Paulus skryf die volgende vermaning aan sommiges in die gemeente in Korinthe wie twiste (partyskappe) in die gemeente veroorsaak het…
1Kor 1:10-13 Maar ek vermaan julle, broeders, in die Naam van onse Here Jesus Christus, om almal eenstemmig te wees, en dat daar geen skeuringe onder julle moet wees nie, maar dat julle verenig moet wees in dieselfde gesindheid en in dieselfde mening. 11 Want dit is aan my deur die huisgenote van Chloë bekend gemaak aangaande julle, my broeders, dat daar twiste onder julle is. 12 Ek bedoel dit, dat elkeen van julle sê: Ek is van Paulus, en ek van Apollos, en ek van Céfas, en ek van Christus. 13 Is Christus verdeel? Is Paulus miskien vir julle gekruisig? Of is julle in die naam van Paulus gedoop?
Paulus se lewe was ‘n voorbeeld vir ons omdat dit vir ons ook ‘n aanduiding is wat ons alles sal ervaar as ons Christus volg.
1Kor 3:21-23 Laat niemand dan op mense roem nie, want alles behoort aan julle; 22 of dit Paulus is of Apollos of Céfas of die wêreld of lewe of dood of teenswoordige of toekomstige dinge—alles behoort aan julle; 23 maar julle behoort aan Christus, en Christus aan God.
Die woorde “alles behoort aan julle” het niks te make met aarde besittings nie. Elke kind van God wat deur Jesus Christus geneem word tot geestelike volwassenheid leer dat almal en alle dinge wat God op ons pad bring, vir ons geestelike groei en ontwikkeling is. Ons leer uit alles wat God op ons pad bring en ons moet in nederigheid ons onderwerp aan God se leiding:
Jak 4:7-10 Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug. 8 Nader tot God, en Hy sal tot julle nader. Reinig die hande, julle sondaars, en suiwer die harte, julle dubbelhartiges! 9 Weeklaag, treur en ween. Laat julle gelag in treurigheid verander word en julle blydskap in bedruktheid. 10 Verneder julle voor die Here, en Hy sal julle verhoog.
Ons het reeds gesels oor hoe die lewe van Paulus en Apollos aan ons behoort, by die volgende skakels:
Die lewe van Paulus (Deel 1; Deel 2; Deel 3; Deel 4; Deel 5; Deel 6; Deel 7; Deel 8)
Paulus noem dat die lewe en ervaring van Céfas (ook bekend as Simon Petrus in die Skifte) ook aan almal in die gemeente in Korinthe behoort, en ook aan ons as ons onsself onderwerp aan die Woord van God. Céfas was ‘n visserman en dit was by die viswaters waar Jesus vir hom en sy broer, en nog twee ander apostels weggeroep het om Hom te volg:
Mat 4:18-22 En terwyl Jesus langs die see van Galiléa loop, sien Hy twee broers, Simon wat genoem word Petrus, en Andréas, sy broer, besig om ‘n net in die see uit te gooi; want hulle was vissers. 19 En Hy sê vir hulle: Kom agter My aan, en Ek sal julle vissers van mense maak. 20 En hulle het dadelik die nette laat staan en Hom gevolg. 21 En toe Hy daarvandaan verder gaan, sien Hy twee ander broers, Jakobus, die seun van Sebedéüs, en Johannes, sy broer, in die skuit saam met hulle vader Sebedéüs, besig om hulle nette heel te maak; en Hy het hulle geroep. 22 En hulle het dadelik die skuit en hulle vader verlaat en Hom gevolg.
Céfas en die simboliek van visvang
Die lewe van Céfas verbind ons aan die geestelike metafoor van visvang in die Nuwe Testament. Visvang word in die Skrifte gebruik as a geestelike tipe vir die redding van alle mense om van vlees (“water”) geneem te word en in gees herbore te word.
Joh 3:5-6 Jesus antwoord: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie. 6 Wat uit die vlees gebore is, is vlees; en wat uit die Gees gebore is, is gees.
