In die begin het God (die “ĕlôhı̂ym” in Hebreeus) die hemel en die aarde geskep:
Gen 1:1 In die begin het God [Hebreeus: ĕlôhı̂ym] die hemel en die aarde geskape.
Die woord “ĕlôhı̂ym” is die meervoudsvorm van “ĕlôahh” in die Hebreeuse taal, en hierdie “ĕlôhı̂ym” wie betrokkke was by die skeppingsproses word aan ons verduidelik deur ander Skrifte, soos ons ook leer om nie buite die veilige raamwerk van die Skrifte te gaan om waarheid te vind nie (Ps 119:60; 2Kor 13:1; 1Kor 2:13; 1Kor 4:6; 2Pet 1:20):
1Kor 8:6 tog is daar vir ons maar een God, die Vader uit wie alles is, en ons tot Hom, en een Here Jesus Christus deur wie alles is, en ons deur Hom.
Joh 1:1-3 In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God. 2 Hy was in die begin by God. 3 Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie.
Alles wat in hierdie skepping is, het hul begin en einde by die een God, die Vader, en word deur die een Here, Jesus Christus, uitgevoer tot eer van die Vader. Jesus is inderdaad die “yehôvâh” van die Ou Testament:
Jes 45:5-7 Ek is die HERE [Hebreeus: “yehôvâh”], en daar is geen ander nie; buiten My is daar geen God nie; Ek omgord jou, hoewel jy My nie geken het nie, 6 sodat hulle kan weet van die opgang van die son en van sy ondergang af dat daar buiten My geeneen is nie; Ek is die HERE [Hebreeus: “yehôvâh”], en daar is geen ander nie; 7 wat die lig formeer en die duisternis skep, die heil bewerk en die onheil skep: Ek, die HERE [Hebreeus: “yehôvâh”], is dit wat al hierdie dinge doen.
Jesus sê oop en bloot dat Hy die HERE “yehôvâh” is, die “EK IS”, en baie mense kan dit net nie aanvaar nie omdat hulle nie die geloof gegee word om hierdie waarheid te sien nie, selfs al noem hulle hulself “Jode” of gelowiges wie Jesus volg. Baie volg Jesus vir aardse seëninge, maar hulle “BLY” nie IN Sy Woord nie – hulle kan nie die dieper geestelike betekenisse in Sy Woord aanvaar nie en dit in hul eie lewe herken en toepas nie (Joh 6:63). Maar dit is net hulle wie IN Sy Woord “BLY”, wie die waarheid ken en wie Sy ware dissipels (volgelinge) is, volgens Jesus:
Joh 8:28-32 En Jesus sê vir hulle: Wanneer julle die Seun van die mens verhoog het, dan sal julle weet dat dit Ek is; en uit Myself doen Ek niks nie; maar net wat my Vader My geleer het, dit spreek Ek. 29 En Hy wat My gestuur het, is met My; die Vader het My nie alleen gelaat nie, omdat Ek altyd doen wat Hom welgevallig is. 30 Terwyl Hy hierdie dinge spreek, het baie in Hom geglo. 31 En Jesus sê vir die Jode wat in Hom geglo het: As julle in my woord bly, is julle waarlik my dissipels. 32 En julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak.
