Alles in hierdie skepping was deur die een God, die Vader, begin en deur die een Here Jesus Christus na vore gebring:
1Kor 8:6 tog is daar vir ons maar een God, die Vader uit wie alles is, en ons tot Hom, en een Here Jesus Christus deur wie alles is, en ons deur Hom.
Dit is die belangrike orde en heilige protokol wat saak maak as ons God se plan en werk binne hierdie huidige skepping wil verstaan. Alles in hierdie skepping (die “sienlike dinge”) was voortgebring uit die ‘onsienlike dinge’ van God, dit wil sê die geestelike:
Heb 11:3 Deur die geloof verstaan ons dat die wêreld deur die woord van God toeberei is, sodat die dinge wat gesien word, nie ontstaan het uit sienlike dinge nie.
Hierdie skeppping is egter ‘n tydelike skepping, ook die mens in vleesvorm:
Rom 8:20 Want die skepping is aan die nietigheid onderworpe nie gewillig nie, maar ter wille van hom wat dit onderwerp het.
Die mens begin dus as ‘n vleeslike skepsel, maar sal eindig as ‘n geestelike skepsel in volmaaktheid as die hele proses voltooi is, volgens die Skrifte!
1Kor 15:45-50 So is daar ook geskrywe: Die eerste mens, Adam, het ‘n lewende siel geword; die laaste Adam ‘n lewendmakende Gees. 46 Die geestelike ewenwel is nie eerste nie, maar die natuurlike; daarna die geestelike. 47 Die eerste mens was uit die aarde aards, die tweede mens is die Here uit die hemel. 48 Soos die aardse mens was, so is ook die aardse mense; en soos die hemelse mens is, so is ook die hemelse mense. 49 En soos ons die beeld van die aardse gedra het, so sal ons ook die beeld van die hemelse dra. 50 Maar dit verklaar ek, broeders, dat vlees en bloed die koninkryk van God nie kan beërwe nie; ook beërwe die verganklikheid nie die onverganklikheid nie.
Enigeen wat dus verkondig dat die mens in geestelike volmaaktheid geskep was in die eerste Adam, of dat die mens eers as gees bestaan het, herken nie die orde van God nie en is geestelik blind vir die plan en werke van God. Die sogenaamde “law of circularity” is ‘n valse leer, so ook die leer van ‘n “sondeval”. Die mens is of was nooit ‘n geestelike wese wat deur ‘n vleeslike ervaring geneem word nie. Nee, die mens is ‘n vleeslike wese wat tot geestelike volmaaktheid gebring word. Kyk wat sê God aan Job, en hierdie woorde geld vir enige mens:
Job 38:4 Waar was jy toe Ek die aarde gegrond het? Gee te kenne as jy insig het.
Job, en geen mens het bestaan in gees toe God die hele skepping na vore gebring het nie. Nadat God in detail gaan oor al Sy werke in hierdie skepping, het Job besef dat hy totaal niks geweet het nie. Job het uiteindelik sy onkunde openlik bely en sy hand op sy mond geplaas, soos ons almal sal doen as God Sy waarheid en werke aan ons openbaar:
Job 42:1-6 Toe het Job die HERE geantwoord en gesê: 2 Ek weet dat U alles kan doen en geen plan vir U onuitvoerbaar is nie. 3 Wie verberg die raadsbesluit daar sonder kennis? So het ek dan gespreek sonder om te verstaan, dinge te wonderbaar vir my, wat ek nie begryp nie. 4 Hoor tog, en ék sal spreek; ek sal U ondervra en onderrig U my! 5 Volgens hoorsê het ek van U gehoor; maar nou het my oog U gesien. 6 Daarom herroep ek en het berou in stof en as.
Adam en Eva was aanvanklik self onkundig oor hul eie naaktheid. Vlees is geestelike naaktheid. Ons sal elkeen persoonlik uitvind hoe God die mens in vlees sien, en hoe God die mens uiteindelik volmaak in gees gaan maak. Dit is ook wat aan Jeremia gewys was, vir ons lering!