Die Nuwe Testament gee ons twee maniere hoe visse gevang word, wat dan ook die twee opstandings van alle mense simboliseer:
Joh 5:21-29 Want soos die Vader die dode opwek en lewend maak, so maak ook die Seun lewend wie Hy wil. 22 Want die Vader oordeel ook niemand nie, maar het die hele oordeel aan die Seun gegee, 23 sodat almal die Seun kan eer net soos hulle die Vader eer. Wie die Seun nie eer nie, eer nie die Vader wat Hom gestuur het nie. 24 Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie my woord hoor en Hom glo wat My gestuur het, het die ewige lewe en kom nie in die oordeel nie, maar het oorgegaan uit die dood in die lewe. 25 Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, daar kom ‘n uur, en dit is nou, wanneer die dode die stem van die Seun van God sal hoor; en die wat dit gehoor het, sal lewe. 26 Want soos die Vader lewe het in Homself, so het Hy aan die Seun ook gegee om lewe in Homself te hê. 27 En Hy het Hom mag gegee om ook te oordeel, omdat Hy die Seun van die mens is. 28 Moenie julle hieroor verwonder nie. Want daar kom ‘n uur wanneer almal wat in die grafte is, sy stem sal hoor 29 en sal uitgaan, die wat goed gedoen het, tot die opstanding van die lewe, en die wat kwaad gedoen het, tot die opstanding van die veroordeling.
1. Die hoek-en-lyn-metode van visvang
Die een manier waarop visse gevang word is die hoek-en-lyn-metode…
Mat 17:24-27 En toe hulle in Kapérnaüm kom, het die wat die tempelbelasting ontvang, na Petrus gegaan en gesê: Betaal julle Meester nie die tempelbelasting nie? 25 Hy antwoord: Ja. En toe hy in die huis inkom, was Jesus hom voor en sê: Wat dink jy, Simon? Van wie neem die konings van die aarde tol of belasting—van hulle seuns of van die vreemdelinge? 26 Petrus antwoord Hom: Van die vreemdelinge. Jesus sê vir hom: Dan is die seuns vry. 27 Maar dat ons hulle geen aanstoot mag gee nie, gaan na die see toe, gooi ‘n hoek uit en neem die eerste vis wat opkom; en as jy sy bek oopmaak, sal jy ‘n stater kry; neem dit en gee dit aan hulle vir My en vir jou.
Hierdie manier van visvang beklemtoon die individuele aard van visvang, en dit verwys hoe die eerste groep uitverkorenes deur God “gevang” word in Sy eerste vangs.
Want daar kom ‘n uur wanneer almal wat in die grafte is, sy stem sal hoor en sal uitgaan, die wat goed gedoen het, tot die opstanding van die lewe,
Die groep uitverkorenes in Christus was gekies voor die grondlegging van die wêreld, en hulle sal ‘n baie belangrike deel van God se algehele reddingsplan uitmaak.
Joh 15:16 Julle het My nie uitverkies nie, maar Ek het julle uitverkies en julle aangestel om vrug te gaan dra en dat julle vrug kan bly, sodat wat julle die Vader ook al in my Naam vra, Hy julle dit kan gee.
God is nou gefokus op hierdie baie klein getal mense (die “min”) vir wie Hy UIT die “baie” geroepenes kies – daar is dus ‘n klein groep mense wat onderskei word van die groot groep:
Mat 22:14 Want baie is geroep [Grieks: “klētos”], maar min uitverkies [Grieks: “eklektos”: “ek” in Grieks beteken uit; uit die “klētos”].
Jesus het Sy eerste dissipels dikwels eenkant geneem weg van die skares, en meer intieme waarhede was aan hulle bekendgemaak – weereens is die vissersbootmotief ook belangrik om van kennis te neem…
Mat 14:22 En Jesus het dadelik sy dissipels gedwing om in die skuit te gaan en voor Hom uit te vaar na die oorkant, terwyl Hy die skare wegstuur.
Luk 8:22 En op een van daardie dae het Hy en sy dissipels in ‘n skuit gegaan; en Hy het vir hulle gesê: Laat ons oorvaar na die oorkant van die see. En hulle het weggevaar.
Jesus het nie Sy waarhede van die koninkryk aan die skares gegee nie, maar aan die klein groepie:
Mat 24:3 En toe Hy op die Olyfberg gaan sit het, kom die dissipels alleen na Hom en sê: Vertel ons, wanneer sal hierdie dinge wees, en wat is die teken van u koms en van die voleinding van die wêreld?