Joh 8:48-59 Die Jode antwoord toe en sê vir Hom: Sê ons nie met reg dat U ‘n Samaritaan is en van die duiwel besete is nie? 49 Jesus antwoord: Ek is nie van die duiwel besete nie; maar Ek eer my Vader, en julle doen My oneer aan. 50 En Ek soek nie my eer nie; daar is Een wat dit soek en wat oordeel. 51 Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, as iemand my woord bewaar, sal hy die dood in der ewigheid nie sien nie. 52 Toe sê die Jode vir Hom: Nou weet ons dat U van die duiwel besete is. Abraham het gesterwe en die profete, en U sê: As iemand my woord bewaar, sal hy die dood in der ewigheid nie smaak nie. 53 Is U dan groter as ons vader Abraham wat gesterf het? En die profete het gesterwe. Vir wie gee U Uself uit? 54 Jesus antwoord: As Ek Myself verheerlik, is my heerlikheid niks nie. Dit is my Vader wat My verheerlik, van wie julle sê dat Hy julle God is. 55 En julle ken Hom nie, maar Ek ken Hom; en as Ek sê dat Ek Hom nie ken nie, sal Ek soos julle ‘n leuenaar wees. Maar Ek ken Hom en bewaar sy woord. 56 Abraham, julle vader, het hom verheug dat hy my dag sou sien; en hy het dit gesien en het hom verbly. 57 Toe sê die Jode vir Hom: U is nog nie vyftig jaar oud nie, en het U Abraham gesien? 58 Jesus sê vir hulle: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, voordat Abraham was, is Ek. 59 Hulle het toe klippe opgetel om Hom te stenig; maar Jesus het stilletjies uit die tempel gegaan en tussen hulle deurgeloop; en so het Hy vertrek.
Die Vader het Sy woorde (Sy wese) vertrou aan die HERE Jesus Christus, en Jesus het self die Woord geword – die volle wese van die Vader was aan Jesus gegee:
Fil 2:6 Hy, wat in die gestalte van God was, het dit geen roof geag om aan God gelyk te wees nie,
Joh 1:1-3 In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God. 2 Hy was in die begin by God.
Dit is ‘n verborgenheid om te kan sien wat die Woord van God behels, en deur die Woord te bewaar word ‘n persoon deel van die wese en lewe van die Godheid:
Joh 17:1-8 Dit het Jesus gespreek, en Hy het sy oë na die hemel opgehef en gesê: Vader, die uur het gekom; verheerlik u Seun, sodat u Seun U ook kan verheerlik— 2 soos U Hom mag oor alle vlees gegee het, sodat Hy aan almal wat U Hom gegee het, die ewige lewe kan gee. 3 En dit is die ewige lewe, dat hulle U ken, die enige waaragtige God, en Jesus Christus wat U gestuur het. 4 Ek het U verheerlik op die aarde. Die werk wat U My gegee het om te doen, het Ek volbring. 5 En nou, Vader, verheerlik My by Uself met die heerlikheid wat Ek by U gehad het voordat die wêreld was. 6 Ek het u Naam geopenbaar aan die mense wat U My uit die wêreld gegee het. Hulle het aan U behoort, en U het hulle aan My gegee, en hulle het u woord bewaar. 7 Nou weet hulle dat alles wat U My gegee het, van U kom. 8 Want die woorde wat U My gegee het, het Ek aan hulle gegee; en hulle het dit ontvang en waarlik erken dat Ek van U uitgegaan het, en hulle het geglo dat U My gestuur het.
Dit is die belangrike orde en lynfunksie wat binne die Godheid bestaan en wat saak maak as ons God se plan en werk binne hierdie huidige skepping wil verstaan. Die mens het geen manier om die wese en lewe van die Godheid (die Vader en die Seun) se geestelike dinge te verstaan en deelagtig te word as God Homself nie. Hy doen dit deur Sy Woord, Jesus Christus…
Heb 1:1-3 Nadat God baiekeer en op baie maniere in die ou tyd gespreek het tot die vaders deur die profete, het Hy in hierdie laaste dae tot ons gespreek deur die Seun 2 wat Hy as erfgenaam van alles aangestel het, deur wie Hy ook die wêreld gemaak het. 3 Hy, wat die afskynsel is van sy heerlikheid en die afdruksel van sy wese en alle dinge dra deur die woord van sy krag, nadat Hy deur Homself die reiniging van ons sondes bewerk het, het gaan sit aan die regterhand van die Majesteit in die hoogte.
“…want uit Hom en deur Hom en tot Hom is alle dinge. Syne is die heerlikheid tot in ewigheid. Amen“.
