‘Alles behoort aan julle’ – Die lewe van Céfas (Deel 1)

Paulus skryf die volgende vermaning aan die gemeente in Korinthe, toe daar mense in die gemeente was wie groepies (partyskappe) gevorm het. Hierdie groepies het sekere indiwidue gevolg vir wie hulle as meer belangrik beskou het…

1Kor 1:11-13  Want dit is aan my deur die huisgenote van Chloë bekend gemaak aangaande julle, my broeders, dat daar twiste [skeuringe / partyskappe] onder julle is.  12  Ek bedoel dit, dat elkeen van julle sê: Ek is van Paulus, en ek van Apollos, en ek van Céfas, en ek van Christus.  13  Is Christus verdeel? Is Paulus miskien vir julle gekruisig? Of is julle in die naam van Paulus gedoop?

1Kor 3:21-23  Laat niemand dan op mense roem nie, want alles behoort aan julle;  22  of dit Paulus is of Apollos of Céfas of die wêreld of lewe of dood of teenswoordige of toekomstige dinge—alles behoort aan julle;  23  maar julle behoort aan Christus, en Christus aan God.

Is Christus verdeel? NEE. Christus se gemeente is ‘n eenheid, maak nie saak of hulle versprei is deur geografie en tydsverskille nie. Ons moet nooit Christus van Sy liggaam skei nie, en ook nie Sy liggaam verdeel soos die afvallige Christendom dit doen nie. Sommige mense is duidelik gelukkig met die verdeeldheid, as hulle ook trots is en openlik spog met eie denominasie. Hulle kan nie sien dat Christus een is en dat Sy liggaam een is – saamgebind deur Sy een SIN (een leer):

1Kor 6:17  Maar wie die Here aanhang, is een gees met Hom.

1Kor 12:13  Want ons is almal ook deur een Gees gedoop tot een liggaam, of ons Jode of Grieke is, slawe of vrymanne; en ons is almal van een Gees deurdronge.

Efes 2:18  want deur Hom het ons albei die toegang deur een Gees tot die Vader.

Efes 4:4  Dit is een liggaam en een Gees, soos julle ook geroep is in een hoop van julle roeping;

Fil 1:27  Alleenlik, gedra julle waardig die evangelie van Christus, sodat, of ek kom en julle sien dan wel of ek afwesig is, ek van julle omstandighede kan hoor dat julle in een gees vasstaan en, een van siel, saam stry vir die geloof van die evangelie.

Die geestelike mens in Christus sien die een kerk van God, want hulle het almal dieselfde gees en insigte in die een leer van Christus. Hulle kan oordeel wie die leer van Christus ken en wie nie dit ken nie. Hulle is “op hul hoede” om hul loon te beskerm…

2Jn 1:8-11  Wees op julle hoede, dat ons nie verloor wat ons deur arbeid verkry het nie, maar ‘n volle loon ontvang.  9  Elkeen wat ‘n oortreder is en nie bly in die leer van Christus nie, hy het God nie. Wie in die leer van Christus bly, hy het die Vader sowel as die Seun.  10  As iemand na julle kom en hierdie leer nie bring nie, ontvang hom nie in die huis nie en groet hom nie.  11  Want die een wat hom groet, het gemeenskap aan sy bose werke.

Die een leer van Christus is dit wat Paulus noem “die sin van Christus“, en almal wat dit besit beoordeel wel hierdie eenheid in Christus reg:

1Kor 2:15-16  Maar die geestelike mens beoordeel wel alle dinge; self egter word hy deur niemand beoordeel nie.  16  Want wie het die sin van die Here geken, dat hy Hom sou kan onderrig? Maar ons het die sin van Christus.