Mat 13:1-2, 10-17 En op daardie dag het Jesus uit die huis uitgegaan en by die see gaan sit. 2 En groot menigtes het by Hom vergader, sodat Hy in ‘n skuit geklim en gaan sit het. En die hele skare het op die strand gestaan…En die dissipels het gekom en vir Hom gesê: Waarom spreek U tot hulle deur gelykenisse? 11 Toe antwoord Hy en sê vir hulle: Omdat dit aan julle gegee is om die verborgenhede van die koninkryk van die hemele te ken, maar aan hulle is dit nie gegee nie. 12 Want hy wat het, aan hom sal gegee word, en hy sal oorvloed hê; maar hy wat nie het nie, van hom sal weggeneem word ook wat hy het. 13 Daarom spreek Ek tot hulle deur gelykenisse, omdat hulle, terwyl hulle sien, nie sien nie, en terwyl hulle hoor, nie hoor of verstaan nie. 14 En aan hulle word die profesie van Jesaja vervul wat sê: Met die gehoor sal julle hoor en glad nie verstaan nie, en julle sal kyk en kyk, en glad nie sien nie. 15 Want die hart van hierdie volk het stomp geword, en met die ore het hulle beswaarlik gehoor; en hul oë het hulle toegesluit, sodat hulle nie miskien met die oë sou sien en met die ore hoor en met die hart verstaan en hulle bekeer en Ek hulle genees nie. 16 Maar julle oë is gelukkig, omdat hulle sien; en julle ore, omdat hulle hoor. 17 Want, voorwaar Ek sê vir julle, baie profete en regverdiges het begeer om te sien wat julle sien, en het dit nie gesien nie, en om te hoor wat julle hoor, en het dit nie gehoor nie.Jesus het aan die klein groep mag en gesag gegee wat Hy nie aan die skares gegee het nie…
Luk 9:1 En Hy het sy twaalf dissipels saamgeroep en aan hulle mag en gesag gegee oor al die duiwels en om siektes te genees.
2. Die net-metode van visvang
Die groter groep mense (“die skare”) sal in die tweede groep opgewek word vir hul tyd van oordeel:
Want daar kom ‘n uur wanneer almal wat in die grafte is, sy stem sal hoor en sal uitgaan, die wat goed gedoen het, tot die opstanding van die lewe, en die wat kwaad gedoen het, tot die opstanding van die veroordeling.
Hierdie tweede oordeel van die tweede groep word uitgebeeld deur die tweede manier van visvang wat ook in die Nuwe Testament beskryf word, naamlik die gebruik van nette…
Luk 5:3-9 Toe klim Hy in een van die skuite wat aan Simon behoort het, en vra hom om ‘n entjie van die land af weg te vaar, en Hy het gaan sit en die skare van die skuit uit geleer. 4 En toe Hy ophou met spreek, sê Hy vir Simon: Vaar uit na die diep water en laat julle nette sak om te vang. 5 En Simon antwoord en sê vir Hom: Meester, ons het die hele nag deur hard gewerk en niks gevang nie; maar op u woord sal ek die net laat sak. 6 En toe hulle dit gedoen het, het hulle ‘n groot menigte visse ingesluit; en hulle net wou skeur. 7 Daarop wink hulle vir hul maats in die ander skuit om hulle te kom help. En hulle het gekom en altwee die skuite vol gemaak, sodat hulle amper gesink het. 8 En toe Simon Petrus dit sien, val hy neer aan die knieë van Jesus en sê: Gaan weg van my, Here, want ek is ‘n sondige man! 9 Want verbaasdheid het hom aangegryp en almal wat by hom was, oor die vangs van visse wat hulle gemaak het.
Petrus is weer hier ‘n belangrike instrument in God se hand om aan ons te wys dat God ook inderdaad die massas van mense in Sy geestelike nette sal vang, en hulle sal red! Petrus was deur God gebruik op die eerste Pinkster ervaring van die stigting van die kerk van Jesus hier op aarde. Luister sorgvuldig na die woorde van Petrus dat God Sy gees van lewe sal gee aan “alle vlees”, maar dit alles begin eers by God se uitverkorenes in Christus…
Hand 2:14-19 Maar Petrus het opgestaan met die elf en sy stem verhef en hulle toegespreek: Joodse manne en almal wat in Jerusalem woon, dit moet julle weet, en luister na my woorde. 15 Hierdie mense is tog nie dronk soos julle dink nie, want dit is nog maar die derde uur in die môre. 16 Maar dit is wat deur die profeet Joël gespreek is: 17 En in die laaste dae, spreek God, sal Ek van my Gees uitstort op alle vlees, en julle seuns en julle dogters sal profeteer, en julle jongelinge sal gesigte sien, en julle ou mense sal drome droom. 18 En ook op my diensknegte en diensmaagde sal Ek in dié dae van my Gees uitstort, en hulle sal profeteer. 19 En Ek sal wonders gee bo in die hemel en tekens onder op die aarde, bloed en vuur en rookdamp.
