‘Alles behoort aan julle’ – Die lewe van Céfas (Deel 2)

God is in beheer van alles, en Hy het alles wat met ons moet gebeur in ons “boek” geskryf voor ons geboorte.

Psa 139:16  U oë het my ongevormde klomp gesien; en in u boek is hulle almal opgeskrywe: dae dat alles bepaal was, toe nog geeneen van hulle daar was nie.

Alles in hierdie “boek” gebeur presies op “sy bepaalde uur” en tyd, volgens die raad van Sy wil. Alles is inderdaad deur God gemaak, en alles was vooruit beplan om presies te gebeur volgens God se bepalings – die goeie, en ook “die goddelose vir die dag van onheil”:

Pred 3:1  Alles het sy bepaalde uur, en vir elke saak onder die hemel is daar ‘n tyd.

Efes 1:11  in Hom in wie ons ook ‘n erfdeel ontvang het nadat ons vantevore daartoe verordineer is ooreenkomstig die voorneme van Hom wat alles werk volgens die raad van sy wil.

Spr 16:4  Alles het die HERE gemaak vir sy doel, ja, ook die goddelose vir die dag van onheil.

Hierdie aangehaalde verse is nie aanvaarbaar vir ons natuurlike mens en sy natuurlike denke nie. Ons word as ‘n natuurlike mens in hierdie aardse lewe ingebring, en ons kan van nature nie God se geestelike dinge verstaan nie:

1Kor 2:14  Maar die natuurlike mens neem die dinge van die Gees van God nie aan nie; want dit is vir hom dwaasheid, en hy kan dit nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel word.

Ons natuurlike denke kan nie aanvaar dat God die bose dinge geskep het, en die goddelose mens gebruik in die dag van onheil nie.

Jes 54:16  Kyk, Ék het die smid geskape wat die koolvuur aanblaas en ‘n wapen voortbring volgens sy ambag; ook het Ék die verderwer geskape om te verniel.

Maar beskerm God dan nie Sy knegte teen hierdie wapens en die verderwer nie? Inderdaad doen Hy dit vir Sy knegte…

Jes 54:17  Elke wapen wat teen jou gesmee word, sal niks uitrig nie; en elke tong wat teen jou opstaan in die gereg, sal jy weerlê. Dit is die erfdeel van die knegte van die HERE en hulle geregtigheid wat uit My is, spreek die HERE.

Ons natuurlike mens is egter nie die kneg van die Here nie. Nee, ons natuurlike mens soek die dinge van die vlees, en nie die dinge van die gees nie.

Rom 8:5-8  Want die wat vleeslik is, bedink vleeslike dinge, maar die wat geestelik is, geestelike dinge.  6  Want wat die vlees bedink, is die dood, maar wat die Gees bedink, is lewe en vrede,  7  omdat wat die vlees bedink, vyandskap teen God is; want dit onderwerp hom nie aan die wet van God nie, want dit kan ook nie.  8  En die wat in die vlees is, kan God nie behaag nie;

Ons natuurlike mens kan derhalwe nie aanvaar dat God in beheer is van die onheil, probleme, siektes wat ons vlees tref nie. God sê duidelik dat Hy verantwoordelik is vir alles wat in ons lewens en in die wêreld gebeur – ook die duisternis (die geestelike onkunde), en die onheil, en die kwaad!

Jes 45:5-7  Ek is die HERE, en daar is geen ander nie; buiten My is daar geen God nie; Ek omgord jou, hoewel jy My nie geken het nie,  6  sodat hulle kan weet van die opgang van die son en van sy ondergang af dat daar buiten My geeneen is nie; Ek is die HERE, en daar is geen ander nie;  7  wat die lig formeer en die duisternis skep, die heil bewerk en die onheil skep: Ek, die HERE, is dit wat al hierdie dinge doen.

Ons vlees is ons probleem, en dit is die aardse wat woes en leeg is, wat gevul is met duisternis wat God gemaak het in die begin…

Gen 1:1-2  In die begin het God die hemel en die aarde geskape.  2  En die aarde was woes en leeg, en duisternis was op die wêreldvloed, en die Gees van God het gesweef op die waters.