Alles behoort inderdaad aan hulle wie die sin van Christus het. Ons het reeds gesels oor hoe die lewe van Paulus en Apollos aan ons behoort, by die volgende skakels:

Die lewe van Paulus (Deel 1; Deel 2; Deel 3; Deel 4; Deel 5; Deel 6; Deel 7; Deel 8)

Die lewe van Apollos

Paulus noem dat Céfas (ook bekend as Simon en ook as Petrus in die Skifte) ook aan almal in die gemeente in Korinthe behoort, en ook aan ons wat die sin van Christus het. Dit wat in die lewe van Céfas gebeur het, is doelbewus vir ons neergeskryf – dit behoort ook aan ons. Ons leef van elke woord van God se mond, want dit is ook wat God se gees (die sin van Christus) in ons vestig:

Mat 4:4  Maar Hy antwoord en sê: Daar is geskrywe: Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat deur die mond van God uitgaan.

Joh 6:63  Dit is die Gees wat lewend maak, die vlees is van geen nut nie; die woorde wat Ek tot julle spreek, is gees en is lewe.

Uit Céfas se lewe kan ons baie leer en bemoedig word oor Christus se werke nou in ons eie lewe, om ons geloof en hoop in Christus te laat groei en te versterk.

Rom 15:4  Want alles wat tevore geskrywe is, is tot ons lering tevore geskrywe, sodat ons deur lydsaamheid en bemoediging van die Skrifte hoop kan hê.

Ons leer Céfas ken as “Simon”, waar hy as ‘n visserman gewerk het by die meer Gennésaret. Jesus wou Simon se boot gebruik om die skares toe te spreek:

Luk 5:1-11  En toe die skare by Hom aandring om die woord van God te hoor, gaan Hy by die meer Gennésaret staan  2  en sien twee skuite aan die kant van die meer lê; maar die vissers het van hulle af weggegaan en was besig om die nette uit te spoel.  3  Toe klim Hy in een van die skuite wat aan Simon behoort het, en vra hom om ‘n entjie van die land af weg te vaar, en Hy het gaan sit en die skare van die skuit uit geleer.  4  En toe Hy ophou met spreek, sê Hy vir Simon: Vaar uit na die diep water en laat julle nette sak om te vang.  5  En Simon antwoord en sê vir Hom: Meester, ons het die hele nag deur hard gewerk en niks gevang nie; maar op u woord sal ek die net laat sak.  6  En toe hulle dit gedoen het, het hulle ‘n groot menigte visse ingesluit; en hulle net wou skeur.  7  Daarop wink hulle vir hul maats in die ander skuit om hulle te kom help. En hulle het gekom en altwee die skuite vol gemaak, sodat hulle amper gesink het.  8  En toe Simon Petrus dit sien, val hy neer aan die knieë van Jesus en sê: Gaan weg van my, Here, want ek is ‘n sondige man!  9  Want verbaasdheid het hom aangegryp en almal wat by hom was, oor die vangs van visse wat hulle gemaak het;  10  en net so ook vir Jakobus en Johannes, die seuns van Sebedéüs, wat Simon se maats was. En Jesus sê vir Simon: Moenie vrees nie; van nou af sal jy mense vang.  11  En nadat hulle die skuite aan land gebring het, het hulle alles verlaat en Hom gevolg.

Simon was ook deur Jesus die naam “Petrus” gegee. Petrus was inderdaad een van die eerste twaalf volgelinge van Jesus wat deur die Vader uitverkies was, en wie Jesus “apostels” genoem het:

Luk 6:12-16  En Hy het in daardie dae uitgegaan na die berg om te bid en die nag in die gebed tot God deurgebring.  13  En toe dit dag geword het, het Hy sy dissipels na Hom geroep en twaalf van hulle uitgekies, wat Hy apostels genoem het:  14  Simon wat Hy Petrus genoem het, en Andréas, sy broer; Jakobus en Johannes; Filippus en Bartholoméüs;  15  Matthéüs en Thomas; Jakobus, die seun van Alféüs, en Simon wat Yweraar genoem word;  16  Judas, die seun van Jakobus, en Judas Iskáriot, wat die verraaier geword het.

Interessant om te sien dat die eerste vier apostels wat hier in Lukas 6 genoem word almal vissermanne was. Hulle was ook later baie keer afsonderlik in intieme gesprekke met Jesus:

Mat 17:1  En ná ses dae het Jesus vir Petrus en Jakobus en Johannes, sy broer, saamgeneem en hulle op ‘n hoë berg in die eensaamheid gebring.