Die natuurlike mens sal met groot verbasing uitvind dat God inderdaad alle mense gaan red deur Sy spesiale uitverkore volk, die geestelike Israel wat die Vader nou in hierdie kerkeeu versamel in Jesus Christus!
Joh 6:39-44 En dit is die wil van die Vader wat My gestuur het, dat al wat Hy My gegee het, Ek daarvan nie sal verloor nie, maar dit opwek in die laaste dag. 40 En dit is die wil van Hom wat My gestuur het, dat elkeen wat die Seun aanskou en in Hom glo, die ewige lewe mag hê; en Ek sal hom opwek in die laaste dag. 41 Toe murmureer die Jode oor Hom, omdat Hy gesê het: Ek is die brood wat uit die hemel neergedaal het. 42 En hulle sê: Is Hy nie Jesus, die seun van Josef, wie se vader en moeder ons ken nie? Hoe sê Hy dan: Ek het uit die hemel neergedaal? 43 En Jesus antwoord en sê vir hulle: Moenie onder mekaar murmureer nie. 44 Niemand kan na My toe kom as die Vader wat My gestuur het, hom nie trek nie; en Ek sal hom opwek in die laaste dag.
Gal 6:15-16 Want in Christus Jesus het nòg die besnydenis nòg die onbesnedenheid enige krag, maar ‘n nuwe skepsel. 16 En mag daar vrede en barmhartigheid wees oor almal wat sal wandel volgens hierdie reël, en oor die Israel van God!
Jesus is “die Losprys vir almal” en elkeen sal verlossing en redding ervaar “op die regte tyd”…
1Ti 2:3-6 Want dit is goed en aangenaam voor God, ons Verlosser, 4 wat wil hê dat alle mense gered word en tot kennis van die waarheid kom. 5 Want daar is een God en een Middelaar tussen God en die mense, die mens Christus Jesus, 6 wat Homself gegee het as ‘n losprys vir almal, as die getuienis op die regte tyd,
Jesus is nie net die “Behouder” (Redder) van die klein groepie wat nou in hierdie eeu geloof ontvang om deur God se lyn-en-hoek-metode uitgetrek te word uit die wêreld nie, maar Hy is ook die Redder van hulle wie in die groot net van God ingebring sal word “op die regte tyd”…
1Ti 4:9-11 Dit is ‘n betroubare woord en werd om ten volle aangeneem te word; 10 want hiervoor arbei ons ook en word ons gesmaad, omdat ons gehoop het op die lewende God wat ‘n behouder is van alle mense, insonderheid van die gelowiges. 11 Beveel en leer hierdie dinge.
1Kor 15:22-28 Want soos hulle almal in Adam sterwe, so sal hulle ook almal in Christus lewend gemaak word; 23 maar elkeen in sy eie orde: as eersteling Christus, daarna die wat aan Christus behoort by sy koms. 24 Daarna kom die einde, wanneer Hy die koninkryk aan God die Vader oorgee, as Hy alle heerskappy en alle gesag en mag vernietig het. 25 Want Hy moet as koning heers totdat Hy al sy vyande onder sy voete gestel het. 26 Die laaste vyand wat vernietig word, is die dood. 27 Want Hy het alles aan sy voete onderwerp, maar wanneer Hy sê dat alles onderwerp is, is dit duidelik dat Hy uitgesonder is wat alles aan Hom onderwerp het. 28 En wanneer alles aan Hom onderwerp is, dan sal ook die Seun self Hom onderwerp aan die Een wat alles aan Hom onderwerp het, sodat God alles in almal kan wees.
Visvang is inderdaad ‘n simbool van die groot saligheidsplan van God. Visvang word doelbewus gebruik aan die begin van Jesus se bediening hier op aarde, en ook aan die einde van Sy bediening, soos uitgebeeld in die onderstaande twee Skrifgedeeltes. Die twee gedeeltes beeld dus uit die twee opstandings {waaroor Paulus ook pragtig uitbeeld in 1 Korinthiërs 15) waarin almal tot lewe in Christus geroep sal word!