Rom 11:33-36 o Diepte van die rykdom en wysheid en kennis van God! Hoe ondeurgrondelik is sy oordele en onnaspeurlik sy weë! 34 Want wie het die gedagte van die Here geken, of wie was sy raadsman gewees? 35 Of wie het eers iets aan Hom gegee, dat dit hom vergeld moet word? 36 Want uit Hom en deur Hom en tot Hom is alle dinge. Syne is die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.
Die natuurlike mens kan nie die wese en omvang van God verstaan nie en die mens kan ook nie God se werke begryp nie.
1Kor 2:14 Maar die natuurlike mens neem die dinge van die Gees van God nie aan nie; want dit is vir hom dwaasheid, en hy kan dit nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel word.
Jesus Christus alleenlik verstaan die wese van die Vader want die Vader het hierdie wese en kennis aan Christus geskenk.
Heb 1:3 Hy [die Seun], wat die afskynsel is van Sy heerlikheid en die afdruksel van Sy wese en alle dinge dra deur die woord van sy krag…
Kol 1:15 Hy [Christus] is die Beeld van die onsienlike God [die Vader], die Eersgeborene van die hele skepping.
Mat 11:27 Alles is aan My oorgegee deur my Vader, en niemand ken die Seun nie, behalwe die Vader; ook ken niemand die Vader nie, behalwe die Seun en elkeen aan wie die Seun dit wil openbaar.
Die Vader het Jesus bo alles in hierdie skepping geplaas en Hom as God oor alles in hierdie skepping aangestel:
Heb 1:9-10 U het geregtigheid liefgehad en ongeregtigheid gehaat; daarom het, o God, u God U gesalf met vreugde-olie bo u metgeselle; 10 en: U, o Here, het in die begin die aarde gegrondves en die hemele is werke van u hande.
Kol 1:16-17 want in Hom is alle dinge geskape wat in die hemele en op die aarde is, wat sienlik en onsienlik is, trone sowel as heerskappye en owerhede en magte—alle dinge is deur Hom en tot Hom geskape. 17 En Hy is voor alle dinge, en in Hom hou alle dinge stand.
Joh 1:1-3 In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God. 2 Hy was in die begin by God. 3 Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie.
Mat 28:18 En Jesus het nader gekom en met hulle gespreek en gesê: Aan My is gegee alle mag in die hemel en op aarde.
Die Vader het Jesus opgestel as God en Here om selfs aanbid te word…
Heb 1:6 En wanneer Hy weer die Eersgeborene in die wêreld inbring, sê Hy: En al die engele van God moet Hom aanbid.
Mat 28:9 En terwyl hulle op weg was om dit aan sy dissipels te vertel, kom Jesus hulle meteens teë en sê: Wees gegroet! Toe kom hulle nader en gryp sy voete en aanbid Hom.
Open 4:8-11 En die vier lewende wesens het elkeen vir homself ses vlerke gehad, en hulle was rondom en van binne vol oë; en hulle het sonder ophou dag en nag gesê: Heilig, heilig, heilig is die Here God, die Almagtige, wat was en wat is en wat kom! En elke keer as die lewende wesens heerlikheid en eer en danksegging gee aan Hom wat op die troon sit, wat tot in alle ewigheid lewe, val die vier en twintig ouderlinge neer voor Hom wat op die troon sit, en aanbid Hom wat tot in alle ewigheid lewe, en werp hulle krone voor die troon en sê, U is waardig, o Here, om te ontvang die heerlikheid en die eer en die krag, want U het alles geskape en deur u wil bestaan hulle en is hulle geskape.
Open 14:7 En hy [die engel] het met ‘n groot stem gesê: Vrees God en gee Hom heerlikheid, want die uur van sy oordeel het gekom; en aanbid Hom wat die hemel en die aarde en die see en die waterfonteine gemaak het.