Mar 13:3-4  En toe Hy gaan sit het op die Olyfberg, regoor die tempel, vra Petrus en Jakobus en Johannes en Andréas Hom afsonderlik:  4  Vertel ons, wanneer sal hierdie dinge wees, en wat is die teken wanneer al hierdie dinge volbring word?

Mar 14:32-34  Toe kom hulle in ‘n plek waarvan die naam Getsémané was. En Hy sê vir sy dissipels: Sit hier onderwyl Ek gaan bid.  33  En Hy neem Petrus en Jakobus en Johannes saam met Hom en begin ontsteld en benoud te word.  34  En Hy sê vir hulle: My siel is diep bedroef tot die dood toe; bly hier en waak.

Die simboliek van die vissersbedryf in die Skrifte is baie belangrik om van kennis te neem, en veral watter rol dit gespeel het in Simon Petrus (Céfas) se lewe, tot ons lering:

En Jesus sê vir Simon: Moenie vrees nie; van nou af sal jy mense vang…” 

Dat Jesus Sy eerste dissipels by die meer Gennésaret gekry het, is geestelik van groot waarde. Die woord “Gennésaret” kom van die Hebreeuse woord “kinnôr” (meervoud “kinnereth”) wat “harp” beteken in Hebreeus. Die meer was egter ook genoem die see van Galiléa en die see van Tibérias in die Skrifte:

Mat 4:18  En terwyl Jesus langs die see van Galiléa loop, sien Hy twee broers, Simon wat genoem word Petrus, en Andréas, sy broer, besig om ‘n net in die see uit te gooi; want hulle was vissers.

Mar 1:16  En terwyl Hy langs die see van Galiléa loop, sien Hy Simon en Andréas, sy broer, besig om ‘n net in die see uit te gooi; want hulle was vissers.

Joh 6:1  Daarna het Jesus na die oorkant van die see van Galiléa, dit is, van Tibérias, gegaan.

Vissermanne en visse, soos alles op aarde, het water nodig, daarom is die tema van waters en die see ook belangrik in die Skrifte. Die “see” of “watervloed” het aanvanklik die hele aarde gevul, soos dit in die eerste verse in Genesis beskryf word:

Gen 1:1-2  In die begin het God die hemel en die aarde geskape.  2  En die aarde was woes en leeg, en duisternis was op die wêreldvloed, en die Gees van God het gesweef op die waters.

Hierdie “watervloed” het inderdaad die hele aarde bedek en daar was totale duisternis op hierdie watervloed op die hele aarde:

Gen 1:2  In die begin het God die hemel en die aarde geskape.  2  En die aarde was woes en leeg, en duisternis was op die wêreldvloed, en die Gees van God het gesweef op die waters.

Die duisternis word besweer deur die lig en reg aan die begin sien ons hoe die lig die duisternis oorwin en oorheers:

Gen 1:3-5  En God het gesê: Laat daar lig wees! En daar was lig.  4  Toe sien God dat die lig goed was. En God het skeiding gemaak tussen die lig en die duisternis;  5  en God het die lig dag genoem, en die duisternis het Hy nag genoem. En dit was aand en dit was môre, die eerste dag.

Hierdie tema word in die Nuwe Testament herhaal en vervul deur die koms van Jesus na die wêreld.

Joh 1:1-14  In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God.  2  Hy was in die begin by God.  3  Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie.  4  In Hom was lewe, en die lewe was die lig van die mense.  5  En die lig skyn in die duisternis, en die duisternis het dit nie oorweldig nie.  6  Daar was ‘n man van God gestuur, wie se naam Johannes was.  7  Hy het tot ‘n getuienis gekom om van die lig te getuig, sodat almal deur hom sou glo.  8  Hy was nie die lig nie, maar hy moes van die lig getuig.  9  Die waaragtige lig wat elke mens verlig, was aan kom in die wêreld.  10  Hy was in die wêreld, en die wêreld het deur Hom ontstaan, en die wêreld het Hom nie geken nie.  11  Hy het na sy eiendom gekom, en sy eie mense het Hom nie aangeneem nie.  12  Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo;  13  wat nie uit die bloed of uit die wil van die vlees of uit die wil van ‘n man nie, maar uit God gebore is.  14  En die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon—en ons het sy heerlikheid aanskou, ‘n heerlikheid soos van die Eniggeborene wat van die Vader kom—vol van genade en waarheid.