Jer 18:1-4 Die woord wat van die HERE tot Jeremia gekom het: 2 Maak jou klaar en gaan af na die huis van die pottebakker, en daar sal Ek jou my woorde laat hoor. 3 Toe het ek afgegaan na die huis van die pottebakker, en hy was juis besig om ‘n stuk werk op die skywe te maak. 4 En die voorwerp wat hy besig was om te maak, het misluk—soos dit gaan met klei in die hand van die pottebakker—maar hy het daaruit weer ‘n ander voorwerp gemaak soos dit in die oë van die pottebakker reg was om dit te maak.
Vlees is tydelike stof, en die eerste pot was doelbewus as ‘n mislukking geskep deur die hand van die Pottebakker.
Gen 2:7 En die HERE God het die mens geformeer uit die stof van die aarde en in sy neus die asem van die lewe geblaas. So het dan die mens ‘n lewende siel geword.
Ons vleeslike ervaring op hierdie aarde is doelbewus so gemaak…
Pred 3:10 Ek het die taak gesien wat God aan die mensekinders gegee het om hulle daarmee te kwel.
Hier is paar ander vertalings van hierdie vers in Prediker om die betekenis beter uit te druk…
(KJV) I have seen the travail, which God hath given to the sons of men to be exercised in it.
(LITV) I have seen the task which God has given to the sons of men, to be humbled by it.(Darby) I have seen the travail that God hath given to the sons of men to toil in.
Ons aardse lewe is ‘n pynlike kwellingstyd, wat Salomo ook deeglik uitgevind het ten spyte van al sy wysheid en rykdom…
Pred 1:13 En ek het my hart daarop gerig om met wysheid te ondersoek en na te speur alles wat onder die hemel gebeur. Dit is ‘n moeilike taak wat God aan die mensekinders gegee het om hulle daarmee te kwel.
Nadat ons ons hele aardse lewe gespartel het om van alles sin te maak, sterf ons en dan is ons dood. Elke mens IS ‘n siel wat sterflik is – die leer wat verklaar dat ‘n siel onsterflik is, is vals! As ons sterf dan blaas ons laaste lewensasem uit in die atmosfeer, en ons familie moet dan volgens wet ons aardse oorskot laat besorg aan die stof van die aarde. Dit is alles volgens die Skrifte wat verklaar dat ons liggame gemaak was uit die stof van die aarde, en tot daardie stof sal dit terugkeer as ons laaste asem uitgeblaas is…
Gen 3:19 In die sweet van jou aangesig sal jy brood eet totdat jy terugkeer na die aarde, want daaruit is jy geneem. Want stof is jy, en tot stof sal jy terugkeer.
Job 34:12-15 Ja waarlik, God handel nie onregverdig nie, en die Almagtige verdraai nie die reg nie. 13 Wie het aan Hom die aarde toevertrou, en wie het die hele wêreld gegrond? 14 As Hy op Homself ag sou gee, sy Gees en sy asem na Hom sou terugtrek, 15 dan sou alle vlees tesame die asem uitblaas en die mens sou tot stof terugkeer.
Dit is die orde vir alle siele wat God gemaak het. Siele leef vir ‘n tyd lank in vlees, en dan sterf hulle. Die mens se dood is soos ‘n rus – ‘n tipe slaaptoestand:
Joh 11:11-14 Dit het Hy gespreek; en daarna sê Hy vir hulle: Lasarus, ons vriend, slaap; maar Ek gaan om hom wakker te maak. 12 Sy dissipels sê toe: Here, as hy slaap, sal hy gesond word. 13 Maar Jesus het gespreek van sy dood, terwyl hulle gedink het dat Hy van die rus van die slaap spreek. 14 En toe sê Jesus vir hulle ronduit: Lasarus is dood.
God het egter ‘n groot plan met elke siel – Hy gaan elke siel opwek uit daardie doodslaap. Tydens die mens se tyd van die doodslaap wag die mens vir een van die twee opstandings waar God elke mens sal opwek. God alleen kan ‘n siel maak (eerste uit stof en asem daarin plaas), en God alleen kan ‘n siel opwek UIT DIE DOOD. Geen siel herlewe alvorens God dit opwek nie. Sonder die opstanding uit die dood sal alles vergaan – alles is verlore!
1Kor 15:16-18 Want as die dode nie opgewek word nie, dan is Christus ook nie opgewek nie; 17 en as Christus nie opgewek is nie, dan is julle geloof nutteloos, dan is julle nog in julle sondes; 18 dan is ook die wat in Christus ontslaap het, verlore.