Jesus het heerskappy oor alles gekry van die Vader, maar moes vir ‘n kort tyd “minder as die engele gemaak word” om die weg te baan vir “baie kinders” van God wat ook in vlees is, om Hom te volg om verlossing te ontvang van hul vleeslikheid en deel te kan hê aan die geestelike heerlikheid van die Vader!
Heb 2:9-18 maar ons sien Hom, naamlik Jesus, wat vir ‘n kort tydjie minder as die engele gemaak is, vanweë die lyde van die dood met heerlikheid en eer gekroon, sodat Hy deur die genade van God vir elkeen die dood sou smaak. 10 Want dit het Hom betaam, ter wille van wie alle dinge en deur wie alle dinge is, as Hy baie kinders na die heerlikheid wou bring, om die bewerker van hulle saligheid deur lyde te volmaak. 11 Want Hy wat heilig maak, sowel as hulle wat geheilig word, is almal uit Een; om hierdie rede skaam Hy Hom nie om hulle broeders te noem nie, 12 wanneer Hy sê: Ek sal u Naam aan my broeders verkondig, in die midde van die gemeente sal Ek U prys; 13 en verder: Ek sal my vertroue op Hom stel; en verder: Hier is Ek en die kinders wat God My gegee het. 14 Aangesien die kinders dan vlees en bloed deelagtig is, het Hy dit ook op dieselfde manier deelagtig geword, sodat Hy deur die dood hom tot niet kon maak wat mag oor die dood het—dit is die duiwel— 15 en almal kon bevry wat hulle hele lewe lank uit vrees vir die dood aan slawerny onderworpe was. 16 Want waarlik, Hy bekommer Hom nie oor die engele nie, maar oor die geslag van Abraham bekommer Hy Hom. 17 Daarom moes Hy in alle opsigte aan sy broeders gelyk word, sodat Hy ‘n barmhartige en getroue hoëpriester kon wees in die dinge wat in betrekking tot God staan, om die sondes van die volk te versoen. 18 Want deurdat Hy self onder versoeking gely het, kan Hy dié help wat versoek word.
Jesus is eerstens die Hoof van Sy gemeente wie die Vader nou versamel tydens hierdie aardse periode om aan hulle ‘n spesiale plek te gee in Sy koninkryk…
Kol 1:18 En Hy is die Hoof van die liggaam, naamlik die gemeente; Hy wat die begin is, die Eersgeborene uit die dode, sodat Hy in alles die eerste kan wees.
Efes 1:22 En Hy [die Vader] het alle dinge onder sy voete onderwerp en Hom as Hoof bo alle dinge aan die gemeente gegee.
Joh 6:44-45 Niemand kan na My toe kom as die Vader wat My gestuur het, hom nie trek nie; en Ek sal hom opwek in die laaste dag. 45 Dit is geskrywe in die profete: En hulle sal almal deur God geleer wees. Elkeen dan wat dit van die Vader gehoor en geleer het, kom na My toe.
Efes 5:23-27 Want die man is die hoof van die vrou, soos Christus ook Hoof is van die gemeente; en Hy is die Verlosser van die liggaam. 24 Maar soos die gemeente aan Christus onderdanig is, so moet die vroue dit ook in alles aan hul eie mans wees. 25 Manne, julle moet jul eie vroue liefhê, soos Christus ook die gemeente liefgehad en Homself daarvoor oorgegee het 26 om dit te heilig, nadat Hy dit gereinig het met die waterbad deur die woord, 27 sodat Hy die gemeente voor Hom kon stel, verheerlik, sonder vlek of rimpel of iets dergeliks; maar dat dit heilig en sonder gebrek sou wees.