Luk 5:1-11 En toe die skare by Hom aandring om die woord van God te hoor, gaan Hy by die meer Gennésaret staan 2 en sien twee skuite aan die kant van die meer lê; maar die vissers het van hulle af weggegaan en was besig om die nette uit te spoel. 3 Toe klim Hy in een van die skuite wat aan Simon behoort het, en vra hom om ‘n entjie van die land af weg te vaar, en Hy het gaan sit en die skare van die skuit uit geleer. 4 En toe Hy ophou met spreek, sê Hy vir Simon: Vaar uit na die diep water en laat julle nette sak om te vang. 5 En Simon antwoord en sê vir Hom: Meester, ons het die hele nag deur hard gewerk en niks gevang nie; maar op u woord sal ek die net laat sak. 6 En toe hulle dit gedoen het, het hulle ‘n groot menigte visse ingesluit; en hulle net wou skeur. 7 Daarop wink hulle vir hul maats in die ander skuit om hulle te kom help. En hulle het gekom en altwee die skuite vol gemaak, sodat hulle amper gesink het. 8 En toe Simon Petrus dit sien, val hy neer aan die knieë van Jesus en sê: Gaan weg van my, Here, want ek is ‘n sondige man! 9 Want verbaasdheid het hom aangegryp en almal wat by hom was, oor die vangs van visse wat hulle gemaak het; 10 en net so ook vir Jakobus en Johannes, die seuns van Sebedéüs, wat Simon se maats was. En Jesus sê vir Simon: Moenie vrees nie; van nou af sal jy mense vang. 11 En nadat hulle die skuite aan land gebring het, het hulle alles verlaat en Hom gevolg.
Joh 21:1-14 Na hierdie dinge het Jesus weer aan sy dissipels verskyn by die see van Tibérias, en Hy het só verskyn: 2 Daar was bymekaar Simon Petrus en Thomas wat Dídimus genoem word, en Natánael van Kana in Galiléa en die seuns van Sebedéüs en twee ander van sy dissipels. 3 Simon Petrus sê vir hulle: Ek gaan visvang. Hulle sê vir hom: Ons gaan ook saam met jou. En hulle het uitgegaan en dadelik in die skuit geklim, en in daardie nag het hulle niks gevang nie. 4 En toe dit al dag geword het, staan Jesus op die strand; maar die dissipels het nie geweet dat dit Jesus was nie. 5 En Jesus sê vir hulle: My kinders, het julle nie iets om te eet nie? Hulle antwoord Hom: Nee. 6 En Hy sê vir hulle: Gooi die net aan die regterkant van die skuit, en julle sal kry. Hulle het toe gegooi en deur die menigte van visse was hulle nie meer in staat om dit te trek nie. 7 Daarop sê die dissipel—die een vir wie Jesus liefgehad het—aan Petrus: Dit is die Here! En toe Simon Petrus hoor dat dit die Here is, gord hy sy bo-kleed om—want hy was naak—en werp homself in die see. 8 Maar die ander dissipels het met die skuitjie gekom en die net met die visse gesleep; want hulle was nie ver van die land nie, maar omtrent twee honderd el. 9 En toe hulle geland het, sien hulle ‘n koolvuur op die grond en vis daarop lê, en brood. 10 Jesus sê vir hulle: Bring van die visse wat julle nou gevang het. 11 Simon Petrus het in die skuit geklim en die net op die land getrek, vol groot visse, honderd drie en vyftig in getal; en alhoewel daar so baie was, het die net nie geskeur nie. 12 Jesus sê vir hulle: Kom eet! En niemand van die dissipels het gewaag om Hom te vra: Wie is U nie? omdat hulle wis dat dit die Here was. 13 En Jesus het gekom en die brood geneem en dit aan hulle gegee, en so ook die vis. 14 Dit was al die derde keer dat Jesus aan sy dissipels verskyn het nadat Hy opgestaan het uit die dode.