God het Christus uit die DOOD opgewek en Christus is gebruik om aan ons te wys dat God die mag het om dooies lewend te maak! Christus alleen was die eerste wie opgewek was uit die dood en wie onserflikheid gegee was wat geen ander mens tot nou nog ervaar het nie!
1Ti 6:13-16 Ek gebied jou voor die aangesig van God wat aan alle dinge die lewe gee, en van Christus Jesus wat voor Pontius Pilatus die goeie belydenis betuig het, 14 dat jy die gebod onbevlek, onberispelik bewaar tot by die verskyning van onse Here Jesus Christus 15 wat op sy eie tyd vertoon sal word deur die salige en enigste Heerser, die Koning van die konings en Here van die here, 16 wat alleen onsterflikheid besit en ‘n ontoeganklike lig bewoon, wat geen mens gesien het of kan sien nie, aan wie toekom eer en ewige krag. Amen.
Daar is sommige wat openlik God se almag oor die dood verwerp, en God se tye en orde weerspreek deur te verkondig dat dooie mense alreeds opgewek is en reeds lewe! Dit is vals! Ons word gewaarsku om weg te bly van mense wat sulke onsin preek:
2Ti 2:16-18 Maar die onheilige, onsinnige praatjies moet jy vermy; want hulle sal al verder voortgaan in goddeloosheid, 17 en hulle woord sal voortwoeker soos ‘n kanker, onder wie daar Himenéüs en Filétus is, 18 wat van die waarheid afgedwaal het, omdat hulle sê dat die opstanding al plaasgevind het; en hulle keer die geloof van sommige om.
Nee, die opstanding uit die dood en die gawe van onsterflikheid is tot nou nie gegee aan enige mens nie, en die valse leraars is geopenbaar deur die Skrifte!
1Kor 15:12-18 As dit dan gepreek word dat Christus uit die dode opgewek is, hoe sê sommige onder julle dat daar geen opstanding van die dode is nie? 13 As daar geen opstanding van die dode is nie, dan is Christus ook nie opgewek nie. 14 En as Christus nie opgewek is nie, dan is ons prediking vergeefs en vergeefs ook julle geloof; 15 en dan word ons valse getuies van God bevind, omdat ons teen God getuig het dat Hy Christus opgewek het, wat Hy nie opgewek het nie, ten minste as die dode nie opgewek word nie. 16 Want as die dode nie opgewek word nie, dan is Christus ook nie opgewek nie; 17 en as Christus nie opgewek is nie, dan is julle geloof nutteloos, dan is julle nog in julle sondes; 18 dan is ook die wat in Christus ontslaap het, verlore.
As ons insigte in die werke van God het, dan weet ons dat die mens nooit in die geestelike koninkryk van God was nie, en ook nooit in sy huidige vleesvorm met sy aardse denke in daardie koninkryk kan gaan nie:
1Kor 15:50 Maar dit verklaar ek, broeders, dat vlees en bloed die koninkryk van God nie kan beërwe nie; ook beërwe die verganklikheid nie die onverganklikheid nie.
Daar moet ‘n wedergeboorte plaasvind – van vleeslikheid tot geestelikheid. Dit is die orde!
Joh 3:1-6 En daar was ‘n man uit die Fariseërs met die naam van Nikodémus, ‘n owerste van die Jode. 2 Hy het in die nag na Jesus gekom en vir Hom gesê: Rabbi, ons weet dat U ‘n leraar is wat van God gekom het, want niemand kan hierdie tekens doen wat U doen as God nie met hom is nie. 3 Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie. 4 Nikodémus sê vir Hom: Hoe kan ‘n mens as hy oud is, gebore word? Hy kan tog nie ‘n tweede keer in die skoot van sy moeder ingaan en gebore word nie? 5 Jesus antwoord: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie. 6 Wat uit die vlees gebore is, is vlees; en wat uit die Gees gebore is, is gees.
Die mensdom is nie onsterflik nie, soos die valse leraars preek nie. Elke mens vanaf Adam wat gesterf het is nou nog dood en wag op hul tyd van die opstanding – een van twee opstandings. Hier is die belangrike orde van die twee opstandings…
Joh 5:28-29 Moenie julle hieroor verwonder nie. Want daar kom ‘n uur wanneer almal wat in die grafte is, sy stem sal hoor 29 en sal uitgaan, die wat goed gedoen het, tot die opstanding van die lewe, en die wat kwaad gedoen het, tot die opstanding van die veroordeling.
