waarop ek dit aan julle verkondig het, of julle moet tevergeefs geglo het.  3  Want in die eerste plek het ek aan julle oorgelewer wat ek ook ontvang het, dat Christus vir ons sondes gesterf het volgens die Skrifte;

1Jn 4:13-14  Hieraan weet ons dat ons in Hom bly en Hy in ons, dat Hy ons van sy Gees gegee het.  14  En ons het aanskou en ons getuig dat die Vader die Seun as Verlosser van die wêreld gestuur het.

Soos ‘n lam wat na die slagplek gelei word en soos ‘n skaap wat stom is voor sy skeerders, het Jesus gewilliglik gesterf aan ‘n kruis:

Jes 53:6-7  Ons almal het gedwaal soos skape, ons het elkeen sy eie pad geloop; maar die HERE het die ongeregtigheid van ons almal op Hom laat neerkom.  7  Hy is mishandel, hoewel Hy onderworpe was, en Hy het sy mond nie oopgemaak nie; soos ‘n lam wat na die slagplek gelei word en soos ‘n skaap wat stom is voor sy skeerders—ja, Hy het sy mond nie oopgemaak nie.

Almal wie met hierdie Lam van God assosieer, gaan deur dieselfde proses om deur God se oordeel te gaan – hulle word op dieselfde wyse deur die wêreld verwerp, “want soos Hy is, is ons ook in hierdie wêreld”:

1Jn 4:17  Hierin het die liefde by ons volmaak geword, dat ons vrymoedigheid kan hê in die oordeelsdag; want soos Hy is, is ons ook in hierdie wêreld.

Die uitverkorenes in Christus is net soos Hy en gaan deur dieselfde kruisiging van die vlees:

Mat 10:38-39  En wie sy kruis nie neem en agter My volg nie, is My nie waardig nie.  39  Wie sy lewe vind, sal dit verloor; en wie sy lewe verloor om My ontwil, sal dit vind.

Gal 2:20  Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van God wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het.

Die uitverkorenes inn Christus assosieer 100% met die konsep van slagskape…

Mat 10:16  Kyk, Ek stuur julle soos skape onder die wolwe in; wees dan versigtig soos die slange en opreg soos die duiwe.

Rom 8:36  Soos geskrywe is: Om U ontwil word ons die hele dag gedood, ons is gereken as slagskape.

God se oordeel word in hierdie lewe op die gemeente in Christus (die huis van God) voltrek:

1Pe 4:17  Want die tyd is daar dat die oordeel moet begin by die huis van God. En as dit eers by ons begin, wat sal die einde wees van die wat aan die evangelie van God ongehoorsaam is?

God se noodsaaklike oordeel oor die vlees begin by die kerk, en sal op ‘n latere geleentheid op die res van die mensdom gebring word. Die gemeente in Christus word nou van hul vleeslikheid verlos want God se oordeel leer ons van Christus se waardevolle en hoogsbelangrike geregtigheid waarmee die uitverkorenes geestelik beklee word. Hul ou klere word afgehaal en hul bruilofskleed word aangetrek:

Jes 26:9  Met my siel begeer ek u in die nag; ook met my gees in my binneste soek ek U; want as u oordele op die aarde is, leer die inwoners van die wêreld geregtigheid.

Daar is net een Kerk, een liggaam van Christus Jesus, waarin Sy uitverkorenes in hierdie lewe saamgebring word, uit die uithoeke van die aarde.

1Kor 12:12-14  Want net soos die liggaam een is en baie lede het, en al die lede van die een liggaam, al is hulle baie, een liggaam is, so ook Christus.  13  Want ons is almal ook deur een Gees gedoop tot een liggaam, of ons Jode of Grieke is, slawe of vrymanne; en ons is almal van een Gees deurdronge.  14  Want ook die liggaam is nie een lid nie, maar baie.

