‘Alles behoort aan julle’ – Die lewe van die apostel Paulus (Deel 8)

1Kor 3:21-23  Laat niemand dan op mense roem nie, want alles behoort aan julle;  22  of dit Paulus is of Apollos of Céfas of die wêreld of lewe of dood of teenswoordige of toekomstige dinge—alles behoort aan julle;  23  maar julle behoort aan Christus, en Christus aan God.

Paulus het sy lewe in Christus gedeel met baie mense en met gemeentes dwarsoor die bekende wêreld van sy dag ‘n baie intieme geestelike verhouding gehad. Hy het veral deur briewe met gemeentes gekommunikeer, en die briewe was dan ook oorgeskryf / gedupliseer en tussen die gemeentes gesirkuleer – almal moes kennis neem wat hy met hulle wou deel want hy wou die gemeente in Korinth en die ander gemeentes altyd herinneer dat “alles behoort aan julle“!

Kol 4:16  En wanneer hierdie brief by julle gelees is, sorg dat dit ook in die gemeente van die Laodicense gelees word en dat julle ook dié uit Laodicéa lees.

1Th 5:27  Ek besweer julle by die Here dat hierdie brief aan al die heilige broeders voorgelees word.

Alles wat Paulus geskryf het in daardie briewe, behoort ook aan ons, as ons dit kan ontvang. want dit is deel van die Woord van God, en dit het deur God se mond uitgegaan (dit was deur God geinspireer en uitgeasem:

1Kor 14:37  As iemand meen dat hy ‘n profeet of ‘n geestelike mens is, moet hy erken dat wat ek aan julle skrywe, bevele van die Here is.

Mat 4:4  Maar Hy antwoord en sê: Daar is geskrywe: Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat deur die mond van God uitgaan.

Paulus het geweet dat hy die woorde wat hy met ander gedeel het in briewe van die Here ontvang het…

1Kor 14:37  As iemand meen dat hy ‘n profeet of ‘n geestelike mens is, moet hy erken dat wat ek aan julle skrywe, bevele van die Here is.

Die briewe van Paulus en die ander apostels was deur die apostels in hul leeftyd reeds as heilige Geskrifte erken – dit was inderdaad “bevele van die Here” soos Petrus ook duidelik beaam…

2Ti 3:14-17  Maar bly jy in wat jy geleer het en waarvan jy verseker is, omdat jy weet van wie jy dit geleer het,  15  en dat jy van kleins af die heilige Skrifte ken wat jou wys kan maak tot saligheid deur die geloof in Christus Jesus.  16  Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid,  17  sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus.

Dit was die apostels self wat die inhoud van ons huidige Bybel reeds in hul eie tyd vasgestel het, en nie ‘n raad wat in Nicaea vergader het in 325 nC nie, soos deur die afvalliges gepropageer word nie:

2Pe 3:15-16  En ag die lankmoedigheid van onse Here as saligheid, soos ons geliefde broeder Paulus ook met die wysheid wat aan hom gegee is, aan julle geskryf het,  16  net soos in al die briewe. Hy spreek daarin oor hierdie dinge, waarvan sommige swaar is om te verstaan, wat die ongeleerde en onvaste mense verdraai, net soos die ander Skrifte, tot hul eie verderf.

Die eerste apostels van Jesus was almal Jode, en het die Ou Testamentiese Geskrifte bestudeer, en aan almal hul volgelinge ook dit aanbeveel. Paulus sê byvoorbeeld aan Timotheus die volgende woorde in die verband…

2Ti 3:14-17  Maar bly jy [Timotheus] in wat jy geleer het en waarvan jy verseker is, omdat jy weet van wie jy dit geleer het,  15  en dat jy van kleins af die heilige Skrifte ken wat jou wys kan maak tot saligheid deur die geloof in Christus Jesus.  16  Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid,  17  sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus.