Ons begin almal met die vlees – ‘n aarde wat woes en leeg is, gevul met geestelike duisternis. Selfs as God Homself aan ons openbaar, kom Hy eers na ons in die vorm van ‘n baba in doeke wat gebore was in ‘n krip in ‘n stal, in die nag, in die oop veld:

Luk 2:8-19  En daar was herders in dieselfde landstreek, wat in die oop veld gebly en in die nag oor hulle skape wag gehou het.  9  En meteens staan daar ‘n engel van die Here by hulle, en die heerlikheid van die Here het rondom hulle geskyn en groot vrees het hulle oorweldig.  10  En die engel sê vir hulle: Moenie vrees nie, want kyk, ek bring julle ‘n goeie tyding van groot blydskap wat vir die hele volk sal wees,  11  dat vir julle vandag in die stad van Dawid gebore is die Saligmaker wat Christus, die Here, is.  12  En dit is vir julle die teken: julle sal ‘n Kindjie vind wat in doeke toegedraai is en wat in die krip lê.  13  En skielik was daar saam met die engel ‘n menigte van die hemelse leërskare wat God prys en sê:  14  Eer aan God in die hoogste hemele en vrede op aarde, in die mense ‘n welbehae!  15  En toe die engele van hulle weggegaan het na die hemel, sê die herders vir mekaar: Laat ons dan na Betlehem gaan en hierdie ding sien wat gebeur het, wat die Here aan ons bekend gemaak het.  16  En hulle het met haas gegaan en Maria en Josef gevind en die kindjie wat in die krip lê.  17  En toe hulle dit gesien het, het hulle oral die woord bekend gemaak wat aan hulle van dié Kindjie vertel is.  18  En almal wat dit gehoor het, was verwonderd oor wat deur die herders aan hulle vertel is;  19  maar Maria het al hierdie woorde bewaar en in haar hart oordink.

Ons leer Jesus ken in vlees en ons self gaan deur dieselfde proses. Ons is nie oombliklik volwasse in geestelike dinge nie. Nee, ons reis tot geestelike volwassenheid is ‘n tydsame en pynlike proses, net soos Jesus moes groei “in wysheid en grootte en in genade”…

Luk 2:51-52  En Hy het saam met hulle gegaan en in Násaret gekom, en Hy was hulle onderdanig. En sy moeder het al hierdie dinge in haar hart bewaar.  52  En Jesus het toegeneem in wysheid en grootte en in genade by God en die mense.

Ons leer in die Skrifte van dieselfde proses in die lewens van hulle wie voor ons die pad van groei in geestelike dinge gestap het. Niemand in die Nuwe Testament het oornag volwassenheid ontvang om die geestelike dinge van God te verstaan nie. Ons almal “moet deur baie verdrukkinge in die koninkryk van God ingaan”!

Hand 14:22  en die siele van die dissipels versterk en hulle vermaan om in die geloof te bly deur te sê: Ons moet deur baie verdrukkinge in die koninkryk van God ingaan.

In ons tyd van geestelike onvolwassemheid dink ons dat ons ‘n “vrye” wil het en ons kan op ons eie kies wat met ons gebeur. Ons dink selfs dat ons kan Jesus kies as ons Redder en ons is baie opgemaak met ons keuse. Die waarheid is dat ons keuse hang af van God se keuse, volgens die Skrifte. God, die Vader, maak daardie keuse eerste en Hy trek ons na Jesus op die bepaalde tyd!

Jer 10:23  Ek weet, o HERE, dat aan die mens sy weg nie toebehoort nie; nie aan ‘n man om te loop en sy voetstappe te rig nie.

Spr 20:24  Die voetstappe van ‘n man hang van die HERE af: hoe sou ‘n mens dan sy weg verstaan?

Rom 9:16  So hang dit dan nie af van die een wat wil of van die een wat loop nie, maar van God wat barmhartig is.

