Die werkinge van die heilige orde van God: Die een gemeente in Christus (Deel 5)

Alles wat in hierdie skepping is, het hul begin en einde as gevolg van die besluite van die een God, die Vader, en word deur die een Here, Jesus Christus, uitgevoer tot eer van die Vader.

1Kor 8:6  tog is daar vir ons maar een God, die Vader uit wie alles is, en ons tot Hom, en een Here Jesus Christus deur wie alles is, en ons deur Hom.

Joh 1:1-3  In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God.  2  Hy was in die begin by God.  3  Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie.

Die Vader trek sommiges in hierdie huidige tydelike eon na die ware kennis van Hom en Sy Seun, Jesus Christus, en hierdie Godheid (Hebreeus: “ĕlôhı̂ym”) openbaar Hulself op ‘n dieper en intieme manier aan hierdie uitverkore groep mense sedert Jesus se koms na die aarde in vleesvorm:

Joh 1:12-14  Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo;  13  wat nie uit die bloed of uit die wil van die vlees of uit die wil van ‘n man nie, maar uit God gebore is.  14  En die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon—en ons het sy heerlikheid aanskou, ‘n heerlikheid soos van die Eniggeborene wat van die Vader kom—vol van genade en waarheid.

Joh 6:44-45  Niemand kan na My toe kom as die Vader wat My gestuur het, hom nie trek nie; en Ek sal hom opwek in die laaste dag.  45  Dit is geskrywe in die profete: En hulle sal almal deur God geleer wees. Elkeen dan wat dit van die Vader gehoor en geleer het, kom na My toe.

Joh 15:16  Julle het My nie uitverkies nie, maar Ek het julle uitverkies en julle aangestel om vrug te gaan dra en dat julle vrug kan bly, sodat wat julle die Vader ook al in my Naam vra, Hy julle dit kan gee.

Hierdie uitverkorenes is ‘n spesiale groep mense wat die afgelope 2000 jaar versamel word deur die Vader, en word in die Skrifte uitwys as “die liggaam van Jesus”:

Kol 1:18  En Hy is die Hoof van die liggaam, naamlik die gemeente; Hy wat die begin is, die Eersgeborene uit die dode, sodat Hy in alles die eerste kan wees.

Efes 4:15-16  maar, terwyl ons in liefde die waarheid betrag, in alles sou opgroei in Hom wat die Hoof is, naamlik Christus,  16  uit wie die hele liggaam—goed saamgevoeg en saamverbind deur die ondersteuning wat elke lid gee volgens die werking van elke afsonderlike deel in sy mate—die groei van die liggaam bevorder vir sy eie opbouing in liefde.

Aan hierdie liggaam van Jesus word die wil en plan van God openbaar. Hulle word deur verskillende simbole in die Skrifte beskryf, maar een ding is gemeen by hulle almal en dit is hulle deel in dieselfde denke van God. Hierdie denke word ook as ‘n “nuwe lied” in die Skrifte beskryf.

Open 5:9-10  Toe sing hulle ‘n nuwe lied en sê: U is waardig om die boek te neem en sy seëls oop te maak, want U is geslag en het ons vir God met u bloed gekoop uit elke stam en taal en volk en nasie,  10  en het ons konings en priesters vir onse God gemaak, en ons sal as konings op die aarde heers.

Hierdie verse is geneem uit ‘b gedeelte in Openbaring waar hieride spesiale groep mense deur verskillende simbole beskryf deur Johannes.