Hierdie apostels en vogelinge van Jesus het egter die Geskrifte van die Ou Testament in ‘n ander lig begin sien, soos Christus hulle oë geopen het. Hier is een so ‘n geleentheid toe Jesus na Sy opstanding aan die twee verduidelik het op pad na Émmaüs…

Luk 24:27-32  En Hy het begin van Moses en al die profete af en vir hulle uitgelê in al die Skrifte die dinge wat op Hom betrekking het.  28  Daarop kom hulle naby die dorp waarheen hulle op reis was, en Hy het gemaak of Hy verder wou gaan;  29  maar hulle het by Hom aangedring en gesê: Bly by ons, want dit is amper aand en die dag het gedaal; en Hy het ingegaan om by hulle te bly.  30  En toe Hy met hulle aan tafel was, neem Hy die brood en dank; en Hy breek dit en gee dit aan hulle.  31  Toe is hulle oë geopen en hulle het Hom herken, en Hy het uit hulle gesig verdwyn.  32  En hulle sê vir mekaar: Was ons hart nie brandende in ons toe Hy met ons op die pad gepraat en vir ons die Skrifte uitgelê het nie?

Die hele Ou Testament was oor Jesus Christus, en baie kon dit nie sien nie, soos Jesus self ook aan die Jode uitgewys het…

Joh 5:39  Julle ondersoek die Skrifte, omdat julle meen dat julle daarin die ewige lewe het; en dit is dié wat van My getuig.

Die Skrifte het ‘n dieper dimensie wat die gees van die Vader openbaar, en diegene wat op die letterlike dinge fokus daarin, mis die hele openbaring van die Skrifte in hulself:

Joh 6:63  Dit is die Gees wat lewend maak, die vlees is van geen nut nie; die woorde wat Ek tot julle spreek, is gees en is lewe.

Alhoewel Paulus en die ander apostels die heilige Skrifte vanuit die Ou Testament as hul basis in geloof in Christus gesien het, het hulle deur hul skrywes meer lig gewerp op die geestelike betekenis daarin. Hulle het in hul briewe verduidelik dat die Ou Testamentiese Skrywes geestelike tipes was van ‘n innerlike en persoonlike geestelike belewenis vir elke gelowige in Christus:

Efes 1:17-23  dat die God van onse Here Jesus Christus, die Vader van die heerlikheid, aan julle die Gees van wysheid en openbaring in kennis van Hom mag gee,  18  verligte oë van julle verstand, sodat julle kan weet wat die hoop van sy roeping en wat die rykdom van die heerlikheid van sy erfdeel onder die heiliges is;  19  en wat die uitnemende grootheid van sy krag is vir ons wat glo, na die werking van die krag van sy sterkte  20  wat Hy gewerk het in Christus toe Hy Hom uit die dode opgewek het en Hom laat sit het aan sy regterhand in die hemele,  21  bo alle owerheid en mag en krag en heerskappy en elke naam wat genoem word, nie alleen in hierdie wêreld nie, maar ook in die toekomstige.  22  En Hy het alle dinge onder sy voete onderwerp en Hom as Hoof bo alle dinge aan die gemeente gegee,  23  wat sy liggaam is, die volheid van Hom wat alles in almal vervul.

Paulus se briewe was geskryf aan indiwidue en gemeentes op verskeie plekke en tye, en selfs is die inhoud vandag aan ons bekend…

…aan Timothues:

1Ti 1:1-2  Paulus, ‘n apostel van Jesus Christus, volgens die bevel van God, ons Verlosser, en van die Here Jesus Christus, ons Hoop,  2  aan Timótheüs, my ware kind in die geloof: Genade, barmhartigheid, vrede van God onse Vader en Christus Jesus, onse Here!

…aan Titus:

Tit 1:1-3  Paulus, ‘n dienskneg van God en ‘n apostel van Jesus Christus, volgens die geloof van die uitverkorenes van God en die kennis van die waarheid wat na die godsaligheid is,  2  in die hoop van die ewige lewe wat God, wat nie kan lieg nie, van ewigheid af beloof het,  3  en op die regte tyd sy woord bekend gemaak het deur die prediking wat aan my toevertrou is, ooreenkomstig die gebod van God, ons Verlosser—aan Titus, my ware kind volgens die gemeenskaplike geloof.

…aan Filémon, Appia, Archíppus, en aan die gemeente daar by Filemon se huis bymekaar gekom het:

Phm 1:1-2  Paulus, ‘n gevangene van Christus Jesus, en die broeder Timótheüs, aan Filémon, die geliefde en ons medearbeider,  2  en aan Appia, die geliefde suster, en aan Archíppus, ons medestryder, en aan die gemeente wat in jou huis is:

Paulus het aan die volgende gemeentes geskryf vir kennisname aan alle Christene…

…aan die gemeente in Rome:

Rom 1:1, 7  Paulus, ‘n dienskneg van Jesus Christus, ‘n geroepe apostel, afgesonder tot die evangelie van God…aan al die geliefdes van God, geroepe heiliges wat in Rome is: Genade vir julle en vrede van God onse Vader en die Here Jesus Christus!