Jesus was in Bethlehem gebore, maar het by sy ouerhuis in Násaret grootgeword. Toe Hy omtrent dertig jaar oud was, het Hy Násaret verlaat – Sy eie mense van Násaret kon Sy woord (Sy Lig) nie aanvaar nie:

Luk 3:23  En Hy, Jesus, was omtrent dertig jaar oud toe Hy begin leer het; en Hy was, soos hulle gemeen het, die seun van Josef, die seun van Eli.

Jesus het Sy bediening begin daar by die see van Galiléa. Die Skrifte beskryf dat die mensdom in geestelike duisternis was toe die Lig aan hulle verskyn. Jesus word beskryf as die groot Lig wat God aan die wêreld gegee het en deur Wie ons almal na die koninkryk van God getrek word op die tyd soos die Vader bepaal het:

Mat 4:12-17  En toe Jesus hoor dat Johannes in die gevangenis gesit was, het Hy na Galiléa teruggegaan.  13  En Hy het Násaret verlaat en gaan woon in Kapérnaüm aan die see, in die gebied van Sébulon en Náftali,  14  sodat vervul sou word wat gespreek is deur Jesaja, die profeet, toe hy gesê het:  15  Die land Sébulon en die land Náftali, na die see toe, oorkant die Jordaan, Galiléa van die heidene—  16  die volk wat in duisternis sit, het ‘n groot lig gesien, en die wat sit in die land en skaduwee van die dood, vir hulle het ‘n lig opgegaan.  17  Van toe af het Jesus begin om te preek en te sê: Bekeer julle, want die koninkryk van die hemele het naby gekom.

Genesis 1 was die duisternis en die lig op dag een die hooftemas.

Gen 1:2-5  En die aarde was woes en leeg, en duisternis was op die wêreldvloed, en die Gees van God het gesweef op die waters.  3  En God het gesê: Laat daar lig wees! En daar was lig.  4  Toe sien God dat die lig goed was. En God het skeiding gemaak tussen die lig en die duisternis;  5  en God het die lig dag genoem, en die duisternis het Hy nag genoem. En dit was aand en dit was môre, die eerste dag.

Ons sien dat die duisternis voor die lig kom na die aarde. As ons kan sien dat die aarde na ons eie vleeslikheid wys in geestelike terme, dan sal ons kan sien dat ons almal geskep word in sonde en ongeregtigheid, en dit is wat die duisternis geestelik beteken.

Gen 2:7  En die HERE God het die mens geformeer uit die stof van die aarde en in sy neus die asem van die lewe geblaas. So het dan die mens ‘n lewende siel geword.

Psa 51:7  Kyk, in ongeregtigheid is ek gebore, en in sonde het my moeder my ontvang.

Vlees en bloed kan nie in God se geestelike koninkryk kom nie. Net soos die aarde en die hemel twee afsonderlike dinge is, so staan die vleeslike dinge teen die geestelike dinge:

1Kor 15:50  Maar dit verklaar ek, broeders, dat vlees en bloed die koninkryk van God nie kan beërwe nie; ook beërwe die verganklikheid nie die onverganklikheid nie.

Gal 5:17  want die vlees begeer teen die Gees, en die Gees teen die vlees; en hulle staan teenoor mekaar…

Die lig kom nadat ons kan besef dat ons in duisternis gesit het, net soos die mense van “Galiléa van die heidene”. Jesus is die Lig wat ons reeds van lees in Genesis 1 vers 3 wat uit die duisternis na vore geroep was…

Gen 1:1-5  In die begin het God die hemel en die aarde geskape.  2  En die aarde was woes en leeg, en duisternis was op die wêreldvloed, en die Gees van God het gesweef op die waters.  3  En God het gesê: Laat daar lig wees! En daar was lig.  4  Toe sien God dat die lig goed was. En God het skeiding gemaak tussen die lig en die duisternis;  5  en God het die lig dag genoem, en die duisternis het Hy nag genoem. En dit was aand en dit was môre, die eerste dag.