Hierdie klein groep mense wat uitverkies was deur die Vader voor die grondlegging van die wêreld, gaan later gebruik word om die res van mensdom (“almal in Adam”) deur hulle eie persoonlike proses te neem sodat hulle ook die geestelike lewe van die Vader en Sy Seun ten volle deelagtig kan word (hulle sal “almal in Christus lewend gemaak word”). Dit is die taak wat die Vader aan Hom opgedra het wat Hy dan ook 100% suksesvol sal voltooi:
1Kor 15:22-28 Want soos hulle almal in Adam sterwe, so sal hulle ook almal in Christus lewend gemaak word; 23 maar elkeen in sy eie orde: as eersteling Christus, daarna die wat aan Christus behoort by sy koms. 24 Daarna kom die einde, wanneer Hy die koninkryk aan God die Vader oorgee, as Hy alle heerskappy en alle gesag en mag vernietig het. 25 Want Hy moet as koning heers totdat Hy al sy vyande onder sy voete gestel het. 26 Die laaste vyand wat vernietig word, is die dood. 27 Want Hy het alles aan sy voete onderwerp, maar wanneer Hy sê dat alles onderwerp is, is dit duidelik dat Hy uitgesonder is wat alles aan Hom onderwerp het. 28 En wanneer alles aan Hom onderwerp is, dan sal ook die Seun self Hom onderwerp aan die Een wat alles aan Hom onderwerp het, sodat God alles in almal kan wees.
Die aandag is dus nou uitsluitlik op hierdie Christus, en wie glo hierdie woorde wat die profeet Jesaja so duidelik neergeskryf het?
Jes 45:5-7 Ek is die HERE, en daar is geen ander nie; buiten My is daar geen God nie; Ek omgord jou, hoewel jy My nie geken het nie, 6 sodat hulle kan weet van die opgang van die son en van sy ondergang af dat daar buiten My geeneen is nie; Ek is die HERE, en daar is geen ander nie; 7 wat die lig formeer en die duisternis skep, die heil bewerk en die onheil skep: Ek, die HERE, is dit wat al hierdie dinge doen.
Jesus is deur die Vader aangestel as die “Son” van hierdie skepping – die kern waarom alles draai en alles belig en lewe gee. Ons almal begin eers in duisternis en ons is totaal onkundig oor die Godheid en die plan van God met hierdie skepping. Voordat God die aardse son en ander ligte in die hemel geplaas het, het Hy die Lig van die wêreld, Jesus Christus, na vore gebring!
Gen 1:1-2 In die begin het God die hemel en die aarde geskape. 2 En die aarde was woes en leeg, en duisternis was op die wêreldvloed, en die Gees van God het gesweef op die waters.
Ja, die Vader was voor Jesus, en Jesus het “uit” die Vader gegaan – hierdie orde is belangrik om van kennis te neem en om dit te glo!
Joh 13:3 …..Jesus, omdat Hy wis dat die Vader alles in sy hande gegee het en dat Hy van God uitgegaan het en na God heengaan…
Joh 16:27 want die Vader self het julle lief, omdat julle My liefgehad en geglo het dat Ek van God uitgegaan het.
Joh 16:30 Nou weet ons dat U alles weet en nie nodig het dat iemand U iets vra nie. Daarom glo ons dat U van God uitgegaan het.
Joh 17:8 Want die woorde wat U My gegee het, het Ek aan hulle gegee; en hulle het dit ontvang en waarlik erken dat Ek van U uitgegaan het, en hulle het geglo dat U My gestuur het.
Die Vader het geen begin nie, maar Jesus is “die begin van die skepping” van die Vader, “die Eersgeborene van die hele skepping”!
Open 3:14 En skryf aan die engel van die gemeente van die Laodicense: Dít sê die Amen, die getroue en waaragtige Getuie, die begin van die skepping van God.
Kol 1:15 Hy is die Beeld van die onsienlike God, die Eersgeborene van die hele skepping;
Die Lig, Jesus Christus, was reeds daar voordat die natuurlike ligte van hierdie skepping op dag vier na vore geroep was…
Gen 1:3-5 En God het gesê: Laat daar lig wees! En daar was lig. 4 Toe sien God dat die lig goed was. En God het skeiding gemaak tussen die lig en die duisternis; 5 en God het die lig dag genoem, en die duisternis het Hy nag genoem. En dit was aand en dit was môre, die eerste dag.