Die voeding van die vyf duisend en die voeding van die vier duisend
Die simboliek van vis speel ook ‘n belangrike rol by die voeding van die twee groepe:
- eerstens die voeding van die vyf duisend (die getal vyf verwys geestelik na geloof deur genade wat vir die uitverkorenes geld)…
Mat 14:13-21 En toe Jesus dit hoor, het Hy daarvandaan in ‘n skuit vertrek na ‘n verlate plek alleen. En die skare het dit gehoor en Hom van die stede af te voet gevolg. 14 En toe Jesus uitgaan, het Hy ‘n groot skare gesien en innig jammer vir hulle gevoel, en Hy het hulle siekes gesond gemaak. 15 En toe dit aand geword het, kom sy dissipels na Hom en sê: Die plek is verlate, en dit is al oor die tyd; stuur die skare weg, sodat hulle na die dorpe kan gaan en vir hulle voedsel koop. 16 Maar Jesus sê vir hulle: Hulle hoef nie weg te gaan nie; gee julle vir hulle iets om te eet. 17 Maar hulle antwoord Hom: Ons het hier net vyf brode en twee visse. 18 En Hy sê: Bring dit hier vir My. 19 Toe gee Hy die skare bevel om op die gras te gaan sit; en Hy neem die vyf brode en die twee visse, kyk op na die hemel en dank; en nadat Hy die brode gebreek het, gee Hy dit aan die dissipels en die dissipels aan die skare. 20 En almal het geëet en versadig geword, en hulle het die oorskot van die brokstukke opgetel, twaalf mandjies vol. 21 En dit was omtrent vyf duisend manne wat geëet het, buiten die vroue en kinders.
- tweedens die voeding van die vier duisend (die getal vier verwys geestelik na “die geheel” – almal sal gevoed word met God se geestelike brood!).
Mat 15:32-39 Toe het Jesus sy dissipels na Hom geroep en gesê: Ek voel innig jammer vir die skare, omdat hulle al drie dae by My bly en niks het om te eet nie; en Ek wil hulle nie graag honger wegstuur nie, sodat hulle nie miskien op die pad beswyk nie. 33 En sy dissipels sê vir Hom: Waar sal ons in die woestyn soveel brode vandaan kry om so ‘n groot skare te versadig? 34 Toe sê Jesus vir hulle: Hoeveel brode het julle? En hulle antwoord: Sewe, en ‘n paar vissies. 35 En Hy het bevel gegee aan die skare om op die grond te gaan sit. 36 Toe neem Hy die sewe brode en die visse, en nadat Hy gedank het, breek Hy dit en gee dit aan sy dissipels, en die dissipels aan die skare. 37 En hulle het almal geëet en versadig geword; en hulle het die oorskot van die brokstukke opgetel, sewe mandjies vol. 38 En die wat geëet het, was vier duisend manne buiten die vroue en kinders. 39 En nadat Hy die skare weggestuur het, het Hy in die skuit gegaan en in die gebied van Mágdala gekom.
Let veral op na die twaalf mandjies na die ete van die vyf duisend [die getal twaalf verwys na geestelike fondasie van geloof in die geval). Die getal twee in die teks help ons ook om die getuienis van Christus t.o.v. die uitverkorenes te beklemtoon. Die getal drie is ook baie behulpsaam om die voeding van die vier duisend om die proses van God se saligheidsplan uit te beeld. Die getal sewe vir die getal mandjies wat volgemaak was na die voeding van die vier duisend is ook baie insiggewend (die getal sewe verwys geestelik na die voltooiing van die saligheidsplan). Die saligheidsplan is net voltooid wanneer almal lewend gemaak word in gees in Christus!!!
1Kor 15:22-28 Want soos hulle almal in Adam sterwe, so sal hulle ook almal in Christus lewend gemaak word; 23 maar elkeen in sy eie orde: as eersteling Christus, daarna die wat aan Christus behoort by sy koms. 24 Daarna kom die einde, wanneer Hy die koninkryk aan God die Vader oorgee, as Hy alle heerskappy en alle gesag en mag vernietig het. 25 Want Hy moet as koning heers totdat Hy al sy vyande onder sy voete gestel het. 26 Die laaste vyand wat vernietig word, is die dood. 27 Want Hy het alles aan sy voete onderwerp, maar wanneer Hy sê dat alles onderwerp is, is dit duidelik dat Hy uitgesonder is wat alles aan Hom onderwerp het. 28 En wanneer alles aan Hom onderwerp is, dan sal ook die Seun self Hom onderwerp aan die Een wat alles aan Hom onderwerp het, sodat God alles in almal kan wees.