Jesus is die Lig wat daar was “in die begin” op dag een reeds, lank voordat die son, of maan of sterre geskep was op dag vier:

Gen 1:14-19  En God het gesê: Laat daar ligte wees aan die uitspansel van die hemel, om skeiding te maak tussen die dag en die nag; en laat hulle dien as tekens sowel vir vaste tye, asook vir dae sowel as jare.  15  Laat hulle ook dien as ligte aan die uitspansel van die hemel om lig te gee op die aarde. En dit was so.  16  God het toe die twee groot ligte gemaak: die groot lig om te heers oor die dag en die klein lig om te heers oor die nag; ook die sterre.  17  En God het hulle aan die uitspansel van die hemel gestel om lig te gee op die aarde  18  en om te heers oor die dag en oor die nag en om skeiding te maak tussen die lig en die duisternis. Toe sien God dat dit goed was.  19  En dit was aand en dit was môre, die vierde dag.

Die watervloed is die see met sy duisternis waarin ons almal leef vanaf ons geboorte in vlees. Dit is die vlees met al sy duisternis waarin die “lewende wesens” wemel, soos dit ook na vore geroep word op dag vyf van die ses-dae-skeppingsprogram van God in Genesis.

Gen 1:20  En God het gesê: Laat die waters wemel met ‘n gewemel van lewende wesens…

Die see in sy negatiewe toepassing is die geestelike simbool van die geestelike duisternis van die vlees waarin God ons almal eerste maak, voordat ons die Lig van die gees ontvang:

1Kor 15:45-49  So is daar ook geskrywe: Die eerste mens, Adam, het ‘n lewende siel geword; die laaste Adam ‘n lewendmakende Gees.  46  Die geestelike ewenwel is nie eerste nie, maar die natuurlike; daarna die geestelike.  47  Die eerste mens was uit die aarde aards, die tweede mens is die Here uit die hemel.  48  Soos die aardse mens was, so is ook die aardse mense; en soos die hemelse mens is, so is ook die hemelse mense.  49  En soos ons die beeld van die aardse gedra het, so sal ons ook die beeld van die hemelse dra..

Ons is eerste die dier wat van die see leef en ons het al hierdie “wesens” in ons, ook die Leviátan, die kronkelende slang (die draak) en al sy bose maats:

Jes 27:1  In dié dag sal die HERE met sy harde en groot en sterk swaard besoeking doen oor die Leviátan, die vinnige slang, en oor die Leviátan, die kronkelende slang; en Hy sal die draak doodmaak wat in die groot water is.

Eers nadat ons oë oopgemaak is oor ons aardse toestand, dan word ons uit die see geroep deur Jesus om Hom te volg, net soos Hy gedoen het daar by die see van Galiléa toe Hy vir Simon en sy mede-vissers geroep het weg van die see. Hy roep ons weg van die vlees en die aardse dinge, na die dinge van die gees en die hemele:

Mat 4:18-22  En terwyl Jesus langs die see van Galiléa loop, sien Hy twee broers, Simon wat genoem word Petrus, en Andréas, sy broer, besig om ‘n net in die see uit te gooi; want hulle was vissers.  19  En Hy sê vir hulle: Kom agter My aan, en Ek sal julle vissers van mense maak.  20  En hulle het dadelik die nette laat staan en Hom gevolg.  21  En toe Hy daarvandaan verder gaan, sien Hy twee ander broers, Jakobus, die seun van Sebedéüs, en Johannes, sy broer, in die skuit saam met hulle vader Sebedéüs, besig om hulle nette heel te maak; en Hy het hulle geroep.  22  En hulle het dadelik die skuit en hulle vader verlaat en Hom gevolg.