Gen 1:14-19 En God het gesê: Laat daar ligte wees aan die uitspansel van die hemel, om skeiding te maak tussen die dag en die nag; en laat hulle dien as tekens sowel vir vaste tye, asook vir dae sowel as jare. 15 Laat hulle ook dien as ligte aan die uitspansel van die hemel om lig te gee op die aarde. En dit was so. 16 God het toe die twee groot ligte gemaak: die groot lig om te heers oor die dag en die klein lig om te heers oor die nag; ook die sterre. 17 En God het hulle aan die uitspansel van die hemel gestel om lig te gee op die aarde 18 en om te heers oor die dag en oor die nag en om skeiding te maak tussen die lig en die duisternis. Toe sien God dat dit goed was. 19 En dit was aand en dit was môre, die vierde dag.
Jesus is die ware Son (die “Groot Lig” wat heers oor die dag) wat opgaan en alles belig in ons lewe sodat ons kan sien dat Hy alles beheer, die lig en die duisternis, ja ook die goed en die kwaad in ons eie lewe en die lewens van ander mense.
Jes 45:7 wat die lig formeer en die duisternis skep, die heil bewerk en die onheil skep: Ek, die HERE, is dit wat al hierdie dinge doen.
Die Skrifte is baie duidelik dat ons as mens begin ons reis tot geestelike volwassenheid deur eerste ‘n vleeslike ervaring te beleef – ons ervaar die duisternis eerste voordat ons die Lig kan ervaar. Die mens het nie ‘n geestelike belewenis gehad voor hy in vlees geskep was nie. Net Jesus was eers in die Lig van die Vader, in gees saam met die Vader “in die begin” en Hy tree op as die Woord van God wat alles na vore gebring het in hierdie skepping. Daarom is Hy God van hierdie skepping, soos deur die Vader bepaal!
Joh 1:1-3 In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God. 2 Hy was in die begin by God. 3 Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie.
Jesus moes egter ook as ‘n vleeslike mens op aarde kom leef vir ‘n spesifieke doel, soos bepaal deur die Vader:
Joh 1:14-18 En die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon—en ons het sy heerlikheid aanskou, ‘n heerlikheid soos van die Eniggeborene wat van die Vader kom—vol van genade en waarheid. 15 Johannes getuig van Hom en roep en sê: Dit was Hy van wie ek gesê het: Hy wat ná my kom, het voor my geword, want Hy was eerder as ek. 16 En uit sy volheid het ons almal ontvang, ja, genade op genade. 17 Want die wet is deur Moses gegee; die genade en die waarheid het deur Jesus Christus gekom. 18 Niemand het ooit God gesien nie; die eniggebore Seun wat in die boesem van die Vader is, dié het Hom verklaar.
Jesus moes die genade en die waarheid (die LIG) van die Vader na elke mens bring – dit is Sy taak en baie mense in hul ongeloof kan nie aanvaar dat Jesus dit nie gaan regkry nie. Die Lig is die geestelike wese en lewe van die Vader – almal sal dit gegee word aan die einde van die proses!
1Kor 15:22 Want soos hulle almal in Adam sterwe, so sal hulle ook almal in Christus lewend gemaak word.
Fil 2:9-11 Daarom het God Hom ook uitermate verhoog en Hom ‘n naam gegee wat bo elke naam is, 10 sodat in die Naam van Jesus sou buig elke knie van die wat in die hemel en die wat op die aarde en die wat onder die aarde is, 11 en elke tong sou bely dat Jesus Christus die Here is tot heerlikheid van God die Vader.