Joh 15:16  Julle het My nie uitverkies nie, maar Ek het julle uitverkies en julle aangestel om vrug te gaan dra en dat julle vrug kan bly, sodat wat julle die Vader ook al in my Naam vra, Hy julle dit kan gee.

Joh 6:44  Niemand kan na My toe kom as die Vader wat My gestuur het, hom nie trek nie; en Ek sal hom opwek in die laaste dag.

Die onvolwasse gemeente in Korinthe in die apostel Paulus se dae, moes nog hierdie harde waarhede leer. Sommige van die mense daar het gedink hulle kon hul eie leiers kies en het sodoende skeuringe in die gemeente veroorsaak. Dit was onder Paulus se aandag gebring en hy skryf hierdie bestrawwings in sy eerste brief aan die gemeente:

1Kor 1:11-13  Want dit is aan my deur die huisgenote van Chloë bekend gemaak aangaande julle, my broeders, dat daar twiste [skeuringe / partyskappe] onder julle is.  12  Ek bedoel dit, dat elkeen van julle sê: Ek is van Paulus, en ek van Apollos, en ek van Céfas, en ek van Christus.  13  Is Christus verdeel? Is Paulus miskien vir julle gekruisig? Of is julle in die naam van Paulus gedoop?

1Kor 3:21-23  Laat niemand dan op mense roem nie, want alles behoort aan julle;  22  of dit Paulus is of Apollos of Céfas of die wêreld of lewe of dood of teenswoordige of toekomstige dinge—alles behoort aan julle;  23  maar julle behoort aan Christus, en Christus aan God.

Die woorde “alles behoort aan julle” het niks te make met aarde besittings nie. Elke kind van God wat deur Jesus Christus geneem word tot geestelike volwassenheid leer dat almal en alle dinge wat God op ons pad bring, vir ons geestelike groei en ontwikkeling is. Ons leer uit alles wat God op ons pad bring en ons moet in nederigheid ons onderwerp aan God se leiding:

Jak 4:7-10  Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug.  8  Nader tot God, en Hy sal tot julle nader. Reinig die hande, julle sondaars, en suiwer die harte, julle dubbelhartiges!  9  Weeklaag, treur en ween. Laat julle gelag in treurigheid verander word en julle blydskap in bedruktheid.  10  Verneder julle voor die Here, en Hy sal julle verhoog.

Ons het reeds gesels oor hoe die lewe van Paulus en Apollos aan ons behoort, by die volgende skakels:

Die lewe van Paulus (Deel 1Deel 2Deel 3Deel 4Deel 5Deel 6Deel 7Deel 8)

Die lewe van Apollos

Paulus noem dat die lewe en ervaring van Céfas (ook bekend as Simon Petrus in die Skifte) ook aan almal in die gemeente in Korinthe behoort, en ook aan ons as ons onself onderwerp aan die Woord van God. Dit wat in die lewe van Céfas gebeur het, is doelbewus vir ons neergeskryf in die Skrifte – dit is ook van toepassing op ons. Ons leef inderdaad van elke woord wat deur die mond van God uitgaan:

Mat 4:4  Daar is geskrywe: Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat deur die mond van God uitgaan.

Uit Céfas se lewe kan ons baie leer en bemoedig word oor Christus se werke nou in ons eie lewe, om ons geloof en hoop in Christus te laat groei en te versterk.

Rom 15:4  Want alles wat tevore geskrywe is, is tot ons lering tevore geskrywe, sodat ons deur lydsaamheid en bemoediging van die Skrifte hoop kan hê.