Open 5:1-14  En ek het in die regterhand van Hom wat op die troon sit, ‘n boek gesien, van binne en van buite beskrywe en met sewe seëls goed verseël.  2  En ek het ‘n sterk engel gesien wat met ‘n groot stem uitroep: Wie is waardig om die boek oop te maak en sy seëls te breek?  3  En niemand in die hemel of op die aarde of onder die aarde kon die boek oopmaak of daarin kyk nie.  4  En ek het baie geween, omdat daar niemand waardig bevind is om die boek oop te maak en te lees of daarin te kyk nie.  5  Toe sê een van die ouderlinge vir my: Moenie ween nie; kyk, die Leeu wat uit die stam van Juda is, die wortel van Dawid, het oorwin om die boek oop te maak en sy sewe seëls te breek.  6  En ek het gesien, en kyk, in die middel van die troon en die vier lewende wesens en in die midde van die ouderlinge staan daar ‘n Lam asof Hy geslag is, met sewe horings en sewe oë, wat die sewe Geeste van God is wat uitgestuur is oor die hele aarde.  7  Hy het gekom en die boek geneem uit die regterhand van Hom wat op die troon sit;  8  en toe Hy die boek neem, val die vier lewende wesens en die vier en twintig ouderlinge voor die Lam neer, elkeen met siters en goue skale vol reukwerk, wat die gebede van die heiliges is.  9  Toe sing hulle ‘n nuwe lied en sê: U is waardig om die boek te neem en sy seëls oop te maak, want U is geslag en het ons vir God met u bloed gekoop uit elke stam en taal en volk en nasie,  10  en het ons konings en priesters vir onse God gemaak, en ons sal as konings op die aarde heers.  11  Toe sien ek, en ek hoor ‘n stem van baie engele rondom die troon en van die lewende wesens en die ouderlinge; en hulle getal was tien duisende van tien duisende en duisende van duisende;  12  en met ‘n groot stem het hulle gesê: Die Lam wat geslag is, is waardig om te ontvang die krag en rykdom en wysheid en sterkte en eer en heerlikheid en lof.  13  En elke skepsel wat in die hemel en op die aarde en onder die aarde en wat op die see is, en alles wat in hulle is, het ek hoor sê: Aan Hom wat op die troon sit, en aan die Lam kom toe die lof en die eer en die heerlikheid en die krag tot in alle ewigheid!  14  En die vier lewende wesens het gesê: Amen! En die vier en twintig ouderlinge het neergeval en Hom aanbid wat lewe tot in alle ewigheid.

Hierdie spesiale groep word ook “die feestelike vergadering” of “die gemeente van eersgeborenes” genoem in die Skrifte:

Heb 12:22-23  Maar julle het gekom by die berg Sion en die stad van die lewende God, die hemelse Jerusalem en tien duisende engele,  23  by die feestelike vergadering [Grieks: “panēguris” = een universele groep] die gemeente [Grieks: “ekklēsia”] van eersgeborenes wat in die hemele opgeskrywe is, en by God, die Regter van almal, en by die geeste van die volmaakte regverdiges.

Hierdie gemeente voltooi wat in die Skrifte genoem word “die Christus”. Die konsep van “die Christus” is inderdaad ‘n verborgenheid want selfs die vertalers van Bybels bly sover as moontlik weg om “die Christus” as sulks te beskryf. Hier is ‘n paar voorbeelde van vertalings waar “die Christus” as eenheid uitgewys word (die Hoof en die liggaam se geestelike eenheid en intimiteit word beskryf):

1Co 12:12 (Darby)  For even as the body is one and has many members, but all the members of the body, being many, are one body, so also is the Christ.

Eph 4:15-16 (LITV)  but speaking the truth in love, we may grow up into Him in all things, who is the Head, the Christ,  16  from whom all the body, having been fitted and compacted together through every assisting bond, according to the effectual working of one measure in each part, produces the growth of the body to the building up of itself in love.

Eph 1:3-10 (YLT)  Blessed is the God and Father of our Lord Jesus Christ, who did bless us in every spiritual blessing in the heavenly places in Christ,  4  according as He did choose us in him before the foundation of the world, for our being holy and unblemished before Him, in love,  5  having foreordained us to the adoption of sons through Jesus Christ to Himself, according to the good pleasure of His will,  6  to the praise of the glory of His grace, in which He did make us accepted in the beloved,  7  in whom we have the redemption through his blood, the remission of the trespasses, according to the riches of His grace,  8  in which He did abound toward us in all wisdom and prudence,  9  having made known to us the secret of His will, according to His good pleasure, that He purposed in Himself,  10  in regard to the dispensation of the fulness of the times, to bring into one the whole in the Christ, both the things in the heavens, and the things upon the earth—in him;

Die Christus bestaan uit die Hoof en die liggaam, en die Vader gee aan die Christus groot mag en heerskappy. Die Hoof het reeds hierdie almag ontvang (Mat 28:18), en Sy liggaam word in hierdie lewe gehelp deur die Hoof om ook tot die volle gestalte van “die Christus” te groei!