Elkeen sal die stem van God hoor en uit hul eie persoonlike doodslaap opgewek word. Die spesiale groep wat die eerste sal wees om die opstanding uit die dood te ervaar, is hulle wat nou reeds hierdie stem van God ken deur Jesus Christus. Hulle ken die Waarheid persoonlik:
Joh 8:32 En julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak.
Die volmaaktheid van daardie opstanding het egter nog nie plaasgevind nie. Dit is nog steeds ‘n belofte, soos Paulus ook aandui vir die gemeente van Christus in Efese nadat sommige ook daar reeds hulself as opgewektes opgehef het. Die “volheid van die tye” is nog nie hier nie…
Efes 1:3-14 Geseënd is die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat ons geseën het met alle geestelike seëninge in die hemele in Christus, 4 soos Hy ons in Hom uitverkies het voor die grondlegging van die wêreld om heilig en sonder gebrek voor Hom in liefde te wees, 5 deurdat Hy ons voorbeskik het om ons as sy kinders vir Homself aan te neem deur Jesus Christus, na die welbehae van sy wil, 6 tot lof van die heerlikheid van sy genade waarmee Hy ons begenadig het in die Geliefde. 7 In Hom het ons die verlossing deur sy bloed, die vergifnis van die misdade na die rykdom van sy genade, 8 wat Hy oorvloedig aan ons bewys het in alle wysheid en verstand, 9 deurdat Hy aan ons die verborgenheid van sy wil bekend gemaak het na sy welbehae wat Hy in Homself voorgeneem het, 10 om die volheid van die tye te reël, met die doel om alle dinge wat in die hemele sowel as wat op die aarde is, onder een hoof in Christus te verenig— 11 in Hom in wie ons ook ‘n erfdeel ontvang het nadat ons vantevore daartoe verordineer is ooreenkomstig die voorneme van Hom wat alles werk volgens die raad van sy wil, 12 sodat ons kan wees tot lof van sy heerlikheid, ons wat reeds tevore op Christus gehoop het, 13 in wie julle ook, nadat julle die woord van die waarheid, die evangelie van julle redding, gehoor het, in wie julle, nadat julle ook geglo het, verseël is met die Heilige Gees van die belofte, 14 wat die onderpand is van ons erfdeel om sy eiendom te verlos tot lof van sy heerlikheid.
Die belofte van God se volmaaktheid in gees is ‘n onderpand (‘n verloofring) en nie die huweliksring nie. Die volheid (volmaaktheid) van die belofte (die groot bruilofsdag van die bruid met haar Christus) is inderdaad ‘n groot gebeurtenis waarvan die hele wêreld sal kennis neem. Daar is dus ‘n opstanding wat eerste sal plaasvind voor die ander een. Hoe onderskei mens hierdie twee opstandings? Johannes verduidelik…
Joh 5:28-29 Moenie julle hieroor verwonder nie. Want daar kom ‘n uur wanneer almal wat in die grafte is, sy stem sal hoor 29 en sal uitgaan, die wat goed gedoen het, tot die opstanding van die lewe, en die wat kwaad gedoen het, tot die opstanding van die veroordeling.
Kom ons lees weer Openbaring 20 want die twee opstandings word daar ook baie duidelik aangedui, en ook wat tussen die twee opstandings sal gebeur op hierdie aarde. Niks sal gebeur in geheim nie – dit sal openlik wees:
Rom 8:19 Want die skepping wag met reikhalsende verlange op die openbaarmaking van die kinders van God.