Ons leer Céfas ken as “Simon”, waar hy as ‘n visserman gewerk het by die meer Gennésaret. Jesus wou Simon se boot gebruik om die skares toe te spreek:

Luk 5:1-11  En toe die skare by Hom aandring om die woord van God te hoor, gaan Hy by die meer Gennésaret staan  2  en sien twee skuite aan die kant van die meer lê; maar die vissers het van hulle af weggegaan en was besig om die nette uit te spoel.  3  Toe klim Hy in een van die skuite wat aan Simon behoort het, en vra hom om ‘n entjie van die land af weg te vaar, en Hy het gaan sit en die skare van die skuit uit geleer.  4  En toe Hy ophou met spreek, sê Hy vir Simon: Vaar uit na die diep water en laat julle nette sak om te vang.  5  En Simon antwoord en sê vir Hom: Meester, ons het die hele nag deur hard gewerk en niks gevang nie; maar op u woord sal ek die net laat sak.  6  En toe hulle dit gedoen het, het hulle ‘n groot menigte visse ingesluit; en hulle net wou skeur.  7  Daarop wink hulle vir hul maats in die ander skuit om hulle te kom help. En hulle het gekom en altwee die skuite vol gemaak, sodat hulle amper gesink het.  8  En toe Simon Petrus dit sien, val hy neer aan die knieë van Jesus en sê: Gaan weg van my, Here, want ek is ‘n sondige man!  9  Want verbaasdheid het hom aangegryp en almal wat by hom was, oor die vangs van visse wat hulle gemaak het;  10  en net so ook vir Jakobus en Johannes, die seuns van Sebedéüs, wat Simon se maats was. En Jesus sê vir Simon: Moenie vrees nie; van nou af sal jy mense vang.  11  En nadat hulle die skuite aan land gebring het, het hulle alles verlaat en Hom gevolg.

Simon was ook deur Jesus die naam “Petrus” gegee. Petrus was inderdaad een van die eerste twaalf volgelinge van Jesus wat deur die Vader uitverkies was, en wie Jesus “apostels” genoem het:

Luk 6:12-16  En Hy het in daardie dae uitgegaan na die berg om te bid en die nag in die gebed tot God deurgebring.  13  En toe dit dag geword het, het Hy sy dissipels na Hom geroep en twaalf van hulle uitgekies, wat Hy apostels genoem het:  14  Simon wat Hy Petrus genoem het, en Andréas, sy broer; Jakobus en Johannes; Filippus en Bartholoméüs;  15  Matthéüs en Thomas; Jakobus, die seun van Alféüs, en Simon wat Yweraar genoem word;  16  Judas, die seun van Jakobus, en Judas Iskáriot, wat die verraaier geword het.

Nadat Petrus van sy skuite weggeroep was, moes hy deur hierdie proses gaan waar hy homself moes ontdek, en dit is een van die grootste skokke wat enige mens sal beleef – om jou eie dier se boosheid te sien, en dit te kruisig en af te lê! Petrus was voortvarend en ook baie kleingelowig. Hy was soos ons almal, ook aanvanklik onvolwasse in geestelike dinge van God, en hy het ook gedink dat hy reeds volwasse was in geestelike dinge toe hy nog baie dinge moes leer!

Mat 14:28-31  En Petrus antwoord Hom en sê: Here, as dit U is, beveel my om op die water na U te kom.  29  En Hy sê: Kom! Petrus klim toe van die skuit af en loop op die water om na Jesus te gaan.  30  Maar toe hy die sterk wind sien, het hy bang geword; en toe hy begin sink, roep hy uit en sê: Here, red my!  31  En Jesus het dadelik sy hand uitgesteek en hom gegryp en vir hom gesê: Kleingelowige, waarom het jy getwyfel?

Petrus in sy tyd van geestelike onvolwassenheid wou nie die pad van die kruis aanvaar nie, en hy moes hard bestraf word deur Jesus.

Mat 16:21-23  Van toe af het Jesus begin om sy dissipels te toon dat Hy na Jerusalem moes gaan en veel van die ouderlinge en owerpriesters en skrifgeleerdes moes ly, en gedood en op die derde dag opgewek word.  22  Toe neem Petrus Hom opsy en begin Hom bestraf en sê: Mag God dit verhoed, Here, dit sal U nooit oorkom nie!  23  Maar Hy het omgedraai en vir Petrus gesê: Gaan weg agter My, Satan! Jy is vir My ‘n struikelblok, omdat jy nie die dinge van God bedink nie, maar die dinge van die mense.