…aan die gemeente in Korinthe:

1Co 1:1-2  Paulus, ‘n geroepe apostel van Jesus Christus deur die wil van God, en die broeder Sósthenes,  2  aan die gemeente van God wat in Korinthe is, aan die geheiligdes in Christus Jesus, die geroepe heiliges, saam met almal wat die Naam van onse Here Jesus Christus in elke plek aanroep, hulle sowel as onse Here.

…aan die gemeentes in Galasië:

Gal 1:1-2  Paulus, ‘n apostel nie vanweë mense of deur ‘n mens nie, maar deur Jesus Christus en God die Vader wat Hom uit die dode opgewek het,  2  en al die broeders wat by my is—aan die gemeentes van Galásië.

…aan die heiliges wat in Éfese was:

Eph 1:1  Paulus, ‘n apostel van Jesus Christus deur die wil van God, aan die heiliges wat in Éfese is, en die gelowiges in Christus Jesus.

…aan al die heiliges in Christus Jesus wat ook in Filíppi was:

Php 1:1  Paulus en Timótheüs, diensknegte van Jesus Christus, aan al die heiliges in Christus Jesus wat in Filíppi is, saam met die opsieners en diakens.

…aan die heilige en gelowige broeders in Christus wat in Kolosse was:

Col 1:1-2  Paulus, ‘n apostel van Jesus Christus deur die wil van God, en die broeder Timótheüs,  2  aan die heilige en gelowige broeders in Christus wat in Kolosse is: Genade vir julle en vrede van God onse Vader en die Here Jesus Christus!

…aan die gemeente van die Thessalonicense:

1Th 1:1  Paulus en Silvánus en Timótheüs aan die gemeente van die Thessalonicense wat in God die Vader en die Here Jesus Christus is: Genade vir julle en vrede van God onse Vader en die Here Jesus Christus!

…en ook aan die gemeente wat as die “Hebreërs” bekendgestaan het, dikteer Paulus ‘n brief deur die hand van Timothues geskryf:

Heb 13:22-24  En ek vermaan julle, broeders, verdra die woord van vermaning, want ek het ook maar kort aan julle geskrywe.  23  Julle moet weet dat die broeder Timótheüs vrygelaat is, saam met wie ek julle sal sien as hy spoedig kom.  24  Groet al julle voorgangers en al die heiliges. Die wat van Italië is, groet julle.

Ons moet kennis neem van die inhoud van al hierdie briewe, want Paulus was deur God geinspireer om aan ons te sê dat “alles behoort aan julle”. Sommige briewe was deur Paulus met sy eie hand geskryf en ander was weer deur Paulus gedikteer:

2Th 3:17  Die groete van Paulus, met my eie hand, wat ‘n teken is in elke brief; so skryf ek.

Rom 16:22  Ek, Tértius, wat die brief geskryf het, groet julle in die Here.

Hierdie briewe van Paulus behoort inderdaad ook aan ons, en ons dank die Vader vir die lewe van Paulus en wat hy vir ons neergeskryf het. Volgende keer kyk ons na Apollos van wie ons ook baie kan leer, soos God wil:

1Kor 3:21-23  Laat niemand dan op mense roem nie, want alles behoort aan julle;  22  of dit Paulus is of Apollos of Céfas of die wêreld of lewe of dood of teenswoordige of toekomstige dinge—alles behoort aan julle;  23  maar julle behoort aan Christus, en Christus aan God.

About 4windkoinonia

Want let op julle roeping, broeders: julle is nie baie wyse na die vlees nie, nie baie magtiges, nie baie edeles nie; maar wat dwaas is by die wêreld, het God uitverkies om die wyse te beskaam; en wat swak is by die wêreld, het God uitverkies om wat sterk is, te beskaam; en wat onedel is by die wêreld en wat verag is, het God uitverkies, en wat niks is nie, om wat iets is, tot niet te maak, sodat geen vlees voor Hom sou roem nie. (1Kor 1:26-29)
This entry was posted in Lees eers hier. Bookmark the permalink.