God skenk aan sommige nou die geloof om in Jesus se volkome mag in hemel en aarde te aanvaar en ook te glo dat Hy Sy taak 100% suksesvol sal uitvoer. Hulle word nou as Sy kinders aangeneem:
Joh 1:9-13 Die waaragtige lig wat elke mens verlig, was aan kom in die wêreld. 10 Hy was in die wêreld, en die wêreld het deur Hom ontstaan, en die wêreld het Hom nie geken nie. 11 Hy het na sy eiendom gekom, en sy eie mense het Hom nie aangeneem nie. 12 Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo; 13 wat nie uit die bloed of uit die wil van die vlees of uit die wil van ‘n man nie, maar uit God gebore is.
Jesus se eie skepping verwerp Sy almag! Dit is die geestestoestand van die natuurlike mens. Die aardse mens is vleeslik en is geestelik dood – die mens kan sy eie God nie erken nie al staan Hy ook reg voor hom. Dit is die skokkende verskil tussen die geeslike dinge van God en die dinge van die vlees! Daarom kan die vlees God nie behaag nie.
Rom 8:6-8 Want wat die vlees bedink, is die dood, maar wat die Gees bedink, is lewe en vrede, 7 omdat wat die vlees bedink, vyandskap teen God is; want dit onderwerp hom nie aan die wet van God nie, want dit kan ook nie. 8 En die wat in die vlees is, kan God nie behaag nie;
Maar die vlees is deel van God se plan. Jesus self moes mens word, en deur die huidige vleesproses gaan om dan opgeneem te word in gees om soos die Vader te kan wees – in gees. Op hierdie oomblik het NET Jesus onsterflikheid ontavng van die Vader – alle ander mense wat gestref het is dood en wag op die opstanding UIT DIE DOOD waarin hulle betrokke sal wees:
1Ti 6:14-16 … dat jy die gebod onbevlek, onberispelik bewaar tot by die verskyning van onse Here Jesus Christus 15 wat op sy eie tyd vertoon sal word deur die salige en enigste Heerser, die Koning van die konings en Here van die here, 16 wat alleen onsterflikheid besit en ‘n ontoeganklike lig bewoon, wat geen mens gesien het of kan sien nie, aan wie toekom eer en ewige krag. Amen.
Jesus alleen besit onsterflikheid en Hy is die Lig wat volkome toeganklik word by elkeen se opstanding uit die dood, op die tyd soos deur die Vader bepaal. Jesus het aan ons kom wys hoe God se groot plan met die mens en hierdie skepping werk, en hoe dit alles vooraf uitgewerk was om net so te gebeur – alles onder Sy perfekte beheer!
Jes 46:9-10 Dink aan die dinge wat tevore was, van ouds af, dat Ek God is, en daar is geen ander nie; Ek is God, en daar is niemand soos Ek nie; 10 wat van die begin af verkondig die einde, en van die voortyd af wat nog nie gebeur het nie; wat sê: My raad sal bestaan, en al wat my behaag, sal Ek doen;
Jesus se posisie en werk is heel duidelik vir hulle wie die waarheid ken:
Heb 1:5-6 Want aan wie van die engele het Hy ooit gesê: U is my Seun, vandag het Ek U gegenereer? en weer: Ek sal vir Hom ‘n Vader wees, en Hy sal vir My ‘n Seun wees? 6 En wanneer Hy weer die Eersgeborene in die wêreld inbring, sê Hy: En al die engele van God moet Hom aanbid.