Hierdie groep is ‘n baie klein groep wat in hierdie eeu verlos word van die vleeslikheid (die vlees word besny). Hulle sing inderdaad…”U (Christus) is geslag en het ons vir God met u bloed gekoop uit elke stam en taal en volk en nasie”. Hulle word saamgevoeg in die nuwe geestelike Israel van God, soos Paulus se woorde ook God se wil uitdruk:

Efes 2:11-22  Daarom, onthou dat julle wat vroeër heidene in die vlees was en onbesnedenes genoem word deur die sogenaamde besnydenis wat in die vlees met hande verrig word,  12  dat julle in dié tyd sonder Christus was, vervreemd van die burgerskap van Israel en vreemdelinge ten aansien van die verbonde van die belofte, sonder hoop en sonder God in die wêreld.  13  Maar nou in Christus Jesus het julle wat vroeër ver was, naby gekom deur die bloed van Christus.  14  Want Hy is ons vrede, Hy wat albei een gemaak en die middelmuur van skeiding afgebreek het  15  deurdat Hy in sy vlees die vyandskap tot niet gemaak het, naamlik die wet van gebooie wat in insettinge bestaan; sodat Hy, deur vrede te maak, die twee in Homself tot een nuwe mens kon skep  16  en albei in een liggaam met God kon versoen deur die kruis, nadat Hy daaraan die vyandskap doodgemaak het.  17  En Hy het die evangelie van vrede kom verkondig aan julle wat ver was en aan die wat naby was;  18  want deur Hom het ons albei die toegang deur een Gees tot die Vader.  19  So is julle dan nie meer vreemdelinge en bywoners nie, maar medeburgers van die heiliges en huisgenote van God,  20  gebou op die fondament van die apostels en profete, terwyl Jesus Christus self die hoeksteen is,  21  in wie die hele gebou, goed saamgevoeg, verrys tot ‘n heilige tempel in die Here,  22  in wie julle ook saam opgebou word tot ‘n woning van God in die Gees.

Gal 6:14-16  Maar wat my betref, mag ek nooit roem nie, behalwe in die kruis van onse Here Jesus Christus, deur wie die wêreld vir my gekruisig is en ek vir die wêreld.  15  Want in Christus Jesus het nòg die besnydenis nòg die onbesnedenheid enige krag, maar ‘n nuwe skepsel.  16  En mag daar vrede en barmhartigheid wees oor almal wat sal wandel volgens hierdie reël, en oor die Israel van God!

U het ons konings en priesters vir onse God gemaak, en ons sal as konings op die aarde heers”:

“Konings en priesters” is twee take wat vir die Kerk van Christus uitgesit is. Die konsep van “konings” verwys na heerskappy. Eerstens kry die gemeente in Christus die krag om oor sonde in hul eie lewe te heers…

Fil 2:12-13  Daarom, my geliefdes, soos julle altyd gehoorsaam gewees het, nie in my teenwoordigheid alleen nie, maar baie meer nou in my afwesigheid, werk julle eie heil uit met vrees en bewing;  13  want dit is God wat in julle werk om te wil sowel as om te werk na sy welbehae.

Rom 6:17-18  Maar ons dank God dat julle wel diensknegte van die sonde was, maar van harte gehoorsaam geword het aan die voorbeeld van die leer wat aan julle oorgelewer is,  18  en, vrygemaak van die sonde, het julle diensbaar geword aan die geregtigheid.

Rom 6:22  Maar nou dat julle vrygemaak is van die sonde en diensbaar geword het aan God, het julle jul vrug tot heiligmaking en uiteindelik die ewige lewe.

Die innerlike toepassing van heerskappy is inderdaad primêr, want dit vestig die gewete van God se heerskappy in ons eie lewe wat later na die uiterlike toepassing verskuif:

Open 2:26-29  En aan hom wat oorwin en my werke tot die einde toe bewaar, sal Ek mag oor die nasies gee,  27  en hy sal hulle regeer met ‘n ysterstaf; soos erdegoed word hulle verbrysel, net soos Ek ook van my Vader ontvang het.  28  En Ek sal hom die môrester gee.  29  Wie ‘n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê.

Die uiterlike toepassing van heerskappy volg nadat ons as oorwinnars oor sonde en vlees in ons eie lewe volhard het:

Mat 24:13-14  Maar wie volhard tot die einde toe, hy sal gered word.  14  En hierdie evangelie van die koninkryk sal verkondig word in die hele wêreld tot ‘n getuienis vir al die nasies; en dan sal die einde kom.

1Ti 4:14-16  Verwaarloos nie die genadegawe wat in jou is nie, wat jou gegee is deur die profesie met die handoplegging van die ouderlinge.  15  Wees vlytig in hierdie dinge, leef daarin, sodat jou vooruitgang vir almal duidelik kan wees.  16  Let op jouself en op die leer; volhard daarin; want deur dit te doen, sal jy jouself red sowel as die wat jou hoor.