Die opstanding uit die dood van die eerste groep sal aan almal wie op daardie tydstip op aarde leef, heel duidelik wees. Kom ons lees…
Open 20:1-6 En ek het ‘n engel uit die hemel sien neerdaal, met die sleutel van die afgrond en ‘n groot ketting in sy hand. 2 En hy het die draak gegryp die ou slang wat die duiwel en die Satan is en hy het hom gebind duisend jaar lank, 3 en hom in die afgrond gewerp en hom toegesluit en dit bo hom verseël, sodat hy die nasies nie meer sou verlei totdat die duisend jaar voleindig is nie. Daarna moet hy dan ‘n kort tydjie ontbind word. 4 En ek het trone gesien, en hulle het daarop gaan sit, en aan hulle is die oordeel gegee; en ek het die siele gesien van die wat onthoof is oor die getuienis van Jesus en oor die woord van God, en die wat die dier en sy beeld nie aanbid het nie, en die merk op hulle voorhoof en op hulle hand nie ontvang het nie; en hulle het geleef en as konings geregeer saam met Christus die duisend jaar lank. 5 En die ander dode het nie herlewe totdat die duisend jaar voleindig was nie. Dit is die eerste opstanding. 6 Salig en heilig is hy wat deel het aan die eerste opstanding; oor hulle het die tweede dood geen mag nie, maar hulle sal priesters van God en van Christus wees en sal saam met Hom as konings regeer duisend jaar lank.
Dit is heel duidelik dat die gemeente van Christus, Sy bruid, hier op aarde sal regeer en orde bring tot die huidige chaos. As die tydperk van God se koninkryk hier op aarde tot ‘n einde sal kom, gebeur iets wat die teks as volg beskryf:
Open 20:7-9 En wanneer die duisend jaar voleindig is, sal die Satan uit sy gevangenis ontbind word; 8 en hy sal uitgaan om die nasies te verlei wat in die vier hoeke van die aarde is, die Gog en die Magog, om hulle te versamel vir die oorlog; en hulle getal is soos die sand van die see. 9 En hulle het opgekom oor die breedte van die aarde en die laer van die heiliges en die geliefde stad omsingel, en vuur het van God uit die hemel neergedaal en hulle verslind.
Alle fisiese lewe op aarde, en in die hele huidige tydelike skepping, word in die tyd “verslind”!
2Pe 3:1-13 Dit is reeds die tweede brief, geliefdes, wat ek aan julle skrywe. In albei wil ek deur herinnering julle suiwere gesindheid opwek, 2 sodat julle die woorde kan onthou wat deur die heilige profete tevore gespreek is, en die gebod van ons, apostels van die Here en Verlosser. 3 Dit moet julle veral weet, dat daar aan die einde van die dae spotters sal kom wat volgens hulle eie begeerlikhede wandel 4 en sê: Waar is die belofte van sy wederkoms? Want vandat die vaders ontslaap het, bly alles soos dit was van die begin van die skepping af. 5 Want moedswillig vergeet hulle dat daar van lankal af hemele was en ‘n aarde wat uit water en deur water ontstaan het deur die woord van God, 6 waardeur die toenmalige wêreld met water oorstroom is en vergaan het. 7 Maar die teenswoordige hemele en die aarde is deur dieselfde woord as ‘n skat weggelê en word vir die vuur bewaar teen die dag van die oordeel en die verderf van die goddelose mense. 8 Maar laat hierdie een ding julle nie ontgaan nie, geliefdes, dat een dag by die Here soos duisend jaar is en duisend jaar soos een dag. 9 Die Here vertraag nie die belofte soos sommige dit vertraging ag nie, maar Hy is lankmoedig oor ons en wil nie hê dat sommige moet vergaan nie, maar dat almal tot bekering moet kom. 10 Maar die dag van die Here sal kom soos ‘n dief in die nag, waarin die hemele met gedruis sal verbygaan en die elemente sal brand en vergaan, en die aarde en die werke wat daarop is, sal verbrand. 11 Terwyl al hierdie dinge dan vergaan, hoedanig moet julle nie wees in heilige wandel en godsvrug nie? — 12 julle wat die koms van die dag van God verwag en verhaas, waardeur die hemele deur vuur sal vergaan en die elemente sal brand en versmelt. 13 Maar ons verwag volgens sy belofte nuwe hemele en ‘n nuwe aarde waarin geregtigheid woon.