Jona en die groot vis
Die tema van visvang is intiem verbind met God se omvattende saligheidsplan – die redding van alle mense. Dink aan Jona toe ‘n “groot vis” Jona gered het:
Jon 1:15-17 En hulle het Jona geneem en hom in die see gegooi. En die see het stil geword van sy onstuimigheid. 16 Toe het die manne die HERE gevrees met ‘n groot vrees en ‘n slagoffer aan die HERE gebring en geloftes gedoen. 17 En die HERE het ‘n groot vis beskik om Jona in te sluk; en Jona was drie dae en drie nagte in die ingewande van die vis.
Die storie van Jona is ook verder belangrik as Jesus direk verwys na “die teken van die profeet Jona” as die enigste teken van Sy verlossingsplan. Jesus self verwys ook na die “drie dae en drie nagte in die buik van die groot vis” as Sy tyd in vlees “in die hart van die aarde” voordat Hy weer in gees opgewek sal word – dit is die teken van Sy werk in die verlossing van alle mense wat in vlees geskep was!
Mat 12:38-41 Toe spreek sommige van die skrifgeleerdes en Fariseërs en sê: Meester, ons wil graag ‘n teken van U sien. 39 Maar Hy antwoord en sê vir hulle: ‘n Slegte en owerspelige geslag soek na ‘n teken, en geen teken sal aan hom gegee word nie, behalwe die teken van die profeet Jona. 40 Want soos Jona drie dae en drie nagte in die buik van die groot vis was, só sal die Seun van die mens drie dae en drie nagte in die hart van die aarde wees. 41 Die manne van Ninevé sal in die oordeel opstaan saam met hierdie geslag en dit veroordeel; want hulle het hul op die prediking van Jona bekeer, en—meer as Jona is hier!
Jesus se tyd in vlees “in die hart van die aarde”, Sy dood en Sy daaropvolgende opstanding uit die dood, is inderdaad die enigste teken aan almal dat Jesus se werk 100% suksesvol sal wees as Hy die verlossing van alle mense volbring het!
Joh 2:18-22 Toe antwoord die Jode en sê vir Hom: Watter teken toon U aan ons, dat U hierdie dinge doen? 19 Jesus antwoord en sê vir hulle: Breek hierdie tempel af, en in drie dae sal Ek dit oprig. 20 En die Jode sê: Ses en veertig jaar lank is aan hierdie tempel gebou, en U, sal U dit in drie dae oprig? 21 Maar Hy het oor die tempel van sy liggaam gespreek. 22 En toe Hy opgestaan het uit die dode, het sy dissipels onthou dat Hy dit vir hulle gesê het; en hulle het die Skrif geglo en die woord wat Jesus gespreek het.
Die tyd van die vlees van ons geboorte tot ons dood is ons tyd “in die hart van die aarde” wat “onder die hemel” plaasvind soos God dit beskryf in die Skrifte – dit is “‘n moeilike taak wat God aan die mensekinders gegee het om hulle daarmee te kwel“:
Pred 1:13 En ek het my hart daarop gerig om met wysheid te ondersoek en na te speur alles wat onder die hemel gebeur. Dit is ‘n moeilike taak wat God aan die mensekinders gegee het om hulle daarmee te kwel.
Dit is “dieselfde lot” wat ons almal ervaar en wat ons kwel…
Pred 9:2 Alles is gelyk vir almal: een en dieselfde lot is daar vir die regverdige en die goddelose, vir die goeie en die reine en die onreine, en vir hom wat offer en vir hom wat nie offer nie, die goeie ewe goed as die sondaar, vir hom wat sweer ewe goed as vir hom wat bang is vir ‘n eed.
“Dieselfde lot” sluit in die belangrike oordeel van God waardeur almal deelagtig sal word aan God se geregtigheid – die oordeel van God bring alles in die regte fokus en ons almal word deur God se vurige oordeel gered!
Jes 26:9 Met my siel begeer ek u in die nag; ook met my gees in my binneste soek ek U; want as u oordele op die aarde is, leer die inwoners van die wêreld geregtigheid.
1Kor 3:13-15 elkeen se werk sal aan die lig kom, want die dag sal dit aanwys, omdat dit deur vuur openbaar gemaak word; en die vuur sal elkeen se werk op die proef stel, hoedanig dit is. 14 As iemand se werk bly staan wat hy daarop gebou het, sal hy loon ontvang; 15 as iemand se werk verbrand word, sal hy skade ly; alhoewel hy self gered sal word, maar soos deur vuur heen.