Efes 1:17-23  dat die God van onse Here Jesus Christus, die Vader van die heerlikheid, aan julle die Gees van wysheid en openbaring in kennis van Hom mag gee,  18  verligte oë van julle verstand, sodat julle kan weet wat die hoop van sy roeping en wat die rykdom van die heerlikheid van sy erfdeel onder die heiliges is;  19  en wat die uitnemende grootheid van sy krag is vir ons wat glo, na die werking van die krag van sy sterkte  20  wat Hy gewerk het in Christus toe Hy Hom uit die dode opgewek het en Hom laat sit het aan sy regterhand in die hemele,  21  bo alle owerheid en mag en krag en heerskappy en elke naam wat genoem word, nie alleen in hierdie wêreld nie, maar ook in die toekomstige.  22  En Hy het alle dinge onder sy voete onderwerp en Hom as Hoof bo alle dinge aan die gemeente gegee,  23  wat sy liggaam is, die volheid van Hom wat alles in almal vervul.

Kyk weer na die laaste woorde in die gedeelte…

Hy het alle dinge onder sy voete onderwerp en Hom as Hoof bo alle dinge aan die gemeente gegee,  wat sy liggaam is, die volheid van Hom wat alles in almal vervul.

O ja! Die liggaam van Jesus het ‘n groot taak op hande!

1Kor 6:2-3  Weet julle nie dat die heiliges die wêreld sal oordeel nie? En as die wêreld deur julle geoordeel word, is julle dan onbevoeg vir die geringste regsake?  3  Weet julle nie dat ons engele sal oordeel nie, hoeveel te meer die alledaagse dinge?

Maar daar is ‘n tydsame groeiproses aan verbonde, en elke lid kom voor groot toetse te staan. Elke lid leer waar hy of sy inpas in die groot plan van die Vader en daar is nie tyd en plek om met mekaar te kompiteer nie. Daar is nie vergelykings met ander in die liggaam van Christus nie, want hulle weet dit is wat die onwyses doen in die “ander Jesus” se gemeentes (2Kor 11:4):

2Kor 10:12-13  Want ons waag dit nie om ons te reken of te vergelyk met sommige van die wat hulleself aanbeveel nie. Maar omdat hulle hul met hulself meet en met hulself vergelyk, is hulle onverstandig.  13  Maar ons sal nie buite die maat roem nie, maar volgens die maat van die werkkring wat God ons as ‘n maat toebedeel het om ook julle te bereik.

Christus skenk aan elke lid van Sy liggaam ‘n maat van geloof, wat dan groei volgens die beproewinge wat die besondere lid moet deurgaan:

Rom 12:3-8  Want deur die genade wat aan my gegee is, sê ek vir elkeen wat onder julle is, dat hy nie van homself meer moet dink as wat ‘n mens behoort te dink nie; maar dat hy daaraan moet dink om besadig te wees na die maat van geloof soos God dit aan elkeen toebedeel het.  4  Want soos ons in een liggaam baie lede het en die lede nie almal dieselfde werking het nie,  5  so is ons almal saam een liggaam in Christus en elkeen afsonderlik lede van mekaar.  6  En ons besit genadegawes wat verskil volgens die genade wat aan ons gegee is:  7  is dit profesie, na die maat van die geloof; of bediening, in die werk van bediening; of wie leer, in die lering;  8  of wie vermaan, in die vermaning; wie uitdeel, in opregtheid; wie ‘n voorganger is, met ywer; wie barmhartigheid bewys, met blymoedigheid.

1Pe 1:6-7  Daarin verheug julle jul, al word julle nou—as dit nodig is—’n kort tydjie bedroef onder allerhande beproewinge,  7  sodat die beproefdheid van julle geloof, wat baie kosbaarder is as goud wat vergaan maar deur vuur gelouter word, bevind mag word tot lof en eer en heerlikheid by die openbaring van Jesus Christus.

Jak 1:2-4  Ag dit louter vreugde, my broeders, wanneer julle in allerhande versoekinge val,  3  omdat julle weet dat die beproewing van julle geloof lydsaamheid bewerk.  4  Maar die lydsaamheid moet tot volle verwerkliking kom, sodat julle volmaak en sonder gebrek kan wees en in niks kortkom nie.