Ons beweeg weg van die see en word aan die droë land blootgestel, soos Petrus, Andreas, Jakobus en Johannes dit ook ervaar het in letterlike vorm as vissermanne. Hulle almal het later beter verstaan waarom hulle op daardie manier geroep was, en Johannes het toe die volgende woorde neergeskryf in opdrag van God om ons deur simboliese taal die diep geestelike inhoud van ons eie roeping uit te beeld (Hier lees ons ook van ‘n paar van die draak se bose maats in ons vlees):

Open 13:1-2  En ek het ‘n dier uit die see sien opkom met sewe koppe en tien horings, en op sy horings tien krone en op sy koppe ‘n naam van godslastering.  2  En die dier wat ek gesien het, was soos ‘n luiperd, en sy pote soos dié van ‘n beer, en sy bek soos die bek van ‘n leeu; en die draak het hom sy krag gegee en sy troon en groot mag.

Petrus en sy mede-dissipels wat Jesus eerste gevolg het, het nog ‘n lank pad gehad om te stap op die droë aarde, as ons lees hoe Johannes dit ook verder beskryf in simboliese taal wat ons eie vlees en alles in ons oopmaak…

Open 13:3-10  En ek het een van sy koppe gesien net of dit dodelik gewond was, en sy dodelike wond is genees. En die hele wêreld het verwonderd agter die dier aan gegaan.  4  En hulle het die draak aanbid wat die dier mag gegee het, en die dier aanbid en gesê: Wie is aan die dier gelyk? Wie kan teen hom oorlog voer?  5  En ‘n mond is aan hom gegee wat groot woorde en godslasteringe uitspreek, en aan hom is mag gegee om dit twee en veertig maande lank te doen.  6  En hy het sy mond oopgemaak om te laster teen God, om sy Naam en sy tabernakel en die wat in die hemel woon, te laster.  7  Dit is ook aan hom gegee om oorlog te voer teen die heiliges en hulle te oorwin, en aan hom is mag gegee oor elke stam en taal en nasie.  8  En al die bewoners van die aarde sal hom aanbid, almal wie se name nie van die grondlegging van die wêreld af in die boek van die lewe van die Lam wat geslag is, geskrywe is nie.  9  As iemand ‘n oor het, laat hom hoor.  10  As iemand krygsgevangenes maak, gaan hy in krygsgevangenskap; as iemand met die swaard doodmaak, moet hy met die swaard doodgemaak word. Hier is die lydsaamheid en die geloof van die heiliges.

Om uit die see te kom is die eerste stap in die groeiproses om God te ken in gees. Ons verlossing uit die slawerny van sonde begin wanneer ons dier uit die see opkom en sy eerste dodelik wond ontvang. Dit vergelyk met die volk van Israel wat uit Egipte verlos was (uit die land van slawerny). Hulle moes gedoop word in die Rooi See, maar in die wildernis het hulle kennis gemaak met die godsdienstige dier binne-in hulself – vol van eiegeregtigheid en selfvoldaanheid. Kyk hoe beskryf Paulus daardie tyd in Israel se geskiedenis wat ons eie tyd in godsdienstige geregtigheid tipeer:

1Kor 10:1-11  Want ek wil nie hê, broeders, dat julle nie sou weet nie dat ons vaders almal onder die wolk was en almal deur die see deurgegaan het,  2  en almal in Moses gedoop is in die wolk en in die see,  3  en almal dieselfde geestelike spys geëet het,  4  en almal dieselfde geestelike drank gedrink het, want hulle het gedrink uit ‘n geestelike rots wat gevolg het, en die rots was Christus.  5  Maar God het in die meeste van hulle geen welgevalle gehad nie, want hulle is neergeslaan in die woestyn.  6  En hierdie dinge was voorbeelde vir ons, dat ons nie begerig moet wees na slegte dinge soos hulle begerig was nie.  7  En wees ook nie afgodedienaars soos sommige van hulle was nie, soos geskrywe is: Die volk het gaan sit om te eet en te drink en het opgestaan om te speel.  8  En laat ons nie hoereer soos sommige van hulle gehoereer het nie, en daar het op een dag drie en twintig duisend geval.  9  En laat ons Christus nie versoek soos ook sommige van hulle gedoen het nie, en hulle het deur die slange omgekom.  10  En moenie murmureer soos ook sommige van hulle gemurmureer het nie, en hulle het deur die verderwer omgekom.  11  Maar al hierdie dinge het hulle oorgekom as voorbeelde en is opgeskrywe as ‘n waarskuwing aan ons op wie die eindes van die eeue gekom het.