Soos ons ook sukkel om te aanvaar, het Petrus ook aanvanklik nie aanvaar dat aardse tente en tempels nie God se ewige woning is nie:

Mat 17:1-4  En ná ses dae het Jesus vir Petrus en Jakobus en Johannes, sy broer, saamgeneem en hulle op ‘n hoë berg in die eensaamheid gebring.  2  En Hy het voor hulle van gedaante verander, en sy aangesig het geblink soos die son, en sy klere het wit geword soos die lig.  3  En kyk, daar verskyn aan hulle Moses en Elía in gesprek met Hom.  4  Toe begin Petrus vir Jesus te sê: Here, dit is goed dat ons hier is; as U wil, laat ons hier drie hutte maak: vir U een en vir Moses een en een vir Elía.

Petrus moes leer dat hy tydens sy aardse leeftyd altyd gehoorsaam en onderdanig moet wees aan die aardse regeerders (of hy met hulle saamstem of nie). Dit is ook op ons van toepassing want so wys ons dat ons God eer en Sy instellings respekteer:

Mat 17:24-27  En toe hulle in Kapérnaüm kom, het die wat die tempelbelasting ontvang, na Petrus gegaan en gesê: Betaal julle Meester nie die tempelbelasting nie?  25  Hy antwoord: Ja. En toe hy in die huis inkom, was Jesus hom voor en sê: Wat dink jy, Simon? Van wie neem die konings van die aarde tol of belasting—van hulle seuns of van die vreemdelinge?  26  Petrus antwoord Hom: Van die vreemdelinge. Jesus sê vir hom: Dan is die seuns vry.  27  Maar dat ons hulle geen aanstoot mag gee nie, gaan na die see toe, gooi ‘n hoek uit en neem die eerste vis wat opkom; en as jy sy bek oopmaak, sal jy ‘n stater kry; neem dit en gee dit aan hulle vir My en vir jou.

Petrus het, soos ons, gesukkel met ‘n menslike gees in hom wat moeilik wou vergewe…

Mat 18:21-22  Toe kom Petrus na Hom en sê: Here, hoe dikwels sal my broeder teen my sondig en ek hom vergewe? Tot sewe maal toe?  22  Jesus antwoord hom: Ek sê vir jou, nie tot sewe maal toe nie, maar tot sewentig maal sewe toe.

Petrus het ook maar gesukkel met sy eiegeregtigheid en kon nie altyd die geweldige omvang van Jesus se geregtigheid as sy geestelike erfenis verstaan nie:

Mat 19:23-29  En Jesus sê vir sy dissipels: Voorwaar Ek sê vir julle dat ‘n ryk man beswaarlik in die koninkryk van die hemele sal ingaan.  24  En verder sê Ek vir julle, dit is makliker vir ‘n kameel om deur die oog van ‘n naald te gaan as vir ‘n ryk man om in die koninkryk van God in te gaan.  25  Toe sy dissipels dit hoor, was hulle baie verslae en sê: Wie kan dan gered word?  26  Maar Jesus het hulle aangekyk en vir hulle gesê: By mense is dit onmoontlik, maar by God is alle dinge moontlik.  27  Daarop antwoord Petrus en sê vir Hom: Kyk, ons het alles verlaat en U gevolg. Wat sal daar dan vir ons wees?  28  En Jesus sê vir hulle: Voorwaar Ek sê vir julle dat julle wat My gevolg het, in die wedergeboorte wanneer die Seun van die mens op sy heerlike troon gaan sit, julle ook op twaalf trone sal sit en die twaalf stamme van Israel sal oordeel.  29  En elkeen wat huise of broers of susters of vader of moeder of vrou of kinders of grond ter wille van my Naam verlaat het, sal honderd maal soveel ontvang en die ewige lewe beërwe.