Christus se uitverkorenes sal wel ook op die huidige aarde regeer tydens die Christusryk op aarde:

Open 20:4-6  En ek het trone gesien, en hulle het daarop gaan sit, en aan hulle is die oordeel gegee; en ek het die siele gesien van die wat onthoof is oor die getuienis van Jesus en oor die woord van God, en die wat die dier en sy beeld nie aanbid het nie, en die merk op hulle voorhoof en op hulle hand nie ontvang het nie; en hulle het geleef en as konings geregeer saam met Christus die duisend jaar lank.  5  En die ander dode het nie herlewe totdat die duisend jaar voleindig was nie. Dit is die eerste opstanding.  6  Salig en heilig is hy wat deel het aan die eerste opstanding; oor hulle het die tweede dood geen mag nie, maar hulle sal priesters van God en van Christus wees en sal saam met Hom as konings regeer duisend jaar lank.

Tweedens, is die kerk van Christus inderdaad priesters – hulle is God se heilige priestervolk wat aan Hom toegewyd is:

1Pe 2:9-12  Maar julle is ‘n uitverkore geslag, ‘n koninklike priesterdom, ‘n heilige volk, ‘n volk as eiendom verkry, om te verkondig die deugde van Hom wat julle uit die duisternis geroep het tot sy wonderbare lig,  10  julle wat vroeër geen volk was nie, maar nou die volk van God is; aan wie toe geen barmhartigheid bewys is nie, maar nou bewys is.  11  Geliefdes, ek vermaan julle as bywoners en vreemdelinge om julle te onthou van vleeslike begeertes wat stryd voer teen die siel;  12  en hou julle lewenswandel onder die heidene skoon, sodat as hulle van julle kwaad spreek soos van kwaaddoeners, hulle op grond van die goeie werke wat hulle aanskou, God kan verheerlik in die dag van besoeking.

Hulle bedien eerstens God! God se ware uitverkorenes offer nie om deur mense gesien en deur mense geëer te word nie:

Rom 12:1  Ek vermaan julle dan, broeders, by die ontferminge van God, dat julle jul liggame stel as ‘n lewende, heilige en aan God welgevallige offer dit is julle redelike godsdiens.

Die witgewasde verlosdes in Christus sal as priesters optree tydens die Christusryk op aarde en tydens die groot wit troon-oordeel. Ja, hulle is die berg van Sion…hulle is die groot wit troon…hulle is die poel van vuur)

Oba 1:21  Dan sal daar verlossers die berg Sion opgaan om die gebergte van Esau te oordeel, en die koninkryk sal aan die HERE toebehoort.

Heb 1:7  En van die engele sê Hy wel: Hy wat van sy boodskappers winde maak en van sy dienaars vuurvlamme.

Open 20:11-15  En ek het ‘n groot wit troon gesien en Hom wat daarop sit, voor wie se aangesig die aarde en die hemel weggevlug het; en daar is geen plek vir hulle gevind nie.  12  En ek het die dode, klein en groot, voor God sien staan, en die boeke is geopen; en ‘n ander boek, die boek van die lewe, is geopen. En die dode is geoordeel na wat in die boeke geskryf is, volgens hulle werke.  13  En die see het die dode gegee wat daarin was, en die dood en die doderyk het die dode gegee wat daarin was; en hulle is geoordeel, elkeen volgens sy werke.  14  En die dood en die doderyk is in die poel van vuur gewerp. Dit is die tweede dood.  15  En as dit bevind is dat iemand nie opgeskryf was in die boek van die lewe nie, is hy in die poel van vuur gewerp.

About 4windkoinonia

Want let op julle roeping, broeders: julle is nie baie wyse na die vlees nie, nie baie magtiges, nie baie edeles nie; maar wat dwaas is by die wêreld, het God uitverkies om die wyse te beskaam; en wat swak is by die wêreld, het God uitverkies om wat sterk is, te beskaam; en wat onedel is by die wêreld en wat verag is, het God uitverkies, en wat niks is nie, om wat iets is, tot niet te maak, sodat geen vlees voor Hom sou roem nie. (1Kor 1:26-29)
This entry was posted in Lees eers hier. Bookmark the permalink.