Hierdie dinge was neergeskryf vir ons as ons kan sien dat ons hierdie “mens van sonde” (die “dier) is.

Open 13:1-2  En ek het ‘n dier uit die see sien opkom met sewe koppe en tien horings, en op sy horings tien krone en op sy koppe ‘n naam van godslastering.

Ons tyd op die droë grond weg van die see laat ons dink ons is beter as ander sondaars. Maar ons is nog steeds “uit die aarde”. Ons kom voor as ‘n lam (ons glo ons is soos Christus -‘n Christen), maar ons glo nog al die valse leerstellings en ons praat en preek dit vir ander – ja ons weet nie eens ons “praat soos ‘n draak” nie want ons herhaal die valshede van ons vader, die duiwel. Ons koop en verkoop al die valshede wat reg lyk in ons eie oë. Die merk van hierdie dier is nie ‘n letterlike merk nie, maar ‘n geestelike merk wat wys dat ons nog in duisternis is en geen kennis van die waarheid het nie. Dit is wat ons volgende keer uit die lewe van Céfas (Simon Petrus) gaan leer, soos God wil. Petrus het gedink dat hy is reeds “gered” was toe hy saam met Jesus vir drie jaar saam bedien het. Petrus het later met skok uitgevind wat nog alles in hom was. Maar kom ons lees hoe Johannes dieselfde ervaring vir ons neergeskryf het, en kom ons kyk of ons ook die volgende woorde se impak in ons eie lewe kan raaksien:

Open 13:11-18  En uit die aarde het ek ‘n ander dier sien opkom, en hy het twee horings gehad net soos ‘n lam en het gepraat soos ‘n draak.  12  En hy oefen al die mag van die eerste dier uit voor sy oë, en hy maak dat die aarde en die wat daarop woon, die eerste dier aanbid, waarvan die dodelike wond genees is.  13  Hy doen ook groot tekens, sodat hy selfs vuur uit die hemel laat neerdaal op die aarde voor die oë van die mense.  14  En hy verlei die bewoners van die aarde deur die tekens wat hom gegee is om voor die oë van die dier te doen, deur aan die bewoners van die aarde te sê dat hulle ‘n beeld moet maak vir die dier wat die swaardwond ontvang en lewendig geword het.  15  En dit is hom gegee om ‘n gees aan die dier se beeld te gee, sodat die dier se beeld ook sal praat en maak dat almal gedood word wat die dier se beeld nie aanbid nie.  16  En hy maak dat aan almal, klein en groot, en die rykes en die armes, en die vrymense en die slawe ‘n merk op hulle regterhand en op hulle voorhoofde gegee word;  17  sodat niemand kan koop of verkoop nie, behalwe hy wat die merk of die naam van die dier of die getal van sy naam het.  18  Hier kom die wysheid te pas. Wie die verstand het, laat hom die getal van die dier bereken, want dit is die getal van ‘n mens; en sy getal is ses honderd ses en sestig.

About 4windkoinonia

Want let op julle roeping, broeders: julle is nie baie wyse na die vlees nie, nie baie magtiges, nie baie edeles nie; maar wat dwaas is by die wêreld, het God uitverkies om die wyse te beskaam; en wat swak is by die wêreld, het God uitverkies om wat sterk is, te beskaam; en wat onedel is by die wêreld en wat verag is, het God uitverkies, en wat niks is nie, om wat iets is, tot niet te maak, sodat geen vlees voor Hom sou roem nie. (1Kor 1:26-29)
This entry was posted in Lees eers hier. Bookmark the permalink.