Om leierskap te neem, moet ons self onder leierskap kan staan en deur diepe beproewinge geneem word. Die lede van die liggaam van Christus onderwerp hulle aan die orde van God en leer van mekaar sodat almal hulle deel kan volbring om die liggaam in volmaaktheid aan die Vader voor te stel:

Efes 4:11-16  En Hy het gegee sommige as apostels, ander as profete, ander as evangeliste, ander as herders en leraars,  12  om die heiliges toe te rus vir hulle dienswerk, tot opbouing van die liggaam van Christus,  13  totdat ons almal kom tot die eenheid van die geloof en van die kennis van die Seun van God, tot ‘n volwasse man, tot die mate van die volle grootte van Christus;  14  sodat ons nie meer kinders sou wees nie wat soos golwe geslinger en heen en weer gedryf word deur elke wind van lering, deur die bedrieëry van die mense, deur sluheid om listiglik tot dwaling te bring;  15  maar, terwyl ons in liefde die waarheid betrag, in alles sou opgroei in Hom wat die Hoof is, naamlik Christus,  16  uit wie die hele liggaam—goed saamgevoeg en saamverbind deur die ondersteuning wat elke lid gee volgens die werking van elke afsonderlike deel in sy mate—die groei van die liggaam bevorder vir sy eie opbouing in liefde.

Dit gaan nie oor titels nie, maar oor funksies! God self stel leiers aan in die gemeente, en die gemeente moet hierdie aanstellings respekteer omdat elkeen leierskap sal ontwikkel en toepas op die tyd soos die Vader bepaal…

1Kor 12:28-31  En God het sommige in die gemeente gestel: in die eerste plek apostels, ten tweede profete, ten derde leraars, daarna kragte, daarna genadegawes van gesondmaking, helpers, regeringe, allerhande tale.  29  Almal is tog nie apostels nie, almal is tog nie profete nie, almal is tog nie leraars nie, almal is tog nie kragte nie?  30  Het almal genadegawes van gesondmaking, spreek almal in tale, kan almal dit uitlê?  31  Maar beywer julle met die oog op die beste gawes; en ek wys julle ‘n nog uitnemender weg.

Hand13:1-3  En daar was in die plaaslike gemeente in Antiochíë sekere profete en leraars, naamlik Bárnabas en Símeon wat Niger genoem word, en Lúcius, die Cirenéër, en Manáen, wat saam met Herodes, die viervors, grootgeword het, en Saulus.  2  En terwyl hulle besig was om die Here te dien en te vas, het die Heilige Gees gesê: Sonder nou Bárnabas en Saulus vir My af vir die werk waarvoor Ek hulle geroep het.  3  En toe hulle gevas en gebid het en hulle die hande opgelê het, laat hulle hul gaan.

Hand 20:28  Gee dan ag op julleself en op die hele kudde waaroor die Heilige Gees julle as opsieners aangestel het om as herders die gemeente van God te versorg, wat Hy deur sy eie bloed verkry het.

Elke lid van die liggaam van Christus se bydra is egter baie belangrik sodat die hele liggaam gesond kan groei in die eenheid en liefde van Christus.

1Kor 12:1-11  En wat die geestelike gawes betref, broeders, wil ek nie hê dat julle onkundig moet wees nie.  2  Julle weet dat julle heidene was, weggevoer na die stomme afgode net soos julle ook al gelei is.  3  Daarom maak ek julle bekend dat niemand wat deur die Gees van God spreek, Jesus ‘n vervloeking noem nie; en niemand kan sê dat Jesus die Here is nie, behalwe deur die Heilige Gees.  4  Daar is wel verskeidenheid van genadegawes, maar dit is dieselfde Gees;  5  en daar is verskeidenheid van bedieninge, en tog is dit dieselfde Here;  6  en daar is verskeidenheid van werkinge, en tog is dit dieselfde God wat alles in almal werk.  7  Maar aan elkeen word die openbaring van die Gees gegee met die oog op wat nuttig is.  8  Want aan die een word deur die Gees ‘n woord van wysheid gegee, en aan die ander ‘n woord van kennis vanweë dieselfde Gees;  9  aan ‘n ander weer geloof deur dieselfde Gees, en aan ‘n ander genadegawes van gesondmaking deur dieselfde Gees;  10  aan ‘n ander werkinge van kragte, aan ‘n ander profesie, aan ‘n ander onderskeiding van die geeste, aan ‘n ander allerhande tale, aan ‘n ander uitleg van tale.  11  Maar al hierdie dinge werk een en dieselfde Gees wat aan elkeen afsonderlik uitdeel soos Hy wil.