Net soos ons onsself verhef bo ander tydens ons tye van trotsheid, het Petrus ook gedink dat hy die Here meer liefhet as die ander dissipels…

Mat 26:33-35  Daarop antwoord Petrus en sê vir Hom: Al sal almal ook aanstoot aan U neem, ek sal nooit aanstoot neem nie.  34  Jesus sê vir hom: Voorwaar Ek sê vir jou, in hierdie nag, voordat die haan gekraai het, sal jy My drie maal verloën.  35  Petrus sê vir Hom: Al moes ek ook saam met U sterwe, ek sal U nooit verloën nie! So het ook al die dissipels gesê.

…maar Jesus het die tye bepaal waar ons, soos Petrus, tot God se insigte gebring word oor die toestand van ons aardse mens…

Luk 22:54-62  En hulle het Hom gevange geneem en weggelei en Hom gebring in die huis van die hoëpriester. En Petrus het van ver af gevolg.  55  En toe hulle ‘n vuur in die middel van die binneplaas van die paleis gemaak en bymekaar gaan sit het, het Petrus onder hulle gesit.  56  En ‘n diensmeisie het hom daar by die vuur sien sit; en nadat sy hom vas aangekyk het, sê sy: Hierdie man was ook saam met Hom.  57  Maar hy het Hom verloën en gesê: Vrou, ek ken Hom nie.  58  En kort daarna sien iemand anders hom en sê: Jy is ook een van hulle. Maar Petrus sê: Man, ek is nie.  59  En ná verloop van omtrent een uur het ‘n ander een dit verseker en gesê: Sowaar, hierdie man was ook saam met Hom, want hy is ook ‘n Galiléër.  60  Maar Petrus antwoord: Man, ek weet nie wat jy sê nie. En onmiddellik, terwyl hy nog praat, het die haan gekraai.  61  En die Here het Hom omgedraai en Petrus aangekyk, en Petrus het die woord van die Here onthou wat Hy vir hom gesê het: Voordat die haan kraai, sal jy My drie maal verloën.  62  En Petrus het buitentoe gegaan en bitterlik geween.

Dit is wanneer ons die groot liefde van God in Jesus begin verstaan dat Hy ‘n sondaar soos onsself kan liefhê…Petrus het Jesus se omvattende liefde en vergifnis begin verstaan!

Joh 21:15-19  Toe hulle dan klaar was met die môre-ete, vra Jesus vir Simon Petrus: Simon, seun van Jona, het jy My waarlik lief, meer as hulle hier? Hy antwoord Hom: Ja, Here, U weet dat ek U liefhet. Hy sê vir hom: Laat my lammers wei.  16  Hy vra hom weer die tweede maal: Simon, seun van Jona, het jy My waarlik lief? Hy antwoord Hom: Ja, Here, U weet dat ek U liefhet. Hy sê vir hom: Pas my skape op.  17  Hy vra hom die derde maal: Simon, seun van Jona, het jy My lief? Petrus het bedroef geword, omdat Hy hom die derde maal vra: Het jy My lief? En hy antwoord Hom: Here, U weet alles, U weet dat ek U liefhet. Jesus sê vir hom: Laat my skape wei.  18  Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, toe jy jonger was, het jy jouself gegord en rondgegaan waar jy wou; maar wanneer jy oud geword het, sal jy jou hande uitsteek, en ‘n ander een sal jou gord en bring waar jy nie wil wees nie.  19  En dit het Hy gesê om aan te dui deur hoedanige dood hy God sou verheerlik; en toe Hy dit gespreek het, sê Hy vir hom: Volg My.

About 4windkoinonia

Want let op julle roeping, broeders: julle is nie baie wyse na die vlees nie, nie baie magtiges, nie baie edeles nie; maar wat dwaas is by die wêreld, het God uitverkies om die wyse te beskaam; en wat swak is by die wêreld, het God uitverkies om wat sterk is, te beskaam; en wat onedel is by die wêreld en wat verag is, het God uitverkies, en wat niks is nie, om wat iets is, tot niet te maak, sodat geen vlees voor Hom sou roem nie. (1Kor 1:26-29)
This entry was posted in Lees eers hier. Bookmark the permalink.