Dan vind die volgende opstanding plaas van almal wie nie in die eerste groep, die bruid van Christus, was nie. Hier is die teks wat dit baie mooi aandui…
Open 20:10-15 En die duiwel wat hulle verlei het, is in die poel van vuur en swawel gewerp waar die dier en die valse profeet is; en hulle sal dag en nag gepynig word tot in alle ewigheid. 11 En ek het ‘n groot wit troon gesien en Hom wat daarop sit, voor wie se aangesig die aarde en die hemel weggevlug het; en daar is geen plek vir hulle gevind nie. 12 En ek het die dode, klein en groot, voor God sien staan, en die boeke is geopen; en ‘n ander boek, die boek van die lewe, is geopen. En die dode is geoordeel na wat in die boeke geskryf is, volgens hulle werke. 13 En die see het die dode gegee wat daarin was, en die dood en die doderyk het die dode gegee wat daarin was; en hulle is geoordeel, elkeen volgens sy werke. 14 En die dood en die doderyk is in die poel van vuur gewerp. Dit is die tweede dood. 15 En as dit bevind is dat iemand nie opgeskryf was in die boek van die lewe nie, is hy in die poel van vuur gewerp.
Daar is die orde van die twee opstandings. Almal sal dus wel die stem van God leer ken, en tot saligheid gebring word. God se vurige oordeel bring redding en saligheid:
Jes 26:9 … want as u oordele op die aarde is, leer die inwoners van die wêreld geregtigheid.
1Kor 3:13-15 elkeen se werk sal aan die lig kom, want die dag sal dit aanwys, omdat dit deur vuur openbaar gemaak word; en die vuur sal elkeen se werk op die proef stel, hoedanig dit is. 14 As iemand se werk bly staan wat hy daarop gebou het, sal hy loon ontvang; 15 as iemand se werk verbrand word, sal hy skade ly; alhoewel hy self gered sal word, maar soos deur vuur heen.
Almal “in Adam” (die eerste vleesmens) sal gewis gered word (in die laaste Adam, Jesus Christus), maar elkeen in sy eie orde:
1Kor 15:22-28
Want soos hulle almal in Adam sterwe, so sal hulle ook almal in Christus lewend gemaak word; maar elkeen in sy eie orde:
…as eersteling Christus,
…daarna die wat aan Christus behoort by sy koms.
…Daarna kom die einde [Grieks: “telos” = “die res” / “die voltooiing”….van die mensdom],
wanneer Hy die koninkryk aan God die Vader oorgee, as Hy alle heerskappy en alle gesag en mag vernietig het. Want Hy moet as koning heers totdat Hy al sy vyande onder sy voete gestel het. Die laaste vyand wat vernietig word, is die dood. Want Hy het alles aan sy voete onderwerp, maar wanneer Hy sê dat alles onderwerp is, is dit duidelik dat Hy uitgesonder is wat alles aan Hom onderwerp het. En wanneer alles aan Hom onderwerp is, dan sal ook die Seun self Hom onderwerp aan die Een wat alles aan Hom onderwerp het, sodat God alles in almal kan wees.
Die gemeente van Christus speel dus ‘n kardinale rol in hierdie twee opstandings en hulle is inderdaad ‘n bevoorregte groep mense. Net aan hulle wie nou in Christus versamel word om Sy gemeente te vorm (Sy liggaam) word die geloof geskenk om hierdie waarhede van God te aanvaar. Dit is wat beteken om die denke van Christus te hê en te sit saam met Christus in die hemele…
Joh 6:44-46 Niemand kan na My toe kom as die Vader wat My gestuur het, hom nie trek nie; en Ek sal hom opwek in die laaste dag. 45 Dit is geskrywe in die profete: En hulle sal almal deur God geleer wees. Elkeen dan wat dit van die Vader gehoor en geleer het, kom na My toe. 46 Nie dat iemand die Vader gesien het nie, behalwe Hy wat van God kom: Hy het die Vader gesien.
Efes 2:4-10 Maar God, wat ryk is in barmhartigheid, het ons deur sy grote liefde waarmee Hy ons liefgehad het, 5 ook toe ons dood was deur die misdade, lewend gemaak saam met Christus—uit genade is julle gered— 6 en saam opgewek en saam laat sit in die hemele in Christus Jesus, 7 sodat Hy in die eeue wat kom, kan betoon die uitnemende rykdom van sy genade in goedertierenheid oor ons in Christus Jesus. 8 Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God; 9 nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie. 10 Want ons is sy maaksel, geskape in Christus Jesus tot goeie werke wat God voorberei het, sodat ons daarin kan wandel.