God versprei Sy gawes en werkinge binne die liggaam sodat die hele liggaam kan weet dat hulle mekaar nodig het. Niemand het alle gawes nie – dit is verdeel tussen mekaar soos God dit wil hê. Niemand het ook alle kennis en wysheid in pag nie.

1Kor 12:12-27  Want net soos die liggaam een is en baie lede het, en al die lede van die een liggaam, al is hulle baie, een liggaam is, so ook Christus.  13  Want ons is almal ook deur een Gees gedoop tot een liggaam, of ons Jode of Grieke is, slawe of vrymanne; en ons is almal van een Gees deurdronge.  14  Want ook die liggaam is nie een lid nie, maar baie.  15  As die voet sou sê: Omdat ek nie die hand is nie, behoort ek nie aan die liggaam nie—behoort hy daarom nie aan die liggaam nie?  16  En as die oor sou sê: Omdat ek nie die oog is nie, behoort ek nie aan die liggaam nie—behoort hy daarom nie aan die liggaam nie?  17  As die hele liggaam oog was, waar sou die gehoor wees? As dit geheel en al gehoor was, waar sou die reuk wees?  18  Maar nou het God elkeen van die lede in die liggaam gestel soos Hy gewil het.  19  As almal een lid was, waar sou die liggaam wees?  20  Maar nou is daar wel baie lede, maar net een liggaam.  21  En die oog kan nie vir die hand sê: Ek het jou nie nodig nie; of ook die hoof vir die voete: Ek het julle nie nodig nie.  22  Maar veel eerder is dié lede van die liggaam noodsaaklik wat die swakste lyk;  23  en dié lede van die liggaam wat vir ons minder eerbaar lyk, beklee ons met oorvloediger eer, en so het ons onsierlike lede oorvloediger sierlikheid,  24  terwyl ons sierlike lede dit nie nodig het nie; maar God het die liggaam saamgestel en aan die misdeelde lid oorvloediger eer gegee,  25  sodat daar geen verdeeldheid in die liggaam mag wees nie, maar dat die lede gelyke sorg vir mekaar mag dra.  26  En as een lid ly, ly al die lede saam; en as een lid geëer word, is al die lede saam bly.  27  Maar julle is die liggaam van Christus en lede afsonderlik.

Die lede is aan mekaar onderdanig, soos hulle onderdanig is aan die Hoof…

Efes 5:19-21  Spreek onder mekaar met psalms en lofsange en geestelike liedere; en sing en psalmsing in julle hart tot eer van die Here,  20  terwyl julle God die Vader altyd vir alles dank in die Naam van onse Here Jesus Christus,  21  en aan mekaar onderdanig is in die vrees van God.

Almal in die liggaam van Jesus kyk na die belange van die ander, en in nederigheid is daar ‘n hoër agting vir ander se plek en funksie in die liggaam

Fil 2:1-5  As daar dan enige troos in Christus is, as daar enige vertroosting van die liefde, as daar enige gemeenskap van die Gees, as daar enige innige tederheid en ontferming is,  2  maak dan my blydskap volkome deur eensgesind te wees en dieselfde liefde te hê, een van siel, een van sin.  3  Moenie iets doen uit selfsug of uit ydele eer nie, maar in nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself.  4  Julle moet nie elkeen na sy eie belange omsien nie, maar elkeen ook na die ander s’n.  5  Want hierdie gesindheid moet in julle wees wat ook in Christus Jesus was.

Die gemeente se hulp en ondersteuning van mekaar is nie iets wat in die wêreld en sy sisteme voorkom nie. Dit is juis wat “die Christus” so laat uitstaan!

Joh 13:34-35  ‘n Nuwe gebod gee Ek julle, dat julle mekaar moet liefhê; soos Ek julle liefgehad het, moet julle ook mekaar liefhê.  35  Hieraan sal almal weet dat julle my dissipels is, as julle liefde onder mekaar het.

Joh 15:12-14  Dit is my gebod, dat julle mekaar moet liefhê net soos Ek julle liefgehad het.  13  Groter liefde het niemand as dit nie, dat iemand sy lewe vir sy vriende gee.  14  Julle is my vriende as julle alles doen wat Ek julle beveel.

1Pe 1:22  As julle in gehoorsaamheid aan die waarheid julle siele deur die Gees tot ongeveinsde broederliefde gereinig het, moet julle mekaar vurig liefhê uit ‘n rein hart.