Heb 2:9-18 maar ons sien Hom, naamlik Jesus, wat vir ‘n kort tydjie minder as die engele gemaak is, vanweë die lyde van die dood met heerlikheid en eer gekroon, sodat Hy deur die genade van God vir elkeen die dood sou smaak. 10 Want dit het Hom betaam, ter wille van wie alle dinge en deur wie alle dinge is, as Hy baie kinders na die heerlikheid wou bring, om die bewerker van hulle saligheid deur lyde te volmaak. 11 Want Hy wat heilig maak, sowel as hulle wat geheilig word, is almal uit Een; om hierdie rede skaam Hy Hom nie om hulle broeders te noem nie, 12 wanneer Hy sê: Ek sal u Naam aan my broeders verkondig, in die midde van die gemeente sal Ek U prys; 13 en verder: Ek sal my vertroue op Hom stel; en verder: Hier is Ek en die kinders wat God My gegee het. 14 Aangesien die kinders dan vlees en bloed deelagtig is, het Hy dit ook op dieselfde manier deelagtig geword, sodat Hy deur die dood hom tot niet kon maak wat mag oor die dood het—dit is die duiwel— 15 en almal kon bevry wat hulle hele lewe lank uit vrees vir die dood aan slawerny onderworpe was. 16 Want waarlik, Hy bekommer Hom nie oor die engele nie, maar oor die geslag van Abraham bekommer Hy Hom. 17 Daarom moes Hy in alle opsigte aan sy broeders gelyk word, sodat Hy ‘n barmhartige en getroue hoëpriester kon wees in die dinge wat in betrekking tot God staan, om die sondes van die volk te versoen. 18 Want deurdat Hy self onder versoeking gely het, kan Hy dié help wat versoek word.
Die son se “kringloop” is definitief ‘n uitbeelding van die posisie en werk van Jesus, God se Son van geregtigheid!
Psa 19:1-7 Vir die musiekleier. ‘n Psalm van Dawid. 2 Die hemele vertel die eer van God, en die uitspansel verkondig die werk van sy hande. 3 Die een dag stort vir die ander ‘n boodskap uit, en die een nag kondig vir die ander kennis aan: 4 daar is geen spraak en daar is geen woorde nie—onhoorbaar is hulle stem. 5 Hulle meetsnoer gaan uit oor die hele aarde, en hulle woorde tot by die einde van die wêreld. Vir die son het Hy daarin ‘n tent gemaak; 6 en dié is soos ‘n bruidegom wat uitgaan uit sy slaapkamer; hy is bly soos ‘n held om die pad te loop. 7 Sy uitgang is van die einde van die hemel af, en sy omloop tot by die eindes daarvan, en niks is verborge vir sy hitte nie.
Jesus is indeerdaad die Son van geregtigheid wie se pad heel anders is as ons s’n – Hy kom inderdaad van die “voortyd” af, en ons buig voor Hom neer as die God van hierdie skepping:
Mal 4:2 Maar vir julle wat my Naam vrees, sal die son van geregtigheid opgaan, en daar sal genesing onder sy vleuels wees; en julle sal uittrek en huppel soos kalwers uit die stal.
Psa 68:33-34 o Koninkryke van die aarde, sing tot eer van God; psalmsing tot eer van die Here! Sela. 34 Van Hom wat ry in die hoogste hemele, wat uit die voortyd is; kyk, Hy verhef sy stem, ‘n magtige stem.
Mig 5:1 En jy, Betlehem Éfrata, klein om te wees onder die geslagte van Juda, uit jou sal daar vir My uitgaan een wat ‘n Heerser in Israel sal wees; en sy uitgange is uit die voortyd, uit die dae van die ewigheid.
Joh 1:1-3 In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God. 2 Hy was in die begin by God. 3 Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie.
Prys die Naam van ons een HERE, Jesus Christus, die Verlosser en Redder van almal! Prys aan ons een GOD, die Vader, uit wie alles is!
1Ti 2:3-6 Want dit is goed en aangenaam voor God, ons Verlosser, 4 wat wil hê dat alle mense gered word en tot kennis van die waarheid kom. 5 Want daar is een God en een Middelaar tussen God en die mense, die mens Christus Jesus, 6 wat Homself gegee het as ‘n losprys vir almal, as die getuienis op die regte tyd.
1Ti 4:9-11 Dit is ‘n betroubare woord en werd om ten volle aangeneem te word; 10 want hiervoor arbei ons ook en word ons gesmaad, omdat ons gehoop het op die lewende God wat ‘n behouder is van alle mense, insonderheid van die gelowiges. 11 Beveel en leer hierdie dinge.