1Jn 4:7-21  Geliefdes, laat ons mekaar liefhê; want die liefde is uit God, en elkeen wat liefhet, is uit God gebore en ken God.  8  Hy wat nie liefhet nie, het God nie geken nie, want God is liefde.  9  Hierin is die liefde van God tot ons geopenbaar, dat God sy eniggebore Seun in die wêreld gestuur het, sodat ons deur Hom kan lewe.  10  Hierin is die liefde: nie dat ons God liefgehad het nie, maar dat Hy ons liefgehad het en sy Seun gestuur het as ‘n versoening vir ons sondes.  11  Geliefdes, as God ons so liefgehad het, behoort ons ook mekaar lief te hê.  12  Niemand het God ooit aanskou nie. As ons mekaar liefhet, bly God in ons en het sy liefde in ons volmaak geword.  13  Hieraan weet ons dat ons in Hom bly en Hy in ons, dat Hy ons van sy Gees gegee het.  14  En ons het aanskou en ons getuig dat die Vader die Seun as Verlosser van die wêreld gestuur het.  15  Elkeen wat bely dat Jesus die Seun van God is—God bly in hom, en hy in God.  16  En ons het die liefde wat God tot ons het, leer ken en geglo. God is liefde; en hy wat in die liefde bly, bly in God, en God in hom.  17  Hierin het die liefde by ons volmaak geword, dat ons vrymoedigheid kan hê in die oordeelsdag; want soos Hy is, is ons ook in hierdie wêreld.  18  Daar is geen vrees in die liefde nie; maar die volmaakte liefde dryf die vrees buite, want die vrees sluit straf in, en hy wat vrees, het nie volmaak geword in die liefde nie.  19  Ons het Hom lief, omdat Hy ons eerste liefgehad het.  20  As iemand sê: Ek het God lief—en sy broeder haat, is hy ‘n leuenaar; want wie sy broeder wat hy gesien het, nie liefhet nie, hoe kan hy God liefhê wat hy nie gesien het nie?  21  En hierdie gebod het ons van Hom dat hy wat God liefhet, ook sy broeder moet liefhê.

Hierdie liefde is nie aards en soetsappig nie, maar dit is ‘n demonstrasie wat in dade duidelik is, ook wanneer iemand gesondig het moet daar met groot deernis omgegaan word…

Mat 18:15-17  En as jou broeder teen jou sondig, gaan bestraf hom tussen jou en hom alleen. As hy na jou luister, dan het jy jou broeder gewin;  16  maar as hy nie luister nie, neem nog een of twee met jou saam, sodat in die mond van twee of drie getuies elke woord kan vasstaan.  17  En as hy na hulle nie luister nie, sê dit aan die gemeente; en as hy na die gemeente ook nie luister nie, laat hom vir jou wees soos die heiden en die tollenaar.

Gal 6:1-3  Broeders, as iemand ewenwel deur een of ander misdaad oorval word, moet julle wat geestelik is, so een reghelp met die gees van sagmoedigheid, terwyl jy op jouself let, dat jy ook nie versoek word nie.  2  Dra mekaar se laste en vervul so die wet van Christus.  3  Want as iemand meen dat hy iets is, terwyl hy niks is nie, mislei hy homself.

Die Hoof, Jesus Christus, het inderdaad Sy liggaam lief, en Hy het Homself aan die liggaam gegee vir ‘n bepaalde doel…

Efes 5:26-27…..  om dit te heilig, nadat Hy dit gereinig het met die waterbad deur die woord,  27  sodat Hy die gemeente voor Hom [die Vader] kon stel, verheerlik, sonder vlek of rimpel of iets dergeliks; maar dat dit heilig en sonder gebrek sou wees.

About 4windkoinonia

Want let op julle roeping, broeders: julle is nie baie wyse na die vlees nie, nie baie magtiges, nie baie edeles nie; maar wat dwaas is by die wêreld, het God uitverkies om die wyse te beskaam; en wat swak is by die wêreld, het God uitverkies om wat sterk is, te beskaam; en wat onedel is by die wêreld en wat verag is, het God uitverkies, en wat niks is nie, om wat iets is, tot niet te maak, sodat geen vlees voor Hom sou roem nie. (1Kor 1:26-29)
This entry was posted in Lees eers hier. Bookmark the permalink.